Van Profesie 105 af, het YAHUVEH gesê hierdie moet van nou af op al die Profesieë geplaas word: Elisabeth (Elisheva) EK het jou lank gelede gewaarsku om nie hierdie Bediening na ‘n man of ‘n vrou te vernoem nie, selfs nog voordat daar ‘n Bediening was. EK het dit in jou gees geplaas want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, niks hiervan het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit die Mond van YAHUVEH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van YAHUSHUA jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van die RUACH ha KODESH jou IMMAYAH geboorte gegee. As dit net deur jou hand was sou dit lankal misluk het. Dit is deur die SHKHINYAH GLORIE se Wind wat oor hierdie aarde waai, die Heilige Wind van Herlewing, dit is nie deur jou asem nie, anders sou dit misluk het. “EK is YAHVEH, dit is MY NAAM; en MY EER sal EK aan geen ander gee, of ook MY LOF aan die gesnede beelde nie”. (Jesaja 42:8)
23 Februarie, 2024
Hierdie kom uit Profesie 105, YAHUVEH het beveel dat dit op alle Profesieë
bygevoeg moet word van nou af:
Hierdie kom uit Profesie 105, YAHUVEH het beveel dat dit op alle Profesieë
bygevoeg moet word van nou af:
Hierdie Profesie, onderaan die volgende Shabbat boodskappe, was eerstens
vrygestel & geplaas byna twintig jaar gelede, en is meer toepaslik vandag as
ooit en is, opsigself, ‘n “Bewys Agter die Profesieë” — Profeet Elisheva was
gelei om dit weer te lees, dit hierdie keer voort te spreek onder ‘n groter
Salwing, en om ‘n nuwe video te laat maak.
EK het jou lank gelede gewaarsku [Elisheva] om nie hierdie Bediening na ‘n man
of ‘n vrou te vernoem nie selfs nog voordat daar ‘n Bediening was. EK het dit in
jou gees geplaas want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, niks hiervan
het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit die Mond van YAHUVEH geboorte gegee.
Dit is uit die Mond van YAHUSHUA jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die
Mond van die RUACH HA KODESH jou IMMAYAH geboorte gegee. As dit net deur jou
hand was sou dit lankal misluk het. Dit is deur die SHKHINYAH HEERLIKHEID se
Wind wat oor hierdie aarde waai, die Heilige Wind van Herlewing, dit is nie deur
jou asem nie anders sou dit misluk het (Jesaja 42:8)
In Julie 2010 Het YAHUVEH GOD beveel dat die volgende bygevoeg word voor elke
Profesie:
2Kronieke 36:16
“Maar hulle het die boodskappers van ELOHIEM uitgelag, SY Woorde verag en met SY
Profete gespot totdat die gramskap van YAHWEH teen SY volk opgekom het, totdat
daar geen genesing meer was nie.”
*******
Elisheva praat:
Dit verbaas my altyd wie die RUACH ha KODESH sal gebruik om die profetiese
salwing in my aan te wakker en wanneer. Vandag was ek aangesê om verskeie
vennote te bel om te hoor of hulle bediening nodig het. Ek het ‘n getroue
vennoot van hierdie bediening gebel en omdat ek gehoorsaam was het hierdie nuwe
Profesie na vore gekom. Ek sal nie om verskoning vra vir dit wat YAHUSHUA deur
my spreek nie alhoewel ek weet hierdie profetiese boodskap is ‘n aanstoot vir
vele bid ek dat julle sal besef dat ek moet doen wat in Esegiël 3: 17-21 staan.
Ek doen dit omdat ek meer vrees het om YAHUVEH of YAHUSHUA aanstoot te gee as om
julle aanstoot te gee. Ek doen dit omdat ek julle waarlik liefhet en julle in
die Hemel wil ontmoet. Vergewe my hierdie is langer as gewoonlik, maar ek kan
nie die RUACH ha KODESH sensor nie. Vir diegene wat my en hierdie bediening
liefhet vra ek om ons asseblief te bedek in jul gebede en vas. Stuur asseblief
vir ons ‘n e-pos en laat weet ons dat julle dit doen. Hierdie profetiese
boodskap is bedoel om gedeel te word en veral met julle Pastore. Ek beskik ook
oor ‘n Pastorale lisensie en as ek nie die waarhede in hierdie boodskap geken
het nie sou ek nie die een gestenig het wat hierdie boodskap aanstuur nie ek sou
daardie persoon bedank het. Dit neem ‘n nederige Pastoor om te aanvaar dat hulle
verkeerd was en om die Sondag Aanbidding te verander na Vrydagaand of Saterdag
oggend of middag.
Terwyl ek op die foon was met ‘n Suster in YAHUSHUA genaamd Carol het hierdie
profetiese boodskap heel onverwags na vore gekom. YAHUVEH roep weereens SY mense
uit die georganiseerde Babiloniese kerkstelsel. YAHUSHUA sal nie weer kom nie
totdat SY kinders en die Bruid begin gehoorsaam. Kom nou uit o magtige Krygers
van YAHUSHUA. Oordeel begin by die huis van die Here God YAHUVEH. Katolieke
Kerke is deel van die georganiseerde Babiloniese stelsel. Dit is die Katolieke
Kerk en Konstantyn wat die mens gemaakte Sabbat gemaak het wat Sondag is. As jy
dink dit is nie belangrik nie sê dit dan vir my nádat jy geluister het na die
nuutste profesie.
SÊ VIR MY Kinders OM TE VLUG UIT DIE KERKE VAN BABILON!
Gegee aan Apostel Elisheva Eliyahu
16 Oktober 2002
(Elisabeth [Elisheva] Bid) Ek pleit die bloed van YAHUSHUA oor hierdie luggolwe.
Ek weet dat was bedoel dat ek vir Carol bel, Vader want ek weet nou Vader dat U
die profetiese salwing wou aanwakker binne my. O Vader God YAHUVEH in die Naam
van YAHUSHUA ha MASHIACH. Ons dank U net en ons loof U op hierdie oomblik terwyl
ons nou vergader in U Naam op hierdie oomblik in die Naam van YAHUSHUA. (Begin
hier bid in Hemelse Tale deurgaans bemiddelend)
Ons bestraf en bind jou satan op hierdie oomblik weg van ons af in die Naam van
YAHUSHUA ha MASHIACH. EK bestraf en bind elke leuen-en-misleidende gees weg van
my af op hierdie oomblik in die Naam van YAHUSHUA. Ek sal slegs die woorde
voortspreek van YAHUVEH en YAHUSHUA my lippe en my tong is bedek in die Naam van
YAHUSHUA ha MASHIACH. Ek bind my eie tong daarvan om ‘n woord uit die vlees
voort te spreek in die Naam van YAHUSHUA ha MASCHIACH. Carol ek sê vir jou die
salwing is so sterk op my op hierdie oomblik dat ek skaars in Engels kan praat.
Wat is dit Pappa wat U wil sê? Wat is dit?
*******
SÊ VIR MY Kinders OM TE VLUG UIT DIE KERKE VAN BABILON!
Sê vir hulle MY Dogter, sê vir hulle. Die meerderheid van die kerke is Babilon.
Hulle verhonger MY baba skapies en MY lammetjies. Die pastore is niks anders as
boos in hierdie kerke van Babilon wat MY Woorde voortspreek nie en tog is geen
krag in hulle nie. Geen melk, geen vleis nie die enigstes wat gevoed word is die
bose herders met die materiële profyt van hierdie wêreld om aan te bou aan hulle
geboue reeds gebou. Om die getalle met mekaar te vergelyk terwyl hulle spog, ek
het hierdie baie in my gemeente en ek het daardie baie in my gemeente maar o hoe
min is gevul met MY GEES. O, MY hart is bedroef, MY Kinders!
SÊ VIR MY Kinders OM TE VLUG UIT DIE KERKE VAN BABILON!
Die wat die mensgemaakte Sabbat het. O so min van‘n oorblyfseltjie is in MY
kerke. Hulle sê hulle is MY kerke en hulle behoort nie eens aan MY nie. EK het
vir MY Mense gesê MY ware magtige krygers om te vlug. Is MY RUACH ha KODESH
(HEILIGE GEES) nie daartoe in staat om in hulle in te kom terwyl hulle in hul
eie huise sit nie? Waarlik sê EK dit vir julle die bose het boser geword maar MY
salwing het sterker gegroei in die GODDELIKES. Want demone was losgelaat en waar
is die eerste plek waar hulle heengaan? Hulle vul die kerkbanke en hulle staan
agter die altare, agter die podiums. Hulle staan daar opgepof in hul trots.
Hulle sê ek het miljoene wat my volg. Hulle spog oor hulself op TV maar EK sê
vir julle die waarheid MY GEES is nie in hulle nie.
Hardloop kinders, hardloop, hardloop, hardloop, want MY oordeel begin by die
huis van YAHUVEH. Die kerke wat eens op ‘n tyd aan MY behoort het gee EK nou die
instruksies vir MY kinders om te vlug. O die kleintjies hulle gaan na hierdie
kerke toe net vir ‘n slukkie van die melk van MY Woord. Hulle besef nie agter
die preekstoel van so baie van hierdie kerke staan daar ‘n man of vrou gevul met
satan se gees nie.
Die jeug-pastore, die aanbiddingspan-leiers, o hoeveel is vol van satan se gees.
O EK is bedroef en EK huil vir diegene wat eens begin het om MY te volg en
YAHUSHUA ha MASHIACH aanbid het, wat uitgeroep het na Jesus Christus, wat op die
regte pad begin het maar wanneer moeilikheid kom en beproewing kom en hulle meer
van MY salwing nodig het draai hulle na die georganiseerde kerk waar MY salwing
nie gevind kan word nie, want dit is die salwing wat die jukke en bindings breek
wat die gevangenes vrymaak. Maar hulle draai in plaas daarvan na ‘n
georganiseeerde kerk, hulle draai in plaas daarvan na ‘n godsdiens, hulle soek
na MY in dooie plekke soos ‘n begraafplaas dit is wat EK hierdie seminare noem
hulle is begraafplase. Maar MY magtigste krygers word nie daar gevind nie en EK
stuur MY magtigste krygers om agter die klein lammetjies aan te gaan en om hulle
te lei na MY toe.
So MY Kinders waarsku hulle. Gaan uit daarheen en kry MY klein lammetjies en
waarsku MY skape want die bose pastore is onder MY toorn, diegene wat nie die
waarheid wil preek nie, en MY skape en lammers op ‘n dwaalspoor lei, diegene wat
nie wil waarsku dat EK, YAHUSHUA julle MESSIAS, nie net ‘n God van liefde is nie
maar ‘n God van toorn. EK was ‘n Lam net eenmaal nou kom EK terug as ‘n leeu uit
die stam van Judah. Soos EK die geldwisselaars pakgegee het soos EK hulle tafels
omgegooi het so sal EK dit weer doen. Maar die kerke sal nie staande gelaat word
nie; die Pastore sal nie lewend gelaat word nie want EK IS jaloers vir MY
lammers en MY skape.
Voor die Kristal Katedrale afkom, die wat deur silwer en goud gebou is sal EK,
YAHUSHUA, die Skape en die Lammers uitjaag diegene wat MYNE is wat gevul is met
MY RUACH ha KODESH sal hulle salf vir Magtige Oorlogvoering en hulle sal die
poorte van die hel afbreek in die Naam van YAHUSHUA. Hulle sal die gevangenes
vrymaak in die Naam van YAHUSHUA. Hulle sal genesings doen in die Naam van
YAHUSHUA.
Daar is maar een Goeie Herder en enige pastoor wat hulle laat dink hul is die
enigste goeie herder, EK sê dit vir hierdie bose herders wat probeer om die
mense te beheer, wat vir hulle sê doen dit op my manier en nie op julle manier
nie. EK sal die bose herders doodmaak. EK sal die huise afbreek wat met hande
gemaak is, gemaak met die silwer en goud wat hulle gulsig opgegaar het.Terwyl
die verfoeilike tye op ons is, die verfoeilike tye op julle en hierdie wêreld
is. Al wat hulle doen is om hulself te wil beskerm, hulle dink nie om vir enige
iemand anders te voorsien behalwe hulself nie. Maar MY ware herders, diegene vir
wie EK die salwing gegee het om die lammers en die skape te beskerm, wat die
salwing het om hulle te lei na MY toe. Hulle het die begeerte om te voorsien te
voed en kleding te gee aan MY Baba lammetjies en skape.
Hulle het die salwing om lief te hê en om die liefde van YAHUSHUA toe te laat om
deur hulle vloei. Hulle het lief genoeg om te waarsku oor die hel. Hulle het
genoeg liefde om te waarsku dat EK ‘n God van balans is. Dit is hoe julle sal
weet of MY RUACH ha KODESH in ‘n herder is. Hulle pof hulself nie op met trots
nie. Hulle bou nie multi-miljoen doller kerke nie. Julle sal onderskei of MY
RUACH ha KODESH inwonend is.
Maar O in hoeveel van die sogenaamde kerke, O in hoeveel van daardie sogenaamde
Tempels word MY RUACH ha KODESH nie eens toegelaat binne-in nie. Geen beweging
van die GEES nie. Enige ware apostel en profeet word uitgeskop. MY RUACH ha
KODESH word uitgeblus. MY Profete moet selfs permissie hê om te profeteer. Wee
julle bose herders. Wee julle bose pastore. Julle leer vir MY Mense ‘n leuen.
Julle sal nie eens vir hulle die Ware Sabbat leer nie. Julle sê vir hulle enige
dag sal voldoen. Maar EK vra vir julle hierdie vraag wat goed genoeg was vir die
Skepper is dit nie goed genoeg vir julle nie?
So hardloop klein Skapies en hardloop klein Lammetjies. Diegene vol van MY
salwing en MY RUACH ha KODESH, hardloop weg van die kerke van Babilon af sodat
dit nie bo-op julle inmekaartuimel nie. Hardloop weg van die yskiste van die
Moseleums. Sodat EK julle kan vul met MY Vuur van die RUACH ha KODESH want die
kerke van Babilon sê die een godsdiens is dieselfde as die ander hulle sê vir
julle God is net liefde, een wêreld godsdiens is die volgende stap na die anti-chris.
O dit is waar EK het ‘n klein klompie kerke het, maar o so baie min is vol van
MY RUACH ha KODESH. So baie min is vol van MY liefde, so baie min preek die
waarheid, nie enige kerk op ‘n Sondag sal voldoen nie. EK praat met die mense
binne-in hulle nou gaan na julle pastore toe en vertel hulle die waarheid.
Herinner hulle aan die Tien Gebooie wat EK vir julle gegee het. Herinner hulle
die Sabbat was ingestel vanaf die skepping toe EK hierdie wêreld gevorm het. Dan
sal daardie pastoor aanspreeklik gehou word of hy die gemeente die waarheid
leer.
YAHUSHUA keer terug op ‘n Sabbat. Sal julle die 5 wyse maagde wees of die 5
dwases? EK kom nie vir ‘n ongehoorsame Bruid nie. Daar is kwalifikasies om MY
Bruid te word. O hoe bedroef is EK en o hoe huil EK oor diegene wat dink hulle
is MYNE en tog is die RUACH ha KODESH die HEILIGE GEES nie eens binne-in nie. EK
kyk in hierdie kerke van Babilon en EK sien niks anders as verdroogde beendere
nie.
Bedrieglike Pous met sy bedrieglike septer EK kyk na een wat sit op ‘n troon, ‘n
septer dra en ‘n ‘n kroon dra, sy bevele uitvaardig, aanbid word deur miljoene
wêreldwyd en tog is MY RUACH ha KODESH nie binne-in nie, in plaas daarvan woon
die gees van die anti-chris daar. Net soos in die tye van ouds, was lewens geëis
van diegene wat hom nie wou aanbid nie, so sal dit weer wees terwyl hy ‘n
verdrag sluit met satan, terwyl hy ‘n verdrag sluit om Israel te vat, is daar
geen christus binne-in hom nie en selfs die staf wat hy dra spreek hierdie. O
hoe huil EK en hoe ween EK vir die massas mense wat uitgestrek op hul aangesigte
lê en aanbid by sy voete.
Kliek Hier Om te Leer van “The Significance of the Cross Held By The Pope”
Hierdie is ‘n Babiloniese geloof, die een wat die ware Sabbat verafsku. Want
hierdie mensgemaakte Sabbat sal MY ware kinders vermy. Gaan na julle pastore toe
en waarsku hulle as hulle nie wil luister nie, vlug dan. Want julle sal bewys
het dat die RUACH ha KODESH waarlik deur julle gespreek het. Vlug kinders, vlug
uit die kerke van Babilon want hulle gaan ineenstort. Die Kristal Katedrale is
‘n stank vir my neusgate. Hierdie pastore wat nie eens die waarheid sal praat
nie, homoseksualiteit is ‘n gruwel vir MY. Aborsie is moord; seksuele omgang
buite die huwelik is hoerery.
MY ware kinders verlang om MY te behaag. Wees Heilig want EK is Heilig. Versteek
MY Woorde in jou hart. Memoriseer Psalm 91 en herinner MY aan MY Woord. Want
waarlik EK kom weer en EK kom om MY Bruid weg te voer. Maar is julle lojaal, is
julle getrou? EK sal nie ‘n vrou vat wat nie getrou is nie. EK sal nie ‘n vrou
vat wat nie lojaal is nie. EK sal nie ‘n vrou vat wat MY nie eerste stel nie
selfs al beteken dit dat dit haar lewe kos. Bekommer jou nie oor wat ‘n mens aan
jou vlees kan doen nie. Bekommer jou oor die vernietiging van jou siel, om hel
toe te gaan en die Poel van Vuur, want hierdie is waarheen die ontroues gaan.
Dit is beter dat jou naam nooit gevind word in die Lam se Boek van Lewe nie as
om uitgeklad te word omdat jy ‘n ontrou vrou is.
Die bose het boser geword maar die GODDELIKES het GODDELIKER geword, hulle het
meer wysheid as die bose herders wat sit in die kerke van sonde. So vlug my
Kinders, vlug uit die kerke van Babilon. Diegene wat verwerp was, diegene wat
uitgegooi was, die wat geïgnoreer was, diegene wat die waarheid gepraat het en
selfs geprofeteer het en al wat hulle gekry het is die pastoor se haat en
versmading. Hierdies is MY ware Magtige Krygers. Hierdies is diegene wat EK MY
arms om vou. Hierdies is diegene wat die Vuur van die RUACH ha KODESH helder
brand.
Hou op bedroef wees MY Kinders diegene wat uitgeskop was uit die kerke van
Babilon want julle was verwerp deur satan, nie verwerp deur YAHUSHUA julle
MESSIAS nie. Julle was verwerp deur die gees van die anti-messias. So wees
verheug my Kinders want dit sou nie gebeur het as MY RUACH ha KODESH nie waarlik
binne-in julle was nie.
Julle is diegene wat MY stem kan hoor. Julle is diegene wat MY iedere tree wil
hê. Julle is diegene wat begeer om Heilig vir MY te wees. Julle is diegene wat
EK sal gebruik en groter werke sal julle doen, terwyl julle almal saam vergader,
al diegene wat EK uitgeroep het uit die kerke van Babilon. Want die groot
afvalligheid het alreeds gebeur in die meerderheid van die georganiseerde kerke,
hulle het hulself verkoop soos ‘n hoer aan die hoogste bieër. So moenie bedroef
wees nie MY Kinders wanneer EK vir julle sê om te vlug uit die kerke van Babilon
nie in plaas daarvan wees verheug MY Kinders want julle hoef nie in ‘n gebou te
wees om by MY voete te sit nie. EK vertel julle die waarheid MY Kinders dít is
wanneer julle MY vleis sal eet.
Herinner julle pastore aan die Torah en herinner hulle die Sabbat was ingestel
vanaf die skepping soos gesê word in Genesis. Herinner julle pastore die Sabbat
is ewigdurend dit sal vir ewig wees; hierdie is in die Heilge Skrifte. EK sal
nie die Sabbatdag verander vir die mens nie al was dit geskep vir ‘n heilige rus
vir die ganse mensdom.
Hierdie is ‘n gewyde dag apart gestel wat ‘n nabyer samesyn teweegbring met MY
‘n dag wat restorasie bring, ‘n dag wat Heilig moet wees en apart gestel moet
word van die ander dae wat julle MY dien en aanbid. EK plaas MY Seël van
beskerming op my Babas, Bruid, Uitverkorenes en Noukeurig Uitgesoektes wat
hierdie doen as ‘n herinnering van hulle Skepper YAHUVEH en hulle enigste
Verlosser YAHUSHUA.
Pastore julle word nou aanspreeklik gehou vir wat julle nou weet. Bekeer en hou
op om my skape op ‘n dwaalspoor te lei. EK vergewe julle vir dit wat julle nie
voorheen geweet het nie, maar nou kan julle nie langer voor MY staan en sê, “Julle
het nie geweet nie.” EK sal julle herinner pastore aan die dag toe ek my Baba
Lammetjies en Skape na julle toe gestuur het om julle te waarsku om die waarheid
te onderrig sodat MY Kinders gereed sal wees op hulle Huweliksdag.
O MY Babatjies, Bruid, Uitverkorenes en Noukeurig Uitgesoektes julle was so
mislei deur wolwe wat blyk om soos skape te lyk. Hulle het ingesluip tussen
julle kuddes. Hulle verslind MY lammers aangesien die lammers nie die wolwe kan
herken met die masker van ‘n skaap nie. Baie van die welbekende Pastore,
Evangeliste en bevrydings-bedienaars, en baie Christene sal hulle name ken,
aanbid waarlik iemand anders, selfs terwyl hulle die naam Jesus aanroep en tog
in werklikheid heimlik 33ste graad vry-messelaars is.
Hierdie bose wolwe aanbid satan en berei die lammers en die skape voor as ‘n
slagoffer terwyl hulle die Heilige Skrifte lees en hulle verdraai om gelykvormig
te word aan hulle beeld van hulle god en die Heilge Skrifte manipuleer
verskonings maak vir hulle eie sondes. Pasop MY klein Skapies en Lammetjies!
Hardloop weg van hierdie Babiloniese Pastore en evangeliste af, hulle het nie MY
HEILIGE GEES binne-in nie. Hierdie bose mense het ‘n bloed-eed afgelê want alle
33ste graad vry-messelaars het ‘n bloed-eed afgelê aan satan, sweer
onderdanigheid aan hom, waag selfs om die naam te gebruik van “EK IS” maar hulle
vermy die Naam van YAHUVEH en YAHUSHUA maar tog vrees hulle nie die naam Jesus
of Christus nie.
Geliefdes dit beteken nie dat almal wat die naam Jesus Christus gebruik in plaas
daarvan om MY gewyde naam te gebruik van YAHUSHUA wolwe of 33ste graad
vry-messelaars is nie.
Menige van MY Kinders reg-oor die wêreld noem MY Here Jesus Christus. Moenie
vrees nie, wees verseker EK weet wie MY Kinders is. EK herinner julle dat MY
Heilige Skrifte waarsku oor diegene wat sal kom en sê, "Here, Here het ons nie
in U naam geprofeteer nie en in U naam duiwels uitgedryf en baie wonderlike
werke gedoen nie?" En EK sal sê, "EK het julle nooit geken nie, gaan weg van MY
af julle werkers van ongeregtigheid." (Mattheus 7:22-23)
Hierdie bose wolwe het die massas om die bos gelei maar pasop julle bose Pastore
wat uitgesaai word op die TV stasies wêreldwyd en radiogolwe, pasop want EK word
nie om die bos gelei nie, EK ken julle werke wat julle beweer om te doen in MY
Naam en tog doen julle hierdie vals manifestasies onder die okkultiese kragte
van satan. Julle sal maai wat julle gesaai het en dit is die hel en die Poel van
Vuur. Wanneer MY Oordeel val sal dit wees asof ‘n reuse vuis julle mensgemaakte
tempels platgeslaan of ingesluk het in die grond in. Verbryselende glashuise sal
neerval.
New Age Pastore julle is nie warm of koud nie en EK sal julle uitbraak uit MY
mond uit. (Openbaring 3:16) Pasop EK ken julle werke julle wil net van die Hemel
praat en nie waarsku of selfs glo daar is ernstige gevolge om te sondig nie en
dit is die Hel en die Poel van Vuur. Julle bose Pastore wat mense op ‘n dwaalweg
lei, julle is bang om van die Hel en van die Poel van Vuur te onderrig want
julle weet dit is julle volgende tuiste! Moenie mislei word nie, weer sê EK aan
die Babiloniese kerke want EK, YAHUSHUA, sal julle oordeel en julle werke en
julle geld en julle roem sal julle nie red in daardie komende Oordeelsdag nie. (Openbaring
2)
Julle wat satan dien en julself 33ste graad messelaars noem, julle wat julself
illuminati noem daar is geen lig binne in julle nie! Die God van die skepping
het die hel en die Poel van Vuur gemaak vir ‘n ander doel en dit is vir die
gevalle engele en satan maar dit is julle wat daarop aangedring het om in
rebellie te bly en die god van ongehoorsaamheid en rebellie en die anti-chris te
dien julle sal die ewigheid deurbring in verdoemenis want julle weier MY
Redding. Toets die vrugte, MY Kinders.
AS enige Pastoor nie in lyn is met MY Heilige Woord nie hardloop dan weg van
hierdie Pastoor af. Die kerk is nie ‘n gebou nie; die kerk en die tempel is MY
Mense wat saam vergader in MY Naam. Moenie mislei word deur roem en rykdom, deur
die grootte van ‘n kerk of Tempel of gemeente nie. Moenie mislei word deur vals
manifestasies wat sommige wonderwerke noem nie en tog sê EK vir julle dit is
Toordery en Alchemie (chemie). EK sê vir julle dit is die okkulte wat so baie
van julle kerke vul en ja, Christelike radiogolwe. Hoe lank MY Kinders, moet EK
wag om te kom en MY Bruid te kry? EK sê vir julle hoe lank, totdat MY Bruid
ophou om ongehoorsaam te wees en begin om te gehoorsaam wat hulle weet die
waarheid is en begin wegvlug van die boosheid in die meerderheid van kerke wat
die leiding neem. As julle MY stem hoor in hierdie profesie en nou wegvlug uit
die Babiloniese kerke dan sal julle nie in die vervalste kerke sit wanneer die
antichris in hierdie kerke kom en aanbid word en setel nie.
*******
So is dit gespreek, so is dit geskryf onder die salwing van die RUACH ha KODESH.
Moet asseblief nie hierdie boodskapper stenig nie om die waarheid te sê bedek my
en hierdie bediening in gebed vir beskerming. Hierdie profetiese boodskap is
slegs vir die Kinders van YAHUSHUA ook genoem Here Jesus Christus. Hierdie
profetiese boodskap is vir diegene wat kan hoor met hulle geestelike ore en met
hulle geestelike oë die waarheid kan onderskei wat gespreek was in hierdie
profesie al die ander moenie bekommerd wees nie, hierdie boodskap was nie vir
julle nie en julle is soos die bose faraoh en sal geestelik doof bly vir die
woorde in hierdie profetiese boodskap.
Ek het ‘n visioen gesien terwyl hierdie woord aan my gegee was en ek het in die
kerke hope dooie uitgedroogde beendere sien lê uitmekaar geraamtes op mekaar
gestapel, lewe het in die dooie beendere ingekom en hulle het heel geraamtes
geword springend en gehardlopend terwyl vlees oor hulle beendere gekom het
terwyl die waarheid oor hulle gekom het en hulle geweet het die waarheid in
hierdie profesie maak hulle vry.
Ek lê hierdie nederig aan julle voor in die Naam van YAHUSHUA.
‘n Diensmaagd, Kind, Vegter en Bruid van YAHUSHUA.
Kom YAHUSHUA kom vinnig in die Naam bo alle Name, YAHUSHUA ha MASCHIACH
(YAHUSHUA die MESSIAS)
Apostel Elisheva Eliyahu
Deel hierdie asseblief met ander sodat die waarheid hulle ook kan vrymaak. In
die Naam van YAHUSHUA ha MASCHIACH bid ek.
So is dit gespreek, so is dit geskryf en saam bid ons; Vader God YAHUVEH dat ons
waardig geag sal word om U woede te ontvlug asook die Groot Verdrukking wat gaan
kom in die Naam van YAHUSHUA ha MASCHIACH (Lukas 21:36). Om ingesluit te word in
die enigste kerk wat lewendig weggevoer sal word om YAHUSHUA in die lug te
ontmoet soos dit geskryf is wat die kerk van Philadelphia genoem word (Openbaring
3:7-12). Amen.
Gespreek onder die salwing van die RUACH HA KODESH Deur Apostel Elisheva Eliyahu op 16 Oktober 2002
Profesie 108 Ek, YAHUVEH Sal Binnekort Die Gees Van Vernietiging Op Die Aarde Loslaat!
EK het jou lank gelede gewaarsku [Elisheva] om nie hierdie Bediening na ‘n man
of ‘n vrou te vernoem nie selfs nog voordat daar ‘n Bediening was. EK het dit in
jou gees geplaas want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, niks hiervan
het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit die Mond van YAHUVEH geboorte gegee.
Dit is uit die Mond van YAHUSHUA jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die
Mond van die RUACH HA KODESH jou IMMAYAH geboorte gegee. As dit net deur jou
hand was sou dit lankal misluk het. Dit is deur die SHKHINYAH HEERLIKHEID se
Wind wat oor hierdie aarde waai, die Heilige Wind van Herlewing, dit is nie deur
jou asem nie anders sou dit misluk het (Jesaja 42:8)
In Julie 2010 Het YAHUVEH GOD beveel dat die volgende bygevoeg word voor elke
Profesie:
2Kronieke 36:16
“Maar hulle het die boodskappers van ELOHIEM uitgelag, SY Woorde verag en met SY
Profete gespot totdat die gramskap van YAHWEH teen SY volk opgekom het, totdat
daar geen genesing meer was nie.”
* * * * * * * *
Na die lees van die Boek Ester en toe in gebed voor die Troon van YAHUVEH saam
met ‘n geliefde suster, het ek vir YAHUVEH gevra of HY’n Woord het wat HY graag
wil spreek op hierdie Purim. Hierdie is die Woord wat gespreek was.
Audioband:
Elisheva: Heeltyd hoor ek HOM sê, EK sal praat MY dogter, maar nou is nog nie
die tyd nie.
EK, YAHUVEH Sal Binnekort die Gees van Vernietiging Loslaat Op die Aarde!
Want die Woorde wat EK sal spreek sal van VUUR wees. Weet net dat julle wel
sprankel voor MY, al diegene wat wandel in MY heiligheid en MY waarheid, wat
waarlik weet wat Purim verteenwoordig, waaroor dit gaan. Weet net hierdie, julle
sprankel voor MY, julle dra die keurigste klere want daar kan geen keuriger
kledingstuk wees as die Kleed van Geregtigheid wat MY Seun YAHUSHUA om julle sit
nie. Weet net hierdie terwyl die vyande die vernietiging beraam van die heiliges,
so weet EK ook hoe EK die onheiliges gaan vernietig.
Nou is nog nie die tyd om Woorde voort te spreek van VUUR nie, MY dogter. Wees
geduldig. EK gee net hierdie paar woorde van bemoediging vir jou. Dat EK, julle
ABBA YAHUVEH behaag is. EK is behaag met MY geestelike Israel, diegene wat in
die voetspore loop wat EK vir hulle beskik as heilig, diegene wie se ore
ingestel is op elke woord wat EK spreek. MY Kinders, MY Babas, MY Bruid, MY
Uitverkorenes en MY Uitgesoektes, julle wat geen trots neem in wie julle is of
wat julle kan bereik nie maar julle trots is in wat EK, YAHUVEH doen, wat EK,
YAHUVEH bereik deur MY Seun YAHUSHUA julle MASHIACH.
Hou net aan bid soos EK vir Mordegai die onderskeiding gegee het om te weet waar
die vyande was en watter planne hulle gemaak het om die heiliges te vernietig.
Bid vir onderskeiding dat EK altyd vir julle wys waar die vyand versteek is
selfs al is dit tussen julle. Weet net hierdie, enige iemand wat wil infiltreer
en die leierskap verraai van hierdie bediening en diegene wat deel is van
hierdie bediening, diegene wat beraam om hierdie bediening te vernietig, diegene
wat lieg op hierdie bediening, EK met MY eie hand sê YAHUVEH sal hulle vernietig
net so seker as wat EK Haman en sy 10 seuns vernietig het en al daardies wat
opgestaan het teen diegene wat EK voor-af bepaal het om veilig te hou. Julle
sien in hierdie eindtye weet EK reeds ongeag wat die vyand doen het EK het reeds
voor-af bepaal wie EK sal veilig hou in die palm van MY hand waar geen mens
hulle kan uitruk nie. Net soos in die dae van ouds het EK reeds voor-af bepaal
het dat EK vir Mordegai en Ester veilig sou hou.
Niks het verander nie, maar wees voorbereid [Elisheva] want nog ‘n woord gaan
kom en dit sal vol wees van MY VUUR maar weereens is hierdie nie die tyd
daarvoor om vrygestel te word nie. Weet net hierdie, EK, YAHUVEH, sal nooit
verskoning vra vir wat EK gedoen het aan Sodom en Gomorra en die ander stede wat
hulle voorbeeld gevolg het nie en EK, YAHUVEH, belowe hierdie, EK’s op die punt
om die gees van vernietiging los te laat op hierdie aarde en EK is op die punt
om dinge toe te laat om plaas te vind wat nie voorheen gebeur het tot die omvang
wat dit sal plaasvind nie.
Maar weet hierdie, EK vertel dit nie vir julle om vir julle vrees te veroorsaak
nie maar om julle opnuut te verseker, diegene wat waarlik behoort aan YAHUSHUA,
diegene wat bedek is deur MY Seun YAHUSHUA julle MASHIACH se gestorte Bloed, wat
waarlik hulle wil en hul lewe onderwerp aan HOM en daarna strewe om elke opdrag
te gehoorsaam uit die Hemel daar-bo, EK gaan julle veilig hou. Hou net vas aan
julle geloof want satan wil julle geloof hê meer as wat hy jul lewe wil hê. So
hou styf vas aan julle geloof en kyk wat EK met die vyand doen. Kyk wat EK doen
aan diegene wat alles wil vernietig wat heilig is. Kyk wat EK, YAHUVEH, gaan
doen, want hulle lot sal veel erger wees as Haman en sy 10 seuns se lot.
Leef elke dag jou lewe en sê, “Hoe kan ek U meer behaag, ABBA YAHUVEH? Hoe kan
ek U meer behaag, YAHUSHUA my MASHIACH? Hoe kan ek U meer behaag, kosbare RUACH
ha KODESH, my IMMAYAH, my MAMMA WYSHEID?” En julle MAMMA WYSHEID sal vir julle
die wysheid gee om hierdie antwoord te weet.
O, hoe lief het EK julle. EK weet wie is MYNE. EK ken die name wie MYNE sal wees
wanneer hulle uiteindelik finaal hulle wil oorgee aan MY en die Gestorte Bloed
van YAHUSHUA aanvaar om hul sondes weg te was. Maar hulle weet dit is nie genoeg
nie, hulle weet hulle moet wegdraai van die bose. EK weet wie julle is.
Hierdie is die woorde van bemoediging wat EK te sê het vir julle op hierdie
Purim dag van 2009. Dit maak nie saak nie MY kinders, moenie ergerlik wees onder
mekaar hetsy dit hierdie dag of daardie dag is nie want tye is verander deur die
mens, maar EK ken jou hart. Dit vereer MY dat julle MY troon sal nader soos ‘n
Ester en EK hou MY Septer uit en SY Naam is YAHUSHUA, MY enig verwekte Seun en
EK ontvang julle en julle aanbidding en julle lof het na MY toe gekom soos ‘’n
soete geur. So hou aan sprankel vir MY te midde van hierdie mishoop van die
aarde, EK kyk uit die hemel en EK sien julle sprankel en EK is geëerd.
Einde van woord
(DRINGENDE WAARSKUWING: Die sprankel wat YAHUVEH sien is NIE die sprankel van
die vals goudstof waarvan YAH gewaarsku het nie in Profesie 32 - Pasop vir
Goudkoors Herleweing! Lees asb weer hierdie Profesie en waarsku die mense!)
Hierdie is die sprankel waarvan YAHUVEH praat. Hier is sommige uittreksels uit
vorige Profesieë waar YAHUVEH gesê het SY Skatte sprankel voor HOM.
Uit Profesie 91 - John Hagee, Jy Is Verdoem, Sê EK, YAHUVEH!
MY geliefde skatte, die min wat EK het wat sprankel soos ‘n duur edelsteen. EK
kyk van MY Troon af in die Hemel en EK sien die onlastings van onmenslikheid
want dit is waarna satan se kinders vir MY lyk, hope ontlasting. Die stank reik
tot aan die Hemel. Hollywood is niks meer as satan se speelgrond nie en waarlik
hou die hel ‘Wie is Wie van Hollywood’. Maar julle sien EK het hierdie klein
sprankelende edelgesteentes regoor die wêreld wat MY herinner, selfs in MY
raserny en grimmigheid, kan EK hulle sien sprankel, omsoom deur die ontlasting
reg rondom. Maar julle sprankel want MY kosbare, kosbare, kosbare Geliefde GEES
is binne-in en julle sprankel.
Uit Profesie 95 - YAHUSHUA ha MASHIACH Sê, Neem Op Julle Wapen, EK LEWE!
Die tyd is so kort nou. Die lammers word oornag skape. EK giet MY Waarheid uit.
EK maak hulle groot want daar is nie tyd om babas te bly vir lank nie. EK eis
Heiligheid meer as ooit vantevore want boosheid woed oral rond. EK kyk vir die
sprankel van edelgesteentes wanneer EK en MY Vader kyk na die aarde. Sien,
diegene wat behoort aan MY sprankel soos die helderste edelgesteente, terwyl MY
lig skyn op hulle. Maar waarlik is julle in en is julle omring rond-om met die
ontlasting van onmenslikheid. En EK soek na die sprankel en die edelgesteentes
en EK weet net waar hulle is en selfs uit die Hemel kan EK die kosbaarste van MY
juwele aanskou. Dit is elkeen van julle wat MY eerste stel in jul lewens en jul
liefde, wat strewe om te gehoorsaam ten alle koste. Wat satan bestraf en hom
laat weet hy sal geen deel hê aan julle nie. Julle is MY kosbare juwele.
Gespreek deur Apostel Elisheva Eliyahu
Profesie 152 Luister & Word Bevry van die Demoon van Vrees!
*******
Hieronder is die Profesie soos dit voortgekom het.
—met Profeet Elisheva se “Heilige tale” soos GOD se GEES uiting gee. (Hand.
2:3-4) van hemelse of aardse tale (1 Kor.13:1). Sy spreek voort in tale wat
Profesie laat voortkom (1 Kor. 14:6)
Ons gebruik die Hebreeuse Name van GOD:
Soos in “Alleluia” (Hallelu YAH) wat beteken: “Loof YAH,” YAH is die HEILIGE ,
GEWYDE NAAM van GOD: YAHUVEH/YAHWEH GOD DIE VADER; YAHUSHUA/YAHSHUA, GOD SE
ENIGSTE VERWEKTE SEUN—(HA MASHIACH beteken Die MESSIAS; ELOHIM beteken GOD.) Die
Openbaring van SH’KHINYAH HEERLIKHEID—as die Persoonlike Naam van die RUACH HA
KODESH (in Afrikaans genoem “Die HEILIGE GEES”)—is ook op hierdie webwerf. (HA
SH’KHINAH {SHEKINAH} is Hebreeus vir ‘GOD VERTOEF, HEILIGE TEENWOORDIGHEID.’)
Addisioneel, ABBA YAH beteken “VADER YAH” en IMMA YAH beteken “MOEDER YAH.” In
Hebreeus is die GEES VAN GOD vroulik, verwys na as “HAAR” dit is so gereflekteer
in Profesieë en Skriftuurlike aanhalings onder. Alle direkte verwysings na GOD
is hoofletters
Skrifaanhalings vanuit Waarheid en Getuienis Bybel behalwe waar anders aangedui.
* * * * * * *
YAHUVEH se Waarskuwing Voor die Profesieë:
EK het jou lank gelede gewaarsku Elisabeth (Elisheva), om nie hierdie Bediening
na ‘n man of ‘n vrou te vernoem nie. Selfs nog voordat daar ‘n Bediening was het
EK dit in jou gees geplaas. Want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, niks
hiervan het uit jou mond voortgekom nie.
Dit is uit die Mond van YAHUVEH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van YAHUSHUA
jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van die RUACH HA KODESH, jou
IMMAYAH geboorte gegee.
As dit net deur jou hand was sou dit lankal misluk het.
Dit is deur die SHKHINYAH HEERLIKHEID se WIND wat oor hierdie aarde waai, die
HEILIGE WIND VAN HERLEWING. Dit is nie deur jou asem nie, anders sou dit misluk
het. “EK IS die HERE YAHUVEH: Dit is MY NAAM: En MY EER sal EK aan geen ander
gee, of Ook MY LOF aan die gesnede beelde nie” (Jes 42:8)
(Profesie 105)
In Julie 2010 het YAHUVEH GOD gesê om die volgende by te voeg en diegene te
waarsku wat spot:
2 Kronieke 36:16
“Maar hulle het die Boodskappers van ELOHIM uitgelag, SY Woorde verag en met SY
Profete gespot totdat die Gramskap van YAHUVEH teen SY Volk opgekom het, totdat
daar geen genesing meer was nie.”
*******
AmightyWind se 26ste Herdenking Aanlyn!
Elisheva se Shabbat Verwelkomings-Boodskap Oorskrywe | Saterdag, 4 April 2020
O ABBA YAHUVEH— ek dank U en ek loof U— GELIEFDE YAHUSHUA HA MASHIACH & KOSBARE
RUACH HA KODESH — vir die EER wat U my gun om gekies te gewees het om geboorte
te gee aan hierdie Bediening 26 jaar gelede aanlyn (en dit is in werklikheid
ouer as dit, maar hierdie is aanlyn) beginnende in 1994: En daar is nie eens ‘n
rekord dat dit so ver teruggaan nie want dit was op daardie tydstip in “Amerika
aanlyn” [AOL]; en daar was geen WêreldWye-Web nie [op die manier wat dit nou
bestaan nie].
Kan jy dit glo?
Maar ABBA YAHUVEH, YAHUSHUA & KOSBARE RUACH HA KODESH, ons aanbid U, ons het U
lief! (En dit is AL wat ek die mense wil leer, is om hulle te lei om U Woorde te
hoor—om U Boodskapper te wees—om hulle te lei na YAHUSHUA HA MASHIACH toe, om
die openbarings te deel wat U vir my gegee het, die besoeke uit die Hemel dat ek
vir YAHUSHUA gesien het van Aangesig tot aangesig).
En die uitbeelding wat langs my is, is die naaste van enige voorstelling wat
gegee kon word in hierdie wêreld, soos die jong meisie dit geteken het en U het
werklik blou Oë.
En eendag sal diegene [wat sal wees] in die Hemel sien hoekom daardie
uitbeelding gekies was.
En ek wil net hê dat almal moet weet—dankie, dankie AmightyWind gemeente! ABBA
YAHUVEH, U het vir my die beste gemeente gegee REG OOR die wêreld in 52
verskillende tale nou, en Hindi was pas bygevoeg.
En die begeerte van my hart is nou vir daardie man van Judah om na vore te kom
en my te help om Israel te bereik. Ek is ‘n Jood en tog was ek nie gebore in
Israel nie en ek het daardie man van Judah nodig. Ek het die Hebreeuse vertaler
nodig, ABBA YAH—en dit is die begeerte van my hart, HEMELSE VADER—om Israel te
laat weet WIE YAHUSHUA HA MASHIACH is. HY is Jesaiah 53.
Ons dank U en ons loof U, ABBA YAHUVEH, op hierdie 26ste jaar Herdenking wat so
pas plaasgevind het: U het 4/4/20 gekies [daardie dag vir die Bediening 26 jaar
terug] om ook gebore te word op die Internet op my verjaardag. En—vir 30 dae! U
het vir ons die opdrag gegee verlede jaar.
En U het gesê U wil hê ons moet feesvier [30 dae] en die mense kans gee om hulle
videos in te stuur — en as hulle dit privaat wil hou—om my te laat weet as hulle
nie sou [wil hê] dit moet in die openbare video wees nie, almal bymekaar op een
plek nie. (Hulle het 30 dae om in staat te wees om dit te doen.) En op hierdie
manier sal hulle privaatheid behoue bly ook, want dit sal net die uitknipsels
wees van dit wat hulle gesê het en wat hierdie Bediening beteken en hoe hulle U
wil verheerlik, en hoe hulle gered was of wat hulle ookal gelei voel [om te sê].
So YAHUSHUA HA MASHIACH , ek dank U dat selfs op Shabbat, hierdie Heilige tyd [4
April 2020] van feesviering hier is.
Ek wil U DANK want daardie Hebreeuse vertaler kom na vore. Ek wil U DANK vir die
Heilige gesalfde broers in YAHUSHUA HA MASHIACH wat gebore was en opgegroei het
in Israel of selfs nét opgegroei het in Israel, maar wat die Hebreeuse wortels
ken wat belangrik is en Bybel-gebaseerd.
Ek wil U bedank en U loof, HEMELSE VADER, vir alles wat U doen.
O ABBA YAH, asseblief, seën ver bo alles AmightyWind gemeente en die besoekers
wat hierheen kom om fees te vier—vir diegene wat hul lewens gegee het vir U,
YAHUSHUA—en hulle weet nou daar’s ‘n Bediening wat nie toegewings maak met sonde
nie.
Ons leer hulle dat, YAHUSHUA, U hulle sal vergewe as hulle waarlik sal bekeer
met groot droefheid en hulle sondes bely. Belydenis lei na bekering en bekering
lei na redding—en YAHUSHUA, ons dank U en ons loof U.
Ek loof U vir ‘n ieder en ‘n elk van die span, vir ‘n ieder en ‘n elk van die
bedienaars. Ek dank U vir die video makers. Ek dank U vir die uiteindelike
verkryging van betroubare web bestuurders!—waar al die res niks anders as
Judasse was nie.
En ek dank U en ek loof U , HEMELSE VADER—die mense weet nie eens 5 keer was die
Bediening gepoog om gesteel te word by my nie maar—hierdie is die HEILIGE DRIE
EENHEID s’n [Bediening] en jy kan nie steel by die HERE GOD ALMAGTIG WIE IS &
WAS en SKEPPER is VAN ALLES nie.
So ABBA YAHUVEH, ek bid dat op hierdie 30 dae van feesviering ons meer reddings
berigte sal kry, ons meer videos sal kry en hulle die eer aan U sal gee. Want
hierdie is U Bediening om eer te bring aan U SEUN YAHUSHUA HA MASHIACH.
Shabbat Shalom!
Ek is lief, lief, lief, lief, lief vir elkeen wat YAHUSHUA HA MASHIACH aanbid,
en ek sien uit daarna om van julle te hoor. Regtig ek doen.
In die Naam van YAHUSHUA , Amen.
Vrees is die Teenoorgestelde van Geloof! | Psalm 91
Elisheva se Profetiese Shabbat-Boodskap Oorskrywe
Vrydag, 20 Maart 2020
Hê Geloof!
Shabbat Shalom! Aan die kosbare, geliefde AmightyWind gemeente! En welkom aan
elkeen wat ‘n besoeker hier is vir die eerste keer!
Ek wil praat met die AmightyWind gemeente. Ek wil vir julle vertel dat ek die
voorblad oorgedoen het en ek het die webblad bestuurders gevra om die nuus af te
haal van dit alles wat aangaan met hierdie Wuhan virus en—omdat ek besef so baie
van julle sukkel met vrees.
YAHUSHUA het vir my gewys hoeveel sukkel met vrees op hierdie oomblik—en dit is
die feite versus vrees—maar YAH het nie vir ons ‘n gees van vrees gegee nie maar
van krag, liefde en gesonde verstand.
Vrees is die teistering wat YAHUVEH en YAHUSHUA nie gestuur het nie! En perfekte
liefde—die liefde van YAHUSHUA HA MASHIACH, die liefde wat julle weet julle
HEILIGE VADER vir julle het in die Hemel, ABBA YAHUVEH en die liefde van die
RUACH HA KODESH, die HEILIGE GEES, vir julle het— perfekte liefde verdryf die
vrees, want hoekom? Ons vertrou HULLE!
Ons weet HULLE Arm is nie te kort nie. Ons weet HULLE Oë is nie blind nie, en
ons weet HULLE Ore is nie doof nie. En ons weet HULLE weet wie is die Hamans op
hierdie aarde op hierdie oomblik wat, in ‘n laboratorium, hierdie virus
vervaardig het vir ‘n ander doel—en ek gaan nie nou daarop ingaan nie.
Maar ek wil hê julle moet weet—‘n groot uitroep van liefde vir die Asië gemeente,
‘n groot uitroep van liefde vir diegene in Italië. En ek sê vir julle YAHUSHUA
gee vir my ‘n waarskuwing en herinner ons almal—die sosiale media sowel as elke
[hoofstroom] nuus stasie word besit deur die Hamans. Onthou dit.
Ek wil ook sê vrees is die teenoorgestelde van geloof, en geloof is die enigste
manier hoe jy in die Hemel gaan kom: Geloof dat die BLOED VAN YAHUSHUA elke
sonde kan wegwas wanneer jy vir HOM sê dat jy jammer is, wanneer jy jou sondes
bely—met groot droefheid—jy om vergifnis vra, en jy in geloof glo dat HY jou sal
help om te seëvier waar jy ookal swak is met sonde.
Hê geloof! Dit is die enigste geld-eenheid in die Hemel! Weet julle dit? Niks
van hierdie wêreld kan julle in die Hemel kry nie behalwe geloof. Sonder geloof,
is dit onmoontlik om ons HEMELSE VADER, ons ABBA YAHUVEH te behaag.
So julle moet nou daardie geloof gebruik, want as julle nie nou geloof kan hê
nie—en hierdie dinge het julle nog nie eens geraak nie—julle hoor net van hulle,
wat gaan julle doen wanneer dinge begin erger word?
Hê geloof!—in Psalm 91 dat HY die plae sal weerhou om te kom naby jou woning.
Hê geloof!—om dit te glo wat Dawid gesê het, “Ek het nooit die regverdige
verlate gesien, of sy nageslag dat hulle brood soek nie” (Psalm 37:25).
Hê geloof!—om te glo dat niks kan gebeur wat YAHUVEH nie toelaat nie!
En hê geloof om te glo dat alle dinge ten goede meewerk! Ja, selfs wanneer die
Hamans agter die Esters aan is op hierdie oomblik, en ons is die Esters, ons is
die Mordecais.
En ons wag vir die Rooisee om oop te gaan en die bose Farao te verdrink terwyl
hulle ons nou jaag, veral elkeen wat ‘n gelowige is in YAHUSHUA HA MASHIACH.
Hê geloof om te glo dat HULLE jou so liefhet dat satan nie instaat sal wees om
jou seer te maak nie behalwe as iets goeds daaruit kom. Hierdie is wat ek moet
sê op hierdie 20 Maart 2020—en ek wil julle weer herinner, 20 is die getal van
die verlostes, ( in Hebreeus [Bybel & Profesie]—die getal van verlossing).
Ons is verlos! Hierdie is ons jaar! Wanneer hulle dink hulle het ons so bang,
BAKLEI TERUG! En sê ongeag wat julle “feite” sê, ongeag hoeveel julle sê—in die
miljoene of biljoene—sal doodgaan, sê MY GELOOF vir my dat julle niks teen my
kan doen behalwe as my YAH dit toelaat en iets goeds daaruit moet kom nie.
Hê geloof om te glo.
Onthou die Weduwee van Sarfat? Onthou die vlessie olie wat nie opgedroog het nie?
Onthou sy het die Profeet Eliyahu (Elia van Ouds), haar heel laaste bietjie olie
gegee en haar heel laaste bietjie meel om daardie brood te maak? En onthou dit
was die laaste maaltyd wat sy en haar seun sou eet, en tog het sy geloof gehad
en HY het alles vermeerder. HY het dit vermenigvuldig.
YAHUSHUA & ABBA YAHUVEH is ‘n SKEPPER VAN VERMENIGVULDIGING!
MAAR WEE DIE HAMANS EN WEE DIE VYANDE VAN HIERDIE BEDIENING! Want HY is ook ‘n
[BRINGER van] vermenigvuldiging van weë wat oor julle gaan kom! En o, HY het so
baie maniere om julle te laat ly! So dit is wat ek te sê het in julle geval—van
die vermenigvuldiging.
Ons wag! Ons wag ABBA YAHUVEH! Ons wag vir ons YAHUSHUA! Ons wag vir YAHUSHUA om
te sê, “Kom hierheen!” Want ons weet terwyl ons opkyk, kom ons VERLOSSING nader
(Luk.21: 28).
O as ek julle net ‘n drukkie kon gee en net my arms om elkeen van julle sit en
julle wang soen, sou ek dit gedoen het op hierdie oomblik. Diegene wat hierdie
Bediening beskou as ‘n seën, en hierdie Bediening ondersteun en my bemoedig!
Al was ek sonder ‘n man en ‘n mede-leier nou vir twee jaar en meer, bedank ek
julle net soveel vir julle gesalfde gebeds vegters, wat Messiaanse Joodse manne
is wat as ‘n broer voort [ge] kom en my bemoedig het. Asseblief, kliek die
kontak [blad]. Ek sal persoonlik terug antwoord.
YAHUSHUA HA MASHIACH seën julle! Ek het julle liewer as wat woorde kan sê!
En o, dank U GELIEFDE YAHUSHUA HA MASHIACH! Tekens, wonders en wonderwerke het
hierdie Bediening gevolg, want ons jaag nie agter tekens, wonders en wonderwerke
aan nie, maar ons weet WIE die GOD VAN WONDERWERKE is en YAHUSHUA HA MASHIACH is
SY Naam.
YAHUSHUA het vir my gesê om vir julle ‘n spesiale verrassing te gee en dit is ‘n
her-lees van Profesie 52. Wat [eers] was in 2001—hierdie is ‘n “Bewys Agter die
Profesieë” van dit wat julle nou sien—reeds voorspel was, die geheime, was aan
hierdie Profeet vertel.
Ek laat dit in videos maak op hierdie oomblik en—maar, ek wil hê julle moet—waar
julle ‘n balkie sien, kliek op daardie [play] knoppie en luister asseblief na
die nuwe Salwing op my stem: Die her-versekering van hoe baie LIEF YAH en
YAHUSHUA SY kinders het.
Shabbat Shalom!
Psalm 91|Skryf dit Neer & Memoriseer!
Hierdie is die Skrif wat julle moet neerskryf. En vir die van julle wat in ‘n
plek is [waar] julle hierdie nie openlik kan doen nie, vind ‘n manier om dit te
doen. Vra vir YAH om instaat te wees om dit te kan doen.
Psalm 91. Skryf dit neer.
Elisheva se Psalm 91 Omskrywing
• Hy wat in die Skuilplek van die ALLERHOOGSTE sit, sal vernag in die Skaduwee
van die ALMAGTIGE —YAHUVEH, en hierdie sluit YAHUSHUA HA MASHIACH in.
• Ek sal tot YAHUVEH sê: HY is my TOEVLUG en my BERGVESTING, my GOD op HOM sal
ek vertrou.
• Vir seker sal HY my sal red uit die net van die voëlvanger, van die
verderflike pes.
• HY sal my dek met SY Vlerke, en onder SY Vleuels sal ek skuil; SY trou is my
skild en pantser.
• Ek sal nie te vrees vir die skrik van die nag, vir die pyl wat bedags vlieg
nie,
• Ook nie vir die pes wat in die donker wandel, ook nie vir die siekte wat op
die middag verwoes nie.
• Al val daar duisend aan my sy en tienduisend aan my regterhand - na my sal dit
nie aankom nie.
• Net met my oë sal ek dit aanskou en die vergelding van die afvallige sien.
• Want U, O YAHUVEH—(ADONAI, ELOHIM, EL SHADDAI, ABBA YAH, YAHUSHUA, U wie
genoem word “HERE”)—U is my TOEVLUG, die ALLERHOOGSTE, het ek my BESKUTTING
gemaak;
• En daarom sal geen rampspoed my tref en geen plaag naby my tent kom nie—jou
woning, jou kamer;
• Want Hy sal SY engele aangaande my bevel gee, om my te bewaar op al my weë.
• Die engele sal my op hulle hande dra, sodat ek my voet teen geen klip stamp
nie.
• Op die leeu en die adder [slang] sal ek trap, die jong leeu en die draak sal
ek onder my voete vertrap.
• Omdat HY my liefhet, daarom het HY belowe om my te red: HY het gesê; HY sal
ons beskerm, omdat ons SY Naam geken het.
• Hy sal MY aanroep—hierdie is ‘n belofte van YAH, YAHUVEH sê—HY sal MY aanroep,
en EK sal hom antwoord en vir haar; EK sal by hom en haar wees in nood; EK sal
hom en haar uitred en eer aan hulle gee.
• En met lengte van dae sal EK hom en haar versadig, en EK sal hulle MY
VERLOSSING laat sien.
En WIE is jou VERLOSSING? Daar is net EEN, WIE die WAARHEID en die WEG en die
LEWE is, WIE SE Naam VERLOSSING is, WIE SE Naam is YAHUSHUA HA MASHIACH.
En YAHUSHUA in Hebreeus beteken “YAH RED.” Leer daardie Naam.
Shalom.
Elisheva se Inleiding: MOENIE Vrees NIE!
Hierdie voorlesing van Profesie 152 (52 Opnuut) was opgeneem via audio. Hier is
die oorskrywing.
Shabbat Shalom! HalleluYAH!
Heerlikheid aan ABBA YAHUVEH, YAHUSHUA HA MASHIACH en die KOSBARE RUACH HA
KODESH!
Hierdie is 20 Maart 2020–onthou, die getal 20 is die getal van [die] verlostes
in Hebreeus [Profesie & Bybel]. Onthou dit is ‘n dubbele 20, die laaste keer–
toe ek die Profesie gekry het–op 20 Januarie 2020, wat [Profesie] 150 is.
En ek wil net hê julle moet weet, hierdie is die Jaar van die Verlostes! Moenie
Vrees nie!
Vrees is ‘n teistering wat YAHUVEH nie gestuur het nie. Ek het [dit wat was op]
die voorblad afgehaal – van die informasie oor dit wat aangaan rondom hierdie
wêreld –en ek het dit opgesit op ons YAHSTube (dat julle kan sien waar dit nou
is terwyl julle kliek op die vaandel of as julle gaan na die media [menu op die
webblad]) maar nou hoor ek dat ek julle geloof moet opbou!
Daar is te veel informasie oral op die Internet nou. Mens weet nie wat om te glo
nie.
En wat julle ookal doen –as ‘n profeet sê dat hulle ‘n “Profeet” is en hulle
beweer om Profesieë te hê, vra hulle waar die bewys agter hulle “profesieë” is,
want ek sê dit vir julle: ek het “Bewys Agter die Profesieë” en dit sal 26 jaar
op die Internet wees [aanlyn] op 4 April 2020.
Ons is in die jaar “20,” die getal van die verlostes! Wil julle nie in die
verlostes wees nie? Dit beteken jy is gered deur die BLOED VAN YAHUSHUA HA
MASHIACH! Dit beteken jy het niks om te vrees nie. Want YAHUVEH sê HY het ons
nie ‘n gees van vrees gegee nie, maar van krag, liefde en gesonde verstand!
O my AmightyWind gemeente – julle wat my jul Pastoor noem en die Apostel en die
Profeet, ek gaan vir julle Profesie 52 lees, en julle gaan sien, wat nou op
hierdie oomblik aangaan was reeds geprofeteer.
Moenie ‘n “Profeet” glo wat net die nuus vat en dan ‘n profesie daarvan maak nie.
Kyk hoeveel jare gelede was dit geprofeteer en julle sal sien dat selfs hierdie
sogenaamde Wuhan-virus –julle weet al dat dit reeds laboratorium vervaardig was,
ek sal baie binnekort ‘n Profesie hê wat meer hieroor sê.
Ek gaan vir julle ‘n Profesie lees – maar ek moet gou maak.
Ek wil hê julle moet weet hoe lief ek ‘n ieder en elk van julle het, en julle is
bedek in my gebede – enige iemand wat AmightyWind beskou as ‘n seën en wat my in
hulle gebede hou en hierdie Bediening beskud met julle gebede!
Ek het gebid dat julle sal aanhou gehoorsaam. En as julle nie YAHUSHUA HA
MASHIACH gehoorsaam nie kan julle nie die beloftes eis nie.
So gehoorsaam HOM! Staan op en hardloop in SY Arms in! En sê, “YAHUSHUA vergewe
my, ek het gesondig!”
En HY sal getrou wees en jou weer vergewe en jy kan die beloftes eis dat geen
plae naby jou woning kan kom nie, net soos Psalm 91 sê!
So, Profesie 52 EK, YAHUVEH, Sal Julle Weereens Verlos! En dit was vir my gegee
op 2 November 2001. Baie jare gelede!
2 Kronieke 36:16 “Maar hulle het die Boodskappers van ELOHIM uitgelag, SY Woorde
verag en met SY Profete gespot totdat die gramskap van YAHUVEH teen SY Volk
opgekom het, totdat daar geen genesing meer was nie.”
Pasop om YAH se ware Profete aan te raak en hulle skade aan te doen (Ps.
105:15)– en dit is nie ‘n boodskap vir AmightyWind gemeente nie: Dit is vir die
vyande wat daarvan hou om hierheen te kom. Om te kyk of ek nog leef! [lag] En of
hierdie Bediening nog steeds staan! [lag] O my! Dit is nie my Bediening nie; dit
is die HEILIGE DRIE EENHEID s’n. Ek is net die leier daarvan en neem my bevele
uit die Hemel.
*******
Profesie 152 Begin
Ontvang 2 November 2001, Opnuut 20 Maart 2020
Liefste geliefde kinders van MY, hoeveel van julle roep uit na MY met weeklaag
en trane en probeer julle vrees wegsteek vir die wêreld en vir julle vriende,
maar neem julle PAPPA YAHUVEH en julle MESSIAS YAHUSHUA in julle vertroue! Julle
kom na ONS toe met traanbevlekte gesigte in die Naam van MY SEUN YAHUSHUA en sê,
"Wat doen ons nou? Waarheen gaan ons?"
O lieflinge van MY, o EK is nie kwaad vir julle op hierdie tydstip nie. Dit is
die bose waaroor - EK IS wit van woede is.
EK sien die bose se komplotte en planne. En dit is net soos in die tye van ouds
met die slang in die Tuin van Eden, wat Adam & Eva wil bedrieg, en nou laat
hulle julle dink dat julle nie kan wen sonder die wêreldse kennis van boosheid
nie.
Julle VADER EK, YAHUVEH, is ALLE KENNIS en wanneer julle MY, YAHUVEH & YAHUSHUA
HA MASHIACH (ook genoem “Jesus Christus”) en die RUACH HA KODESH (die HEILIGE
GEES) soek soek julle WAARHEID & KENNIS. Wees verseker- solank julle soek, sal
julle die antwoorde vind wanneer die tyd kom. As julle nie weet wat om te doen
nie, wees dan verseker: Dit is nog nie tyd vir julle om te weet waarheen om te
gaan, ook nie wat om te doen nie.
EK, YAHUVEH, sal nie vir julle die reiskaartjie gee alvorens dit tyd is om te
gaan nie. EK, YAHUVEH, IS nooit te vroeg of te laat nie, maar EK IS altyd daar.
Presies op tyd - nie ‘n sekonde om te spaar met tye nie, maar EK, YAHUVEH, sal
jou nooit verlaat, of begewe nie. EK, YAHUVEH, IS DIE SKEPPER VAN DIE GANSE
MENSDOM.
Julle hoef nie te vrees wat die bose mense sal doen nie. Want EK, YAHUVEH,
gebruik die eenvoudige dinge, soos julle gebede, om die sogenaamde “wyse” (die
bose) mense van hierdie wêreld te beskaam.
EK, YAHUVEH, IS selfs instaat om julle DNA te verander. Het julle dit geweet? Ja,
as EK dit so verkies. EK, YAHUVEH, kan selfs die kleur van jou vel en jou oë
verander. Moenie verwonderd wees nie. EK, YAHUVEH, IS DIE SKEPPER onthou? EK,
YAHUVEH, IS daartoe instaat om julle onsigbaar te maak as EK, YAHUVEH, so
verkies. Julle het GEEN IDEE watter standaard EK teen die bose mense sal oprig
nie!
Die einste gebondenheid, siektes & plae wat die bose mense, wat satan se kinders
genoem word, oor julle wil loslaat, sal hulle beskaam. Menige van MY kinders sal
nie seerkry nie. Inteendeel, sal die bose mense se eie families hierdie siekte
en plae opdoen, en hulle sal geen antwoord hê oor die rede hoekom nie. Al wat
hulle sal moet erken is dat EK, YAHUVEH, dit gedoen het.
Die bose mense beywer om hulself te beskerm, en hulle ag hulself wys om selfs
hulle eie families, en geliefdes en vriende ook in te ent. En tog, sal EK,
YAHUVEH, daardie beskerming tot nul en gener waarde maak. Tot die mate wat die
bose mense— die geveinstes —MY kinders wil leed aandoen, dit is die maat waarin
die leed sal terugkom op hulself.
Begin nou hiervoor bid. Daar is groot krag in gebede gerig tot MY, YAHUVEH, in
die Naam van YAHUSHUA HA MASHIACH, MY ENIG VERWEKTE SEUN.
Bid dat EK, YAHUVEH, vir julle groter geestelike wapens sal gee om te gebruik
teen die vleeslikes wat opstaan teen MY geliefdes, wat MY aangesig en MY wil
daagliks soek. Bid dat soos Elisa die mantel sien val het van Elia van Ouds, so
sal julle dit ook weer aanskou — en julle sal toegerus word met nog meer van die
RUACH HA KODESH se Salwings-krag.
Wanneer dit gebeur, hoef julle nie besorg te wees nie — hoe sal julle by ‘n
sekere nasie uitkom? Wanneer EK, YAHUVEH, julle stuur sal julle net verskyn.
Dink julle dit is vreemd? Lees julle Skrifte en sien hoeveel keer reeds, het
hulle die krag gehad om te transporteer [d.i. wonderbaarlike verplasing] en weet
dat die bose mense reeds sulke kragte gebruik vir bose doeleindes.
Die bose mense hou donker geheime, en tog sal EK, YAHUVEH, MY geheime vertel aan
diegene [wat] die LEIDENDE LIG volg, WIE YAHUSHUA HA MASHIACH is. EK, YAHUVEH,
sal MY Babas, Bruid, Uitverkorenes & Noukeurig Uitgesoektes beskerm! YAHUSHUA HA
MASHIACH is ‘n LAMP vir julle voete.
Wanneer die bose mense julle lig wegneem, kyk na MY, YAHUVEH, en EK sal MY
engele stuur om jou pad te verlig.
Die bose mense wil julle vrymoedigheid, geloof, vertroue, waarheid, privaatheid,
vryheid, blydskap, vreugde —onuitspreeklik en vol van heerlikheid— en julle
finansies van julle af wegneem! Dit is maklik vir hulle om te doen AS julle vir
die gees van vrees luister, en al die slegte terugvoering op die nuus, meer as
wat julle luister en die goeie verslae lees wat alles geskryf is in die Skrifte.
Ten minste MY Kinders kom in balans. Hoe kan julle hoop om vrees te oorwin
wanneer ál wat julle doen is om die vreeswaansin te voed?
MY weggesteektes het die kennis, en ‘n uitweg rond-om ELKE wapen van die vyand
wat MY kinders se vernietiging wil hê. En hierdie is die wêreld se vernietiging.
Vertrou nie op jou eie insig nie, maar in al jou weë erken MY, YAHUVEH en EK,
YAHUVEH, sal al jou weë rig in die Naam van YAHUSHUA HA MASHIACH. Julle eie
insig sal veroorsaak dat julle die onbekende vrees.
EK, YAHUVEH, slaap nie. EK, YAHUVEH, sal nie sluimer nie. MY Oë is op die nasies
waar MY mense uitroep na MY in gebed, “Red ons!” — om hulle te red!
Luister nie na doem-en-swaarmoedige waarsêers nie. Hulle spreek en skryf dat EK,
YAHUVEH, nie ‘n plek sal voorsien van toevlug vir MY geliefdes wat vir YAHUSHUA
HA MASHIACH volg en hul bes doen om MY wette te gehoorsaam nie.
Hoekom wil MY kinders gehoorsaam wees aan MY, YAHUVEH? Omdat hulle hul HEMELSE
VADER liefhet!
Die waarsêers het ingesluip in die ordes van die vyf-voudige ampte van die kerke,
en van die politici, en die nuusgewers. Hulle spreek skrikwekkende dinge tot MY
kinders. Hulle praat van neerlaag en nie oorwinning nie. Hulle wek twyfel in
julle gedagtes [soos] OF EK, YAHUVEH, MY kinders sal red. Hulle waarsku dat
almal gereed moet wees om aangeval te word, “Almal sal doodgaan of swaar
beserings opdoen!” — sonder MY, YAHUVEH, en YAHUSHUA HA MASHIACH aan julle kant,
is hierdie waar.
Wat die nuusgewers en vele politici en die waarsêers vergeet is dat EK, YAHUVEH,
nie MY kinders verlaat het nie.
Hoe sal dit vir MY Eer bring? Ja, MY kinders sal eendag by MY aansluit in die
Hemel. Hierdie is waar, maar as EK nie ‘n weg van ontvlugting wou voorsien nie,
waarom sou EK so sê in MY Skrifte? (Lk. 21:36, 1 Tess. 5:9) MY Woord sal nie
leeg na MY toe terugkeer nie. Dit sal uitvoer wat EK voortbestem het.
EK IS YAHUVEH! En EK het nie verander nie.
Wat EK, YAHUVEH, gedoen het vir Israel in die tyd van Moses; EK sal dit weer
doen!
Wat EK gedoen het vir Lot; EK, YAHUVEH, sal dit weer doen! Wat EK gedoen het vir
Josef en Maria, EK, YAHUVEH, sal dit weer doen! Wat EK gedoen het vir Noag, EK,
YAHUVEH, sal dit weer doen! Wat EK gedoen het vir die drie Hebreeuse kinders,
EK, YAHUVEH, sal dit weer doen! Wat EK gedoen het vir Eliyahu, die Elia van Ouds,
EK, YAHUVEH, sal dit weer doen! Wat EK gedoen het vir Henog, EK, YAHUVEH, sal
dit weer doen! Wat EK gedoen het vir Elisa, EK, YAHUVEH, sal dit weer doen.
Die galg wat Haman gebou het, EK YAHUVEH, sal hulle daaraan ophang! EK het ‘n
Ester en net soos in die tye van ouds, sal EK, YAHUVEH, MY mense weer verlos. EK
het ‘n Koning Dawid [diegene met so ‘n gees] en sal musiek en lofsange gebruik
om die vyand te verslaan terwyl Psalms weereens tot MY opgehef word in geloof
dat EK, YAHUVEH, weer sal verlos!
Wys MY in julle Skrifte waar EK nie MY mense verlos het —wat MY gebooie gevolg
het en liefgehad het en MY, YAHUVEH, eerste gestel het in hul lewens nie? EK,
YAHUVEH, sal MY kinders bevry uit die strik van die voëlvanger! Al wat julle
moet doen is bid en geloof hê en te glo dat EK groter is as al hierdie
skrikwekkende dinge wat probeer om oor MY kinders te kom! EK, YAHUVEH, sal julle
gebede beantwoord wanneer julle na MY roep in die Gewyde Naam van YAHUSHUA HA
MASHIACH.
Kom met vrymoedigheid voor MY Troon, en gee MY julle versoeke. EK, YAHUVEH, IS
nie kwaad vir MY geliefde kinders nie.
By tye dwaal julle af en julle verontagsaam, en is die wolf gereed om julle te
verskeur (alles net omdat julle weier om gehoorsaam te wees) — dus soos skape —
is EK IS gedwing om julle agterbene te breek, maar dan soos ‘n GOEIE HERDER, dra
EK jou liefdevol in MY arms. YAHUSHUA HA MASHIACH is die EEN wat jou nou
liefdevol in SY Arms dra totdat jy gesond is en weer instaat is om te loop.
Waar los ‘n goeie herder ooit sy skape sonder toesig? Waar slaan ‘n goeie herder
ooit die skape & lammers? NOOIT! Maar EK belowe wel dat EK diegene wat julle wil
verskeur sal laat BEROU oor die dag wat hulle ooit gebore was.
Het EK, YAHUVEH, nie vir Lot gewaarsku en hom versper met MY engele sodat hy nie
kon ingaan terug binne-in die stad van sonde nie genaamd Sodom & Gomorrah? EK
het hom en sy familie beskerm (behalwe sy vrou. wat gekies het om MY te
verontagsaam) teen die vuur en swael, wat ‘n vorm van verdrukking was vir Lot en
sy familie ook.
Het EK, YAHUVEH, nie vir Josef en Maria gewaarsku om te vlug met YAHUSHUA as ‘n
baba nie? In die tye van ouds was dit ‘n vorm van verdrukking — vir die moeders
met babas. Want al die babas moes vermoor word, want die bose mense wou die ware
MESSIAS vind om HOM dood te maak! EK, YAHUVEH, het ‘n engel gestuur om vir Josef
te waarsku in ‘n droom en EK het vir hom gesê waarheen om te vlug en vir hom
gesê wanneer om terug te kom.
Dink julle EK, YAHUVEH, sal nie vir julle dieselfde doen nie?
Het EK, YAHUVEH, nie ‘n ark vir Noag en sy familie voorsien nie? Voor daardie
groot verdrukking van water die aarde oorstroom het?
Wat van Ester? Dink julle dit was nie ‘n vorm van verdrukking om vooruit te sien
hoe die Joodse mense om haar vermoor word nie en tog het EK, YAHUVEH, nie ‘n
uitkoms vir die Joodse mense voorsien nie? Anders sou daar geeneen gewees het
vandag nie!
Het EK, YAHUVEH, nie die einste wapen gebruik wat veronderstel was om Mordecai
en Ester dood te maak nie! (Die galg wat Haman gebou het, van mening dat hy vir
Mordecai en Ester vasgetrek het — en al die Joodse mense doodgemaak sou word! En
tog, het EK, YAHUVEH, vir Haman aan die einste galg laat hang— en sy tien seuns
en sy vrou!)
Hoe kan die einstes wat sê dat hulle Profesieë hoor en hulle glo, ontken dat EK,
YAHUVEH, altyd ‘n manier gehad het om MY mense te beskerm? Wees versigtig vir
diegene wat hierdie dinge profeteer wat jou wanhopig laat voel.
Ongeag wat die verdrukking is, EK, YAHUVEH, sal ‘n manier van uitkoms voorsien
vir diegene wat op MY vertrou en staatmaak in al hul weë. Vertrou meer in
YAHUVEH, en julle YAHUSHUA HA MASHIACH as jou vrou, jou man, jou vriende en die
vyf-voudige ampte— of regerings.
EK, YAHUVEH, sal julle nie belowe dat dit altyd ‘n maklike pad vir almal sal
wees nie. EK sal julle nie belowe dat daar nie martelaars sal wees wat hulle
lewens sal neerlê vir YAHUVEH en YAHUSHUA nie; EK sal julle belowe dat hierdie
martelaars by MY in die Hemel is op hierdie oomblik en NOOIT weer sal hulle
swaarkry nie.
EK sal julle nie belowe dat al MY kinders veilig gehou sal word [op elke fisiese
manier] nie, maar EK, YAHUVEH, sal hulle beskerm soos EK die kinders van Israel
beskerm het in die tye van ouds— toe die plae, en die duisternis, en dood oor
hulle gekom het — het EK diegene gespaar wat die bloed van MY verbond gehad het
in die tye van ouds. Hoeveel te meer sal EK nou doen met die NUWE BLOED VERBOND
VAN YAHUSHUA HA MASCHIACH!
Wees gewaarsku wolwe: Julle sal ontbloot word. MY skape sal julle name ken en
julle planne. EK, YAHUVEH, sien en ken elke persoon met die hart van ‘n
wreedaardige wolf. EK, YAHUVEH, en YAHUSHUA HA MASHIACH alleen is die GOEIE
HERDERS. EK, YAHUVEH, alleen sal julle wolwe beskaam— met julle eie skeppings en
wapens van oorlog. EK, YAHUVEH en YAHUSHUA is die STAF VAN WOEDE wat julle sal
weg-slaan van MY skape & lammers af.
Wees nie mislei nie! EK sal die wolwe doodmaak in MY tydsberekening en hulle nie
net in die hel gooi nie, maar in die Poel van Vuur!
Aan almal wat die vernietiging wil hê van [die goeie in] Amerika & Israel en al
die Christene & die Jode, wat is die prys van jou siel? En EK praat nou met die
hele wêreld. As jy aanhou om dit te doen, dan sal jou siel vir ewig verdoem wees!
As jy wegdraai hiervan— Draai dan na YAHUSHUA HA MASHIACH toe! — Dan sal jy vir
ewig gered wees!
Dit is jou keuse.
Einde van Profesie
Offensief vir Sommiges, Ophelderend vir Ander
Vir die Liefde & Gehoorsaamheid & Heerlikheid
Van YAHUVEH & YAHUSHUA HA MASHIACH.
Gegee aan Apostel, Profeet Elisheva Eliyahu
Eerste ontvang Vrydag 2 November 2001, om 1:50 VM.| Her-lees 20 Maart 2020
In — die jaar was 2001. Profesie 52 was so pas gelees onder ‘n nuwe Salwing. Ek
wil hê julle moet weet, ek wil nie hê dat julle die feite moet vrees wat ek op
die voorblad opgesit het nie. Dit is nou, julle kan vind —as julle wil gaan kyk
onder die “Corona[virus] Heroes & Information” [onder die AmightyWind.com media
afdeling]— julle kan na YAHSTube gaan waar ek ongesensor is. En ons het ‘n hele
bladsy aan hulle opgedra.
En ek wil ook sê hoe lief het ek ‘n ieder en elk wat vir my skryf en vir my sê
hierdie Bediening is ‘n seën vir hulle, en hulle het hul lewens gegee vir
YAHUSHUA HA MASHIACH.
Ek kan nie begin om julle te vertel hoe baie ek julle waardeer deur hierdie jare
wat daar geen man was nie en daar geen mede-leier was nie. Ek kan nie begin om
julle te bedank nie.
Vir julle Joodse Profete, julle manne, ek het julle nodig om aan te hou om na
vore te kom. Ek het my broers in YAHUSHUA MASHIACH nodig om te omring [deur
hulle gebede] en daardie manlike bedekking te wees vir my.
Ek het julle almal lief in YAHUSHUA HA MASHIACH se Naam — vir diegene wat my
sowel as hierdie Bediening beskou as ‘n seën vir hulle.
Amen.
Einde van oorskrywing.
Bid dat julle sal uitvind waar in hierdie wêreld julle ark is en wanneer julle
moet ingaan om die boosheid wat kom te ontvlug. Bid in die Gewyde Naam van
YAHUSHUA— Maria [Miriam] het nie vir haar Joodse baba ‘n Griekse naam "Jesus"
gegee nie. Daar is Salwings-krag in die Naam wat beteken YAHUVEH red: YAHUSHUA.