16
1 En YAHUVEH het met Moses gespreek ná die dood van die twee seuns van Aäron,
wat gesterf het toe hulle voor die aangesig van YAHUVEH nader gekom het;
2 en YAHUVEH het aan Moses gesê: Spreek met jou broer Aäron dat hy nie te eniger
tyd moet ingaan in die Heiligdom nie, binnekant die voorhangsel, voor die
versoendeksel wat op die ark is, sodat hy nie sterwe nie; want EK verskyn in die
wolk op die versoendeksel.
3 Hiermee moet Aäron in die Heiligdom ingaan: met ‘n jong bul as sondoffer en ‘n
ram as brandoffer.
4 Hy moet ‘n heilige linnerok aantrek en ‘n linnebroek moet oor sy vlees wees en
met ‘n linnegordel moet hy hom gord en ‘n linnetulband moet op sy hoof wees. Dit
is heilige klere; en hy moet sy liggaam in die water bad en dit aantrek.
5 En van die vergadering van die kinders van Israel moet hy twee bokramme as
sondoffer en een ram as brandoffer neem.
6 Dan moet Aäron die sondofferbul wat vir hom bedoel is, aanbring en vir hom en
sy huis versoening doen.
7 Hy moet ook die twee bokke neem en hulle voor die aangesig van YAHUVEH stel by
die ingang van die Tent van Samekoms.
8 En Aäron moet oor die twee bokke die lot werp, een lot vir YAHUVEH en een lot
vir Asásel.
9 Dan moet Aäron die bok aanbring waar die lot vir YAHUVEH op gekom het en hom
as sondoffer berei;
10 maar die bok waar die lot vir Asásel op gekom het, moet lewendig voor die
aangesig van YAHUVEH gestel word, om oor hom versoening te bewerk deur hom vir
Asásel in die woestyn te stuur.
11 Aäron moet dan die sondofferbul wat vir hom bedoel is, laat aankom en vir hom
en sy huis versoening doen: hy moet die sondofferbul slag wat vir hom bedoel is,
12 en die vuurpan vol gloeiende kole van die altaar voor die aangesig van
YAHUVEH wegneem; daarby twee handevol fyngestampte reukwerk van speserye en dit
binnekant die voorhangsel bring.
13 En hy moet die reukwerk op die vuur lê voor die aangesig van YAHUVEH, dat die
wolk van die reukwerk die versoendeksel wat op die Getuienis is, kan oordek,
sodat hy nie sterwe nie.
14 En hy moet van die bloed van die bul neem en dit met sy vinger op die
versoendeksel aan die oostekant sprinkel; en voor die versoendeksel moet hy sewe
maal met sy vinger van die bloed sprinkel.
15 Dan moet hy die sondofferbok slag wat vir die volk bedoel is, en sy bloed
binnekant die voorhangsel bring en met sy bloed doen soos hy met die bloed van
die bul gedoen het: hy moet dit sprinkel op die versoendeksel en voor die
versoendeksel.
16 So moet hy dan vir die Heiligdom versoening doen vanweë die onreinhede van
die kinders van Israel en vanweë hulle oortredinge, wat hulle sondes ook al mag
wees; so moet hy dit ook doen vir die Tent van Samekoms wat by hulle te midde
van hulle onreinhede woon.
17 En niemand mag in die Tent van Samekoms wees as hy ingaan om in die Heiligdom
versoening te doen totdat hy uitkom nie en versoening gedoen het vir hom en vir
sy huis en vir die hele vergadering van Israel.
18 Dan moet hy na die altaar uitgaan wat voor die aangesig van YAHUVEH is en
daarvoor versoening doen: hy moet van die bloed van die bul en van die bloed van
die bok neem en dit rondom aan die horings van die altaar stryk
19 en met sy vinger van die bloed sewe maal daarop sprinkel. So moet hy dit dan
reinig en heilig van die onreinhede van die kinders van Israel.
20 En as hy die versoening van die Heiligdom en die Tent van Samekoms en die
altaar voleindig het, moet hy die lewendige bok laat aankom;
21 en Aäron moet sy twee hande op die kop van die lewendige bok lê en oor hom
belydenis doen van al die ongeregtighede van die kinders van Israel en al hulle
oortredinge, wat hulle sondes ook al mag wees; en hy moet dié op die kop van die
bok lê en hom deur ‘n man wat gereed staan, na die woestyn toe stuur.
22 So moet die bok dan op hom al hulle ongeregtighede na ‘n woeste land wegdra;
en hy moet die bok in die woestyn los.
23 Dan moet Aäron in die Tent van Samekoms ingaan en die linneklere uittrek wat
hy aangetrek het toe hy in die Heiligdom ingegaan het, en dit daar neerlê.
24 En hy moet sy liggaam op ‘n heilige plek in die water bad en sy klere aantrek.
Dan moet hy uitgaan en sy brandoffer en die brandoffer van die volk berei, om
vir hom en vir die volk versoening te doen.
25 Ook moet hy die vet van die sondoffer op die altaar aan die brand steek.
26 En hy wat die bok vir Asásel weggedrywe het, moet sy klere was en sy liggaam
in die water bad; en daarna mag hy in die laer kom.
27 Maar die sondofferbul en die sondofferbok waarvan die bloed ingebring is om
versoening te doen in die Heiligdom, moet hulle buitekant die laer uitbring; en
hulle velle, hulle vleis en hulle mis moet met vuur verbrand word.
28 En hy wat dit verbrand, moet sy klere was en sy liggaam in die water bad; en
daarna mag hy in die laer kom.
29 En dit moet vir julle ‘n ewige insetting wees: in die sewende maand, op die
tiende van die maand, moet julle jul verootmoedig en géén werk doen nie die kind
van die land sowel as die vreemdeling wat onder julle vertoef.
30 Want op hierdie dag moet hy vir julle versoening doen om julle te reinig; van
al julle sondes moet julle voor die aangesig van YAHUVEH rein word.
31 ‘n Dag van volkome rus moet dit vir julle wees, en julle moet jul
verootmoedig. Dit is ‘n ewige insetting.
32 En die priester wat gesalf en aangestel sal word om in die plek van sy vader
die priesteramp te bedien, moet die versoening doen; en hy moet die linneklere,
die heilige klere, aantrek
33 en versoening doen vir die Allerheiligste; ook moet hy vir die Tent van
Samekoms en die altaar versoening doen, en vir die priesters en die hele volk
van die vergadering moet hy versoening doen.
34 En dit moet vir julle ‘n ewige insetting wees om vir die kinders van Israel
weens al hulle sondes een maal in die jaar versoening te doen. En hy het gedoen
soos YAHUVEH Moses beveel het.
Numeri 29:7-11
7 En op die tiende van hierdie sewende maand moet daar vir julle ‘n heilige
samekoms wees, en julle moet julle verootmoedig; géén werk mag julle doen nie.
8 Dan moet julle ‘n brandoffer as lieflike geur aan YAHUVEH bring: een jong bul,
een ram, sewe jaaroud lammers; sonder gebrek moet hulle vir julle wees;
9 en hulle spysoffer: fynmeel met olie gemeng, drie-tiendes vir die bul, twee-tiendes
vir die een ram,
10 een-tiende vir elke lam van die sewe lammers;
11 een bokram as sondoffer, behalwe die sondoffer van versoening en die
voortdurende brandoffer en die spysoffer wat daarby behoort—en hulle
drankoffers.