Shabbat Shalom!
Va'era / En Hy Het Verskyn
- hierdie week se profetiese leeswerk.


Esegiël 28:25–29:21;

28

25 So sê die Here YAHUVEH: As EK die huis van Israel versamel uit die volke onder wie hulle verstrooi is, en EK MY in hulle as die Heilige laat ken voor die oë van die nasies, dan sal hulle in hul land woon wat EK aan MY kneg Jakob gegee het.
26 En hulle sal daarin veilig woon en huise bou en wingerde plant; ja, hulle sal veilig woon as EK strafgerigte voltrek teen almal wat hulle van alle kante verag; en hulle sal weet dat EK YAHUVEH hulle ELOHIM is.

*~ Esegiël Hoofstuk 29 ~*


1 In die tiende jaar, in die tiende maand, op die twaalfde van die maand, het die Woord van YAHUVEH tot my gekom en gesê:
2 Mensekind, rig jou aangesig teen Farao, die koning van Egipte, en profeteer teen hom en teen die hele Egipte.
3 Spreek en sê: So spreek die Here YAHUVEH: Kyk, EK het dit teen jou, o Farao, koning van Egipte, jou groot draak wat in jou strome lê, wat sê: My stroom is myne, en ek het dit vir my gemaak.
4 Maar EK sal hake in jou kakebene slaan en die visse van jou strome aan jou skubbe laat klewe; en EK sal jou uit jou strome optrek, saam met al die visse van jou strome wat aan jou skubbe klewe.
5 En EK sal jou wegwerp in die woestyn, jou en al die visse van jou strome; op die oop veld sal jy val; jy sal nie bymekaargemaak of versamel word nie; aan die wilde diere van die aarde en aan die voëls van die hemel gee EK jou as voedsel.
6 En al die inwoners van Egipte sal weet dat EK YAHUVEH is, omdat hulle vir die huis van Israel ‘n rietstok is—
7 as Israel jou met die hand aanvat, knak jy en skeur hulle hele skouer oop; en as hulle op jou leun, dan breek jy en laat al hulle lendene wankel.
8 Daarom, so sê die Here YAHUVEH: Kyk, EK bring die swaard oor jou en sal mens en dier uit jou uitroei.
9 En Egipteland sal ‘n wildernis en puinhoop word, en hulle sal weet dat EK YAHUVEH is. Omdat hy sê: Die Nyl is myne, en ek het dit gemaak—
10 daarom, kyk, EK het dit teen jou en teen jou strome; en EK sal Egipteland ‘n volkome puinhoop maak, ‘n wildernis van Migdol af tot by Siëne, en tot by die grens van Kus.
11 Geen mens se voet sal daar deurgaan nie, en geen dier se poot sal daar deurgaan nie, en dit sal veertig jaar lank onbewoond wees.
12 En EK sal Egipteland ‘n wildernis maak tussen verwoeste lande in, en sy stede sal ‘n wildernis wees tussen verwoeste stede in, veertig jaar lank; en EK sal die Egiptenaars verstrooi onder die nasies en hulle versprei in die lande.
13 Want so sê die Here YAHUVEH: Aan die einde van veertig jaar sal EK die Egiptenaars versamel uit die volke waarheen hulle verstrooi was.
14 En EK sal die lot van die Egiptenaars verander en hulle laat teruggaan na die land Patros, na die land van hulle oorsprong; en daar sal hulle ‘n koninkryk van geringe betekenis wees.
15 En dit sal geringer wees as die ander koninkryke en hom nie meer bo die nasies verhef nie; en EK sal hulle klein maak, sodat hulle nie heers oor die nasies nie.
16 En dit sal vir die huis van Israel geen voorwerp van vertroue meer wees, wat die ongeregtigheid in gedagtenis bring as Israel omdraai agter hulle aan nie; en hulle sal weet dat EK die Here YAHUVEH is.
17 En in die sewe en twintigste jaar, in die eerste maand, op die eerste van die maand, het die Woord van YAHUVEH tot my gekom en gesê:
18 Mensekind, Nebukadrésar, die koning van Babel, het sy leër ‘n swaar diens teen Tirus laat verrig: elke hoof het kaal geword en elke skouer is seer geskaaf. Maar hy en ook sy leër het van Tirus geen loon ontvang vir die krygsdiens wat hy daarteen verrig het nie.
19 Daarom, so sê die Here YAHUVEH: Kyk, EK gee Egipteland aan Nebukadrésar, die koning van Babel, en hy sal die rykdom daarvan wegdra en die buit daarvan buitmaak en die roof daarvan rowe, en dit sal die loon vir sy leër wees.
20 As sy arbeidsloon waar hy voor gedien het, gee EK hom Egipteland, omdat hulle vir MY gewerk het, spreek die Here YAHUVEH.
21 In dié dag sal EK vir die huis van Israel ‘n horing laat uitspruit, en EK sal vir jou opening van die mond gee onder hulle; en hulle sal weet dat EK YAHUVEH HERE is.

Lukas 11:14–22


14 En HY het ‘n duiwel uitgedryf, en dié was stom. En toe die duiwel uitgaan, het die stom man gepraat; en die skare het hulle verwonder.
15 Maar sommige van hulle sê: Deur Beëlsebul, die owerste van die duiwels, dryf HY die duiwels uit.
16 En ander het HOM versoek en van HOM ‘n teken uit die hemel begeer.
17 Maar YAHUSHUA het hulle gedagtes geken en vir hulle gesê: Elke koninkryk wat teen homself verdeeld is, word verwoes; en ‘n huis wat teen homself is, val.
18 En as die Satan ook teen homself verdeeld is, hoe sal sy koninkryk bly staan? Want julle sê dat EK deur Beëlsebul die duiwels uitdryf.
19 En as EK deur Beëlsebul die duiwels uitdryf, deur wie dryf julle seuns hulle uit? Daarom sal hulle jul regters wees.
20 Maar as EK deur die Vinger van ELOHIM die duiwels uitdryf, dan het die koninkryk van YAHUVEH waarlik by julle gekom.
21 Wanneer ‘n sterk man wat goed gewapend is, sy huis bewaak, is sy besittings in veiligheid.
22 Maar as een hom oorval wat sterker is as hy en hom oorwin, neem hy sy volle wapenrusting weg waar hy op vertrou het, en deel sy buit uit.