7
3 En daar was vier melaatse manne by die ingang van die poort; hulle het die
een vir die ander gesê: Wat bly ons hier totdat ons sterwe?
4 As ons sê: Laat ons in die stad ingaan—aangesien daar hongersnood in die stad
is—sal ons daar sterwe; en as ons hier bly, sal ons sterwe; kom dan nou en laat
ons oorloop na die laer van die Arameërs. As hulle ons laat lewe, dan bly ons
lewe; en as hulle ons doodmaak, dan sterwe ons.
5 En hulle het klaargemaak in die aandskemer om in die laer van die Arameërs in
te gaan; maar toe hulle aan die buitekant van die laer van die Arameërs kom, was
daar niemand nie.
6 Want YAHUVEH het die leër van die Arameërs ‘n gedruis van waens en ‘n gedruis
van perde, ‘n gedruis van ‘n groot leërmag laat hoor, sodat hulle die een vir
die ander gesê het: Kyk, die koning van Israel het die konings van die Hetiete
en die konings van die Egiptenaars teen ons gehuur om ons te oorval.
7 Daarom het hulle in die skemer klaargemaak en gevlug, maar hulle tente en
perde en esels, die laer soos dit was, in die steek gelaat; en hulle het vir hul
lewe gevlug.
8 En toe daardie melaatse manne by die kant van die laer kom, het hulle een tent
binnegegaan en geëet en gedrink en daar silwer en goud en klere uit weggeneem en
dit gaan begrawe. Daarna het hulle teruggekom en ‘n ander tent binnegegaan en
ook daaruit weggeneem en dit gaan begrawe.
9 Toe sê hulle die een vir die ander: Ons doen nie reg nie. Hierdie dag is ‘n
dag van goeie boodskap, en ons bly stil! As ons vertoef tot die môrelig toe, dan
sal ons skuldig staan. Kom dan nou, laat ons gaan en dit in die huis van die
koning vertel.
10 En hulle het gekom en na die poortwagters van die stad geroep en aan hulle
berig gebring en gesê: Ons het by die laer van die Arameërs gekom, maar kyk,
daar was niemand en geen mens se stem nie, maar net vasgemaakte perde en
vasgemaakte esels en tente net soos dit was.
11 En die poortwagters het geroep en dit binne-in die huis van die koning vertel.
12 Toe staan die koning in die nag op en sê aan sy dienaars: Laat ek julle
vertel wat die Arameërs aan ons gedoen het. Hulle weet dat ons honger ly; daarom
het hulle uit die laer getrek om hulle in die veld weg te steek, en gesê: As
hulle uit die stad uittrek, sal ons hulle lewendig vang en in die stad inkom.
13 Maar een van sy dienaars antwoord en sê: Laat hulle dan tog vyf van die perde
wat hier oorgebly het, neem—kyk, hulle is soos die hele menigte van Israel wat
hier oor is; kyk, hulle is soos die hele menigte van Israel wat omgekom het—laat
ons dié dan stuur en sien.
14 Hulle neem toe twee strydwaens met perde; en die koning het agter die leër
van die Arameërs aan gestuur en gesê: Gaan kyk.
15 En hulle het agter hulle aan gegaan tot by die Jordaan; en kyk, die hele pad
was vol klere en voorwerpe wat die Arameërs in hulle oorhaastige vlug weggegooi
het. Daarop draai die boodskappers om en deel dit aan die koning mee.
16 Toe gaan die volk uit om die laer van die Arameërs te plunder; en ‘n maat
fynmeel het ‘n sikkel gekos, en twee mate gars ‘n sikkel, volgens die woord van
YAHUVEH.
17 En die koning het die adjudant op wie se arm hy geleun het, oor die poort
aangestel; maar die volk het hom in die poort vertrap, sodat hy gesterf het
volgens die woord van die man van ELOHIM, deur hom uitgespreek toe die koning na
hom afgekom het.
18 Want toe die man van ELOHIM met die koning gespreek en gesê het: Môre omtrent
sulke tyd sal twee mate gars ‘n sikkel, en ‘n maat fynmeel ‘n sikkel werd wees
in die poort van Samaría—
19 het die adjudant die man van ELOHIM geantwoord en gesê: Al maak YAHUVEH ook
vensters in die hemel, sou so iets kan gebeur? En hy het gesê: Kyk, jy sal dit
met jou oë sien, maar nie daarvan eet nie.
20 En so het dit met hom gegaan—die mense het hom in die poort vertrap, sodat hy
gesterf het
Markus 1:35-45;
35 En vroeg in die môre, nog diep in die nag, het HY opgestaan en uitgegaan en
na ‘n eensame plek vertrek en daar gebid.
36 En Simon en die wat by HOM was, het HOM gevolg.
37 En toe hulle HOM vind, sê hulle vir HOM: Almal soek U.
38 En HY sê vir hulle: Laat ons na die naburige dorpe gaan, sodat EK ook daar
kan preek; want daarvoor het EK uitgegaan.
39 En HY het die hele Galiléa deur in hulle sinagoges gepreek en die duiwels
uitgedryf.
40 En daar kom ‘n melaatse na HOM toe wat HOM smeek en voor HOM op die knieë val
en vir HOM sê: As U wil, kan U my reinig.
41 En YAHUSHUA het vir hom innig jammer gevoel en die hand uitgesteek en hom
aangeraak en vir hom gesê: EK wil, word gereinig!
42 En toe HY dit sê, het die melaatsheid hom dadelik verlaat, en hy is gereinig.
43 En nadat HY hom ernstig aangespreek het, stuur HY hom dadelik weg
44 en sê vir hom: Pas op dat jy aan niemand iets vertel nie, maar gaan vertoon
jou aan die priester en offer vir jou reiniging wat Moses voorgeskryf het, tot
‘n getuienis vir hulle.
45 Maar hy het uitgegaan en begin om baie dinge rond te vertel en die saak
rugbaar te maak, sodat HY nie meer openlik in ‘n stad kon ingaan nie; maar HY
was buite in verlate plekke, en hulle het van alle kante na HOM gekom.