1
1 Godspraak. Die Woord van YAHUVEH aan Israel deur die diens van Maleági.
2 EK het julle liefgehad, sê YAHUVEH. Nogtans vra julle: Waarin het U ons
liefgehad? Is Esau nie die broer van Jakob nie? spreek YAHUVEH. Tog het EK Jakob
liefgehad,
3 maar Esau het EK gehaat en sy gebergte ‘n wildernis gemaak en sy erfdeel aan
die jakkalse van die woestyn prysgegee.
4 As Edom sê: Ons is wel verwoes, maar ons sal die puinhope weer opbou—dan sê
YAHUVEH van die Leërskare dit: Laat hulle bou, EK breek dit tog af; en die mense
sal hulle noem: Grondgebied van goddeloosheid, en: Die volk waarop YAHUVEH
vertoornd is tot in ewigheid!
5 En julle oë sal dit aanskou, en julle sal sê: Groot is YAHUVEH oor die gebied
van Israel!
6 ‘n Seun eer die vader, en ‘n kneg sy heer. As EK dan ‘n Vader is, waar is MY
eer? En as EK ‘n Heer is, waar is die vrees vir MY? sê YAHUVEH van die Leërskare
aan julle, o priesters, wat MY Naam verag! Maar julle sê: Waardeur het ons U
Naam verag?
7 Julle bring spys wat verontreinig is, op MY altaar, en dan vra julle: Waardeur
het ons U verontreinig? Deurdat julle sê: Die tafel van YAHUVEH is veragtelik.
8 En as julle ‘n blinde dier bring om te offer, is dit geen kwaad nie! En as
julle ‘n lam of ‘n siek dier bring, is dit geen kwaad nie! Bring dit tog vir jou
goewerneur! Sal hy ‘n welgevalle aan jou hê of jou goedgesind wees? sê YAHUVEH
van die Leërskare.
9 Smeek dan nou tog die aangesig van ELOHIM, dat HY ons genadig kan wees! Sulke
dinge is deur julle gedoen—sal HY dan om julle ontwil goedgesind wees? sê
YAHUVEH van die Leërskare.
10 Ag, was daar maar iemand onder julle wat die deure wou sluit, sodat julle nie
tevergeefs vuur op MY altaar kan aansteek nie! EK het in julle geen welgevalle
nie, sê YAHUVEH van die Leërskare, en in ‘n offer uit julle hand het EK geen
behae nie.
11 Want van die opgang van die son tot sy ondergang toe is MY Naam groot onder
die heidene; en in elke plek word tot eer van MY Naam reukwerk gebring en ‘n
rein offer; want MY Naam is groot onder die heidene, sê YAHUVEH van die
Leërskare.
12 Julle daarenteen ontheilig dit as julle sê: Die tafel van YAHUVEH is
verontreinig, en wat SY opbrings betref—SY spys is veragtelik.
13 En julle sê: Kyk, wat ‘n moeite! En julle verag dit, sê YAHUVEH van die
Leërskare; en julle bring geroofde en lam en siek diere—so bring julle dan die
offer! Kan EK dit met welgevalle uit julle hand aanneem? sê YAHUVEH.
14 Vervloek is ook die bedrieër wat, terwyl daar onder sy kleinvee ‘n manlike
dier is, ‘n gelofte doen en tog iets wat vermink is, aan YAHUVEH offer; want EK
is ‘n groot Koning, sê YAHUVEH van die Leërskare, en MY Naam is gedug onder die
heidene.
*~ Maleagi Hoofstuk 2 ~*
1 En nou, priesters, tot julle kom hierdie gebod.
2 As julle nie gehoor gee nie, en as julle dit nie ter harte neem om MY Naam eer
te bewys nie, sê YAHUVEH van die Leërskare, dan sal EK die vloek onder julle
stuur en julle seëninge in ‘n vloek verander; ja, EK het dit alreeds vervloek,
omdat julle niks ter harte neem nie.
3 Kyk, EK sal julle nakomelingskap bedreig, en EK sal mis op julle gesigte
strooi, die mis van julle feeste; en hulle sal julle na die mishoop dra.
4 En julle sal gewaar word dat EK julle hierdie gebod gestuur het, dat dit MY
verbond kan wees met Levi, sê YAHUVEH van die Leërskare.
5 MY verbond met hom was die lewe en die vrede; en EK het dié aan hom gegee tot
vrees; en hy het MY gevrees en vir MY Naam gebewe.
6 Betroubare regsleer was in sy mond, en onreg is op sy lippe nie gevind nie; in
vrede en opregtheid het hy met MY gewandel, en baie mense het hy van
ongeregtigheid teruggebring.
7 Want die lippe van ‘n priester moet kennis bewaar, en uit sy mond word
onderrig gesoek, want hy is ‘n boodskapper van YAHUVEH van die Leërskare.
Romeine 9:1–13;
3 het HY (YAHUSHUA) Judéa verlaat en weer na Galiléa gegaan.
4 En HY moes deur Samaría gaan.
5 HY kom toe by ‘n stad van Samaría wat Sígar genoem word, naby die stuk grond
wat Jakob aan sy seun Josef gegee het.
6 En die fontein van Jakob was daar. YAHUSHUA het toe, omdat HY moeg was van die
reis, somaar by die fontein gaan sit. Dit was omtrent die sesde uur.
7 Daar kom ‘n vrou uit Samaría om water te skep. YAHUSHUA sê vir haar: Gee vir
MY water om te drink—
8 want SY dissipels het na die stad gegaan om voedsel te koop.
9 En die Samaritaanse vrou sê vir HOM: Hoe is dit dat U wat ‘n Jood is, van my
vra om te drink terwyl ek ‘n Samaritaanse vrou is? Want die Jode hou geen
gemeenskap met die Samaritane nie.
10 YAHUSHUA antwoord en sê vir haar: As jy die gawe van YAHUVEH geken het en
geweet het wie HY is wat vir jou sê: Gee vir MY water om te drink, sou jy HOM
gevra het en HY sou vir jou lewende water gegee het.
11 Die vrou sê vir HOM: Here, U het nie eens ‘n skepding nie, en die put is diep;
waarvandaan kry U dan die lewende water?
12 U is tog nie groter as ons vader Jakob nie, wat die put aan ons gegee het en
self daaruit gedrink het, en sy seuns en sy vee?
13 YAHUSHUA antwoord en sê vir haar: Elkeen wat van hierdie water drink, sal
weer dors kry;
14 maar elkeen wat drink van die water wat EK hom sal gee, sal in ewigheid nooit
dors kry nie, maar die water wat EK hom sal gee, sal in hom word ‘n fontein van
water wat opspring tot in die ewige lewe.