Shabbat Shalom!
Yom Kippur / Dag van Versoening
- YAHUSHUA’S Nuwe BloedVerbond Profesieë


Van Profesie 105 af, het YAHUVEH gesê hierdie moet van nou af op al die Profesieë geplaas word: Elisabeth (Elisheva) EK het jou lank gelede gewaarsku om nie hierdie Bediening na ‘n man of ‘n vrou te vernoem nie, selfs nog voordat daar ‘n Bediening was. EK het dit in jou gees geplaas want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, niks hiervan het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit die Mond van YAHUVEH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van YAHUSHUA jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van die RUACH ha KODESH jou IMMAYAH geboorte gegee. As dit net deur jou hand was sou dit lankal misluk het. Dit is deur die SHKHINYAH GLORIE se Wind wat oor hierdie aarde waai, die Heilige Wind van Herlewing, dit is nie deur jou asem nie, anders sou dit misluk het. “EK is YAHVEH, dit is MY NAAM; en MY EER sal EK aan geen ander gee, of ook MY LOF aan die gesnede beelde nie”. (Jesaja 42:8)

11 Oct, 2024

Profesie 62 DIE KONING KOM!

Hierdie kom uit Profesie 105, YAHUVEH het beveel dat dit op alle Profesieë bygevoeg moet word van nou af:

EK het jou lank gelede gewaarsku [Elisheva] om nie hierdie Bediening na ‘n man of ‘n vrou te vernoem nie selfs nog voordat daar ‘n Bediening was. EK het dit in jou gees geplaas want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, niks hiervan het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit die Mond van YAHUVEH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van YAHUSHUA jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van die RUACH HA KODESH jou IMMAYAH geboorte gegee. As dit net deur jou hand was sou dit lankal misluk het. Dit is deur die SHKHINYAH HEERLIKHEID se Wind wat oor hierdie aarde waai, die Heilige Wind van Herlewing, dit is nie deur jou asem nie anders sou dit misluk het (Jesaja 42:8)

In Julie 2010 Het YAHUVEH GOD beveel dat die volgende bygevoeg word voor elke Profesie:

2Kronieke 36:16

“Maar hulle het die boodskappers van ELOHIEM uitgelag, SY Woorde verag en met SY Profete gespot totdat die gramskap van YAHWEH teen SY volk opgekom het, totdat daar geen genesing meer was nie.”

*******

Elisheva:

Daarom Hemelse Vader YAHUVEH, in die Naam van U Seun YAHUSHUA op hierdie dag van Yom Kippur, vra ek watter woord het U? Ons kom na U verlangend om U stem te hoor, as U ons asseblief sal eer met ‘n Woord. Ons is soos ‘n hert wat smag na water, Vader; ons dors om meer te hoor van U. Ons dank U net Vader. Ons bestraf en bind jou satan weg van hierdie af in die Naam van YAHUSHUA ha MASHIACH, jy het hoegenaamd geen deel hieraan nie, want ons behoort aan YAHUVEH, YAHUSHUA en die RUACH ha KODESH. Jy het hoegenaamd geen aanspraak van enige aard op ons nie. Ons onderwerp onsself aan die Here God Almagtig YAHUVEH, YAHUSHUA en die RUACH ha KODESH en ons weerstaan jou satan en jy moet vlug.

[Praat in Tale] … Lukas 10:19, satan "Kyk, EK gee aan julle die mag om op slange en skerpioene te trap, en oor al die krag van die vyand; en niks sal julle ooit skade doen nie." So, satan ons staan op daardie woord. Gaan weg duiwel jy het geen aanspraak op ons nie! Net die woorde wat gaan voortkom; dit gaan die Woorde wees van YAHUVEH, YAHUSHUA en die RUACH ha KODESH. Geen vals woord kan manifesteer deur ‘n demoon wat deur my vlees manifesteer nie, geen vals woord kan voortkom nie, want in die Naam van YAHUSHUA, spreek ek net woorde voort van my Pappa God YAHUVEH, wie my geskape het, my dít sal laat spreek, wat die Naam van YAHUVEH, YAHUSHUA en die RUACH ha KODESH sal loof, sal verheerlik.

Praat met U kinders, O Pappa, praat met U kinders as U ‘n woord het.

Sê vir die mense, skree dit van een uithoek van die aarde tot die ander, MY SEUN KOM! Die Koning van die Konings, die Here van die Here! Sê vir hulle, MY Kinders, bekeer die Koninkryk van die Hemel is op hande, val op jul aangesigte op hierdie Yom Kippur dag. Val op jul aangesigte in die geestes-ryk; sien julself plat op jul aangesigte want die Koning kom!

Laat die wêreld spot! Laat die Fariseërs spot! Dit sal nie ophou nie want die KONING KOM! HY kom nie vir diegene wat dink hulle is nie sondaars nie, wat dink hulle is so regverdig, dat hulle nie eers hoef te bekeer nie. HY kom vir SY Kinders, vir die Bruid wat begeer om gehoorsaam te wees! HY kom vir die vegters wat oorlog maak in SY Heilige Naam. HY kom vir hulle wat nederig erken dat dit almal ontbreek aan MY Heerlikheid.

Wees net gereed, MY Kinders. Ongeag of julle die dag of uur weet. Watter Bruid weet nie wanneer haar Bruidegom nader kom nie? Watter Bruid maak haarself nie voor die tyd gereed nie? MY Ware Bruid hoor MY stem. Hulle maak hulself gereed. Hulle begeer en verlang Heiligheid. Hulle verafsku die suurdeeg van die Fariseërs.

Verberg julleself MY Kinders vir net ‘n klein rukkie. Want die ganse Hemel is verwoed, en teen satan en sy demone woed oorlog. Dit word aangevoer want die Koning kom! Die Aarde bewe en sidder in vrees in verskeie dele van die wêreld. Julle sien die vloede, hierdie is MY trane. Onthou toe die vloede gekom het in die tyd van Noag. Onthou hoe hy bespot was en hulle gespot het tot en met die tyd toe die reëns gekom het. Maar EK het vir MY Kinders Noag en sy familie gesê om in die ark in te gaan en om die deur agter hulle toe te bout, en toe die vloede kom, het die goddeloses gehamer aan daardie deur. Toe wou hulle in, toe het hulle geglo wie EK is, maar dit was te laat vir hulle en die vloede het hulle ingesluk.

So sal dit weer wees. Diegene wat staan in MY SEUN se geregtigheid, die wat hulle huise gesalf het, die wat in MY Woord skuil, die wat daarna strewe om gehoorsaam te wees, die wat MY liefhet en dien en MY eerste stel, die wat weet dat die skatte van hierdie aarde nie dít kan wees wat hulle saambring na hul Hemelse tuiste nie. In hierdie wêreld besef hulle dat diewe inbreek. Mot en roes bederf dit wat julle dink is ‘n skat op aarde wat julle nie kan saamvat wanneer julle hierdie aarde verlaat nie.

In plaas daarvan bou MY ware Kinders, MY ware Bruid, hulle Hemelse skatte op waar mot en roes en diewe dit nie kan bederf nie. Diewe kan nie jou skatte in die Hemel steel nie. So baie ly gebrek maar hulle doen dit om MY onthalwe, versaak luukshede sodat siele gered kan word. Hierdie is MY geliefdes; hierdie is MY ware skatte op aarde. Diegene wat uitroep in MY Seun se Naam, in die Naam van YAHUSHUA, en so baie bid in ‘n dag dat hulle nie eens kan begin om te tel nie, hierdie is MY Kinders, hierdie is diegene vir wie die Koning kom.

YAHUSHUA is oppad, die KONING KOM! HY is julle versoening vir sonde. HY is die perfekte Lam wat geoffer was. Geen merk, geen vlek, geen sonde was gevind in HOM nie. HY het betaal vir hierdie wêreld, HY was ‘n losprys gemaak vir hierdie wêreld vir almal wat kan glo en die Bloed wat by Golgota gestort was aanvaar. HY het die versoening betaal vir julle sonde. HY is julle Hoë Priester. Vir daardie Jode wat HOM verloën, vir die Moslems wat HOM verloën. Hulle erken Abraham, Isak en Jakob, maar hulle wil HOM nie aanvaar as Messias, wanneer dit kom by die Naam van YAHUSHUA nie.

Dan sal hulle geoordeel word deur die wette van Moses en hulle beter nie een gebod gebreek het nie. Hoeveel vind dit moeilik om tien te gehoorsaam. Probeer 613. Hoekom dink julle het EK vir julle ‘n Hoë Priester gegee wat aangeraak sal word deur julle siektes en swakhede? Want MY begeerte is dat niemand sal vergaan nie. Maar vir diegene wat daarop aandring om deur Moses veroordeel te word, dan sal Moses hulle oordeel, en weë hulle wat deur Moses geoordeel word want daar is geen genade in hom nie.

So in hierdie tien dae van ontsag, wees verheug oor hulle wat YAHUSHUA ken as Here, wees verheug omdat HY julle MESSIAS, julle Redder, julle Geneesheer is, die EEN waarmee EK julle seën wanneer jul uitroep na MY in SY Naam. Want EK, YAHUVEH, word verheerlik deur MY Seun YAHUSHUA en YAHUSHUA word verheerlik deur SY Vader YAHUVEH. En EK het groot behae daarin om MY Kinders te beskerm en die vyand te beskaam op baie verskillende maniere.

EK het vir hierdie diensmaagd vandag gesê om julle te waarsku oor die komende kwarantyn want die mens maak siektes wat nie deur MY geskep is nie. Dan maak die mens iets wat hulle ‘n entstof noem. Maar wees versigtig MY Kinders, daar’s dood wat hulle julle sal inspuit. Vertrou nie die inentings van die mens nie. Vertrou in Psalm 91. Glo in MY Seun se Naam, en roep MY aan en staan op Psalm 91, dat EK die plae sal weghou van julle wonings af. En terwyl julle MY eer op die ware Sabbatdag, terwyl julle jul bes probeer om te gehoorsaam, terwyl julle MY eerste stel in julle Liefde en lewe, en terwyl ‘n man die regmatige plek oor die vrou inneem, sal daar beskerming wees om oor julle huise te kom, want dit is MY Seun se Bloed wat vir julle gestort was by Golgota wat julle sal bedek en beskerm en diegene wat deur MY geroep is, diegene wat ‘n goddelikheid van binne het.

EK sal meer hieroor praat op ‘n ander keer, want nou is nie die seisoen nie. EK waarsku julle nou, MY Kinders. Bid dat julle nie gereken sal word in die getal onder kwarantyn nie. Want so baie mense sal saamgehok word soos beeste selfs binne-in stadions en kolossiums. En die bose sal sê, omdat julle die beskerming van die mens weier, dan is julle besmet, is julle ‘n gevaar. En soos beeste saamgehok word sal so baie mense saam gedring word, daar sal skaars plek wees om te staan.

Pasop MY Kinders vir gif in jul are ingespuit. Pasop MY Kinders vir die einste lug wat julle inasem. Pasop MY Kinders vir die einste water wat julle drink. Waarlik as dit nie vir MY genade was nie, sou lewe heeltemal van die aangesig van die Aarde af uitgewis gewees het. Pasop MY Kinders vir wat julle in julself laat inspuit.Onthou waar julle geloof en julle vertroue is. Staan op vir dit wat reg is. Staan op vir julle vryheid nou. Predikers, hou op om omkoopgeld te vat, want julle was heeltemal te lank stilgemaak. EK sal julle aanspreeklik hou omdat julle nie MY skape gewaarsku het nie! En as julle nie voortspreek soos hierdie diensmaagd nou doen nie, sal dit soos skape wees wat na ‘n slagting gelei word.

Eers die heel jongstes en dan die bejaardes en dan sal die middeljariges val. Maar nie enige van MY Kinders wat die Naam van YAHUSHUA aanroep nie as hulle maar net MY Stem sal hoor en gehoorsaam, en glo dat EK hulle sal beskerm en sal Heilig lewe vir MY want EK is Heilig en sal wegvlug selfs van enige verskyning van sonde. EK sal hulle beskerm. EK sal vir hulle wysheid gee. EK sal hulle wegsteek. MY engele sal rond-om hulle kamp en oorlog voer vir hulle.

Want julle is vrygekoop, ‘n versoening vir julle sondes was gedoen. Dit is wat julle behoort te vier op Yom Kippur en YAHUSHUA is SY Naam. Moet dus nie langer skaam wees om te sê die Koning kom nie! Maar weereens moet EK herhaal, HY kom nie vir ‘n ongehoorsame Bruid nie, HY kom nie vir ongehoorsame kinders nie.

So bekeer nou MY Kinders voor dit te laat is. Want ‘n groot onheil kom. Dit is op ‘n groot gety-golf, ‘n gety-golf van goddeloosheid. Maar kyk op, MY Kinders, want EK sal ‘n standaard daarteen oprig as julle dit maar net sal glo en as julle MY Seun se liefde, vergifnis, genade en Waarheid ontvang. Bekeer, dit behoort jul uitroep te wees aan almal ver en wyd want Koning YAHUSHUA kom!

*******

Elisheva:

So is dit gespreek, so is dit geskryf op die 16de September 2002, op Yom Kippur. Begin om 5:18 vm. en eindig 5:46 v.m. gedurende privaat gebeds tyd terwyl ons besig was om die gebeds behoeftes van die vennote op te lig. Ek vra om verskoning vir die hoesbuie wat julle gehoor het. Die satanistiese oorlog is ‘n werklikheid. Die duiwel wou nie daardie boodskap laat uitkom nie. Dit was asof hande my keel gewurg het toe ek begin sê, "Die Koning Kom!" Ons geveg is nie teen vlees en bloed nie, maar daar is heersers in duister plekke en satan en sy demone wil nie hê die profeet moet praat nie.

Maar nietemin lê ek nederig hierdie woord aan julle voor op Yom Kippur. Ek sien uit daarna om julle in die Hemel te sien.

In die Liefde van YAHUSHUA, julle suster, Apostel Elisheva Eliyahu

Soos YAHUSHUA vertel het van die laaste dae, "Mense se harte sal beswyk van vrees." Lukas 21:26

Is julle geestelik gereed? Is julle familie? Dit is die rede vir hierdie bediening, om met die profetiese boodskappe te waarsku asook om te bemoedig en verlore siele te lei na YAHUSHUA, die enigeste MESSIAS. As jy YAHUSHUA aangeneem het as jou persoonlike Redder, maar nog steeds baie louwarm was in jou liefde, gehoorsaamheid en geestelike pad met HOM, dan moet jy onmiddelik vir HOM om vergifnis vra asook vir die heropvulling van die RUACH Ha KODESH (Heilige Gees). Jy moenie net bekeer nie maar ook wegdraai van jou sondes af en vir YAHUSHUA vra om jou sondes weg te was in SY gestorte Bloed by Golgota. HY sal jou dadelik vergewe en jou hart vul met die vreugde van die RUACH Ha KODESH.

As jy nog nooit vir YAHUSHUA as Redder aangeneem het nie, maar wel deur die Heilige Bybel en hierdie profetiese boodskappe besef het dat HY ‘n realiteit is en SY spoedige koms, en jy SY gratis geskenk van die ewige lewe in die Hemel wil aanvaar, sê hierdie reddings gebed hieronder en bedoel dit met jou hele hart… en YAHUSHUA is getrou om jou te vergewe terwyl jy jou sondes bely, en bekeer en wegdraai van jou sondes, in YAHUSHUA se Naam. En vra HOM om in jou hart in te kom en om SY (YAHUSHUA se) lewe binne in jou te lewe, jou te gebruik vir YAHUVEH en YAHUSHUA se Eer.

Reddings Gebed

Liewe YAHUSHUA, ek neem U nou aan as my Here en my Redder, U is die God wat ek liefhet. Ek glo U het die prys vir my sonde betaal by Golgota, U het gesterf en weer opgestaan uit die dood op die derde dag. Ek vra U om in te kom in my hart in, vergewe my sondes, was my skoon van alle ongeregtigheid. Ek is jammer dat ek gesondig het en ek draai weg van daardie sondes. Dankie dat U my vul met U RUACH ha KODESH en my die begeerte gee om U te dien al die dae van my lewe, en leef U lewe binne-in my YAHUSHUA sodat U Verheerlik sal word! Dankie dat U vir my die begeerte gee om U Bybel te lees en aan my die wysheid gee om dit te verstaan. Dankie dat U my Liefhet en my siel red, my Geloof laat groei sodat ek eendag saam met U in die Hemel sal wees. Vul my nou met U Heilige Gees en verlos my van die bose een in U NAAM YAHUSHUA bid ek. Help my YAHUSHUA om te onthou dat almal gesondig het en dat dit hulle ontbreek aan die Heerlikheid van YAHUVEH, en dat U gekom het om ons sondaars te red, daarom word U ons Redder genoem. Amen.

Lees hierdie gebed en lees dit dan nog ‘n keer, hierdie keer nie met kop kennis nie maar met harts-kennis, glo dit in geloof, en onthou YAHUSHUA is nie alleenlik God nie maar HY is jou beste vriend. HY gee so baie om vir jou; HY het jou so lief, net soos jy is. HY haat sonde, maar HY het jou, die sondaar, lief.

YAHUSHUA het die prys vir jou sonde betaal, nou hoef jy nie meer skuldig en verlore te voel nie! Bely jou sonde aan YAHUSHUA. Noem hulle, sê dan vir HOM dat jy jammer is, vra HOM om jou te vergewe, al jou vorige en huidige sondes.’n Sonde is enige iets wat jy doen of gedoen het om ‘n Heilige YAHUVEH aanstoot te gee. Niemand is perfek nie, onthou dit.

Lees die Nuwe Testament en leer Wie is YAHUSHUA. Joh.3:16 Die Bybel sê dat jy HOM moet erken as Heer en Redder, dan sal HY jou erken voor die Vader. Moenie skaam wees oor YAHUSHUA nie, HY is nie skaam oor jou nie. Vertel vir iemand dat jy YAHUSHUA van Golgota en Nasaret aanvaar het hierdie dag. Al die engele in die Hemel jubel. Laat ons saam met jou bly wees. As jy ‘n pastoor nodig het, ons het meer as een. Welkom by die familie van YAHUSHUA, ons sien uit daarna om jou te ontmoet in die Hemel indien dit nie op aarde gebeur nie.

Gespreek onder die salwing van die RUACH HA KODESH Deur Apostel Elisheva Eliyahu op 16 September 2002

Profesie 63 O Israel, Waar Is Jou Bloed Offer?

Gegee aan Elisheva Eliyahu op Yom Kippur

Hierdie kom uit Profesie 105, YAHUVEH het beveel dat dit op alle Profesieë bygevoeg moet word van nou af:

EK het jou lank gelede gewaarsku [Elisheva] om nie hierdie Bediening na ‘n man of ‘n vrou te vernoem nie selfs nog voordat daar ‘n Bediening was. EK het dit in jou gees geplaas want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, niks hiervan het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit die Mond van YAHUVEH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van YAHUSHUA jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van die RUACH HA KODESH jou IMMAYAH geboorte gegee. As dit net deur jou hand was sou dit lankal misluk het. Dit is deur die SHKHINYAH HEERLIKHEID se Wind wat oor hierdie aarde waai, die Heilige Wind van Herlewing, dit is nie deur jou asem nie anders sou dit misluk het (Jesaja 42:8)

In Julie 2010 Het YAHUVEH GOD beveel dat die volgende bygevoeg word voor elke Profesie:

2Kronieke 36:16

“Maar hulle het die boodskappers van ELOHIEM uitgelag, SY Woorde verag en met SY Profete gespot totdat die gramskap van YAHWEH teen SY volk opgekom het, totdat daar geen genesing meer was nie.”

*******

O Israel, O hoe huil EK. Ja EK, YAHUVEH, Skepper van alles, Skepper selfs van tyd self. EK huil! Want EK het MY liefde uitgestort, MY genade uitgestort, MY heel beste gegee, MY Geliefde Seun YAHUSHUA. EK, YAHUVEH, het YAHUSHUA gegee WIE selfs SY Bloed uitgestort het om die sondes vry te koop van Adam en Eva. O Israel, die Bloed van YAHUSHUA deurweek steeds julle grond. Hoekom dink julle haat satan julle? Hoekom dink julle haat hy julle meer as enige volk of enige nasie? Omdat EK, YAHUVEH na julle toe gekom het in die vlees deur MY Seun YAHUSHUA, MY Geliefde Seun.

Abraham het net gedink dat hy vir Isak moes offer. Abraham moes slegs daardie gevoel ervaar van groot hartseer en droefheid, terwyl hy ‘n dolk gehou het bokant sy geliefde seun menende dat daar geen ram sou wees om op te offer, as ‘n bloedoffer nie. Maar in geloof het hy Abraham, gereed om sy seun Isak te slag, geglo dat EK, YAHUVEH, Isak sou opwek uit die dood as dit sou nodig wees, net soos EK het MY Seun YAHUSHUA gedoen het. Dit is as gevolg van wie EK, YAHUVEH, is, as gevolg van wie EK is, as gevolg van MY liefde wat geen begin of einde het vir diegene wat MY Kinders genoem word nie en slegs diegene wat MY Kinders genoem word is hulle wat uitroep tot MY in die naam van MY Seun YAHUSHUA. Net EK het Abraham gestuit om sy seun Isak te offer. EK het ‘n ram voorsien weggesteek uit Abraham se visie tot die regte tyd.

Abraham was nie perfek nie. Ook nie Isak nie. Israel betaal die prys van Abraham se sonde wat Ismael en die saad van Ismael voortgebring het. Abraham het ook ‘n bloedoffer nodig gehad. Dit was die ram wat gesimboliseer was wat vasgevang was in die ruigte. Hierdie simboliseer MY Geliefde Seun, YAHUSHUA, die enigste Lam van YAHUVEH, die perfekte Lam sonder sonde, of merk of vlek. Die ram was in die ruigte vasgevang. MY Geliefde Seun YAHUSHUA het uitgeroep na MY. HY [was] ook vasgevang in die ruigte van MY wil. "Vader, as dit enigsins moontlik is neem hierdie beker weg van MY, maar nie soos EK wil nie, maar soos U wil geskied.” YAHUSHUA was gesimboliseer as daardie ram, as daardie bloed-offer wat Abraham daardie dag gehad het wat Isak se plek gevat het.

YAHUSHUA se Bloed-offer is die enigste menslike offer wat Heilig genoeg is om die sondes weg te was van die ganse mensdom. As die mensdom maar net hierdie nuwe Bloed Verbond wil aanvaar en gehoorsaam wat EK gegee het by Golgota deur MY Geliefde Seun YAHUSHUA. Hierdie is MY belofte aan al MY getroue kinders wie YAHUSHUA liefhet en hierdie nuwe Bloed Verbond aanvaar. Soos EK nie MY Geliefde Seun in die graf gelos het nie, EK HOM opgewek het uit die dood en HY opgevaar het na die Hemel, so sal EK dieselfde doen vir julle. Al wat MY Kinders moet doen is om te ontvang, glo, lief te hê, en jou bes probeer om MY Gebooie te gehoorsaam. Is dit so moeilik?

EK praat met diegene wat MY Seun YAHUSHUA weier as MESSIAS. Waar is julle bloed-offer? Almal weet daar moet ‘n bloed-offer wees vir die kwytskelding van sondes. Watter dier is perfek? Watter mens? Geen! Behalwe MY Geliefde Seun YAHUSHUA. EK, YAHUVEH het die ou bloed verbond gekanselleer om vir die mensdom ‘n beter bloed verbond te gee. Dit is die enigste manier hoe EK julle sondes kan vergewe. Daar is geen ander weg na MY troon, vir MY om julle gebede te beantwoord nie, behalwe deur die Naam van YAHUSHUA, deur SY gestorte bloed by Golgota vir die kwytskelding van julle sondes. Daar is geen ander middelaar voor MY nie buiten MY Seun YAHUSHUA. Mohammed kan julle nie red nie. Om Abraham aan te roep sal jou nie red nie. Allah kan julle nie red nie. Alleenlik deur die Naam van YAHUSHUA aan te roep sal jou red. Bestudeer die Torah soos EK voorheen gespreek het deur hierdie diensmaagd. Diegene wat dink om alleenlik die Torah te onderhou sal hulle red, moet besef almal het gesondig en dit ontbreek hulle aan MY Heerlikheid [Romeine 3:23]. Om een Gebod te breek is dieselfde as om al die Gebooie te breek. Julle het ‘n Redder nodig. YAHUSHUA is daardie Redder. Diegene wat weier om YAHUSHUA te aanvaar as hulle Here & Redder, die Messias van die ganse mensdom, sal nie deur YAHUSHUA geoordeel word nie, maar sal in plaas daarvan voor Moses staan wat die Boek van Oordeel sal oopmaak sonder genade. Want hy het Israel gewaarsku dat daar’n nuwe verbond sou kom, ‘n nuwe Bloed Verbond. Hy het geweet daardie sou nie MY woede kon kalmeer nie. Dit was slegs tydelik vir die diere-offers.

O Israel, EK het daardie Nuwe Bloed Verbond gestuur om gebore te word op julle eie grond. EK het wonderwerke gedoen deur die Naam van YAHUSHUA. EK het HOM gebruik om ‘n menslike offer te wees, ‘n menslike bloed-offer, die enigste perfekte bloedversoening vir sonde. En EK het HOM opgewek uit die dood in die grond van Israel.

Op hierdie dag van Yom Kippur, 2002, praat EK met Israel en EK sê vir hulle EK hoor julle gebede van bekering, vraend na MY vergifnis. EK sien julle vas. EK voel julle vrees terwyl julle besef dat julle sondes ‘n stank is vir MY neusgate. O Israel! Julle weet “EK IS” Adonai en EK sal julle oordeel vir die werke van julle vlees. O Israel! Julle weet daar is geen bloed-offer nie. Julle verlang om daardie tempel met mure te bou sodat julle weereens offers van diere kan bring vir die kwytskelding van sondes, waar julle hoë priester hardop kan uitroep vir genade, maar tog weier julle om die geskenk te aanvaar wat EK aan julle gegee het, ‘n tempel sonder mure gevul met die RUACH ha KODESH, gevul met MY liefde en genade, MY wonderwerke en MY oordeel. ‘n Tempel nie gebou met mensehande nie, ‘n perfekte, Heilige, sondelose temple! SY Naam is YAHUSHUA. MY Naam [YAH] is vervat binne-in SY Naam. Die krag is in SY Gewyde Naam! Die krag is in ONS Gewyde Name.

YAHUSHUA is daardie Tempel. YAHUSHUA is die enigste bloed-offer wat EK sal aanvaar. YAHUSHUA het na Israel gekom as ‘n baba. YAHUSHUA was julle bloed-offer. YAHUSHUA is die Enigste Heilige Bloed-Offer. O Israel, Hoor MY, YAHUSHUA se Bloed het in Israel se grond ingevloei en tog ook al vier hoeke gevul van die Aarde. O Israel, hoor MY, omdat julle hierdie nuwe Bloed Verbond weier, het EK dit ook vir die heidene gegee, hulle ingeënt op die tak, wagtend op julle om te bekeer en YAHUSHUA te aanvaar as julle Messias. Wat sal dit verg, o Israel? Hoe klein oorblyfseltjie het EK in Israel. Terwyl EK hierdie woorde spreek deur hierdie diensmaagd, sal nuwe dissipels verrys en hierdie woord neem in Israel in.Want EK sê vir julle nou, julle het bewys wat uitvloei uit jul eie klaagmuur waar ‘n simbool van MY Lewende Water voortvloei.

Waar kom hierdie Lewende water vandaan? EK, YAHUVEH, gee hierdie geskenk weer aan julle, soos die RUACH HA KODESH vrygestel was deur YAHUSHUA in Israel. Nou vloei dit uit deur ‘n muur waar Israel kniel, huil, weeklaag en bid. Aanvaar YAHUSHUA as julle Messias. Terwyl die Tempel muur uitbult en vernietig word voor julle oë. Kan julle nie sien nie O Israel, die ou verbond het verbygegaan. EK verlang nie diere offers nie.

Net die Bloed van MY Geliefde Seun YAHUSHUA, wie gekom het uit die stam van Juda kan Israel se Bloed Verbond wees & die hele wêreld se bloed versoening vir sondes. Daar is net een sonde wat nie vergewe kan word nie, die verwerping van YAHUSHUA en die lewe en die Bloed wat HY opgeoffer het by Golgota. Pasop, bespotting en verwerping van die RUACH HA KODESH is lastering. Daar is geen kwytskelding vir hierdie sonde nie.

Aanvaar YAHUSHUA se lewe en Bloed en [weet] deur SY Naam is die enigste kwytskelding van sonde. EK het vir julle hierdie geskenk gegee by Golgota; EK het vir die wêreld hierdie geskenk gegee. En Israel, op hierdie Hoogs-Heilige dag spreek EK, YAHUVEH, deur hierdie Joodse diensmaagd. O Israel, julle wat die apostels en profete gestenig, gemartel en vermoor het, julle wat MY Kinders doodgemaak het wat EK gestuur het om aan julle te getuig. O Israel, selfs die bloed van die martelaars deurweek julle grond. Net EK weet, O Israel, hoeveel van julle eie bloed moet vloei voor julle die enigste Messias aanvaar wat julle kan red. YAHUSHUA huil steeds vir julle soos HY gedoen het in die Tuin van Getsemane.

Die oë van die wêreld is vasgenael op jullel, o Israel. MY oë verlaat julle nooit. Die reddings-krag is in die Naam wat julle verwerp, die hoeksteen van die tempel wat julle verwerp. Maar julle moet YAHUSHUA aanvaar as julle Messias. Dit is deur YAHUSHUA se Naam, Woord en Bloed. YAHUSHUA sal Israel red. O Israel, YAHUSHUA het gevas vir julle veertig dae en veertig nagte. Dink julle regtig een dag van vas is voldoende om julle sondes te bedek? MY Kinders wat YAHUSHUA aanvaar het as Elohiem en Messias, is verheug omdat hulle sondes ten volle betaal is by Golgota!

EK, YAHUVEH, wag vir julle o Israel. O Israel, julle wat die Joodse feeste en heilige dae onderhou en herdenk, sien julle nog steeds nie YAHUSHUA is in almal van hulle nie? O Israel, draai na MY toe in Heiligheid. Draai weg van julle sondes in ware bekering in die Naam van MY Seun YAHUSHUA. O Israel, EK huil vir julle pyn. Maar onthou, soos EK Heilig is, so ook moet julle apart gestel en Heilig wees.

Wil julle regtig geoordeel word deur die wette wat EK vir Moses gegee het en Moses sal julle sal oordeel sonder enige genade. Aangesien julle die enigste Middelaar verwerp, die enigste perfekte Lam van YAHUVEH, sal YAHUSHUA sê aan hulle wat op die ou bloed verbondstaatmaak julle te red. Diegene wat staatmaak op die ou bloed verbond, pasop! HY sal sê, "Julle verkies om deur die ou bloed verbond geoordeel te word, julle sal geoordeel word deur Moses." Wee diegene wat geoordeel sal word deur Moses, aangesien niemand perfek is nie. Niemand sal gespaar word nie. Hel en die Poel van Vuur sal julle ewige tuiste wees. Elkeen maak sy eie reserverings vir die ewigheid.

Niemand word nog ‘n sekonde van lewe gewaarborg nie. Almal wie onder MY, YAHUVEH, se genade is, vandag is die dag van julle redding. Môre mag dalk te laat wees.

*******

Mattheus 10:18-42

18 En ook voor goewerneurs en konings sal julle gebring word om MY ontwil tot ‘n getuienis vir hulle en vir die heidene.

19 Maar wanneer hulle jul oorlewer, moenie julle kwel oor hoe of wat julle sal spreek nie, want dit sal julle in daardie uur gegee word wat julle moet spreek;

20 want dit is nie julle wat spreek nie, maar die GEES van julle VADER wat in julle spreek.

21 Maar die een broer sal die ander tot die dood oorlewer en die vader sy kind, en die kinders sal teen hulle ouers opstaan en hulle doodmaak.

22 En julle sal deur almal gehaat word ter wille van MY Naam. Maar wie volhard tot die einde toe, hy sal gered word.

23 En wanneer hulle julle vervolg in die een stad, vlug na die ander toe. Want voorwaar EK sê vir julle, julle sal met die stede van Israel sekerlik nie klaar kry voordat die SEUN van die mensdom kom nie.

24 ‘n Leerling is nie bo die meester nie en ‘n dienskneg ook nie bo sy heer nie.

25 Dit is vir die leerling genoeg dat hy soos sy meester word en die dienskneg soos sy heer. As hulle die heer van die huis Beëlsebul genoem het, hoeveel te meer sy huisgenote!

26 Vrees hulle dan nie; want daar is niks bedek wat nie ontdek sal word nie, en verborge wat nie bekend sal word nie.

27 Wat EK vir julle in die donker sê, vertel dit in die lig; en wat julle in die oor hoor, verkondig dit op die dakke.

28 En moenie vrees vir die wat die liggaam doodmaak, maar die siel nie kan doodmaak nie; maar vrees HOM liewer wat die siel sowel as die liggaam kan verderwe in die hel.

29 Word twee mossies nie vir ‘n stuiwer verkoop nie? En nie een van hulle sal op die aarde val sonder julle VADER nie.

30 En van julle is selfs die hare van die hoof almal getel.

31 Wees dan nie bevrees nie: julle is meer werd as baie mossies.

32 Elkeen dan wat MY sal bely voor die mense, hom sal EK ook bely voor MY VADER wat in die hemele is.

33 Maar elkeen wat MY verloën voor die mense, hom sal EK ook verloën voor MY VADER wat in die hemele is.

34 Moenie dink dat EK gekom het om vrede op die aarde te bring nie. EK het nie gekom om vrede te bring nie, maar die swaard.

35 Want EK het gekom om tweedrag te verwek tussen ‘n man en sy vader, en tussen ‘n dogter en haar moeder, en ‘n skoondogter en haar skoonmoeder.

36 En ‘n mens se huisgenote sal sy vyande wees.

37 Wie vader of moeder bo MY liefhet, is MY nie waardig nie; en wie seun of dogter bo MY liefhet, is MY nie waardig nie.

38 En wie sy kruis nie neem en agter MY volg nie, is MY nie waardig nie.

39 Wie sy lewe vind, sal dit verloor; en wie sy lewe verloor om MY ontwil, sal dit vind.

40 Wie julle ontvang, ontvang MY; en wie MY ontvang, ontvang HOM wat MY gestuur het.

41 Wie ‘n profeet ontvang omdat hy ‘n profeet is, sal die loon van ‘n profeet ontvang; en wie ‘n regverdige ontvang omdat hy ‘n regverdige is, sal die loon van ‘n regverdige ontvang.

42 En elkeen wat een van hierdie kleintjies net ‘n beker koue water laat drink, omdat hy ‘n dissipel is, voorwaar EK sê vir julle, hy sal sy loon sekerlik nie verloor nie.

Mattheus 12:50

50 Want elkeen wat die wil doen van MY VADER wat in die hemele is, dié is MY broer en suster en moeder.

Mattheus 21:42-46

42 YAHUSHUA sê vir hulle: Het julle nooit in die Skrifte gelees nie: Die steen wat die bouers verwerp het, dit het ‘n hoeksteen geword. HY het van die HERE gekom en is wonderbaar in ons oë?

43 Daarom sê EK vir julle: Die koninkryk van ELOHIEM sal van julle weggeneem en aan ‘n volk gegee word wat die vrugte daarvan sal dra.

44 En hy wat op hierdie steen val, sal verpletter word; maar elkeen op wie HY val, dié sal HY vermorsel.

45 En toe die owerpriesters en die Fariseërs SY gelykenisse hoor, het hulle begryp dat HY van hulle spreek.

46 En hulle het probeer om HOM in hulle mag te kry, maar hulle was bang vir die skare, omdat dié HOM vir ‘n profeet gehou het.

Mattheus 23:29-39

29 Wee julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, geveinsdes, want julle bou die grafte van die profete en versier die grafstene van die regverdiges;

30 en julle sê: As ons in die dae van ons vaders geleef het, sou ons geen deel met hulle gehad het aan die bloed van die profete nie.

31 Julle gee dus teen julself getuienis dat julle kinders is van die wat die profete vermoor het.

32 Maak die maat van julle vaders dan vol!

33 Slange, addergeslag, hoe sal julle die oordeel van die hel ontvlug?

34 Daarom, kyk, EK stuur profete en wyse manne en skrifgeleerdes na julle toe, en julle sal sommige van hulle doodmaak en kruisig en sommige van hulle in jul sinagoges gésel en van die een stad na die ander vervolg,

35 sodat oor julle kan kom al die regverdige bloed wat vergiet is op die aarde, van die bloed van die regverdige Abel af tot op die bloed van Sagaría, die seun van Berégja, wat julle vermoor het tussen die tempel en die altaar.

36 Voorwaar EK sê vir julle, al hierdie dinge sal oor hierdie geslag kom.

37 Jerusalem, Jerusalem, jy wat die profete doodmaak en stenig dié wat na jou gestuur is, hoe dikwels wou EK jou kinders bymekaarmaak net soos ‘n hen haar kuikens onder die vlerke bymekaarmaak, en julle wou nie!

38 Kyk, julle huis word vir julle woes gelaat!

39 Want EK sê vir julle: Julle sal MY van nou af sekerlik nie sien nie totdat julle sal sê: Geseënd is HY wat kom in die Naam van YAHUVEH!

Gespreek onder die salwing van die RUACH HA KODESH Deur Apostel Elisheva Eliyahu op 16 September 2002

Profesie 151 YAHUSHUA Sê, “EK IS MESSIAS! Bekeer & Leef HEILIG! MOENIE VREES NIE! Vertrou MY!”

Van Aangesig tot Aangesig met Elisheva Eliyahu!

Profesie 116 Opnuut, Oorspronklik Genoem: Julle Moet Geloof Water-Lopers Wees!

Gespreek onder die Salwing van die RUACH HA KODESH deur Apostel Elisheva Eliyahu, 30 September, Yom Kippur 2009 (Volgens die Nuwe Maan Kalender)

Oorspronklik ontvang meer as 10 jaar gelede, YAHUSHUA HA MASHIACH het nou vir Profeet Elisheva gelei om hierdie profesie her vry te stel aan die wêreld weereens en onder ‘n nuwe Salwing. YAH wil gelowiges aanmoedig om die geloof te hê om op water te loop, so te sê, te midde van die storms wat nou is en wat spoedig kom oor die aarde.

Vroeër op die dag wat hierdie Woord eerste gegee was, het ‘n ander suster in YAHUSHUA ‘n visioen gehad gedurende gebed: Sy het YAH se kinders gesien soos klein kuikentjies wat hulp nodig het en YAHUSHUA vat SY Hande, lei ons asof ons klein kuikentjies was.

Toe Profeet Elisheva hierdie ontvang het op die 30ste September, was hierdie datum vir 2009 deur die bediening gehou as die Heiligste dag van die jaar, Yom Kippur (In die tyd toe AmightyWind die eerste Lig sweempie van die nuwe maan gebruik het om die Bybelse datums te bepaal. YAH het gesê dat beide hierdie en ook die algemeen gebruikte moderne Hebreeuse kalender aanvaarbaar is vir HOM, maar die moderne een word meer erken deur die Joodse mense reg oor die wêreld, so tans, gebruik ons dit en fokus nie meer op die besigtiging van die maan nie.)

* * * * * * *

Hieronder is die Profesie soos dit voortgekom het

– met Profeet Elisheva se “Heilige tale,” soos GOD se GEES uiting gee (Handelinge 2:3-4) in hemelse of aardse tale (1 Kor. 13:1) Sy spreek voort in tale en Profesie word voortgebring (1 Kor.14:6)

Ons gebruik die Hebreeuse Name van GOD:

Soos in “Alleluia” of “Hallelu YAH” wat letterlik beteken: “Loof YAH,” YAH is GOD se HEILIGE , GEWYDE NAAM: YAHUVEH of YAHWEH, GOD DIE VADER, YAHUSHUA GOD SE ENIGSTE VERWEKTE SEUN—(HA MASHIACH beteken Die MESSIAS; ELOHIM beteken GOD.) Die Openbaring van SH’KHINYAH HEERLIKHEID —as die Persoonlike Naam van die RUACH HA KODESH (in Afrikaans genoem “Die HEILIGE GEES”) —is ook op hierdie webwerf. (HA SH’KHINAH {SHEKINAH} is Hebreeus vir ‘GOD VERTOEF, HEILIGE TEENWOORDIGHEID.’)

Addisioneel, ABBA YAH beteken “VADER YAH” en IMMA YAH “MOEDER YAH” In Hebreeus is die GEES VAN GOD vroulik, verwys na as “SY” dit is so gereflekteer in die Profesieë en Skriftuurlike aanhalings onder. Alle direkte verwysings na GOD is in hoofletters.

(Skrifaanhalings vanuit: Woord en Getuienis Bybel vertaling, behalwe wanneer anders aangedui)

* * * * * * *

YAHUVEH se Waarskuwing Voor die Profesieë:

EK het jou lank gelede gewaarsku Elisabeth Elisheva, om nie hierdie Bediening na ‘n man of ‘n vrou te vernoem nie, selfs nog voordat daar ‘n Bediening was het EK dit in jou gees geplaas.Want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, niks hiervan het uit jou mond voortgekom nie.

Dit is uit die mond van YAHUVEH geboorte gegee. Dit is uit die mond van YAHUSHUA jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van Die RUACH HA KODESH jou IMMAYAH geboorte gegee.

As dit net deur jou hand was sou dit lankal misluk het.

Dit is deur die SHKHINYAH HEERLIKHEID se WIND wat oor hierdie aarde waai, die Heilige WIND van Herlewing, dit is nie deur jou asem nie, anders sou dit misluk het. “EK IS YAHVEH, Dit is MY NAAM; En MY EER sal EK aan geen ander gee, Of Ook MY LOF aan die gesnede beelde nie. (Jes 42:8)

(Profesie 105)

In Julie 2010 het YAHUVEH GOD beveel voeg hierdie by om diegene wat spot te waarsku:

“Maar hulle het die Boodskappers van ELOHIEM uitgelag, SY Woorde verag en met SY Profete gespot totdat die Gramskap van YAHWEH teen SY volk opgekom het, totdat daar geen genesing meer was nie.” 2 Kronieke 36:16

*******

MOENIE Vrees nie!

Hierdie was opgeneem via audio. Hier is die oorskrywing.

Elisheva se inleiding: Ek Sal NIE Vrees nie!

Shalom! Ek is Apostel Profeet Elisheva Eliyahu, die leier van die Bediening van Aleph & Tav AmightyWind RUACH HA KODESH Fire Last Chance Bediening.

Hierdie is ‘n Internasionale Bediening en op 4 April, 2020 sal hierdie Bediening aanlyn wees vir 26 jaar, delende die Profesieë en dan by te voeg “Bewys agter die Profesieë” lerings, openbarings en net om die Evangelie te deel van YAHUSHUA HA MASHIACH, beide die Ou Bloed Verbond en die Nuwe Bloed Verbond.

En die Ou Bloed Verbond is die geskiedenis— die heenwysing na dit wat moes kom: Die Nuwe Bloed Verbond, YAHUSHUA HA MASHIACH.

En ek gaan dit een keer sê want baie van julle ken net die Naam van “Jesus Christus”: In Hebreeus is SY Naam YAHUSHUA en dit beteken “YAH red”. King James Bybel Weergawe — julle kan dit vir julself opkyk— dit sê die Naam YAH (bv. Jesaiah 26:4). [En GOD DIE VADER is die Hebreeuse letters] YUD-HEY-VAV-HEY יהוה en wanneer ek dit voortspreek, kom dit uit as YAHUVEH.

Hierdie is ‘n baie spesiale Profesie op hierdie oomblik op hierdie 27 Maart 2020 want daar is ‘n COVID -19, die Wuhan virus, wat verskrik, verlam, paniek en vrees uitstuur; net soos die duiwel wil doen regoor die wêreld.

Dit word georkestreer deur diegene wat die hele wêreld wil beheer en bewys dat hulle dit kan doen, die ekonomie stop, veroorsaak dat mense bang is om aan mekaar te raak. Daar was nog nooit ‘n tyd soos hierdie op hierdie oomblik nie.

En hierdie Profesie is baie — dit gaan diegene baie help wat dit sal ontvang. Dit was eers aan my gegee op 30 September 2009. Dit was Yom Kippur en dit was in die laaste ure en Yom Kippur is die Dag van Versoening. (En hierdie is ‘n Hebreeuse Wortel Messiaanse Joodse Bediening en daarom vier en eer ons al die Joodse Feeste, wat almal moet [eer] (Lev. 23) — hulle behoort selfs nie eens “Joodse” feeste genoem te word nie.)

Dit is die tyd wat mense (op Yom Kippur) wat werklik vir ABBA YAHUVEH & YAHUSHUA HA MASHIACH aanbid, hulself ondersoek en om vergifnis vra vir elke sonde wat hulle ooit gedoen het — maar daar behoort nie regtig enige sonde daar te wees nie (1 Joh. 1:7) want daardie [bekering] moes elke dag gedoen gewees het.

Wel op hierdie 27 Maart 2020 is daar net een genesing teen hierdie virus, en dit is die Naam & die Bloed van YAHUSHUA HA MASHIACH. Dit is ‘n feit dat jy sal sê: “Ek sal nie vrees nie. Want YAHUVEH het my nie die gees van vreesagtigheid gegee nie, maar van krag en liefde, en selfbeheersing (2 Tim. 1:7) Vrees is ‘n teistering!

Ja, maak seker dat julle die voorrade het—want diegene wat in beheer is van hierdie wêreld sal seker maak dat die rakke leeg sal wees, sal seker maak dat julle vrees om nie genoeg kos en die lewensmiddele te hê nie—maar moenie die vrees ontvang nie!

Kry net die voorrade en glo in geloof dat daar niks sterker is as die Naam & die Bloed van YAHUSHUA HA MASHIACH nie en wees ‘n water-loper met jou geloof! YAHUSHUA het op die water geloop!

Ek sê nie vir julle om letterlik uit te gaan en op water te loop nie. [lag] Nee. Jy sal sink! En ek sê nie vir jou dat jy na ‘n berg toe kan wys en dat dit letterlik sal opspring en in die see sal spring nie, maar HY het probeer sê, met YAHUVEH & YAHUSHUA is alle dinge moontlik as julle kan glo (Mark. 9:23)!

So terwyl ek hierdie doen en dit spreek onder ‘n nuwe Salwing, ‘n sterker Salwing van YAHUVEH & YAHUSHUA HA MASHIACH, onder die Salwing van die RUACH HA KODESH, die HEILIGE GEES — onthou, bewys agter die Profesieë!

Moenie net glo dat enige iemand ‘n Profeet is nie. Hulle kan die nuus vat en ewe skielik is hulle ‘n “profeet.” Vind uit waar is die bewys agter die profesieë!

Ek kan dit op hierdie oomblik bewys vir die jaar... net soos ek gesê het vir 2020, want in 2009 het hierdie dinge nie gebeur nie, maar hierdie is sodat jy ‘n geloof water-loper sal wees en hierdie was oorspronklik Profesie 116 en ons is nou... wel, teen die tyd wat ons hierdie [geplaas] kry sal dit ver oor die 150 Profesieë aanlyn wees — maar ek het duisende–der-duisende Profesieë geprofeteer gedurende hierdie tyd.

2 Kronieke 36:16 “Maar hulle het die boodskappers van YAHUVEH uitgelag, SY Woorde verag en met SY Profete gespot totdat die Gramskap van YAHUVEH teen SY volk opgekom het, totdat daar geen genesing meer was nie.”

Jy wil nooit ‘n vyand wees van die HEMELSE VADER YAHUVEH nie (Deut. 32:39-42) Jy wil nooit aan die verkeerde kant wees nie.

Bekeer gou-gou. En daar is net een manier om by die Hemel uit te kom en dit is deur die Naam & en die Bloed van YAHUSHUA HA MASHIACH (Joh. 14:6; Hand. 4:12) Doen hierdie gou en bid vir hierdie soort geloof wat in hierdie Woord is.

Want hierdie Woord is anders as al die ander. Want YAH skud hierdie wêreld op hierdie oomblik en selfs die moordenaars wat hierdie virus vervaardig het.

YAH het dit toegelaat om mense te kry om weereens wysheid te kry! Om die SKEPPER te vrees (Spr. 9:10)! Dit is die enigste EEN wat ons nodig het om te vrees (Lukas 12:4-5).

Ongeag wat hulle doen—hulle kan die liggaam doodmaak, maar hulle kan nie die siel doodmaak nie, en die begin van wysheid is die vrees vir YAH.

Profesie 151 Begin

Die nuwe Woord wat voortgekom het—julle moenie fokus van hierdie verloor nie.

En hierdie Woord is anders as die ander. Want EK het dit reeds bewys, terwyl EK die aarde skud in MY toorn op hierdie dag van oordeel!

Maak gereed om te sien EK, YAHUVEH slaan die dominoes plat! Maak gereed om die dominoes te sien val!

Onthou Psalm 91—al sien julle 10,000 val aan julle sy en 10 000 aan die ander kant—dit sal lyk of hulle reg rondom julle val. Want dit is EK, YAHUVEH, wat hulle sal platslaan.

EK SKUD hierdie wêreld in MY toorn, maar diegene wat MYNE is, MY kleintjies, julle hoef MY nie te vrees nie. Want julle is in die Palm van MY Hand en MY ander Hand bedek julle liefdevol.

Julle is soos ‘n babakuikentjie en EK sê dit nou vir julle sodat julle vere nie deurmekaar raak nie. Want julle gaan sien wat julle liewer nie wil sien nie, en julle gaan hoor wat julle liewer nie wil hoor nie maar moenie dat vrees julle oorweldig nie.

Onthou waar julle geloof is.

Stel julle geloof nie in die ekonomie nie, nie in die finansies nie, nie in julle beroep nie, waar julle in diens is of watter besigheid julle besit nie. Stel julle geloof NET in MY, ABBA YAHUVEH en MY ENIG VERWEKTE SEUN YAHUSHUA julle MASHIACH, julle MESSIAS en die KOSBARE RUACH ha KODESH, HEILIGE GEES.

Hou julle geloof en julle oë op die beloftes wat EK vir julle gegee het. Wees geloof water-lopers! Petrus sou nie geweet het dat hy op die water kon loop as hy nie uit die skuit geklim het en daardie eerste tree gegee het nie, geloop het na YAHUSHUA HA MASHIACH toe.

Dit was vrees wat veroorsaak het dat hy begin verdrink het, maar toe sy oë YAHUSHUA weereens aanskou, het hy ‘n water-loper geword en het gekyk na YAHUSHUA HA MASHIACH—en julle kyk na HOM—en hy het nie verdrink nie—en julle sal nie verdrink in die komende storms nie!

Petrus kon weereens op die water loop toe YAHUSHUA vir hom gesê het “Kom.” Dit is wat EK van julle vra. Julle moet geloof water-lopers wees. Want die dinge wat julle in hierdie wêreld gaan sien, veral in 2010 begin, sal baie harte laat beswyk van vrees.

Stel julle geloof nie in enige regering van hierdie wêreld nie. Stel julle geloof nie in enige politikus nie. Want hulle motiewe is hul eie.

Hierdie is die Woorde wat EK vir julle te sê het.

Want EK het met MY skudding begin en dit sal nie ophou nie. EK weier om verskoning te vra vir Sodom en Gomorra! Julle lande wat aanhou om sonde te wettig, KYK wat EK aan julle doen.

Diegene wat julself “Christene” noem en [tog] stilbly, moenie by MY kom kla wanneer julle geen vryhede meer het nie. Want julle het stilgebly. Julle laat die min protesteer. Julle laat die ander voortspreek.

Neem julle notisie dat die vyande nie stil is nie? Neem julle notisie dat diegene wat sonde bevorder nie stil is nie? Hulle skree in harde stemme selfs toe hulle in die minderheid was — satan se diensknegte is nie stil nie.

Hoekom is YAHUSHUA HA MASHIACH se diensknegte stil? Hoekom is MY kinders stil? En wanneer EK praat van die diensknegte, praat EK nie met julle asof julle ‘n dienskneg is [soos] in die woord wat algemeen gebruik word nie. EK praat met diegene wie YAHUSHUA HA MASHIACH dien, wat ‘n seën is vir HOM.

Hoe min spreek uit! Hoe min verdedig alles wat Heilig is!

Onthou oordeel begin by die Huis van die HERE, 1 Petrus 4:17.

Hoekom protesteer al die kerke nie? Hoeveel kerke is daar? In elke land hoekom protesteer die kerke nie teen hierdie gruwels van wette wat uitgevaardig was nie?!

Hulle trek net hulle skouers op. Hulle bemoei hulle net met hul eie sake!

So, moenie verbaas wees, o georganiseerde kerke, wanneer die regering agter julle aankom en julle vryheid om te preek wegneem en ‘n bankteruggeneemde kennisgewing op julle kerke hang nie.

O moenie verbaas wees wanneer julle land afgeneem word nie. O moenie verbaas wees nie, julle wat so selfvoldaan is met al julle miljoene. EK praat met die welgesteldes nou. Julle stel julle geloof in julle finansies. O moenie verbaas wees wanneer dit alles maar net verbrokkelende stof en as in julle hande is nie. (Mat. 19:24, Luk. 16:19-31; Jak. 5:1-6).

EK sal julle wys. EK sal hierdie wêreld wys!

Baie sal begin om die boodskap te kry wat in 2010 begin, maar EK waarsku julle nou, kinders, sodat julle nie kan sê ABBA YAH, julle VADER YAH, het julle nie gewaarsku nie. EK berei julle nou voor, sodat julle nie geskok sal wees nie, en EK julle nou kan gerusstel.

Want julle ABBA wil nie hê julle harte moet ontsteld wees nie. Want EK is lief vir julle. Net soos in die dae van ouds, het EK wonderwerke voorsien, en niks het verander nie.

So hou styfvas aan die soom van YAHUSHUA HA MASHIACH se kleed. Hou aan om gewas te wees in SY Gestorte Bloed! Staan in die klere van SY geregtigheid en EK verseker julle, al julle gebede word verhoor vanuit die Hemel bo.

Wandel in Heiligheid sodat satan julle nie kan aankla nie. Wandel in Heiligheid sodat julle nie enige skande bring vir die Naam van YAHUSHUA HA MASHIACH, DIE ENIGSTE BLOED VERSOENING VIR SONDE nie. (Rom. 3:25).

MY Ore is op ‘n spesiale manier oop gewees.

Weereens, Elisheva Eliyahu, het jy hierdie gespreek toe jy gebid het. Dit is asof jy ‘n speld kon hoor val terwyl EK hierdie Woord tot jou spreek.

Want hierdie was ‘n spesiale dag. Vir almal wie die Yom Kippur waarneem.

Terwyl EK julle sien bekeer het van enige iets wat MY nie behaag nie, terwyl elke versoek van julle gebede na MY toe gebring was, terselfdertyd, het MY woede die aarde geskud—net soos in die tye van ouds met Moses, was die kinders van Israel beskerm en diegene wat ‘n ander skepper aanbid het, was nie.

Niks het verander nie. EK sal diegene seën wat ‘n seën is vir MY, YAHUVEH, vir MY ENIG VERWEKTE SEUN, DIE MESSIAS, YAHUSHUA HA MASHIACH & DIE RUACH HA KODESH, HEILIGE GEES. EK sal diegene vervloek wie ‘n vloek is vir ABBA YAHUVEH, YAHUSHUA HA MASHIACH en die RUACH HA KODESH.

En so het EK gespreek hierdie dag, julle HEMELSE VADER, DIE ABBA YAHUVEH.

Einde van Profesie

So is dit gespreek, so is dit geskryf, 29 September 2009

Opnuut gespreek onder ‘n Nuwe Salwing

Op 27 Maart 2020, ‘n Kind, Vegter, Bruid

Van YAHUSHUA HA MASHIACH

Apostel, Profeet Elisheva Eliyahu

Om Op Water te Loop!

Matteus 14:28-31—dit is hoekom julle moet leer om geloof-water-lopers te wees.

En Petrus het HOM geantwoord: “MEESTER YAHUSHUA, as dit U is wat my beveel om op die water na U toe te kom...” en YAHUSHUA het gesê, “Kom” en HY het vir Petrus gesê, “Klim uit die skuit” en kom, loop op die water saam met YAHUSHUA.

En HY het vir Petrus gesê, “Kom” dus het Petrus uit die skuit geklim en op die water geloop, en hy het begin loop na YAHUSHUA HA MASHIACH toe, maar toe hy die wind sien, en terwyl die golwe begin rol het en hulle so hoog geword het en die storm gekom het, was hy bang; en het hy begin sink. Hy het begin verdrink en hy het uitgeroep, “YAHUSHUA red my!”

En YAHUSHUA het dadelik SY Hand uitgesteek en hom gegryp en vir hom gesê: “O Kleingelowige, waarom het jy getwyfel?”

Julle sien, dit is wat met ons gebeur. Dit is wat regoor die wêreld gebeur met diegene wat nie op hierdie oomblik die geloof het om water-lopers te wees nie.

Julle kyk na die COVID-19 virus—en ek sê vir julle hierdie sal nie die laaste wees nie. Hierdie is ‘n oefening nou op hierdie oomblik. Die heersers van hierdie aarde, en hulle weet wie hulle is, hulle lag vir julle.

Hierdie is ‘n mensgemaakte virus. Dit was oorspronklik geskep deur A.I. Artificial Intelligence het vir die wetenskaplikes gegee wat om bymekaar te sit om te sien of hulle die hele wêreld kan stop—en hulle in ‘n paniek kan dompel.

Julle eie—daar’s nie een regering sonder enige uitsondering; daar’s nie een leier sonder enige uitsondering wat nie weet wat aangaan nie.

En die onskuldige skape en lammers was in verskrikking ingestuur en nou was hulle vertel, “Bly by die huis.” Hulle was opgesluit in hulle huise. Nie almal het die luuksheid om ‘n krediet kaart te hê nie en as jy nie aanlyn kan koop nie, dan hoe min het genoeg voorraad.

Ek het geprofeteer vir baie jare nou, dieselfde boodskap gegee wat ABBA YAH & YAHUSHUA aanhoudend vir my gesê het om voort te spreek: Kry jou vlugsak gereed. Maak seker jy het genoeg voorraad in die huis. Want jy sal nooit weet of jy sonder werk sal wees of as iets gebeur en jy nodig het om daardie ekstra voorraad te hê nie.

Maar hoeveel het die luuksheid om ‘n kredietkaart te hê nou op hierdie oomblik? Hoeveel reg oor hierdie wêreld word nou beveel om by die huis te bly en hulle is nie toegelaat om ‘n werk te hê nie? En hulle het hulle besighede toegemaak en hulle ly honger?

Wel jy ly nie honger as jy glo wat Dawid gesê het nie “nooit het ek die regverdige verlate gesien of dat sy nageslag brood soek nie” (Psalm 37:25) Hulle het nie honger gely nie, met die kinders van Israel in die woestyn.

Julle moet glo. Julle moet geloof hê dat as julle waarlik aanbid en julle gevra het dat julle sondes vergewe word deur YAHUSHUA HA MASHIACH en julle leef Heilig voor HOM—staan op Psalm 91!

Eis dit deur die Naam & die Bloed van YAHUSHUA HA MASHIACH, en jy sal nie hongerly nie. HY kan kos laat verskyn. HY is GOD WIE sê, “Alles is moontlik [as julle glo]” en ‘sonder geloof is dit onmoontlik om HOM te behaag.’

Gehoorsaam die wette, bly in julle huise, maar weet net dit: Stel julle geloof in YAHUSHUA. Roep uit na HOM!

Vir diegene wat die vryheid het om die Bybels te hê, lees dit, glo dit. Glo dat die geskiedenis van die Ou Bloed Verbond — dit is wat dit was, ‘n heenwysing—en YAHUSHUA het gesê “Dit is volbring”.

Dit is [nou] die Nuwe Bloed Verbond. Alles in die Torah wat ons lees in die Torah Skrifte, die Vyf Boeke van Moses—YAHUSHUA HA MASHIACH het dit alles vervul in die Nuwe Bloed Verbond (Heb. 8:13).

Dit is waarom met SY laaste Woorde, terwyl HY gekruisig was—DIE ENIGSTE HEILIGE OFFERLAM VAN YAH wat so perfek was; HY moes afkom van SY Troon af as een van die SKEPPERS. Want dit is die HEILIGE DRIE EENHEID: ABBA YAHUVEH, YAHUSHUA HA MASHIACH en die RUACH HA KODESH, HEILIGE GEES. Dit is die HEILIGE DRIE EENHEID.

En HY het van SY Troon afgekom vir jou en my, sodat ons sondes vergewe kon word. En HY het HOMSELF gewillig geoffer. Geheel en al perfek.

HY was gebore uit ‘n maagdelike Joodse jong vrou. HY was geplaas met die Pragtige Hand van die RUACH HA KODESH binne-in haar baarmoeder in.

HY was beide, soos ons sê, GOD IN DIE GEES en HY was GOD IN DIE VLEES (Joh. 1) Dit is WIE ons SKEPPER is. En op die ouderdom van 33 na SY 3-jaar Bediening, het HY gewillig op daardie kruis gegaan.

HY het gewilliglik ysterpenne, spykers deur SY Hande en SY Voete laat dryf. HY was gewilliglik nie net gekruisig nie maar gemartel, sodat SY Bloed vergiet sou word.

Want “sonder die vergieting van bloed, is daar geen vergifnis vir sonde nie” (Heb. 9:22).

En HY het dit gewillig gedoen vir jou en my in die bestek van 3 ure. En ek was die openbaring gegee, dat gedurende daardie tyd wat HY so gemartel was, dat HY elke naam gesien het wat ooit geskryf was in die LAM se Boek van Lewe.

Want julle sien, enige iemand wat vir YAHUSHUA dien, wat uitroep vir genade en om vergifnis vra en elke een van hulle sondes bely — die Bloed wat uitgetap het bo-oor HOM op daardie dag sal elke een van jou sondes bedek, hulle wegwas [so ver as] die ooste is van die weste, as jy uitroep na HOM, “YAHUSHUA HA MASHIACH! Wees my genadig. Want ek is ‘n sondaar!”

Julle sien, niemand is perfek nie! Ons was gebore in sonde, want ons ouers was sondaars — want ons kom van Adam en Eva af — maar julle sien, HY is die WINGERDSTOK en ons is die lote wat direk uitspruit uit HOM uit.

En HY is die ware KONING VAN ISRAEL, maar HY is ook SKEPPER. HY het elke naam gesien. HY het elke gesig gesien. HY weet wat jy gaan doen met hierdie Profesie.

Ek het bewys “Bewyse agter die Profesieë” terwyl ek hierdie gespreek het onder ‘n sterker Salwing — en ABBA YAH het selfs sommige woorde verander om selfs nog kragtiger te wees.

Want toe hierdie oorspronklik gegee was, sou ek net die Naam verkort het na YAHUSHUA, maar nou sê HY, “Maak seker jy sê YAHUSHUA HA MASHIACH. Maak seker dat jy die mense herinner die naam beteken ‘YAH RED’.”

Moet nooit meer die naam ‘Yeshua’ sê nie. Julle neem die Godheid weg van die VADER se Naam binne-in die SEUN se Naam. Watter vader wil nie hê sy seun moet sy naam dra nie?

Die Naam is YAH en satan haat die Naam YAHUSHUA en ja, as julle wil kan julle sê YAHSHUA. Dit beteken ‘YAH RED.’

Die Messiaanse Jode sal jou leer ‘Yeshua.’ Daar is geen betekenis daarin nie. Hulle vrees net die ortodokse Jode so erg. Hulle wil nie die Naam YAH sê nie, maar as jy bang is om die Naam YAH te sê, terwyl Psalm 91 sê dat HY net diegene sal red wat uitroep IN SY NAAM...

SY Naam is YAH. YAHUVEH—en ek het hierdie onder ‘n sterker Salwing gespreek hierdie dag.

Ek het bewys agter die Profesie gesit van dit wat gespreek was destyds lank terug in 2009 en hier is ons nou op 27 Maart 2020.

Mense die enigste ding wat dit gaan oorwin wat op die oomblik aan die gang is is vir julle om te glo—terwyl ons nader kom aan Pasga op 8 April teen sononder, 2020. Doen wat julle kan om daardie Pasga te vier. Kyk wat ons doen en luister na die Profesieë wat kom weereens om te bewys, HY is dieselfde gister, vandag en vir altyd (Heb. 13:8).

Soos HY Moses en die kinders van Israel verlos het — en hulle was by die miljoene, het niks verander nie — YAHUSHUA HA MASHIACH het SY Bloed gestort en een druppel van daardie Bloed was jou vry van sonde, as jy waarlik bekeer en bely met groot droefheid.

En moenie sonde vooraf bedink nie. Moenie die genade en barmhartigheid misbruik en sê, “Ag wel ek sal weer sonde doen en ek sal net terugkom en weer om vergifnis vra.” nie.

O mense. Wees baie versigtig wat julle doen. HY maak SY Arms wyd oop vir julle nou. Almal word aanspreeklik gehou vir dit wat hulle weet. Hê geloof.

Sonder geloof is dit onmoontlik om YAH te behaag (Heb. 11:6) — sonder geloof. Om daardie water-lopende soort geloof te wees, menende dat jy sal doen wat jy dink is onmoontlik, jy styf sal vashou aan die Soom van YAHUSHUA se kleed.

Jy sal nie laat los nie selfs as hulle kom en vir jou sê, “Ons gaan jou doodmaak as jy nie die Merk van die Dier neem nie!” Wees gewillig om jou lewe neer te lê as dit nodig is.

Want jy weet jou volgende asemteug sal die Hemel wees en jy weet YAHUSHUA sal jou GEES gryp direk uit die liggaam en nie eens die laksman die satisfaksie gun om jou laaste doods-kreet te hoor nie.

Jy sal in die Hemel wees.

YAHUSHUA het op daardie kruis gesterf, maar julle sien, geen mens het HOM vermoor nie. HY het gewillig SY LEWE gegee, maar HY het nie dood gebly nie. Op die derde dag het HY weer opgestaan! HalleluYAH!

Voor getuies en vir 40 dae, het HY hierdie aarde bewandel. Voor getuies het HY meer wonderwerke gedoen—as wat enige boek moontlik kon bevat (Joh. 21:25)—regoor die wêreld. En toe op die 40ste dag voor getuies, het HY opgevaar terug Hemel toe.

En HY het gesê HY het gegaan om ‘n plek voor te berei vir jou en my (Joh. 14:3), vir almal wat in HOM sal glo.

Ek het HOM gesien van Aangesig tot aangesig. Die rede hoekom julle HOM langs my sy sien in die voorstellings by Amightywind.com [is om rede] ek nie ‘n man daar het nie. Ek het ‘n man gehad wat daar langs my sy was, wat die mede-leier was van die Bediening, totdat hy daarop aangedring het dat hy die hoof daarvan moes wees.

En julle sien daar is net een HOOF (en dit is voor [elke Profesie]—[‘n uittreksel van] Profesie 105, wat ek beveel was om daar op te sit en ek het nie verstaan hoekom nie) en dit is die HEILIGE DRIE EENHEID: ABBA YAHUVEH, YAHUSHUA HA MASHIACH en die RUACH HA KODESH, HEILIGE GEES, WIE ook genoem word IMMAYAH, DIE SHEKHINYAH HEERLIKHEID. SY is MOEDER WYSHEID. Selfs King James Weergawe Bybel noem HAAR ‘n ‘SY.’

Niemand is die HOOF van hierdie Bediening nie buiten die HEILIGE SKEPPERS. Ek neem net my bevele uit die Hemel en daar is net een leier nou—maar ek sien uit na die dag wanneer daar weer ‘n manlike balans sal wees.

Maar ek het vir YAHUSHUA HA MASHIACH daar en ek sê vir julle HY het die helderste blou oë.

En ek sal voor die hele wêreld getuig: ek het HOM gesien van aangesig tot aangesig terwyl HY op die punt van my bed gesit het. En ‘n tsunami golf van liefde! Die helder lig reg rond-om HOM was iets wat ek nie eens kan begin vergelyk met enige iets nie. En daardie groot tsunami golf van liefde —elke atoom, elke molekule, elke deel van my—daardie liefde het my deurdring.

SY Lig het my wakker gemaak. Dit was lank terug in die dae van die waterbed, en daar was ‘n leer-reling en HY het daar gesit en net na my gekyk en vir my hierdie woorde gesê—sonder om selfs SY Mond oop te maak—het HY gesê, “EK is so jammmer dat jy so moes ly.”

Ek het nie geweet wat lyding was nie. Ek het destyds gedink ek weet. Baie het gebeur.

Want julle sien, hoe groter die Salwing, hoe groter die lyding. Onthou dit, vir die van julle wat daarop aanspraak wil maak dat julle Profete is.

Want die GROOTSTE PROFEET wat daar ooit sal wees, die EEN, WIE die Boek geskryf het van Openbaring, was nie Johannes nie. Dit is YAHUSHUA se Eie Woorde (Openb. 1:1-2). En daar is niemand WIE meer as HY gely het nie. HY is PROFESIE in HOMSELF.

HY is die WOORD wat Vlees gemaak is. So wanneer iemand sê hulle is ‘n Profeet, vra hulle wat hulle gewys het om dit te bewys.

Jare gelede, voordat enige iets gebeur het, het ons die “Bewys Agter die Profesieë” en ABBA YAH het gesê, hoe kan jy bewys dat jy ‘n Profeet is as jy dit nie bewys deur dinge vooruit te profeteer nie.

En dit is wat ek gedoen het. En ek sê vir julle dit, HY het die helderste blou oë. Daardie voorstelling wat ‘n jong meisie geteken het is die voorstelling wat ek gebruik. Want dit is die naaste wat ooit sal wees [van] enige beskrywing vir YAHUSHUA.

En HY is aan my sy, en al het ek nie ‘n man langs my nie, weet ek ek is een van die Bruid van YAHUSHUA HA MASHIACH, en HY hou my vas. En HY laat my weet HY is net daar die hele tyd.

Die Bybel sê ‘Geseënd is diegene wat geglo het en nie gesien het nie’ (Joh. 20:29).

Ek het Engele besoekers gehad. Ek het, met my eie vingers—ek het die getuienis op die webblad [Amightywind.com] waar ek my eie vingers gestreel het deur Aartsengel Michael se vlerke; en Aartsengel Michael beskerm hierdie Bediening, soos hy Israel beskerm.

En hierdie is ‘n Hebreeuse Wortel, Bybel-gebaseerde—baie belangrik mense.

En ek noem myself ook ‘n Messiaanse Jood maar ek is ‘n Jood, maar ek mis die balans wat ek eens gehad het, en hy was ‘n man wat in Israel gebore was. Hy was die balans van die Judah [tot die Effraim] en ek weet YAH sal die een terugbring wat satan mislei het, maar nou spreek ek onder ‘n groter Salwing.

Hierdie Bediening is onder ‘n groter Salwing. Die skoonheid daarvan, kan niks op die Internet mee vergelyk nie en dit het niks te doen met wie ek is nie. Ek moes my eie man neerlê op die offeraltaar; die een wat ek eens die mees gesalfde man genoem het wat ek ooit ontmoet het.

En hy moet terugkom en hy moet bekeer in die openbaar—want die sondes wat hy gedoen het was in die openbaar—maar hy sal meer gesalf wees as voorheen, as hy kies om dit te doen. Indien nie, sal YAH ‘n ander man oprig uit Judah.

Ek wil net hê dat julle geloof moet hê. Hierdie [was] Profesie 116, en nou is ons in Profesie 150’s en steeds is daar geen manier hoe ek moontlik genoeg video makers kan hê om...

Toe hy by my was vanaf 2016 (7 Maart 2016) tot iewers in 2018 [toe] het dit regtig begin verkeerd gaan—maar ons het meer as 1000 Profesieë alleen met nuwe openbarings wat vir julle ‘n seën sou gewees het.

Ek wil hê julle moet geloof hê en YAH sê die enigste manier hoe julle hier gaan deurkom is deur geloof te hê in HOM.

Hê geloof dat daardie virus gaan doodgaan voor dit ‘n kind van YAHUSHUA HA MASHIACH kan aanraak.

Ek bedek hierdie Bediening met die Gestorte Bloed van YAHUSHUA HA MASHIACH en ‘n ieder en ‘n elk wat sê dat die Bediening van AMIGHTYWIND Bediening ‘n seën vir hulle is—hulle word beskerm deur my gebede —die Bruid van YAHUSHUA HA MASHIACH.

YAHUSHUA het hoorbaar met my gepraat en en vir my gesê ek was die RingDiensmaagd en wie ookal my man was, sou die Ringdraer wees—en ons bedek julle met die Gestorte Bloed van YAHUSHUA HA MASHIACH en beskerm julle, maar daar is geen Ringdraer nou nie, maar die RingDiensmaagd is steeds daar.

En o, vir julle wie die Gaste gaan wees, (julle weet almal kan nie ‘n Bruid wees nie), die Gaste sal by die Bruilof Fees van die LAM wees en die Gaste sal dans met daardie BRUIDEGOM. YAHUSHUA het gesê, “Geseënd is AL diegene wie genooi is na die Bruilof Fees van die LAM” (Openb. 19:19).

Lees die Profesieë. Kyk of dit wat ek het nie [CUT 29:12 of] geprofeteer het nie alreeds gebeur het nie.

En wat ookal nog nie het nie, onthou dit: Ons is in die begin van groot smarte op hierdie oomblik, waar daar hongersnode en peste sal wees en YAHUSHUA HOMSELF het dit gespreek in, wat begin, in Matheus 24:1.

Lees verder en julle sal sien vir julself. Matheus 24, en die Skrifgedeeltes hieronder wat ek gee as voetnota vir hierdie Profesie.

Julle sien, ons is in die begin van [dit wat gaan wees] die Groot Verdrukking. En YAHUSHUA HA MASHIACH, HY doen die skudding; HY doen die toetsing op hierdie oomblik: Wie is waardig om die Bruid genoem te word van YAHUSHUA HA MASHIACH?

Bid dat jy waardig geag word. Gaan net na HOM toe.

Wanneer jy hierdie hoor en jy het nie geloof nie, herinner ek julle aan hierdie, dat YAHUVEH nie kan lieg nie en HY het gesê dat SY Woord nie leeg na HOM toe kan terugkeer nie (Jes. 55:11). Onthou WIE SY Woord is: Dit is YAHUSHUA WIE die WOORD is wat vlees gemaak was van die heel begin af. Dit het so gesê in Genesis [“En GOD het gesê...” (Gen. 1:3,6 ens.)].

Elkeen word ‘n maat van geloof gegee—en as jy nie dink dat jy geloof het nie, neem dan jou volgende asemteug. Okay? Het jy net daar en dan gedink jy het nie genoeg suurstof om asem te haal nie?

Nee. Dit word geloof genoem.

Wanneer jy in ‘n hysbak klim en jy druk die knoppie, dink jy dit gaan neerstort grond toe of het jy geloof wanneer jy daardie knoppie druk dat dit jou gaan neem tot by watter vloer jy ookal wil afklim?

Dit word geloof genoem.

Wanneer jy jou kos eet, het jy geloof om te glo jy kan dit insluk of dink jy jy sal dood verstik?

Dit word geloof genoem.

So moenie dink dat jy nie geloof het nie. Hou net geloof dat ongeag wat jy deurmaak—omdat dit geskryf is—‘Alle dinge moet ten goede meewerk [vir] diegene wat YAH liefhet [en] geroep is na SY voorneme’ (Rom 8:28).

Hierdie beteken diegene wat geroep is na YAHUSHUA se doel ook. HY het ‘n doel hoekom jy gebore was. Vind uit wat daardie doel is. Die grootste doel van alles— onthou dit—YAHUSHUA was nooit die “seun van ‘n mens” nie.

Elke weergawe van die Bybel wat HOM “die seun van die mens” noem... HY is die ENIG VERWEKTE SEUN VAN YAHUVEH. HY het nooit gesê HY was die seun van Josef een keer in enige Skrif nie.

HY het gesê—HY het gesien—die werke wat HY gedoen het, het HY die VADER in die HEMEL hulle sien doen (Joh. 5:19) HY het al die eer gegee aan YAHUVEH keer-op-keer–op-keer. Dit was WIE SY VADER is.

Julle het geloof. Nou hê geloof om te glo HY kan julle vergewe vir julle sondes, ongeag hoe vuil—en daar is net een uitsondering vir diegene wat die HEILIGE GEES gelaster het, maar as jy hierdie Profesie aanvaar het as waarheid, dan het jy nie die HEILIGE GEES gelaster nie anders sou jy nie eens na my wou luister nie of enige iets met Heiligheid te doen wou hê nie.

Die vyande van hierdie Bediening, die verworpelinge—hulle haat die Bediening, hulle haat alles wat Heilig is en hulle haat my definitief, maar julle sien, julle moet gewillig wees om gehaat te word (Mat. 10:22). Julle moet gewillig wees om vervolg te word (2 Tim. 3:12).

Hierdie is die Woorde wat YAHUSHUA gesê het. As hulle HOM almal liefgehad het, sou hulle almal ons liefhê (Joh. 15:19).

“Geseënd is julle wat vervolg en gehaat word ter wille van MY Naam. Want groot is julle belonings in die Hemel” (Mat. 5:11-12).

So ek hoop en bid hierdie dag—terwyl ek hierdie gespreek het onder ‘n nuwe Salwing, ‘n sterker Salwing—bid ek dat julle my sal kontak en my laat weet dat julle in geloof gaan wandel en nie deur aanskouing nie.

Moenie na die nuus luister nie. Moenie na die TV luister nie. Inteendeel, kry die TVs uit julle huise uit. Hulle hou julle dop. Julle dink julle kyk vir hulle.

En wat julle ookal doen, moenie enige iets om julle koppe dra nie: Moenie die AirPods insit nie. Moenie die koordlose oorfone dra nie.

Daar gaan ‘n hele nuwe Profesie daaroor wees, maar hulle spoor julle op daardeur. Nou, julle kan kies om my nou te glo of julle sal later uitvind, maar hulle maak wapens van enige iets wat koordloos is wat jy om jou kop dra.

Hê geloof om te glo. Hê geloof om te glo dat YAHUSHUA HA MASHIACH alles sal doen wat HY gesê het, en ek sal julle in die Hemel sien.

So kyk-uit vir my. En ek sal uitkyk vir julle. En ek gaan ook uitkyk vir julle wat vir my skryf terwyl julle daardie kontak knoppie druk by AmightyWind.com—26 jaar—4de April 2020 is die geboorte[dag] van hierdie Bediening wat nou gehandelsmerk is. [gelag]

Ek moes dit laat handelsmerk en dit het deurgekom in 2020 sodat mense nie meer die naam kan ontheilig nie—daar is ‘n $500,000 boete as hulle doen—want satan kom om te steel, moor en vernietig.

Hê geloof. Lees daardie Profesieë en julle sal sien julle geloof sal groei. Leer uit die voorbeelde selfs van die verworpelinge en hardloop ver weg van wat hulle ookal is.

HY vra jou nie om perfek te wees nie. YAHUSHUA weet dat niemand perfek kan wees nie. HY IS DIE ENIGSTE PERFEKTE PERSOON, WIE ooit die aangesig van hierdie aarde bewandel het. HY wil net hê jy moet die beste doen wat jy kan en die grootste sonde van alles is wanneer jy val, dat jy nie moeite doen om weer op te staan nie en in SY liefdevolle Arms in te hardloop nie!

Profetiese Woord

YAHUSHUA HA MASHIACH is die GOEIE HERDER en HY sal—julle hou aan hardloop in die wolwe se lêplekke in en julle behoort aan HOM of julle sê dat julle doen, maar julle wil aanhou leef in sonde en die pornografie doen, watter sonde daar ookal is; julle is soos ‘n klein skapie—en HY sal julle agterbene breek, as julle naam werklik geskryf is in die LAM se Boek van Lewe.

En dan sal HY sulke vervolging in jou lewe laat inkom dat jy geforseer sal word om uit te roep na HOM. Want HY gaan jou so sagkuns in SY Arms vashou en liefdevol naby SY Bors want jy gaan nie instaat wees om te loop nie.

Einde van Profetiese Woord

En ons moet nooit ooit dink dat ons alleen kan stap nie. Dit is hoekom julle die voorstelling sien van YAHUSHUA reg langs my in al die beelde totdat ek werklik ‘n man het wat weer daardie plek kan inneem.

Want die een ding wat ek nooit wou gehad het nie was vir my prentjie om weer alleen te wees.

Dit herinner my, dit bemoedig my—sit jy jou eie prentjie van jou eie gesig daar [saam met YAHUSHUA]! Ek het vir julle vertel hoe YAHUSHUA lyk. Verbeel jou eie gesig daar.

Dit is YAHUSHUA wat jou vashou. Dit is YAHUSHUA wat langs jou sy staan. Dit is YAHUSHUA wat jou daardie tsunami van liefde gee waarmee niks kan vergelyk nie en ek nie kan beskryf nie.

Ek bid dat hierdie vir julle ‘n seën was. Ek het nie geweet ek gaan al hierdie sê nie. Ek is lief vir julle—as julle YAHUSHUA HA MASHIACH aanbid en liefhet—skryf vir my by die Bediening [webwerf] by kontakte.

En ek wag vir my broers in YAHUSHUA HA MASHIACH, die Profete daarbuite, vernaamlik diegene wat gebore was en opgegroei het in Israel, die Messiaanse Jode.

As julle die waarhede glo van hierdie Bediening, het julle suster julle nodig. Sy het nie daardie spesiale bedekking van ‘n Heilige man nie, van ‘n manlike eggenoot meer nie. (Maar sy het wel baie seuns in YAHUSHUA HA MASHIACH!) Huh, hulle omring die wêreld en bedek my!) Maar broers verrys!

Verrys! Asseblief kom. Ek het die Profete nodig, die mans—ek het julle nodig om net te kom en ‘n gewone kind, vegter, Bruid van YAHUSHUA HA MASHIACH te bemoedig.

Ek het my kopband handelsmerk. Dit herinner my aan die Stamme van Israel. Dit herinner my dat ek ‘n Jood is en dit herinner my dat ons vegters moet wees. Ons kan nie lafaards wees nie.

En dit is wat julle gaan sien in daardie voorstelling wanneer ek by YAHUSHUA is.

So YAHUSHUA HA MASHIACH—ek bid ABBA YAHUVEH in die Naam van YAHUSHUA HA MASHIACH, U het gesê dat ek ‘n Salwing het, ‘n Nuwe Salwing hierdie dag...

Ek bid op hierdie oomblik HEMELSE VADER, aangesien U gesê het dat ek die Eliyahu van nuuts is, ek Salwing het om te kan bid op hierdie oomblik teen hierdie COVID-19 (hierdie Wuhan virus wat gekom het uit China!) en ek bid, ABBA YAHUVEH, vir die onskuldige skape en lammers...

Ek bid vir die gawe van vermenigvuldiging van hulle kos op hierdie oomblik, diegene wat aan U behoort, YAHUSHUA HA MASHIACH; ek bid op hierdie oomblik of hulle net dink dat hulle ‘n—korreltjies rys oor het.

Wat hulle ookal het, dat hulle die geloof sal hê om dit op te offer aan U en U ‘n weg vind om te vermenigvuldig soos U gedoen het met die Kinders van Israel; U dit sal vermenigvuldig wat hulle het om te eet.

Want U het gesê deur Dawid, “nooit het ek die regverdige verlate gesien, of dat sy nageslag brood soek nie” (Psalm 37:25).

Ek bid op hierdie oomblik — daardie duiwel virus — wat HULLE noem — my naam daarvoor want dit kom van satan, gesmee deur satan en dit is alles oor wie die mag wil hê van hierdie aarde, polities gewys—en die onskuldige mense, hulle ly, alles net omdat hulle ‘n inenting binne-in hulle wil sit wat geen inenting is nie; dit is ‘n doodsvonnis en volgende kom die chip. En hulle wil al die geldeenhede wegneem.

So dit gaan ‘n een wêreld orde wees, wat ‘n een wêreld van wanorde gaan wees.

Ek bid op hierdie oomblik, ABBA YAHUVEH, vir die genesing van die mense.

Ek bid op hierdie oomblik vir die restorasie van die mense.

Ek bid op hierdie oomblik, HEMELSE VADER, dat U sal doen wat hulle sê nie gedoen kan word nie; en dat U hierdie virus nou op hierdie oomblik sal weerhou om enige mense verder skade aan te doen; en die paniek sal stop; en die vrees sal wyk—elkeen wat nou na my stem luister op hierdie oomblik—hulle sal weet dat niks kan gebeur wat ABBA YAH nie toelaat nie. Niks!

En ek dank U en ek loof U vir elkeen wat ‘n kind is van die ALLERHOOGSTE, van ABBA YAHUVEH, YAHUSHUA en die RUACH HA KODESH op hierdie oomblik.

By die geklank van my stem, is hulle geheel en al genees en herstel—en hulle geloof het gegroei.

Ek bid dat hulle besef: Geen vrees meer nie! Vrees is ‘n teistering! Dit is waarvoor hulle hierdie aarde wil regeer. Dit is hoekom elke nuusgewer dit rondom hierdie wêreld aan die gang het op hierdie oomblik.

Luister eerder na die Woorde wat YAHUSHUA gespreek het, terwyl HY in geloof gespreek het. Soos Psalm 91! Ek bid dat hulle dit oor en oor sal lees en dat hulle dit sal opeis.

Ek bid dat hierdie pandemie—hierdie paniek—sal stop!

Ek bid die DOOD van die virus en al diegene wat dit VERVAARDIG HET OF ENIGE IETS DAARMEE TE DOEN HET of enige iemand wat ontvolking van die aarde wil doen! LAAT HULLE ONTVOLK WORD! LAAT HULLE REGUIT IN DIE INGEWANDE VAN DIE HEL INGAAN LEWENDIG!

Maak die aarde oop, net so seker as wat U het toe Moses gesê het diegene wat aan YAH se kant is, kom hierheen, en diegene wat aan Korah se kant is, gaan daardie kant toe!

En diegene wat oorgegaan het na Korah se kant toe —die aarde het oopgemaak en hulle lewendig ingesluk en hulle het direk in die hel ingegaan.

DIT IS WAT EK BID! LAAT DIE VERWORPELINGE DOODGAAN! MAAR LAAT HULLE LEWENDIG INGESLUK WORD!

Laat hulle verbrand met U spontane woede van ontbranding! Ek gee nie om hoe ryk hulle is nie! Hoe magtig hulle is nie! Ek gee nie om watter politiek hulle het nie!

Ons weet op WIE die heerskappy is op die Skouers van—en YAHUSHUA HA MASHIACH het gesê die heerskappy is op SY Skouers (Jes. 9:6). HY IS DIE [WARE] HEERSER VAN HIERDIE WÊRELD!—satan speel speletjies en laat die mense dink hy regeer hierdie wêreld.

En YAHUVEH lag. HY speel met SY vyande.

So ABBA YAHUVEH, ek vra vir die Salwing van Eliyahu en ek vra net soos U nie die fles met olie laat opdroog het vir die weduwee van Sarfat nie, bid ek dieselfde ding nou vir elkeen by die geklank van my stem wie uitroep en sê, “YAHUSHUA HA MASHIACH, ek het U lief. Vergewe my. Wees my genadig.”

En U het belowe U sal hulle gebede beantwoord wanneer hulle bely en hulle bekeer, dat U hulle land sal genees. En die politiek—VADER, hulle is so boos—van hierdie wêreld en die bose agenda is om die onskuldigste skape en lammers leed aan te doen.

As hulle name geskryf is in die LAM se Boek van Lewe, kan U nie een verloor nie, YAHUSHUA HA MASHIACH. Ek weet U sal martelaars hê, maar die bloed vloei in die grond in en rig net meer martelaars op [wat geloof sal hê om te wees] en dit rig meer getuienisse op oor die grootheid van ons GELIEFDE MESSIAS, YAHUSHUA HA MASHIACH.

So hierdie is my gebed in YAHUSHUA HA MASHIACH se Naam—vir genesing, bevryding, herstel, vergifnis, verlossings KRAG van YAHUSHUA HA MASHIACH en vernaamlik vir die bevryding van VREES!

Niks meer vrees nie!

Ongeag wat jy ‘n nuusgewer hoor sê. Ongeag wat jy ‘n politikus hoor sê. GEEN VREES MEER NIE! Want vrees is om jouself oop te stel vir daardie virus.

Sê in plaas daarvan, “Deur die Naam en die Bloed van YAHUSHUA HA MASHIACH, ontvang ek dit nie!”

Jy was steeds jou hande. Jy doen steeds alles wat hulle daaroor sê, maar GEEN VREES MEER NIE! Moenie jou immuun sisteem verswak met vrees nie.

YAHUSHUA HA MASHIACH seën julle.

Ek is net ‘n eenvoudige kind, vegter, dienskneg van YAHUSHUA HA MASHIACH. Ek is net ‘n boodskapper, so moet my asseblief nie stenig nie. Ek is hier om jou geloof op te bou waar dit afgebreek was en ek bid hierdie dag dat dit is wat ek gedoen het.

YAHUSHUA, seën al diegene wat ‘n seën is vir U.

Amen.

Einde van Oorskrywing

Gespreek onder die salwing van die RUACH HA KODESH Deur Apostel Elisheva Eliyahu op 27 Maart 2020