Shabbat Shalom!
Emor / Spreek
- hierdie week se profetiese leeswerk.


Esegiël 44:15-31;

44

15 Maar die Levitiese priesters, die kinders van Sadok, wat die diens van MY Heiligdom waargeneem het toe die kinders van Israel van MY af weggedwaal het, hulle moet na MY toe nader kom om MY te dien en voor MY aangesig staan om aan MY die vet en die bloed te offer, spreek die Here YAHUVEH.
16 Hulle moet in MY Heiligdom ingaan, en hulle moet na MY tafel toe nader kom om MY te dien en MY diens waarneem.
17 En as hulle na die poorte van die binneste voorhof ingaan, moet hulle linneklere aantrek; maar wol mag op hulle nie kom as hulle dien in die poorte van die binneste voorhof en daar binnekant nie. (Op 19:8)
18 Linne-hoofversiersels moet op hulle hoof wees en linnebroeke moet aan hulle heupe wees; hulle mag hul nie gord met iets wat laat sweet nie.
19 En as hulle uitgaan na die buitenste voorhof, na die buitenste voorhof na die volk toe, moet hulle hul klere uittrek waar hulle in gedien het, en dit neersit in die heilige kamers, en hulle moet ander klere aantrek, sodat hulle die volk nie heilig maak met hul klere nie.
20 En hulle moet hul hoof nie kaal skeer of die hare lank laat groei nie; behoorlik moet hulle hul hoofde skeer. (1 Kor 11:14)
21 Ook mag geen priester wyn drink as hy in die binneste voorhof ingaan nie. (Lev 10:9)
22 Ook mag hulle geen weduwee of een wat verstoot is, vir hulle as vrou neem nie; maar jongmeisies uit die geslag van die huis van Israel of ‘n weduwee wat deur ‘n priester as weduwee agtergelaat is, mag hulle neem.
23 En hulle moet MY volk die onderskeid leer tussen wat heilig en onheilig is, en hulle bekend maak die onderskeid tussen wat onrein en rein is.
24 En oor ‘n regsaak moet hulle optree om reg te spreek, volgens MY verordeninge moet hulle dit uitoefen; en hulle moet MY Wette en MY insettinge hou op al MY feestye en MY Sabbatte heilig.
25 En hy mag by ‘n lyk nie kom, sodat hy onrein word nie; net maar aan ‘n vader of ‘n moeder of ‘n seun of ‘n dogter, aan ‘n broer of ‘n suster wat nie aan ‘n man toebehoort nie, mag hulle hul verontreinig. (Lev 21:1-3)
26 En ná sy reiniging moet hulle vir hom sewe dae tel.
27 En op die dag as hy in die Heiligdom ingaan, in die binneste voorhof, om in die Heiligdom te dien, moet hy sy sondoffer bring, spreek die Here YAHUVEH.
28 En dit sal vir hulle ‘n erfdeel wees: EK is hulle erfdeel; en julle mag aan hulle geen besitting in Israel gee nie: EK is hulle besitting.
29 Die spysoffer en die sondoffer en die skuldoffer, dié moet hulle eet; en alles wat in Israel onder die ban is, moet vir hulle wees. (Num 18:9, 14)
30 En die beste van al die eerstelinge van alles en elke offergawe van alles, van al julle offergawes, moet vir die priesters wees; ook moet julle die eerstelinge van julle growwe meel aan die priester gee, om ‘n seën op jou huis te laat rus. (Num 18:12-13)
31 Geen aas of iets wat verskeur is, van voëls of van vee, mag die priesters eet nie. (Lev 7:24)

Jakobus 1:1-18;

1 Jakobus, ‘n dienskneg van ELOHIM en die Here YAHUSHUA Messias, aan die twaalf stamme wat in die verstrooiing is: Groete!
2 Ag dit louter vreugde, my broeders, wanneer julle in allerhande versoekinge val,
3 omdat julle weet dat die beproewing van julle geloof lydsaamheid bewerk.
4 Maar die lydsaamheid moet tot volle verwerkliking kom, sodat julle volmaak en sonder gebrek kan wees en in niks kortkom nie.
5 En as iemand van julle wysheid kortkom, laat hom dit van ELOHIM bid, wat aan almal eenvoudig gee sonder om te verwyt, en dit sal aan hom gegee word.
6 Maar hy moet in die geloof bid, sonder om te twyfel; want hy wat twyfel, is soos ‘n golf van die see wat deur die wind gedrywe en voortgesweep word.
7 Want dié mens moenie dink dat hy iets van die Here Almagtig sal ontvang nie—
8 so ‘n dubbelhartige man, onbestendig in al sy weë. (Ps 40:4)
9 Maar laat die broeder wat gering is, roem in sy hoogheid,
10 en die ryke in sy geringheid, want soos ‘n blom van die gras sal hy verbygaan.
11 Want die son gaan op met sy hitte en laat die gras verdor, en sy blom val af, en die sierlikheid van sy gedaante vergaan; so sal die ryke ook in sy weë verwelk. (Jes 40:6, 7)
12 Salig is die man wat versoeking verdra, want as hy die toets deurstaan het, sal hy die kroon van (Hierdie brief moes die brief gewees het van Jakobus (Jacob) die halfbroer van YAHUSHUA. Later het die koning van Engeland James, die boek verander na sy naam toe die bybel in Engels gedruk was. Hierdie brief is ook geskryf aan die Huis van Israel in Diaspora wat wys dat die stamme nie verlore was nie (1 Pet 1:6-7, 1 Pet 7:12-13) die lewe ontvang wat YAHUVEH beloof het aan die wat Hom liefhet.
13 Laat niemand, as hy in versoeking kom, sê: Ek word deur ELOHIM versoek nie. Want ELOHIM kan deur die kwaad nie versoek word nie, en self versoek HY niemand nie.
14 Maar elkeen word versoek as hy deur sy eie begeerlikheid weggesleep en verlok word.
15 Daarna, as die begeerlikheid ontvang het, baar dit sonde; en as die sonde tot volle ontwikkeling gekom het, bring dit die dood voort. (Eseg 18:4 Rom 6:23)
16 Moenie dwaal nie, my geliefde broeders.
17 Elke goeie gif en elke volmaakte gawe daal van bo af neer, van die Vader van die ligte, by wie daar geen verandering of skaduwee van omkering is nie.
18 Volgens SY wil het HY ons voortgebring deur die Woord van die waarheid, sodat ons as eerstelinge van SY skepsele kan wees.