Shabbat Shalom!
Balak / Een Wat Verwoes
- hierdie week se profetiese leeswerk.


Miga 5:6-6:8;

5

1 Nou sal jy by hope bymekaar moet kom, o dogter van krygsbendes; die vyand het ‘n wal teen ons opgegooi; met ‘n stok slaan hulle die regeerder van Israel op die kakebeen.
2 (5:1) En jy, Betlehem Éfrata, klein om te wees onder die geslagte van Juda, uit jou sal daar vir MY uitgaan een wat ‘n Heerser in Israel sal wees; en sy uitgange is uit die voortyd, uit die dae van die ewigheid.
3 (5:2) Daarom sal HY hulle prysgee tot op die tyd dat ‘n barende gebaar het. Dan sal die oorblyfsel van sy broers saam met die kinders van Israel terugkeer.
4 (5:3) En HY sal optree en hulle laat wei in die sterkte van YAHUVEH, in die majesteit van die Naam van YAHUVEH sy ELOHIM; en hulle sal rustig woon, want nou sal HY groot wees tot aan die eindes van die aarde.
5 (5:4) En HY sal vrede wees. Wanneer Assur in ons land kom en hy ons paleise wil betree, sal ons teenoor hom sewe herders stel, ja, agt vorste uit die mense.
6 (5:5) En hulle sal die land Assur met die swaard afwei en die land van Nimrod by sy ingange. So sal HY ons dan van Assur bevry, wanneer hy in ons land kom en ons grondgebied betree.
7 (5:6) Dan sal die oorblyfsel van Jakob onder baie volke wees soos dou van YAHUVEH, soos reënbuie op die plante, wat op geen mens wag nie en ter wille van geen mensekind vertoef nie.
8 (5:7) En die oorblyfsel van Jakob tussen die nasies sal onder baie volke wees soos ‘n leeu onder die diere van die woud, soos ‘n jong leeu onder troppe kleinvee; wat, as hy deurtrek, vertrap en verskeur sonder dat iemand red.
9 (5:8) Jou hand sal bo jou teëstanders verhewe wees, en al jou vyande sal uitgeroei word.
10 (5:9) En in dié dag, spreek YAHUVEH, sal EK jou perde uit jou midde uitroei en jou strydwaens vernietig.
11 (5:10) Ook sal EK uitroei die stede van jou land en al jou vestings afbreek.
12 (5:11) Verder sal EK uitroei die towerye uit jou hand, en jy sal geen goëlaars meer hê nie.
13 (5:12) En EK sal uit jou midde uitroei jou gesnede beelde en jou klippilare, sodat jy jou nie meer voor die werk van jou hande sal neerbuig nie.
14 (5:13) En EK sal uit jou midde uitruk jou heilige boomstamme en jou stede verwoes.
15 (5:14) En EK sal in toorn en grimmigheid wraak neem op die nasies wat nie geluister het nie.

*~ Miga Hoofstuk 6 ~*


1 Hoor tog wat YAHUVEH sê: Staan op, twis in teenwoordigheid van die berge, en laat die heuwels na jou stem luister!
2 Hoor, berge, die twis van YAHUVEH! En onwankelbares, grondslae van die aarde! Want YAHUVEH het ‘n twis met SY volk en sal met Israel ‘n regsgeding hou.
3 MY volk, wat het EK jou aangedoen, en waarmee het EK jou vermoei? Antwoord MY!
4 Ja, EK het jou uit Egipteland laat optrek en jou uit die slawehuis losgekoop, en EK het voor jou uit gestuur Moses, Aäron en Mirjam.
5 MY volk, dink tog aan wat Balak, die koning van Moab, beraadslaag het, en wat Bíleam, die seun van Beor, hom geantwoord het, en wat gebeur het van Sittim af tot by Gilgal, sodat jy kennis kan dra van die regverdige dade van YAHUVEH.
6 Waarmee sal ek YAHUVEH tegemoetgaan en my buig voor die hoë ELOHIM? Sal ek HOM tegemoetgaan met brandoffers, met jaaroud kalwers?
7 Sal YAHUVEH ‘n welbehae hê in duisende ramme en tien duisende strome van olie? Sal ek my eersgeborene gee vir my oortreding, die vrug van my liggaam vir die sonde van my siel?
8 HY het jou bekend gemaak, o mens, wat goed is; en wat vra YAHUVEH van jou anders as om reg te doen en liefde te betrag en ootmoedig te wandel met jou ELOHIM?

Mattheus 21:1-11;

1 En toe hulle naby Jerusalem gekom en Bétfagé aan die Olyfberg bereik het, stuur YAHUSHUA twee dissipels uit en sê vir hulle:
2 Gaan na daardie dorp reg voor julle, en dadelik sal julle ‘n eselin vind wat vasgemaak is, en ‘n vul by haar. Maak haar los en bring hulle vir MY.
3 En as iemand vir julle iets sê, moet julle antwoord: Die Here het hulle nodig; en dadelik sal hy hulle stuur.
4 En dit het alles gebeur, sodat vervul sou word die woord wat deur die profeet gespreek is:
5 Sê vir die dogter van Sion: Kyk, jou Koning kom na jou toe, sagmoedig, en HY sit op ‘n esel, ja, ‘n jong esel, die vul van ‘n pakdier. (Jes 62:11; Sag 9:9)
6 En die dissipels het gegaan en gedoen soos YAHUSHUA hulle beveel het;
7 hulle het die esel en die vul gebring en hulle klere daarop gelê, en HY het daarop gaan sit.
8 En die grootste deel van die skare het hulle klere op die pad oopgegooi, en ander het takke van die bome afgekap en op die pad gestrooi.
9 En die skare wat voor geloop en die wat gevolg het, het uitgeroep en gesê: Hosanna vir die Seun van Dawid! Geseënd is HY wat kom in die Naam van YAHUVEH! Hosanna in die hoogste hemele! (Ps 118:26)
10 En toe HY in Jerusalem inkom, het die hele stad in opskudding geraak en gesê: Wie is hierdie man?
11 En die skare sê: Dit is YAHUSHUA, die Profeet, van Násaret in Galiléa.