Shabbat Shalom!
Behar / Op Die Berg
- hierdie week se profetiese leeswerk.


Jeremia 32:6–27;

32

6 En Jeremia het gesê: Die Woord van YAHUVEH het tot my gekom en gesê:
7 Kyk, Hanámeël, die seun van Sallum, jou oom, kom na jou toe met die woorde: Koop vir jou my stuk grond wat in Anatot lê, want jy het die reg van lossing om te koop.
8 En Hanámeël, die seun van my oom, het na my gekom volgens die woord van YAHUVEH in die voorhof van bewaking en vir my gesê: Koop tog my stuk grond wat in Anatot in die land Benjamin lê, want jy het die reg van besit en jy het die lossing; koop dit vir jou. Toe het ek gemerk dat dit die woord van YAHUVEH was.
9 Daarop het ek van Hanámeël, die seun van my oom, die stuk grond gekoop wat in Anatot lê, en vir hom die geld afgeweeg: sewentien sikkels silwer.
10 En ek het dit in die brief geskrywe en dit verseël en getuies geneem en die geld afgeweeg op ‘n weegskaal.
11 Toe het ek die koopbrief geneem, die verseëlde een—volgens voorskrif en wetlike bepalinge—en die oop een,
12 en die koopbrief aan Barug, die seun van Nería, die seun van Magséja, gegee voor die oë van Hanámeël, die seun van my oom, en voor die oë van die getuies wat die koopbrief onderteken het; voor die oë van al die Jode wat in die voorhof van bewaking gesit het;
13 en ek het aan Barug voor hulle oë bevel gegee en gesê:
14 So spreek YAHUVEH Tzva'ot van die leërskare, die ELOHIM van Israel: Neem hierdie briewe, hierdie koopbrief, die verseëlde een sowel as hierdie oop brief, en sit hulle in ‘n erdepot, dat hulle baie dae kan bly bestaan.
15 Want so sê YAHUVEH-Tzva'ot van die leërskare, die ELOHIM van Israel: Daar sal weer huise en gronde en wingerde in hierdie land gekoop word.
16 En nadat ek die koopbrief aan Barug, die seun van Nería, gegee het, het ek tot YAHUVEH gebid en gesê:
17 Ag, YAHUVEH, ELOHIM, kyk, U het die hemel en die aarde gemaak deur U grote krag en deur U uitgestrekte arm; geen ding is vir U te wonderbaar nie.
18 U wat guns bewys aan duisende en die ongeregtigheid van die vaders vergeld in die skoot van hulle kinders ná hulle; die grote, die geweldige ELOHIM, wie se Naam is YAHUVEH-Tzva'ot van die leërskare,
19 groot van raad en magtig van daad, wie se oë oop is oor al die weë van die mensekinders om aan elkeen te gee volgens sy weë en die vrug van sy handelinge;
20 wat tekens en wonders gedoen het in Egipteland, tot vandag toe, in Israel sowel as onder die mense, en vir U ‘n Naam gemaak het soos dit vandag is,
21 en U volk Israel uitgelei het uit Egipteland deur tekens en wonders en deur ‘n sterke hand en ‘n uitgestrekte arm en deur ‘n groot verskrikking,
22 en aan hulle vaders met ‘n eed beloof het om aan hulle te gee, ‘n land wat oorloop van melk en heuning;
23 en hulle het gekom en dit in besit geneem, maar nie na U stem geluister en in U Wet nie gewandel nie; alles wat U hulle beveel het om te doen, het hulle nie gedoen nie. Daarom het U al hierdie onheil oor hulle laat kom.
24 Kyk, die walle het gekom tot by die stad, om dit in te neem; en die stad is oorgegee in die hand van die Chaldeërs wat daarteen veg, vanweë die swaard en die hongersnood en die pes. Ja, wat U gespreek het, het gebeur; en kyk, U sien dit!
25 En tog het U, YAHUVEH ELOHIM, self aan my gesê: Koop vir jou die stuk grond vir geld en neem getuies, terwyl die stad in die hand van die Chaldeërs oorgegee is!
26 Toe het die Woord van YAHUVEH tot Jeremia gekom en gesê:
27 Kyk, EK is YAHUVEH, die ELOHIM van alle vlees; sou enige ding vir MY te wonderbaar wees?

Mattheus 21:33–46;

33 Luister na ‘n ander gelykenis: Daar was ‘n sekere huisheer wat ‘n wingerd geplant het; en hy het ‘n heining daarom gesit en ‘n parskuip daarin gegrawe en ‘n wagtoring gebou, en hy het dit aan landbouers verhuur en op reis gegaan.
34 En toe die vrugtetyd nader kom, stuur hy sy diensknegte na die landbouers om sy vrugte te ontvang.
35 Maar die landbouers het sy diensknegte geneem en een geslaan en ‘n ander een doodgemaak en ‘n ander een gestenig.
36 Weer het hy ander diensknegte gestuur, meer as die eerstes, en hulle het met dié net so gemaak.
37 Oplaas het hy sy seun na hulle gestuur en gesê: Hulle sal my seun ontsien.
38 Maar toe die landbouers die seun sien, het hulle onder mekaar gesê: Dit is die erfgenaam; kom laat ons hom doodmaak en sy erfdeel in besit neem.
39 En hulle het hom geneem en buitekant die wingerd uitgewerp en doodgemaak.
40 Wanneer die eienaar van die wingerd dan kom, wat sal hy met daardie landbouers doen?
41 Hulle antwoord HOM: Die slegte mense—hy sal hulle ‘n slegte dood laat sterwe en die wingerd verhuur aan ander landbouers wat hom die vrugte op die regte tyd sal gee.
42 YAHUSHUA sê vir hulle: Het julle nooit in die Skrifte gelees nie: Die steen wat die bouers verwerp het, dit het ‘n hoeksteen geword. HY het van YAHUVEH gekom en is wonderbaar in ons oë?
43 Daarom sê EK vir julle: Die Koninkryk van ELOHIM sal van julle weggeneem en aan ‘n volk gegee word wat die vrugte daarvan sal dra.
44 En hy wat op hierdie steen val, sal verpletter word; maar elkeen op wie hy val, dié sal hy vermorsel.
45 En toe die owerpriesters en die Fariseërs SY gelykenisse hoor, het hulle begryp dat HY van hulle spreek.
46 En hulle het probeer om HOM in hulle mag te kry, maar hulle was bang vir die skare, omdat dié HOM vir ‘n profeet gehou het.