57
14 En hulle sal sê: Vul op, vul op, berei die weg, verwyder die struikelblok
uit die weg van my volk.
15 Want so sê die Hoë en Verhewene wat in die ewigheid woon, Heilig is SY Naam:
EK woon in die hoogte en in die heilige plek en by die verbryselde en nederige
van gees, om te laat herlewe die gees van die nederiges en te laat herlewe die
hart van die verbryseldes.
16 Want EK sal nie vir ewig twis en nie vir altyd toornig wees nie, want die
gees sou voor MY aangesig versmag en die siele wat EK self gemaak het.
17 EK was toornig vanweë die ongeregtigheid van hulle hebsug en het hulle
geslaan terwyl EK MY toornig verberg het; ewenwel het hulle afkerig voortgegaan
op hulle eie weg.
18 EK het hulle weë gesien, en EK sal hulle genees; en EK sal hulle lei en aan
hulle weer vertroosting skenk, naamlik aan hulle treuriges.
19 EK skep die vrug van die lippe; vrede, vrede vir die wat ver en die wat naby
is, sê YAHUVEH; en EK sal hulle genees.
20 Maar die goddelose is soos ‘n onstuimige see; want dit kan nie tot rus kom
nie, en sy waters gooi slyk en modder op.
21 Geen vrede, sê my ELOHIM, vir die goddelose nie!
*~ Jesaja Hoofstuk 58 ~*
1 Roep uit die keel, hou nie terug nie, verhef jou stem soos ‘n basuin! En
verkondig aan MY volk hulle oortreding en aan die huis van Jakob hulle sondes.
2 Wel soek hulle MY dag vir dag en het ‘n behae in die kennis van MY weë! Soos
‘n nasie wat geregtigheid doen en die reg van sy ELOHIM nie verlaat nie, vra
hulle MY na die regverdige verordeninge; hulle het ‘n behae in die toenadering
tot ELOHIM.
3 Waarom vas ons, en U sien dit nie? Waarom kwel ons ons siel, en U weet dit nie?
—Kyk, op die dag as julle vas, soek julle geleentheid om sake te doen, en julle
jaag al jul arbeiders aan.
4 Kyk, om te twis en te kyf, vas julle, en om te slaan met misdadige vuis; julle
vas nie nou om julle stem in die hoogte te laat hoor nie.
5 Is dít die vas wat EK verkies, die dag as die mens sy siel gaan kwel: dat hy
sy hoof buig soos ‘n biesie en sak en as uitsprei om sy bed te wees? Noem jy dit
vas en ‘n dag wat YAHUVEH welgevallig is?
6 Is dít nie die vas wat EK verkies nie: dat julle losmaak die bande van
goddeloosheid, dat julle afhaal die stroppe van die juk en vry laat weggaan die
verdruktes en elke juk stukkend breek?
7 Is dit nie dat jy jou brood breek vir hom wat honger het, en ellendiges,
swerwelinge in die huis inbring nie? As jy iemand sien wat naak is, dat jy hom
klee, en jou vir jou eie vlees nie verberg nie?
8 Dan sal jou lig deurbreek soos die dageraad en jou genesing skielik uitspruit;
en jou geregtigheid sal voor jou uit gaan, die heerlikheid van YAHUVEH jou
agterhoede wees.
9 Dan sal jy roep, en YAHUVEH sal antwoord; jy sal skreeu om hulp, en HY sal sê:
Hier is EK! As jy van jou verwyder die verdrukking, die uitsteek van die vinger
en die leuenagtige woord,
10 en jou siel laat uitgaan na die hongerige, en die neergeboë siel versadig;
dan sal jou lig opgaan in die duisternis en jou donkerheid wees soos die middag.
11 En YAHUVEH sal jou gedurigdeur lei en jou siel versadig in dor plekke en jou
gebeente sterk maak; en jy sal wees soos ‘n tuin wat goed besproei is en soos ‘n
fontein van waters waarvan die water nooit teleurstel nie.
12 En die wat uit jou voortkom, sal die ou puinhope bou; die fondamente van
vorige geslagte sal jy oprig, en jy sal genoem word: Herbouer van gebreekte mure,
hersteller van paaie, om bewoonbaar te maak.
13 As jy jou voet terughou van die Sabbat—om nie jou sake op MY Heilige dag te
doen nie, en as jy die Sabbat ‘n verlustiging noem en die Heilige dag van
YAHUVEH hooghou; en as jy dit eer deur nie jou gewone gang te gaan nie, nie
geleentheid vir jou sake soek of ydele taal spreek nie;
14 dan sal jy jou verlustig in YAHUVEH, en EK sal jou laat ry oor die hoogtes
van die aarde en jou laat geniet die erfdeel van jou vader Jakob; want die mond
van YAHUVEH het dit gespreek.
Mattheus 25:31-46;
31 En wanneer die SEUN van YAHUVEH in SY Heerlikheid kom en al die heilige
engele saam met HOM, dan sal HY op SY heerlike troon sit;
32 en voor HOM sal al die nasies versamel word, en HY sal hulle van mekaar
afskei soos die herder die skape van die bokke afskei;
33 en HY sal die skape aan SY regterhand en die bokke aan SY linkerhand sit.
34 Dan sal die Koning vir die wat aan SY regterhand is, sê: Kom, julle geseëndes
van MY Vader, beërf die koninkryk wat vir julle berei is van die grondlegging
van die wêreld af.
35 Want EK het honger gehad, en julle het MY te ete gegee; EK het dors gehad, en
julle het MY te drinke gegee; EK was ‘n vreemdeling, en julle het MY herberg
gegee;
36 EK was naak, en julle het MY geklee; EK was siek, en julle het MY besoek; in
die gevangenis was EK, en julle het na MY gekom.
37 Dan sal die regverdiges HOM antwoord en sê: Here, wanneer het ons U honger
gesien en gevoed; of dors, en te drinke gegee?
38 En wanneer het ons U ‘n vreemdeling gesien, en herberg gegee; of naak, en
geklee?
39 En wanneer het ons U siek gesien of in die gevangenis, en na U gekom?
40 En die Koning sal antwoord en vir hulle sê: Voorwaar EK sê vir julle, vir
sover julle dit gedoen het aan een van die geringstes van hierdie broeders van
MY, het julle dit aan MY gedoen.
41 Dan sal HY ook vir dié aan SY linkerhand sê: Gaan weg van MY, julle
vervloektes, in die ewige vuur wat berei is vir die duiwel en sy engele.
42 Want EK het honger gehad, en julle het MY nie te ete gegee nie; EK het dors
gehad, en julle het MY nie te drinke gegee nie.
43 EK was ‘n vreemdeling, en julle het vir MY nie herberg gegee nie; naak, en
julle het MY nie geklee nie; siek en in die gevangenis, en julle het MY nie
besoek nie.
44 Dan sal hulle HOM ook antwoord en sê: Here, wanneer het ons U honger gesien
of dors of ‘n vreemdeling of naak of siek of in die gevangenis, en U nie gedien
nie?
45 Dan sal HY hulle antwoord en sê: Voorwaar EK sê vir julle, vir sover julle
dit nie gedoen het aan een van hierdie geringstes nie, het julle dit aan MY ook
nie gedoen nie.
46 En hulle sal weggaan in die ewige straf, maar die regverdiges in die ewige
lewe.