Van Profesie 105 af, het YAHUVEH gesê hierdie moet van nou af op al die Profesieë geplaas word: Elisabeth (Elisheva) EK het jou lank gelede gewaarsku om nie hierdie Bediening na ‘n man of ‘n vrou te vernoem nie, selfs nog voordat daar ‘n Bediening was. EK het dit in jou gees geplaas want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, niks hiervan het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit die Mond van YAHUVEH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van YAHUSHUA jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van die RUACH ha KODESH jou IMMAYAH geboorte gegee. As dit net deur jou hand was sou dit lankal misluk het. Dit is deur die SHKHINYAH GLORIE se Wind wat oor hierdie aarde waai, die Heilige Wind van Herlewing, dit is nie deur jou asem nie, anders sou dit misluk het. “EK is YAHVEH, dit is MY NAAM; en MY EER sal EK aan geen ander gee, of ook MY LOF aan die gesnede beelde nie”. (Jesaja 42:8)
20 Sept, 2024
Hierdie kom uit Profesie 105, YAHUVEH het beveel dat dit op alle Profesieë
bygevoeg moet word van nou af:
EK het jou lank gelede gewaarsku [Elisheva] om nie hierdie Bediening na ‘n
man of ‘n vrou te vernoem nie selfs nog voordat daar ‘n Bediening was. EK het
dit in jou gees geplaas want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, niks
hiervan het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit die Mond van YAHUVEH
geboorte gegee. Dit is uit die Mond van YAHUSHUA jou MASHIACH geboorte gegee.
Dit is uit die Mond van die RUACH HA KODESH jou IMMAYAH geboorte gegee. As dit
net deur jou hand was sou dit lankal misluk het. Dit is deur die SHKHINYAH
HEERLIKHEID se Wind wat oor hierdie aarde waai, die Heilige Wind van Herlewing,
dit is nie deur jou asem nie anders sou dit misluk het (Jesaja 42:8)
Redakteur se Kommentaar:
EK het jou lank gelede gewaarsku [Elisheva] om nie hierdie Bediening na ‘n man
of ‘n vrou te vernoem nie selfs nog voordat daar ‘n Bediening was. EK het dit in
jou gees geplaas want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, niks hiervan
het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit die Mond van YAHUVEH geboorte gegee.
Dit is uit die Mond van YAHUSHUA jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die
Mond van die RUACH HA KODESH jou IMMAYAH geboorte gegee. As dit net deur jou
hand was sou dit lankal misluk het. Dit is deur die SHKHINYAH HEERLIKHEID se
Wind wat oor hierdie aarde waai, die Heilige Wind van Herlewing, dit is nie deur
jou asem nie anders sou dit misluk het (Jesaja 42:8)
In Julie 2010 het YAHUVEH GOD ook gesê dat die volgende vanuit 2 Kronieke
bygevoeg word voor elke Profesie:
2 Kronieke 36:16, “Maar hulle het die boodskappers van ELOHIEM uitgelag, SY
Woorde verag en met SY Profete gespot totdat die gramskap van YAHWEH teen SY
volk opgekom het, totdat daar geen genesing meer was nie.”
* * * * * * *
Gedurende gebed vandag 23/1/98, ek was besig om saam met my vriendin Sharon te
bid. Ek was besig om vir haar te vertel van Gabriël en hoe ek steeds die visioen
van die trompet teen sy lippe sien, wagtend vir die wagwoord van Vader YAHUVEH
op die troon, om dit te blaas.
Sy het gesê, "O [Elisheva] het jy dit gesien?" En toe ek probeer om te antwoord,
het daar instede daarvan tale uit my geskeur. Maar hulle was verskillende,
dringende tale; warm trane het op my gesig geval. Toe het die RUACH ha KODESH
vir my YAHUSHUA gewys. HY was knielend op die grond. HY kyk na Gabriël en SY
gesig is met sy hande bedek en hy huil. HY snik so hard. HY het gepraat en ek
kan hierdie woorde woor. Die snikke het uit my uit geskeur asof HY deur my huil.
Die trane was so warm dat ek dit op my gesig gelos het. Wetende op een of ander
manier dat dit nie vleeslike trane was nie, maar trane afkomstig van YAHUSHUA.
Ek kan dit steeds op my gesig voel asof dit drooggeword en daar gebly het.
Hierdie is die woorde wat die RUACH ha KODESH nou terugsit in my gees want ek is
opdrag gegee, "Vertel hulle MY kind, vertel hulle namens MY!" 24/1/98 gegee aan
hierdie Kind, Vegter, Bruid van YAHUSHUA ha MASHIACH.
* * * * * * *
Alhoewel EK juig omdat EK kom om MY Kinders uit hierdie bose wêreld weg te neem,
om MY Bruid huis toe te neem in MY arms, huil EK en snik EK want EK is in twee
geskeur. So baie sal agtergelaat word, so baie wat hulleself MYNE noem en tog is
MY Gees nie in hulle nie. Hulle sal agtergelaat word om die toorn van Almagtige
GOD YAHUVEH te verduur. Vertel vir hulle MY Dogter, vertel vir hulle namens MY.
Waarsku hulle. Baie sal luister en hierdie profesie gehoorsaam. EK huil oor die
kerke wat oorloop en waar mense in toue staan om in die kerke in te kom.
Maar MY RUACH ha KODESH (Heilige Gees) is nie in hierdie kerke nie. Hierdie
mense noem hulleself MYNE en hulle ken MY nie. Hulle is die kerk van die
huigelaars.Vertel vir hulle MY Kind, Vertel vir hulle namens MY. Hulle sal
agtergelaat word om die toorn van die Almagtige GOD YAHUVEH te verduur as hulle
nie BEROU toon nie. Wat 'n tragedie. Vertel vir hulle MY Kind, vertel vir hulle
namens MY, YAHUSHUA ha MASHIACH IS VINNIG AAN DIE KOM! EK ween oor die mans wat
hulle heidense vrouens sal verlaat. EK ween oor die vrouens wat hulle heidense
mans sal verlaat. EK ween want hulle het probeer, maar die heidense
huweliksmaats wou nie luister nie.
Vertel vir hulle MY Kind; vertel vir hulle namens MY want EK kom, O so gou. EK
ween oor diegene wat dink EK haat hulle. Tog het EK vir hulle sondes gesterf en
opgestaan vir hulle.Vertel vir hulle MY Kind, Vertel vir hulle namens MY want EK
kom nou O so gou. EK weet dit klink asof so min luister en meer hulle ore sal
toedruk eerder as om te luister. Maar niks het verander nie. Het hulle nie
dieselfde aan MY gedoen nie? Het hulle nie gekyk toe EK op Golgota gekruisig is
nie? Het dieselfde persone wat die wonderwerke aanskou het wat EK gedoen het,
nie geskree 'kruisig hom aan daardie kruis' nie? Terwyl al wat EK wou doen was
om 'n seën vir hulle en vir julle te wees, en EK het vir almal gesterf om julle
vir ewig vry te maak uit satan se greep.
En tog, hoeveel lippe vervloek, ontken, is ongehoorsaam, spot en laster MY
nogsteeds? Jy sal soos 'n stem wees wat in die woestyn roep en MY Dogter, dit
sal voorkom asof jy slegs jou eie eggo hoor wat terugkeer na jou eie ore. Maar
dit is nie jou eggo nie, maar MY eggo wat die wêreld sal hoor wat oor jou lippe
kom wat EK georden en gesalf het om MY Woorde uit te spreek, nie jou woorde nie.
Die prys was groot wat jy en ander wat EK georden en gesalf het om MY Woorde uit
te spreek, betaal het, julle het 'n groot offer betaal. Maar julle belonings sal
groot wees. Want niks wat julle namens MY prysgee, sal onbeloon wees nie. Geen
pyn of lyding wat julle verduur het, sal onbeloon verbygaan nie. Vir wat julle
ookal om MY NAAM ontwil gely het, sal EK julle nie net op hierdie aarde nie maar
ook vir ewig in die Hemel beloon.Vertel vir hulle MY Kind; vertel vir hulle
namens MY, want EK Kom O so gou.
Die seëninge sal groot wees wat EK gereserveer het vir almal wie MY dien,
gehoorsaam, tiendes gee, wie Heilig is en MY aanbid. Vertel vir hulle MY Kind;
vertel vir hulle namens MY want EK Kom O so gou. EK sê vir jou dat ander hierdie
profetiese eggo oor die ganse wêreld sal hoor en hulle sal nie die stem van 'n
vrou hoor wat praat nie, maar hulle sal die stem van die Almagtige GOD YAHUVEH
hoor wat praat. Hulle sal nie net een stem hoor nie, maar MY stem sal deur baie
ander weerklink.
Selfs die heidene sal gedwing word om MY stem te hoor. Kan julle nie 'n eggo,
selfs van veraf hoor nie? Al druk hulle hul ore toe, sal hulle MY stem hoor
praat. Dit is hulle keuse of hulle gaan gehoorsaam, maar EK sal hulle dwing om
te luister. Moenie die vyand se haat, toorn of verwerping en dreigemente vrees
nie. Soos wat die wêreld MY gehaat het, so sal hulle julle ook haat en almal wat
waarlik aan MY behoort. Vertel vir hulle MY Kind, vertel vir hulle namens MY
sodat siele steeds in MY NAAM en Bloed vrygemaak kan word van die toorn van
YAHUVEH Almagtig wat gou oor hierdie wêreld gaan kom. EK kom eerstens om MY
Kinders O so liefdevol huis toe te neem! EK weet wie MYNE is; hulle wie MY Gees
in hulle het, het alreeds onsigbare vlerke om mee te vlieg.
Vertel vir hulle MY Kind; vertel vir hulle namens MY, want EK kom O So gou.
Hulle wie EK MY Kinders noem, sal MY stem hoor en herken. Hulle wie nie MY
Kinders is nie maar van die kerk van die huigelaars (pretenders) is, sal hulle
ore toedruk en sê, "Gaan weg, ons wil nie hoor wat jy sê nie." Selfs as dit wat
EK profeteer, uiteindelik gebeur, sal hulle jou blameer dat jy dit veroorsaak
het. Want jy spreek dit uit en wat jy profeteer aan ander, sal baie vinnig
gebeur.
Hierdie wêreld sal NOOIT MY Kinders omhels nie. Hierdie wêreld is vol sonde en
'n stank in MY neusgate. Die stank van sonde in Amerika en in hierdie nasie se
leiers en van hierdie wêreld, laat MY verstik en EK wil vrykom van hierdie
stank. Dit is hoekom EK kom om MY Kinders veilig huis toe te neem. Dan sal die
oordeel van YAHUVEH op hierdie aarde neerkom op 'n manier wat nooit van gedroom
is of nooit weer sal gebeur nie. En dit sal met hierdie heidense land gebeur.
Maar as die wêreld julle omhels wanneer EK kom, weet dit dan en pasop, want jy
is dan nie MY Kind nie. Jy behoort aan satan, en jou naam is nie in die Lam se
Boek van die Lewe onder die opskrif 'verlostes' geskryf nie. Julle is slegs
geskik vir die oordeel en toorn van Almagtige GOD YAHUVEH. Die Hel is al wat
julle sal sien.
Daar is 'n Lam se Boek van Lewe wat geskep is voordat die wêreld gevorm was en
EK het vooraf geweet wie se name ingeskryf sou word en onder watter opskrif.
Daar is slegs drie opskrifte daar. Die Verlostes .... uitgewistes (blotted out)
..... die verdoemdes .... jou naam is alreeds daar in een van die plekke. Selfs
hulle wat onder die verlostes gelys is, se name kan uitgevee word en as dit
uigevee is, sal dit wees omdat julle die goedheid van YAHUVEH die Vader geken
het, maar gekies het om die god van hierdie wêreld te dien met vleeslike
begeerte en julle rug op MY gedraai het en slegs voorgegee het om julle harte en
lewens vir MY te gee. EK het dit alles vooraf geweet en geweet watter keuses
julle sou maak, want EK is die GOD van alle wysheid en kennis en EK word nooit
verras deur enigiets wat gebeur nie.
Onthou, wat ookal, wie ookal julle die liefste het, is die God wat julle dien.
Die wêreld omhels en klap hande vir Mick Jagger, tog dien hy 'n ander god. Die
god van boosheid en alhoewel EK die roem en rykdom toegelaat het, is dit al wat
hy ooit sal ken want hy het lank gelede sy siel aan die hel verkoop. Nou probeer
hy net om ander saam te neem waar hy heengaan. Daar is so baie 'rock'sterre,
soos wat hulle genoem word, en satan bespot MY selfs met hierdie naam, want hy
weet dat daar maar net een Lewende Rots (Rock) is en dit is EK, julle Here
YAHUSHUA ha MASHIACH. Weet dit; 'rock' musiek is nie van die Lewende Rots (Rock)
nie. 'Rock'sterre het nie die Gees van die Lewende Rots (Rock) nie. Hulle het
hulle siele verkoop vir roem en rykdom. Verbonde met die duiwel aangegaan wat EK
maklik kon breek en baie maal doen EK dit. Maar hulle kan nogsteeds berou toon,
wegdraai en hulle in MY Gestorte Bloed op Golgota was.
Vermaaklikheidskunstenaars, julle het julle siele verkoop. Julle word betaal om
alles wat Heilig is en MY NAAM te vervloek, bloot vir wêreldse roem en rykdom.
Maar julle kan nie toegang tot die Hemel koop nie. Die rykes en beroemdes van
hierdie wêreld is nie die rykes en beroemdes in Almagtige GOD YAHUVEH se oë nie.
Julle is armlastiges, maar julle weet dit nie. Julle is uitgehonger vir die
Brood van die Lewe, maar julle weet dit nie. Julle sterf van dors na die Lewende
Water, maar julle weet dit nie. Julle is naak en het geen bedekking nie, maar
julle weet dit nie. Julle is oppad hel toe, en julle weet dit nie. Julle is ryk
aan wêreldse besittings, maar armlastiges in geestelike gawes. Julle geld kan
nie koop wat EK gratis aan MY Kinders gee nie. MY Kinders dien MY en plaas MY
eerste in hulle lewens, leef Heilig voor MY en getuig van MY, en ly om MY NAAM
ontwil. MY Kinders gee tiendes, gee offergawes om die werk te ondersteun wat EK
vir ander bedienaars beveel het om te doen, deur die Heilige tiendes en
offergawes te gebruik.
Om hierdie rede sal EK hulle spaar op die Oordeelsdag. MY Kinders is nie bang om
op te staan vir Heiligheid nie. Hulle sal teen homoseksualisme en aborsie,
pornografie en alle maniere van sondes praat. Het EK nie lief genoeg gehad om
selfs die Fariseërs te waarsku nie? Hoeveel te meer moet julle? Het EK nie vir
Moses gestuur om die bose Farao te waarsku nie? Hoeveel te meer moet julle? MY
Kinders weet dat EK dieselfde beloning belowe het as wat hierdie prediker in die
Hemel sal ontvang deur aan die mense te preek, en siele na MY toe te bring, en
te bid, en te onderrig, en die gevangenes in MY NAAM vry te maak. Om teen
onheiligheid te praat en MY Profetiese Boodskappe te verkondig.
Dieselfde skat is weggelê vir enigeen wie hierdie Apostels, Profete, Evangeliste,
Pastore, Leraars ondersteun, bemoedig en vir hulle bid. Hulle sal ook dieselfde
beloning ontvang wat vir hulle in die Hemel weggelê word.
EK vermaan julle, saai julle saad slegs in bedienings wat die volle waarheid
preek en verkondig, selfs as dit beledig. Bid vir hierdie bedienaars, ondersteun
hulle. EK praat nie van mensegemaakte lisensies wat hierdie wêreld geestelike
geloofsbriewe noem nie. Baie het dit en het ook enorme groot kerke, tog gebruik
hulle dit om die mense te mislei. Slegs Almagtige GOD YAHUVEH orden, nie 'n mens
nie.
Want EK ken die Gees van daardie man of vrou, EK weet of hulle geskik is om 'n
geestelike leier te wees. Die mens speel weereens god. Baie is geroep en min is
deur MY uitverkies. So, moenie toelaat dat satan julle mislei nie. Julle sal
verantwoordelik gehou word as julle tiendes en offergeld aan 'n kerk gee wat
julle weet nie die Ware Evangelie van YAHUSHUA verkondig nie. As daardie pastoor
dwaling verkondig en ander mislei en julle help hom met julle tiendes en
offergawes, sal julle veroordeel voel as julle hierdie lees, en julle sal weet
dat EK nie ingenome is nie. Want deur dit te doen het julle die vyande gehelp om
MY Kinders nederlaag te laat lei.
EK het behae daarin as julle tiendes en offergawes aan hulle gee wie daagliks sy
of haar lewe neerlê vir MY. Wie daagliks 'n dienaar vir die mense en vir MY is.
Hulle word meeste van die tyd mishandel, verwerp en gehaat deur op te staan vir
heiligheid, en MY booskappe uit te spreek.
So baie van die bedienaars dra alleen die finansiële las. Waar is MY Kinders vir
wie EK geseën het? Hoekom saai julle saad in harde, droë en onvrugbare grond?
Hoekom bid julle nie en gevra waar om julle Heilige tiendes en offergawes te
plant nie? Ja, EK het satan se vervalsers ontbloot wie MY beroof deur die
Heilige tiendes en offergawes te steel en dit slegs gebruik tot hulle eie
voordeel. Die wolwe in skaapsklere is ontbloot en hulle sal op die Oordeelsdag
voor Almagtige GOD YAHUVEH staan vir wie hulle beroof het. Ellende wag op
hierdie bedienaars.
Bid dat EK vir julle die onvervalste teenoor satan se vervalsing sal wys. EK het
'n gulsige dissipel gehad, 'n seun van die hel, maar dit beteken nie dat al die
dissipels verraaiers was nie, het dit? So is dit weereens waar. Julle het gevra,
"Hoekom word ek nie geseën omdat ek my tien persent gee nie?" EK sal vir julle
vertel, dit is omdat julle saad in harde, droë grond saai wat dwaalleer
verkondig en ander verlei tot in die ingewande van die hel. BEROU VANDAG! As jy
MY Kind is en jy gee nie tiendes en offergawes nie dan is jy nie gehoorsaam aan
MY nie. Hoekom sê jy dan dat jy MY liefhet as jy MY nie gehoorsaam nie. BEROU
VANDAG! Sodat EK jou kan seën op dieselfde manier as die wonderwerk van die
brood en vissies. Sodat jou gebede vinnig beantwoord kan word.
EK hoor hoe sommige van MY Kinders nou sê, "Ag nee, ek gaan nie van MY geld vir
'n bediening gee nie, ek glo nie in tiendes gee nie" en ander sal sê, "Ek gee
vir 'n bediening, ek hou nie daarvan nie en ek erken dat ek nie gewillig gee nie,
maar ek gee wel, nie veel nie, maar ek gee." Hier is MY antwoord aan die eerste
groep wie hulleself MYNE noem. Ondersoek julleself, want as julle nie die Woord
van YAHUVEH gehoorsaam nie, hoe kan julle sê dat MY RUACH ha KODESH in julle
woon? Hoe kan julle sê dat julle MY liefhet en MY nie gehoorsaam nie? Vir hulle
wie spaarsamig en onwillig gee, sê EK dit, EK sal ook spaarsamig en onwillig aan
julle teruggee.
Want met dieselfde maat waarmee julle meet, en dieselfde gesindheid, met
dieselfde gesindheid sal EK aan julle teruggee. So daar het julle nou julle
antwoorde. As EK nie julle gebede vinnig beantwoord nie, weet julle nou hoekom
nie. Wanneer dit lyk of julle sakke gate in het, en die vernietiger kom en eet
julle saad op sodat daar nie genoeg is om julle skuldenaars te betaal nie, weet
julle nou hoekom. Daar rus 'n vloek op almal se finansies wat nie onthou om die
10% as ‘n tiende te gee nie. ‘n Offergawe is enigiets bo dit. Wanneer dit lyk
asof alles wat verkeerd kan gaan in julle lewens verkeerd gaan. Nou weet julle
hoekom.
Julle het YAHUVEH beroof. Maleàgi 3 het nie verander nie. Die beroemde
bedienaars van hierdie wêreld praat nie altyd die waarheid nie, maar instede
daarvan, ondersoek wat hulle sê, is dit in lyn met die Woord van YAHUVEH of
verdraai hulle die skrifte om in lyn te wees met die Woord van YAHUVEH of om by
die mens se beeld aan te pas? Julle tiendes en offergawes, ongeag hoe groot die
offer, is nie vir MY Heilig as julle in satan se koninkryk saai nie. En dit is
wat julle doen as julle iemand ondersteun wie dwaling verkondig en mensgemaakte
leerstellinge onderrig, nie die Heilige Woord van YAHUVEH wat nie kan lieg nie.
EK is die Woord wat vlees geword het. Julle word nou verantwoordelik gehou vir
wat julle nie geweet het, of wat julle nie geleer is nie.
BEROU VANDAG!
EK kan geld uit die Hemel laat reën om die bedienaars se behoeftes te vul, tog
het EK verkies om dit nie te doen nie maar wil instede daarvan hê dat julle in
die seën deel deur julle 10% tiendes en offergawes te gee om die werk van
YAHUSHUA te ondersteun. Baie van julle dink die tiende is na belasting, na julle
julle rekeninge vereffen het, maar lees Maleàgi 3 versigtig deur en julle sal
sien dit is die beste, nie die oorskiet nie. BEROU, voorheen het julle nie van
beter geweet nie, nou word julle verantwoordelik gehou vir wat julle weet. Julle
sal weet julle is waarlik MYNE, wanneer julle begeer om tiendes te gee en julle
sal opgewonde raak as julle dit in julle Gees ervaar. Wanneer julle tiendes gee
gaar julle net julle seëninge in die Hemel op wat losgemaak sal word wanneer
julle dit benodig en vinnige antwoorde op julle gebede. Beproef MY en kyk of EK
'n GOD is wat lieg. Lees Maleàgi 3 en beproef MY dan.
Aangesien EK weet dat die meeste nie sal tyd maak om dit te lees nie, sal EK MY
dienaar hier laat ophou en dit uit tik vir julle. Onthou die duiwel het julle
mislei deur sy dienaars te gebruik om julle te laat dink dat alle pastore Rolls
Royces ry, privaat stralers het en hulle sakke vul met silwer en goud. Hulle wat
hierdie dinge doen, roof die tiendes en offergawes van predikers wie dit nodig
het en vir wie EK MY Mense aangesê het om tiendes en offergawes voor te gee.
Hoekom praat EK van dit deur hierdie profetiese boodskap? Dit is omdat julle nie
hierdie waarhede in die ryk bedienings sal hoor nie, hulle is te bang om iemand
te beledig. Hulle sal julle nie waarsku waar die wolwe is nie. Hulle sal nie vir
julle sê sonde is sonde nie, YAHUVEH het nie verander nie, die mens het. Die
welgestelde bedienaars neem die heidene se geld en vertel nie eers vir hulle
hulle moet berou, want hulle is oppad hel toe nie.
Die bedienaars wat EK oprig sal MY Woorde uitspreek; hulle het nie die rykdom
van hierdie wêreld wat hulle bang sal wees om te verloor nie. Maar in hierdie
eindtye het hulle het ook julle ondersteuning nodig. Dit sal hierdie bedienaars
wees wie in dapperheid net soos Johannes die Doper sal wees. Baie van MY Kinders
dink omdat die ryk en beroemde bedienaars kerke het wat oorloop, daar toue staan
wat wil ingaan, en dieselfde beroemde name verskyn op TV en radio, dat die
tiendes weliswaar meer saad sal maai as wat dit aan iemand gegee word wat MY
Werk doen, maar wie nie beroemd is of die materiële besittings het wat hierbo
genoem is nie. MY getroue bedienaars ondersteun die bedienings met hul eie
finansies. Hulle maak op MY staat om die mense se harte te beweeg om saad in die
nederige bedienings te saai. EK het met hierdie dienaar gepraat wie EK nou
gebruik om hierdie boodskap oor te dra toe sy MY gevra het hoekom EK nie die
visse met die goue geldstukke in hulle bekke gestuur het nie. So spreek die
Almagtige GOD YAHUVEH aan al MY dienaars en bedienaars wie hierdie selfde vraag
gevra het. EK het hulle gestuur, EK het vir hulle aangesê om te gee, maar hulle
gehoorsaam nie.
Daarom sal EK gehoorsame dienaars oprig wie hulle saad in die vrugbare
sielewenner-bedienings sal saai. Ja, selfs hierdie bediening, want die arbeider
is die loon werd. Hoekom is dit so dat as 'n persoon 'n wêreldse werk doen,
almal dink, ja hulle moet betaal word vir die harde werk. Maar as die persoon
vir MY werk en selfs harder werk, want 'n bedienaar werk elke wakker oomblik,
elke dag van hul lewe. Tog, hoe min verstaan dat hulle ook 'n salaris werd is.
Is hulle nie? Dit is waarvoor die tiendes nodig is. Het EK nie beveel dat die
eerste tiende na Aaron, die Priester moes gaan nie? Lees die hele Maleàgi 3 en
vra vir MY om julle te onderrig hoekom daar 'n seën hierin is, nie net vir die
grond waarin die saad geplant was nie, maar ook vir die saaier van die saad. MY
RUACH ha KODESH oortuig en wys nou vir julle wie nou hier lees, of julle
gehoorsaam is of nie. (Maleàgi 3:6-18. EK YAHUVEH verander nie. So julle, O
kinders van Jakob, is nie vernietig nie.
Sedert die dae van julle voorvaders het julle van MY insettinge afgewyk en dit
nie onderhou nie. Keer terug na MY en EK sal na julle terugkeer, sê die
Almagtige GOD YAHUVEH. Maar julle vra: hoe moet ons terugkeer? Mag 'n mens
YAHUVEH beroof? Nogtans beroof julle MY. Maar julle vra: waarin het ons U beroof?
In die tiendes en die offergawes. Julle is onder 'n vloek, die hele nasie, omdat
julle MY beroof. Bring die hele tiende na die pakhuis, sodat daar voedsel in MY
huis kan wees. Beproef MY hierin, sê die Almagtige GOD YAHUVEH en kyk of EK nie
die vensters van die Hemel (sluise) sal oop gooi en so baie seën sal uitstort
dat julle nie genoeg plek vir dit sal hê nie. EK sal verhoed dat plae julle
oeste verslind en die wynstokke op julle lande sal nie hulle vrugte afgooi nie,
sê die Almagtige GOD YAHUVEH. Dan sal almal julle geseënd noem, want julle land
sal genotvol wees, sê die Almagtige GOD YAHUVEH en julle het skerp woorde teen
MY gesê, sê YAHUVEH.
Nogtans vra julle: "Wat het ons teen U gespreek"? Julle het gesê: "Dit is
tevergeefs om YAHUVEH te dien, wat het dit ons gebaat om sy behoeftes uit te
voer en soos rouklaers voor die Almagtige GOD YAHUVEH te wandel?" Maar nou noem
ons die verwaandes geseënd. Die kwaaddoeners floreer sekerlik, en selfs hulle
wat YAHUVEH uitdaag, ontsnap. Toe het die wat YAHUVEH vrees, met mekaar gespreek
en YAHUVEH het dit opgemerk en gehoor, en daar is 'n gedenkboek voor Sy aangesig
geskrywe vir die wat YAHUVEH gevrees het en SY NAAM geëer het. Hulle sal MYNE
wees, sê Almagtige GOD YAHUVEH, op die dag wat EK my kosbare besittings opmaak,
sal EK hulle spaar, net soos 'n man sy seun spaar wat hom dien en julle sal weer
die onderskeid sien tussen die regverdige en die goddelose, tussen die wat
YAHUVEH dien en die wat HOM nie dien nie. Hulle wie MY Bediendings ondersteun
wat MY Woord uitspreek, doen dit nie vir hulle lof, eer en glorie nie, maar vir
MY Lof, Eer en Glorie. Sodat hulle goedheid 'n weerkaatsing van die GOD is wie
hulle dien. Wat 'n vreugde is julle vir MY.
O die skaamte wat EK vir julle het wie wel MY bedienaars ondersteun maar dit
doen vir 'n belastingvrystelling. Daar sal weliswaar geen ander seën as dit wees
nie. Pasop vir hulle wie vir liefdadigheidsorganisasies gee sodat hulle geld op
hulle belasting kan terugkry. EK ken julle harte. Dit is ver van MY af. Dit is
'n stink offergawe wat nie aangenaam in MY neusgate is nie. BEROU VANDAG! EK het
baie miljoenêrs maar so min ondersteun hulle wie dit waag om MY Boodskappers te
wees. Hulle sal verantwoordelik gehou word op die Oordeelsdag.
BEROU VANDAG!
Belê in siele. Julle kan nie die geld en besittings saamneem wanneer julle
hierdie aarde verlaat nie. EK sal aan hulle wie oorvloedig geseënd was vra, "Hoe
het julle jul geld vir MY Eer gebruik, vir MY Kinders?" Wat sal julle sê? satan
het laat mense saad in bose werke saai, bose herders wat MY Woorde verdraai,
boodskappe uitspreek wat nie beledig nie, sodat hulle nie finansieel sou ly of
hulle belastingvrystellingstatus verloor nie. Of wie bang is om die heidene te
beledig en nie bang is om Almagtige GOD YAHUVEH te beledig nie. Ellende wag op
julle. EK het bedienaars opgerig wie nie wêreldse rykdom het nie maar met
dapperheid MY Woorde uitspreek, en MY Mense en vir MY seën.
EK praat tot die harte van MY Mense, en sê, gee tiendes, gee liefdesoffers en
hulle tree op asof hulle doof en blind is vir die nood van die bedienaars.
Ellende wag op julle opstandige kinders! EK sal dit wat EK vir julle gegee het,
wegneem en vir een van MY Kinders gee wie nie gulsig is nie. Die werk wat julle
het, het EK vir julle gegee, nie om op te gaar vir ingeval julle dit eendag sal
nodig kry nie, maar om dit te gebruik om die Evangelie oor die hele wêreld te
verkondig. EK praat nou tot die harte van hulle wie materiële besittings meer
aanbid het as vir MY. Wie geld meer aanbid het as vir MY. Hierdie dinge sal
julle nie spaar wanneer EK weer kom nie. Maak vir julle skatte in die Hemel
bymekaar, waar mot en roes nie kan verniel en waar diewe nie kan inbreek en
steel nie. Hoeveel van julle doen dit? Klee julle die wat naak is? Voed julle
die armes? Nie in julle naam nie maar in MY NAAM! Nie vir julle eer nie, maar
vir MY Eer?
Vermaaklikheidsterre en die rykes gee vir allerhande liefdadigheid en dink dit
sal MY woede kalmeer, maar dit doen nie. Want baie doen hierdie dinge, gee 'n
bietjie uit hulle oorvloed vir hul lof, eer en glorie en nie vir MYNE nie, in
hulle name nie in MY NAAM nie. Weliswaar is dit hulle enigste beloning. Geld kan
nie die leemte vul wat EK veronderstel is om te vul nie. Elkeen het 'n leemte;
dit is 'n vakuum wat binne in elke mens geplaas is wat na MY beeld geskape is om
MY lief te hê en begeer om hulle Skepper lief te hê. Tog vul die mens daardie
leemte met so baie wêreldse dinge, materiële dinge en soek na ander gode, tog is
EK die enigste een wat daardie leemte kan vul. EK ween want die wêreld dink dat
as iemand wat ryk en beroemd was, deur die dood weggeneem word en almal ken
daardie persoon se naam, dat hierdie persoon terwille van sy roem en rykdom op
hierdie aarde, die Koninkryk van die Hemel sal beërwe. Tog is dit 'n leuen uit
die hel. As die rykes en beroemdes deur hierdie wêreld bemind was, en nie
verwerp is omdat hulle aan MY behoort nie, dan sê EK weer vir julle dat hulle
nie die Gees van die Lewende GOD in hulle het nie.
Vertel vir hulle MY kind; vertel vir hulle namens MY, is dit regtig die prys van
ewige hel werd? Vertel vir hulle dat slegs deur YAHUSHUA ha MASHIACH te dien en
te aanbid en lief te hê, MY eerste te stel in hulle lewens, MY te gehoorsaam,
Heilig te lewe, Heiligheid te verdedig, ander genoeg lief te hê om hulle te
waarsku, dit sal hulle in die Hemel bring. Vertel vir hulle MY Kind; vertel vir
hulle namens MY, hulle het die liefde en bewondering gesteel wat bedoel was vir
MY. Vertel vir hulle MY Kind; vertel vir hulle namens MY, as hulle verlossing
wil hê, dit kom deur die Bloed wat EK op Golgota gestort het.
Die Vermaaklikheidsterre doen so baie goeie werke, tog hulle doen dit nie vir
MY, vir MY Lof, Eer en Glorie nie. Vertel vir hulle MY Kind; vertel vir hulle
namens MY. Sê hulle moet BEROU; wegdraai van hulle sondes, daar is vergifnis in
MY Gestorte Bloed op Golgota. EK het ook vir hulle gesterf sodat hulle vry kan
kom. Vertel vir hulle, MY Kind; vertel vir hulle namens MY, want jy is nie net
na die armes en mishandelde skape gestuur nie, jy is ook na diegene gestuur wie
hulself bo die gemiddelde stel wie glo hulle het hul eie publisiteit gekoop. Jy
is na die leiers van hierdie land gestuur, en baie [lande]. Vertel vir hulle MY
Kind; vertel vir hulle namens MY want vir MY is die rykes en armes dieselfde, EK
het MY Bloed vir hulle op Golgota gestort, sodat hulle vry kan wees van die hel.
Vertel vir hulle MY Kind; vertel vir hulle namens MY want EK kom gou. Geloof
sonder werke is dood. Baie van die rykes en die beroemdes het nie hul geloof in
MY gestel nie, maar in die populariteit van hierdie wêreld. In die mag van die
een wat die meeste geld het.
Selfs 'n geliefde gasvrou van 'n geselsprogram wat die wêreld ken, was eens
MYNE, maar het nou verdwaal. Die wêreld omhels haar want sy staan vir die wêreld.
Sy staan nie meer vir Heiligheid nie, maar instede spot sy met alles wat sy weet
Heilig is. Sy bespot die Woord van YAHUVEH waarin sy eenmaal geglo het. Sy soek
ander gode vir haar jeukende ore. Sy hoereer agter ander gode aan, maar vertel
haar sy moet BEROU en terugkom na MY toe want dit is EK wat haar hierdie guns en
gewildheid gegee het, sodat sy ander na MY reddende Bloed op Golgota kon lei.
Vertel dit vir Oprah Winfrey. Vertel vir haar MY Kind; vertel vir haar namens MY
want die lot van Prinses Diana sal ook tot in ewigheid hare wees as sy nie gou
berou en terugkom na YAHUSHUA ha MASHIACH, wie die prys betaal het sodat sy vry
kan kom van satan se greep nie. Vertel vir Oprah Winfrey om terug te kom na
Golgota en terug te kom na die wortels van haar voorvaders waar sy hoort. Vertel
vir haar dat niemand haar kan liefhê soos EK nie.
Vertel vir haar dat EK haar geseën het met elke begeerte van haar hart, en
niemand kan daardie leemte wat GOD gemaak het, vul nie behalwe EK. EK wag vir
haar om terug te keer en tog noem sy haarself MYNE, en MY Gees is ver van haar
af. Vertel vir haar namens MY, MY Dogter, EK treur oor haar! EK ween oor hierdie
wêreld wat sy verlei. Vertel vir Oprah, MY Kind, vertel vir haar namens MY
alhoewel sy dalk mag spot, sy sal in haar gees weet dat 'n Profeet van YAHUVEH
haar gewaarsku het en die een wat EK gestuur het, is jy. Vertel vir haar MY
Kind, vertel vir haar namens MY, keer terug na die GOD van Heiligheid wat sy
eens aanbid het, YAHUSHUA ha MASHIACH wie die prys op Golgota betaal het. Vertel
vir haar dat sy volgens die Heilige Woord van YAHUVEH moet lewe, of sy sal nooit
haar familie sien wat vir haar in die Hemel wag nie. Vertel vir haar; vertel vir
haar namens MY, MY Dogter want EK het jou geroep om die wêreld se geselsprogram
gasvrou, Oprah Winfrey te bedien.
Vertel vir haar dat sy bedoel was om MYNE te wees, maar sy het keer op keer
weggehardloop van MY af. Vertel vir haar MY Dogter, vertel vir haar namens MY.
Al MY Kinders wat elke dag na haar kyk en haar ryk maak, en woorde aanhaal wat
sy sê, EK vonnis julle nou swaar met 'n boodskap soos hierdie. Julle noem
julleself by MY NAAM, maar julle kyk daagliks hoe sy die betekenis van
Heiligheid ontheilig. Staan op en sê dit vir haar, vertel vir haar namens MY,
julle is ook MY stemme wat haar terug moet bring na die Gees van bekering deur
MY Gestorte Bloed op Golgota. Vertel vir haar MY Kinders; vertel vir haar namens
MY dat dit vir julle is wie sy probeer behaag en nie vir MY nie.
EK is verheug oor julle, MY Kinders wie ryk is in geloof. Nie julle geloof in
die rykdomme van die wêreld plaas nie. Julle kan nie twee here dien nie. Julle
sal die een haat en die ander liefhê. Julle kan nie twee wêrelde dien nie, die
wêreld van die vlees, en die wêreld van die Koninkryk van die Hemel. Slegs hulle
wie die vlees ontken en in die RUACH ha KODESH lewe en wandel sal EK spaar.
Vertel vir hulle MY Kind, wees MY stem en vertel vir hulle namens MY. Aan hulle
wie YAHUSHUA geestelike ore en oë gegee het, sal met hierdie boodskap vrygemaak
word. Vertel vir hulle MY kind, vertel vir hulle namens MY. MY swart skape, maak
nie saak hoe ver julle afgedwaal het nie, kom terug na julle enigste Goeie
Herder, kom terug na MY toe.
Bestraf satan en vlug van hierdie demone van onheiligheid en julle sal die Hemel
aanskou. Vertel vir hulle MY Kind; vertel vir hulle namens MY, YAHUSHUA het die
prys op Golgota betaal. EK het alles gedoen wat EK kan doen; nou laat EK die
keuses vir julle. Vertel vir hulle, almal wie ore het om te hoor en oë om te
sien, gee hierdie boodskappe aan wat EK met julle gespreek het, sodat julle op
die komende dag waardig geag sal word wanneer EK MY Uitverkorenes in MY arms
gaan bymekaar maak en huis toe neem, julle sal weet want deur julle woorde sal
julle nie alleen gaan nie. Vertel vir hulle MY Kinders; vertel vir hulle namens
MY, YAHUSHUA ha MASHIACH kom gou. Want Gabriël hou sy oë op ons Vader YAHUVEH,
die trompet teen sy lippe, hy wag slegs op Vader YAHUVEH se teken en dan sal
YAHUVEH na MY toe draai en sê, "GAAN, NOU IS DIE TYD, GAAN HAAL JOU BRUID!" Tot
dan wag, kyk en luister EK wetende wie sal gehoorsaam en hierdie waarskuwing oor
die komende Oordeelsdag deurgee.
Vertel vir hulle MY Kinders, vertel vir hulle namens MY. Laat julle stemme saam
met hierdie Profeet van MY weerklink, terwyl daar nog tyd is. Vertel vir hulle
MY Kinders, vertel vir hulle namens MY. Vertel vir hulle MY Kind, vertel vir
hulle namens MY. Om geloof in MY te hê is die sleutel tot hul bestemming. Maar
dit is nie genoeg om net te glo wie EK is nie, MY Kinders moet die Groot GOD
YAHUVEH 'EK IS' gehoorsaam, liefhê en dien. Vertel vir hulle MY Kind, alhoewel
baie nie sal luister nie, vertel vir hulle namens MY! Hemel of hel is vir ewig.
Vertel vir hulle MY Kinders, vertel vir hulle namens MY. Julle is op hierdie dag
gewaarsku, wat sal dit wees? Sal EK sê, "Welgedaan goeie en getroue dienskneg,
kom in," of sal EK sê, "Gaan weg van MY julle werkers van ongeregtigheid en
sonde, julle het nooit die RUACH ha KODESH van VADER YAHUVEH in julle gehad nie.
Julle het die god van hierdie wêreld en sonde gedien, nou sal julle wie satan
gedien het, vir ewig saam met hom ly". Vertel vir hulle MY Kinders, vertel vir
hulle namens MY, YAHUSHUA ha MASHIACH KOM GOU! Vertel vir hulle MY Kind, vertel
vir hulle namens MY.
Gegee aan Kind, Vegter, Bruid van YAHUSHUA, Profeet Elisheva Eliyahu
Gespreek onder die salwing van die RUACH HA KODESH Deur Apostel Elisheva Eliyahu op 24 Januarie 1998
Profesie 42 GEE OOR!!! Vyande Van MY, Laat Val Julle Wapens!
In Julie 2010 Het YAHUVEH GOD beveel dat die volgende bygevoeg word voor elke
Profesie:
2Kronieke 36:16
“Maar hulle het die boodskappers van ELOHIEM uitgelag, SY Woorde verag en met SY
Profete gespot totdat die gramskap van YAHWEH teen SY volk opgekom het, totdat
daar geen genesing meer was nie.”
* * * * * * *
O, gee oor so spreek, YAHUVEH. O gee oor, gee oor, gee oor. Weer sê EK aan die
vyande van MY, die vyande wat hierdie gesalfde Apostoliese/Profetiese Bediening
omsingel, hierdie diensmaagd van MY, [Elisheva Eliyahu], die vyande wat ander
gesalfde Apostoliese/Profetiese Bedienings omsingel het EK spreek dit weer, “almal
van hulle wat Israel omsingel, almal van hulle wat Jerusalem omsingel, laat val
julle wapens beide geestelik en vleeslik voordat EK die Groot Elohim “EK IS”
vuur uit die Hemel laat val en EK sal almal van julle geheel en al verdelg en
uitwis. (Esegiël 38:23-24).
AFGRYSE, AFGRYSE, AFGRYSE, geween, weeklaag, dood en so baie begrafnisse dat
daar nie genoeg plek sal wees om hulle in begraafplase te sit nie. Die hand van
MY oordeel, wat julle eenmaal geklap het, sal nou in ‘n vuis verander en EK sal
julle verpletter. EK die Groot Elohim “EK IS”, in MY genade, waarsku elke nasie,
elke volk, elke verwantskap, elke taal, los MY Geliefde Jerusalem met rus. Die
bloed van die gevallenes sypel in die grond in en roep uit na MY. Die bloed van
die gevallenes in Israel was nie tevergeefs nie. EK hoor die geween en innige
klaagliedere, van die mense wat vir MY, YAHUVEH, liefhet, EK hoor MY Naam
uitgeroep deur hulle wat doodgemaak word.
Watter land, watter nasie het die lojaliteit, watter staat, watter provinsie,
watter eiland, het die liefde en die lojaliteit wat Israel toon terwyl hulle veg
om die land te behou, wat die Groot Elohim “EK IS”, YAHUVEH, aan hulle
voorvaders gegee het lank gelede? EK praat met die geestelike leiers, onthou vir
Dawid en Goliat? Dawid het nie weggehardloop van Goliat af nie, maar het na
Goliat toe gehardloop, wetende dat die geveg MYNE is. Die vyand bring nou
vreemde gode in julle land in o Israel, en tog is hulle geen god hoegenaamd nie.
Die vrouens en mans van die vyande bring hulle vreemde leerstellings en sou
probeer om die mense van Israel in ‘n vorm van binding te verstrik wat EK nie
verorden het nie. Israel, EK spreek voort uit hierdie diensmaagd, onthou julle
is die land van melk en heuning, julle is die land wat Abraham geseën het, julle
het niks om te vrees nie, maar vrees opsigself.
Gaan elke geveg voortuit soos dit in die verlede gedoen was met musikante,
lofliedere, aanbidding en gebede. Glo julle nie die woorde in die Torah nie?
Israel, julle is die nasie wat die wêreld nie verstaan nie, so beny en mishandel,
so gehaat sonder oorsaak. Want julle begeer vrede en nogtans het julle nooit
vrede geken nie. Julle gee grond en huise weg wat EK nie vir julle gesê het om
weg te gee nie, net om vrede te hou. Weet julle nie hoe meer julle weggee, hoe
meer sal hulle eis nie? Weet julle nie, julle kan nie die gees van gulsigheid
bevredig nie? Kyk na MY o Israel, weereens want die Groot Elohim “EK IS”,
YAHUVEH is julle Verlosser.
Die feesviering van Hanukkah kom, vir almal van julle wat die fees waarneem,
verwag weereens wonderwerke want EK is die Lig wat julle pad sal verlig in
duisternis. Bedek julle leiers met gebed want hulle word deur satan gesif soos
sandkorrels. Julle was deur leiers verraai wat julle vertrou het van die
kleinste tot die grootste vir vuil gewin wat nie hulle siele sal koop nie. Vas
en bid, vir MY perfekte wil om te geskied want EK is opgekrop met woede teen die
moord, geliegery, valsheid wat gedoen word.
EK beveel almal om te bid vir die vrede van Jerusalem. As julle dink dit is nou
erg, die moorde het nou maar pas begin, maar moenie vrees nie want julle Vader
Elohim YAHUVEH sien en hoor. MY laaste opdrag is, seën die wat jou seën, o
Israel, moet niemand wegwys wat Israel, Jerusalem, of MY Uitverkore volk liefhet
nie. EK sal almal seën wat jou seën o Israel! EK die Groot Elohim “EK IS” sal
almal vervloek wat jou vervloek o Israel.
‘n Waarskuwing aan MY vyande, onthou Bileam se Donkie. Moenie ‘n Bileam wees nie
(Num 22-24). EK gaan een stap verder, EK praat deur hierdie Apostel en waarsku
julle die vernietiging wat julle uitmeet sal sewe-voudig teruggedraai word. Die
seëninge wat julle aan Israel en MY Joodse volk uitgee sal sewe-voudig na julle
terugkeer. Seëninge of vloeke, julle besluit, Deut. 28 lieg nie. So is dit
gespreek, so is dit geskryf 18 Desember 2000 om 2:53 nm. en vir seker in MY
tydsberekening sal dit gebeur.
‘n Aanstoot vir sommige, verligting vir ander. Toevertrou aan MY kind, vegter,
bruid, [Elisheva Eliyahu]
Persoonlike nota van Eerw. Apostel Elisheva Eliyahu
As hierdie profesie jou bemoedig of geseën het, sal jy my asseblief e-pos na die
onderstaande adres en lig asseblief my naam op in gebed. Enige bemoediging en
finansiële ondersteuning sal welkom wees. (Elijah) [Eliyahu] is my nooiensvan en
ek is nie skaam vir hierdie Joodse bloed in my nie).
Profesie 79 Ek, YAHUVEH Sê, 'mense, Julle Mis Die Punt!'
Hierdie Profetiese Woord van YAHUVEH is ingesluit omdat dit ‘n geestelike
fondasie gelê het waarop verdere Profetiese Woorde gespreek was. Toe hierdie
Woord gespreek was het YAHUVEH se Skeidings Swaard neergekom tussen diegene wat
SY Ware Sabbat van Vrydag sononder tot Saterdag sononder geëer het en diegene
wat nie die mensgemaakte Sabbat van Sondag— die dag waarop die antieke Romeine
hulle songod geëer het, wou opgee nie.
Op 1 Augustus 2005 het Elisheva bly hoor, “EK YAHUVEH, sê vir jou Elisheva om
vir die mense te vertel, ‘Mense, julle mis die punt!” Op 2 Augustus 2005 terwyl
Elisheva die (ex) webbestuurder vertel het, het ‘n magtige Salwing oor haar
gekom terwyl sy begin het om in Heilige tale te bid en hierdie Profetiese Woord
het voortgekom.
* * * * * * *
Hieronder is die Profesie soos dit voortgekom het
—met Profeet Elisheva se “Heilige tale,” soos GOD SE GEES uiting gee (Handelinge
2:3-4) van Hemelse of aardse tale (1 Kor. 13:1). Elisheva spreekvoort in tale
wat Profesie bring (1 Kor. 14:6).
Dit bevat die HEBREEUSE NAME van GOD:
YAH/YAHU הי is die HEILIGE , GEWYDE NAAM van GOD soos in “Alleluia” of “Hallelu
YAH” הי וללה
Wat letterlik beteken: “Prys YAH”
YAHUVEH/YAHWEH הוהי GOD DIE VADER
YAHUSHUA/YAHSHUA
עושוהי
GOD SE ENIG VERWEKTE SEUN
HA MASHIACH תישמ beteken ‘DIE MESSIAS’
ELOHIM םיהולא beteken “GOD”
Die openbaring
van “SH’KHINYAH GLORY’ הינכש תליהת
– as die PERSOONLIKE NAAM van die RUACH HA KODESH שדקה חור
In Afrikaans genoem “Die HEILIGE GEES”- is ook op hierdie webwerf.
(Ha SH’KHINAH {SHEKINAH} הניכש
is Hebreeus vir; GOD VERTOEF, HEILIGE TEENWOORDIGHEID)
Addisioneel; ABBA YAH הי אבא beteken ‘VADER YAH”
En IMMA YAH הי אמא beteken “MOEDER YAH’
Skrifaanhalings vanuit : Woord en Getuienis bybel vertaling, behalwe wanneer
anders aangedui.
* * * * * * *
YAHUVEH SE Woorde aan Elisheva wat voor elke Profesie bygevoeg moet word:
EK het jou lank gelede gewaarsku Elisabeth [Elisheva],
om nie hierdie Bediening na ‘n man of ‘n vrou te vernoem nie,
Selfs nog voordat daar ‘n Bediening was het EK dit in jou gees geplaas.
Want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie.
Niks hiervan het uit jou mond voortgekom nie.
Dit is uit die Mond van YAHUVEH geboorte gegee.
Dit is uit die Mond van YAHUSHUA,
jou MASHIACH, geboorte gegee.
Dit is uit die Mond van die RUACH HA KODESH,
jou IMMAYAH, geboorte gegee.
As dit net deur jou hand was sou dit lankal misluk het.
Dit is deur die SHKHINYAH HEERLIKHEID SE WIND
wat oor hierdie aarde waai, die HEILIGE WIND VAN HERLEWING.
Dit is nie deur jou asem nie, anders sou dit misluk het.
“EK IS YAHUVEH: dit is MY NAAM:
En MY EER sal EK aan geen ander gee,
Of ook MY LOF aan die gesnede beelde nie.” Jesaja 42:8
(Profesie 105)
In Julie 2010 het YAHUVEH GOD ook gesê dat die volgende uit 2 Kronieke voor elke
Profesie bygevoeg moet word:
“Maar hulle het die boodskappers van ELOHIEM uitgelag, SY Woorde verag,
en met SY Profete gespot, totdat die gramskap van YAHWEH
teen SY volk opgekom het, totdat daar geen genesing meer was nie.”
—2 Kronieke 36:16
En, in Julie 2016:
Wee oor enige een wat dit waag om—hierdie twee gesalfdes te probeer seermaak. Jy
sal spyt wees oor die dag wat jy ooit gebore is. Moenie MY gesalfdes aanraak nie
en moet ook nie hierdie twee Profete seermaak nie (sien Ps. 105:15; 1 Kron.
16:22). Dit sou beter vir jou gewees het as EK, ABBA YAHUVEH, jou tong uitskeur!
(Profesie 128)
En van Profeet Ezra:
Ek waarsku julle almal—diegene wie kom teen hierdie Bediening EN HIERDIE
PROFESIEË en Elisheva en Myself, al die Bedienaars van AmightyWind Ministry—Ek
waarsku julle nou, ‘Moenie die Gesalfdes van YAH aanraak nie en doen sy Profete
geen kwaad aan nie’ (Ps. 105:15; 1 Kron. 16:22) ingeval die Wraak van die Roede
van YAH op julle neerkom. Maar vir hulle wie geseënd is en wie ‘n seën is vir
hierdie Bediening, en getrou, en wie die Profesieë ontvang, baie seëninge sal op
jul daal—alles om dit wat aan YAH behoort te beskerm in die NAAM VAN YAHUSHUA.
* * * * * * *
Profesie 79 Begin:
2 Augustus 2005
As julle MY nie nou gehoorsaam nie en as julle nou toegewings maak met die Dag
wat EK eenkant gesit het as MY Heilige SabbatDag—en as julle nie dink dit is
belangrik om ‘n ieder en ‘n elk van MY Gebooie te gehoorsaam nie—wat laat julle
dink julle sal gehoorsaam wees tydens die spoedig komende Groot Verdrukking?
Hoekom is dit gemakliker om te luister na die mens se leerstellings, wanneer
hulle MY Woorde verdraai om gelykvormig te word aan die mens se sondige beeld?
Alhoewel MY SEUN YAHUSHUA julle RUS is, is HY nie julle Dag-van-Rus nie. MY SEUN
YAHUSHUA is NIE 'n dag nie en MY 4de Gebod sê duidelik om MY Sabbat Dag van Rus,
Heilig te hou.
Watter gedeelte hiervan verstaan julle nie? Ja, rus in YAHUSHUA. Want SY juk is
sag en SY las is lig (Mat. 11:30), maar hierdie het niks te doen met die Sabbat
Dag nie. Het YAHUSHUA nie die Sabbat gehou nie?
Het EK nie MY SEUN, YAHUSHUA, gestuur om vir julle 'n voorbeeld te wees nie?
Weet julle selfs hoekom EK 'n Dag van Rus eenkant gesit het? (Gen. 2:1-3)? Weet
julle nie hierdie Sabbat Dag moet vir julle 'n seën wees en nie 'n vloek nie?
MY Vierde Gebod sê duidelik om MY Sabbat Dag van Rus Heilig te hou. Sê die Wet
nie wat EK geskryf het met MY Eie Vurige Vinger op 'n klip tablet (Eks. 31:18;
Dt 9:10) en gegee het vir Moses op berg Sinai, "Eer MY SabbatDag en hou dit
Heilig" nie (Eks.20)?
Weer vra EK julle, van wanneer af is MY SEUN, YAHUSHUA, 'n dag? Vra julself,
hoekom sou satan die dag van Sabbat verander na Sondag toe as dit nie gebruik
gaan word vir sy doel in die Groot Verdrukking nie? Moenie luister na diegene
wat anders preek nie. Hierin lê die oorwinning.
Dit is geskryf in MY Heilige Woord dat EK, YAHUVEH, nie kan lieg nie.
As julle MY gehoorsaam, is daar Seëninge en Oorwinning soos uiteengesit in
Deuteronomium 28. Daar is vervloekings vir diegene wat verontagsaam. Lees en
bestudeer wat geskryf is in Exodus 31:12-17. Die ware Sabbat sal die teken wees
tussen MY, YAHUVEH & MY mense en dit sal gebruik word om te identifiseer wie
waarlik aanbid en wie MY sal dien in die Groot Verdrukking.
Sal julle MY, YAHUVEH & YAHUSHUA aanbid op die Ware Sabbat—Vrydag Sononder tot
Saterdag Sononder? Of sal julle tydens die Groot Verdrukking die seun van satan
dien en aanbid op Sondag?
As julle nie MY Heilige SabbatDag nou onderhou nie, wat laat julle dink dat
julle dit dan sal doen, tydens die Groot Verdrukking wat net 'n asemteug ver is?
Dit is hoekom EK nou spreek deur hierdie “Ringmaiden” van MY —wie georden is om
'n Profeet te wees vir [baie]—sodat hierdie waarskuwing regoor hierdie wêreld
sal weerklink. Weet julle nie diegene wat onderrig dat dit onmoontlik is om
gehoorsaam te wees en Heilig te wees vir MY maak verskonings vir hulle eie
sondes nie?
EK, YAHUVEH sê, "Mense, julle mis die punt!"
Hierdie is nie oop vir debatvoering nie. Julle sal óf doen wat EK, YAHUVEH sê,
of in die Groot Verdrukking sal julle met julle siele betaal. Diegene wat in
opstand gekom en gesê het, "Ek sal Elisabeth [Elisheva] se regter wees, ek sal
Elisabeth [Elisheva] se jurie wees” bekeer nou of julle sal My in die oë kyk. En
EK sal sê, "Gaan weg van MY, jou werker van onheil" (Matt. 7:23; Luk. 13:27),
want EK IS YAHUVEH en EK neem nie deel aan enige debat nie. EK ALLEEN IS REGTER,
EK ALLEEN IS JURIE, EK ALLEEN IS SKEIDSREGTER.
Hierdie is NIE Elisabeth [Elisheva] se woorde nie.
Julle predikers en vals profete van wetteloosheid val haar aan. Julle beswadder
haar vir die Torah wat EK geskryf het met MY Eie vinger. Julle leer MY skape en
MY lammers dat Ek sonde oorsien. Bekeer vandag! Want EK IS nie 'n GOD YAHUVEH
wat verander het op enige manier nie. Jy wie haar oordeel, haal die balk uit jou
eie oog— voor jy probeer om die splinter uit iemand anders se oog uit te haal.
Jy is smerig in sonde. Jy is smerig in rebellie. Jy is smerig in
ongehoorsaamheid. En jy is smerig in trots.
Val op julle aangesigte voor MY, want EK IS YAHUVEH julle SKEPPER, die EWIGE
EEN. Julle waag dit om MY SEUN YAHUSHUA, te blameer as jul verskoning om te
sondig! Julle waag dit om SY BLOED te vertrap onder julle voete, verskonings te
maak vir julle sonde! Val op julle aangesigte voor MY voordat dit te ver gaan en
daar geen weg terug na MY toe is nie (Hebr. 6:4-6)! MOENIE MY RUACH HA KODESH
[HEILIGE GEES] bedroef NIE!
MY SEUN YAHUSHUA het nie gekom om MY Wette te kanselleer nie.
MY SEUN YAHUSHUA het gekom om MY Wette te vervul (Mat.5:17).
Wees dankbaar dat EK julle nie nou meer langer aanspreeklik hou vir 613 wette
nie. EK hou julle aanspreeklik vir Tien Wette en julle gooi julle hande in die
lug en sê, "Dis te veel vir my!"
Julle verkies om te luister na die mens wat MY Wette herskryf. Hulle vertel
julle om onskuldige babas in die baarmoeder te vermoor is nie 'n sonde nie.
Hulle wettig aborsie.
Die predikers onderrig in julle kerke, "Moenie praat teen hierdie wet nie." Die
georganiseerde kerke wat vergader op Sondae het die omkoopgeld geneem van die
regerings van hierdie wêreld. Hulle het die gees van vrees gevat en dit gedra
soos klere.
Waar is MY Heilige Bedienaars wat nie toegegee het nie en steeds spreek teen
sonde? Julle mensgemaakte wette wettig dit wat EK gesê het is ‘n gruwel —hulle
noem dit "selfdegeslag-huwelike". Nie eers in die dae van Sodom & Gomorra was
daar sulke “selfdegeslag-huwelike” nie. Nie eers in die dae van Sodom en Gomorra
was daar sulke sondes nie alhoewel die gruwels van homoseksualiteit oorvloedig
was. Maar, hulle het dit nie gewaag om dit 'n huwelik te noem nie!
Moenie die leuens glo wat leer, "Eenkeer gered, altyd gered" (Eseg. 33:12) nie.
MOENIE glo dat, omdat YAHUSHUA die prys betaal het by Golgota— dit nou nie meer
saak maak nie—dat jy kan sondig, dat jy kan oorleun so naby aan die afgrond van
die hel so ver as wat jy wil omdat jy 'n reddings gebed gesê het nie (Matt.
7:21-23).
Julle dink julle hoef nie enige werk daaragter te sit nie en julle steeds die
versekering het om die Hemel se poorte binne te gaan. Gaan weg van MY julle
werkers van wetteloosheid! EK wil nie meer enige van julle verskonings hoor nie.
Óf julle sal Heilig wees, of EK sal vir julle sê, "Werkers van ongeregtigheid,
EK het julle nooit geken nie."
EK, YAHUVEH, sê, "Mense, julle mis die punt!"
Julle luister na hierdie manne nou en julle sit in julle kerke gelowig aan die
leuens dat Sondag die Sabbat is of dit maak nie saak watter dag die Sabbat is
nie. Julle glo die leuens wat beide predikers en sommige rabbies onderrig dat
daar geen groter Salwings Krag is in die Hebreeuse HEILIGE NAME van YAHUVEH &
YAHUSHUA en die RUACH HA KODESH nie, dat enige naam sal doen.
Die predikers leer julle dat dit nie belangrik is om die Joodsheid van die
MESSIAS te leer nie. Hulle sê dat as jy nie 'n Jood is nie is dit nie van
toepassing nie. Hierdie wettelose predikers leer jou dat jy 'n heiden is en
julle nie die wette hoef te gehoorsaam wat gegee is aan die Kinders van Israel
nie. Het julle vergeet dat toe julle MY SEUN, YAHUSHUA, aanvaar het as MESSIAS
het julle een geword met HOM (Rom. 11:16-21)?
Julle wonder, "Waar is die Salwings Krag van die Eerste Kerk met tekens, wonders
en wonderwerke?" Julle roep uit, "Waar is die manifestasie van die wonderwerke,
soos in die Dae van Ouds?"
Gaan terug en doen wat die Eerste Kerk gedoen het en julle sal hierdie
wonderwerke weereens sien. Vir diegene wat nie van beter weet nie, sê EK julle
word aanspreeklik gehou alleenlik vir dit wat julle geweet het. Nou word julle
aanspreeklik gehou, sowel as om ander hierdie Waarhede te leer. Maar vir diegene
wat reg ken en verkeerd doen, julle sal betaal met julle siel.
EK, YAHUVEH sê, "Mense, julle mis die punt!"
Julle gehoorsaam hierdie bose geestelike leiers nou wat verskonings maak vir
sonde. Wat laat julle dink in die Groot Verdrukking sal julle nie dieselfde doen
nie—met die seun van satan?
EK het julle vertel deur die Profesieë wat EK vrygestel het deur Elisabeth
[Elisheva], dat MY SEUN YAHUSHUA terugkom vir SY Bruid op 'n Rosh Hashanah en
dit sal op 'n Shabbat [Sabbat] wees. As julle nie geleer word hoe om MY Shabbat
& MY Heilige Dae waar te neem nie, en om ONS HEILIGE NAME te leer en MY TORAH te
gehoorsaam nie, hoe sal julle weet om MY & MY SEUN, YAHUSHUA te eer, soos EK
bepaal het? Hoe sal julle weet watter dag—sonder om te ondersoek en julleself
waardig te bewys—het EK, YAHUVEH, eenkant gesit om MY Shabbat te wees? Hoe kan
julle gereed wees wanneer YAHUSHUA weer kom?
EK, YAHUVEH sê, "Mense, julle mis die punt!"
As julle nie MY Heilige Feeste eer en waarneem nie, hoe sal julle weet wat Rosh
HaShanah is en wanneer dit is? Dan, wanneer julle agtergelaat word sal julle
vra, "Hoekom?" So EK spreekvoort uit MY “Ringmaiden” en sê vir julle voor die
tyd dat EK, YAHUVEH, profeteer deur hierdie “Ringmaiden” wie deel is van MY SEUN
YAHUSHUA se Bruid.
Die Bruid van YAHUSHUA sal nie net verander word in hul verheerlikte liggame
nie—en gevul met so 'n SALWING ASOF YAHUSHUA HOMSELF WANDEL DEUR HULLE & SAAM
MET HULLE nie—HY sal hulle vul met so 'n SALWING dat NIKS onmoontlik sal wees
vir hulle nie!
En vir 40 dae sal MY SEUN YAHUSHUA se Bruid waarsku, "Moenie die merk van die
dier neem nie". Hulle sal gaan na diegene wat EK die Gaste noem en diegene wie
se name geskryf is in die LAM SE Boek van Lewe en hulle sal vir hulle sê,
"Moenie ongehoorsaam wees nie. Moenie toewings maak nie, alhoewel dit jou aardse
lewe mag beteken."
Julle sien, EK gebruik hierdie “Ringmaiden” nou, selfs sonder haar verheerlikte
liggaam, as 'n stem wat die waarskuwing uitroep voor die tyd. Want EK het haar
geroep om 'n Profeet te wees [almal]. Moenie die Merk van die dier neem nie!
Sondag aanbidding en die Merk van die dier is verbind.
Pasop jy sal jou siel verloor as jy die Sondag Aanbidding-Wet onderhou tydens
die Groot Verdrukking. EK sal moet om verskoning vra vir Sodom en Gomorra, wat
EK met vuur en swael vernietig het, as EK hierdie aardse gruwels toelaat om nog
veel langer aan te hou soos dit is. EK sal nie om verskoning vra vir Sodom en
Gomorra nie! EK sal verdelg en ‘n einde maak aan alles wat EK, YAHUVEH verafsku.
Hierdie vals predikers maak verskoning om te sondig en julle het na hulle
geluister. Julle kom na hierdie Bediening toe vir julle Geestelike Voedsel: om
die Salwing te proe, om die Geestelike Melk te drink en om die Geestelike Vleis
te eet. Dan maak hoeveel van julle toegewings en gaan na die Sondag kerke? Julle
val by julle pastoor se voete in getrouheid. En dit is daar waar julle jul
tiendes en offerandes gee. Julle kan dit nie albei maniere hê nie.
Julle moet vasstel watter dag is die dag wat EK bepaal het as die Shabbat. Want
soos EK bepaal het watter dag is die Sabbat, wat die Dag is waarop julle MY moet
eer en rus en nader moet kom aan MY—
EK, YAHUVEH sê, "Mense, julle mis die punt!"
—en so sal die seun van satan diegene wat toegewings gemaak het beveel om hom te
aanbid op die dag wat hy bepaal.
EK, YAHUVEH sê, "Mense, julle mis die punt!"
Soos MY SEUN, YAHUSHUA, gespreek het en HY gesê het, ‘ neem deel aan hierdie wyn
en hierdie brood ter nagedagtenis aan my’ (1 Kor. 11:23-26) —in die spoedig
komende Groot Verdrukking, weet julle nie dat die seun van satan sal sê aan
almal wat sy merk aanvaar, ‘Doen hierdie ter nagedagtenis aan my’ nie? Hulle sal
die bloed drink van die martelaars uit die bekers. Dit sal gevul wees met bloed
en soos vampiere, sal hulle daardie bloed drink.
En net so seker as wat 'n Nagmaalbord aangestuur word—net so seker—sal hulle die
bord aanstuur en die seun van satan sal sê, "Doen dit ter nagedagtenis aan my."
Geroosterde vlees van die martelaars sal hulle eet. Hulle sal spot met MY
Nagmaal & YAHUSHUA se Bruid. Hulle sal waarlik YAHUSHUA se Bruid verafsku want
hulle weet die gebede van die regverdiges het die seun van satan teruggehou
totdat dit tyd was om YAHUSHUA se Bruid uit te roep. Die gebede van die
regverdiges vermag baie (Jak. 5:16).
EK, YAHUVEH, waarsku julle. Dit het alreeds begin.
Daar sal seksuele orgies wees in die Sondag kerke tydens die Groot Verdrukking.
Dit sal op hierdie manier wees wat die seun van satan, YAHUSHUA se Bruid bespot.
Want YAHUSHUA & SY Bruid is een, en AL diegene wat YAHUSHUA aanbid, wat MY SEUN
gehoorsaam is een—want dit is 'n Geestelike verbintenis liggaam, verstand, gees
en siel—die seun van satan sal spot tydens die Groot Verdrukking: hy sal
seksuele orgies hou in die Sondag kerke.
Die begin van die groot misleiding is die homoseksuele kerke. Weer sê EK, die
sonde het alreeds begin.
EK, YAHUVEH sê, "Mense, julle mis die punt!"
Hierdie is die manier hoe EK hierdie Bediening gebruik, die skape skei van die
bokke, die koring skei van die wieke [onkruid]. Diegene wie se name geskryf is
in die LAM SE Boek van Lewe voor die Grondlegging van hierdie Aarde, hierdies is
diegene wie se name sal bly in die LAM se Boek van Lewe. Hulle sal nie die seun
van satan aanbid nie en hulle sal die merk van die dier weier, selfs as julle
hierdie nou hoor of lees en julle aanhou om toegewings nou te maak, sal julle
tydens die Groot Verdrukking die ware Sabbat onderhou en eer wat Vrydag Sononder
tot Saterdag Sononder is al mag dit julle lewe beteken en julle sal gemartel
word.
Al julle name is alreeds neergeskryf want EK het reeds geweet voor julle gebore
was op hierdie aarde wat julle sou doen. As julle nie nou luister nie, sal julle
luister dan.
Diegene wat hierdie Boodskap lees en hoor en julle tande kners van woede vir MY
“Ringmaiden”, so ook, sal julle jul tande kners van woede en julle vuis bal vir
MY, YAHUVEH julle SKEPPER tydens die Groot Verdrukking, terwyl plae en vloeke
oor julle kom een na die ander en tog sal julle nie bekeer van julle sondes nie.
Want op daardie dag, as jou naam in die LAM SE Boek van die Lewe is, sal EK jou
naam uitklad [Openb. 3:5].
So ook, almal van julle wat wonder hoekom Elisabeth [Elisheva] dit oor haarself
sou bring, dit is omdat EK hierdie Bediening gebruik om die koring te skei—van
die onkruid— terwyl julle dit hoor, sal julle weet of julle koring of ‘n onkruid
is. Is julle ‘n onkruid om net verteer te word deur MY WOEDE, MY VERTERENDE
VUUR?—alhoewel EK haar [ook] nou gebruik om uit te roep na die Bruid, soos 'n
stem sal uitroep na die Vyf Wyse Maagde: “Moenie toegewings maak nie. Wees
gereed. Want julle BRUIDEGOM kom vir SY Bruid op 'n Rosh HaShanah en 'n Sabbat.”
YAHUSHUA se Bruid, wees op julle knieë voor MY. Bly Heilig en bly nederig. Bid
dat julle waardig sal bly om MY SEUN YAHUSHUA SE Bruid te wees wat gesimboliseer
word as die Vyf Wyse Maagde, wat die eerste wegvoering is, algemeen genoem die
Wegraping.
Gaste bid dat julle deel sal wees van die Tweede Wegvoering sodat julle die
Gaste sal wees by die Bruilofsmaal van die LAM (Openbaring 19:9). Die Gaste word
gesimboliseer as die Vyf Dwase Maagde wat vertel word dat die BRUIDEGOM sou kom
nadat die Bruid van YAHUSHUA weggevoer is.
So bly waaksaam want julle ken nie die dag of uur nie. (Mattheus 25:1-13) Teen
die tyd wat MY SEUN YAHUSHUA kom om die Vyf Dwase Maagde weg te voer—sal hulle
wys wees.
EK, YAHUVEH sê, "Mense, julle mis die punt!"
Wil julle weet wat julle uitsonder om die Bruid van YAHUSHUA te wees, of 'n Gas?
EK vertel julle nou. Dit is hoeveel jy dit begeer, hoeveel jy dit bewys deur
Heiligheid, liefde en gehoorsaamheid. Hoeveel is jy bereid om op te offer om
YAHUSHUA se Bruid te wees, dinge op SY manier te doen en nie joune nie, HOM te
verheerlik in alles wat jy doen?
Die Bruid weet sy moet MY Heilige Dae hou. Die Bruid weet sy kan nie toegewings
maak met dit wat sy weet om waar te wees nie. Sy is dapper in die voortspreking
van die Waarheid. Dit is wat haar uitsonder.
Nagmaal is ook 'n herinnering van die Huweliksverbond met YAHUSHUA. YAHUSHUA SE
Bruid gebruik ONS HEILIGE GEWYDE NAME van YAHUVEH & YAHUSHUA. Dit maak nie saak
oor die spelling nie want EK ken julle harte en hulle kry nie skaam nie.
Hoe baie begeer julle om YAHUSHUA se Bruid te wees? Hoeveel passie het julle vir
YAHUSHUA? Hoe bewys jy dat EK, YAHUVEH & YAHUSHUA eerste is in jou liefde en
lewe en in alles wat jy doen? Dit is wat julle uitsonder as YAHUSHUA SE Bruid,
want EK vertel julle hierdie Geheim: die passie en die diepte van jou liefde vir
YAHUSHUA is 'n bewys vir almal om te sien. Dit is die merk van YAHUSHUA SE
Bruid. Hulle voel hulle kan nie genoeg doen vir MY nie.
Nou ken julle die Geheime. Julle sien MY lieflinge. Hierdie is niks wat julle
kan wegsteek nie. Want EK weet wie waarlik, waarlik begeer om die prys te betaal
om YAHUSHUA se Bruid te wees. Want EK sal niemand YAHUSHUA se Bruid noem as
hulle nie hierdie begeerte het nie. Elke dag bid YAHUSHUA se Bruid, "Maak my
Heiliger vir U". YAHUSHUA se Bruid is nederig en Heilig voor MY.
EK, YAHUVEH sê, "Mense, julle mis die punt!"
Bly getrou aan MY nou. Moenie net hoorders wees van MY WOORD nie maar wees
daders van die HEILIGE WOORD (Jak 1:22). Wees Heilig net soos EK Heilig is want
al is julle in hierdie wêreld, moet julle nie optree soos hierdie wêreld nie.
Laat die predikers van wetteloosheid nie MY skape en lammers op ‘n dwaalspoor
lei nie, want elkeen moet “sy eie redding uitwerk met vrees en bewing” (Filip.
2:12). Want “geloof sonder werke is dood” (Jak. 2:20).
MY SEUN YAHUSHUA het SY deel gedoen by Golgota. Nou sê EK, YAHUVEH, vir julle,
"Doen julle deel". Strewe om te gehoorsaam. Moenie sonde vooraf bedink nie.
Moenie verskonings maak vir sonde nie. Moenie die woorde van die predikers
ontvang wat wetteloosheid preek nie.
Want EK, YAHUVEH, sê vir julle, "Hoekom noem julle MY SEUN, YAHUSHUA, HERE, en
gehoorsaam HOM nie?" (Luk. 6:46).
EK, YAHUVEH sê, as julle nie bekeer vir die maniere waarop julle ongehoorsaam is
nie, "Gaan weg van MY, jou werker van ongeregtigheid", (Matt. 7:23; Luk. 13:27)
[sal julle hoor] op Oordeels Dag want EK sal nie staan vir julle om YAHUSHUA SE
HEILIGE BLOED te bespot nie. Julle wat julleself “predikers” noem wat
verskonings maak vir MY mense om te sondig, BEKEER vandag omdat julle MY skape
en MY lammers op ‘n dwaalspoor lei of die VUUR VAN MY VERTERENDE ASEM sal julle
soos kaf in 'N MAGTIGE WIND wegwaai.
EK, YAHUVEH, sê as julle nie hou van hierdie Woorde wat voortgespreek is deur MY
“Ringmaiden” Elisabeth [Elisheva] nie, dan sal julle die gevolge daarvan maai.
Want EK weier om te debatteer.
Daar is maar EEN REGTER. Daar is maar EEN JURIE.
En EK—YAHUVEH—IS die ENIGSTE SKEIDSREGTER.
As julle nie van hierdie Profetiese Boodskap hou nie, moet dit nie na Elisabeth
[Elisheva] toe neem nie, maar neem dit na MY, YAHUVEH toe. Sy is net MY Gesalfde
Boodskapper.
Einde van Profesie
So was dit gespreek, so was dit geskryf op 2 Augustus 2005 om 04:00 vm. deur
hierdie “Ringmaiden” van YAHUVEH & YAHUSHUA vir HULLE Lof, Eer en Heerlikheid.
EK bly 'n nederige diensmaagd,
Apostel Elisabeth Elijah
(Elisheva Eliyahu)