Shabbat Shalom!
Sukkot Shabbat Chol Hamoed
- hierdie week se Torah lees.


Eksodus 33:12-34:26;

33

12 Toe het Moses met YAHUVEH gespreek: U sê nou wel aan my: Ek moet hierdie volk laat optrek, maar U laat my nie weet wie U saam met my sal stuur nie, hoewel U gesê het: EK ken jou by die naam, en jy het ook genade in MY oë gevind.
13 As ek dan nou genade in U oë gevind het, maak my dan tog U weë bekend, dat ek U kan ken; sodat ek genade in U oë kan vind. En bedink tog dat hierdie nasie U volk is.
14 En HY antwoord: Moet EK self meegaan om jou die rusplek te verskaf?
15 Toe sê hy vir HOM: As U nie self meegaan nie, laat ons dan nie hiervandaan optrek nie.
16 Want waaraan sou dan bekend word dat ek genade in U oë gevind het, ek en U volk? Is dit nie daaraan dat U met ons saamtrek nie? So sal ons, ek en U volk, onderskeie wees van elke volk wat op die aarde is.
17 Toe sê YAHUVEH aan Moses: Ook hierdie versoek wat jy uitgespreek het, daaraan sal EK voldoen; want jy het genade gevind in MY oë, en EK ken jou by die naam.
18 Daarop vra hy: Laat my tog U heerlikheid sien. (Luk 9:23-35)
19 Maar HY antwoord: EK sal al MY majesteit by jou laat verbygaan en voor jou die Naam van YAHUVEH uitroep; maar EK sal genadig wees vir wie EK genadig wil wees, en MY ontferm oor wie EK MY wil ontferm.
20 Verder het HY gesê: Jy kan MY aangesig nie sien nie, want geen mens kan MY sien en bly lewe nie.
21 Ook het YAHUVEH gesê: Kyk, hier is ‘n plek by MY waar jy op die rots kan gaan staan.
22 En as MY heerlikheid verbygaan, sal EK jou in die skeur van die rots stel en jou met MY hand oordek totdat EK verbygegaan het.
23 En as EK MY hand wegneem, sal jy MY van agter sien; maar MY aangesig kan nie gesien word nie.

*~ Exodus Hoofstuk 34 ~*


1 Toe het YAHUVEH aan Moses gesê: Kap vir jou twee kliptafels soos die eerstes; dan sal EK op die tafels die Woorde skrywe wat op die eerste tafels was, wat jy verbrysel het.
2 En hou jou gereed teen die môre, en klim in die môre op die berg Sinai en gaan daar staan by MY op die top van die berg.
3 Maar niemand mag saam met jou opklim nie; laat daar ook niemand op die hele berg gesien word nie; laat ook geen kleinvee of beeste teen hierdie berg wei nie.
4 Toe het hy twee kliptafels gekap soos die eerstes, en Moses het die môre vroeg klaargemaak en op die berg Sinai geklim, soos YAHUVEH hom beveel het, en die twee kliptafels in sy hand geneem.
5 En YAHUVEH het neergedaal in die wolk en daar by hom gestaan. En HY het die Naam van YAHUVEH uitgeroep.
6 En toe YAHUVEH by hom verbygaan, het HY geroep: YAHUVEH, YAHUVEH, barmhartige en genadige ELOHIM, lankmoedig en groot van goedertierenheid en trou;
7 wat die goedertierenheid bewaar vir duisende, wat ongeregtigheid en oortreding en sonde vergewe, maar nooit ongestraf laat bly nie; wat die ongeregtigheid van die vaders besoek aan die kinders en aan die kindskinders, aan die derde en aan die vierde geslag.
8 Toe het Moses hom gou na die aarde toe gebuig en neergeval
9 en gesê: YAHUVEH, as ek genade in U oë gevind het, laat dan tog die Here in ons midde trek; want dit is ‘n hardnekkige volk; maar vergewe ons ongeregtigheid en ons sonde, en neem ons aan as ‘n erfdeel.
10 Toe antwoord HY: Kyk, EK sluit ‘n verbond; voor jou hele volk sal EK wonders doen soos daar op die hele aarde en onder al die nasies nie geskape is nie, sodat die hele volk onder wie jy is, die werk van YAHUVEH kan sien. Want verskriklik (awesome) is dit wat EK aan jou gaan doen.
11 Onderhou wat EK jou vandag beveel. Kyk, EK verdrywe voor jou uit die Amoriete, Kanaäniete, Hetiete, Feresiete, Hewiete en Jebusiete.
12 Neem jou in ag dat jy geen verbond sluit met die inwoner van die land waarin jy kom nie; sodat hy nie miskien ‘n strik by jou word nie.
13 Maar hulle altare moet julle omgooi en hulle klippilare verbrysel en hulle heilige boomstamme afkap.
14 Want jy mag jou nie neerbuig voor ‘n ander god (elohim) nie; want YAHUVEH se Naam is Jaloers—’n jaloerse ELOHIM is HY.
15 Sluit tog nie ‘n verbond met die inwoner van die land nie! As hulle agter hulle elohim aan hoereer en aan hulle elohim offer, sal hy jou uitnooi, en jy sal van sy offer eet;
16 en jy sal van sy dogters neem vir jou seuns, en sy dogters sal agter hulle elohim aan hoereer en jou seuns agter hulle elohim aan laat hoereer.
17 Jy mag vir jou geen gegote gode maak nie.
18 Die Fees van die Ongesuurde Brode moet jy hou; sewe dae lank moet jy ongesuurde brode eet soos EK jou beveel het, op die bepaalde tyd in die maand Abib; want in die maand Abib het jy uit Egipte uitgetrek.
19 Alles wat die moederskoot open, is MYNE; ook al jou vee wat manlik is, die eerstelinge van beeste en kleinvee.
20 Maar die eersteling van ‘n esel moet jy met ‘n lam loskoop; en as jy dit nie loskoop nie, moet jy sy nek breek. Al jou eersgebore seuns moet jy loskoop, en niemand mag met leë hande voor MY aangesig verskyn nie.
21 Ses dae moet jy arbei, maar op die sewende dag moet jy rus. In die ploegtyd en in die oestyd moet jy rus.
22 Die Fees van die Weke moet jy ook hou, die Fees van die Eerstelinge van die koring-oes; en die Fees van die Insameling by die wisseling van die jaar.
23 Al jou manspersone moet drie maal in die jaar voor die aangesig van die Here YAHUVEH, die ELOHIM van Israel, verskyn.
24 Want EK sal nasies voor jou uitdrywe en jou grondgebied uitbrei, sodat niemand jou land sal begeer nie terwyl jy opgaan om te verskyn voor die aangesig van YAHUVEH jou ELOHIM, drie maal in die jaar.
25 Jy mag die bloed van MY offer nie saam met gesuurde brood slag nie, en die offer van die paasfees mag nie tot die môre toe oorbly nie.
26 Die beste van die eerstelinge van jou grond moet jy in die huis van YAHUVEH jou ELOHIM bring. Jy mag die bokkie nie kook in sy moeder se melk nie.