6
1 Verder het YAHUVEH met Moses gespreek en gesê:
2 As iemand sondig en ontrou handel teen YAHUVEH deurdat hy teenoor sy naaste
ontken dat iets aan hom toevertrou of as pand gegee is of deur hom geroof is, of
dat hy sy naaste iets afgepers het,
3 of dat hy iets gekry het wat weg was, en dit ontken; of dat hy vals sweer ten
opsigte van enigiets wat ‘n mens kan doen om hom daarmee te besondig
4 as hy dan sondig en skuldig word, moet hy teruggee wat hy deur roof ontvreem
of deur afpersing verkry het, of wat aan hom toevertrou was, of verlore goed wat
hy gevind het;
5 of alles waaroor hy vals gesweer het: hy moet daar ten volle vergoeding voor
gee en nog die vyfde deel daarvan byvoeg; aan hom aan wie dit behoort, moet hy
dit gee op die dag as hy boete doen.
6 En hy moet van die kleinvee, na jou skatting, as boete aan YAHUVEH ‘n ram
sonder gebrek as skuldoffer na die priester bring.
7 Dan moet die priester vir hom versoening doen voor die aangesig van YAHUVEH,
en dit sal hom vergewe word enigiets wat ‘n mens doen, sodat hy daardeur skuldig
word.
8 Verder het YAHUVEH met Moses gespreek en gesê:
9 Gee bevel aan Aäron en sy seuns en sê: Dit is die wet van die brandoffer: Dit,
die brandoffer, moet op sy vuurherd op die altaar die hele nag lank tot die môre
toe bly, en die altaarvuur moet daardeur aan die brand gehou word.
10 En die priester moet sy linnekleed aantrek, en die linnebroek moet hy oor sy
vlees aantrek; dan moet hy die as wegneem waartoe die vuur die brandoffer op die
altaar verteer het, en dit langs die altaar uitgooi.
11 Daarna moet hy sy klere uittrek en ander klere aantrek, en die as buitekant
die laer op ‘n rein plek uitbring.
12 En die vuur op die altaar moet daardeur aan die brand gehou word, dit mag nie
doodgaan nie; maar die priester moet elke môre daaroor hout aan die brand steek
en die brandoffer daaroor reglê en die stukke vet van die dankoffers daaroor aan
die brand steek.
13 Vuur moet gedurigdeur op die altaar aan die brand gehou word; dit mag nie
doodgaan nie.
14 En dit is die wet van die spysoffer: Die seuns van Aäron moet dit voor die
aangesig van YAHUVEH voor die altaar bring,
15 en een moet daarvan ‘n handvol neem, van die spysoffer se fynmeel met die
olie, en al die wierook wat op die spysoffer is, en hy moet op die altaar die
gedenkoffer daarvan aan die brand steek as lieflike geur vir YAHUVEH.
16 En wat daarvan oorbly, moet Aäron en sy seuns eet; ongesuurd moet dit geëet
word op ‘n heilige plek; in die voorhof van die tent van samekoms moet hulle dit
eet.
17 Dit mag nie gesuurd gebak word nie; as hulle deel het EK dit van my
vuuroffers gegee. Hoogheilig is dit soos die sondoffer en die skuldoffer.
18 Almal wat manlik is onder die seuns van Aäron, mag dit eet. Dit is ‘n ewige
insetting vir julle geslagte uit die vuuroffers van YAHUVEH. Alles wat daaraan
raak, word heilig.
19 Verder het YAHUVEH met Moses gespreek en gesê:
20 Dit is die offer van Aäron en sy seuns wat hulle aan YAHUVEH moet bring op
die dag as hy gesalf word: die tiende van ‘n efa fynmeel as voortdurende
spysoffer; die helfte daarvan in die môre en die helfte in die aand.
21 Dit moet op ‘n plaat met olie berei word; deurmekaargeroer moet jy dit bring;
in gebakte brokkies moet jy die spysoffer bring as lieflike geur vir YAHUVEH.
22 Ook moet die priester wat uit sy seuns in sy plek gesalf word, dit berei, as
‘n ewige insetting. Dit moet geheel en al vir YAHUVEH aan die brand gesteek
word.
23 So moet dan elke spysoffer van ‘n priester ‘n voloffer wees; dit mag nie
geëet word nie.
24 Verder het YAHUVEH met Moses gespreek en gesê:
25 Spreek met Aäron en sy seuns en sê: Dit is die wet van die sondoffer: Op die
plek waar die brandoffer geslag word, moet die sondoffer voor die aangesig van
YAHUVEH geslag word. Dit is hoogheilig.
26 Die priester wat dit as sondoffer bring, moet dit eet; op ‘n heilige plek
moet dit geëet word, in die voorhof van die Tent van Samekoms.
27 Alles wat aan die vleis daarvan raak, word heilig; en as daar van die bloed
op ‘n kledingstuk spat, moet jy die stuk waar dit op spat, op ‘n heilige plek
was.
28 En ‘n erdepot waar dit in gekook is, moet stukkend gebreek word; maar as dit
in ‘n koperpot gekook is, moet dit geskuur en met water afgespoel word.
29 Almal wat manlik is onder die priesters, mag dit eet; dit is hoogheilig.
30 Maar elke sondoffer waarvan ‘n deel van die bloed in die Tent van Samekoms
gebring word, om in die Heiligdom versoening te doen, mag nie geëet word nie;
dit moet met vuur verbrand word.
*~ Levitikus Hoofstuk 7 ~*
1 En dit is die wet van die skuldoffer: dit is hoogheilig.
2 Op die plek waar hulle die brandoffer slag, moet hulle die skuldoffer slag, en
hy moet die bloed rondom teen die altaar uitgooi.
3 En hy moet al die vet daarvan offer: die vetstert en die vet wat oor die
binnegoed lê,
4 en die twee niere en die vet daarop wat aan die lendene is, en die lap aan die
lewer by die niere moet hy dit wegneem.
5 En die priester moet dit op die altaar aan die brand steek as vuuroffer aan
YAHUVEH; dit is ‘n skuldoffer.
6 Almal wat manlik is onder die priesters, mag dit eet. Op ‘n heilige plek moet
dit geëet word; dit is hoogheilig.
7 Soos die sondoffer, so die skuldoffer; een wet geld vir hulle die priester wat
daardeur versoening doen, aan hom kom dit toe.
8 En die priester wat die brandoffer van iemand bring die vel van die brandoffer
wat hy gebring het, aan die priester, aan hom kom dit toe.
9 En elke spysoffer wat in die oond gebak word, en alles wat in die pan of op
die bakplaat berei is, aan die priester wat dit offer, aan hom kom dit toe.
10 En elke spysoffer, met olie gemeng of droog, aan al die seuns van Aäron kom
dit toe, aan die een so goed as aan die ander.
11 En dit is die wet van die dankoffer wat hulle aan YAHUVEH bring:
12 Ingeval hy dit as lofoffer bring, moet hy by die lofoffer bring: ongesuurde
koeke met olie gemeng en ongesuurde platkoeke met olie bestryk en fynmeel wat as
koeke deurmekaargeroer is, met olie gemeng;
13 saam met koeke van gesuurde brood moet hy sy offergawe by sy lofdankoffer
bring.
14 En hy moet daarvan, een koek van elke gawe, as offergawe aan YAHUVEH bring;
aan die priester wat die bloed van die dankoffer uitgooi, aan hom kom dit toe.
15 Maar die vleis van sy lofdankoffer moet geëet word op die dag as hy dit
bring; daarvan mag hy niks tot die môre laat lê nie.
16 En as die offer wat hy bring, ‘n gelofte of vrywillige offer is, moet dit
geëet word op die dag as hy sy offer bring; en op die volgende dag, dan kan
geëet word wat daarvan oorbly.
17 Maar wat van die offervleis oorgebly het, moet op die derde dag met vuur
verbrand word.
18 En as daar van die vleis van sy dankoffer op die derde dag iets geëet word,
sal dit vir hom wat dit bring, nie met welgevalle aangeneem word nie; dit sal
hom nie toegereken word nie; ‘n onrein iets sal dit wees, en diegene wat daarvan
eet, moet sy ongeregtigheid dra.
19 En die vleis wat aan iets onreins raak, mag nie geëet word nie; met vuur moet
dit verbrand word. Maar wat verder die vleis betref elkeen wat rein is, mag
vleis eet.
20 Maar die een wat vleis eet van die dankoffer wat YAHUVEH toekom, terwyl sy
onreinheid aan hom is, dié siel moet uit sy volksgenote uitgeroei word.
21 En as iemand aan iets onreins raak, aan die onreinheid van ‘n mens of aan ‘n
onrein dier of aan enige onrein verfoeisel, en dan eet van die vleis van die
dankoffer wat YAHUVEH toekom, dié siel moet uit sy volksgenote uitgeroei word.
22 Verder het YAHUVEH met Moses gespreek en gesê:
23 Spreek met die kinders van Israel en sê: Géén vet van ‘n bees of skaap of bok
mag julle eet nie.
24 Maar die vet van aas en die vet van wat verskeur is, kan vir allerhande werk
gebruik word, maar jy mag niks daarvan eet nie.
25 Want elkeen wat vet eet van die vee waarvan hulle aan YAHUVEH ‘n vuuroffer
bring, diegene wat dit eet, moet uit sy volksgenote uitgeroei word.
26 Ook mag julle géén bloed van voëls of van vee in enigeen van julle woonplekke
eet nie.
27 Elkeen wat maar enigsins bloed eet, dié siel moet uit sy volksgenote
uitgeroei word.
28 Verder het YAHUVEH met Moses gespreek en gesê:
29 Spreek met die kinders van Israel en sê: Hy wat aan YAHUVEH sy dankoffer
bring, moet self aan YAHUVEH die gawe uit sy dankoffer bring;
30 sy hande moet die vuuroffers van YAHUVEHE bring: die vet met die bors moet hy
bring; die bors, om dit as beweegoffer voor die aangesig van YAHUVEH te beweeg.
31 En die priester moet die vet op die altaar aan die brand steek, maar die bors
kom Aäron en sy seuns toe.
32 Julle moet ook die regterboud aan die priester as hefoffer gee uit julle
dankoffers.
33 Hy wat uit die seuns van Aäron die bloed van die dankoffers en die vet offer,
aan hom kom die regterboud as deel toe.
34 Want die beweegbors en die hefboud het EK van die kinders van Israel uit
hulle dankoffers geneem en dit aan Aäron, die priester, en aan sy seuns gegee as
‘n deel wat hulle vir ewig toekom van die kant van die kinders van Israel.
35 Dit is die aandeel van Aäron en die aandeel van sy seuns uit die vuuroffers
van YAHUVEH, op die dag toe HY hulle laat nader kom het om die priesteramp vir
YAHUVEH te bedien
36 wat YAHUVEH beveel het om hulle te gee van die kant van die kinders van
Israel, op die dag toe HY hulle gesalf het. Dit is ‘n ewige insetting vir hulle
geslagte.
37 Dit is die wet vir die brandoffer, die spysoffer en die sondoffer en die
skuldoffer en die wydingsoffer en die dankoffer
38 wat YAHUVEH Moses by die berg Sinai beveel het, op die dag toe hy die kinders
van Israel in die woestyn Sinai beveel het om hulle offers aan YAHUVEH te bring.
*~ Levitikus Hoofstuk 8 ~*
1 Verder het YAHUVEH met Moses gespreek en gesê:
2 Neem Aäron en sy seuns saam met hom, en die klere en die salfolie en die
sondofferbul en die twee ramme en die mandjie met ongesuurde koeke,
3 en versamel die hele vergadering by die ingang van die Tent van Samekoms.
4 En Moses het gedoen soos YAHUVEH hom beveel het, en die vergadering het
bymekaargekom by die ingang van die Tent van Samekoms.
5 Toe sê Moses aan die vergadering: Dit is die saak wat YAHUVEH beveel het om te
doen.
6 En Moses het Aäron en sy seuns laat nader kom en hulle met water gewas.
7 Daarop het hy hom die rok aangetrek en hom met die gordel gegord en hom die
mantel aangetrek; ook het hy hom die skouerkleed aangetrek en hom gegord met die
band van die skouerkleed en daarmee hom die skouerkleed omgebind.
8 Verder het hy hom die borstas aangeheg en in die borstas die Urim en die
Tummim gesit.
9 En hy het die tulband op sy hoof gesit en aan die tulband, aan die voorkant,
die goue plaat, die heilige kroon, bevestig, soos YAHUVEH Moses beveel het.
10 Toe het Moses die salfolie geneem en die tabernakel en alles wat daarin was,
gesalf en dit geheilig.
11 En hy het daarvan sewe maal op die altaar gesprinkel en die altaar gesalf en
al sy gereedskap, met die waskom en sy voetstuk, om dit te heilig.
12 Daarna het hy van die salfolie op die hoof van Aäron gegiet en hom gesalf om
hom te heilig.
13 Ook het Moses die seuns van Aäron laat nader kom en hulle die rokke aangetrek
en hulle gegord met ‘n gordel en hulle die musse omgebind soos YAHUVEH Moses
beveel het.
14 Daarop het hy die sondofferbul laat aankom, en Aäron en sy seuns het hulle
hande op die kop van die sondofferbul gelê.
15 En Moses het dit geslag en die bloed geneem en daarvan met sy vinger rondom
aan die horings van die altaar gestryk en die altaar ontsondig; maar die orige
bloed het hy aan die onderkant van die altaar uitgegooi. So het hy dit dan
geheilig deur daar versoening voor te doen.
16 Verder het hy al die vet wat aan die binnegoed was en die lap aan die lewer
en die twee niere en hulle vet geneem, en Moses het dit op die altaar aan die
brand gesteek.
17 Maar die bul met sy vel en sy vleis en sy mis het hy buitekant die laer met
vuur verbrand, soos YAHUVEH Moses beveel het.
18 Daarop het hy die brandofferram laat aankom, en Aäron en sy seuns het hulle
hande op die kop van die ram gelê.
19 En Moses het dit geslag en die bloed rondom teen die altaar uitgegooi.
20 Hy het ook die ram in sy stukke verdeel, en Moses het die kop en die stukke
en die vet aan die brand gesteek;
21 maar die binnegoed en die pote het hy met water gewas, en Moses het die hele
ram op die altaar aan die brand gesteek; dit was ‘n brandoffer as lieflike geur,
‘n vuuroffer was dit aan YAHUVEH, soos YAHUVEH Moses beveel het.
22 Daarop het hy die ander ram, die wydingsram, laat aankom; en Aäron met sy
seuns het hulle hande op die kop van die ram gelê.
23 En Moses het dit geslag en van die bloed geneem en dit aan die regteroorlel
van Aäron en aan die duim van sy regterhand en aan die groottoon van sy
regtervoet gestryk.
24 Moses het ook die seuns van Aäron laat nader kom en van die bloed aan hulle
regteroorlel en aan die duim van hulle regterhand en aan die groottoon van hulle
regtervoet gestryk; daarna het Moses die orige bloed rondom teen die altaar
uitgegooi.
25 En hy het die vet geneem met die vetstert en al die vet wat aan die binnegoed
was, en die lap aan die lewer en die twee niere en hulle vet en die regterboud.
26 Ook het hy uit die mandjie met ongesuurde koeke wat voor die aangesig van
YAHUVEH was, een ongesuurde koek geneem en een oliebrood koek en een platkoek;
en hy het dit op die stukke vet en op die regterboud neergesit
27 en dit alles op die hande van Aäron en die hande van sy seuns gelê; en hy het
dit as beweegoffer voor die aangesig van YAHUVEH beweeg.
28 Daarop het Moses dit uit hulle hande geneem en dit op die altaar, bo op die
brandoffer, aan die brand gesteek; ‘n wydingsoffer was dit as lieflike geur, ‘n
vuuroffer aan YAHUVEH.
29 Verder het Moses die bors geneem en dit as beweegoffer voor die aangesig van
YAHUVEH beweeg; van die wydingsram het dit aan Moses as deel toegekom, soos
YAHUVEH Moses beveel het.
30 Moses het ook van die salfolie en van die bloed wat aan die altaar was,
geneem en dit op Aäron, op sy klere, sowel as op sy seuns en op die klere van sy
seuns gesprinkel. So het hy dan Aäron, sy klere, sowel as sy seuns en die klere
van sy seuns geheilig.
31 Toe sê Moses vir Aäron en sy seuns: Kook die vleis by die ingang van die Tent
van Samekoms en eet dit daar met die brood wat in die wydingsmandjie is, soos ek
beveel en gesê het: Aäron en sy seuns moet dit eet.
32 Maar wat van die vleis en die brood oorbly, moet julle met vuur verbrand.
33 Ook mag julle sewe dae lank nie by die ingang van die tent van samekoms
uitgaan nie tot op die dag dat die dae van julle wyding verby is; want sewe dae
lank moet julle wyding duur.
34 Soos vandag gedoen is, het YAHUVEH beveel om verder te doen, om vir julle
versoening te bewerk.
35 Julle moet dan by die ingang van die Tent van Samekoms bly, dag en nag, sewe
dae lank; en julle moet die ordening van YAHUVEH hou, dat julle nie sterwe nie;
want so is aan my bevel gegee.
36 En Aäron en sy seuns het al die dinge gedoen wat YAHUVEH deur die diens van
Moses beveel het.
Numeri 19:1-22
1 Verder het YAHUVEH met Moses en Aäron gespreek en gesê:
2 Dit is die wetsinsetting wat YAHUVEH beveel het deur te sê: Spreek met die
kinders van Israel dat hulle vir jou ‘n rooi koei sonder gebrek bring waar geen
liggaamsgebrek aan is, waarop geen juk gekom het nie.
3 En julle moet haar aan die priester Eleásar gee, en hulle moet haar buitekant
die laer uitbring en voor hom slag.
4 En die priester Eleásar moet van haar bloed met sy vinger neem en van haar
bloed sewe maal in die rigting van die voorkant van die Tent van Samekoms
sprinkel.
5 Daarna moet hulle die koei voor sy oë verbrand; haar vel en haar vleis en haar
bloed, saam met haar mis, moet hulle verbrand.
6 En die priester moet sederhout en hisop en skarlakendraad neem en dit binne-in
die brand van die koei gooi.
7 Dan moet die priester sy klere was en sy liggaam in die water bad, en daarna
mag hy in die laer kom; en die priester sal tot die aand toe onrein wees.
8 Ook die een wat haar verbrand het, moet sy klere in die water was en sy
liggaam in die water bad, en hy sal tot die aand toe onrein wees.
9 En ‘n rein man moet die as van die koei bymekaarmaak en buitekant die laer op
‘n rein plek neersit, en dit moet vir die vergadering van die kinders van Israel
bewaar word vir die reinigingswater: dit is ‘n sondoffer.
10 En die een wat die as van die koei bymekaargemaak het, moet sy klere was en
sal tot die aand toe onrein wees. En dit moet vir die kinders van Israel en vir
die vreemdeling wat onder hulle vertoef, ‘n ewige insetting wees.
11 Die een wat aan ‘n dooie, enige lyk van ‘n mens, raak, hy sal sewe dae lank
onrein wees.
12 Op die derde dag en op die sewende dag moet hy hom daarmee ontsondig—dan sal
hy rein wees; maar as hy hom op die derde dag en op die sewende dag nie
ontsondig nie, sal hy nie rein wees nie.
13 Elkeen wat aan ‘n dooie raak, aan die lyk van ‘n mens wat gesterf het, en hom
nie ontsondig nie, verontreinig die Tabernakel van YAHUVEH, en dié siel moet uit
Israel uitgeroei word. Omdat geen reinigingswater op hom uitgegooi is nie, sal
hy onrein wees;sy onreinheid is nog aan hom.
14 Dit is die wet: As iemand in ‘n tent sterwe, sal elkeen wat in die tent kom
en al wat in die tent is, sewe dae lank onrein wees.
15 Ook al die oop goed wat nie met ‘n deksel toegebind word nie, is onrein.
16 En elkeen wat in die oop veld aan iemand raak wat deur die swaard verslaan
is, of aan ‘n dooie of aan ‘n mens se doodsbeen of aan ‘n graf, sal sewe dae
lank onrein wees.
17 Vir die onreine moet hulle dan van die as neem van die sondoffer wat verbrand
is, en daar vars water in ‘n pot op gooi;
18 en ‘n rein man moet hisop neem en dit in die water insteek en op die tent
sprinkel en op al die goed en op die persone wat daar gewees het; ook op hom wat
aan ‘n doodsbeen of aan een wat verslaan is, of aan ‘n dooie of aan ‘n graf
geraak het.
19 En die reine moet die onreine op die derde en op die sewende dag besprinkel
en hom op die sewende dag ontsondig. Dan moet hy sy klere was en hom in die
water bad, en in die aand sal hy rein wees.
20 Maar as iemand onrein word en hom nie ontsondig nie, dan moet dié siel
uitgeroei word uit die vergadering, want hy het die Heiligdom van YAHUVEH
verontreinig: reinigingswater is op hom nie uitgegooi nie, hy is onrein.
21 En dit moet vir hulle ‘n ewige insetting wees. En die een wat die
reinigingswater sprinkel, moet sy klere was; en die een wat aan die
reinigingswater raak, sal tot die aand toe onrein wees.
22 Ja, alles waar die onreine aan raak, sal onrein wees; en die persoon wat aan
hom raak, sal tot die aand toe onrein wees.