Shabbat Shalom!
Behaalotecha / Wanneer Jy Opstaan
- hierdie week se profetiese leeswerk.


Sagaria 2:10-4:7;

2

10 Jubel, en wees bly, o dogter van Sion! Want kyk, EK kom om in jou midde te woon, spreek YAHUVEH.
11 En baie nasies sal hulle in dié dag by YAHUVEH aansluit, en hulle sal MY tot ‘n volk wees; en EK sal in jou midde woon. Dan sal jy weet dat YAHUVEH van die Leërskare my na jou gestuur het.
12 En YAHUVEH sal besit neem van Juda as sy erfdeel op die heilige grond en Jerusalem weer verkies.
13 Swyg alle vlees voor YAHUVEH! Want HY verhef HOM uit SY Heilige Woning.

*~ Sagaria Hoofstuk 3 ~*

1 Daarna het HY my Josua, die hoëpriester, laat sien, terwyl hy voor die Engel van YAHUVEH staan, en die Satan aan sy regterhand staan om hom aan te klae.
2 Toe sê YAHUVEH aan die Satan: Mag YAHUVEH jou bestraf, o Satan! Ja, mag YAHUVEH, wat Jerusalem verkies het, jou bestraf! Is hierdie een nie ‘n brandhout wat uit die vuur geruk is nie?
3 En Josua was bekleed met vuil klere, terwyl hy voor die Engel van YAHUVEH staan.
4 Daarop het HY aangehef en gesê aan die wat voor HOM staan: Neem die vuil klere van hom weg. Toe sê HY vir hom: Kyk, EK het jou skuld van jou weggeneem, en EK beklee jou met feesklere.
5 Daarop sê ek: Laat hulle ‘n rein tulband op sy hoof sit. En hulle het die rein tulband op sy hoof gesit en hom die klere aangetrek, terwyl die Engel van YAHUVEH daarby staan.
6 En die Engel van YAHUVEH het Josua plegtig verseker en gesê:
7 So sê YAHUVEH van die Leërskare: As jy in MY weë wandel en as jy MY verordening onderhou, dan sal jy MY Huis bestuur sowel as MY Voorhowe bewaak, en EK sal jou vrye toegang verleen onder diegene wat hier staan.
8 Luister tog, o Josua, jy wat die hoëpriester is, jy en jou vriende wat voor jou sit—ja, wondertekens is hulle. Want kyk, EK sal MY Kneg, DIE SPRUIT, laat kom!
9 Want kyk, die steen wat EK voor Josua neergelê het—op die een steen is daar sewe oë; kyk, EK sal sy graveersel graveer, spreek YAHUVEH van die Leërskare, en EK sal die skuld van hierdie land op een dag uitdelg.
10 In dié dag, spreek YAHUVEH van die Leërskare, sal julle mekaar uitnooi onder die wingerdstok en onder die vyeboom.

*~ Sagaria Hoofstuk 4 ~*


1 En die engel wat met my gespreek het, het teruggekom en my gewek soos ‘n man wat uit die slaap opgewek word.
2 En hy het vir my gesê: Wat sien jy? Toe antwoord ek: Ek sien daar ‘n kandelaar, heeltemal van goud, en sy oliekan bo-oor hom en sy sewe lampe op hom; telkens sewe aanvoerpype loop na die lampe wat bo-oor hom is.
3 Ook twee olyfbome langs hom, een aan die regterkant van die oliekan en een aan die linkerkant daarvan.
4 Daarop het ek begin spreek en aan die engel wat met my gespreek het, gesê: Wat beteken dit, my heer?
5 En die engel wat met my gespreek het, antwoord en sê vir my: Weet jy dan nie wat dit beteken nie? En ek het gesê: Nee, my heer.
6 Toe antwoord hy en sê vir my: Dit is die woord van YAHUVEH aan Serubbábel, naamlik: Nie deur krag of deur geweld nie, maar deur MY Gees, sê YAHUVEH van die Leërskare.
7 Wie is jy, groot berg? Voor Serubbábel sal jy tot ‘n gelykte word! En hy sal die sluitsteen te voorskyn bring onder uitroepe van: Genade, genade oor hom!

Filippense 2:1-18;

1 As daar dan enige troos in Messias is, as daar enige vertroosting van die liefde, as daar enige gemeenskap van die Gees, as daar enige innige tederheid en ontferming is,
2 maak dan my blydskap volkome deur eensgesind te wees en dieselfde liefde te hê, een van siel, een van sin.
3 Moenie iets doen uit selfsug of uit ydele eer nie, maar in nederigheid moet die een die ander hoër ag as homself.
4 Julle moet nie elkeen na sy eie belange omsien nie, maar elkeen ook na die ander s’n.
5 Want hierdie gesindheid moet in julle wees wat ook in Messias YAHUSHUA was.
6 HY, wat in die gestalte van ELOHIM was, het dit geen roof geag om aan ELOHIM gelyk te wees nie,
7 maar het Homself ontledig deur die gestalte van ‘n dienskneg aan te neem en aan die mense gelyk geword;
8 en in gedaante gevind as ‘n mens, het HY Homself verneder deur gehoorsaam te word tot die dood toe, ja, die dood van die kruis.
9 Daarom het YAHUVEH HOM ook uitermate verhoog en HOM ‘n naam gegee wat bo elke naam is,
10 sodat in die Naam van YAHUSHUA sou buig elke knie van die wat in die hemel en die wat op die aarde en die wat onder die aarde is,
11 en elke tong sou bely dat YAHUSHUA Messias YAHUVEH is tot heerlikheid van YAHUVEH die Vader.
12 Daarom, my geliefdes, soos julle altyd gehoorsaam gewees het, nie in my teenwoordigheid alleen nie, maar baie meer nou in my afwesigheid, werk julle eie heil uit met vrees en bewing;
13 want dit is ELOHIM wat in julle werk om te wil sowel as om te werk na sy welbehae.
14 Doen alles sonder murmurering en teëspraak,
15 sodat julle onberispelik en opreg kan wees, kinders van YAHUVEH sonder gebrek te midde van ‘n krom en verdraaide geslag onder wie julle skyn soos ligte in die wêreld,
16 deurdat julle die Woord van die Lewe vashou, my tot ‘n roem teen die dag van Messias, dat ek nie verniet geloop of verniet gearbei het nie.
17 Maar al word ek as ‘n drankoffer uitgegiet oor die offer en bediening van julle geloof, verbly ek my, ja, verbly ek my saam met julle almal;
18 en om dieselfde rede moet julle ook bly wees en julle saam met my verbly.