Van Profesie 105 af, het YAHUVEH gesê hierdie moet van nou af op al die Profesieë geplaas word: Elisabeth (Elisheva) EK het jou lank gelede gewaarsku om nie hierdie Bediening na ‘n man of ‘n vrou te vernoem nie, selfs nog voordat daar ‘n Bediening was. EK het dit in jou gees geplaas want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, niks hiervan het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit die Mond van YAHUVEH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van YAHUSHUA jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van die RUACH ha KODESH jou IMMAYAH geboorte gegee. As dit net deur jou hand was sou dit lankal misluk het. Dit is deur die SHKHINYAH GLORIE se Wind wat oor hierdie aarde waai, die Heilige Wind van Herlewing, dit is nie deur jou asem nie, anders sou dit misluk het. “EK is YAHVEH, dit is MY NAAM; en MY EER sal EK aan geen ander gee, of ook MY LOF aan die gesnede beelde nie”. (Jesaja 42:8)
19 April, 2024
Hierdie kom uit Profesie 105, YAHUVEH het beveel dat dit op alle Profesieë
bygevoeg moet word van nou af:
Hierdie Profetiese Woord het voortgekom terwyl ons gebid het vir een van ons
geliefde seuns in YAHUSHUA. Die hele woord is nie geplaas nie want dit is
persoonlik maar hierdie is deel van daardie woord wat van toepassing is op baie
ander en ons is beveel deur YAH om dit te plaas tot hulle voordeel. Hierdie
persoonlike Woorde van YAH is nooit net vir een persoon nie maar vele.
Hierdie kom uit Profesie 105, YAHUVEH het beveel dat dit op alle Profesieë
bygevoeg moet word van nou af:
EK het jou lank gelede gewaarsku [Elisheva] om nie hierdie Bediening na ‘n man
of ‘n vrou te vernoem nie selfs nog voordat daar ‘n Bediening was. EK het dit in
jou gees geplaas want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, niks hiervan
het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit die Mond van YAHUVEH geboorte gegee.
Dit is uit die Mond van YAHUSHUA jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die
Mond van die RUACH HA KODESH jou IMMAYAH geboorte gegee. As dit net deur jou
hand was sou dit lankal misluk het. Dit is deur die SHKHINYAH HEERLIKHEID se
Wind wat oor hierdie aarde waai, die Heilige Wind van Herlewing, dit is nie deur
jou asem nie anders sou dit misluk het (Jesaja 42:8)
In Julie 2010 Het YAHUVEH GOD beveel dat die volgende bygevoeg word voor elke
Profesie:
2Kronieke 36:16
“Maar hulle het die boodskappers van ELOHIEM uitgelag, SY Woorde verag en met SY
Profete gespot totdat die gramskap van YAHWEH teen SY volk opgekom het, totdat
daar geen genesing meer was nie.”
* * * * * * *
Hierdie was oorgeskryf vanaf oudioband:
Elisheva: 17 Oktober 2008. Ek kon nie slaap nie. Baie is aan die gang in ons
lewens op die oomblik. Haat kom na my toe uit soveel verskillende rigtings dit
voel soos 'n wapen en ek weet die vyand gaan my haat maar wat die seerste maak
is diegene wat beweer hulle is lief vir JESUS (YAHUSHUA) en tog stuur hulle hul
wapens van haat. En haat is 'n gees hetsy mense dit weet of nie en wanneer jy
haat stuur jy 'n bose gees uit veral wanneer dit teenoor iemand is wat lief is
vir YAHUSHUA.
So in elkgeval, ons was in gebed en ek het hierdie visioen gehad wat ek oor en
oor en oor gesien het. Ons het gebid oor iets persoonliks in ons lewens hier in
die Bruid-Toevlugsoord want die aanvalle was hewig veral sedert ons daardie
$6,500 spandeer het net om in staat te wees om die Waarheid te spreek vir
diegene wat rense.com sou lees. Ons kry die briewe dat die teruggevallenes
teruggekeer het en die nuwe bekeerlinge hul lewe gegee het vir YAHUSHUA ons
MASHIACH maar ons kry haatlike, haatlike, haatlike briewe. En wee julle wat
hierdie haatlike briewe stuur. Die aardigste deel is ons hoor selfs van aliens
maar ons sal nie nou daarop ingaan nie want hulle is regtig nie snaaks nie en
ons weet hulle is werklik. Dit is net dat selfs húlle dink hierdie Bediening is
'n bedreiging.
So hier is my visioen terwyl ek saam met Kathrynyah gebid het. Ons was biddend
en hierdie is die visioen wat ek oor en oor gesien het. Ek het nog nooit 'n
visioen so gehad nie want ek kon hierdie vashou. Ek kon dit vashou om duidelik
te sien wat daar was en dan het ek my oë oopgemaak en ek het met Kathrynyah
gepraat en dan maak ek weer my oë toe en dit is weer terug. Dit het 3 keer
gebeur en ek wil hierdie altyd onthou. Hierdie is 'n tyd van Sukkot. Dit sal die
derde aand wees vanaand en so sal hierdie 'n Sukkot Boodskap wees. Wat ek gesien
het was 'n reghoekige venster en dit het beslis gelyk asof dit in 'n tronksel
was. Dit het 5 dik tralies gehad wat ondertoe kom. Ek het gekyk en ek het die
tralies getel. Hulle was swart, dik, swaar tralies. Terwyl ek by die venster
uitgekyk het kon ek vaagweg 'n boom uitmaak. Toe sê ek, "Wat is dit wat ek sien?
O, dit is 'n boom." Skielik het YAHUVEH die tralies weggeneem en ek kon duidelik
sien. Daar was 5 baie lang, sterk, gesonde, ons kan dit Immergroen Bome noem
maar ek hoor aanmekaar die woord "spar" boom, wat in 'n ry staan, pragtige bome.
Dan maak ek my oë oop en ek sou vir Kathrynyah se, "Wow, kyk wat het ek nou net
gesien". Ek is nie een wat so maklik visioene kry nie, gewoonlik sal hulle net
so vinnig kom en gaan maar hierdie was 'n langdurige visioen. HY wou hê ek moes
hierdie sien. Elke keer wat ek my oë oopgemaak het en dan my oë toemaak en ons
selfs op 'n ander onderwerp was en wow, sien ek weer die tronktralies. Dan sien
ek hulle is weg en ek sien weer die 5 bome.
Ek het hierdie bepeins agterna. Ek het gesê, "Bid asseblief hieroor. Ek het nie
die betekenis hiervan nie dit pla my en ek sal geen vrede hê voor ek die
betekenis van hierdie visioen het nie." Terwyl ons begin bid het, was dit
skielik so maklik en 'n Woord begin voortkom. So nou gaan ek glo in geloof dat
ABBA YAHUVEH vir my hierdie sal teruggee, die betekenis van die visioen en die
Woord wat HY het.
Ek het reeds gevra en ek het reeds die Bloed oor my lippe gepleit van YAHUSHUA
ons MASHIACH. Ek het reeds 'n slot en ‘n grendel op hulle gesit. Ek het HOM
reeds herinner HY is die SKEPPER van hierdie lippe en HY is die enigste EEN wat
hierdie lippe kan weerhou om enige woord voort te spreek wat nie van HOM is nie.
Ek moedig enige iemand aan wat glo dat hulle die gawe van 'n profeet het, dat
hulle dieselfde ding moet doen want waarlik is vals profete op hierdie oomblik
oral en dan is daar diegene wat vals profeteer en tog het hulle YAHUSHUA lief en
ek betwyfel dit nie. Maar die dinge wat hulle profeteer gebeur nie en hulle was
mislei deur 'n bose gees of hulle vlees spreek uit. In ieder geval was hulle
mislei en tog het YAHUVEH gesê hierdie is nie "vals profete" nie maar hulle het
vals geprofeteer. 'n Vals profeet is iemand wat bewustelik mense mislei vir hul
eie motiewe, hulle na 'n ander waarheid sal lei, na 'n ander god toe.
Ek lag nou want ek dink aan 'orgone' en 'n sekere vals profeet genaamd Sherry
Shriner wat wil hê julle moet jul geloof in 'orgone' stel, wat nou die
afskuwelikste leuens teen my en hierdie Bediening spreek, maar nou ja, wat kan
jy verwag van 'n aliën? So in elkgeval, nou vra ek vir ABBA YAHUVEH om hierdie
Woorde aan my terug te gee.
In die Naam van YAHUSHUA ons MASHIACH. So ABBA YAHUVEH, weer vra ek vir U of U
asseblief vir my sal herhaal, as dit U was wat hierdie Woorde gespreek het,
herhaal asseblief dan weer vir my, wat was die tronktralies wat ek gesien het?
Hoekom was hulle verwyder en hoekom het die 5 sterk bome daar gestaan, die spar
bome?
* * * * * * *
Elisheva spreek in Heilige Tale:
O ABBA YAHUVEH, asseblief gee dit weer vir my. Ek is so jammer dat ons nie
gereed was nie. Gee dit asseblief vir my terug. Wanneer ek sê ons was nie gereed
nie, het ons nie batterye in die bandopnemer gehad nie en die Salwing is so
broos.
Die Profetiese Woord Begin.....
O MY kosbare Bruid, MY kosbare Bruid, My kosbare Bruid, met hierdie tyd van
feesviering gedurende Sukkot gee EK vir julle hierdie Boodskap van hoop. EK
spreek met diegene wat MY eerste stel in hulle liefde, in hulle lewe. Wat nie
skaam is vir die Naam van YAHUSHUA julle MESSIAS nie. Alle ander gaan net voort
en bly doof en bly blind. Hierdie Woord is nie vir julle op hierdie tydstip nie.
EK wys vir jou [Elisheva] 'n visioen van 'n tronkvenster met 5 tralies. MY
kosbare Bruid, julle word verteenwoordig deur die 5 Wyse Maagde in die Gelykenis
in die Heilige Skrifte. Die vyand sal probeer om julle te verstrik en op te
sluit op 5 verskillende maniere. Daar is net een manier uit. Daar is net een
uitsig.
Want reg voor jul oë [Elisheva], verwyder EK daardie tralies want dit is MY
belofte aan MY Bruid en julle sal staan soos daardie sparboom geplant by die
water, die LEWENDE WATER en EK spreek gesondheid, en EK spreek voorspoed en EK
spreek die seëninge gereserveer vir diegene wat gehoorsaam in Deut 28. En die 5
bome verteenwoordig die 5 Wyse Maagde wat MY Ware Bruid verteenwoordig.
EK sal altyd 'n weg voorsien vir julle van ontvlugting, selfs wanneer julle dink
die vyand het julle ingehok. Keer-op-keer het EK dit gesê vir [Elisheva], julle
wandel in geloof en nie deur aanskouing nie. Pasop MY kosbare Bruid, 5
verskillende maniere, sal die vyande van hierdie wêreld en die vyande wat na
hierdie wêreld toe kom, probeer om julle op te sluit op 5 verskillende maniere.
EK waarsku julle nou, soek MY, bid waar julle Ark is. Bid wanneer dit nie meer
veilig is vir julle om te bly waar julle is nie, bid dat EK ‘n huis van
veiligheid vir julle oprig, 'n veilige toevlugsoord. EK vertel julle vooruit wat
die vyand beplan om te doen.
Dis net 'n kwessie van tyd. Dis net 'n kwessie van tyd.
Weeg julle woorde versigting af. Geliefde Bruid raak gewoond daaraan om oor jul
rug te kyk want selfs diegene wat julle liefhet, as hulle nie gered is nie, sal
aanval. Pasop MY Bruid. Bewaar jou tong. So was die dae van ouds. Hartseer om te
sê hierdie dae het gekom vir sommige. Vir ander sal dit later kom.
Die vyand spioeneer op julle. Hulle probeer om julle elke beweging dop te hou.
Hulle verdraai julle woorde asof dit 'n dolk is om in julle hart in te druk. MY
geliefde Bruid, daar is nie meer so iets soos vryheid op hierdie aarde vir julle
nie behalwe as dit deur MY is. In MY Naam, in die Naam van YAHUSHUA julle
MASHIACH, daar is vryheid in MY. So, verberg julself vir 'n kort rukkie totdat
MY grimmigheid en MY raserny en MY toorn oorbeweeg oor diegene wat net geskik is
om MY vyande te wees. Want die haatlike woorde en dade gedoen aan julle, want
die vervolging wat kom na julle toe, dit is omdat hulle MY sien in julle.
Hulle kan MY nie aanraak nie. Maar omdat julle in die vlees is, weet die vyand
waarheen om hul wapens te slinger. Julle leef in 'n bose, bose, bose tyd waar
goed van gepraat word as boosheid en van boosheid word gepraat as goed, waar
seksuele sonde woed en al die moraliteits-grense geheel en al verdof is; selfs
in die meerderheid van die kerke weier hulle om te spreek wat moraliteit is!
Hulle vrees die regering meer as vir YAHUVEH! En hiervoor gaan julle pastore
boet. Julle het julle siele verkoop vir hierdie belastingvrystellings-status.
Hoe bediening vir MY julle kon vergoed geldelik.
Sommige van julle het bekeer want julle het nie geweet wat julle gedoen het nie.
Sommige van julle het gesê, "Vat hierdie belastingvrystellings-status (Elisheva
sê, "Goed, ek sal dit sê") en druk dit waar die son nie skyn nie!" Julle behaag
MY. Julle is vergewe. Julle het hierdie verkeerdheid reggestel.
Maar vir die ander pastore van die ander kerke wat hierdie omkopery van die
regering gevat het om 'n slot en grendel oor julle lippe te sit, (Elisheva sê,
o, my hand is lam!") het EK gesê, “Weg van MY! EK het julle nooit geken nie! MY
Gees word nie gevind in julle kerke nie!”
Joel Osteen, jy het 'n prys om te betaal. Met jou siel, sal jy betaal! Jy is
niks meer as die Redenaar (Spreker) nie. Jy staan agter 'n preekstoel maar daar
is niks Heiligs in jou of jou vrou en die gemeente wat hierdie saal vul en die
kerkbanke vul vlak-vir-vlak nie, EK ken nie enige van julle nie! Julle is nie
Heilig nie.
Julle kom net om julle ore gevul te kry met net dìt wat julle die begeertes van
jul harte gee. Julle wil nie enige iets weet wat te doen het met jul geeste nie
behalwe blymoedige gedagtes te dink en bly te wees nie! Julle is onder ‘n dwelm;
julle is onder 'n illusie! Julle is onder gedagtebeheer, julle is onder
gedagtemanipulasie! Julle vul die offerborde oorlopend, hoop die rykdom op vir
iemand wat homself beskou (Elisheva begin probleme ondervind om te praat. Die
duiwel wil nie hê sy moet praat nie en val haar stembande aan) as 'n keiser.
Joel Osteen, en EK praat met al die pastore wat in sy voetspore volg, EK gaan
die goue kalf stroop reg voor jul oë weg van julle af! Julle sal die vloeke dra
van Deut 28, soos 'n tweede vel want julle het die mense op ‘n dwaalweg gelei.
Die blinde lei die blinde. Julle het hul oë gefokus op die rykdom van hierdie
wêreld sodat hulle nie sal kyk na die armoede van hul siel nie!
Dis net ‘n kwessie van tyd!
Wees bemoedig MY kosbare Bruid. Julle gaan hierdie vyande sien val. EK waarsku
julle MY kosbare Bruid, jul grootste vyande sal gevind word in julle eie
huishouding. Diegene wat nie hul lewens en hulle liefde oorgegee het aan MY nie,
diegene wat MY nie eerste stel in hul lewens en hul liefde nie, diegene wat
weier om die Waarhede te glo in die Heilige Skrifte, diegene wat weier om te
erken daar’s net een weg Hemel toe, deur MY Naam en gestorte Bloed, diegene wat
weier om te glo daar’s 'n hel om te betaal vir die gevolge van onbekeerde sonde
.
Jou ergste vyand sal gevind word in jou eie huishouding want hierdies is diegene
wat die meeste pyn kan toedien. Dit is hoekom EK MY skeidingswaard bring! Dit is
nie enige iets nuuts nie. Lees die Woord. EK beskerm julle want daar kom 'n dag
en dis net 'n kwessie van tyd, diegene wat julle beskou as julle geliefdes sal
julle verraai, sal julle uitlewer aan die geregshowe van die land, sal antwoord
op die beloning op jul hoof wanneer hulle vra, "Waar is hulle?"
Dis net ‘n kwessie van tyd.
Dit is hoekom EK vir julle sê nou, wees voorbereid want Bruid voor EK julle huis
toe neem Hemel toe, voor julle weggevoer word saam met MY, gaan EK julle moet
leer hoe om te hardloop en weg te kruip, weg te kruip vir die vyande se oë maar
dit is alles wel MY geliefdes want dis net 'n kwessie van tyd.
Hou styf vas aan die soom van MY kleed. Moenie laat los nie. Terwyl julle buite
slaap in jul Sukkhas, onthou dat daardie net 'n tydelike tabernakel is, net soos
hierdie sterflike vlees 'n tydelike tabernakel is. En net soos wat EK julle
veilig hou in julle Sukkhas, hoeveel te meer sal EK vir julle doen terwyl julle
MY eer op die Heilige Feeste terwyl julle die feesdae vermy van hierdie wêreld,
terwyl julle aan MY vasklou soos 'n Geliefde wat julle nie die omhelsing wil
verlaat nie, hoeveel te meer sal EK julle vashou? Hoeveel te meer sal EK julle
liefkoos?
(Elisheva sê, "Ow, ek wil net sê, die Salwing is so intens!")
O, hoe lief het EK julle. Terwyl julle verlang om na MY toe te kom, hoeveel te
meer verlang EK om te kom na julle toe! Ek vang elkeen van julle traandruppels.
Wanneer julle uitroep tot MY omdat julle vervolg word, die flessies word gestoor
hier in die Hemel en EK vang elke een van julle traandruppels! Goue flessies
omkors met juwele en elkeen van julle het 'n verskillende een. Elkeen het 'n
ander mooiheid. Dit hang af van die lyding wat julle gedoen het vir MY, hoe
julle gewillig julle was om vervolg te word, allerhande bose name genoem word,
hoeveel julle gely het en gewillig was om dit te doen tot MY Heerlikheid. Dit is
hoe mooi julle flessie is. Hoeveel julle opgeoffer het vir MY. Hoe die van julle
wat jul weduwee se laaste penning gegee het vir hierdie Bediening, verstaan
julle nie? Niks was vermors nie.
Vir diegene wat opgeoffer het en opgestaan het vir moraliteit, julle lê jul
lewens neer om ‘n ongebore kind te beskerm. Julle was gewillig om verneder te
word en in die tronk gegooi te word om te protesteer teen aborsie,
dieselfde-geslag huwelike. Op soveel verskillende maniere, afhangend van waar
julle is in hierdie wêreld. Sommige was geslaan; sommige was gemartel; sommige
was opgesluit. O MY dierbaarstes! Afhangend van die vervolging, afhangend van
die lyding wat julle gedoen het, is hierdie die beskrywing van jou pragtige
flessie wat jou trane in het wat kom as 'n soete geur vir MY neusholtes en EK
liefkoos hierdie flessies liefdevol want EK ken die prys wat julle betaal vir
MY! En MY dierbare Bruid, dit gaan nie enigsins makliker word nie! (YAHUSHUA
huil deur Elisheva). Want satan haat julle so! Hy haat julle! Hy haat julle!
Want MY lof is voortdurend in jul mond! Hy sê woedend, "Loof my! Aanbid my!"
Maar in plaas daarvan sê julle, "Ons bestraf jou satan! Gaan weg! Die gestorte
Bloed van YAHUSHUA staan teen jou!" En hy krimp ineen en hy hardloop!
EK het vir julle ons Heilige Name geleer. EK het vir julle die belangrikheid van
die Heilige Feeste gewys. EK het vir julle gesê om op te staan vir Heiligheid en
nooit te skik deur te doen wat julle weet is verkeerd nie! Julle treur en julle
huil wanneer EK julle families skei, wanneer EK 'n man beveel om 'n vrou te skei
of 'n vrou om 'n man te skei. Moenie hierdie Profeet haat wat praat nie want sy
sê niks wat nie in MY Heilige Woord is nie. Die Heilige Woord sê, "Moenie
ongelyk gejuk wees nie". Hierdie is die Eindtyd.
(2 Kor 6:14) (Mattheus 10:34 Oor skeidingswaard.)
Dis net 'n kwessie van tyd.....
Alles wat geprofeteer was deur hierdie Bediening, sal gebeur!
Die gevalle engele gaan verrys. Die gevalle engele sal sê "Moenie langer glo in
hierdie Bybel nie! Dit is outyds! Dit is net 'n boek vol feëverhale! Hierdie is
die 'Moderne Era’” Homoseksualiteit en dieselfde-geslag huwelike ..... hulle sal
skree hulle is reg om die ongebore baba dood te maak in die ma se baarmoeder.
Politieke leiers, waar satan hul harte gevul het tot oorlopens toe, sal raas en
skree, "Julle wat glo in hierdie YAHUSHUA, julle koppe sal rol!"
Dis net 'n kwessie van tyd.
En nou praat EK nie met die Bruid nie. EK praat met diegene wat die Gaste sal
wees by die Bruilofsfees van die LAM. Julle moet gewillig wees om jul lewe neer
te lê vir MY. Julle sal in die Groot Verdrukking wees. Vir die van julle wat sê,
"Dit is te erg, te moeilik om te leef, om Heilig te wees, ek sal dit regkry teen
die Groot Verdrukking." EK sal vir julle dit sê, as jy dit nie nou kan doen nie
en daar’s geen opoffering wat jy moes gemaak het tot dusver nie, jy was nie gesê
om jou lewe neer te lê nie, om jou kop onder die guillotien te sit nie, wat laat
jou dink jy kan dit dan doen as jy dit nie nou eens kan doen nie? Wat laat jou
dink jy sal meer geloof hê dan wanneer uithongering en dood en verwoesting,
wanneer afgryse onbegryplik jy reg rondom jou sien? Wanneer die paaie, jy deur
die bloed sal moet voortsukkel? Wat laat jou dink jy sal meer geloof hê dan? Nou
kos dit jou niks meer as om 'n “Bybel dweper” genoem te word nie.
En EK praat nie met die lande nou wat dit julle soveel meer kos nie, EK spreek
vir die meerderheid van hierdie aarde waar hulle gesê het, “O, dis te moeilik
vir my om Heilig te lewe! O, die duiwel versoek my so met pornografie! O, ek kan
nie die sigarette neerlê op die altaar nie! O, ek kan nie die booze neerlê nie!
O, dis te moeilik om Heilig te lewe! Ek kan nie die vloekwoorde keer wat uit my
lippe kom nie! Ek kan nie Heilig lewe nie! Bid vir my, ek kan nie Heilig lewe
nie!" Wat laat jou dink dit gaan enigsins makliker wees dan?
Fil. 4:13
“Ek is tot alles instaat deur YAHUSHUA wat my krag gee”
Nou is jul mae vol! Nou is julle tonge nie verdroog van dors nie! (YAHUSHUA huil
deur Elisheva.) En nogtans kan julle MY nie nou Loof nie? Wat laat julle dink
dit gaan makliker wees dan?!
Julle spot Profete soos hierdie! Julle sê, "Moet jy dit nie waag om te praat van
die hel en die gevolge van sonde nie!" Julle spot Bedieninge soos hierdie! Julle
sê, "Julle is niks anders as ‘verdoemenis en droefgeestigheid’ nie." EK sal vir
julle verdoemenis en droefgeestigheid wys!
En nou praat EK met die vyande van hierdie Bediening & diegene wat [on]heiligheid
preek. EK sal vir julle verdoemenis en droefgeestigheid wys. EK sal julle wys
wat dors is. EK sal julle wys wat honger is! Diegene wat hul oë gefokus het op
die Goue Kalf van hierdie wêreld, EK sal julle wys wat honger is! Julle sal
julle tonge knaag van honger! Julle wat so ryk en magtig is, julle vertrap en
voetstamp op diegene wat nie in julle inkomstegroep val nie, EK sal julle wys.
EK sal julle wys wat gebeur met daardie Goue Kalf. EK sal julle wys!
Sien, EK was net daardie geslagte LAM eenmaal. EK het dat die vyand MY gesig
slaan. Maar dit was net eenmaal! EK het die doringkroon gedra! EK het die
vernedering van hierdie aarde gevat! Maar dit was net eenmaal..... EK het op
daardie Kruis gehang! EK was onherkenbaar geslaan! EK het dors gely vir julle!
EK het dors gely vir julle ongeregtigheid! EK het honger gely vir julle! EK was
gespot en EK was gesmaad! Hierdie (Sukkot) is die tyd van MY geboorte op hierdie
aarde! En hoe min erken dit selfs! Hulle sal 'n heidense vakansiedag neem
toegewy aan 'n ander heiden (Koning Nimrod) direk uit die put van die hel en
hulle het vir MY daardie verjaarsdag gegee? Maar op hierdie tyd van Sukkot hoe
min vereer MY? Hoe min vereer die prys wat EK betaal het?...
O, maar EK het my getroue Bruid. EK het die prys betaal, maar dit was net
eenmaal! Dit was net eenmaal wat EK moes sterf! En geen mens het MY lewe geneem
nie! Dit was EK en EK alleen, EK YAHUSHUA, wat gesê het dit is volbring! En dit
was MY tyd! EK het nie gesterf in die mens se tyd nie! EK het nie opgestaan in
die mens se tyd nie! EK het opgestaan in YAHUVEH se tyd!
So, EK sê vir julle dit o vyande van MY, die van julle wat hierdie lasterlike
leuens skryf oor hierdie Profeet en Bediening, dis net 'n kwessie van tyd, EK
gaan voetstamp op julle! EK het julle vervloek net so seker as wat EK die
vyeboom vervloek het wat nie vrugte geproduseer het nie! Dis net 'n kwessie van
tyd! So gaan voort en werp julle towerspreuke. Gaan voort en probeer die Profeet
vernietig wat spreek. Julle sien, EK rig haar net op keer-op-keer! En sy kom net
terug en spreek weer MY Woorde voort. Julle kan nie haar lewe neem nie! Dit
behoort nie aan julle nie! satan het geen deel aan hierdie Bediening nie! Gaan
voort en doen afbreuk aan hierdie Bediening! Beskuldig haar van "te Heilig wees",
"te regverdig". Gaan voort en spot hierdie Bediening wat sê julle moet die Tien
Wette gehoorsaam en Heilig leef want YAH is Heilig. Gaan voort en spot...
EK het die Farisieërs gespot. EK het hulle "slange" genoem en EK het hulle
"adders" genoem. EK het gesê hulle is net geskik vir die hel! En nou sê EK
dieselfde vir julle!
Dis net 'n kwessie van tyd!
En die hel en die poel van vuur sal julle siele eis. Julle het een kans; dit is
nadat julle hierdie Boodskap hoor. Sal julle bekeer? En die van julle wat bid en
julle sê daar is net een Naam en SY Naam is J-E-S-U-S, JESUS, EK het nooit gesê
daar is geen krag in daardie Naam op hierdie tydstip nie. In hierdie Profetiese
Boodskappe het EK voortgespreek keer-op-keer, daar is vergifnis, genesing,
bevrydingskrag in die Naam van JESUS CHRISTUS.
Maar dis net 'n kwessie van tyd en wanneer die Groot Verdrukking kom en die man
van verderf daar staan, Judas weereens teruggekeer het, sal hy alles bespot wat
Heilig is. Hy sal sê hy is "Jesus Christus". Hy sal die Naam van YAHUSHUA vermy
want die Naam van YAH is in daardie Naam. Wat sal julle dan doen! Want wanneer
julle bid in die naam van Jesus Christus en hy lig sy hand op en sê, "Hier is ek",
wat gaan julle dan doen?
Want julle weier om MY Hebreeuse Naam te gebruik! Julle sê, "Enige naam sal deug".
En dan praat EK met diegene wat aandring om te sê "Yeshua", keer-op-keer het EK
het gesê: "YAH" is in MY Naam. YAHUVEH is MY VADER. EK is SY enig Verwekte SEUN.
EK het vir julle gesê EK gee nie om of julle YAHUVEH of YAHWEH sê nie maar laat
ons hierdie nou nie tot die uiterste neem nie want enige naam sal nie deug nie.
O die haatlike, haatlike, haatlike, haatlike briewe, hoe durf, hoe durf sommige
van julle julself MYNE noem? Wanneer julle hierdie Boodskap hoor beter julle op
julle aangesigte val voor MY. Julle beter bekeer en julle beter 'n brief skryf
vir hierdie Bediening en probeer om die wonde te versag wat julle toegedien het
omdat sy durf om oor die hel te waarsku, omdat hierdie Bediening preek oor
Heiligheid, omdat hierdie Bediening waarsku oor die gevolge van sonde, omdat
hierdie Bediening die toekoms vooruit profeteer.
Wat dink julle is 'n Profeet? En vir diegene wat lag en smaad en sê, "Daar is
nie so iets soos Profesieë nie;" "Daar is nie meer so iets soos Profete nie,"
wat sal julle doen met MY Heilige Skrifte? Besef julle nie EK is die GEES VAN
Profesie nie! Wat sal julle doen met MY Heilige Skrifte?! EK is PROFEET VAN DIE
PROFETE! EK is Profesie! Die Profete het geprofeteer EK sou kom! As daar nie so
iets soos Profete was nie wat gaan julle doen met die boek van Openbaring? Hoe
dwaas, hoe dwaas, hoe dwaas is so baie van julle, want Johannes die Openbaarder
het geprofeteer wat gaan kom.
Openb. 1:1
dat dit Die openbaring van YAHUSHUA HA MASHIACH is, wat YAHUVEH aan hom gegee
het om SY diensknegte te wys wat binnekort moet gebeur.
Openb. 1:1-2
Die openbaring van YAHUSHUA HA MASHIACH..... HY het dit bekend gemaak deur SY
engel na sy kneg Johannes te stuur, wie van alles getuig wat hy gesien het --
wat die woord van YAH en die getuienis van YAHUSHUA HA MASHIACH is.
Openb. 19:10
Want die getuienis van YAHUSHUA HA MASHIACH is die gees van profesie." En die
profesie wat YAHUSHUA HA MASHIACH aan ons gegee het is die boek van Openbaring.
Openb. 22:16
"EK, YAHUSHUA, het MY engel gestuur om vir jou hierdie getuienis te gee om aan
die gemeentes oor te dra.
Wee diegene wat nie waardig gevind word om die Groot Verdrukking te ontvlug nie!
Wee! Wee! Wee! Wee! Wee diegene wat nie waardig gevind word om die Groot
Verdrukking te ontvlug nie! Julle weet nie wat julle gedoen het nie. Julle weet
nie wat julle gedoen het nie! Maar julle sal dán. Sommige sal die Gaste wees. O
hoeveel het julle hierdie Bediening gehaat! Op daardie tydstip sal julle huil en
julle sal bekeer oor die gees van verwoesting wat julle gestuur het. O, julle
sal bekeer, maar dit gaan julle jul lewens kos. En julle sal [Elisheva] in die
oë moet kyk in die Hemel, julle sal moet erken hoe lief EK haar het. En julle
sal haar bedank vir die prys wat sy betaal het. En al diegene wat hierdie
Waarheid preek. Al diegene wat jy gesmaad en gespot het, jy sal hulle in die oë
kyk en jy sal om verskoning vra.
Dis net 'n kwessie van tyd. Dis net 'n kwessie van tyd…
Dis net 'n kwessie van tyd dat die reuse uit die lug val. (YAHUSHUA huil
dwarsdeur hierdie laaste gedeelte).
O, satan spot en hy sê, "Hierdie datum sal die ruimteskip kom." Hy spot wetende
dat dit MY tyd is en nie syne nie. En die reuse sal uit die lug val.
EK laat nie net enige droom toe om geplaas te word by hierdie Bediening nie.
Hierdie is Heilige Bemiddelaars. En EK het vir hulle droom-op-drome gegee vooraf
waarskuwings oor wat kom uit die lugruimtes wanneer die mens sal opkyk na die
lug en hulle harte sal beswyk van vrees. Julle het geen idee nie! Julle het geen
idee wat hierheen gestuur word nie! So, wanneer julle leuens hoor wat
voortgespreek word, lasterlike leuens wat gespreek word teen hierdie Profeet en
hierdie Bediening, onderskei die vrug van waar dit vandaan kom en julle sal sien
EK het dit vervloek.
Hierdie Bediening lê alles neer, elke finansie neer, opoffering na opoffering in
maniere wat julle nie kan begin om te verstaan nie net om een siel te bereik op
maniere wat nie een van julle sal ken nie. Hoeveel van julle het gehelp? Hoeveel
van julle het selfs 'n weduwee se penning gegee? Hoeveel kan sê hulle het deel
aan hierdie Bediening? Hoeveel van julle kom selfs terug om te sê "Dankie"? Dit
is niks anders as toe EK tien melaatses genees het, net een teruggekom het om "Dankie"
te sê nie. Julle sien wanneer EK vir julle sê om hierdie Bediening te ondersteun
sodat dit kan voortgaan om te doen wat EK dit geroep het om te doen doen EK dit
nie net om ‘n seën vir hulle te wees nie, EK doen dit omdat EK julle wil seën!
Julle wat al hierdie lees, julle wat luister, julle hoef nie op te geoffer het
nie, julle hoef nie die prys te betaal het nie, want met elke Profesie gespreek
deur [Elisheva] is daar 'n prys om te betaal, want hoe groter die Salwing hoe
groter prys word betaal. Ware Profete weet wat lyding is.
Die Lammers word ter slagting gelei. Die Slaghuise sal die Sondag kerke wees. In
die Groot Verdrukking sal hierdie die Slaghuise wees. Martelaars sal gevoer word
soos nagmaalbrood. Die wyn in hul bekers sal die bloed wees van die martelaars.
EK het julle gewaarsku wat die Merk van die Dier is. Die Waarheid is hier.
Hoeveel van julle sal julle ore toedruk? Hoeveel van julle sal julle oë bedek?
Hoeveel van julle sal sê, "Ek wil nie hoor nie?"
Maar, met die Gaste praat EK nou. Die Groot Verdrukking is op die horison. Julle
staan op die rant van die afgrond. En julle sal hier wees. En dis net 'n kwessie
van tyd. Dan praat EK met die Gaste. Julle beter nou julle geloof baie fyn
instel want as julle nie genoeg geloof nou het om MY in die klein dingetjies te
glo nie, hoe kan julle MY glo vir die groter dinge in die Groot Verdrukking? Sal
julle die geloof hê om vir ‘n klip te sê in MY Naam is hierdie brood? Vir
diegene wat EK wegsteek en vir diegene wat EK voorsien, sal dit wees soos manna,
soos doudruppels op die gras in jou agterplaas. Maar net jou oë sal dit sien en
dit is net as jy geloof het en glo in MY. Jy beter jou geloof fyn instel nou.
Anders gaan jou geloof net genoeg wees om jou lewe te gee.
Openb. 14:12
Hier kom die lydsaamheid van die heiliges te pas; hier is hulle wat die gebooie
van ELOHIEM en die geloof in YAHUSHUA bewaar.
Openb. 12:17
En die draak …het weggegaan om oorlog te voer teen haar ander nakomelinge wat
die gebooie van ELOHIEM bewaar en die getuienis van YAHUSHUA HA MASHIACH hou.”
Dis net 'n kwessie van tyd.
Dit is net diegene wat nou uitroep tot MY wat beskerm word teen die
Gedagtebeheergolwe wat in die lug is. Hulle beheer julle gedagtes deur die water
en deur die kos wat julle eet. Hulle plant die ‘chip’ wanneer julle dit die
minste verwag om julle op te spoor soos 'n hond om presies te weet waar julle
is. As dit so erg is nou, kan julle indink hoe dit sal wees in die Groot
Verdrukking?
Dis net 'n kwessie van tyd.
Maar vir My Bruid, vir MY kosbare, kosbare Bruid EK het vir julle die
tronktralies gewys. EK het vir julle gewys hoe hulle dink hulle jul gaan opsluit
op 5 verskillende maniere en EK het vir julle die visioen gewys wanneer EK die
tralies wegneem en daar sal julle staan, julle wat MY Vyf Wyse Maagde
verteenwoordig, julle BRUIDEGOM kom! Julle BRUIDEGOM kom! En EK bring saam met
MY belonings! En elkeen van julle vereer EK liefdevol!. Julle BRUIDEGOM kom!
Hou styf vas aan die soom van MY kleed! Moenie, moenie kyk deur die oë van die
vlees nie! Kyk deur die oë van julle kosbare RUACH HA KODESH, julle IMMAYAH! Kyk
deur die oë van julle MOEDER WYSHEID! Bid vir meer Wysheid! Bid vir meer Wysheid
want julle het dit nodig nou! En o, julle wat die Gaste is, bid vir meer Wysheid!
Bid vir groter onderskeiding want julle het dit nie net nodig nou nie, julle
gaan dit nodig hê in die tyd van Jakob se Benoudheid. Julle gaan dit nodig hê in
die Groot Verdrukking wanneer 'n blote mens aangesien en aanbid en vereer word!
Julle het julle afgode nou o wêreld. Julle noem hulle rolprentsterre of bose
demoniese politici maar EK sê vir julle dit, daar kom 'n man wat die seun gaan
wees van verderf, die einste seun van satan. Pasop! Julle was gewaarsku! Wees
gewaarsku! Wees versigtig! Wees baie versigtig! Wees wakker! Wees op julle hoede!
Want diegene wat julle dink jul kan vertrou as hulle nie vol is van MY GEES nie,
as hulle nie hul knie gebuig het tot MY nie, as hulle nie gehoorsaam leef tot MY
nie, as hul hart gevul is met rebellie nou, dink hoeveel erger dit sal wees.
Julle was gewaarsku!
Julle kla omdat EK huwelike opbreek maar hierdie is huwelike wat EK nooit
georden het nie. Dit was julle vlees wat julle saamgevoeg het. En vir die
veiligheid, vir die veiligheid van MY Bruid, vir die veiligheid van selfs die
Gaste vat EK MY skeidingswaard en EK skei moeder en vader en kinders, hulle wat
hulself manlike eggenote en vroulike eggenote noem, susters en broers, lede van
die familie en vriende, EK skei diegene wat ongelyk gejuk is in besigheid, op
alle maniere. Julle kan net diegene vertrou wat uitroep in MY Naam.
Dis net 'n kwessie van tyd. Dis net 'n kwessie van tyd.
EK sal MY Bruid bymekaar maak, beide Openb. 7 en 14, o julle sal aan MY sy wees,
maar verberg julself vir nog 'n klein rukkie. Verberg julself vir 'n klein
rukkie totdat MY toorn verbygaan. Want YAHUVEH sal nie aanhoudend gespot word
nie.
Dis net 'n kwessie van tyd.
En dink aan die belonings wat julle sal verdien het en al hierdie sal verbygaan
en julle sal weet dit was alles die moeite werd, watter lyding julle ookal
voortbeskik was om te doen doen dit net soos vir MY. Wanneer julle vervolg word
om MY Naams ontwil besef hulle sien MY in julle.
Dis net 'n kwessie van tyd.
En julle sal sien MY Liefde vir julle is so 'n werklikheid. So neem MY
Goedertierenheid en neem MY Genade. Neem MY hand. Laat EK MY arms vou om julle!
Laat EK julle omhels! O hoeveel bedank EK julle dat julle MYNE is, dat julle
gewillig is om die prys te betaal om YAHUSHUA HA MASHIACH se Bruid genoem te
word.
Einde van Woord
Gegee deur Apostel Elisheva Eliyahu
Sukkot 17 Oktober 2008
Elisheva: Dit is al wat ek hoor. Ek dank U vir hierdie eer geliefde YAHUSHUA dat
U voortgespreek het deur hierdie lippe van klei en ek is net 'n mondstuk vir U
en ek bid dat ek elke Woord gehoor het op die manier wat U dit gespreek wou
gehad het. Ons dank U vir hierdie Boodskap van Sukkot 2008. Ons dank U vir
hierdie eer. Ons bid dat hierdie beide die Bruid en die Gaste bemoedig en ons
bid hierdie veroorsaak vrees in die vyande. Ons dank U. Ons loof U. Ons aanbid
U. Ek weet dat ek gebruik word om sommige aanstoot te gee, ok, baie aanstoot te
gee en sommige te verlig, maar dit is tot U Eer en U Eer alleen. Dank U Geliefde
YAHUSHUA. Dank U. Dank U. Dank U. En die GEES en die Bruid van YAHUSHUA ons
MASHIACH sê, "Kom! O kom! YAHUSHUA, kom asseblief! Kom gou! Ons wag vir U! En
tog weet ons dis net 'n kwessie van tyd. Dit is dit.
Oor en uit. Ek het twee gevoellose hande!
Nota: Toe hierdie Woord gegee was, het Elisheva se hande lam geraak! Wanneer
YAHUSHUA SY stem verskeie kere verhef het, het Elisheva gesê was dit asof 'n
Krag van Bo ingestuur was soos 'n stukrag in haar liggaam in! Haar liggaam het
letterlik gespring wanneer hierdie gebeur het! En sy het energie gevoel na die
ontvanging van hierdie Woord. Maar die Salwing was so sterk ons het deur twee
stelle batterye gegaan om die Woord op te neem en toe daarna te luister! Die
Salwing “zap” batterye se krag vinnig!
Openb. 6:9:
Ek het onder die altaar die siele gesien van die wat gedood is ter wille van die
woord van YAHUSHUA en die getuienis wat hulle gehad het...
Die Man van Wetteloosheid
2 Tess. 2:1. Aangaande die koms van ons YAHUSHUA HA MASHIACH en ons wat bymekaar
gemaak gaan word vir hom, vra ons julle, broeders, 2: Moenie maklik verward of
verskrik raak deur enige profesie, verslag of brief wat veronderstel is om van
ons af te kom, wat sê die dag van die Here het alreeds gekom nie. 3. Moenie laat
enigiemand julle op enige manier mislei nie, want (daardie dag sal nie aanbreek
nie) totdat die afvalligheid kom en die man van wetteloosheid geopenbaar is, die
man bestem vir vernietiging. 4. Die teëstander wat hom verhef bo al wat God
genoem word of voorwerp van aanbidding is, sodat hy in die tempel van God as God
sal sit en voorgee dat hy God is.
Is die man van wetteloosheid die letterlike seun van satan, op die punt om
geopenbaar te word? Sal die mense van hierdie aarde hom kies as hulle God? Sal
hy eers verkies word en dan later sy eis aankondig om God te wees en aandring om
aanbid te word? Die verworpeling sal neerbuig en hom aanbid as hulle Messias,
maar niemand sal dit doen tensy hulle name nie opgeskryf is in die Boek van Lewe
nie, wat geskryf was voor die grondlegging van die wêreld. Moenie bang wees nie,
julle kan nie per ongeluk die Merk van die Dier neem nie. Net diegene wat
YAHUSHUA HA MASHIACH verloën sal die een aanbid genaamd antichris.
Gespreek onder die salwing van die RUACH HA KODESH Deur Apostel Elisheva Eliyahu op 17 Oktober 2008
Profesie 106 Ek, YAHUVEH, Sê, “maak Skoon Jou Huis”!!!
Die onderstaande uittreksel van Profesie 105, is nie op hierdie audioband nie.
[Die nou ex-webbestuurder] het vergeet om dit op te sit op Profesie 105
oorspronklik. Ons het dit bygevoeg daar en YAHUVEH het vir ons opdrag gegee om
dit op te sit van nou af met elke nuwe Profesie. Dit bewys hierdie Bediening is
van YAHUVEH. As hierdie woorde myne was, soos YAH gesê het, sou dit misluk het
lank gelede.
Vanaf Profesie 105
EK het jou lank gelede gewaarsku [Elisheva] om nie hierdie Bediening na ‘n man
of ‘n vrou te vernoem nie selfs nog voordat daar ‘n Bediening was. EK het dit in
jou gees geplaas want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, niks hiervan
het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit die Mond van YAHUVEH geboorte gegee.
Dit is uit die Mond van YAHUSHUA jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die
Mond van die RUACH HA KODESH jou IMMAYAH geboorte gegee. As dit net deur jou
hand was sou dit lankal misluk het. Dit is deur die SHKHINYAH HEERLIKHEID se
Wind wat oor hierdie aarde waai, die Heilige Wind van Herlewing, dit is nie deur
jou asem nie anders sou dit misluk het. (Jes 42:8).
In Julie 2010 het YAHUVEH GOD beveel om die volgende uit 2 Kronieke by te voeg
voor elke Profesie .
2 Kronieke 36:16, “Maar hulle het die Boodskappers van ELOHIEM uitgelag, SY
Woorde verag en met SY Profete gespot totdat die gramskap van YAHWEH teen SY
volk opgekom het, totdat daar geen genesing meer was nie.”
Die Profesie was opgeneem op audio. Hier is die oorskrywing.
EK het vir julle gesê in 2009 sal enigiets en alles wat geskud kan word geskud
word. Moenie verbaas staan nie, [Elisheva] want julle gaan diegene wat julle die
YDS noem geskud sien, ons sal net sien hoe ferm hulle is van MY, ons sal net
sien hoeveel wil die prys betaal om MY Bruid genoem te word. Ons sal sien soos
julle gesien het wat gebeur in New Zealand. Dit is maklik, dit is so maklik as
daar geen toetsing is nie, is dit so maklik om te sê, U wil geskied O YAHUVEH.
Wanneer MY wil egter gaan teen julle wil, sal julle steeds sê, U wil geskied, O
YAHUVEH?
Tot diegene wat weier om heilig te wandel, selfs tot diegene wat EK met MY eie
hand bymekaar gevoeg het, sal EK met MY eie hand verdeel. Nie net in hierdie
huishouding spreek EK voort nie maar tot al diegene wat beweer hulle behoort aan
MY. (Lukas 12:51-53) Wil julle gelos word in die Groot Verdrukking? Wil julle
hel toe gaan of wil julle MY gehoorsaam? EK kan dit nie enigsins eenvoudiger
maak as dit nie. Die begin van wysheid is die vrees van YAHUVEH, om te weet dat
julle niks anders as stof is nie en deur MY genade het EK daardie stof geneem en
‘n mens geskape en EK het asem ingeblaas in daardie mens in. (Psalm 111:10)
Moenie die RUACH ha KODESH bedroef nie, moenie julle IMMAYAH bedroef nie. Moet
MY nie (enigsins) langer toets nie want hierdie Bediening is ‘n Bediening van
Heiligheid. (Handelinge 5:9)
In die einste midde van die YDS; dit wat EK openbaar het in New Zealand die
boosheid te ontbloot wat weggesteek was, so ook sal EK doen deur diegene wat eis
hulle wil deel wees van hierdie Heilige Bediening. Hulle is deel van hierdie
Heilige Bediening, maar jy sien dit is soos jy gesê het geliefde seun Sylvester,
op die oppervlak lyk dit of dit so is. Solank as die leierskap nie weet nie kan
ons doen wat ons wil doen in die geheim, maar EK waarsku julle, diegene wat EK
die YDS genoem het; diegene wat genooi was na die YDS forum om samekomste te hou,
julle word meer aanspreeklik gehou.
Wees verseker in 2009 sal wat ookal verborge was geopenbaar word. (Mattheus
10:26) Watter sonde julle ookal dink julle weggesteek het, deur die salwing van
die RUACH ha KODESH sal dit geopenbaar word. Want MY Woord is waar en in hierdie
eindtye word die bose boser maar MY Heiliges moet Heiliger word en enigiemand
wat ‘n vorm van Heiligheid het maar geen Heiligheid van binne nie sal ontbloot
word. EK sal hulle nie toelaat om deel te wees van hierdie Bediening nie. EK sal
dit nie toelaat nie. (Prediker 12:14) So nou is dit julle keuse, wie kies julle
regtig om te dien? Die bose van hierdie wêreld? Of die Heiligheid van die Hemel?
So jy sien EK het ‘n ander rede [Elisheva] hoekom jy na jou seuns toe moet gaan.
MY Geliefde Seun, hierdie is niks wat EK nie kan vergewe nie maar jy moet kies,
jy moet kies hierdie dag. Want daardie biologiese suster en daardie biologiese
vader wil jou net hel toe neem saam met hulle.
EK skud hierdie ganse wêreld. Oordeel begin by MY huis. (1 Petrus 4:17)
Heiligheid sal slegs Heiligheid begeer. Sonde moet uitgeskop word. ‘n
Bekeervolle gees is nie iemand wat net met hulle mond bekeer nie, dit is iemand
wat bekeer met hulle kop en hulle hart en vasberade om MY nie te mishaag nie. EK
het vir julle (hierdie wêreld), gesê julle is op die rand van ‘n holocaust. Wil
julle hê EK moet julle wegsteek? Wil julle hê EK moet julle beskerm? Wil julle
hê EK moet julle seën? Want geen vyand kan julle ruk uit YAHUVEH se hand nie, of
wil julle hê EK moet JULLE VERPLETTER? Wil julle hê EK moet JULLE VERBRYSEL? Wil
julle hê EK moet JULLE BREEK? Wil julle hê EK moet julle met MY eie hand werp in
die vlamme van die hel?
Wil julle hê EK moet julle liefhê? Wil julle hê EK moet julle troos? Wil julle
hê EK moet julle beraad? Wat wil julle regtig hê? Wil julle soos Sadrag, Mesag
en Abednégo, soos hulle gewandel het en hulle in die brandende vuuroond gegooi
was? (Daniël 3). Nogtans, het EK selfs nie dit toegelaat wat hulle gebind het om
verbrand te word nie. EK het nie eens hulle klere toegelaat om geskroei te word
nie, hulle eie klere wat hulle gebind het want julle sien dit was die vyande wat
verbrand was. Dit was net dit wat hulle hande vasgemaak en gebind het wat
verbrand was. Wil julle wees soos ‘n Sadrag, Mesag en Abednégo? Wat geloop het
in die brandende vuuroond maar die 4de man was daar en daardie 4de man is
YAHUSHUA julle MASHIACH.
Wil julle wees soos Daniël toe hy in die leeukuil gegooi was? Hy was nie geëet
nie al was die leeus rasend-honger. (Daniël 6) Dit is julle keuse. Wil julle MY
beskerming hê? Wil julle wees soos die weduwee by Sarfat? (1 Konings 17:10) Die
een waarheen EK Elia van Ouds gestuur het. Wanneer dit neerkom op julle laaste
krieseltjie brood, wil julle hê EK moet dit vermenigvuldig vir julle, sodat
julle nooit honger sal ly nie? Sodat julle sal lewe om MY te Verheerlik.
In hierdie jaar soos die mens die tyd merk, sê hulle dit is 2009. Julle sien EK
vra nie net hierdie vrae vir julle nie, EK vra hierdie vrae vir al diegene wat
glo die Waarheid kom voort uit hierdie Bediening en dat EK voortspreek. Wat wil
julle hê moet EK doen? Wil julle hê EK moet die Rooi See weer oopmaak sodat
julle veilig kan oorsteek terwyl die vyande julle agtervolg? (Exodus 15:4) Wil
julle hê hierdie vyande moet verdrink word sodat hulle jul nie kan seermaak nie?
Wat wil julle hê moet EK doen?
EK is YAHUVEH en deur julle dade sal die hoeveelheid van (julle) beskerming wees.
EK speel nie speletjies nie. Wil julle skuil onder die beskerming van MY vlerke
soos Psalm 91 sê? Julle sê julle het MY lief en EK praat net met diegene wat sê
hulle het MY lief. EK praat net met diegene wat sê hulle is gewas in die
gestorte Bloed van YAHUSHUA julle MASHIACH, MY enig verwekte Seun. EK spreek
hierdie nie voort tot die heidene wie se name nie geskryf is in die Lam se Boek
van Lewe nie. Julle is net geskik vir oordeel. Julle is net geskik vir die hel.
Julle is verworpe. Julle is verwerpte silwer.
Maar EK praat met diegene nou in die jaar wat julle merk as 2009, en EK sê vir
julle, MAAK SKOON JOU HUIS! Jou huis is die Tempel van die RUACH ha KODESH (1
Korintiërs 6:19). Jou huis is die fisiese sowel as die geestelike. Enigiets wat
MY aanstoot gee, gooi dit uit. EK spreek uit hierdie Elia van Nuuts en EK spreek
die woorde wat Elia van Ouds gespreek het, kies julle hierdie dag watter God
julle sal dien. Bekeer en val op julle aangesigte voor MY, maar EK wil nie net
woorde hê nie EK wil aksie sien agter daardie woorde. Want geloof sonder werke
is dood. (Jakobus 2:20) EK wil nie langer verskonings hoor nie. EK het genoeg
gehad van julle verskonings oor hoekom julle sondig. Watter soort voorbeeld is
julle?
As die wêreld van die verworpeling ‘n hofsitting sou hou vandag, is daar genoeg
bewyse teen jou dat jy MY dien? Dat jy siele bring vir YAHUSHUA? Dat jy Heilig
lewe vir MY? Sal jy moet sê, “Ek pleit skuldig aan al hierdie dinge” want dit is
wat EK verwag? Is jy gewillig om jou lewe neer te lê vir YAHUSHUA soos HY
gewillig was om SY lewe neer te lê vir jou?
Hoekom is julle oë op die dinge van die vlees soos pornografie?
Weet julle nie dat dit die hoogmoediges is wat neergewerp word nie. Trots kom
voor ‘n val. (Spreuke16:18) O hoeveel van julle wat hierdie sal hoor en hierdie
lees is so opgepof met trots en sê, “O, Ek sal nie geroer word nie, wanneer YAH
hierdie wêreld skud in 2009 sal ek nie geskud word nie”. Dit is deur die genade
en Bloed van YAHUSHUA alleen dat jy nie geskud sal word nie en dit hang af van
wat jy gedoen het. (Kolossense 1:13-20) Het jy geheime sonde? Dink jy niemand
weet nie? MY oë gaan heen en weer. EK sien binne-in jou einste hart in. EK weet
wie is waarlik Heilig. EK weet wie speel speletjies met Heiligheid en EK weet
wie probeer nie eers nie en maak net verskonings vir hulle sondes.
EK weet wat julle wil hê EK moet doen en nou het EK vir julle gesê wat EK verwag
van julle. Vermy ALLE onheiligheid asof dit die plaag was want julle is omring
daardeur. Maar EK herinner julle aan die kinders van Israel en EK herinner julle
aan die plae en EK herinner julle hoe dit nie gekom het oor die kinders van
Israel nie. Dit het net gekom oor MY vyande. Versteek julself in die klere van
MY geregtigheid. Versteek julself vir MY toorn. Want diegene wat EK MY kinders
noem as julle maar net sal strewe om te gehoorsaam en waarlik, waarlik bekeer en
wegdraai van boosheid sal EK julle wegsteek. Sal EK julle vertroos. Sal EK julle
Seën. Sal EK voorsienvir julle. Sal EK julle salf, as julle maar net elke woord
sal gehoorsaam wat EK sê en ophou verskonings maak vir sonde.
EK weet reeds watter weg julle geneem het. Die weg hel toe is so breed, so wyd.
Daar is net ‘n smal weg Hemel toe. Hoeveel van julle wat hierdie lees en luister
hierna sal daardie smal weg kies? (Mattheus 7:13-14) Dit is nie net ‘n reguit
weg nie, dit is ‘n kronkelpad terwyl toets na toets sal kom, want die
beproewings van julle geloof is kosbaarder as goud. (Een Petrus 1:7)
EK is die een wat julle beproef. EK bring julle na hierdie Bediening toe want
dit het ook ‘n Jeremia 6 (27-30) roeping daarop. Dit is ‘n toetser van metale.
Hoeveel het hierdie leierskap sien kom. Hoeveel het hulle gesien val. Hoeveel,
hoeveel, hoeveel trane het [Elisheva] gestort terwyl diegene wat sy so seker is
nie sal val nie, diegene wat sy seker is wandel Heilig voor MY en hulle val.
Hoeveel staan nooit weer op nie.
(Jer. 6:27-30) “EK het jou onder My volk as toetser gestel, as vesting, dat jy
hulle weg kan ken en toets. Hulle is almal die oproerigstes van die oproeriges
wat omgaan met kwaadsprekery; koper en yster is hulle; hulle handel almal
verderflik. Die blaasbalk blaas hard; wat uit die vuur kom is lood; tevergeefs
hou hulle aan met smelt, maar die slegtes word nie afgeskei nie. Hulle word
genoem: 'Verwerpte silwer’; want YAHUVEH het hulle verwerp.”)
Waar is jou toewyding? Is dit regtig tot MY, YAHUVEH? Is jy regtig gewas in die
gestorte Bloed van YAHUSHUA jou MASHIACH? Het jy werklik die RUACH Ha KODESH,
jou IMMAYAH binne-in? Luister jy na die stem van IMMAYAH, jou Moeder Wysheid? Of
luister jy na die dwaasheid van satan homself? Dit is jou keuse.
Sien, hierdie Bediening staan vir Heiligheid. EK sal hierdie leierskap nie
toelaat ‘n woord te preek wat hulle nie wandel nie. [Elisheva] weet sy beter
wandel wat sy spreek. Die res wat deel is van hierdie Bediening weet hulle moet
wandel wat hulle spreek anders sal satan hulle verskeur in klein stukkies.
Julle wat julself YAHUSHUA se demon stompers en gebedsintersessors noem, sommige
van julle het geheime sonde. EK het hierdie nog nie onthul nie, maar wees
verseker dit sal ontbloot word as julle nie vinnig bekeer nie. Julle moet kies
hierdie dag wie julle sal dien. Hierdie geheime sonde kan wees om vas te klou
aan ‘n maat wat EK vir jou gesê het om te laat gaan vir jou eie siels-onthalwe,
jou eie lewens-ontwil. Waar jy jou toewyding meer betoon het aan hulle as wat jy
gedoen het tot MY.
Jou geheime sonde is om nie die werk te doen wat EK jou geroep het om te doen
nie. Wanneer EK vir jou ‘n taak oorhandig en EK sê “Doen hierdie om die tale van
jou mense te bereik” en jy sê, “O nee, ek het te veel van my eie persoonlike
probleme nou” en jou oë is meer gefokus op die heidene as die siele, meer as die
skape en die lammers wat nodig [het om] te voed. Hierdie is sonde in MY oë,
wanneer jy jou hand aan die ploeg slaan en jy kyk terug. Jy het jou hand
afgehaal van die ploeg af. Jy het opgehou om daardie grond om te spit en dit te
besaai en hierdie Woorde voort te spreek in jou eie moedertaal sodat ander
gevoed kan word. Die gees van selfsugtigheid het oor jou gekom. Jy weet van wie
EK praat. Julle weet watter vertalers het MY in die steek gelaat. EK sal nie
aanhou wag nie. EK sal iemand anders oprig om jou plek te neem. (Elisheva het ‘n
visioen gesien op hierdie tydstip met die woord China).
Enigiemand wat hierdie Bediening haat, wees versigtig voor. Want hulle haat
werklik dit wat Heilig is. Die duisternis vrees die lig.
EK praat nou met diegene wat die waarheid liefhet wat voortkom uit hierdie
Bediening. Julle weet EK, YAHUVEH, spreek voort. Julle weet julle MASHIACH
YAHUSHUA spreek voort. Julle weet die RUACH ha KODESH, julle IMMAYAH, spreek
voort, Moeder Wysheid. Julle vrees nie die lig nie want julle is deel van die
lig en julle laat YAHUSHUA julle MASHIACH toe om julle een en enigste leidende
lig te wees. (1 Petrus 2:9)
Want diegene wat spreek teen hierdie Bediening, want diegene wat [Elisheva] ‘n
vals profeet noem, ondersoek hulle vrugte (Elisheva en hierdie Bediening se
vrugte). Maak hulle verskonings om te sondig? Maak hulle verskonings om nie die
Torah wette te volg nie, soos MY Shabbat? Ondersoek hulle vrugte, julle
antwoorde lê daarin. Pof hulle hulself op met trots en sê, “Niemand gaan vir my
sê wat om te doen nie”. Julle sien, EK het vir julle toestemming gegee om
vrug-inspekteurs te wees. Aan hulle vrugte sal julle hulle ken. EK het reeds
vooruit gewaarsku julle ergste vyande kan gevind word in jul eie fisiese
bloedlyn.
EK spreek MY oordele voort deur hierdie Profeet. (Hosea 6:5) EK spreek MY liefde
en MY leiding voort deur hierdie Profeet. EK spreek MY waarhede voort deur
hierdie Bediening wat nie die naam dra van ‘n man of ‘n vrou nie maar slegs die
Naam van die Heilige Drie-Eenheid. EK sal altyd ‘n mondstuk hê. (Amos 3:7) EK
het YAHUSHUA na hierdie aarde toe gestuur om MY mondstuk te wees. Die Profeet
wat bo alle Profete is want YAHUSHUA julle MASHIACH is die einste Gees van
Profesie.
Vir die van julle wat sê julle wil ‘n profeet wees. Is julle gewillig om die
prys te betaal? Is julle gewillig om die prys te betaal vir die salwing? Is
julle gewillig om die prys te betaal om MY vriend genoem te word? Want EK vertel
MY geheime aan die Profete. Wil julle regtig MY geheime weet? EK sal net MY
geheime vertel aan die Heiliges.
So dit is die Woorde wat EK het om te sê. Moenie verbaas wees oor wie volgende
val nie want hulle kan staan solank as hulle nie getoets was nie, maar wanneer
die toetsing kom vir diegene wat speletjies gespeel het, julle sal val. Maar
julle sien, EK het YAHUSHUA gestuur om die hand te wees wat julle oplig. Dit is
SY Bloed wat julle afwas, maar onthou hierdie, as die verlore seun nie
teruggekeer het nie sou hy hel toe gegaan het. (Lukas 15:11-32)
Moenie MY barmhartigheid en MY genade vat en moenie die Bloed van YAHUSHUA onder
jou voet vertrap dit onheilig maak en ontwy terwyl jy sondig keer-op-keer en
dink HY is net ‘n verskoning om te sondig nie. EK weet wie speel speletjies en
EK weet wie is opreg. EK weet wie is ‘n seën vir die Koninkryk van die Hemel en
EK ken diegene wat dit skande gebring het alhoewel hulle dit gedoen het in
YAHUSHUA se Naam.
Daar is niks wat jy kan wegsteek nie, daar is geen plek waar jy kan gaan om weg
te kruip nie want EK, YAHUVEH is daar. EK het jou geskape en MY oog is vir ewig
op jou. (Psalm 139)
Kies jy hierdie dag watter God jy waarlik sal dien nie net met jou mond nie maar
met jou dade want hulle spreek harder as jou woorde.
Want wat julle sien in Israel, gebeur met geestelike Israel. Julle word
gebombardeer, missiele word gestuur uit die hel om julle te probeer vernietig.
Om julle uit te wis. Alleenlik in die Naam en gestorte Bloed van YAHUSHUA sal
julle staan, julle een en enigste MASHIACH.
Einde van Woord
Elisheva begin bid:
Dank U Abba YAHUVEH want hierdie Woorde het onverwags (gekom) terwyl ons gebid
het vir ‘n ander in die moeilikheid, een wat ons ons seun noem in YAHUSHUA. Abba
YAHUVEH, ons eer U, ons aanbid U, ons loof U, ons het U lief, ons bewonder U. O,
Abba YAHUVEH, die Bruid van YAHUSHUA ons MASHIACH roep uit, asseblief, asseblief,
asseblief laat ons waardig wees soos ‘n Henog. Asseblief laat ons hierdie aarde
verlaat met ‘n getuienis dat ons behaaglik gevind was vir U. Daar is geen hoër
begeerte nie en ek spreek voort nie net vir myself nie maar vir al die res van
die ware Bruid wat Heilig is voor U.
Onheiligheid, ons is net nie geïnteresseerd daarin nie. Dit het vir ons geen
aanloklikheid nie. Die dinge van hierdie wêreld, die pornografie, die vuilheid
van hierdie wêreld, die dwelms, die alkohol, hulle verlok ons nie. Ons het een
begeerte, een brandende begeerte, een begeerte wat nooit geblus kan word nie en
dit is net een, meer as ons begeerte om ons geliefde te behaag, en dit is die
begeerte om behaaglik gevind te word vir U YAHUVEH. Om behaaglik gevind te word
vir U YAHUSHUA ha MASHIACH en U alle Lof, Eer en Heerlikheid te bring. Daar is
geen hoër begeerte nie as om te weet, dat ons weet, dat ons weet, ons doen alles
wat ons kan doen deur die Naam en die Bloed van YAHUSHUA ons MASHIACH om
boosheid te verslaan, om sonde te verslaan. Om dit nie enige deel van ons lewe
te laat hê nie en wanneer ons U mishaag, om vinnig U vergifnis te vra en weg te
draai van dit wat U aanstoot gee.
Abba YAHUVEH, U Bruid en hierdie Ringmaagd roep uit na U en sê, “Kom, YAHUSHUA,
Kom”. Hierdie (wêreld) is ‘n vieslike afval-slykput maar terwyl ons hier is wil
ons vir U skitter. Gee vir ons ‘n salwing om te skitter, U het vir my ‘n droom
gegee dat hierdie wêreld niks anders as ‘n hoop ontlasting is nie, niks anders
as mis nie, niks anders as uitskeiding nie. Dit is soos dit is wanneer U kyk na
die aarde. Behalwe dat U klein skitterende edelgesteentes het, klein
sprankelende juweeltjies, wat weggesteek is te midde van hierdie uitskeiding en
ons sprankel vanuit die Hemel (Elisheva het hier bedoel om te sê aarde en nie
Hemel nie) vir U.
Ons konstante gebed is ons sal aanhou om waardig genoem te word in die oë van
YAHUSHUA ons MASHIACH en om U Bruid genoem te word. Dat die dood nie hierdie
liggame sal aanraak nie. Dat ons tussen diegene sal wees wat U eerstevrugte
genoem sal word van Openbaring 14 en Openbaring 7 en weggevoer sal word om U in
die lug te ontmoet. Dit is ons hartsbegeerte, ons wil skitter vir U. O,
asseblief poleer hierdie juwele want U het gesê dit is wat ons is, ons is U
juwele. Poleer ons asseblief tot waar ons selfs meer vir U kan skitter. Poleer
ons asseblief so helder dat die einste sprankel die oë van die vyande sal
verblind en Abba YAHUVEH, ons vra U, die Bruid van YAHUSHUA en ek is een van
hulle glo ek, ons vra U, stuur asseblief ons vyande, diegene wat die
vernietiging van die Heiliges wil hê na die parskuip van U woede tereg hier op
hierdie aarde, stuur hulle na die parskuip van U woede.
Hierdie Bediening behoort aan U, die Aleph en die Tav. RUACH ha KODESH dit is U
s’n. Abba YAHUVEH, YAHUSHUA en Kosbare IMMAYAH, RUACH ha KODESH, dit is U s’n.
Ons dien U net. Wys vir ons hoe ons U meer Lof, Eer en Heerlikheid kan bring.
Vir al die getroues en al die opregtes praat ek nou. Wys vir ons hoe ons U meer
kan behaag. Wys vir ons Abba YAHUVEH hoe ons die trane kan afvee van U oë af
wanneer U seergemaak word. Wys vir ons Abba YAHUVEH hoe ons U kan troos. U is
ons Pappa, U is ons Daddy, ons het niemand anders nie.
My hart is nou so oorvol op hierdie oomblik terwyl ek een na die ander sien wat
ek geglo het nie sou val nie. Op die oppervlak het hulle Heilig gelyk maar toe
ons ‘n bietjie dieper delf, toe U (hulle) ontbloot het, is dit is soos ‘n vrug,
ek sien ‘n visioen van ‘n vrug en o, dit lyk so mooi en dan wanneer jy ‘n diep
genoeg hap vat in daardie vrug, sal jy sien dit was vrot binne-in. Of jy sal ‘n
wurm vind in daardie appel. Ons het dit gesien en ek het dit gesien so lank
reeds dat ek U gesmeek het, het ek nodig om hierdie aan te hou sien? Vir diegene
wat ons vertrou, vir diegene in wie ons glo.
O Abba YAHUVEH, die pyn wat ontstaan het soos die geboortepyne sowel as die
trane wat gestort was oor New Zealand alleen en ek roep uit en ek sê, “Hoeveel
meer pyn moet ek nog verduur?” Om toe te kyk hoe dit wat ek geglo het was Heilig
en ek sien hulle val voor my oë. Net U is instaat om daardie verlore dogter
terug te roep. Net U is instaat, Abba YAHUVEH om lewe in daardie kind in te
blaas wat gesterf het. En soos Elia van Ouds gebruik was om lewe in daardie kind
te blaas, U noem my U Elia van Nuuts. (1 Konings 17:17-24) Ek vra hierdie, dat
hierdie nuutste profesie weer lewe in daardie kind sal blaas. ‘n Begeerte om
Heilig te wees, nie net ‘n woord van bekering uit haar mond nie maar om weg te
draai van die bose wat haar reguit na die put van die hel lei en haar hele
familie saam met haar vat.
Abba YAHUVEH, ek vra dat U my gebruik soos daardie Elia van Ouds om my liggaam
op hulle te lê wie ons ons seuns en dogters noem in YAHUSHUA. Ek vra U, blaas
lewe in diegene, blaas lewe in diegene wat begin het om U te volg. Wat begin het
deur Heiligheid na te streef. Wat begin het om sonde te beveg. Ek vra U Abba
YAHUVEH om hierdie Elia van Nuuts te gebruik. Laat hierdie woord lewe voortblaas
in hulle in ‘n groter vasberadenheid as ooit vantevore om sonde te versaak,
satan te versaak, boosheid te versaak, enigiets te versaak wat U mishaag. Dit is
wat U lê op die begeerte van my hart om te bid.
Want ek weet dit is U woorde omdat ek nooit so iets sou gespreek het, nooit so
iets sou gedink het nie. Gebruik hierdie liggaam nou om hulle te bedek. Gebruik
hierdie woorde nou om lewe in hulle in te blaas. Gebruik hierdie woorde nou
sodat hulle die waarheid kan hoor, die waarheid kan glo en die waarheid hulle
sal vrymaak. Want U Woord sê, wees julle Heilig want EK is Heilig. U sou nie vir
ons sê om dit te doen as dit onmoontlik was nie.
Dank U dat U my gebed verhoor. Ons geliefde seun wat weggedwaal het, dank U
omdat U hom terugbring soos die verlore seun was. Dank U Abba YAHUVEH.
Vir diegene wat U, YAHUSHUA nog nooit in hulle hart ingenooi het nie, hulle het
nie geweet hoe om U in hul hart in te nooi nie. Dankie dat hierdie woord vandag
vir hulle ‘n begeerte gaan gee en dat dit hulle oë gaan oopmaak en die skille
gaan van hul oë afval en die was gaan uit hul ore kom en geestelik gaan hulle
hoor, fisies gaan hulle sien en hulle gaan vrygemaak word en hulle gaan hulle
lewe vir U gee, YAHUSHUA MASHIACH, sodat U U lewe deur hulle kan leef.
Dit is wat ek vra. Gebruik hierdie Bediening op ‘n groter manier as wat U ooit
vantevore gedoen het en soos ons mense hierdie tyd merk as 2009, gebruik dit vir
U Heerlikheid.
Dank U Abba YAHUVEH. Dank U, Dank U, Dank U.
Ek het dit gespreek onder die salwing van die RUACH ha KODESH, my Kosbare
IMMAYAH, my Mamma Wysheid en ek glo met my hele hart ons werk is nie tevergeefs
nie. Laat ons hoor van julle. Laat ons hoor van julle. Laat ons weet. Laat ons
weet hoeveel bereik was deur hierdie woord tot Eer van YAHUSHUA ons MASHIACH.
Diegene van die verlore seuns en dogters, Abba YAHUVEH roep julle vandag terug.
Kom huis toe. Kom huis toe. Hierdie wêreld is nie julle tuiste nie. Moenie dat
sonde julle langer verlok nie. Moenie toelaat dat onheiligheid julle meer verlok
nie. Kom huis toe. Abba YAHUVEH noop julle deur die gestorte Bloed van YAHUSHUA
ons MASHIACH, noop julle. Verlore seuns en dogters, kom huis toe. Laat julle
getuienis alle Heerlikheid bring aan YAHUSHUA ons MASHIACH. Onthou saam met
daardie getuienis kom toetse van alle vlakke en net sodra jy een slaag, sal YAH
‘n ander een oor jou bring, maar dit is dit werd.
Amen
Gespreek deur Apostel Elisheva Eliyahu
Profesie 121 Is YAHUSHUA Net Julle Redder Of Is Hy Here God Almagtig Van Julle Lewens?
EK het jou lank gelede gewaarsku [Elisheva] om nie hierdie Bediening na ‘n man
of ‘n vrou te vernoem nie selfs nog voordat daar ‘n Bediening was. EK het dit in
jou gees geplaas want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, niks hiervan
het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit die Mond van YAHUVEH geboorte gegee.
Dit is uit die Mond van YAHUSHUA jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die
Mond van die RUACH HA KODESH jou IMMAYAH geboorte gegee. As dit net deur jou
hand was sou dit lankal misluk het. Dit is deur die SHKHINYAH HEERLIKHEID se
Wind wat oor hierdie aarde waai, die Heilige Wind van Herlewing, dit is nie deur
jou asem nie anders sou dit misluk het
EK is YAHWEH, dit is MY Naam; en MY Eer sal EK aan geen ander gee, of ook MY Lof
aan die gesnede beelde nie.
Jes 42:8
In Julie 2010 Het YAHUVEH GOD ook gesê om die volgende uit 2 Kronieke voor elke
Profesie by te voeg:
2Kronieke 36:16
“Maar hulle het die boodskappers van ELOHIEM uitgelag, SY Woorde verag en met SY
Profete gespot totdat die gramskap van YAHWEH teen SY volk opgekom het, totdat
daar geen genesing meer was nie.”
(skrifaanhalings vanuit : Woord en Getuienis bybel vertaling, behalwe wanneer
anders aangedui)
* * * * * * *
YAHUSHUA het hierdie Woord gespreek vir ‘n geliefde dogter in YAHUSHUA, wat die
duiwel probeer skei het van haar sielsgenoot. As gevolg van vorige seerkry, was
daar in die Gees doringdraad om haar hart wat haar verhinder het om liefde te
gee en te ontvang maar, sy moes die een wees om vir YAHUSHUA te vra om die
geestelike doringdraad te verwyder. Niemand anders kon dit vir haar doen nie.
Deur die volgende pragtige, kragtige en gesalfde Woord van YAHUSHUA was sy
vrygemaak van jukke en bindings as sy maar net sou ontvang en YAHUSHUA
gehoorsaam en loof YAH sy het!
Daar was ‘n langdurende telefoniese gesprek met ons geliefde dogter in YAHUSHUA
wat hierdie Woord voorafgegaan het. Die volgende was pas gesê net voor die Woord
van YAHUSHUA begin het.
Kathrynyah: Kosbare HERE, ons bid net vir genesing vir U geliefde dogter se hart
reg nou in die naam van YAHUSHUA MASHIACH en vir haar sielsgenoot se hart.
Elisheva: Ek hoor iets. Ek hoor iets waar sy bid direk nou, jy kan alleenlik
hierdie doen geliefde dogter. Jy is die enigste een wat hierdie kan doen direk
nou. Jy moet daardie tweesnydende swaard vat en daar’s doringdraad wat daar
gesit was om jou hart sodat mense nie te naby kan kom nie en dan kan jy ook nie
naby hulle kom nie want doringdraad sal altwee uitmekaar hou. Verstaan jy? Dis
soos jy gesê het jy’t “jouself gekwarantyn” maar daar’s doringdraad daar en jy,
sê YAHUSHUA, moet dit vat direk nou en sien jouself - as jy hierdie regtig,
regtig kan doen- sien jouself daardie doringdraad afsny van jou hart af. Kan jy
dit doen?
Geliefde Dogter in YAHUSHUA: Ek kan
Kathrynyah: Kan jy dit spreek nou?
Geliefde dogter in YAHUSHUA: Nou goed ek vat my Heilige gesalfde doringdraad
skêr en ek sny al die drade weg binne-in my hart en dorings en enige iets wat my
verhinder om naby ander mense te kom en mense verhinder om naby my te kom. Gee
vir my ‘n hart van vlees YAHUSHUA.
Elisheva en Kathrynyah: Amen!
Kathrynyah: ABBA YAHUVEH ek dank U dat U daardie gebed beantwoord. Ek bid om
wonderwerke te sien gebeur as gevolg daarvan in die Naam van YAHUSHUA HA
MASHIACH.
Elisheva: En ons bid dieselfde vir sielsgenoot want hy het dieselfde ding gedoen
en dit is hoekom hulle sielsgenote is. Hy het dieselfde ding gedoen. Hy het
doringdraad om sy hart en ek gaan vir hom dieselfde ding sê.
Kathrynyah: Wel daar het jy dit.
Elisheva: So ek sou nie daardie openbaring gekry het as ons dit nie so pas gebid
het nie. En geliefde dogter ons weet daar kom bevryding. Maar hierdie is die
begin daarvan direk nou. Reg? So ek gaan jou geliefde sielsgenoot skakel nou op
die daad en ek wil nie eens die foon oproep met haar beëindig nie so lief het ek
haar. Dit is nie net my liefde nie…
Elisheva: begin spreek in Heilige Tale…
* * * * * * *
Profetiese Woord Begin:
MY geliefde dogter hierdie aand het jy MY behaag terwyl jy jou vlees neerlê en
sê: “Ek sal dit nie op my manier hê nie maar ek sal dit op U manier hê,
YAHUSHUA. Ek sal nie my pad stap nie, maar ek is vasbeslote om U pad te stap
YAHUSHUA.”Jy behaag MY, MY geliefde. Want dit is waar dat niemand jou kan liefhê
soos EK doen nie, maar moenie hierdie feit betwyfel dat EK MY liefde in ander
gesit het vir jou nie. En hoeveel meer sal EK doen deur jou eie sielsgenoot as
julle albei MY maar net sal toelaat om MY liefde te manifesteer deur altwee van
julle. Enige iets wat satan so hard beveg het MY geliefdes, verstaan julle nie
hoe groot dit is dat dit MY wil is dat dit geskied nie. Want hy veg net teen MY
planne. Hy wil verdeel wat EK gesê het EK saamgevoeg wil hê, maar EK sal nie
enige van julle se wil dwarsboom nie. Ewemin sal EK hierdie toelaat om die
toevlugsoord langer te verdeel want luister vir julle geestelike moeder. Want
verenig staan julle en verdeeld sal julle val so bly verenig, julle het mekaar
nodig. Julle weet nie wat gaan gebeur hierdie jaar nie.
Maar MY geliefde dogter dit is EK wat daardie woorde in jou mond sit: ”Ek bly in
die ark want dis hier waar ek veilig is.” Dit beteken nie die storms gaan nie
teen die deure hamer en jou probeer verdrink nie, maar wat dit wel beteken is EK
IS in die ark saam met jou. En EK sal nie die storms toelaat om jou te verdrink
nie.
satan vrees wanneer een van julle bid, hoeveel te meer wanneer almal wat EK daar
bymekaar gemaak het saam bid want elke een is gesalf. Maar steeds moet EK
hierdie sê: niemand met die gees van rebellie kan bly nie. Want rebellie is soos
‘n vorm van heksery en indien enige iemand sê: ”Ek dring aan om dit te hê
volgens my weg dan sal EK hulle moet stuur op hul weg want dit is soos ‘n
melaatsheid. So, My geliefde dogter jy het die gees beveg van rebellie. Almal
van julle beveg die gees van rebellie en weet net deur MY NAAM, MY BLOED kan
julle daardie geveg wen teen die gees van rebellie. Want satan is die eerste om
te gerebelleer het; lucifer het gesê hy sal dit op sy manier hê. Nou probeer hy
diegene bedorwe wat MY kinders is met die vuil stank van die gees van rebellie
waar saam met daardie een gees, ‘n legioen kan kom van demone om te teister, te
beset, te onderdruk.
Moenie die gees van rebellie toelaat om binne te kom nie. Wanneer julle dit sien,
dryf dit uit! Lag in die duiwel se gesig. Julle sal sien! Julle sal sien! Julle
sal sien! En hierdie geld vir al die YDS wat EK hierdie Woord voortspreek: Lag
in die duiwel se gesig!
Toets die gees wat praat beteken hou elke gedagte gevange! Is dit EK, YAHUSHUA,
wat hierdie woorde sou voortspreek? Is dit EK, YAHUSHUA, wat vir julle hierdie
gedagtes sou gee? Julle sal sien MY skatte hoeveel keer julle sal moet erken dit
is of jul vlees of dit was satan. Maar in ieder geval as EK hierdie nie sou
spreek nie, moet dit nie ontvang nie. O hoe lief het EK julle. EK het vir julle
soveel gegee en EK het soveel meer om vir julle te gee as julle MY maar sal
vertrou.
Seun, lê neer jou trots. Wees gewillig om die doringdrade af te sny van jou hart
af. Want dit is MY begeerte om julle twee bymekaar te bring om te bedien
sy-aan-sy. Dit is MY begeerte om al hierdie paartjies te gebruik om te bedien
aan ander paartjies. Almal van julle was voortgebring deur MY eie hand. Almal
van julle het gely vir MY Naam’s ontwil. Almal van julle het saam oorlog gemaak,
saam gelag, saam gehuil. EK het so baie belê. Daar was nie een ongeluk wat gekom
het na daardie toevlugsoord toe nie.
Vanaf hierdie nag vorentoe as almal maar sal gehoorsaam: Sal EK, YAHUSHUA, siele
trek daarheen.
MY liefling dogter, geen liefde kan so bevredig soos MYNE nie, maar laat MY toe
om jou lief te hê deur ander. Moet nooit dink waneer twee sielsgenote bymekaar
kom is dit perfeksie op aarde nie. Want daar is geen perfeksie op aarde in ‘n
verhouding nie, mits dit EK is wat voortspreek EK toegelaat [word] om voort te
manifesteer, mits dit MY liefde is wat voortkom, gekombineer met julle liefde.
Deur julself sal julle woorde spreek van haat. Deur julself sal julle woorde
spreek van verwonding. Deur julself is julle selfsugtig.
Lê neer jul eie verlange en kyk na die ander deur MY oë. EK sal nie enige
minagting duld teen die Bruid nie! Moet mekaar nie minag nie want julle betaal
so 'n prys om te behoort aan MY. Almal van julle het dieselfde begeerte om MY
bruid te wees, om 'n getuienis te hê soos Henog sodat EK julle kan trek tot aan
MY sy!
Vergewe op die manier wat EK julle vergewe. Vat ‘n uitveër. Laat nie die ander
se sonde geskryf wees in ink nie. Laat dit in potlood wees. Nou vee dit uit.
Sien jouself dit uitvee asof dit nooit was nie. Is dit nie die manier wat EK
julle sondes uitwis met MY gestorte bloed, so ver soos die ooste van die weste
is nie? Sê EK vir julle: “Onthou, op so en so dag, op hierdie tyd en hierdie uur
het julle gesondig teen MY?”
EK het geen rekord sodra julle sê “vergewe my” en julle dit bedoel en julle
bekeer en wegdraai van daardie boosheid nie. Hou op kinders wees en sê: “ek wil
dit op my manier hê”. Het EK dit op hierdie manier gedoen? Het EK nie die
voorbeeld gestel selfs om na die kruis toe te gaan nie? Het EK nie gesê: “O,
ABBA soos U dit wil hê, nietemin as dit alles moontlik is” [O, my VADER as dit
moonlik is, laat hierdie beker by MY verbygaan: maar nogtans, laat nie MY wil
nie maar U wil geskied. Mat. 26:39] En hierdie beker kan nie by MY verbygaan nie,
EK wil hê dat U wil geskied en nie MYNE nie. Hierdie is ‘n geheim om die Bruid
genoem te word!
Niemand is MY Bruid as hulle nie hierdie deel kan regkry nie. As hulle nie hul
vlees kan neerlê nie hoe kan hulle dan in die Gees wandel? Hoe kan hulle die
Kosbare HEILIGE GEES hoor wat woon in julle? As jy jou ore bedek en jou oë bedek
en jy sê: “Ek wil nie hoor wat U te sê het nie en ek wil nie sien wat U vir my
wil wys nie. Ek wil nie spreek wat U wil hê ek moet spreek nie, ek wil nie gaan
waarheen U wil hê ek moet gaan nie. Ek wil nie doen wat U vir my sê om te doen
nie!” GAAN DAN WEG VAN MY jy is NIE MY Bruid NIE! So, daarsy! EK het dit gesê!
Hoeveel maniere moet EK sê: “Gaan weg van MY jou sogenaamde ongehoorsame bruid”!?
Die wêreld wil dit nie hoor nie! Die georganiseerde kerke wil dit nie hoor nie!
EK IS nie net daardie offerLAM nie. EK IS nie net die liefde van julle lewe nie.
EK moet gevrees word ook! Julle wil nie ooit die grimmigheid smaak van die LAM
nie (Openbaring 6:16). EK het julle lief genoeg om te waarsku! Die koms van die
dae van verdoemenis is naby. Julle sal nie agtergelaat wil word nie. Niemand kan
vergelyk met MY liefde wat EK het vir julle nie en MY liefde is die VADER se
liefde, en MY liefde is die RUACH HA KODESH se liefde. ONS is ALMAL gekombineer.
Niemand kan vergelyk met ONS liefde vir julle nie. Maar moenie mislei word nie.
Want niemand kan vergelyk met ONS woede ook nie. Hulle wil dit nie preek nie so
EK het hierdie bediening opgerig om dit te spreek. EK plaas in elke een van MY
Bruid 'n vrees om (MY) nie aanstoot te gee nie. Wanneer hulle bekeer doen hulle
dit met trane. Hulle sê: “YAHUSHUA ek wil U nie seermaak nie.”
Die vyande, hulle sê: “Jy kan genade nie wegsondig nie”. Die vyande lieg. Hulle
toets MY weer en weer, keer-op-keer. Hulle sê: “want ons kan enige iets doen wat
ons wil doen nou! Dit gaan alles oor die kruis. Julle word nie toegelaat om my
te oordeel nie. Julle mag nie vir my sê my siel is verlore nie“ en hulle ken MY
nie eens nie. Dit is die letter wat doodmaak en die gees wat lewe gee. Hulle het
nie eens die Gees nie. Die HEILIGE GEES is nie binne-in nie. Hulle het die Woord
gelees. Hulle het hulle gememoriseer. Hulle probeer MY eis as ‘n REDDER maar
hulle sê vir MY: “Gaan weg as ‘n HERE”! Hulle sê: “Ek wil geen meester oor my hê
nie, hierdie is my lewe en ek gaan dit leef op die manier wat ek wil!” O, maar
ek het U lief Jesus. O, maar ek loof U! Johannes 3:16! Sien dit sê dit net hier
al wat ek hoef te doen is net glo. Ek hoef nie te gehoorsaam nie! AmightyWind
Bediening gaan weg! Ek kan sondig soveel ek wil wie is jy om te sê? Dit gaan nie
oor wat ek doen nie – dit is wat Jesus gedoen het. Niemand kan regverdig wees
nie sien dit sê dit net hier. 'Almal het gesondig en dit ontbreek hulle aan die
geregtigheid van GOD. (Rom. 3:23)”
Maar EK sê vir julle hierdie, die gebed van die regverdige vermag baie (Jakobus
5: 16) omdat julle geregverdig is deur MY want julle is soos 'n David en wanneer
julle wel sondig teen MY onwetend, [en wanneer julle dit besef] is julle vinnig
om te bekeer. Julle vrees nie om te bekeer nie. Julle weet dat EK vir julle sê
om vir MY te wys hoe lief julle MY het, is om MY te gehoorsaam. (Joh.14:15) EK
sê dit vir julle en niemand anders sal dit preek nie so EK sal dit voortspreek
deur hierdie werktuig van klei. EK kan nie net ‘n REDDER wees nie, EK moet julle
HERE GOD ALMAGTIG wees. Dit gaan alles saam as een. Dit is waarom hierdie
bediening apart-gestel is. Dis nie net gestuur na die laaste-kansers nie. Dit
word nie net gebruik ‘n Smelters-oond nie. Dis gestuur na diegene wat geroep is
om MY Bruid te wees. Selfs hierdie nag sien julle 'n woord het voortgekom. [Elisheva]
kon nie skakel, in haar eie tyd, na jou toe nie want hierdie Woord was nog nie
daar nie. EK moes vir haar 'n droom gee. EK moes die woorde voortspreek wat EK
het hierdie nag.
My geliefde dogter jy moes ontvang. Jy moes jou vlees neerlê en sê: “Ek sal dit
doen op YAHUSHUA se manier” en jy het en jy het die woorde gespreek en as gevolg
van jou MY liefling dogter het hierdie Woord voortgekom. Maar EK het geweet dit
sal. Dit was nie die tyd hierdie (afgelope) naweek nie. Dit was nie die tyd vir
hierdie Woord om gebaar te word nie so EK het die fone toegelaat om af te gaan.
Andersins, [Elisheva], was jy in sulke desperaatheid. Jy wou dit net oor en
verby kry het die ergste verwag. Wanneer het jy ‘n gedagte gevange geneem vir
jou om te dink dat die ergste sou voortkom? Want die ergste het nie voortgekom
nie die beste het voortgekom! En jy het verbind saam met jou dogter in ‘n manier
deur trane en doringdraad was gesny en sy het die begeerte vir haar sielsgenoot
omdat EK dit daar geplaas het want EK het vir haar, haar sielsgenoot gegee. Daar
is geen ander.
Nou sal EK jou lippe salf om voort te spreek tot die ander helfte. Onthou MY
skat, MY juweel soos geen ander want almal van julle glinster teen ‘n
verskillende graad. Almal van julle, almal van julle glinster. Sommiges moet
gepoleer word en die manier wat EK poleer is met trane, trane, trane en pyn en
smart. Want kyk na 'n klont steenkool hoe hard dit gepers moet word voordat dit
verander in 'n diamant. Almal van julle, almal van julle, almal van julle was so
hard gepers maar dit was nie tevergeefs gedoen nie. Al hierdie het voortgekom
hierdie nag omdat EK 3 gehad het wat gehoorsaam het. [Elisheva] jy het MY stem
gehoor terwyl jy geslaap het. Kathrynyah jy was daar vir [Elisheva] om te help
om die salwing te vermeerder, en geliefde dogter, EK gaan nie jou naam sê nie
maar jy weet wie jy is, jy moes ontvang. Jy moes jou hart oopmaak. Jy moes
begeer om die woorde te hoor wat EK te sê gehad het. Jy moes voorberei word. EK
het jou lief.
EK het elkeen van julle lief. Diegene wat YAHUSHUA se “Demon Stompers” maak,
julle beteken so baie vir MY! Julle is vernoem na MY! EK het vir julle jul eie
temalied gegee! [I’m Going To The Enemy's Camp] want julle gaan na die vyand se
kamp en neem alles terug wat die duiwel gesteel het en hierdie nag dogter vat jy
alles terug wat die duiwel gesteel het want satan is ONDER JOU VOETE! En die
vyande is verslaan! Moenie gaan volgens dit wat jou oë sien nie! Jy het nie ‘n
idee wat EK gedoen het aan die vyande se kamp nie!
Julle is so spesiaal, diegene wat bly in YAHUSHUA se “Demon Stompers” en diegene
wat moet kom. Julle is so baie spesiaal dat EK MY Heilige Engele gestuur het om
die geboorte te verklaar van daardie spesiale tak van bediening en die vyande
hoon en spot en hulle sê: “niemand kan Heilig wees nie”. Hulle oordeel julle
weens dit wat húlle is want daar is geen Heiligheid in hulle nie. Hulle begeer
nie Heiligheid nie. Hulle begeer nie om MY Stem te hoor nie. Hulle bedek hulle
ore wanneer hulle dit hoor en hulle noem hierdie Profeet allerhande bose name en
enige iemand anders wat die Woorde herhaal wat EK sê.
Maar nie julle nie MY geliefde, nie die ware Bruid nie, julle ken MY woorde.
Julle herken hulle en EK het julle lief en groot, groot, groot, groot, groot is
julle belonings in die Hemel. Al wat julle hoef te doen is oorkóm. Wees
oorkómmers en neem elke gedagte gevange. En wanneer julle 'n gedagte hoor wat
julle weet is nie van MY af nie met 'n stem wat nie van MY af is nie, vat dit
asof julle dit vasgryp met julle hande en in die naam van YAHUSHUA, bestraf dit.
Daardie leuenagtige misleidende gees! En bestraf satan en sien julself met
daardie gedagte wat nou verander het in die demoon wat dit gestuur het en sny
die hande daarvan af! Met MY tweesnydende swaard sny dit af! En gooi dit weg en
werp dit weg en sê: “Ek sal niks van jou leuens hê nie satan!” Want die planne
wat EK het vir julle is ten goede en nie vir onheil nie: al diegene wat MY stem
kan hoor; hierdie geld vir die gaste ook.
Roep MY aan. Vertrou MY! Steun nie op julle eie insig nie maar erken MY in al
julle weë en EK sal julle paaie rig. Vertrou MY! Hou op om dit op julle manier
te doen en doen dit op MY manier, julle HERE, julle REDDER, julle MEESTER, julle
REGEERDER. EK gaan nie een verloor nie! EK ken elkeen wie se naam geskryf is in
die LAM se Boek van Lewe voor die grondlegging van hierdie aarde en EK sal nie
een naam verloor nie.
So wanneer vyande kom en vyande gaan. Judasse kom en Judasse gaan. Wanneer julle
alles doen wat julle kan, jy jou kop stamp teen die muur maar jy nie daardie
persoon op hul knieë kan kry vir MY en te erken dat EK nie net veronderstel is
om hul REDDER te wees nie, EK IS moet hulle MEESTER wees - EK IS ALMAGTIGE GOD,
YAHUVEH se Enig Verwekte SEUN en julle moet MY voetspore volg, nie in jul eie
nie. As julle volg in jul eie voetspore sal hulle julle reguit hel toe lei, dis
hoekom EK na hierdie wêreld toe gekom het om vir julle voetspore te gee om in te
volg.
So hierdie is die Woorde wat EK te sê het, 'n onverwagse geskenk aan MY kosbare
YDS. Want julle behaag MY. Julle behaag MY. Julle behaag MY. Julle werk so hard
in hierdie oesland. Die werkers is so min maar julle kla nie. [Elisheva] sal sê:”
Hierdie moet gedoen word en dat moet gedoen word” en niemand van julle kla nie.
Julle slaan jul hand aan die ploeg en ongeag wat na julle toe kom, is julle
oorkómmers! Net oorkómmers is YAHUSHUA se Demon Stompers! Onthou dit. Diegene
wat misluk kon nie opweeg nie.
So EK laat julle met hierdie Woorde om ‘n seën te wees vir julle. EK het julle
lief. Dit sal nie lank wees voor EK julle sien nie. Hou net styf vas aan die
soom van MY kleed. Moenie laatlos nie! Ongeag wat julle sien in hierdie wêreld,
moenie laatlos nie. Hou net styf vas. Moenie dat die gees van godsdiens steel
wat EK vir julle gegee het nie. Moenie dat die gees van twyfel of kommer of
vrees of paniek steel wat EK vir julle gegee het nie.
Geen godsdiens sal julle red nie! Geen! Geen! Geen! Alleenlik 'n liefdevolle
gehoorsame verhouding tot MY, YAHUSHUA ha MASHIACH sal jul siel red.
Dankie dogter. Dankie vir die aanwakkering van die salwing in hierdie Ringmaagd
van MY! Ek weet [Elisheva] jy het selfs gehuiwer om daardie woorde te sê want
daardie woorde was besmet met leuens van satan maar jy is MY Ringmaagd en die
Woorde en die Profesieë lui reg rondom hierdie wêreld. En satan jy weet dit. Jy
kan hierdie nie stop nie want EK het hierdie verklaar. En meer tale sal voortkom.
MY dogter hierdie nag het EK jou gesalf op 'n nuwe manier. EK salf jou nou met
'n nuwe hart en die doringdraad was weggesny. Moenie dat dit ooit weer groei nie.
Moet nooit terugkyk nie en kyk net vorentoe en terwyl jy aanhou om jou wil neer
te lê, terwyl jy aanhou om elke gedagte gevange te hou, elke begeerte gevange!
Sien as dit van MY is, sal jy meer groei in die Salwing van die RUACH HA KODESH
en dit geld vir almal wat luister na hierdie Woord nou.
Einde van Woord
Elisheva: Sug, dis dit! Dis asof ek nie asem gehaal het die hele tyd nie. Dis
die hemel se suurstof…
Gespreek onder die Salwing van die RUACH HA KODESH
aan Apostel Elisheva Eliyahu
Offensief vir meeste en 'n seën vir ander, 'n Kind, Vegter, Bruid
van YAHUSHUA ha MASHIACH/JESUS CHRISTUS