1
1 Die woorde van Jeremia, die seun van Hilkía, uit die priesters wat in
Anatot, in die land Benjamin was,
2 tot wie die woord van YAHUVEH gekom het in die dae van Josía, die seun van
Amon, die koning van Juda, in die dertiende jaar van sy regering,en gekom het in
die dae van Jójakim, die seun van Josía, die koning van Juda, tot die einde van
die elfde jaar van Sedekía, die seun van Josía, die koning van Juda, totdat
Jerusalem ontvolk is in die vyfde maand.
4 Die woord van YAHUVEH het dan tot my gekom en gesê:
5 Voordat EK jou in die moederskoot gevorm het, het EK jou geken; en voordat jy
uit die liggaam voortgekom het, het EK jou geheilig; EK het jou tot ‘n profeet
vir die nasies gemaak.
6 Toe het ek gesê: Ag, Here YAHUVEH, voorwaar, ek kan nie praat nie, want ek is
jonk.
7 Maar YAHUVEH het vir my gesê: Moenie sê: Ek is jonk nie; want na wie EK jou
ook al stuur, moet jy gaan; en wat EK jou ook al beveel, moet jy spreek.
8 Wees vir hulle nie bevrees nie, want EK is met jou om jou uit te red, spreek
YAHUVEH.
9 Toe het YAHUVEH SY hand uitgestrek en my mond aangeroer; en YAHUVEH het vir my
gesê: Hiermee lê EK MY Woorde in jou mond.
10 Kyk, EK stel jou vandag aan oor die nasies en oor die koninkryke om uit te
ruk en om te gooi en te vernietig en te verwoes, om te bou en te plant.
11 Verder het die woord van YAHUVEH tot my gekom en gesê: Wat sien jy, Jeremia?
En ek antwoord: Ek sien ‘n amandeltak.
12 Toe sê YAHUVEH vir my: Jy het goed gesien, want EK is wakker oor MY Woord om
dit te volbring.
13 En die Woord van YAHUVEH het vir die tweede keer tot my gekom en gesê: Wat
sien jy? En ek antwoord: Ek sien ‘n kokende pot wat van die noorde af kyk.
14 Toe sê YAHUVEH vir my: Van die noorde af sal die onheil losbreek oor al die
inwoners van die land.
15 Want kyk, EK roep al die geslagte van die koninkryke van die noorde, spreek
YAHUVEH; en hulle sal kom, en hulle sal elkeen sy troon neersit by die ingang
van die poorte van Jerusalem en teen al sy mure rondom en teen al die stede van
Juda.
16 En EK sal MY oordele oor hulle uitspreek, weens al hulle boosheid; dat hulle
MY verlaat het en vir ander gode rook laat opgaan het en hulle voor die werke
van hulle hande neergebuig het.
17 Jy dan, omgord jou heupe en maak jou klaar en sê aan hulle alles wat EK jou
sal beveel; wees nie vir hulle verskrik nie, dat EK jou nie vir hulle laat skrik
nie.
18 Want kyk, EK maak jou vandag ‘n versterkte stad en ‘n ysterpilaar en
kopermure teen die hele land: teen die konings van Juda, teen sy vorste, teen sy
priesters en teen die volk van die land.
19 En hulle sal teen jou veg, maar jou nie oorwin nie; want EK is met jou,
spreek YAHUVEH, om jou uit te red.
*~ Jeremia Hoofstuk 2 ~*
1 En die Woord van YAHUVEH het tot my gekom en gesê:
2 Gaan en roep uit voor die ore van Jerusalem en sê: So spreek YAHUVEH: EK
onthou die geneentheid van jou jeug, die liefde van jou bruidstyd, toe jy agter
MY aan geloop het in die woestyn, in ‘n onbesaaide land.
3 Israel was vir YAHUVEH ‘n heiligheid, die eerstelinge van sy opbrings; almal
wat hom opeet, sal skuld op hulle laai, onheil sal oor hulle kom, spreek
YAHUVEH.
1 Petrus 3:8-4:19;
8 En eindelik, wees almal eensgesind, medelydend, vol broederliefde en
ontferming, vriendelik.
9 Vergeld geen kwaad met kwaad of skeldwoorde met skeldwoorde nie, maar seën
inteendeel, omdat julle weet dat julle hiertoe geroep is, sodat julle seën kan
beërwe.
10 Want wie die lewe wil liefhê en goeie dae wil sien, moet sy tong bewaar vir
wat verkeerd is, en sy lippe dat hulle geen bedrog spreek nie.
11 Hy moet afwyk van wat verkeerd is, en doen wat goed is; hy moet vrede soek en
dit najaag.
12 Want die oë van YAHUVEH is op die regverdiges en SY ore tot hulle gebed, maar
die aangesig van YAHUVEH is teen die kwaaddoeners.
13 En wie is dit wat julle kwaad sal aandoen as julle navolgers is van die goeie?
14 Maar as julle ook moet ly ter wille van die geregtigheid, salig is julle. En
vrees hulle glad nie, en wees nie ontsteld nie.
15 Maar heilig YAHUVEH ELOHIM in julle harte en wees altyd bereid om
verantwoording te doen aan elkeen wat van julle rekenskap eis omtrent die hoop
wat in julle is, met sagmoedigheid en vrees;
16 met behoud van ‘n goeie gewete, sodat in die saak waarin hulle van julle
kwaad spreek soos van kwaaddoeners, húlle beskaam mag word wat julle goeie
lewenswandel in Christus belaster.
17 Want dit is beter, as die wil van ELOHIM dit eis, dat julle ly wanneer julle
goed doen as wanneer julle kwaad doen.
18 Want Christus het ook eenmaal vir die sondes gely, HY die Regverdige vir die
onregverdiges, om ons tot ELOHIM te bring—HY wat wel gedood is na die vlees,
maar lewend gemaak deur die Gees;
19 in wie HY ook heengegaan en gepreek het vir die geeste in die gevangenis,
20 wat eertyds ongehoorsaam was toe die lankmoedigheid van ELOHIM een maal gewag
het in die dae van Noag, onderwyl die ark gereed gemaak is, waarin weinig, dit
is agt, siele deur water heen gered is;
21 waarvan die teëbeeld, die doop, ons nou ook red, nie as ‘n aflegging van die
vuilheid van die vlees nie, maar as ‘n bede tot YAHUVEH om ‘n goeie gewete—deur
die opstanding van YAHUSHUA MESSIAS
22 wat heengegaan het na die hemel en aan die regterhand van YAHUVEH is, terwyl
engele en magte en kragte aan HOM onderwerp is.
*~ 1 Petrus Hoofstuk 4 ~*
1 Omdat Christus dan vir ons na die vlees gely het, moet julle jul ook wapen met
dieselfde gedagte, dat wie na die vlees gely het, opgehou het met die sonde,
2 om die orige tyd in die vlees nie meer volgens die begeerlikhede van die mense
te leef nie, maar volgens die wil van ELOHIM.
3 Want dit is genoeg dat ons die afgelope lewenstyd die wil van die heidene
volbring het deur te wandel in ongebondenheid, begeerlikheid, dronkenskap,
brasserye, drinkpartye en ongeoorloofde afgoderye.
4 Daarom vind hulle dit vreemd as julle nie saamloop in dieselfde uitgieting van
losbandigheid nie, en hulle laster.
5 Hulle sal rekenskap gee aan HOM (ELOHIM) wat gereed staan om die lewende en
die dode te oordeel.
6 Want daarom is ook aan die dode die evangelie verkondig, sodat hulle wel
geoordeel kan word na die mens in die vlees, maar lewe na ELOHIM in die gees.
7 En die einde van alle dinge is naby; wees dan ingetoë en nugter, om te kan
bid.
8 Maar bo alles moet julle mekaar vurig liefhê, want die liefde sal ‘n menigte
sondes bedek.
9 Wees gasvry jeens mekaar sonder om te murmureer.
10 Namate elkeen ‘n genadegawe ontvang het, moet julle mekaar daarmee dien soos
goeie bedienaars van die veelvuldige genade van ELOHIM.
11 As iemand spreek, laat dit wees soos woorde van YAHUVEH; as iemand dien, laat
dit wees soos uit die krag wat ELOHIM verleen, sodat YAHUVEH in alles verheerlik
kan word deur YAHUSHUA MESSIAS, aan WIE die heerlikheid en krag toekom tot in
alle ewigheid. Amen.
12 Geliefdes, verbaas julle nie oor die vuurgloed van vervolging onder julle wat
tot julle beproewing dien, asof iets vreemds oor julle kom nie;
13 maar namate julle gemeenskap het aan die lyde van Christus, moet julle bly
wees, sodat julle ook by die openbaring van SY Heerlikheid met blydskap kan
jubel.
14 As julle beledig word oor die Naam van Christus, is julle gelukkig, omdat die
Gees van die Heerlikheid en van ELOHIM op julle rus. Wat hulle betref, word HY
wel gelaster; maar wat julle betref, word HY verheerlik.
15 Want niemand van julle moet ly as moordenaar of dief of kwaaddoener of as een
wat hom met die sake van ‘n ander bemoei nie.
16 Maar wanneer iemand as ‘n Christen ly, moet hy hom nie skaam nie, maar ELOHIM
verheerlik in hierdie opsig.
17 Want die tyd is daar dat die oordeel moet begin by die huis van YAHUVEH. En
as dit eers by ons begin, wat sal die einde wees van die wat aan die evangelie
van ELOHIM ongehoorsaam is?
18 En as die regverdige nouliks gered word, waar sal die goddelose en die
sondaar verskyn?
19 So laat dan ook die wat volgens die wil van YAHUVEH ly, hulle siele aan HOM
as die getroue Skepper toevertrou met goeie dade.