38
18 Maar in dié dag, die dag as Gog teen die land van Israel aankom, spreek
die Here YAHUVEH, sal MY grimmigheid in MY neus opkom.
19 Ja, in MY ywer spreek EK, in die vuur van MY grimmigheid: Waarlik, in dié dag
sal daar ‘n groot aardbewing wees in die land van Israel,
20 sodat van MY aangesig af weg sal bewe die visse van die see en die voëls van
die hemel en die wilde diere van die veld en al die gedierte wat op die grond
kruip, en al die mense wat op die aarde is; en die berge sal omvergegooi word en
die kranse inmekaarstort en al die mure op die aarde val. (Nah 1:5-6)
21 En EK sal die swaard oproep teen hom na al MY berge, spreek die Here YAHUVEH;
die swaard van die een sal teen die ander wees.
22 En EK sal met hom in die gereg gaan deur pes en deur bloed; en oorstromende
stortreën en haelstene, vuur en swawel op hom laat reën en op sy leërs en op
baie volke wat saam met hom is.(Op 9:7, 16:21)
23 So sal EK MY dan as groot en as heilig laat ken en Myself bekend maak voor
die oë van baie nasies; en hulle sal weet dat EK YAHUVEH is.
*~ Esegiël Hoofstuk 39 ~*
1 En jy, mensekind, profeteer teen Gog en sê: So spreek die Here YAHUVEH: Kyk,
EK het dit teen jou, o Gog, vors van Ros, Meseg en Tubal.
2 En EK sal jou weglok en jou lei en jou laat optrek uit die agterhoeke van die
Noorde en jou laat kom op die berge van Israel.
3 Maar EK sal jou boog uit jou linkerhand slaan en jou pyle uit jou regterhand
laat val.
4 Op die berge van Israel sal jy val, jy en al jou leërs en die volke wat saam
met jou is; aan die roofvoëls van allerhande vere en aan die wilde diere van die
veld het EK jou as voedsel gegee. (Op 19:17-18)
5 Op die oop veld sal jy val; want EK het dit gesê, spreek die Here YAHUVEH.
6 En EK sal ‘n vuur slinger in Magog en onder hulle wat in die kuslande veilig
woon; en hulle sal weet dat EK YAHUVEH is.
7 En EK sal MY heilige Naam bekend maak onder MY volk Israel en sal MY heilige
Naam nie meer laat ontheilig nie; en die nasies sal weet dat EK YAHUVEH is, die
Heilige in Israel.
8 Kyk, dit kom en gebeur, spreek die Here YAHUVEH. Dit is die dag waarvan EK
gespreek het.
9 En die inwoners van die stede van Israel sal uitgaan en vuur maak en stook met
die wapens: klein en groot skilde, met boë en pyle en knopkieries en spiese; en
hulle sal daarmee vuur maak sewe jaar lank; (Mig 4:3)
10 sodat hulle geen hout uit die veld sal dra of in die bosse sal kap nie, maar
met die wapens vuur sal maak; en hulle sal plunder die wat hulle geplunder het,
en berowe die wat hulle beroof het, spreek die Here YAHUVEH.
11 En in dié dag sal EK aan Gog ‘n plek gee waar ‘n graf sal wees in Israel, die
dal van die trekkers aan die oostekant van die see, en dit sal vir die
deurtrekkers die pad toemaak; en daar sal hulle Gog begrawe en sy hele menigte
en dit noem: Die dal van Gog se menigte.
12 En die huis van Israel sal hulle begrawe om die land te reinig, sewe maande
lank.
13 En al die mense van die land sal begrawe, en dit sal hulle roem wees, die dag
as EK MY verheerlik, spreek die Here YAHUVEH.
14 Ook sal hulle vaste manne afsonder wat die land deurgaan en die trekkers
begrawe wat bo-op die grond oorgebly het, om dit te reinig. Aan die einde van
sewe maande sal hulle ‘n ondersoek instel,
15 en sien een van hulle wat deur die land trek, ‘n mensebeen, dan rig hy daarby
‘n merkteken op, totdat die begrawers dit begrawe het in die dal van Gog se
menigte.
16 En ook sal die naam van ‘n stad wees Hamóna. So sal hulle dan die land reinig.
Lukas 2:1–20;
1 En in daardie dae het daar ‘n bevel uitgegaan van keiser Augustus dat die hele
wêreld ingeskryf moes word.
2 Hierdie eerste inskrywing het plaasgevind toe Cirénius goewerneur van Sírië
was.
3 En almal het gegaan om ingeskryf te word, elkeen na sy eie stad.
4 En Josef het ook opgegaan van Galiléa, uit die stad Násaret, na Judéa, na die
stad van Dawid, wat Betlehem genoem word, omdat hy uit die huis en geslag van
Dawid was,
5 om hom te laat inskrywe saam met Maria, die vrou aan wie hy hom verloof het,
wat swanger was.
6 En terwyl hulle daar was, is die dae vervul dat sy moes baar;
7 en sy het haar eersgebore Seun gebaar en HOM toegedraai in doeke en HOM in die
krip neergelê, omdat daar vir hulle geen plek in die herberg was nie.
8 En daar was herders in dieselfde landstreek, wat in die oop veld gebly en in
die nag oor hulle skape wag gehou het.
9 En meteens staan daar ‘n engel van ELOHIM by hulle, en die heerlikheid van
YAHUVEH het rondom hulle geskyn en groot vrees het hulle oorweldig.
10 En die engel sê vir hulle: Moenie vrees nie, want kyk, ek bring julle ‘n
goeie tyding van groot blydskap wat vir die hele volk sal wees,
11 dat vir julle vandag in die stad van Dawid gebore is die Saligmaker wat
Christus, YAHUVEH2, is.
12 En dit is vir julle die teken: julle sal ‘n Kindjie vind wat in doeke
toegedraai is en wat in die krip lê.
13 En skielik was daar saam met die engel ‘n menigte van die hemelse leërskare
wat YAHUVEH prys en sê:
14 Eer aan YAHUVEH in die hoogste hemele en vrede op aarde, in die mense ‘n
welbehae!
15 En toe die engele van hulle weggegaan het na die hemel, sê die herders vir
mekaar: Laat ons dan na Betlehem gaan en hierdie ding sien wat gebeur het, wat
YAHUVEH aan ons bekend gemaak het.
16 En hulle het met haas gegaan en Maria en Josef gevind en die Kindjie wat in
die krip lê.
17 En toe hulle dit gesien het, het hulle oral die woord bekend gemaak wat aan
hulle van dié Kindjie vertel is.
18 En almal wat dit gehoor het, was verwonderd oor wat deur die herders aan
hulle vertel is;
19 maar Maria het al hierdie woorde bewaar en in haar hart oordink.
20 En die herders het teruggegaan en YAHUVEH verheerlik en geprys oor alles wat
hulle gehoor en gesien het, net soos aan hulle gesê is.