Van Profesie 105 af, het YAHUVEH gesê hierdie moet van nou af op al die Profesieë geplaas word: Elisabeth (Elisheva) EK het jou lank gelede gewaarsku om nie hierdie Bediening na ‘n man of ‘n vrou te vernoem nie, selfs nog voordat daar ‘n Bediening was. EK het dit in jou gees geplaas want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, niks hiervan het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit die Mond van YAHUVEH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van YAHUSHUA jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van die RUACH ha KODESH jou IMMAYAH geboorte gegee. As dit net deur jou hand was sou dit lankal misluk het. Dit is deur die SHKHINYAH GLORIE se Wind wat oor hierdie aarde waai, die Heilige Wind van Herlewing, dit is nie deur jou asem nie, anders sou dit misluk het. “EK is YAHVEH, dit is MY NAAM; en MY EER sal EK aan geen ander gee, of ook MY LOF aan die gesnede beelde nie”. (Jesaja 42:8)
15 November 2024
Hierdie kom uit Profesie 105, YAHUVEH het beveel dat dit op alle Profesieë
bygevoeg moet word van nou af: EK het jou lank gelede gewaarsku Elisabeth (Elisheva)
om nie hierdie Bediening na ‘n man of ‘n vrou te vernoem nie selfs nog voordat
daar ‘n Bediening was. EK het dit in jou gees geplaas want niks hiervan was deur
jou eie toedoen nie, niks hiervan het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit
die Mond van YAHUVEH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van YAHUSHUA jou
MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van die RUACH HA KODESH jou IMMAYAH
geboorte gegee. As dit net deur jou hand was sou dit lankal misluk het. Dit is
deur die SHKHINYAH HEERLIKHEID se Wind wat oor hierdie aarde waai, die Heilige
Wind van Herlewing, dit is nie deur jou asem nie anders sou dit misluk het (Jesaja
42:8)
Gegee aan Elisheva Eliyahu op Yom Kippur
Hierdie kom uit Profesie 105, YAHUVEH het beveel dat dit op alle Profesieë
bygevoeg moet word van nou af:
In Julie 2010 het YAHUVEH GOD ook gesê dat die volgende vanuit 2 Kronieke
bygevoeg word voor elke Profesie:
2Kronieke 36:16
“Maar hulle het die boodskappers van ELOHIEM uitgelag, SY Woorde verag en met SY
Profete gespot totdat die gramskap van YAHWEH teen SY volk opgekom het, totdat
daar geen genesing meer was nie.”
*******
In ontsag oor YAHUVEH en YAHUSHUA lewer ek hierdie profetiese woord onder die
RUACH salwing. Ek vra nou indien enige iets nie in lyn is met die Heilige
Skrifte nie laat my asseblief weet. Ek toets elke gees wat spreek veral in ‘n
profetiese boodskap. Omdat baie mense vir my e-pos stuur en hulle so bevrees is,
het ek gebid vir ‘n woord van bemoediging, selfs vir myself. Terwyl ek besig was
om ‘n e-pos terug te stuur vir ‘n ander suster wat ‘n profeet is met behoefte
aan bemoediging, toe ek dit die minste verwag het, het hierdie profetiese
boodskap navore gekom. Ek bid dat hierdie woorde ‘n seën vir jou sal wees en jou
sal help wanneer vreesaanjaende nuus in ons rigting kom. Ek weet dit sal vir mý.
Dit is ‘n vreeslike ding om die mondstuk vir YAHUVEH te wees en ek bid dat elke
woord geskryf is soos YAHUVEH dit gesê wil hê.
Voel vry om hierdie te kopieer en te stuur om ander te bemoedig in ‘n tyd
wanneer vrees hooggety vier.
Psalm 2
"Waarom woel die nasies en bedink die volke nietige dinge? Die konings van die
aarde staan gereed, en die vorste hou saam raad teen YAHUVEH en teen sy Gesalfde
en sê: Laat ons hulle bande stukkend ruk en hulle toue van ons afwerp! Hy wat in
die hemel woon, lag; YAHUVEH spot met hulle. Dan sal Hy hulle aanspreek in sy
toorn, en in sy grimmigheid sal Hy hulle verskrik: Ek tog het my Koning gesalf
oor Sion, my heilige berg. Ek wil vertel van die besluit: YAHUVEH het aan My
gesê: U is my Seun, vandag het Ek self U gegenereer. Eis van My, en Ek wil
nasies gee as U erfdeel en die eindes van die aarde as U besitting. U sal hulle
verpletter met ‘n ysterstaf, U sal hulle stukkend slaan soos ‘n erdepot. Wees
dan nou verstandig, o konings; laat julle waarsku, o regters van die aarde! Dien
YAHUVEH met vrees, en juig met bewing. Kus die Seun, dat Hy nie toornig word en
julle op die weg vergaan nie; want gou kan sy toorn ontvlam. Welgeluksalig is
almal wat by Hom skuil!"
*******
DIE WEKROEP VAN DIE 144 000.
MOENIE VREES NIE, MY GELIEFDE KLEINTJIES,
“EK IS” RIG ‘N STANDAARD OP TEEN DIE BOSE!
Wanneer die vyand inkom soos ‘n vloed, sal EK ‘n standaard teen hom oprig. Om
rede jy dit nog nie gesien het nie, moenie vrees dat EK MY belofte vergeet het
om dit te doen nie. MY geliefdes, moenie vrees nie, weer sê EK, YAHUVEH, moenie
vrees nie MY geliefde kleintjies. EK het jou nie opgerig vir hierdie uur en jou
toegerus met die kennis wat EK, YAHUVEH jou gegee het om jou nou te begewe nie.
Jy is een van MY gesalfde versteektes. Nou is die tyd om na vore te kom en julle
broers en susters in YAHUSHUA te help. EK het aan julle lande, eiendomme, skepe,
eilande, huise en finansies gegee. EK het geheime miljoenêrs; ja, selfs multi-miljoenêrs,
en julle was nie baie bruikbaar vir MY Koninkryk nie omdat julle in die wêreld
se oë gebly het en tog ook probeer het om op MY fyn lyn te loop. Julle het MY
liefgehad en gedien in die geheim, want julle het vir julself gesê, "Wat kan ek
doen vir die Koninkryk van YAHUVEH? Hoe kan ek die Evangelie van YAHUSHUA
versprei?" Dus bly julle stil en kruip weg, maar bid vir iemand anders om te
doen wat julle nie kan doen nie. Binnekort sal dit te laat wees om MY Profete en
Apostels te help. Verstaan julle nog steeds nie die prys wat selfs hierdie een
waardeur EK spreek moet betaal nie, die aanvalle wat afgeweer moet word, nie net
in die fisiese ryk nie, maar die geestes-ryk? Help jy of is jy ‘n hindernis?
EK, YAHUVEH, stort baie gawes in julle in. MY versteektes het baie Goddelike
wysheid. Nie net in hierdie wêreld nie maar ook in die RUACH ha KODESH
geestesryk het EK julle geseën. Julle het sy-aan-sy gewerk met die wêreld en tog
was julle versteek. Baie van julle is geniaal. EK het julle versteek as dokters,
prokureurs, onderwysers, filantrope, bankiers, beleggers, skilders, rekenaar
geletterdes, elektrisiëns, in die polisie mag, alle vorme van regering, senatore,
mense in die kongressie, staatsmanne, verkope, winkeleienaars, medestigters van
franchises, eiendoms-agente, kapteins, eienaars van skepe, van restuarante, alle
vorme van vervoer, akteurs, film industrie, sangers, beleggers, makelaars,
skrywers, kokke, ontwerpers, kontrakteurs, daar is geen beroep waarin EK nie MY
geliefde kinders versteek het nie. Hierdie is MY dissipels wat MY Seun YAHUSHUA
volg, en begeer om gehoorsaam te wees aan YAHUVEH se wette en hierdie
versteektes is versprei regoor die wêreld. Die standaard waarmee hul die wette
van die mens meet is hierdie: Is dit in lyn met die Skrifte? Hierdie is die
standaard waarmee hulle alles meet; as dit waarheid is sal die Skrif en die
Torah dit bevestig.
EK, YAHUVEH het julle weggesteek vir ‘n tyd soos hierdie. Bid hoe om julle
talente, gawes, wysheid, wonings, eiendom, finansies en geestelike gawes, te
gebruik. Alle wysheid wat nie teenstrydig is met MY Skrifte nie moet julle
gebruik om te help en uit te ruil, in ‘n tyd wanneer daar geen ander manier gaan
wees om te koop of verkoop of ander te help nie. Julle wysheid, openbarings,
genesings-kennis en die onderrigting wat aan julle gegee is sal voordelig wees
vir ander vir so ‘n tyd, en julle sal weet wanneer om dit te gebruik, en waar om
te help, en wie om te help. MY Apostels en Profete het julle nodig om hulle weg
te steek vir ‘n tyd soos hierdie, van die bose mense wat hulle vernietiging wil
hê, sodat niemand kan sê dat hulle nie gewaarsku was voor die oordeel neerkom
nie.
EK, YAHUVEH, stuur altyd die profete en apostels om te spreek, nie net om te
bekeer nie maar ook om vooraf te waarsku van die gevare wat kom en hoe om uit
die vyand se kloue te ontvlug. MY versteektes moet dapper wees wanneer julle jul
versteekte kennis en openbarings deel, wat EK, YAHUVEH, julle daagliks gee. EK
vermaan julle, vertrou nie op julle eie krag nie, maar vertrou op die krag van
YAHUSHUA, want dit is voldoende vir julle ongeag wat julle in die gesig staar.
Is enige iets te moeilik vir YAHUVEH om te verslaan? Julle staan voor dit wat
julle ervaar as onbestygbare mure wat julle nie kan klim of omseil nie. Met MY
RUACH ha KODESH salwing sal julle nie misluk nie. EK, YAHUVEH, breek die mure af
wat julle aan bande lê in die tronke waar julle eenkant gehou was weg van ander.
EK, YAHUVEH, voeg julle nou saam met ander, want diesulkes sal ook MY
versteektes wees wat EK onder MY vlerk van beskutting weggesteek het. Wag tot
julle die wonderwerke sal sien wat EK, YAHUVEH, sal doen. Julle sal sien, dit
sal julle beste ure wees terwyl julle weereens sien hoe YAHUVEH diegene verlos
wat ander wil vernietig, alles ter wille van MY Naam. EK, YAHUVEH, het hierdie
profeet gekies om die Wekroep uit te roep van die 144 000. Leer die Lied van
Moses. Daarin is die oorwinning in die Naam van YAHUVEH! MY nuwe mandaat aan
hierdie apostel dogter van MY is: nou is die tyd vir julle om YAHUVEH se
aangesig en YAHUVEH se wil en YAHUVEH se marsbevele te soek. Loop wanneer
YAHUVEH sê loop, hardloop wanneer YAHUVEH sê hardloop, praat, wanneer YAHUVEH sê
praat en doen niks wanneer daar vir julle gesê word om net te staan en wag nie.
Ongeag hoe klein die besluit, leer om te bid vir MY om MY wil bekend te maak,
nie julle wil nie.
EK, YAHUVEH, salf MY uitverkorenes op ‘n groter manier as wat EK ooit van tevore
gedoen het. Bestudeer en bewys julself as beproef, sodat niemand julle kan
mislei met die Skrifte nie. EK, YAHUVEH, versamel nou MY troepe op die muur om
satan te oorwin, en die demone wat julle omring. Die wapens wat julle het is nie
vleeslik nie, maar geestelik. Geen wapen kan die ongewone salwings ewenaar wat
EK deelagtig gemaak het in elkeen van julle nie, al weet julle dit nie. In MY
tydsberekening sal julle die standaard sien wat EK, YAHUVEH, sal oprig teen
diegene wat die Christene en die Jode wil leed aandoen. Alle Israeliete wat die
Naam van YAHUVEH aanroep, diegene wat nie bang is om die Heilige Name te gebruik
nie, hulle besef hulle was mislei, en daardeur verkeerd geleer. Daar is salwing,
reddende, bevrydings- en genesingskrag, in die Name van YAHUVEH en YAHUSHUA.
EK, YAHUVEH, vra julle dit; sal julle die beloftes versaak wat EK aan julle
gegee het? Die Geseënde Hoop wat EK vir julle gegee het? Hoekom sou EK sê dat
julle nie onder MY toorn is nie, maar genade en julle leer vir ander dat EK,
YAHUVEH, geen uitweg sal toelaat vir die Christene wat uitroep na MY in YAHUSHUA
se Naam nie? EK, YAHUVEH, het ‘n ark vir julle. Al MY kinders wat MY vertrou,
sal MY stem duidelik hoor, glo net, en hou aan om MY te vra. Dink julle dat EK,
YAHUVEH, julle so ver gebring het om julle in die steek te laat nou? EK,
YAHUVEH, sal Israel nie spaar net omdat haar mense heiliger is nie. As’t ware
vier haar sondes net so hooggety, die stank styg op na die Hemel soos in die
ander nasies reg oor die wêreld! Nie een nasie of volk is beter as die ander nie.
EK, YAHUVEH, sal nie toelaat dat Israel heeltemal vernietig word nie want EK,
YAHUVEH, het ‘n verbond gesluit met Abraham en sy saad.
MY Kinders wat ingeënt is deur die Bloed van MY Seun, YAHUSHUA, moenie bang wees
nie. EK, YAHUVEH, sal die Bloed Verbond eer wat EK ook met julle het. Deur die
geestelike Bloedlyn van YAHUSHUA, is julle ook Jode. Diegene wat YAHUSHUA se
Bloed Verbond weier en sê dit is omdat hulle Jode is, hulle wat YAHUSHUA verwerp
as MY Seun en julle MESSIAS, wees gewaarsku. Aangesien julle MY geskenk geweier
het wat EK, YAHUVEH, vir julle gegee het by Golgota, dan diegene wat net glo en
die geloof het dat die onderhouding van die Torah, die Sabbat en die Feeste
hulle sal red; herinner EK, YAHUVEH, julle dat sonder ‘n sonde-offer vir wanneer
julle sonde doen ís daar geen heilige sondelose offer nie en julle sal veroodeel
word nie deur YAHUSHUA nie, maar deur Moses en die wette van Moses. Wee julle
wanneer hierdie gebeur.
Daar is geen barmhartigheid of genade wanneer Moses julle sal oordeel op die dag
van Oordeel nie. As dit so maklik was dink julle EK sou MY geliefde Seun,
YAHUSHUA, gestuur het om te ly en te sterf in julle plek? Almal het gesondig en
kort ‘n perfekte Skepper. Hoeveel te beter vir MY Kinders wat weet hulle is
sondaars en tog hul bes doen om gehoorsaam te wees en te bekeer, om vergifnis
vra in YAHUSHUA se Naam en weet dat YAHUSHUA hulle Bloed Verbond is wat ook
geoffer was vir hul sonde. YAHUSHUA sal diegene oordeel wat HOM as sulks aanvaar
het, nie die wet van Moses nie, ook nie Moses nie. YAHUSHUA sal die heidene
veroordeel wat weier om Heilige lewens voor MY te lewe en die enigste Heilige
sondelose bloed versoening vir sondes weier.
Is EK onbekwaam om julle te bevry en te beskerm? Die planne wat EK, YAHUVEH,
aangaande julle het, is ten goede en nie vir onheil nie. Vertrou MY en hou op
steun op jul eie insig. MY Kinders erken dat EK, YAHUVEH alleen die antwoorde
het en EK, YAHUVEH, beloof om jul wee te rig terwyl julle wandel in MY voetspore.
Julle voetspore wat alleen loop sal julle lei op ‘n dwaalspoor, maar MY
voetspore is definitiewe vaste treë wat lei na oorwinning. Glo en ontvang
oorwinning. Veg vir wat julle weet is reg. Daar is mense waarmee julle
klaargekom het wat EK verwyder uit jul lewens om ander te bring om te bemoedig
en te help om julle te ondersteun op alle maniere.
Moenie sê dat daar nog nie tyd is om dit of dat te doen nie. In plaas daarvan
besef is EK nie die VADER van alle tyd nie? Die waarnemer van tyd EK, YAHUVEH,
is tyd self. Wie anders kan tyd stop, of dit versnel, of dit terugdraai?
Geliefde kind en alle kinders van MY wat YAHUSHUA by Naam aanroep en weet dat
hulle niks kan doen sonder daardie Gewyde Naam nie, EK het julle opgerig vir ‘n
tyd soos hierdie. Julle is deel van MY versteekte gesalfdes. Alhoewel die vyand
hul tande sal kners proberende om julle seer te maak en hulle jul name
neergeskryf het, het EK ook húlle name neergeskryf in die Boek van Verdoemenis
en hierdie bose mense sal ‘n ewigheid deurbring in die Poel van Vuur, maai vir
dit wat hulle nou saai!
EK sal weereens aan MY Kinders bewys, indien julle na MY stem luister en in MY
voetspore wandel, sal julle die vyande wat julle wil vernietig uitoorlê en al MY
kinders wat verlang om elke woord van MY te hoor en wat MY gehoorsaam, of ten
minste daarna strewe wetende dat indien hulle wel sondig het hulle YAHUSHUA se
bloed vir die vergifnis van sonde. EK, julle VADER YAHUVEH, sal hulle oorbluf
met die bose se eie tegnologie. EK sal hulle oorbluf met hulle eie uitvindsels.
Vir geen aardse of wetenskaplike redes nie sal die vangstrikke wat vir MY
kinders gestel was net verstrikking wees vir en terug boemerang op die bose wat
die volgelinge van YAHUSHUA se vernietiging wou hê. Wat EK eenmaal vantevore met
die bose Farao gedoen het sal EK weer doen. Deur die hand van YAHUVEH alleen sal
die Goliatte van hierdie wêreld vir altyd val.
Diegene wat EK bose geheimhouers noem, wat die geheime van die okkulte wil
gebruik, demonisme, wetenskaplike, politieke kennis en mensgemaakte wette om MY
Kinders te vernietig en die vryheid wat EK vir MY Kinders gegee het weg te neem.
EK, YAHUVEH, sal ‘n verrassing hê wat wag vir hulle; dit sal hierdie booswigte
oorbluf wat hulself wys ag. Hulle wil MY Kinders leed aandoen. EK, YAHUVEH, en
MY Seun YAHUSHUA, lê ‘n eed af om diegene te beskerm wat uitgeroep, en gesalf is
vir hierdie uur.
Diegene wat MY stem duideliker wil hoor as enige ander stem, hulle is MY ware
skatte op aarde. Almal wat uitroep tot YAHUVEH en YAHUSHUA, en vertrou op MY
RUACH ha KODESH om hulle te lei deur die mees ongewone salwing soos nog nooit
vantevore gesien nie, moet besef dat EK hulle nou snoei, en alles in hul lewens
verwyder wat nodig is om verwyder te word. Ja, selfs julle geliefdes moet
gesnoei word, of verwyder word deur die hand van YAHUVEH, want Ek moet MY
geliefdes beskerm. As hulle nie vir jou ‘n hulp is nie, en eerder ‘n hindernis
is, weet dan dat EK hulle sal verwyder, want hulle sal jou selfs tot die dood
toe verraai as YAHUVEH nie verdeel wat nimmer bestem was om saamgevoeg te word
as een nie.
Bid en tree in met gebed vir julle geliefdes, maar wanneer EK vir julle sê om te
gaan, en julle tog nie beveel om jul ongeredde geliefdes saam te neem nie, sal
dit ‘n toets wees van julle liefde vir YAHUVEH. Sal julle alles verlaat vir MY,
soos toe Lot beveel was om te vlug? Hy het geen keuse gehad as om te skei van sy
vrou nie; EK het haar in ‘n soutpilaar verander. EK moes hom en sy dogters op
die harde manier wys. EK eis gehoorsaamheid, vernaamlik wanneer EK ‘n engel
stuur om te waarsku, "Gaan uit, vlug, hierdie plek is op die punt om vernietig
te word." Lot se vrou het gevlug, maar sy het haar kop gedraai om terug te kyk,
en te rou oor al haar besittings, woning, en vriende in die stad. Hierdie is ‘n
les; wanneer EK vir julle sê om te vlug, ongeag wat, wees gehoorsaam anders sal
Lot se vrou se lot selfs MY kinders se lot wees.
Vertrou MY en weet dat die planne wat EK aangaande julle het ten goede is en nie
vir onheil nie. EK lag terwyl EK die komplotte van die vyande hoor, wat sê alle
Christene en Jode sal doodgaan. Verstaan die vyande nog steeds nie al probeer
hulle hard om MY mense uit te wis soos die Romeinse Ryk en Hitler gedoen het,
hoe meer hulle geoffer het hoe meer was opgerig nie? Die bloed van die heiliges
wat geoffer word bring net meer heiliges na die Koninkryk van die Hemel.
Saulusse sal Paulusse word. Die vyande is so dwaas. Dink hulle nie dat die Hemel
self sal uitvaar teen hierdie demoniese vyande en die hemelruim self MY woede
sal uitgiet oor MY vyande wat ‘n masjien wil gebruik wat God speel nie? EK
oorbluf selfs nou die vyande op maniere waarvan julle nie weet nie. Wees
gewaarsku o vyande van MY, want EK sal julle eie skeppings teen julle en julle
geliefdes draai. MY Kinders sal gespaar word.
Hoeveel kere reeds nie alleenlik in Amerika nie maar ook in Israel, het EK
hierdie nasies gespaar in die afgelope maand alleen. Maar ja nie net dit nie,
maar EK sê selfs die wêreld sou dit self verwoes het, terwyl een nasie dodelike
oorlog-speletjies speel teen ‘n ander nasie, en vir watter wraak, gulsigheid,
mag, honger na meer beheer en mag. EK, YAHUVEH alleen bevorder en verwyder.
Wanneer MY Mense uitroep in MY Seun YAHUSHUA se Naam en uitroep om genade vir
die nasie waarin hul woon en ook vir hulle wat nie daarin woon nie. Hoe kan EK
MY ore doof hou, selfs al wou EK? Julle lees hierdie nou omdat EK tyd verleng
het vir een rede, terwille van die smeekgebede wat uitgegaan het om hierdie
wêreld te bedek in MY Seun YAHUSHUA se Naam. Julle ark van veiligheid tot dusver
is die vurige gebede van die regverdiges.
EK is YAHUVEH en daar is geen ander soos EK nie. Die standaard wat EK oprig teen
die bose wat hul wapens gebruik om die verstand van MY Kinders te manipuleer sal
vind dat hul wapens nie net wan funksioneer nie maar in plaas daarvan sal EK
elke uitvindsel, elke masjien, elke wapen, elke siekte, alle biologiese wapens
en alle bakteriële oorloë teen hulself draai. Selfs hul eie geliefdes sal skaam
kry vir hulle en die booswigte se eie liggame sal weier om hul jare voluit te
leef. Dit is MY wraak teen hulle wat die verwoesting soek van YAHUVEH se
gelowiges en volgelinge van YAHUSHUA. EK is lief vir julle. Ja, selfs vir
diegene wat vir YAHUVEH haat. EK alleen het julle geskape en dit sal die hand
van YAHUVEH alleen wees gestuur uit die Hemel wat beide jul liggaam en siel sal
vernietig, deur dit in die Poel van Vuur in te stuur as julle nie bekeer in
gebed, om vergifnis vra in YAHUSHUA se Naam nie.
Laat Amerika met rus. Laat Israel met rus. Laat MY Kinders die vryheid om MY te
aanbid en te dien in waarheid en salwingskrag. EK het Amerika apart gestel om
die land van die vrye te wees en haar geseën met geen oorlog wat na jul kuslyne
gekom het nie met die verloop van jare. Amerika, moenie so vrylik weggee waarmee
EK julle geseën het net eenvoudig as gevolg van vrees nie. Praat en wees die
stille meerderheid nie meer nie. Laat julle stemme gehoor word. Onthou wanneer
een vryheid van geloof verloor en selfs die verkeerde gesensor word; dan is
almal in gevaar om hulle vryheid van geloof te verloor. Dan is almal in gevaar
om hul vryheid van geloof te verloor. MY Kinders weet dit gaan nie oor ‘n geloof
wat weggeneem word nie; hierdie gaan oor ‘n verhouding met YAHUVEH en YAHUSHUA
wat verander word na ‘n vorm van godsdiens met ‘n vorm van goddelikheid, maar
geen goddelikheid van binne nie.
Pasop vyande van YAHUVEH en YAHUSHUA; julle einste wapens van massa vernietiging
sal terugkom oor julself. Julle sal dit in een rigting uitstuur en die engele
van die Hemel sal dit in ‘n ander rigting laat draai. EK sal MY kinders beskerm
soos ‘n leeuwyfie haar welpies beskerm. Pasop vyande van YAHUVEH en YAHUSHUA,
want julle sien EK hoor MY Kinders uitroep in vrees en verbasing, want EK het
hulle geleer om vredemakers te wees en nie oorlogsugtiges nie en dit maak hulle
verstom vir die vlak van boosheid van die mens se onmenslikheid teenoor mans,
vrouens, seuns en dogters. EK hoor MY kinders se uitroepe van vrees, want hulle
besef in die natuurlike kan hulle nie hulself beskerm nie. Nou sien julle hoekom
noem EK hulle MY Skape en Lammers. Watter lam of skaap kan hulself beskerm? Het
‘n lam of skaap skerp kloue, of skerp tande, soos EK aan ander diere gegee het?
NEE! ‘n Skaap maak alleenlik staat op die Goeie Herder om hulle te lei na die
groen weivelde en skoon water. MY ware Skape en Lammers het geen tekort aan
manna, of Lewende Water nie. MY Ware Skape vertrou MY, YAHUVEH en YAHUSHUA as
die Goeie Herder. MY Naam is YAHUVEH. MY skape sal net kom na die stem van "EK
IS" en MY Geliefde Seun YAHUSHUA, en sal net ons sagte stil stem hoor deur die
RUACH ha KODESH. (Heilige Gees)
EK is daardie Goeie Herder! EK sal MY Skape en Lammers beskerm teen die wolwe
van hierdie wêreld. Dit is waar, sommige van MY skape word deur die wolwe
doodgemaak, en sommiges sal hewige vervolging ly; maar dit was nog altyd so.
Hulle belonings word nie hier op die aarde gesien nie maar in die Hemel vir ewig.
EK lag wanneer EK hoor hoe die vyande dink dat EK, YAHUVEH, blind, of doof en
stom is en nie sal herhaal wat EK gehoor het aan MY Apostels en Profete nie. EK
waarsku MY kinders deur met hul geeste te spreek. Is MY arm te kort om julle te
verlos MY kinders? Glo julle EK is julle Skepper, YAHUVEH wie alles in die Hemel
en Aarde geskape het? Is YAHUVEH nie die een wat julle oë en ore gemaak het nie?
Dink julle nou dat EK swak sig het of dowe ore, om nie julle gebede te hoor nie,
en uitroepe, en te sien, en hoor wat die vyande doen nie? Dink julle MY kinders
dat EK nie ‘n standaard sal oprig, en alreeds opgerig het teen die booswigte nie?
Hulle het hulle afstands-bespieding, maar EK het MY engele wat waghou 24 uur ‘n
dag, kyk en rapporteer, alles wat die booswigte doen!
Sommiges gebruik selfs MY Seun, YAHUSHUA se Naam om te probeer om MY Kinders te
mislei; insluip in die kudde van MY Skape en Lammers, glo dat hulle nie gesien
word nie, maar tog sien EK hulle harte. EK weet wat hulle gestuur was om te doen.
EK ken ‘n wolf wanneer EK een sien. EK sien satan kom soos ‘n brullende leeu,
terwyl hy kyk wie hy kan verslind.
MY Kinders julle kan vir ‘n kort rukkie mislei word maar net vir solank as wat
EK dit toelaat! Wee daardie wolf wat ‘n masker van ‘n skaap opsit om op MY
Kinders te spioeneer om hulle in ‘n vangstik te vang. Wat is die prys vir jou
siel? Want dit is wat dit jou sal kos. Jou siel sal in die Poel van Vuur gewerp
word. Bekeer vandag voor dit te laat is! Hardloop weg van die boosheid wat jy
gedoen het, en ontbloot die boosheid vir wat dit is. Help MY Kinders. Word een
van MY versteektes wat sal beskerm en nie MY Babas, Bruid, Uitverkorenes en
Noukeurig Uitgesoektes sal seermaak nie. Bekeer teenoor almal wat jy leed
aangedoen het. Daar is nog tyd vir die wolwe om baba lammetjies te word.
Alleenlik deur MY Seun, YAHUSHUA se Bloed verbond is dit moontlik. Hardloop
wolf, hardloop, want EK, YAHUVEH, sien jou. Jy dink net jy is onsigbaar en smelt
in.
EK het die onkruid dopgehou, en die koring wat sy-aan-sy groei, en nou is dit
tyd vir hierdie wêreld waar MY engele binnekort die onkruid gaan uittrek, en
hulle verbrand waar hulle vir ewig sal brand, eers in die hel en dan in die Poel
van Vuur. MY oë is altyd waaksaam, want met jaloesie bemin EK, en beskerm MY
Skape en Lammers. Pasop julle wat ongelyk gejuk is, want julle eie eggenote is
wolwe in vermomming. ‘n Huwelik nie deur YAHUVEH bestem nie, sal nie staande bly
in die dae van onheil wat voolê nie, dae van onheil vir die bose. Want weereens
het EK die boosheid in die kerke gesien, en in die bedienings waar EK toegekyk
het hoe satanistiese plantings groei in mag, gewildheid en leringe van duiwels
onderrig het. Slu het die wolwe ingesluip, en die speletjie gespeel van die
geveinstes, as pastore, apostels, profete en leraars, en ja selfs die
evangeliste. Julle kan die mense flous, maar pasop julle kan nie vir YAHUVEH
flous nie. Julle gebruik die Naam van MY Seun, YAHUSHUA, en julle vernoem
bedieninge na julself om julself te verheerlik, maar julle het ‘n donker geheim
bewaar.
Daardie geheim is, dat julle nie julle sondes, harte, lewens en siele vir
YAHUSHUA gegee het nie. Julle gebruik okkultiese kragte in plaas daarvan, en
gebruik MY Seun se Naam om MY Mense te manipuleer, om julle torings te bou, en
herewonings wat julle kerke noem. EK kyk na hierdie multi-miljoen dollar
herewonings wat julle kerke noem, en EK noem dit praalgrafte. MY RUACH ha KODESH
is nie binne-in hulle nie. MY ware apostels en profete wat julle waarsku word
beledig, verguis, en weggejaag. Weg met julle geveinste aanbidding, EK luister
slegs na diegene wat na MY toe kom met rein harte, weg van MY met julle
geveinste lofprysing. Die mees van-die-wysie-af sangers wat harte het wat
ingestel is om MY wil te doen, en hul lewens leef in heiligheid, stel alles wat
YAHUSHUA is, voor hulle eie versugtinge en begeertes en behoeftes. Hierdie is
die hoogste vorm van lofprysings-musiek in MY ore. Nie julle koreografiese
koor-dansers nie. Ware dans in die RUACH ha KODESH word nie onderrig nie, ook
nie gekoreografeer deur enige iemand nie, behalwe die RUACH ha KODESH. Dit word
nie gedoen net omdat jy eenvoudig wil dans voor YAHUVEH en YAHUSHUA nie; dit is
jou voete wat gesalf word om dit te doen. Niemand kan dit onderrig nie. EK draai
weg wanneer ek wêreldsheid in die tempels en die kerke sien.
Ware apostels en profete word nie as sulks geleer deur ‘n gewone leraar in
hierdie wêreld nie. Selfs julle sogenaamde profete-skole is ‘n bespotting. Hoe
kan jy dít onderrig wat jy nooit deur ‘n mens geleer was nie? Net die RUACH ha
KODESH spreek en vloei uit MY apostels, en profete. Diegene in sulke skole beter
bekeer en besef dat die mens nie ‘n profeet kan maak nie, of ‘n apostel of selfs
die amp van ‘n evangelis nie. Dit is die salwing van die RUACH wat die mense
trek. Dit is niks wat geleer kan word nie, ook nie onderrig kan word nie. Om ‘n
goeie pastoor te wees, is die voorbeeld die Goeie Herder. Pastore en evangeliste,
hou op probeer om julle herewonings hier op die aarde te bou. Hou op om julle
rykdomme op die aarde op te gaar. Julle vertel vir MY mense om nie gereed te
maak vir enige rampe nie, tog hoeveel van julle gaar die beste van alles op?
Hoeveel van julle ryk pastore het ‘n geheime wegkruipplek, en het julle planne
gemaak sonder om besorg te wees oor jul eie gemeentes. Hoekom dink julle EK wil
hê die geld in tiendes wat aan julle gegee word, is om vir julle kristal
katedrale te bou, of die grootste kerke te bou in Amerika of die wêreld? Sou die
geld nie beter spandeer gewees het deur MY Mense te help voorberei vir rampe nie?
Julle besit julle eie diamant myne en tog gooi julle die ware edelgesteentes weg,
MY geliefde kinders.
In hierdie wêreld het julle hul mislei, o bose mense, maar julle dae is getel in
hierdie wêreld. Wat gaan jy dan doen? Die prokureursfirma wat veronderstel is om
MY Mense te verdedig met geld wat na hulle toe gestuur word om te help om
diegene wat MY kinders genoem word te verdedig, julle stroop nou die kuddes kaal.
In plaas daarvan help julle diegene wat die privaatheid van MY Kinders wil
wegneem. Julle het julself verkoop aan die hoogste bieër, en sy naam is satan.
EK koop nie MY Mense nie, ook nie hulle toegeneentheid, lojaliteit of vertroue
nie. EK sal nie ruiltransaksies doen met die bose nie. EK sal hulle net waarsku.
Bekeer in YAHUSHUA se Naam.
Julle vals pastore, evangeliste, apostels, profete en leermeesters, julle maak
MY, YAHUVEH, siek. Hou op om MY kuddes kaal te skeer. Kinders wanneer julle ‘n
prediker sien wat ‘n miljoenêr is wat hulle weelde pronk in jul gesigte, hoekom
gee julle hul net meer, vertoorn MY verder? Wanneer julle ‘n pastoor sien spog
met sy Rolex horlosie of Mercedes Benz, Rolls Royce, of ander luukse motor, of
spog met sy luukse herewoning, sien julle dan nog steeds nie dat ‘n wolf tussen
julle ingesluip het nie? Luister nie net na sy of haar preke nie, in plaas
daarvan oordeel hulle vrugte. Besef dat indien dit regtig MY bedienaar was, sou
hy of sy meer gegee het as om te neem. Het julle ‘n kerk wat julle bywoon waarin
daar werklose mense is, by die welsyn is of behoeftig is? Hoe kan julle dan geld
in daardie kollekte bordjie gooi om die ryk pastoor te voed, en om die gees te
voed van wêreldsheid en gulsigheid? Dink julle nie EK sal hulle, sowel as vir
julle aanspreeklik hou nie? Ryk pastore wat behoefte in hul kerke het terwyl
hulle in oorvloed leef voer hulself en verhonger MY skape. Hierdie bose pastore
wat MY kuddes kaal stroop, alles vat wat hulle het, en tog nog hulle naaktheid
bespot. Pastore wat vrylik ontvang behoort vrylik te gee, en tog sal julle
apostels en profete sien wat verkoop wat EK vrylik aan hulle gegee het deur die
salwing van die RUACH ha KODESH.
Een pastoor maak MY baie bedroef, hy was eens op ‘n tyd ‘n simbool van YAHUSHUA
se liefde, nou drup hy van die diamante en dra die duurste snyerspakke, want hy
besit ‘n mans winkel. Maar wat gee hy terug aan diegene wat nie snyers klere het
om te dra nie? Hou op om vir MY mense te vertel dat YAHUVEH vir jou gesê het om
hierdie 10 miljoen of 7 miljoen dollar gebou te bou. Groter is nie altyd beter
nie. Wie kyk na die Skape en Lammers wanneer jy honderde-duisende in jou
gemeente het? Hoe kan jy selfs voorgee dat jy jou gemeente ken met sulke groot
getalle? Is dit nie die pastoor se werk om MY skape te ken nie? Die meeste kan
nie eens ‘n foon-oproep of selfs‘n brief by jou uitkry nie.
Meeste van MY Skape en Lammers in die kerke waarheen hulle vlug sien net die
groot pragtige geboue, die pastoor hetsy dit ‘n man of vrou is staan veraf en is
onbereikbaar vir die massas mense. Wie dink hulle is hulle? Het MY Seun
YAHUSHUA, nie die tyd geneem om selfs die massas mense te voed nie en die mense
aan te raak nie, genesend, en bevrydend, biddend, en hulle te seën nie?
Skaam julle pastore met sulke groot getalle skape, en lammers; julle ken nie
eens die name van die mense wat julle ondersteun nie! As en wanneer julle hulle
gesigte sien, of hul name hoor, ken julle hulle nie eers nie. Hierdie mense kan
nie eens jou aandag kry vir ‘n afspraak nie. Die rykes in die gemeente kry
vinnig jou aandag en alles wat hulle nodig het, selfs ‘n huisbesoek is nie te
moeilik vir die pastoor of evangelis om in hulle skedules in te pas nie.
Huigelaars, skaam julle diegene wat sulke bedieninge en pastore ondersteun.
Vra jouself af, sal enige van die meer welbekende pastore van mega-kerke ‘n
woord bring soos die waarvoor EK hierdie apostel gebruik om aan julle te bring?
Nee hulle sal nie. Vra jouself af, sal hierdie apostel van MY welkom wees in jou
kerk om MY harde woorde te bring van oordeel en mandate vir bekering? As die
antwoord Nee is, en jy ondersteun hulle met jou tiendes en offergawes dan is jy
in sonde. Ja, skok dit jou? Wanneer jy iemand help om aan te hou sonde doen, dan
het jy deel aan daardie sonde. Bekeer vandag!
Moenie ‘n bediening ondersteun omdat dit eenvoudig vernoem is na iemand wat
welbekend in hierdie wêreld is of die grootste en meer bekende kerk het nie. Wat
sê MY Woord daarvan as alle mense julle liefhet en die dinge in die wêreld
liefhet, maak dit jou MYNE? Bemin en aanvaar die ganse mensdom vir YAHUSHUA?
Nee! Want wanneer julle spreek in YAHUVEH se naam, soos hierdie apostel doen, is
dit nie oor gewildheids-mededinging nie. MY ware apostels en profete sal verloor
in die wêreld se oë; hulle ly gebrek baie maal terwyl satan lieg vir die mense
wat EK opgerig het om die las te verlig finansieel, emosioneel en fisies. MY eie
kinders blok MY stem uit wat vir hulle sê om hulp, liefde, en ondersteuning te
gee, vir die klein klompie dapper, en moediges wat EK wel het wat MY en MY Mense
dien.
Is jy een van hierdie wat YAHUVEH se stem hoor voortspreek en wat MY ware
apostels en profete sal liefhê en sal begeer om te help en te ondersteun; om
julle huise oop te stel vir hulle, en te help om die las te verlig om MY mense
te bereik met die boodskappe uit die hemel? MY ware apostels en profete betaal
die prys vir die salwing en is gewoond aan droefdheid, swaarkry, verwerping en
vervolging. Bereken julle ooit die koste wat dit kos om so ’n boodskap te bring
soos hierdie een? Hoekom sou julle solank dit nie julle is wat die prys hoef te
betaal nie reg? EK weet wie hierdie lees en hoor, en EK sal eendag vir jou vra
wat jy gedoen het om hierdie bedienaar se las te verlig? Het jy haar selfs
bemoedig? Dra jy ooit haar naam op in gebed? Besef jy hoe min pastore haar sal
nooi om in hulle kerke te bedien nadat hierdie profetiese boodskap gegee is?
Maar EK, YAHUVEH, spreek dit voort nie hierdie diensmaagd nie. So EK het dit
teen julle julle sogenaamde pastore wat hoegenaamd geen pastoor is nie. Dit sal
beter wees om uit te tree as om die woede van YAHUVEH in die gesig te staar
omdat julle MY Skape en Lammers leed aandoen.
Skaam julle pastore; julle is nie ‘n pastoor as MY kinders nie jou berading kan
kry sonder om eers ‘n lid van die kerk te wees nie en julle tiendes-toetse slaag
nie. Een toets is: ‘n lid word alleenlik erken as hulle tiendes betaal in ‘n
sekere dollar-bedrag van donasies en kerk bywoon ‘n sekere aantal kere. Hou op
om MY skape kaal te skeer! Onthou waarvoor ‘n pastoor behoort te staan. Onthou
jy is nie die Goeie Herder nie. As EK jou voortbestem het om ‘n pastoor te wees,
dan moet jy ‘n seën wees vir MY skape. Jy behoort daar te wees as die fisiese
gedeelte om hulle te bemoedig met MY woorde. Lief te wees en vir hulle te bid,
en vir hul bevryding en biddend vir die redding van hul siel, hulle leer om MY
Torah te gehoorsaam asook MY gebooie met jou wat die voorbeeld stel.
As jy nie MY salwing het nie dan is jy nie ‘n apostel, profeet, evangelis,
leraar of pastoor nie. EK is nie beïndruk met watter kweekskool jy gegradeer het
nie, meer toepaslik deesdae behoort dit ‘n begraafplaas genoem te word. Die
letter maak dood en die RUACH ha KODESH gee lewe. As die kennis wat jy het jou
eie is, en jy maak staat op daardie kennis om te bedien, dan bedien jy nie in
volheid onder die gawes van die RUACH ha KODESH nie.
Gaan weg van MY af julle wat geveinstes is, julle wat tussen MY skape ingesluip
het, hulle geleer het, hulle kaal geskeer het, en tog is julle nie eens MYNE nie.
Jy hoort nie tussen die skape en die lammers nie. Jy is ‘n wolf wat wil verskeur.
Jy is gestuur deur die brullende leeu wat nie MY Seun YAHUSHUA is nie. YAHUSHUA
is die Leeu uit die stam van Juda.
*******
‘n Aanstoot vir sommiges, verligtend vir ander vir die liefde, gehoorsaamheid,
en heerlikheid van YAHUVEH en YAHUSHUA, 02/11/01, 1:50 vm. Profetiese Diensmaagd
van YAHUVEH en YAHUSHUA,
Apostel Elisabeth Sherrie Elijah (Elisheva Eliyahu).
Die Encarta Wêreld Woordeboek definieer ‘n "clarion call" (Wekroep) as ‘n op-roep
om oor te gaan tot aksie: ‘n dringende, inspirerende beroep op mense om iets te
doen. [Van die gebruik van die "clarion" wekroep as ‘n teken in oorlog.]
Gespreek onder die salwing van die RUACH HA KODESH Deur Apostel Elisheva Eliyahu op November 2001
Profesie 63 O Israel, Waar Is Jou Bloed Offer?
Hierdie kom uit Profesie 105, YAHUVEH het beveel dat dit op alle Profesieë
bygevoeg moet word van nou af:
EK het jou lank gelede gewaarsku [Elisheva] om nie hierdie Bediening na ‘n man
of ‘n vrou te vernoem nie selfs nog voordat daar ‘n Bediening was. EK het dit in
jou gees geplaas want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, niks hiervan
het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit die Mond van YAHUVEH geboorte gegee.
Dit is uit die Mond van YAHUSHUA jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die
Mond van die RUACH HA KODESH jou IMMAYAH geboorte gegee. As dit net deur jou
hand was sou dit lankal misluk het. Dit is deur die SHKHINYAH HEERLIKHEID se
Wind wat oor hierdie aarde waai, die Heilige Wind van Herlewing, dit is nie deur
jou asem nie anders sou dit misluk het (Jesaja 42:8)
In Julie 2010 Het YAHUVEH GOD beveel dat die volgende bygevoeg word voor elke
Profesie:
2Kronieke 36:16
“Maar hulle het die boodskappers van ELOHIEM uitgelag, SY Woorde verag en met SY
Profete gespot totdat die gramskap van YAHWEH teen SY volk opgekom het, totdat
daar geen genesing meer was nie.”
*******
O Israel, O hoe huil EK. Ja EK, YAHUVEH, Skepper van alles, Skepper selfs van
tyd self. EK huil! Want EK het MY liefde uitgestort, MY genade uitgestort, MY
heel beste gegee, MY Geliefde Seun YAHUSHUA. EK, YAHUVEH, het YAHUSHUA gegee WIE
selfs SY Bloed uitgestort het om die sondes vry te koop van Adam en Eva. O
Israel, die Bloed van YAHUSHUA deurweek steeds julle grond. Hoekom dink julle
haat satan julle? Hoekom dink julle haat hy julle meer as enige volk of enige
nasie? Omdat EK, YAHUVEH na julle toe gekom het in die vlees deur MY Seun
YAHUSHUA, MY Geliefde Seun.
Abraham het net gedink dat hy vir Isak moes offer. Abraham moes slegs daardie
gevoel ervaar van groot hartseer en droefheid, terwyl hy ‘n dolk gehou het
bokant sy geliefde seun menende dat daar geen ram sou wees om op te offer, as ‘n
bloedoffer nie. Maar in geloof het hy Abraham, gereed om sy seun Isak te slag,
geglo dat EK, YAHUVEH, Isak sou opwek uit die dood as dit sou nodig wees, net
soos EK het MY Seun YAHUSHUA gedoen het. Dit is as gevolg van wie EK, YAHUVEH,
is, as gevolg van wie EK is, as gevolg van MY liefde wat geen begin of einde het
vir diegene wat MY Kinders genoem word nie en slegs diegene wat MY Kinders
genoem word is hulle wat uitroep tot MY in die naam van MY Seun YAHUSHUA. Net EK
het Abraham gestuit om sy seun Isak te offer. EK het ‘n ram voorsien weggesteek
uit Abraham se visie tot die regte tyd.
Abraham was nie perfek nie. Ook nie Isak nie. Israel betaal die prys van Abraham
se sonde wat Ismael en die saad van Ismael voortgebring het. Abraham het ook ‘n
bloedoffer nodig gehad. Dit was die ram wat gesimboliseer was wat vasgevang was
in die ruigte. Hierdie simboliseer MY Geliefde Seun, YAHUSHUA, die enigste Lam
van YAHUVEH, die perfekte Lam sonder sonde, of merk of vlek. Die ram was in die
ruigte vasgevang. MY Geliefde Seun YAHUSHUA het uitgeroep na MY. HY [was] ook
vasgevang in die ruigte van MY wil. "Vader, as dit enigsins moontlik is neem
hierdie beker weg van MY, maar nie soos EK wil nie, maar soos U wil geskied.”
YAHUSHUA was gesimboliseer as daardie ram, as daardie bloed-offer wat Abraham
daardie dag gehad het wat Isak se plek gevat het.
YAHUSHUA se Bloed-offer is die enigste menslike offer wat Heilig genoeg is om
die sondes weg te was van die ganse mensdom. As die mensdom maar net hierdie
nuwe Bloed Verbond wil aanvaar en gehoorsaam wat EK gegee het by Golgota deur MY
Geliefde Seun YAHUSHUA. Hierdie is MY belofte aan al MY getroue kinders wie
YAHUSHUA liefhet en hierdie nuwe Bloed Verbond aanvaar. Soos EK nie MY Geliefde
Seun in die graf gelos het nie, EK HOM opgewek het uit die dood en HY opgevaar
het na die Hemel, so sal EK dieselfde doen vir julle. Al wat MY Kinders moet
doen is om te ontvang, glo, lief te hê, en jou bes probeer om MY Gebooie te
gehoorsaam. Is dit so moeilik?
EK praat met diegene wat MY Seun YAHUSHUA weier as MESSIAS. Waar is julle bloed-offer?
Almal weet daar moet ‘n bloed-offer wees vir die kwytskelding van sondes. Watter
dier is perfek? Watter mens? Geen! Behalwe MY Geliefde Seun YAHUSHUA. EK,
YAHUVEH het die ou bloed verbond gekanselleer om vir die mensdom ‘n beter bloed
verbond te gee. Dit is die enigste manier hoe EK julle sondes kan vergewe. Daar
is geen ander weg na MY troon, vir MY om julle gebede te beantwoord nie, behalwe
deur die Naam van YAHUSHUA, deur SY gestorte bloed by Golgota vir die
kwytskelding van julle sondes. Daar is geen ander middelaar voor MY nie buiten
MY Seun YAHUSHUA. Mohammed kan julle nie red nie. Om Abraham aan te roep sal jou
nie red nie. Allah kan julle nie red nie. Alleenlik deur die Naam van YAHUSHUA
aan te roep sal jou red. Bestudeer die Torah soos EK voorheen gespreek het deur
hierdie diensmaagd. Diegene wat dink om alleenlik die Torah te onderhou sal
hulle red, moet besef almal het gesondig en dit ontbreek hulle aan MY
Heerlikheid [Romeine 3:23]. Om een Gebod te breek is dieselfde as om al die
Gebooie te breek. Julle het ‘n Redder nodig. YAHUSHUA is daardie Redder. Diegene
wat weier om YAHUSHUA te aanvaar as hulle Here & Redder, die Messias van die
ganse mensdom, sal nie deur YAHUSHUA geoordeel word nie, maar sal in plaas
daarvan voor Moses staan wat die Boek van Oordeel sal oopmaak sonder genade.
Want hy het Israel gewaarsku dat daar’n nuwe verbond sou kom, ‘n nuwe Bloed
Verbond. Hy het geweet daardie sou nie MY woede kon kalmeer nie. Dit was slegs
tydelik vir die diere-offers.
O Israel, EK het daardie Nuwe Bloed Verbond gestuur om gebore te word op julle
eie grond. EK het wonderwerke gedoen deur die Naam van YAHUSHUA. EK het HOM
gebruik om ‘n menslike offer te wees, ‘n menslike bloed-offer, die enigste
perfekte bloedversoening vir sonde. En EK het HOM opgewek uit die dood in die
grond van Israel.
Op hierdie dag van Yom Kippur, 2002, praat EK met Israel en EK sê vir hulle EK
hoor julle gebede van bekering, vraend na MY vergifnis. EK sien julle vas. EK
voel julle vrees terwyl julle besef dat julle sondes ‘n stank is vir MY neusgate.
O Israel! Julle weet “EK IS” Adonai en EK sal julle oordeel vir die werke van
julle vlees. O Israel! Julle weet daar is geen bloed-offer nie. Julle verlang om
daardie tempel met mure te bou sodat julle weereens offers van diere kan bring
vir die kwytskelding van sondes, waar julle hoë priester hardop kan uitroep vir
genade, maar tog weier julle om die geskenk te aanvaar wat EK aan julle gegee
het, ‘n tempel sonder mure gevul met die RUACH ha KODESH, gevul met MY liefde en
genade, MY wonderwerke en MY oordeel. ‘n Tempel nie gebou met mensehande nie, ‘n
perfekte, Heilige, sondelose temple! SY Naam is YAHUSHUA. MY Naam [YAH] is
vervat binne-in SY Naam. Die krag is in SY Gewyde Naam! Die krag is in ONS
Gewyde Name.
YAHUSHUA is daardie Tempel. YAHUSHUA is die enigste bloed-offer wat EK sal
aanvaar. YAHUSHUA het na Israel gekom as ‘n baba. YAHUSHUA was julle bloed-offer.
YAHUSHUA is die Enigste Heilige Bloed-Offer. O Israel, Hoor MY, YAHUSHUA se
Bloed het in Israel se grond ingevloei en tog ook al vier hoeke gevul van die
Aarde. O Israel, hoor MY, omdat julle hierdie nuwe Bloed Verbond weier, het EK
dit ook vir die heidene gegee, hulle ingeënt op die tak, wagtend op julle om te
bekeer en YAHUSHUA te aanvaar as julle Messias. Wat sal dit verg, o Israel? Hoe
klein oorblyfseltjie het EK in Israel. Terwyl EK hierdie woorde spreek deur
hierdie diensmaagd, sal nuwe dissipels verrys en hierdie woord neem in Israel
in.Want EK sê vir julle nou, julle het bewys wat uitvloei uit jul eie klaagmuur
waar ‘n simbool van MY Lewende Water voortvloei.
Waar kom hierdie Lewende water vandaan? EK, YAHUVEH, gee hierdie geskenk weer
aan julle, soos die RUACH HA KODESH vrygestel was deur YAHUSHUA in Israel. Nou
vloei dit uit deur ‘n muur waar Israel kniel, huil, weeklaag en bid. Aanvaar
YAHUSHUA as julle Messias. Terwyl die Tempel muur uitbult en vernietig word voor
julle oë. Kan julle nie sien nie O Israel, die ou verbond het verbygegaan. EK
verlang nie diere offers nie.
Net die Bloed van MY Geliefde Seun YAHUSHUA, wie gekom het uit die stam van Juda
kan Israel se Bloed Verbond wees & die hele wêreld se bloed versoening vir
sondes. Daar is net een sonde wat nie vergewe kan word nie, die verwerping van
YAHUSHUA en die lewe en die Bloed wat HY opgeoffer het by Golgota. Pasop,
bespotting en verwerping van die RUACH HA KODESH is lastering. Daar is geen
kwytskelding vir hierdie sonde nie.
Aanvaar YAHUSHUA se lewe en Bloed en [weet] deur SY Naam is die enigste
kwytskelding van sonde. EK het vir julle hierdie geskenk gegee by Golgota; EK
het vir die wêreld hierdie geskenk gegee. En Israel, op hierdie Hoogs-Heilige
dag spreek EK, YAHUVEH, deur hierdie Joodse diensmaagd. O Israel, julle wat die
apostels en profete gestenig, gemartel en vermoor het, julle wat MY Kinders
doodgemaak het wat EK gestuur het om aan julle te getuig. O Israel, selfs die
bloed van die martelaars deurweek julle grond. Net EK weet, O Israel, hoeveel
van julle eie bloed moet vloei voor julle die enigste Messias aanvaar wat julle
kan red. YAHUSHUA huil steeds vir julle soos HY gedoen het in die Tuin van
Getsemane.
Die oë van die wêreld is vasgenael op jullel, o Israel. MY oë verlaat julle
nooit. Die reddings-krag is in die Naam wat julle verwerp, die hoeksteen van die
tempel wat julle verwerp. Maar julle moet YAHUSHUA aanvaar as julle Messias. Dit
is deur YAHUSHUA se Naam, Woord en Bloed. YAHUSHUA sal Israel red. O Israel,
YAHUSHUA het gevas vir julle veertig dae en veertig nagte. Dink julle regtig een
dag van vas is voldoende om julle sondes te bedek? MY Kinders wat YAHUSHUA
aanvaar het as Elohiem en Messias, is verheug omdat hulle sondes ten volle
betaal is by Golgota!
EK, YAHUVEH, wag vir julle o Israel. O Israel, julle wat die Joodse feeste en
heilige dae onderhou en herdenk, sien julle nog steeds nie YAHUSHUA is in almal
van hulle nie? O Israel, draai na MY toe in Heiligheid. Draai weg van julle
sondes in ware bekering in die Naam van MY Seun YAHUSHUA. O Israel, EK huil vir
julle pyn. Maar onthou, soos EK Heilig is, so ook moet julle apart gestel en
Heilig wees.
Wil julle regtig geoordeel word deur die wette wat EK vir Moses gegee het en
Moses sal julle sal oordeel sonder enige genade. Aangesien julle die enigste
Middelaar verwerp, die enigste perfekte Lam van YAHUVEH, sal YAHUSHUA sê aan
hulle wat op die ou bloed verbondstaatmaak julle te red. Diegene wat staatmaak
op die ou bloed verbond, pasop! HY sal sê, "Julle verkies om deur die ou bloed
verbond geoordeel te word, julle sal geoordeel word deur Moses." Wee diegene wat
geoordeel sal word deur Moses, aangesien niemand perfek is nie. Niemand sal
gespaar word nie. Hel en die Poel van Vuur sal julle ewige tuiste wees. Elkeen
maak sy eie reserverings vir die ewigheid.
Niemand word nog ‘n sekonde van lewe gewaarborg nie. Almal wie onder MY,
YAHUVEH, se genade is, vandag is die dag van julle redding. Môre mag dalk te
laat wees.
*******
So is dit gespreek, so is dit geskryf op hierdie dag van Yom Kippur, 16
September 2002. Gegee aan hierdie dienaar, Apostel Elisheva Eliyahu
*******
Mattheus 10:18-42
18 En ook voor goewerneurs en konings sal julle gebring word om MY ontwil tot ‘n
getuienis vir hulle en vir die heidene.
19 Maar wanneer hulle jul oorlewer, moenie julle kwel oor hoe of wat julle sal
spreek nie, want dit sal julle in daardie uur gegee word wat julle moet spreek;
20 want dit is nie julle wat spreek nie, maar die GEES van julle VADER wat in
julle spreek.
21 Maar die een broer sal die ander tot die dood oorlewer en die vader sy kind,
en die kinders sal teen hulle ouers opstaan en hulle doodmaak.
22 En julle sal deur almal gehaat word ter wille van MY Naam. Maar wie volhard
tot die einde toe, hy sal gered word.
23 En wanneer hulle julle vervolg in die een stad, vlug na die ander toe. Want
voorwaar EK sê vir julle, julle sal met die stede van Israel sekerlik nie klaar
kry voordat die SEUN van die mensdom kom nie.
24 ‘n Leerling is nie bo die meester nie en ‘n dienskneg ook nie bo sy heer nie.
25 Dit is vir die leerling genoeg dat hy soos sy meester word en die dienskneg
soos sy heer. As hulle die heer van die huis Beëlsebul genoem het, hoeveel te
meer sy huisgenote!
26 Vrees hulle dan nie; want daar is niks bedek wat nie ontdek sal word nie, en
verborge wat nie bekend sal word nie.
27 Wat EK vir julle in die donker sê, vertel dit in die lig; en wat julle in die
oor hoor, verkondig dit op die dakke.
28 En moenie vrees vir die wat die liggaam doodmaak, maar die siel nie kan
doodmaak nie; maar vrees HOM liewer wat die siel sowel as die liggaam kan
verderwe in die hel.
29 Word twee mossies nie vir ‘n stuiwer verkoop nie? En nie een van hulle sal op
die aarde val sonder julle VADER nie.
30 En van julle is selfs die hare van die hoof almal getel.
31 Wees dan nie bevrees nie: julle is meer werd as baie mossies.
32 Elkeen dan wat MY sal bely voor die mense, hom sal EK ook bely voor MY VADER
wat in die hemele is.
33 Maar elkeen wat MY verloën voor die mense, hom sal EK ook verloën voor MY
VADER wat in die hemele is.
34 Moenie dink dat EK gekom het om vrede op die aarde te bring nie. EK het nie
gekom om vrede te bring nie, maar die swaard.
35 Want EK het gekom om tweedrag te verwek tussen ‘n man en sy vader, en tussen
‘n dogter en haar moeder, en ‘n skoondogter en haar skoonmoeder.
36 En ‘n mens se huisgenote sal sy vyande wees.
37 Wie vader of moeder bo MY liefhet, is MY nie waardig nie; en wie seun of
dogter bo MY liefhet, is MY nie waardig nie.
38 En wie sy kruis nie neem en agter MY volg nie, is MY nie waardig nie.
39 Wie sy lewe vind, sal dit verloor; en wie sy lewe verloor om MY ontwil, sal
dit vind.
40 Wie julle ontvang, ontvang MY; en wie MY ontvang, ontvang HOM wat MY gestuur
het.
41 Wie ‘n profeet ontvang omdat hy ‘n profeet is, sal die loon van ‘n profeet
ontvang; en wie ‘n regverdige ontvang omdat hy ‘n regverdige is, sal die loon
van ‘n regverdige ontvang.
42 En elkeen wat een van hierdie kleintjies net ‘n beker koue water laat drink,
omdat hy ‘n dissipel is, voorwaar EK sê vir julle, hy sal sy loon sekerlik nie
verloor nie.
Mattheus 12:50
50 Want elkeen wat die wil doen van MY VADER wat in die hemele is, dié is MY
broer en suster en moeder.
Mattheus 21:42-46
42 YAHUSHUA sê vir hulle: Het julle nooit in die Skrifte gelees nie: Die steen
wat die bouers verwerp het, dit het ‘n hoeksteen geword. HY het van die HERE
gekom en is wonderbaar in ons oë?
43 Daarom sê EK vir julle: Die koninkryk van ELOHIEM sal van julle weggeneem en
aan ‘n volk gegee word wat die vrugte daarvan sal dra.
44 En hy wat op hierdie steen val, sal verpletter word; maar elkeen op wie HY
val, dié sal HY vermorsel.
45 En toe die owerpriesters en die Fariseërs SY gelykenisse hoor, het hulle
begryp dat HY van hulle spreek.
46 En hulle het probeer om HOM in hulle mag te kry, maar hulle was bang vir die
skare, omdat dié HOM vir ‘n profeet gehou het.
Mattheus 23:29-39
29 Wee julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, geveinsdes, want julle bou die grafte
van die profete en versier die grafstene van die regverdiges;
30 en julle sê: As ons in die dae van ons vaders geleef het, sou ons geen deel
met hulle gehad het aan die bloed van die profete nie.
31 Julle gee dus teen julself getuienis dat julle kinders is van die wat die
profete vermoor het.
32 Maak die maat van julle vaders dan vol!
33 Slange, addergeslag, hoe sal julle die oordeel van die hel ontvlug?
34 Daarom, kyk, EK stuur profete en wyse manne en skrifgeleerdes na julle toe,
en julle sal sommige van hulle doodmaak en kruisig en sommige van hulle in jul
sinagoges gésel en van die een stad na die ander vervolg,
35 sodat oor julle kan kom al die regverdige bloed wat vergiet is op die aarde,
van die bloed van die regverdige Abel af tot op die bloed van Sagaría, die seun
van Berégja, wat julle vermoor het tussen die tempel en die altaar.
36 Voorwaar EK sê vir julle, al hierdie dinge sal oor hierdie geslag kom.
37 Jerusalem, Jerusalem, jy wat die profete doodmaak en stenig dié wat na jou
gestuur is, hoe dikwels wou EK jou kinders bymekaarmaak net soos ‘n hen haar
kuikens onder die vlerke bymekaarmaak, en julle wou nie!
38 Kyk, julle huis word vir julle woes gelaat!
39 Want EK sê vir julle: Julle sal MY van nou af sekerlik nie sien nie totdat
julle sal sê: Geseënd is HY wat kom in die Naam van YAHUVEH!
Profesie 71 Wat Verseël Was Is Nou Onthul!
EK het jou lank gelede gewaarsku [Elisheva] om nie hierdie Bediening na ‘n man
of ‘n vrou te vernoem nie selfs nog voordat daar ‘n Bediening was. EK het dit in
jou gees geplaas want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, niks hiervan
het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit die Mond van YAHUVEH geboorte gegee.
Dit is uit die Mond van YAHUSHUA jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die
Mond van die RUACH HA KODESH jou IMMAYAH geboorte gegee. As dit net deur jou
hand was sou dit lankal misluk het. Dit is deur die SHKHINYAH HEERLIKHEID se
Wind wat oor hierdie aarde waai, die Heilige Wind van Herlewing, dit is nie deur
jou asem nie anders sou dit misluk het (Jesaja 42:8)
In Julie 2010 Het YAHUVEH GOD beveel dat die volgende bygevoeg word voor elke
Profesie:
2Kronieke 36:16
“Maar hulle het die boodskappers van ELOHIEM uitgelag, SY Woorde verag en met SY
Profete gespot totdat die gramskap van YAHWEH teen SY volk opgekom het, totdat
daar geen genesing meer was nie.”
* * * * * * *
EK het MY Heilige Engel na hierdie diensmaagd gestuur maande gelede met hierdie
profetiese boodskap. Terwyl MY Heilige Engel dit aan haar dikteer het staande
langs haar bed, het sy hierdie Profetiese Boodskap neergeskryf waar EK ‘n geheim
deel nog onbekend tot nou toe. MY Engel het vir haar gesê nou is nie die regte
tyd om hierdie boodskap vry te stel nie en dat dit was vir ‘n vasgestelde tyd
nou is daardie tyd om te onthul wat verseël was! EK vertel MY geheime aan MY
Apostels en Profete en almal wat luister.
(Ek het baie skrif ingesluit om te onderrig saam met YAHUSHUA se woorde wat HY
deur my gespreek het. Ek weet vervolging sal kom met hierdie nuwe openbaring
maar onthou asseblief ek is net die boodskapper van die boodskap ek soek ook
meer openbaring ten opsigte van wat hierdie alles beteken. Moet asseblief nie
die boodskapper stenig met julle beledigings nie maar indien julle dit wel doen
weet ek dat dit nie vir my is wat julle vervolg nie maar die GOD YAHUVEH en
YAHUSHUA wat my salf en my uitstuur na beide Jood en Heiden.)
EK is YAHUVEH Oue van Dae; MY vereiste vir Heiligheid het nie vernader nie. EK,
YAHUVEH was geduldig maar EK kan nie veel langer geduldig wees nie of EK sal om
verskoning moet vra vir Sodom en Gomorra. (Genesis 18:20; 19:30) O bose en
perverse eindtyd generasie, julle kan nie toewy en MY seëninge vra oor die saad
van satan of oor 'n biskop bestem uit die hel wat EK uit MY mond sal uitbraak
nie. (Openbaring 3:16). Kerk van Episcopalians EK waarsku julle nou, vir diegene
wat hierdie boosheid goedgekeur het, die wat in die eerste plek nie teen aborsie
geprotesteer het en nou homoseksualiteit nie, julle het julle bed gemaak saam
met Jezebel (Openbaring 2:20-23) en as julle nie vlug uit hierdie kerk van
Babilon nie sal julle jul bed maak in die hel en in die Poel van Vuur.
MY Woord kan nie lieg nie, die Heiliges het Heiliger geword en die bose het
boser geword. Waar is MY Heiliges om te protesteer teen die sondige gruwels wat
plaasvind nie alleenlik buite dit wat soos Sodom en Gomorra is nie, maar nou is
daardie selfde sondige gruwels binne-in die geboue met mense wat beweer hulle is
Heilig. Deur toelating van die sondige perverse leefstyl en ander sondige
gruwels, nie diegene te bestraf of te waarsku wat deelneem aan die gruwels nie,
het julle die geeste verwelkom en ingenooi soos die van Sodom en Gomorra
binne-in julle kerke en tempels in. Al diegene wat hierdie gedoen het EK sweer
julle ken MY nie.
Julle wat MY Tien Gebooie verloën het, verwyder het ook genoem die Torah, genoem
word, julle het bygestaan en toegekyk sonder protes terwyl 'n tablet van steen
verwyder was in Alabama sonder om 'n gebed van protes op te lig of te ween en
weeklaag of Regter Roy Moore te help op enige manier. EK sê vir julle dit; JULLE
KEN MY NIE EENS NIE! EK het hierdie toets toegelaat terwyl EK MY diensmaagd
aangesê het om die profesie te vervul in Esegiël 9. Hoe min het geprotesteer
selfs nou. Waar is die miljoene regoor die wêreld wat MY gebooie behoort te
beskerm? Slegs 'n oorblyfsel het so gemaak.
Julle wat MY Heilige Naam verloën het, MY Torah en aanhou leef in sonde selfs al
het julle eens op 'n tyd die gestorte Bloed van vergifnis aanvaar van MY Seun
YAHUSHUA. Omdat julle aandring om te lewe in die varkekraal en satan te dien,
het julle die gestorte Bloed en genade van MY SEUN YAHUSHUA onder julle voete
vertrap. (Hebreërs 10:26-29). Daar is geen vergifnis meer nie, wetend dit is
verkeerd en toegekyk, geluister of deelgeneem aan hierdie sondige gruwels wat EK
haat. EK spreek hierdie waarskuwing aan diegene wat beweer dat hulle MYNE is nie
aan die heidene wat van niks beter weet nie. OORDEEL BEGIN BY DIE HUIS VAN MY,
YAHUVEH! (1 Petrus 4:17)
EK bestraf diegene wat nie tot dieselfde GOD, YAHUVEH gebid het nie wie vuur en
swael laat neerreën het op dieselfde sondes soos die van Sodom en Gomora. Julle
het nie gebid dat EK, YAHUVEH, wraak neem uit die Hemel op die saad van satan
terwyl dit weer gedoen word nie. (Psalm 94:1) (Romeine 12:19) EK, YAHUVEH, is
nie blind of doof nie! EK, YAHUVEH is dieselfde Skepper en MY Geliefde Seun is
dieselfde MESSIAS, ONS is dieselfde God, Gister, vandag en vir ewig. ONS word
nie gelykvormig aan die mens se beeld of mensgemaakte leerstellings nie ook nie
aan die mens se idee van dit wat sonde is nie. EK, YAHUVEH, is Heilig en EK eis
Heiligheid van diegene wat beweer hulle behoort aan MY en MY Seun YAHUSHUA. EK
eis Heiligheid van al diegene wat sê “Hulle is gewas in die gestorte Bloed van
MY Seun YAHUSHUA.”
YAHUSHUA was gegee as ‘n foutlose offerLam om die sondes van die mens weg te
was; en tog doen hierdie mense nou wat daardie bloed geëis het, nou sondige
gruwels, selfs boosheid agter die kansels. (Hebreërs 6:4-7). Bewysende hulle is
nie MYNE of YAHUSHUA s'n nie maar is die saad van satan. Daar is diegene wat
oorloglustiges is, hulle is verheug en is trots daarop om onskuldige bloed te
vergiet vir gierigheid, rykdom, lande en welvaarts-onthalwe. Hierdies is ook die
saad van satan. EK vra julle, "Wat is die prys van olie?" "Wat is die prys en
waarde van 'n lewe?" (Mattheus 6:26)
Julle wat hierdie dinge doen of hierdie goedkeur of stilbly deur nie te
protesteer of te bid teen hierdie sondige gruwels nie is ‘n lafaard en julle sal
jul blyplek maak in die hel en swem vir ewig in die Poel van Vuur saam met julle
regte vader satan. Want julle het gekies om satan te volg, satan geglo en ander
mislei, so julle sal satan se beloning maai.
Wee vir Amerika. EK het gewaarsku deur hierdie diensmaagd in profetiese
waaskuwings in die verlede dat Amerika sou brand as dit nie bekeer nie. EK,
YAHUVEH, is 'n God van Verterende Vuur (Deuteronomium 4:24), MY asem is vol
brandende raserny wat die hel ‘n vuuroond hou, daardie grimmigheid was al
heeltemal te lank opgekrop. (Openbaring 18:2-24). Helaas hoe meer genade EK
bewys en hoe meer tyd EK gee om te bekeer, hoe meer het hierdie wêreld vol
onheiligheid geword, perversiteit, gruwels en onberou. Waar is diegene wat
hulself Heilig noem? Waar is die gebeds-bemiddelaars en vegters? Hoekom is
diegene wat MY woorde van ouds en nuut voortspreek nie protesterend, bestraffend
en waarskuwend nie? EK het 'n oorblyfsel wat maar o so vreeslik min is. (Sefanja
3:13) (Amos 5:15).
Julle wat bymekaar kom om 'n ou siek man vol demone te besigtig en hy is onder
MY toorn want hy steel MY eer en moedig die mense aan om hom te aanbid, neer te
buig voor hom, sy hand te soen, 'n hand gemaak van blote stof en neer te buig
voor loutere afgode. Miljoene luister en streef na gehoorsaamheid aan een wat
homself ‘n pous noem. Julle wat julself Katolieke noem EK beveel julle nou, vlug
uit die kerke van Babilon. MY Torah bevele sê gewoonweg, "jy mag geen ander gode
hê voor MY nie" (Eksodus 20:3) Wie julle Skepper is en tog het hoeveel hierdie
gedoen. Julle noem julleself MYNE tog ken julle MY nie eens nie as julle nie
vlug nie, is die hel en die Poel van Vuur wat julle sal sien.
Moenie mislei wees nie EK weet wie MY skape is en wie is van satan se saad, ook
die bokke genoem. MY skape wei net waar die Goeie Herder YAHUSHUA hulle lei na
groen weivelde. satan se bokke, sy saad sal enige iets eet, sluk enige vals
leerstellings of leuens.
satan saai sy eie saad van rebellie en ongehoorsaamheid binne-in die bokke
uitdagend teen alles wat Heilig is, uitdagend teen alles wat waarheid is,
verdraai MY Heilige Skrifte om gelykvormig te word aan die mens se siek
bedorwenheid, weerlê, verwerp en herskryf MY Torah en bevele. satan se saad doen
dieselfde sondes wat in die begin was selfs voor die grondlegging van die aarde
toe julle siele gevorm was in die Hemel.
EK, YAHUVEH, wie julle siele geskape het het geweet wie sou MY volg, liefhê,
gehoorsaam en aan MY lojaal wees. (Jeremia 1:4-5). EK, YAHUVEH, het geweet wie
sou volg in rebellie en MY gesag en heerskappy begeer. (Johannes17:12)
Terwyl satan geveg het om god te wees voor die grondlegging van die wêreld
(Jesaja 14:12-15) het hy sy saad nou oorreed hulle is die gemanifesteerde seuns
van God, gelyk aan YAHUSHUA op alle maniere. Desondanks enige iemand vergeet
alleenlik deur YAHUSHUA se Naam en gestorte Bloed kan enige iemand toegang hê
tot MY, YAHUVEH. Hoeveel was mislei omdat hulle vergeet EK het al diegene
ingeënt wat EK nou Heilig noem. (Romeine 11:13-36). Want almal het gesondig en
dit ontbreek hulle aan die Heerlikheid van MY, YAHUVEH, behalwe Een SY Naam is
YAHUSHUA. Dit is alleenlik as gevolg van Johannes 3:15-21.
Al die siele wat MY, YAHUVEH, verraai het in die geveg voor die grondlegging van
die aarde het en sal MY, YAHUVEH, weer verraai. Dit is hoe EK, YAHUVEH, vooraf
bepaal het en vooraf geweet het wie se name gevind sou word of nie gevind sou
word in die Lam se Boek van Lewe nie (Openbaring 17:8). Wanneer die 3 boeke
oopgemaak word waar sal jou naam gevind word? Sal dit wees in die boek van
verlossing, die boek van die uitgewistes, (Eksodus 32:32-33) (Openb. 3:5) of in
die boek van die verdoemdes? Nou kan julle MY Heilige Skrif verstaan wat sê
‘julle almal werk julle eie heil uit met vrees en bewing’ (Fil. 2:12).
Reinkarnasie is 'n leuen van die vader van alle leuens. Jy gaan nie dood en hou
aan terugkom aarde toe in ander lewens totdat jy geskik is vir die Hemel nie.
Soos die Heilige Skrifte sê ‘die mens is bestem om eenkeer te sterf en daarna
die oordeel’ (Hebreërs 9:27). Elke siel het alreeds daardie keuse gemaak voor
die grondlegging van die aarde gevorm was. Hetsy julle getrouheid was aan MY,
YAHUVEH, of aan satan die vader van alle leuens. Die eerste leuen wat satan
vertel het was dat satan sou word soos EK, YAHUVEH, en MY outoriteit sou hê. ‘n
1\3 van al die engele het hierdie leuen geglo saam met ‘n menigte siele wat
kante gekies het. Want in elke siel het EK vir hulle die gawe gegee van ‘n
vrye-wil. (Openbaring 12:4-9).
Terwyl EK satan geoordeel het wie se naam Lucifer was, het ek ook geoordeel en
verdoem en die vonnisse uitgedeel nie alleenlik aan Lucifer nie maar al sy
gevalle engele en alle siele wat MY, YAHUVEH, en YAHUSHUA verraai het. Die siele
wat lojaal was aan MY, YAHUVEH, voor die grondlegging van die aarde asook die
siele wat MY, YAHUVEH, verraai het het EK gestuur aarde toe deur die saad van
Adam en Eva. satan was ook neergewerp. satan wou weer MY skepsels teen MY draai,
beide mens en dier. Weereens het MY Kinders verontagsaam en gerebelleer teen
hulle liefdevolle Vader. satan se motief was om MY, YAHUVEH uit te lok tot so 'n
raserny dat EK sou vernietig wat EK, YAHUVEH, en MY Seun YAHUSHUA, so liefdevol
geskape het, maar in plaas daarvan na die val van Adam en Eva het MY eie
geliefde Seun YAHUSHUA homself geoffer as 'n verlosser, om gebore te word as ‘n
mens geskape alleenlik deur MY, YAHUVEH bonatuurlik.
YAHUSHUA het geword soos 'n Tweede Adam met vlees en bloed, maar terwyl Adam
sonde in die wêreld ingebring het, het MY HEILIGE BLOED IN YAHUSHUA die sondes
weggewas en die begeerte om te sondig weg van almal wat MY Geskenk aanvaar het,
wat EK, YAHUVEH, gegee het by Golgota. Slegs die siele voor die grondlegging van
die aarde, wat toe lojaal was teenoor MY, YAHUVEH en YAHUSHUA, sal aanváár,
liefhê, gehoorsaam, en onheiligheid beveg en veg teen satan en al hierdie
gruwels nou.
Die siele wat geskape was voor die grondlegging van die aarde, wat Lucifer
gevolg het in rebellie teen MY, YAHUVEH, en YAHUSHUA en MY Leërskare van MY
Heilige Engele, (Openbaring 12:9) was 'n keuse gegee op daardie tydstip voor die
grondlegging van die aarde, maar wanneer gebore word op aarde was die keuse van
daardie siele reeds gemaak. Die siele wat Lucifer toe gevolg het het geen ander
keuse as om satan weer op die aarde te volg nie en te maai wat satan gesaai het.
Dit is die oordeel van die mens.
Redding was alreeds vooraf bepaal. Die verworpeling sal verworpeling bly vir
ewig. (Jeremia 6:27-30) sê duidelik EK, YAHUVEH, noem hulle verwerpte silwer,
hulle is soos metaalskuim of lood, dooie gewig. Die siele wat MY, YAHUVEH, nie
aanbid en gedien het, voor die grondlegging van die aarde nie, sal geen begeerte
hê om MY, YAHUVEH, te dien op die aarde nie.
Net soos die bose Farao alhoewel keer-op-keer 'n kans gegee nie kon bekeer en
wegdraai van die bose nie omdat EK, YAHUVEH, sy hart verhard het soos sy siel MY
verraai het voor die grondlegging van die aarde. (Eksodus 7:13) Nou kan julle
verstaan hoekom het EK Jakob liefgehad en Esau EK gehaat het; (Romeine 9:13)
(Maleagi 1:3) saam met Goliat, Agab, Jezebel, Judas, Ananais en Sapphira
(Handelinge 5:1-10) net om voorbeelde te gee van wie gebore was vir
vernietiging. Die besluit wat hulle op die aarde gemaak het was reeds gedoen in
die Hemel toe die oorlog van goed teen kwaad die eerste keer geveg was. Daardie
besluit van elke siel wat gebore word op die aarde is in-gebore in elke baba wat
gebore word op aarde.
Julle loop bo-op die hel en alhoewel die hel gemaak was vir satan en sy engele
wat gerebelleer het teen MY, YAHUVEH, (Mattheus 25:41). Het EK, YAHUVEH, die
Skepper van julle siele alreeds geweet of julle sou aansluit by hierdies in die
hel. (2 Petrus 2:2-10) en of julle jul blyplek sou maak in die Poel van Vuur met
satan, die vals profeet en die anti-messias. (Openbaring 19:20) (Openbaring
21:8) en al satan se saad wat satan gevolg het voor die grondlegging van die
aarde. Nie een siel wat geskape was voor die grondlegging van die aarde wie se
name reeds opgeskryf is in die Hemel sal verlore gaan nie net soos YAHUSHUA dit
gestel het in die Heilige Skrifte.
Enige iemand wat nie vir YAHUSHUA erken as GOD/MESSIAS die enig verwekte Seun
van YAHUVEH die Vader God Skepper van alles nie, het daardie besluit gemaak voor
die grondlegging van die aarde en hulle gedagte en harte kan nie verander word
nie. Ongeag watter godsdiens julle eis, slegs die siele wat nie MY Seun YAHUSHUA
en vir MY, YAHUVEH, verraai het voor die grondlegging van die aarde nie sal
gered word van die hel en die Poel van Vuur. Alle ander is verworpelinge en sal
in dieselfde lot deel of is reeds in die hel. NOU is die tyd van redding.
Terwyl jy hierdie lees is daar 'n salwing anders as enige wat EK, YAHUVEH, gegee
het aan enige iemand tot dusver. Lees hierdie hardop en die skille sal van jou
oë afval, geestelik sal jou dowe ore geopen word. Nie langer sal jy in staat
wees om 'n vorm van Goddelikheid te hê sonder enige Goddelikheid van binne en
ander te mislei, as jy MY, YAHUVEH, hoor en hierdie profetiese boodskap glo nie.
Die besluit wat jy gemaak het voor jy op die aarde gebore was sal voor almal
gemanifesteer word. Dit is 'n waarskuwing aan almal goed en boos.
Die siele wat in die geveg was voor die grondlegging van die aarde wat begin het
om te veg aan die kant van Heiligheid teen Lucifer en sy 1\3 van engele en toe
Lucifer se leuens toegelaat het om hulle siele binne te dring, ook hulle het MY,
YAHUVEH, verraai. (Openbaring 13:8).
Hulle betaal nou die prys want hulle name is geskryf in die boek van die
uigewistes, verraaiers eers in die Hemel en nou op aarde. Hierdie mense begin om
MY, YAHUVEH, en YAHUSHUA te volg gelowig aan die bybel, gehoorsaam aan MY
Gebooie, MY Torah en versaak dan alles wat Heilig is. Hierdie siele was gevorm
en binne-in 'n menslike liggaam geplaas en is verdoem om satan se beloning te
maai van die hel en die Poel van Vuur.
Elkeen wat nou hier lees hoor hierdie, EK, YAHUVEH, beveel jou om hierdie te
deel met al die mense wat jy ken, om hulle te verseker, nie een persoon wie se
naam in die Lam se Boek van Lewe geskryf is sal die dier aanbid of die Merk van
die Dier aanvaar nie! (Openbaring 13:15-17). Nie een persoon sal EK, YAHUVEH,
verloor aan satan en sy koninkryk nie! Nie enige wat lojaal was aan MY, YAHUVEH,
en MY Seun YAHUSHUA in daardie groot geveg voor die grondlegging van die aarde
sal hel toe gaan of na die Poel van Vuur nie. Net soos EK YAHUVEH MY Seun
YAHUSHUA gestuur het om MY geliefde kinders te red van die sonde veroorsaak deur
Adam en Eva. Sal EK, YAHUVEH, weereens MY Geliefde Seun, YAHUSHUA, stuur om MY
Lojale, Heilige Kinders te red. Kyk op kinders, al skimp en spot die wêreld kom
julle redding waarlik nader. (Lukas 21:28).
Geliefdes, hierdie wêreld is nie julle tuiste nie. Julle is net reisigers wat
deurbeweeg. Julle herehuise, skatte en belonings wag vir julle in die Hemel.
Gaar nie, aardse skatte op wat julle nie saam met julle kan neem nie, maar stoor
hulle in die Hemel, laat julle pakhuise vol wees in die Hemel. (Mattheus
6:19-20) (Maleagi 3:8-12) So, Kinders, terwyl julle hierdie wêreld verteer sien
word deur MY, YAHUVEH, 'n God wat 'n Verterende Vuur is (Hebreërs 12:29). Weet
hierdie, dit is die Lewende Water, (Johannes 4:10), die Naam en die Bloed van
YAHUSHUA wat julle sal beskerm teen die vuur van MY Toorn. Weet hierdie Kinders,
dit is net die Naam en die Bloed van YAHUSHUA wat julle wegsteek en net as julle
YAHUSHUA aanbid en dien en daarna strewe om te gehoorsaam. EK is YAHUVEH en sal
nie bespot word nie.
California, Phoenix Arizona, Montana, Kanada en regoor die wêreld julle het die
hitte gevoel van MY Toorn op die een of ander manier. Hoekom stel julle nie jul
Skepper en Verlosser eerste in julle lewe en liefde nie? Hoekom het julle jul
huise liewer as die Skepper wat vir julle jul huise, lande, rykdom en besittings
gegee het? Besef julle nie net hoe die vure gekom het nie maar hoe baie lewens
EK gespaar het, as gevolg van MY genade en liefde nie? Hierdie is net 'n
voorbeeld van dit wat gaan kom voor die Groot Verdrukking. Kry julle prioriteite
nou reg voor dit te laat is. (Deuteronomium 9:3)
Nou ervaar hierdie wêreld en die mense geboorte pyne. Die aarde het smarte in
pyn terwyl die grond sidder en bewe voor EK, YAHUVEH, geboorte gee aan die Groot
Verdrukking wat anders sal wees as enige verskrikking nog gesien. (Mattheus 24)
(Markus 13:8). Nie een siel voor die grondlegging van die aarde wat MY, YAHUVEH,
toe verdedig het sal EK versaak nie. MY groot toorn is vir my vyande, soos dit
toe was, sal dit weer wees.
Julle wat stilbly in die Kerke, Julle wat kerkbank verwarmers is en dienste
gereeld bywoon, julle wat psalms en gesange sing vir MY, YAHUVEH, en YAHUSHUA en
julle haal Heilige Skrifte aan en nog beveel julle nie julle geestelike leiers
om uit te spreek of te protesteer teen hierdie sondige gruwels nie. Julle sien
diegene wat hulself biskoppe, pastore, geestelike leiers, politieke leiers en
Christen musikante noem die siele op ‘n dwaalspoor lei deur niks te doen om te
protester nie, selfs nie eers deurnag gebeds bemiddeling te hou nie. Aborsie is
moord! Homoseksualiteit is 'n gruwel! Julle wat julself MYNE noem, julself
Heilig noem en tog nie ander waarsku nie, EK hou julle aanspreeklik sowel as
julle geestelike leiers. Julle het te lank stilgebly.
Julle wat julself Geestelike leiers noem maar in MY oë is julle geheel en al
geen leier nie want julle het julself verkoop aan die hoogte bieër soos ‘n
alledaagse hoer terwyl julle die belastingvrye omkopery vat en die Regering
toelaat om julle te muilband. Julle het 'n verraaier en 'n lafaard geword. Moet
EK julle herinner in die Boek van Openbaring waar lafaards en verraaiers
op-eindig? Pasop gemeentes die Gees van die Pastoor of die Geestelike leier is
die Gees van die Kerke en Tempels. Julle met geestelike ore om te luister en
geestelike oë om te sien was die gawe gegee van onderskeiding. EK, YAHUVEH, gee
nou vir julle die bevel om uit te spreek voor dit te laat is en julle vryheid
van spraak heeltemal weggeneem word.
Hoekom betoog, boikot of protesteer MY Heilige mense nie luidkeels wanneer
lesbiese musikante die gees propageer van homoseksualiteit gemik op die jeug van
hierdie wêreld nie? Met 'n oopmondsoen tussen Britney Spears en Madonna,
spottenderwys 'n soen genoem wat gevoel en gehoor was reg rond-om hierdie
wêreld. Herken julle nog nie die saad van satan nie? Is dit wat julle wil hê jul
Kinders moet word?
Daar was 'n ander soen lank gelede gevoel en gehoor rond-om hierdie wêreld en
dit was toe Judas vir YAHUSHUA gesoen het op die wang. So satan gebruik 'n soen
om weer te spot en waar is die Heilige mense om hard uit te skree en te
protesteer? (Levitikus 18:22) (Romeine 1:24-32).
Waar is die Heilige mense wat EK, YAHUVEH, oorvloedig geseën het met die rykdom
en besittings van hierdie wêreld? Wie sal die klein oorblyfsels help soos
hierdie diensmaagd wat die basuin blaas? Wie sal versamel op hierdie muur?
Onthou julle sal aanspreeklik gehou word vir dit wat julle doen met die
seëninge, talente en gawes wat EK, YAHUVEH, vir julle gegee het.
satan gee rykdom aan sy dienaars wat sy saad is om die massas mense te mislei.
Waar is MY Heiliges wat EK oorvloedig geseën het? Hoekom verrys julle nie vir 'n
tyd soos hierdie nie? Hoekom vat julle nie hande met hierdie Bediening en ander
Bedieninge wat EK, YAHUVEH, as MY mondstukke gebruik nie? Verstaan julle nog nie
dat EK, YAHUVEH, julle geseën het met julle beroepe, julle rykdomme, besittings
en gronde, huise, vir dit om gebruik te word nie net vir julle behoeftes nie
maar ook vir die Koninkryk van die Hemel se Eer, om voort te spreek, te veg, te
bestraf, en alles wat onheilig is te waarsku.
EK, YAHUVEH, gee nie vir julle die rykdom, grond en besittings om julle skatte
op te bou op die aarde waar vure, vloede, aardbewings, orkane, tornados, vulkane
en diewe dit kan wegneem in sekondes nie. EK vermaan julle nou, om julle
inkomste en besittings te gebruik om MY, YAHUVEH, en YAHUSHUA die lof, eer en
heerlikheid te bring. Bou op julle skatte nie op die aarde nie, maar in die
Hemel want EK waarsku julle, besef julle nie hoeveel wat nou hier lees, sou jy
dit maak Hemel toe, sal uitvind in die Hemel sal dit wees asof jy bankrot was
nie, julle store en kluise is leeg.
Aan diegene wat miljoene gee aan liefdadigheid in julle naam, vir julle eer en
belasting kwytskelding; geen belonings in die Hemel wag op julle as julle
hierdie nie doen in die naam van YAHUSHUA nie, as jy hierdie nie doen as kind
van YAHUSHUA nie. Jou goeie werke volg jou net Hemel toe slegs nadat jy YAHUSHUA
aanvaar as MESSIAS, en jy daarna strewe om HOM gehoorsaam te wees en HOM eerste
lief te hê in jou lewe en net wanneer jy dit doen vir YAHUSHUA se eer en
terwille van die Koninkryk van die Hemel sal dit staan.
Aan al diegene wat heidene is en YAHUSHUA weier as hul MESSIAS, weier om MY Tien
Gebooie te gehoorsaam, enige goeie werke wat julle doen ongeag hoeveel miljoene
julle gee, sal dit nog steeds nie vir julle 'n woning in die Hemel koop nie.
Weer sê EK julle goeie werke sal nie meer onthou word nie en julle sal in die
hel bly saam met die arm heidene.
EK het vir hierdie diensmaagd wat nou voortspreek 'n belofte gegee en 'n kykie
van haar belonings. Nou gee EK dieselfde belofte aan julle wat vennote is in
hierdie Bediening, arbei saam met hierdie bediening terwyl julle jul tiendes en
offerandes met hulle op-offer is hierdie 'n herinnering van waar julle jul
skatte opgaar. Almal van julle sal bymekaar staan en dieselfde belonings deel in
die Hemel.
Die grootste beloning wat EK gewys het vir MY Apostoliese profetiese diensmaagd
Apostel [Elisheva Eliyahu] in 'n visioen sal die ontmoeting en die omhelsing
wees van al die siele rond-om die wêreld wat geseënd was deur hierdie bediening
en die geheime waarhede gehoor het wat EK, YAHUVEH, onthul het.
Het jy nie gewonder hoekom jy al soveel keer getuig het aan ander oor die
reddende bloed van YAHUSHUA en jy geweet jy praat onder die salwing en gesag van
YAHUSHUA en tog was jy verwerp, beledig en gespot nie? Nou verstaan jy op 'n
manier wat jy nie verstaan het voorheen nie. Julle sien 'n man reg om ingehuldig
te word voor die wêreld (11/02/2003) spoggend hoe hy ‘n homoseksueel is en trots
is daarop. Julle sien hom opgestel word as geestelike leier agter 'n kerk kansel
maar EK, YAHUVEH, sê vir julle dit, almal wat hierdie gruwel goedkeur, almal wat
stilbly of hulself selfs net benoem onder daardie denominasie se naam, jou naam
sal nie gevind word in die Lam se Boek van die Lewe nie. Dit was reeds
voortbestem lank gelede. (Levitikus 18:22).
EK, YAHUVEH, het eerste Adam en Eva geskape, as manlik en vroulik en hierdie is
'n bespotting van die huwelik en EK, YAHUVEH, sal nie bespot word nie. Al julle
mense, pastore, geestelike en politiese leiers wat stilbly of MY wette verander
sal die toorn voel van YAHUVEH voel op 'n manier wat julle nog nie voorheen
geken het nie. Moenie mislei word nie dieselfde geslag huwelike het EK nie
verorden nie. Hoe lank sal julle aanhou om MY, YAHUVEH, te tart Amerika? Wee,
Wee, Wee jou, Amerika. Julle het gedoen en sal doen wat geen nasie op die
aangesig van hierdie aarde nog gedoen het nie. Het EK, YAHUVEH, nie deur hierdie
diensmaagd [Elisheva], geprofeteer nie Amerika, EK, YAHUVEH, hou die ergste vir
laaste, vir julle. California, voel jy nie die hitte van MY woede terwyl EK,
YAHUVEH, die vure met MY asem aangestook het en vlamme oor julle geblaas het
nie? Phoenix, Arizona het EK, YAHUVEH, nie deur MY Profete gewaarsku julle sou
brand nie, steeds hoe min het bekeer.
Julle politieke leiers maak wette uitdagend teen MY, YAHUVEH, weereens. Selfs
terwyl hierdie neergeskryf word debatteer hulle wanneer om die woord God uit te
haal van julle geldeenhede af, belowe plegtig en herskryf die konstitusie,
terwyl hulle MY 10 Gebooie gestroop word uit die publieke oog. Al diegene wat
hierdie gedoen het of nie geprotesteer het of nie gebid het en nie gehuil het
hierteen nie, weet dit, julle was getoets soos in Esegiël 9. EK, YAHUVEH, het
die Tien Gebooie geskryf in 'n tablet van klip, nou is julle harte so verhard
soos ‘n klip. Julle was ‘n rebel voor die grondlegging van die aarde en julle
het nie verander nie. Al diegene wat nie ween en protesteer teen aborsie nie,
julle is ook ‘n rebel en het nie verander nie. En kan alleenlik verander
afhangende van die keuse wat julle gemaak het in die geveg goed teen boiosheid
voor die grondlegging van die wêreld.
Al diegene wat homoseksualiteit propageer, spog, pronk, deelneem of ander leer
hierdie is maar net 'n ander alternatiewe leefstyl, ander onderrig dat hulle was
so gebore, hierdie is 'n leuen van satan en jy wat weier om te bekeer jy is ‘n
rebel en jy het nie verander nie. Jy sal maai wat jy gesaai het voor die
grondlegging van hierdie wêreld. (Romeine 1:24-32).
EK is YAHUVEH, die Skepper van die skepping. Julle rebelle wat soos 'n Judas is,
julle rebelle aanbid die skepping en aanbid geskape voorwerpe. Julle rebelle
weier om gehoorsaam te wees aan MY, YAHUVEH, en YAHUSHUA voor die grondlegging
van die aarde en nou weier julle om gehoorsaam te wees aan YAHUVEH en YAHUSHUA
vandag.
EK, YAHUVEH, het 'n waarskuwing vir al die politieke en geestelike leiers wat
weier om uit te spreek teen en te stem teen dit wat julle weet My Heilige
Skrifte Veroordeel as gruwels en sonde. Julle het ‘n kompromie aangegaan met
satan. Julle het MY, YAHUVEH, verraai voor die grondlegging van die aarde en
julle verraai MY, YAHUVEH, nou. Neem julle gerief nou in jul rykdom en
besittings want dit is waarlik die enigste gerief wat julle ooit sal hê in alle
ewigheid. Julle volgende bed sal in die hel wees en dan in die Poel van Vuur
waar wurms julle lakens sal wees en maaiers julle komberse.
Julle wêreldse musikante satan het aan julle die gawe gegee om mense te mislei
in wat musiek genoem word. EK, YAHUVEH, het sommige siele geseën wat EK geskape
het met 'n pragtige stem en musikale talente. Toe EK hierdie gawe gegee het het
EK dit bedoel om 'n seën te wees vir MY, YAHUVEH, toe verraai julle MY, YAHUVEH,
voor die grondlegging van die wêreld en nou gebruik die meerderheid hierdie
gawes om satan te verheerlik, om siele te sus in ‘n geestelike slaap in, om
demoniese geeste te plant diep binne-in en om mense op ‘n dwaalweg te lei met 'n
hipnotiese stem en 'n sataniese maatslag.
Sommige van julle wat julself musikante noem besef nie eens wat satan doen nie
en hoe satan jou gebruik het nie. As jy nie bekeer nie sal jy dans op die
deuntjie van satan se voete en saam met hom sal jy gemartel word in die poel van
vuur wat o so diep is. Die lyding kan jy nie begin begryp nie.
'n Waarskuwing aan die meeste akteurs en musikante, jy het jou siele verkoop vir
satan se belofte van roem en rykdom en jy het satan se kontrak geteken en 'n
ooreenkoms gemaak. Nou vir die wêreld pronk jy jou sondige leefstyl jou liggaam,
spog en ontbloot en homoseksualiteit probeer jy nie langer wegsteek en verbloem
nie. Spot nou betaal later want jy sal MY, YAHUVEH, se Groot toorn voel baie
binnekort.
Weet dit ganse menslike skepping, weet dat EK, YAHUVEH, en MY Geliefde Seun
YAHUSHUA, by ONS Trone sal ALMAL buig en kniel. Alle siele was geskape en
getoets op terselfdertyd. Slegs die siele wat lojaal was en geveg het teen
Lucifer voor die grondlegging van die wêreld dra nou die verlossings seël.
Hierdie is die waarheid wat EK MY Dogter en diensmaagd gebruik om te onthul, wat
satan probeer wegsteek en verbloem het. Al diegene met geestelike ore om te hoor
en geestelike oë om te sien sal MY, YAHUVEH, se stem hoor want julle is MY
skape. Julle sal nie langer verblind wees vir die waarheid nie. Alle siele wat
eens soos rebelle was sal weer wees en geestelik blind en doof bly en aanhou om
satan se pad te volg deur satan se leuens te sluk.
Aan diegene van MY Kinders wat gebid en gehuil het en gewonder het hoekom EK,
YAHUVEH, hierdie gruwels toegelaat het EK herinner julle weer Oordeel begin by
die huis van MY, YAHUVEH. Bestudeer Esegiël 9, watter een is jy? Die
goed-teen-kwaad-geveg word weer afgespeel op die aarde soos dit gedoen was in
die Hemel voor die grondlegging van die aarde. Elke geskape siel was getoets.
Aleenlik as jy lojaal was met die geveg met Lucifer sal jy MY Seun, YAHUSHUA,
nou op die aarde aanvaar as MESSIAS/God. Die eerste geveg was in die
Geestelikes-ryk in die Hemel, nou beveg julle satan en sy dienaars nou op aarde
met gebruik van YAHUVEH en YAHUSHUA se geestelike wapens wat EK, YAHUVEH, vir
julle gegee het in die Naam van YAHUSHUA deur die gestorte Bloed van YAHUSHUA.
EK, YAHUVEH, stuur MY Heiliges om te veg bo-op die hel, om te veg teen satan en
alles wat onheilig is. Om 'n getuie te wees vir YAHUVEH en YAHUSHUA se
Heerlikheid en om te bewys dat MY Kinders meer as oorwinnaars is deur YAHUSHUA
ha MASHIACH die Naam en die Bloed van MY enigste Verwekte Seun. Baie sê hulle
gee om maar hoe min bewys hulle gee om. EK het hierdie vir MY diensmaagd gesê
toe sy gebid en MY gevra het hoekom die meerderheid mense wat sê hierdie
Bediening en die profesieë en lering wat EK, YAHUVEH, voortspreek is 'n seën en
tog doen baie van hulle niks om die swaar las te lig of om 'n seën te wees op
enige manier nie.
Ek spreek hierdie weereens deur haar; julle moet aksie sit agter julle woorde.
Julle moenie net sê julle gee om nie, maar bewys julle gee om. Bestraf en
waarsku diegene wat gruwels doen en bemin en ondersteun diegene wat aksie sit
agter MY Heilige woorde. Geloof sonder werke is dood. Wee ‘n Skepping wat nie
die Skepper van alles aanbid nie. Slegs die Pottebakker het die gesag om SY klei
werktuie te vernietig. Sommige werktuie was geskep om Eer aan MY te bring;
sommiges is slegs geskik vir vernietiging. Kyk om julle, selfs die son ontplof
met MY vurige raserny soos nooit vantevore nie.
EK het MY Heilige Engel gestuur na hierdie diensmaagd maande gelede met hierdie
profetiese boodskap. Terwyl MY Heilige engel dit aan haar dikteer het staande
langs haar bed, het sy hierdie profetiese boodskap neergeskryf waar EK 'n geheim
gedeel het nog ongeken tot nou . MY Heilige Engel het vir haar gesê nou is nie
die regte tydstip om hierdie boodskap vry te stel nie dit was vir 'n vasgestelde
tyd nou is die tyd om te onthul dit wat weggesteek was. EK vertel MY geheime aan
MY Apostels en Profete en aan almal wat luister.
EK, YAHUVEH, het dit verseël terwyl sy nie haar eie handskrif kon lees nie,
behalwe een gedeelte wat is, ‘MY grootste weermag is nie geregistreer op die
aarde nie maar is geregistreer in die Hemel!’ (Openbaring 4:8, 11:17, 15:3,
16:7) Hierdie diensmaagd word nou uitgestuur en nou vrygestel, soos Esegiël 9 om
te seël met hierdie woord aan diegene wat gemerk is met die seël van beskermimg
en die fyn linne klere wat gedra word staan vir die geregtigheid van MY Seun
YAHUSHUA. Die voor-af bepaalde dag is die dag voor 'n homoseksuele uit die hel
geordineer word as ‘n biskop in die Episcopalian Kerk. EK spreek hierdie geheime
en waarsku weereens kom uit die kerke van Babilon, vlug uit die kerke van
Babilon.
So is dit gespreek, so is dit geskryf op hierdie dag van 01/11/03
11:15 voormiddag tot 2:45 namiddag. Gegee aan hierdie Diensmaagd Kind van
YAHUVEH en YAHUSHUA op ‘n Sabbatdag (Sat.) gedurende ‘n vas het ek wakker geword
biddende en die woord het onverwags voortgekom.
Apostel Elisheva Eliyahu