Van Profesie 105 af, het YAHUVEH gesê hierdie moet van nou af op al die Profesieë geplaas word: Elisabeth (Elisheva) EK het jou lank gelede gewaarsku om nie hierdie Bediening na ‘n man of ‘n vrou te vernoem nie, selfs nog voordat daar ‘n Bediening was. EK het dit in jou gees geplaas want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, niks hiervan het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit die Mond van YAHUVEH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van YAHUSHUA jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van die RUACH ha KODESH jou IMMAYAH geboorte gegee. As dit net deur jou hand was sou dit lankal misluk het. Dit is deur die SHKHINYAH GLORIE se Wind wat oor hierdie aarde waai, die Heilige Wind van Herlewing, dit is nie deur jou asem nie, anders sou dit misluk het. “EK is YAHVEH, dit is MY NAAM; en MY EER sal EK aan geen ander gee, of ook MY LOF aan die gesnede beelde nie”. (Jesaja 42:8)
30 Aug, 2024
Hierdie kom uit Profesie 105, YAHUVEH het beveel dat dit op alle Profesieë
bygevoeg moet word van nou af: EK het jou lank gelede gewaarsku Elisabeth
(Elisheva) om nie hierdie Bediening na ‘n man of ‘n vrou te vernoem nie selfs
nog voordat daar ‘n Bediening was. EK het dit in jou gees geplaas want niks
hiervan was deur jou eie toedoen nie, niks hiervan het uit jou mond voortgekom
nie. Dit is uit die Mond van YAHUVEH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van
YAHUSHUA jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van die RUACH HA
KODESH jou IMMAYAH geboorte gegee. As dit net deur jou hand was sou dit lankal
misluk het. Dit is deur die SHKHINYAH HEERLIKHEID se Wind wat oor hierdie aarde
waai, die Heilige Wind van Herlewing, dit is nie deur jou asem nie anders sou
dit misluk het (Jesaja 42:8)
Van Profesie 105 af, het YAHUVEH gesê hierdie moet van nou af op al die
Profesieë geplaas word: Elisabeth [Elisheva], EK het jou lank gelede gewaarsku
om nie hierdie Bediening na ‘n man of ‘n vrou te vernoem nie, selfs nog voordat
daar ‘n Bediening was. EK het dit in jou gees geplaas want niks hiervan was deur
jou eie toedoen nie, niks hiervan het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit
die Mond van YAHUVEH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van YAHUSHUA jou
MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van die RUACH ha KODESH jou IMMAYAH
geboorte gegee. As dit net deur jou hand was sou dit lankal misluk het. Dit is
deur die SHKHINYAH GLORIE se WIND wat oor hierdie aarde waai, die Heilige Wind
van Herlewing, dit is nie deur jou asem nie, anders sou dit misluk het.
Hierdie kom uit Profesie 105, YAHUVEH het beveel dat dit op alle Profesieë
bygevoeg moet word van nou af:
In Julie 2010 het YAHUVEH GOD ook gesê dat die volgende vanuit 2 Kronieke
bygevoeg word voor elke Profesie:
2 Kronieke 36:16
“Maar hulle het die boodskappers van ELOHIEM uitgelag, SY Woorde verag en met SY
Profete gespot totdat die gramskap van YAHUVEH teen SY volk opgekom het, totdat
daar geen genesing meer was nie.”
*******
O, Yisrael, O Yisrael, EK is bedroef. Wat meer moet EK doen, want EK het MY Seun
YAHUSHUA na julle toe gestuur.
* * * * * * *
[Op Band opname]
Elisabeth [Elisheva] sê, "Hmmm."
"Stop, Stop, Stop!" [Sy was aangesê deur YAHUVEH om te stop en ons geestelike
gesag op te neem, eers satan en sy demone weg te bind van hierdie gebied waar
ons woon, alle prinse, kragte, owerhede en heersers in hoë plekke oor hierdie
gebied te bind, in die Naam van YAHUSHUA, sodat hierdie woord nie verhinder sou
word nie.] [Elisabeth (Elisheva) het voortgegaan in Heilige Tale en hierdie is
die gebed wat na vore gekom het onder die salwing.]
"Hierdie is die woord wat aan Yisrael gegee moet word na 'n droom wat die
salwing in my aangewakker het. So ek smeek U, Abba YAHUVEH, omdat U my liefhet,
omdat U my geskape het, U het hierdie lippe en tong geskape, ek sou eerder dat U
my nooit geskape het nie as om my toe te laat om ooit 'n woord vals te profeteer
in U NAAM. So as hierdie waarlik van U is, laat hierdie Woord na vore kom.
Indien nie, laat hierdie Woorde weggaan.
In die Naam van YAHUSHUA ha MASHIACH bid ek. Ek vra U Abba YAHUVEH, in die Naam
van YAHUSHUA, om U hemelse kole op hierdie lippe te plaas. Laat U woorde na vore
kom op 'n manier wat hulle nog nooit vantevore het nie. (Heilige Tale) Heilig,
Heilig, Heilig, ons loof U Abba YAHUVEH en YAHUSHUA."
[Ek het die Woord gestop om na vore te kom, totdat ek die Geestelike gesag
opgeneem het.] O, Heilige, Heilige, Heilige, Abba YAHUVEH, wat is dit wat U wil
sê?"
* * * * * * *
Profesie 81
O, Yisrael! EK, YAHUVEH, Besraf Julle!
O Yisrael, O Yisrael, dit wat 'n appel in MY oog is wat 'n wurm daarin het, EK
besraf julle! EK, YAHUVEH, die een vir wie Abraham, Isak en Jakob aanbid en
hulle gehoorsaam het,
EK, YAHUVEH, BESTRAF JULLE!
Julle sê hoekom is ons geforseer om die land op te gee wat ons voorvaders vir
ons gegee het? EK vra julle hierdie vraag: Wandel julle in Torah? Leef julle in
Torah? Soos julle voorvaders gedoen het?
O, Yisrael, net so seker soos MY Seun YAHUSHUA 'n Judas gehad het wat HOM
verraai het vir 30 stukke silwer, so ook het julle 'n Judas, die een wat vir
julle die sogenaamde padkaart van vrede oorhandig wat net sal eindig in julle
verwoesting, om die weg voor te berei vir dit wat genoem word die antichris, die
anti-Messias.
Mense sê julle is die Heilige Land, maar EK, YAHUVEH sê daar is geen heiligheid
nie. So min van ‘n oorblyfsel het EK wat as’t ware wandel in Torah en leef in
Torah. Julle het 'n Fariseër gees. En EK sê dit vir julle: alhoewel dit nie EK
is wat julle land verdeel nie, maar EK sal die vyand toelaat om dit te doen vir
julle ongehoorsaamheid.
Maar EK sê vir julle dit; EK sweer hierby, by MY EIE Naam, EK, YAHUVEH sweer
hierby. EK sal wraak neem op julle vyande want dit is MY, en MY alleenlike
outoriteit om julle te straf op 'n manier wat EK bepaal het. Hierdie vyande wat
teen julle kom sal die lot hê van ‘n Judas. EK, YAHUVEH, sal genade hê op die
oorblyfsel wat Heilig is, die van julle wat huil, rou en weeklaag terwyl julle
‘n Judas verraad sien, die van julle wat pleit vir die land, vir Jerusalem, die
van julle wat die man van sonde bestraf en verafsku. Die van julle wat MY Naam
aanroep in MY Seun YAHUSHUA se Naam, EK sal genade hê en EK sal julle seën.
Julle is nie bestem vir MY woede nie.
Maar julle o Amerika en die ander nasies wat by julle aansluit, wat dit waag om
aan te raak wat EK vir julle gesê het om nie aan te raak nie, om te verdeel wat
EK vir julle gesê het om nie te verdeel nie, julle sal die lot van ‘n Judas ly.
Julle sal die dag berou wat julle die 30 stukke silwer na Yisrael se kant toe
gegooi het. Want soos julle die land verdeel, soos julle die een omkoop om die
land te verdeel so sal EK julle ook verdeel op elke manier. 2005 was net 'n
voorbeeld. Julle weet nie, verstaan ook selfs nie, die verskrikking wat EK in
julle rigting laat kom nie reguit uit die Hemel gestuur deur geen mens nie! O
Yisrael, O Yisrael, hoe lank sal jy nog teen MY veg? EK ken die spesifieke dag
wanneer jy jou wil sal neerlê vir MY. O, maar wat 'n bloedige pad sal julle moet
deúrreis totdat MY SEUN YAHUSHUA kom en julle sal skree, "Geseënd is HY wat kom
in die Naam van YAHUSHUA ha MASHIACH!"
Maar tot daardie dag, o wat 'n bloedige pad sal julle moet deúrreis. Die dooies
is oral rond, na links en na regs, huilend en weeklaend vir die verskrikking wat
kom in die nag. Julle het van beter geweet, julle het van beter geweet, en
steeds het julle gedoen wat EK julle beveel het om nie te doen nie. Julle het
die omkoopgeld aanvaar, simbolies genoem die 30 stukke silwer. EK bedek MY
aangesig elke keer wat EK hoor na Yisrael word verwys as, Yisrael die Heilige
land. EK soek ver en wyd en daar is slegs 'n oorblyfsel wat Heilig genoem kan
word voor MY en hulle is diegene wat ween en weeklaag, want hulle sien wat
gebeur met hulle land.
Aborsie en homoseksualiteit, pornografie, hoerery, afgodery behoort geen deel te
hê in julle nie. Keer-op-keer sien EK die Fariseër gees regeer julle steeds.
Julle, o Yisrael het 'n vorm van goddelikheid en hoeveel Goddelikheid is
binne-in? EK, YAHUVEH, bestraf julle en EK tugtig julle en dit het maar net eers
begin.
Bose Rabbis wat nie ‘n Rabbi is nie, maar hulle waag dit om hulself Rabbis te
noem, het 'n vorm van goddelikheid maar geen Goddelikheid van binne nie. Hulle
het geen vrees vir MY, YAHUVEH, of MY Seun YAHUSHUA of vir die prys wat HY
betaal het op Golgota nie. Hulle is net geskik vir die vuur van MY vernietiging.
EK het 'n oorblyfsel, so min van 'n oorblyfsel. Hulle sidder selfs vir die naam
Rabbi, want hulle is nederig voor MY en hulle is diegene wat MY behaag wat sê
daar is maar een Rabbi, en SY naam is YAHUSHUA ha MASHIACH.
O Yisrael, EK kyk oor julle land en hoeveel daarvan is Torah-loos. Wetteloosheid
is volop en julle wonder hoekom? Julle vrees julle vyande van die wêreld meer as
wat julle MY, YAHUVEH, vrees. Julle het diegene toegelaat wat julle Rabbi noem
om MY Gewyde Naam te steel, om julle te leer, "Moenie daardie Naam aanroep nie,
julle is nie waardig om die Naam van die Skepper aan te roep nie!" Julle het
hulle leuens geglo maar EK stuur MY Diensmaagd Profeet om nou vir julle te sê,
"Moenie hierdie leuens glo nie!" Roep MY aan in MY Naam, YAHUVEH weereens en
gebruik die Naam van YAHUSHUA, om by MY troon uit te kom. Julle is toegelaat om
MY Naam te ken. Watter kind ken nie die Vader se Naam nie? Glo nie hierdie
leuens nie. Daar is gesalfde Krag in MY Naam en EK sal julle uitroepe hoor en
antwoord wanneer julle kom na MY toe in MY Heilige SEUN YAHUSHUA se Naam!
Lees julle eie Skrifte. Hoeveel keer sê EK vir julle om uit te roep in MY Naam
en EK sal julle verlos? Vra julleself wie is dit wat ons sou leer dat ons nie
waardig is om die Naam van die Skepper aan te roep nie? Hierdie was die duiwel
se leerstellings se leuens vir julle geleer deur julle eie Rabbis. Bestraf
hierdie leuens. EK is nie G-d nie. EK is nie L-rd nie. Toe julle MY Naam
uitgevee het, het julle gesondig en MY Naam ydelik gebruik. EK is YAHUVEH. Hoe
julle dit ookal uitspreek (YAHVEH, YAHUVEH), ten minste erken julle MY Naam. EK
daag julle uit sê vir MY waar het EK vir julle gesê in julle Heilige Skrifte
julle is nie waardig om MY Naam aan te roep nie? MY Naam is nie Ha Shem (die
naam) nie. MY Naam is nie net Adonai (Here) nie!
EK is YAHUVEH, Skepper van alles. MY Naam word nie as God gespel nie. Hierdie is
etikette en titels aan MY gegee deur julle Rabbis en vertalers van die skrifte,
wat begeer om MY Naam weg te laat deur dit te spel as YHVH of YHWH. EK het vir
elke mens 'n naam gegee. EK is YAHUVEH, EK het 'n Naam. Bewys dat julle MY
liefhet en MY vertrou deur MY Gewyde Naam te gebruik. Het Koning Dawid nie MY
Naam aangeroep vir bevryding nie? Lees julle nie julle eie Psalms nie? Wat
belowe Psalm 91 as jy MY Naam aanroep? O Yisrael so baie is by julle gesteel,
selfs terwyl die Heilige Boeke herskryf was om MY Naam uit te laat. Neem terug
wat gesteel was, en kyk wanneer julle uitroep na MY, YAHUVEH, in MY SEUN
YAHUSHUA se Naam, EK julle nie vinnig sal bevry van julle vyande nie.
O Yisrael, O Jerusalem, YAHUSHUA ha MASHIACH MY SEUN was gestuur uit die Hemel,
gebore uit 'n Hebreeuse maagdelike meisie. YAHUSHUA is 'n Jood en HY het
geprofeteer in julle land, en het wonderwerke gedoen en die blindes het gesien,
die verlamdes het geloop, die dowes het gehoor, die stommes het gepraat,
melaatses was gereinig, siekes was genees, die dooies het opgestaan, alles in
julle land, o Yisrael. YAHUSHUA het onderrig in julle eie Tempels op Shabbat, al
die Heilige Feeste gehou, want sien julle nie dat YAHUSHUA gesimboliseer word in
al daardie Heilige Feeste nie?
YAHUSHUA het ontelbare wonderwerke gedoen in julle land. Hy het onderrig en is
die Lewende Torah soos HY geprofeteer het. YAHUSHUA het gelewe en was
tereggestel selfs al was HY sondeloos, ter wille van hierdie wêreld. YAHUSHUA
het verrys uit die dood opgestaan uit 'n graf in Yisrael nadat HY SY Heilige
Bloed vergiet het uit oor julle land terwyl mense uitgeroep het, "Kruisig HOM"
by Golgota. YAHUSHUA het vir julle gebid met SY sterwens asem, "Abba vergewe
hulle, hulle weet nie wat hulle doen nie." Daarom sal EK genade hê oor julle
land, o YISRAEL, o Jerusalem. Terwyl YAHUSHUA se hande vasgespyker was aan 'n
boom met ysterpenne in SY hande ingedryf, het HY meer marteling en pyniging
deurstaan as wat ‘n blote mens kan verdra.
EK, YAHUVEH, het julle land gekies o Yisrael, om geboorte te gee aan die enigste
MESSIAS van hierdie wêreld. Dit is hoeveel EK, YAHUVEH, julle liefhet en julle
begunstig o Yisrael. YAHUSHUA se bloed sal julle Yisrael weerhou om heeltemal
verwoes te word en dit weerhou om heeltemal van die aangesig van die kaart
afgevee te word alhoewel selfs die Naam van YAHUSHUA die meerderheid van Jode
daardie Naam verafsku en SY Goddelikheid verloën. YAHUSHUA se are en slagare is
uitgesprei regoor Yisrael. YAHUSHUA het SY lewensbloed uitgespuit wat die grond
binnegedring het by Golgota en geestelik nou die vier hoeke van hierdie aarde
bereik. EK, YAHUVEH, het julle gekies, o Yisrael, van al die nasies in die
wêreld om hierdie te doen. Vir wie ookal kan glo en MY Seun YAHUSHUA sal ontvang
as die enigste Heilige Bloed Offer vir die kwytskelding van sondes. YAHUSHUA is
die enigste Middelaar voor MY, YAHUVEH.
YAHUSHUA is die enigste Heilige Bloed versoening wat EK sal aanvaar. Vir diegene
wat weier dat hierdie gestorte Bloed hulle sondes wegwas, diegene wat YAHUSHUA
se sondelose Bloed weier terwyl HY tereggestel was in die plek van 'n sondaar,
julle sal geoordeel word deur Moshe (Moses) wat geen genade oor julle sal hê
wanneer julle sê dat YAHUSHUA nie waardig is om die Seun van YAHUVEH genoem te
word nie en om julle Mashiach te wees nie en julle het gedink om 'n Jood genoem
te word en die Torah te volg is genoeg om jou siel te red. Dwase mense, weet
julle nie daar is niemand perfek wat hierdie aarde bewandel het buiten MY Seun
YAHUSHUA nie. Totdat Yisrael weereens uitroep ‘Hosanna’ tot YAHUSHUA en HY
regeer as Koning van Konings, sal daar geen ware vrede wees nie totdat Yisrael
erken YAHUSHUA is MY, YAHUVEH se enig Verwekte Seun, gebore uit ‘n maagdelike
Joodse diensmaagd, geheel en al sondeloos. En YAHUSHUA is alles wat HY
geprofeteer het en alles wat geprofeteer was deur die profete van ouds
voorspellend van SY koms.
YAHUSHUA se hartklop pols dwarsdeur Yisrael, SY are en slagare dra die enigste
Heilige Bloed offer wat die stank van sonde wegwas regoor die wêreld, vir
diegene wat sal erken dat EK YAHUSHUA gestuur het in MY, YAHUVEH se Naam om die
enigste MASHIACH te wees.
O Yisrael, daar is geen kwytskelding van sonde sonder 'n bloedoffer nie. Waar is
julle bloedoffer? Dink julle regtig 'n dier sal weer genoeg wees? O Yisrael, o
Jerusalem, kan julle nie sien daar sal geen ware vrede wees nie. Die vrees,
geweeklaag en bloed sal aanhou vloei van julle land totdat jy die Judasse
bestraf wat ook kom in die vorm van politici en bose Fariseers, bose Rabbis, met
'n vorm van goddelikheid maar met geen Goddelikheid van binne nie. Yisrael,
pasop vir die koms van die seun van satan, hy is die seun van verderf wat sal
kom met sy vals vrede en sal lieg vir julle wanneer julle dink vrede het
uiteindelik gekom, nou kan julle jul waaksaamheid verslap. In plaas daarvan
vertrou die enigste Prins van Vrede en aanvaar die enigste sondelose
bloedversoening wat EK vir julle gegee het deur MY SEUN YAHUSHUA by Golgota.
Daar is geen redding, geen ware vrede vir julle nie o Yisrael, tot julle nie
langer die nuwe BloedVerbond verwerp wat EK vir julle gegee het deur YAHUSHUA
nie, aangesien YAHUSHUA die enigste Heilige MASHIACH (Messias) is! Die ou
bloedverbond kan nie julle siel red van die Hel nie. Die ou bloedverbond was net
daar tot die vasgestelde tyd wanneer daar 'n beter, nuwe bloedbedekking verbond
sou wees. O Yisrael, moenie langer gelykvormig wees aan ander nasies se beeld
oor wat sonde is nie. In plaas daarvan wees soos ‘n Koning Dawid weereens. Loof
MY, YAHUVEH, verneder julself en bekeer van julle sondes in MY SEUN YAHUSHUA se
Naam. Moenie op enige nasie vertrou om julle te red van vernietiging nie, want
julle sal seerlik teleurgestel word.
As gevolg van die verbond wat EK gemaak het met Abraham en MY SEUN YAHUSHUA, sal
EK julle land genees wanneer julle bekeer voor MY, YAHUVEH, en weer terugdraai
om die wette te volg van Torah wat Moshe (Moses) vir julle gegee het op die berg
Sinai. Staan vir Heiligheid selfs al spot die wêreld julle. O Yisrael, moenie
die Profete stenig, of in die tronk gooi of die Profete doodmaak wat EK vir
julle sal stuur om julle te bestraf nie. In plaas daarvan wees dankbaar dat EK
julle lief genoeg het om julle te tugtig en julle te waarsku voordat EK MY woede
loslaat op diegene wat weier om gehoorsaam te wees en wie MY vyande is.
Julle klaagmuur is deurdrenk met trane en is geweek in gebede smekend om genade.
Julle vyande omring julle aan alle kante. Nou het diegene wat julle mislei het
julle oorreed om Jood teen Jood te draai, selfs om mekaar dood te maak, mekaar
uit te sit uit julle huise en lande, verloënend teenoor mekaar. Julle hardloop
weg van julle Goliatte in plaas daarvan om na MY te draai soos Koning Dawid
gedoen het as 'n skaapwagterseun. EK kan julle nie seën, totdat julle nie staan
vir Heiligheid nie. O Yisrael, EK maak hierdie belofte aan julle en herinner
julle deur hierdie diensmaagd van MY. Julle sal neergevél word, maar nie totaal
vernietig nie. O Yisrael en Jerusalem, julle sal verbysterd wees maar nie
verlaat nie. EK, YAHUVEH sal vir julle hoop stuur wanneer dit lyk of daar geen
uitkoms is nie. EK, YAHUVEH sal julle tugtig maar nie verlaat nie. Julle sal
vertrap word deur die heidene, maar julle sal weer verrys tot groter
heerlikheid. Soos in die tyd van Moses, sal EK diegene seën wat my gehoorsaam en
seën, en diegene vervloek wat verontagsaam en MY, YAHUVEH vervloek.
Hierdie wêreld sal sien wanneer MY woede uitgestort word in hierdie eindtye, dat
EK diegene sal wegsteek wat weggesteek is in MY SEUN YAHUSHUA. Al die plae wat
uitgestort was in die tyd van Moses sal uitgegiet word in 'n groter maat oor MY
vyande uit MY, YAHUVEH se hande. Daar sal steeds weer martelaars wees soos die
apostels en profete van ouds, en al diegene wat Heilig is, wie se bloed gevloei
het destyds selfs soos dit nou steeds doen in verskeie dele van die wêreld, want
MY Heiliges sal nooit ‘n kompromie aangaan of ontken dat YAHUSHUA die enigste
MASHIACH en MY enig Verwekte SEUN is nie gestuur uit die Hemel om te heers en
regeer. O Yisrael, EK het jou 'n beker van sidderende verskrikking gemaak vir
die wêreld en hulle sal daarvan drink. Die vyande kners hulle tande vir julle en
ontbloot hulle kloue vir julle, afgunstig op alles waarmee EK, YAHUVEH, julle
land geseën het. Julle vyande tel die aantal dae voor hulle sal probeer om julle
te plunder en julle mans, vrouens, en kinders dood te maak sonder genade.
Weer sê EK EK het 'n eed gesweer EK sal julle nooit verlaat of versaak nie, EK
sal en EK het begin om julle te tugtig totdat julle staan vir Heiligheid en sê,
"Geseënd is HY wie kom in die Naam van die Here YAHUSHUA HA MASHIACH." Dan sal
EK, YAHUVEH, julle verdedig o Yisrael direk uit die Hemel, en die wêreld sal
sien, net soos in die tyd van Moshe (Moses) kon niemand, behalwe EK, YAHUVEH,
hulle bevry uit die hand van die vyand nie en so sal dit weer wees. Daar is 'n
geheime goue kis genoem die Verbonds Ark wat geheimenisse van ouds bevat in
julle land, o Yisrael. Die Ark wat niemand sal aanraak nie behalwe die wat EK
voortbestem het wat waarlik Heilig is voor MY, YAHUVEH. satan wil vernietig wat
in daardie goue kis is, want daar is 'n gesalfde krag behou in die voorwerpe
binne-in daardie goue kis. satan stuur sy seun genaamd anti-messias om die Ark
te soek en te vernietig.
Van al die nasies in die wêreld het EK jou gekies o Yisrael om weg te steek wat
beskerm was totdat dit benodig word. In die hele wêreld het EK julle gekies o
Yisrael en Jerusalem, om vir MY Lof, Eer en Heerlikheid te bring. EK, YAHUVEH,
het YAHUSHUA ha MASHIACH se Heilige bloed gekies om te drup en in te vloei in
die grond in en bo-oor die Versoendeksel en dit is in Yisrael waar EK satan sy
finale hou sal toedien. Hierdie Geheime kis bevat die staf wat die Rooisee
verdeel het onder ander wonderbaarlike voorwerpe soos die Manna uit die Hemel.
Die Verbonds Ark is 'n duplikaat van dit wat in die Hemel is. EK sê dit vir
julle nou as 'n waarskuwing soos in die tye van ouds, dink nie dat net enige
iemand sal leef wat hierdie kis aanraak nie genoem die Verbonds Ark, mits hulle
vooraf bestem was om waardig genoeg te wees om dit aan te raak en dit oop te
maak.
Bestudeer julle Skrifte en sien alleenlik met baie gebed en lofprysing en
Heilige hande gewas in MY Seun YAHUSHUA se Bloed kan Die Verbonds Ark oopgemaak
word en dit sal weereens gebruik word op 'n vasgestelde en voorafbepaalde tyd.
Net soos in die tyd van Moshe (Moses), sal dit gebruik word om YAHUVEH se volk
te bevry op 'n manier, in 'n tyd wat julle nie dink vir MY, YAHUVEH, en YAHUSHUA
alle Lof, Eer en Heerlikheid sal bring nie. O Yisrael, weet julle toe die
Romeinse soldate YAHUSHUA se klere afgestroop het en SY kledingstukke verdeel
het soos gesê word in die Tanakh, “Hulle het MY klere onder mekaar verdeel en
oor my gewaad het hulle die lot gewerp." (Johannes 19:24)
“En hulle het vir mekaar gesê: laat ons dit nie skeur nie, maar laat ons die lot
daaroor werp, om te sien wie s'n sal dit wees." O Yisrael, sien julle nie net
soos die Romeinse soldate YAHUSHUA se klere verdeel het, so ook word julle land
verdeel en Rome het 'n hand daarin agter die skerms. Net soos daar oor YAHUSHUA
se kleed gedobbel was, sal die een met die hoogste bod om julle land te verdeel
julle blootlê en verraai vir die hele wêreld om te sien.
O Yisrael, EK stuur altyd MY Profete om te waarsku voor die Oordeel kom. Julle
was gewaarsku hierdie dag maar net die Heilige oorblyfsel sal luister en
gehoorsaam. Vir wie ookal roep tot MY, YAHUVEH, in die Naam van YAHUSHUA ha
MASHIACH, wie ookal sal bekeer, wegdraai van hulle sonde en vir MY, YAHUVEH, om
vergifnis vra, MY liefhet en gehoorsaam, glo en MY en MY SEUN se Godheid ontvang
sodat YAHUSHUA jou enigste middelaar kan wees voor MY. Want HY alleen is waardig
om te kom voor MY in SY Naam. Moenie probeer om MY Hemelse troon te nader sonder
YAHUSHUA se Naam nie. Moenie kom in julle geregtigheid nie maar kom eerder
geklee in SY klere van geregtigheid. Dan sal EK hoor en julle gebede beantwoord
en julle sal van die Hel se vuur gered wees.
O Yisrael en o Jerusalem, julle, wat kies om doof te bly, EK, YAHUVEH, herhaal
MYSELF keer-op-keer vir julle onthalwe. Word nou wakker, want die tyd is laat.
EK sê nie vir julle om oor te skakel na Christendom nie want selfs hulle sien
YAHUSHUA net gedeeltelik. Hulle het die belangrikheid verloën om die Joodsheid
te onderrig van YAHUSHUA. Hulle het die salwing verloën in die spreking van
YAHUSHUA en MY Heilige Name. Hulle het MY Sabbatte verloën, MY Heilige Feeste en
Heilige Dae, diegene wat hulleself Heilige Christene noem en tog moet leer om
die Joodsheid te omhels wat EK in julle geplaas het met en deur Abraham, Jakob
en Isak se saad.
O Yisrael en Jerusalem, word nou wakker uit jul sluimerende slaap. Dit was as
gevolg van julle hardkoppigheid, en terwille van die Heidene, dat EK jul oë
toegemaak het, maar die tyd het nou gekom, maak julle oë wawyd oop, ontbloot
diegene wat bose leuens vertel.
‘n Aanstoot vir sommiges, ophelderend vir ander in die Naam van YAHUSHUA ha
MASHIACH.
* * * * * * *
Geliefde Familie, voel asseblief vry om die profesieë te kopieer en ons te help
om die nasies van hierdie wêreld te bereik, veral Yisrael en Jerusalem. Alle
nasies van hierdie wêreld word geaffekteer deur dit wat gebeur in Yisrael. Al
wat Elisabeth [Elisheva] vra is laat die boodskap asseblief onveranderd, selfs
haar persoonlike notas.
Elisabeth [Elisheva] weet name word nie gewoonlik alles in hoofletters geskryf
nie, maar die RUACH ha KODESH het vir haar gesê dat die name van ons SKEPPER en
MESSIAS apart gestel en anders geskryf moet word, om die gewydheid en respek te
toon vir HULLE name. Uit respek vir dit wat aan haar gesê was, doen asseblief
dieselfde wanneer julle die profesieë vertaal.
Elisabeth [Elisheva] maak verskoning vir die lang tyd wat dit geneem het om die
profesieë gepubliseer te kry, maar daar was 'n prys om te betaal vir profesie 80
en 81. Dit was 'n geveg teen satan, maar as gevolg van julle gebede en
ondersteuning in die Naam van YAHUSHUA, het ons die oorwinning gekry oor daardie
geveg. Alle Lof, Eer en Heerlikheid aan YAHUVEH en YAHUSHUA ha MASHIACH.
Omdat ek beide 'n biologiese Jood is van my biologiese ma en pa en 'n Geestelike
Jood deur die gestorte Bloed van YAHUSHUA. Het ek 'n liefde vir Yisrael en
Jerusalem en die Joodse volk, selfs al weet ek die meeste in Yisrael sal my haat
vir hierdie woord. Ek is maar net 'n Profeet, gestuur deur YAHUVEH om SY woorde
voort te spreek en ek doen dit met ontsag en bewing. Enige ware profeet wat dit
nie doen nie, bevraagteken ek… hoe kan hulle 'n Heilige Profeet wees?
Ek bid dat ek nie een woord uitgelaat het of een bygevoeg het nie, en lewer nou
hierdie profetiese boodskap en vra al diegene wat Yisrael en Jerusalem liefhet
om hierdie te kopieer en te plaas op hulle webwerwe. Ons het al ortodokse Jode
en Moslems gekry wat YAHUSHUA aanvaar het as MASHIACH en jy weet nooit wanneer
ons saad saai wat sal groei tot pragtige vrugte van Redding nie. Hierdie
profetiese boodskap het gekom na 'n droom oor my en die 12 stamme van Israel.
Dit sal so gou as moontlik gepubliseer word. Die boodskap het na vore gekom op
24 Januarie 2006 maar YAHUVEH het gesê moet dit nog nie vrystel nie want HY was
nie klaar nie. Op 7 Februarie 2006 het YAHUVEH weer begin profeteer en dit was
die voortsetting van hierdie profesie.
N.S. Dringend. 'n Profeet 'n broer in YAHUSHUA het vir my geskryf verlede jaar
uit Jerusalem en vir my gesê hy neem die profesieë wat aan my gegee was regoor
Israel en waarsku mense. Ek het nooit ‘n kans gehad om hierdie man te bedank
nie, en ek wil dit nou doen. Ek is so jammer dat ek nie in staat was om vir jou
terug te skryf nie want ek het jou e-pos adres verloor. Ek ken nie jou naam nie,
maar ek wil hê jy moet weet dat ek regtig dankbaar is en jy is in my gebede en
dat jy my weer sal e-pos.
Ek het gebid vir 'n Hebreeuse vertaler om die Engelse profetiese boodskappe in
Hebreeus te vertaal. Gedurende gebed, het YAHUSHUA my vertel dat HY alreeds die
vertaler gestuur het wat hierdie kon doen en YAHUSHUA het my aan jou herinner.
Stuur asb weer vir my 'n e-pos. Ek het geen twyfel dat hierdie Broer 'n lid van
die Bruid van YAHUSHUA is nie. Indien enige iemand wat hier lees weet van iemand
wat Hebreeus vlot kan praat en skryf sodat die profesieë wat aan Yisrael gegee
is opgeteken kan word in Hebreeus, stuur dan aseblief vir my 'n e-pos so vinnig
as moontlik: Contact Us Ek het geen twyfel daar is sommige van die Bruid van
YAHUSHUA wat woon in Israel en veral Jerusalem.
Kom asseblief na vore, want die tyd is nou so kort om Yisrael te bereik. Ons is
'n asemteug weg van die Groot Verdrukking. Asseblief, lede van die Bruid van
YAHUSHUA, stem saam met my in gebed dat hierdie man weer vir my sal skryf, en
dat 'n Hebreeuse vertaler na vore sal kom. Hierdie jaar moet ons oë nie op
onsself wees nie, maar op Yisrael. Bruid van YAHUSHUA, bid asseblief vir die
vrede van Yisrael en Jerusalem, op 'n nuwe manier. Bid dat die Prins van Vrede
YAHUSHUA ha MASHIACH, weereens sal kom.
Apostel Elisabeth Elijah (Elisheva Eliyahu)
7 Februarie 2006 om 5:00 nm.
*******
E-POSSE ONTVANG I/S: PROFESIEË 80 EN 81:
*******
Hi sus,
Het net ‘n bybel gevat en wou sommige daarvan uitlig om vir iemand te gee. En ek
het dit oopgemaak by Openbaring 14:14-20. Hier praat dit oor dit wat jy gehoor
het. Die Parskuip van God se toorn. Saam met die groot oes. En voor dit dat
YAHUSHUA SY bruid gereed het en verseël. So ons is op die punt om die plae te
sien kom oor hierdie wêreld, onverdun. Dit alles ontvou, want die antichris is
nie ver nie.
L
*******
Seëninge vir jou huishouding,
Ek moet vir jou sê dat ek vir ‘n groter salwing gebid het vanoggend van Profesie
81 en toe ek ‘n bemiddelings gebed gehad het vir iemand anders vanmiddag het die
salwing so sterk oor my gekom dat dit geklink het asof ‘n ander stem uit my kom
met trane! Wow dit was oorweldigend maar meer as welkom en ek is gereed om te
doen wat Yahu’weh en YAHUSHUA vir my het om te doen.
Shabbat Shalom.
Michelle
*******
Liewe Sus,
Ek het so pas die Profesieë 81 & 80 gelees en ek wil en moet jou laat weet dat
hierdie soos ‘n bevestiging is vir jou. 2 weke gelede op ons Sabbat Samekoms het
ons gebid en terwyl ons bid het ek die salwing gevoel soos ek dit vir ‘n rukkie
nie gevoel het nie. En dit was oor Israel en Jerusalem en Haman(S). Hulle is
dieselfde vyand in ‘n nuwe vorm. Maar die naam staan vir dieselfde ding. En ek
het geweet dat die komende Purim ‘n feesviering behoort te wees dat net soos
Haman nie geseëvier het nie, so sal Hamas ook nie seëvier nie.
L……’n Lid van die Bruid in (Holland)
*******
Geliefde suster Elisabeth (Elisheva),
Ek bid vir jou gesondheid en welstand. Ek het so pas die nuutste Profesieë
gelees van jou webblad. Profesie 80 is baie versekerend en kom ons bid vir die
vrede van Israel! Wanneer ek die profesieë lees, kry ek die gevoel van die
teenwoordigheid van ons hemelse vader YAHUVEH! Dit voel so goed.
Baie liefde in YAHUSHUA,
Stephen
*******
Shalom in Yeshua!!!
Die inhoud van 80 en 81, Het RUACH HaKodesh my reeds laat bid!!! HalleluYAH!!!
Broer Tito
*******
Shabbat Shalom in Yeshua!!!
Wow!!! Ek het die Shofar geblaas soos ek gesê het vir jou en jou familie, en vir
YHVH om ‘n Vyand te wees vir ons vyande. Ek weet nie of ek flou geword het nie
en of YHVH deur RUACH my platgeslaan het grond toe nie, maar ek het inderdaad
grond toe gegaan!!!
HalleluYAH!!!
*******
Shalom Elisabeth (Elisheva),
Dankie dat jy die droom deel “Elisabeth (Elisheva) en die “Wok” i/s: olywe in
die gaarmaak proses. Dit val bymekaar op die bodem. Die getroue bruid genaamd
“Israel”
Wat ingedagte opgekom het oor die olywe, ja ek stem saam die olywe
verteenwoordig die 12 stamme van Israel.
Hierdie 12 stamme is die oorblyfsel van YAHUVEH wat getrou is en sy gebooie
gehoorsaam, en die getuienisse het van Yahushua. Dit is nie die Israel (sekulêr)
wat ons vandag dink nie. Die ware Israel is die gelowiges wat wandel en sy stem
hoor. Hulle is die getroue bruid sonder kreukels en vlekke. Wanneer al 12 stamme
bymekaar kom soos een. Sal dit baie kragtige en groter salwing word in die
eindtyd voor Yahushua terugkom. Yahushua sal nie terugkom voordat die 12 stamme
bymekaar kom nie. Daar is baie reiniging nodig om gedoen te word tussen die
gelowiges. O laat ons ontslae raak van ons kreukels en vlekke om gereed te maak
vir ons komende bruidegom, Yahushua.
John Davies
*******
Hi Elisabeth (Elisheva),
Miskien is dit tyd vir die Twee Getuies om herken te word of geroep te word deur
Yahuveh. Ons moet bid siende dat die salwing oor hierdie mense kan kom en Satan
mag dalk baie kwaad wees. Ons het die heiliges nodig om te bid vir die Getuies
se beskerming. Hulle word op die uiteinde geprofeteer om doodgemaak te word maar
weer opgewek na drie dae.
Dit is tyd om vir jou ‘n artikel te stuur oor Elijah en die Profete van Baal.
Dit is baie insiggewend. Ek het dit nie geskryf nie, maar dit het my hart geroer
nou reeds vir baie jare.
Ek stuur dit uit oor nuusgroepe elke nou-en-dan.
Ek is eenstemmig met die Yahushua wat die 12 stamme bymekaar bring deur
Elisabeth (Elisheva). Daar sal sommige helpers wees hierin. Ek het die
versugtinge in my gees gehad om die ‘Verlore Tien Stamme’ te verbind met die
webblad Kosher for Gentiles wat reeds onder konstruksie is. Ek het gewag vir
bevestiging op my webblad en vir Yahushua om my te help om dit te bou. Dit is al
meer as 1 jaar terwyl ek wag vir ‘Sy tydsberekening.’ Ek glo ek moet eers
gereinig word voor hierdie gebeur. Ons moet almal geduldig wees en soos Koning
David sê, “wag vir Yahuveh se Tydsberekening.”
Die bestraffing mag wees omdat Juda nie die 10 stamme toegelaat het om terug te
kom nie omdat hulle soos die gelykenis van die Verlore Seun (10 stamme) gaan
hoereer het agter ander gode aan (Christenskap) en het Heidene geword, hulle is
in die proses van terugkering na die Vader se huis (Torah) en die getroue seun
(Juda) wat tuisbly is jaloers op die terugkerende seun en verwerp hom as deel
van die Familie (Israel). Juda het geweier om Ephraim te laat huis toe kom.
Ephraim se iedere poging was deur Juda beskou as nog ‘n poging van vervangings
teologie of dispensasionalisme.
Tweedens, ewenwel soos die 12 hoofde van die stamme (die broers) vir Josef
(Ephraim) verkoop het as slaaf (sonde) en Josef toe tweede in bevel gekom het om
te heers oor die regerende ryk (Amerika) toe hy homself aan hulle gewys het aan
sy broer (Juda) het hulle hom (Ephraim) nie herken nie totdat hy homself aan
hulle openbaar het. Yahuveh het hulle oë geopen en toe was die Familie herenig.
Ek sal die Jode moet insluit, aangesien hulle nuuskierig sal wees oor Gentiles
and Kosher.
Michelle
*******
Liewe Elisabeth (Elisheva),
Daar was ‘n bose gees wat my gebind en weerhou het van lofprysing en gebed en
het gaandeweg by die punt gekom om nie instaat te wees om die Naam van YAHUVEH
en YAHUSHUA te spreek nie. Ek het gewag vir SY perfekte tydsberekening om
hiervan bevry te word, en toe ek eers die nuutste profesieë 80 & 81 gelees het
is ek VRY!!!!! Loof YAHUVEH, YAHUSHUA en RUACH HA KODESH!!!!!
Gespreek onder die salwing van die RUACH HA KODESH Deur Apostel Elisheva Eliyahu op 7 Februarie 2006 - 5:00 nm.
Profesie 88 Ek YAHUVEH Speel Met My Vyande!!
EK IS YAHVEH, dit is MY NAAM; en MY EER sal EK aan geen ander gee, of ook MY LOF
aan die gesnede beelde nie. (Jes 42:8)
In Julie 2010 het YAHUVEH GOD beveel om ook hierdie gedeelte, uit 2 Kronieke, by
te voeg voor elke Profesie:
2 Kronieke 36:16
“maar hulle het die Boodskappers van ELOHIEM uitgelag, SY Woorde verag en met SY
Profete gespot totdat die gramskap van YAHUVEH teen SY volk opgekom het, totdat
daar geen genesing meer was nie.”
(skrifaanhalings vanuit : Woord en Getuienis bybel vertaling, behalwe wanneer
anders aangedui
Asook die volgende in Julie 2016:
Wee oor enige een wat dit waag om te probeer om hierdie twee gesalfdes seer te
maak. Jy sal spyt wees oor die dag wat jy gebore is. Moenie my gesalfdes aanraak
nie, en moet ook nie hierdie twee Profete probeer seermaak nie (sien Psalm
105:15; 1 Kron. 16:22). Dit sal beter vir jou wees as ek, ABBA YAHUVEH jou tong
uitgeskeur het!
* * * * * * *
[Hierdie Profesie was op band opgeneem en is geskryf presies soos wat dit
opgeneem is.15 minute van intense oorlogstale het voortgekom, voordat hierdie
woord na vore gekom het]
* * * * * * *
En dit is ‘n waarskuwing aan die vyand! Julle sluip in op haar, terwyl sy
(Elisabeth [Elisheva]) slaap. Julle dink dat EK haar nie sal wakker maak nie. Al
is julle onsigbaar, is julle nie onsigbaar vir MY nie! Sy praat nie julle taal
nie; O, maar EK YAHUVEH praat julle taal. Julle probeer haar doodmaak, waar ‘n
mens se hande nie aan jou kan raak nie.
O, maar EK, YAHUVEH kan aan jou raak. Julle sal ‘n prys vir dit betaal. EK
bespot jou, EK tormenteer julle nou, want julle sal jul eie stem en jul eie taal
oor die lug hoor, en julle sal sê, “Hoe kan sy ons taal ken? Hoe kon sy weet dat
dit ek was wat haar aangeval het?” Dit is nie sy wat weet nie, dit is die
Skepper van ALLES wat weet!
O vyand van MY, jy kan niks doen waarvan EK nie weet nie. Sy weet ook net dit
waarvan EK haar vertel, niks meer nie, niks minder nie, sy is slegs maar ‘n
onskuldige baba en EK is die Vader wat haar leer. Sy het ‘n Messias, sy het
iemand wat tussenbeide tree, sy het ‘n Bloed versoening, dit is MY Seun
YAHUSHUA! Waar is julle s’n?
Julle is bestem vir die hel! Julle is bestem vir die Poel van Vuur! Julle kruip
onsigbaar in deur die geestelike ryk, sluip in om die onskuldige een, soos sy
gelê het, dood te maak. Dit is EK, HA, HA, HA, dit is EK wat julle bespot!
Terwyl sy daar lê, is dit EK wat haar laat hoor dat jy inkruip. Dit is EK wat
vir haar gesê het, “Elisabeth [Elisheva], luister”, al was sy vas aan die slaap,
is dit EK wat gesê het, “Die volgende keer wat jy jou mond oopmaak, sal jy in ‘n
taal praat wat jy nie ken nie, ‘n taal wat jy nog nooit gehoor het nie, maar dit
sal EK wees wat ‘n oordeel sal voortspreek aan die onsigbare vyand wat probeer
om jou dood te maak.”
EK speel maar net met julle (vyand) om julle te wys dat dit EK, YAHUVEH is wat
alle dinge weet, sodat EK jou net genoeg tou sal gee om jouself op te hang.
Julle sal doodgaan op Haman se galg! EK het die bedekking vermeerder, sy het nie
gewoon nie [lewe]. O, hulle roep uit, hulle wil maar net 'gewoon' wees, maar
daar is niks gewoons nie, omdat daar niks gewoon is omtrent hierdie ministerie
nie, daar is niks gewoons omtrent diegene wat EK beveel het om te beskerm en te
verdedig nie.
So hardloop, hardloop, hardloop! Sommige van julle sal lewe en sommiges sal
vanaand doodgaan, maar hierdie boodskap sal teruggeneem word, terwyl julle eie
taal oor die lug gehoor gaan word. EK gaan aan ander profete die interpretasie
van hierdie taal gee. Julle sal geskok wees.
Julle sien, elke keer wat julle haar aanval, elke keer wat julle een van die 5
wyses aanval, wat die 5 wyse maagde simboliseer, elke keer wat julle een van MY
Bruid aanval (Openbaring 14 en Openbaring 7), sal daar geen plek wees vir jou om
weg te kruip nie. EK lag vir julle (Katah, katah, katah, Heilige taal wat gehoor
word), julle is slegs waardig om geoordeel te word, slegs waardig vir
verdoemenis. Die van julle wat die vyand is van hierdie Diensmaagd, van hierdie
ministerie, van MY Bruid, julle is slegs waardig vir MY verdoemenis en dit sal
die Hel wees, julle sal in die Poel van Vuur woon!
Einde van die waarskuwing.
* * * * * * *
[Elisabeth (Elisheva) se kommentaar op die audioband:
Ek het n nag gehad - “net spasie en tyd nodig gehad”, so, het 'n nag met rus en
vrede gehad. Dit was ‘n rustige tyd met YAHUSHUA, dit was ‘n tyd om te lag en te
speel, iets wat [ek] lank laas gedoen het, ons eie ding gedoen – uiteindelik
gaan slaap na intense geestelike aanvalle, vroeër die dag. Ek was so vas aan die
slaap as wat ‘n mens kan wees en skielik hoor ek hoe iemand ons deur oopmaak,
die handvatsel van die deur wat oopgaan. Ek onthou ek was deur die slaap en het
toe gesê, ‘Iemand het nou net ingekom. Iemand het nou net die deur oopgemaak',
maar ek was vas aan die slaap, terwyl ek dit gesê het.
Maar al was ek aan die slaap, was ek bewus daarvan dat ek iets van YAHUVEH begin
hoor het. En YAHUVEH het begin sê, “Jy gaan nou praat in ‘n taal van die vyand
wat die deur oopgemaak het. Wag net.” Ek was nog steeds aan die slaap gewees en
HY sê toe, “Wag net. Die volgende keer wat jy jou mond gaan oopmaak, sal jy in
‘n taal praat wat jy nog nooit tevore gehoor het nie.” En dit is presies wat toe
gebeur het. Dit is al wat ek weet. Ek kon (in ‘n visioen) sien dat mense besig
was om te hardloop en ek kon oordeel en vuur sien. Hulle was bang gewees omdat
hulle geweet het dat hulle ontdek was, en hulle het ook geweet dat daar nie ‘n
manier was dat ek kon weet dat hulle daar was nie.
Dit is al wat ek onthou, behalwe dat ek weet daar is iets baie belangrik omtrent
die woord “katah”. HY het vir my gesê dat iemand hierdie taal gaan erken, of dat
iemand die gawe van vertaling gaan gee, omdat daar meer betrokke is, as waarvan
ons nou weet. Dit is wat ek wou sê. Ek wil net byvoeg, voordat ek hardop, in
daardie tale, met my mond begin praat het, het die eienaardigste ding gebeur...YAHUVEH
het dat ek in daardie tale, op die vyande in die Gees, geskreeu het. Ek het
gehoor hoe die tale in die geestelike ryk op die vyand skree, voordat ek fisies
daartoe in staat was om dit met my mond vry te stel. HY (YAHUVEH) was baie kwaad,
en op een stadium het HY my hand geneem, en ek onthou dit, omdat ek al voorheen
dit in die Gees gedoen het. Ook eenkeer, fisies dit gedoen, en dit het soos ‘n
warrelwind begin maak, en ek het dit geroer, “vinniger, vinniger, vinniger,
vinniger, vinniger.” En HY het gesê, “Dit is hoe dit sal wees vir die vyande wat
hierdie ministerie aanval.” Hulle het ons finansies ook aangeval, en tog sê
YAHUVEH…(Elisabeth [Elisheva] begin weer in tale bid, en toe kom die volgende
woorde na vore… ) ”]
* * * * * * *
Seëninge, Seëninge, Seëninge oor almal wat ‘n gebeds bedekking vir hierdie
ministerie is. Julle het gewonder wat verkeerd was, omdat Elisabeth (Elisheva)
se stem stil geraak het, na die laaste profesie. Hoe min van julle het vir haar
geskryf, omdat julle in vrees was. Die ander briewe was gesteel, so sy kon nie
die aanmoediging hoor nie. Hoeveel van julle het MY stem gehoor en het probeer
om ‘n donasie vir hierdie ministerie te gee? Julle kredietkaarte was geblokkeer.
Hoekom het nie een van julle probeer uitvind hoekom dit so was nie?
Julle was nie daartoe in staat om hierdie ministerie by te staan nie, soos julle
voorheen gedoen het nie. Hoekom loop julle nie die ekstra myl nie? Hoekom sê
julle nie, “Daar moet ‘n ander manier wees?” Weet julle nie dat die kragte in
hierdie wêreld daarop uit is om haar te verwurg nie? Sy het geweier om ‘n
belasting vrystelling status aan te neem, sy het ook geweier om as profeet, stil
te bly.
Julle sê hierdie ministerie beteken so baie vir julle. Julle kan nie wag vir die
volgende woord nie, maar hoekom het nie een van julle, behalwe ‘n paar mense,
die ekstra myl geloop en gesê, “Is daar ‘n ander manier waarop ons die finansies
by jou kan kry?”
Nou praat EK met diegene vir wie EK vertel het om te gee, en julle finansies het
weer teruggekom na julle toe. Mense sal nou skatte in jou skoot gooi. Hulle sal
saamgeskud, afgedruk wees en oor mekaar hardloop om skatte te gee. Dit is EK,
YAHUVEH wat ‘n bevel gegee het dat jy ‘n helper moet wees, wanneer een deur toe
is, soek altyd vir ‘n ander deur, omdat julle weet dat die woorde wat na vore
kom, van MY af is.
Julle weet hierdie ministerie is vir die ‘Laaste Kans Bestemming.’ Net soos jy
‘n seën vir hierdie ministerie is, so sal EK ook ‘n seën vir jou wees. Die van
julle wat ‘n vervloeking vir hierdie ministerie is, wie geluister het, maar niks
gedoen het om te help nie, wie daarop gevoed het en geestelik gegroei het en nog
steeds van geen hulp was nie. EK spreek nou na vore, vanuit hierdie boodskap,
julle word verantwoordelik gehou.
Daar is meer as een manier om die finansies by haar te kry. Julle sien dat hulle
in ‘n ander land is. Julle sien hoe hulle iets doen wat julle moes gedoen het.
Maar julle wil nie die gemak van julle huise opgee nie, ook nie die gemak van
julle familie nie, so nou het EK ‘n ander een opgerig. Julle weet nie en julle
kan julleself nie eers indink, watter prys hulle moes betaal vir die salwing wat
julle vandag hoor nie.
Die enigste rede hoekom EK nog nie MY Seun YAHUSHUA gestuur het om SY Bruid te
kom haal nie, is dat daar dinge is wat nog moet plaasvind. Daar is nog werk om
te doen. Dit is hoekom diegene met mag, die Amerikaanse Regering, probeer om
hierdie ministerie van die internet af te neem, en om die finansies te wurg.
Maar waar daar een deur toegemaak word, maak EK net ‘n ander een oop. Hoeveel
van julle sal hoor, en hoeveel van julle sal luister? Hoeveel van julle sal haar
kontak, en nie net ophou by een e-pos nie, maar eerder die Hemel bombardeer,
totdat jy haar bereik het en sê, “Ek moet jou help, ek het ‘n mandaat om jou te
help.”
(Baie e-posse wat vir ons gestuur was, is gesteel. Hou aan e-pos stuur, totdat
jy terugvoering vanaf ons kry. Contact Us.)
Sien, hierdie ministerie is vir almal wat heilig is. Dit dra geen naam van ‘n
man of ‘n vrou nie. Hierdie woorde is nie haar woorde nie. Hierdie salwing is
soos geen ander nie. As jy wil deel in hierdie salwing, as jy wil deel in
hierdie seëninge, as jy wil seker wees dat jy beskerm sal word soos EK haar en
die ander van die Bruid beskerm, moet jy nie langer net staan en kyk en niks
doen nie. Want die Kerke van Babilon is hoere; hulle neem die belasting
vrystelling status aan. Hulle laat dit toe dat hulle stilgemaak word. Hulle
weier om teen aborsie en homoseksualiteit te praat. Hulle weier om dit wat hulle
regerings doen, teen te praat. Maar nie hierdie ministerie nie. Daar is geen
prys etiket daarop nie, omdat dit aan die Hemel behoort, en wie sal dit waag om
MY, YAHUVEH stil te maak? Wie sal dit waag om MY Seun YAHUSHUA stil te maak? Wie
sal dit waag om die RUACH HA KODESH (HEILIGE GEES) stil te maak? Julle sal
waarlik betaal.
Sê MY Woord nie, “As jy net iets te drinke aan ‘n profeet sal gee, sal jy ‘n
profeet se beloning ontvang?” EK laat haar die Lewende Water skink. Hoe min van
julle gee dit terug aan haar? Hulle betaal dit uit die finansies (ministerie se
uitgawes), en die prys word net hoër. Hoe min van julle gee regtig om? So EK
spreek vanuit haar na vore.
Terselfdertyd waarsku EK die vyande. EK spreek ook ‘n seëning uit oor almal wie
‘n seën vir hierdie ministerie is, en oor almal wie haar bedek, en oor almal wie
hierdie ministerie bedek en wie die ekstra myl loop. Die boodskap aan die
Heiliges, die boodskap aan MY Bruid, omdat die Bruid van YAHUSHUA ook die Bruid
van YAHUVEH is, so julle moet juig! Julle is een dag nader aan SY koms. Julle is
een dag nader aan die koms van YAHUSHUA! Julle is een dag nader aan die Hemel,
julle huis, en groot, groot, groot sal julle belonings wees vir alles wat julle
opgeoffer het.
EK spreek nou MY seëninge uit oor die getroues, die wat weier om ‘n kompromie
aan te gaan. Nie een ding wat julle deurgemaak het sal vermors wees, sal
tevergeefs wees nie. Bruid, onthou dit, julle het mekaar nodig, so moenie langer
julle koppe skud en sê, “Ag wel, ek kan nie ‘n plek vind om ‘n donasie te stuur
nie.” Loop die ekstra myl. Gaan deur die oop deur. Kontak haar. Slaan teen die
Hemel se deure, omdat daar alreeds boeke gepubliseer word. Sommiges is nou in
die proses om geskryf te word, en hierdie boeke sal (deur ander) tydens die
Groot Verdrukking uitgedeel word. Vra hoe jy kan help, omdat die
publiseringskoste hoog is.
Hoe min van julle gee regtig om watter lewenskoste dit verg, om te gaan waar EK
sê jy moet gaan, om te doen wat EK sê jy moet doen? EK kon die finansies maar
vanuit die Hemel stort, maar hoe sal dit ‘n seën oor julle wees? Die oes is so
groot, maar die landbouers is so min. Die met geestelike ore wat kan hoor, weet
dat dit EK is wat met jou praat. Al die ander – julle is MY vyande, bly maar
doof. Niks van hierdie boodskap, behalwe die oordeel, is vir julle bedoel nie.
[Elisabeth sê op die band, “My hand is lam.” (Dit is as gevolg van die salwing.)]
* * * * * * *
[Die woord wat nou volg was die volgende aand op die 17de Oktober 2006 gegee,
nadat ons alarm stelsel afgegaan het, terwyl die vrouens in gebed was. Esnart is
die voodoo huishulp wat twee keer ‘n week na ons huis toe kom en die wasgoed in
die motorhuis was.]
* * * * * * *
EK het aan jou ‘n oorlogstaal gegee soos geen ander nie. Wanneer jy MY woord
voortspreek in MY taal, spreek jy dit nie net in een taal nie, maar jy spreek
dit in baie tale. EK weet waar die vyande is. EK weet van watter lande hulle is,
en hierdie taal sny hulle af met juistheid en akkuraatheid.
Katherine, jy eer MY, deurdat jy die tyd neem om te doen wat jy nou doen (Vertaling
van Heilige tale). Sodat EK jou kan wys hoe werklik dit is, dit wat nie kon
vertaal word nie, omdat dit die taal van engele is. Dit is net ‘n bygevoegde
vorm van beskerming. As jy maar net die vyande kon sien wat hierdie wêreld
omring, sal jy stomgeslaan wees. O, maar EK staan voor die vyande. EK staan voor
die vyande van MY Bruid. Hulle moet eers deur MY kom, voordat hulle by julle
uitkom, en wie kan deur MY kom?
[Elisabeth (Elisheva) Bid: Heilig, Heilig, Heilig. Heilig, Heilig, Heilig,
Heilig.] [Op die audioband vra Katherine of ons die dood van Esnart gaan sien.
Elisabeth (Elisheva) vra, “sy is verantwoordelik vir dit (die sekuriteits krag
wat af was) is sy nie ABBA YAHUVEH? Sy het ons alarm gesny.]
Hierdie nag het EK nie (vir die hele huishouding) rus en vrede gegee om te slaap
nie, en EK het jou in jou droom gewaarsku Elisabeth [Elisheva]. Katherine [Kathrynyah],
die een wat vrede, sekuriteit en liefde verteenwoordig, het in jou kamer
ingegaan, om jou te wys dat alles reg is. Dink jy dat dit toevallig was dat jy
met hierdie magtige oorlogstaal gewerk het, op dieselfde nag wat al hierdie
dinge gebeur het? Daar is geen toeval nie.
Elisabeth [Elisheva], dit is waar dat EK jou taal in ‘n selfs magtiger vegter
verander het. Elke keer wanneer jy in daardie taal bid, sal die oorlogsgebed die
bose uithou, wat in jou huis wil inkom, omdat dit onder MY salwing is.
Katherine, jy het hierdie woorde oor en oor en oor gespreek, jy het weer en weer
en weer na dit geluister, hulle het in jou gees ingegaan. Dit was asof ‘n
vesting opgerig was, geen boosheid kon inkom nie. Hierdie nag het EK die vyand
verwar. EK is akkuraatheid, EK is juistheid, EK is perfeksie. Weë oor enige een
wat MY gesalfdes wil aanraak. Weë oor enige een wat MY profete wil seermaak.
Hulle mag dalk een keer probeer, maar hulle sal nie lewe om weer te probeer nie.
Jy het nie ‘n idee hoeveel EK al vir jou doodgemaak het nie. Iewers, terwyl
hulle besig was om vir satan te roep en te vra vir jou vernietiging, Elisabeth [Elisheva],
het hulle hul harte gegryp en doodgegaan gedurende daardie gebed. Terwyl hulle
gekom het om aan te val, iewers in die onsigbare ryk, was hierdie taal die
laaste ding wat hulle gehoor het, terwyl hulle siele na die hel geneem was, maar
hulle liggame uitgestrek op die vloer gelê het in ‘n ander land. Sommiges het
net verdwyn en sal nooit weer gevind word nie.
MY weë is soveel hoër as julle weë. Julle kan amper nie begin om te verstaan
waarvan EK praat nie. Julle breine is nie in staat om dit in te neem nie. Julle
sukkel selfs nou en wil meer weet. Dit is nie vir julle om te weet nie. Dit is
nie vir julle om te verstaan nie. Weet net dat EK, YAHUVEH is, en dit sal
presies en akkuraat wees soos EK dit beplan het.
Selfs die vyande loop in MY strik in. Want EK sê, “Hier is hulle, kom kry hulle.”
Weet julle nie dat EK voor die tyd geweet het dat daardie alarm af sal wees nie?
Is EK nie in staat daartoe om diegene wat MYNE is te beskerm nie? Ja, dit is
goed dat julle wakker is. Dit is goed dat julle nie met dwaasheid optree nie,
omdat die vyand julle van ver af dophou. Hulle weet dat hulle nie naby kan kom
nie, en dat MY Heilige engele wag staan. Hou vir Esnart dop, moet haar nie as
vanselfsprekend aanvaar nie, omdat die bose ongesiens inkruip. Jy het baie
respek gehad, toe sy uitgereik het om aan jou te raak, en jy het vinnig die
salwingsolie op jou gesit. Maar in die toekoms, laat haar weet dat sy onder geen
omstandighede aan jou moet raak nie. Jy het haar voorheen toegelaat, omdat jy
nie ongeskik wou wees nie, maar niemand mag aan jou raak sonder jou toestemming
nie. EK gee jou hierdie mandaat, om dit te doen, omdat EK jou keer op keer bedek
het.
Nou moet jy harder praat en haar laat verstaan. Sy sal die boodskap kry en dit
nie ‘n tweede keer wil doen nie. Daar is maniere om dit te sê en jy sal weet met
watter stem om te praat, want sy is soos die lopende dood, en die dood reik uit
na jou en probeer keer op keer aan jou raak, daar is siekte, pes en vernietiging,
maar moenie bang wees nie MY liefling een, EK het jou bedek. Maar jy moet haar
laat verstaan dat niemand aan jou raak sonder jou toestemming nie. Dit geld vir
almal van julle. Jy moet die gees ken met wie jy in aanraking kom. Sê MY Woord
nie, “Moenie skielik jou hande op enige man lê nie?”. Neem dit baie ernstig op,
veral hier in Afrika.
Einde van die woord wat gegee was op 17 Oktober 2006.
* * * * * * *
Dit is ‘n woord van waarskuwing aan YAHUVEH se vyande. Die vyand het by ons
slaapkamer ingesluip om Elisabeth (Elisheva) dood te maak, maar YAHUVEH het
tussenbeide getree en HY het die vyand weggejaag. LOOF YAHUVEH en YAHUSHUA!
Hierdie dinge is werklik, mense, neem dit asseblief ernstig op!
Die Bruid van YAHUSHUA sal nou sien hoe die vyand begin val. Julle sal dalk nie
die vyand met julle oë sien val nie, maar julle moet geloof hê, terwyl YAHUVEH
en YAHUSHUA die wraak neem vir ons.
* * * * * * *
Profesie 147 2020 Emosionele Reddings Gebed, YAHUSHUA HA MASHIACH Wag vir Jou om Dit te Sê
EK het jou lank gelede gewaarsku [Elisheva] om nie hierdie Bediening na ‘n man
of ‘n vrou te vernoem nie selfs nog voordat daar ‘n Bediening was. EK het dit in
jou gees geplaas want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, niks hiervan
het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit die Mond van YAHUVEH geboorte gegee.
Dit is uit die Mond van YAHUSHUA jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die
Mond van die RUACH HA KODESH jou IMMAYAH geboorte gegee. As dit net deur jou
hand was sou dit lankal misluk het. Dit is deur die SHKHINYAH HEERLIKHEID se
Wind wat oor hierdie aarde waai, die Heilige Wind van Herlewing, dit is nie deur
jou asem nie anders sou dit misluk het (Jesaja 42:8)
In Julie 2010 Het YAHUVEH GOD beveel dat die volgende bygevoeg word voor elke
Profesie:
2Kronieke 36:16
“Maar hulle het die boodskappers van ELOHIEM uitgelag, SY Woorde verag en met SY
Profete gespot totdat die gramskap van YAHUVEH teen SY volk opgekom het, totdat
daar geen genesing meer was nie.”
*******
Nota: Amightywind was reeds 14 jaar op die internet maar word 21 jaar oud op 10
April 2009. Die Bediening bestaan reeds 21 jaar maar was slegs op die internet
vir 14 jaar. Ek hoop hierdie verklaar al die verjaardae en herdenkings wat
gevier word. Elke verjaardag en herdenking wat hierdie Bediening het is ‘n
oorwinning in YAHUSHUA ons MASHIACH want die duiwel het probeer om hierdie
Bediening te stop voordat ek nog gebore was.
* * * * * * *
Skree dit hard genoeg sodat elkeen duidelik die oorwinning kan sien wat hierdie
Bediening vir 14 jaar gehad het op die internet. Sit in groot letters die datum
10 April want dit wat die vyand gesê het sou vernietig word in Indiana die plek
van die geboortepyne van hierdie Bediening. Het op 10 April 2009 nie net geleef
nie maar wêreldwyd floreer en het gegroei om 21 jaar oud te word. Hierdie is
geen man of vrou se oorwinning nie maar dit is julle ABBA se oorwinning, julle
YAHUSHUA se oorwinning, julle geliefde RUACH ha KODESH se oorwinning, julle
IMMAYAH.
So EK wil hê niemand hoef hierna te soek nie. EK wil dit direk in die vyande se
gesig hê want hierdie is ‘n dag van groot oorwinning. [Elisheva], toe EK jou op
hierdie internet gesit het hoe min en wyd verspreid was die vroue Profete. Jy
het die weg gebaan en EK gebruik jou om te doen wat nooit gedoen was nie want jy
Profeteer in Heilige Tale. Jy kan nie eens die impak begryp wat dit op die vyand
het nie terwyl dit gedra word oral oor die luggolwe na die vier uithoeke van die
aarde. Jou stem vol van MY salwing, vol van MY krag, gestoor nie alleenlik in
gedrukte materie nie, nie net op rekenaars en cd’s nie maar op ipods, op
bandopnemers want dit is nie net die geskrewe nie, dit word gespreek.
So hierdie dag word nie net gevier op aarde nie maar dit word gevier in die
Hemel. Nie net jou fisiese geboorte nie maar die geboorte van die Bediening op
die internet en op 10 April, 21 jare getel in mense-tyd. Eendag in die Hemel, en
dit is nie ver nie, sal al diegene wat jou gehelp het die resultate sien van die
getrouheid van een klein, klein saadjie wat begin het as ‘n kleinbegin. EK
gebruik dit nie net nou nie, maar dit sal gebruik word selfs in die Groot
Verdrukking en MY waarhede sal aanhou om die mensdom vry te maak terwyl hulle
glo.
Nou [Elisheva] weet jy hoekom die vyand altyd wou hê jy moes doodgaan en wanneer
dit nie deur satan se hande was nie was dit deur jou eie hand wat jy sou probeer.
Maar deur die Naam en die Bloed van YAHUSHUA jou MASHIACH het nie net jy die
oorwinning nie maar al diegene wat luister en glo.
[MY geliefde kinders], dit was alles deel van MY goeie plan om julle te bring
toe EK het want die las het te swaar geword vir [Elisheva] om te dra en as EK
nie het nie sou sy opgegee het lank gelede. EK het nie daar gestop nie, EK het
haar gebruik om geboorte te gee aan “YAHUSHUA se Demon Stompers” (YDS) en selfs
daarin het sy ‘n prys gehad om te betaal voordat EK die Heilige Engele na haar
kant toe kon stuur. Nou staan hulle (YDS) teen die magte van boosheid terwyl
hulle intree en hulle bid ‘n ieder en elke dag ten minste ‘n uur op ‘n slag.
Hierdie is spesiale heilige gesalfde Gebedsvegters en groot, groot, groot sal
hulle seëninge wees solank as hulle getrou bly aan MY.
Elisheva: Dankie ABBA.
So, EK plaas julle in ‘n huis waar langsaan julle in ‘n weiveld die skape
rondloop om julle te herinner EK, YAHUSHUA, is julle Goeie Herder en terwyl EK
voorsien, onthou altyd, soos daardie skape langs julle geen bekommernis of
kwelling het nie, hulle daardie boer vertrou om hulle te lei na groen weiveld.
So ook, het EK julle gelei na die groen weiveld. EK beskerm julle. EK slaan die
wolwe weg of enige iemand wat julle wil seermaak. Soos daardie skape geen
bekommernis het nie en die lammers geen bekommernis het nie so sal julle twee
wat in daardie huis woon en diegene wat deel is van julle geen bekommernis hê
nie. Dit is hier MY Geliefde wat EK jou siel verkwik terwyl jy neerlê in MY
groen weivelde en nie afdwaal en probeer om jou eie te soek nie.
EK praat met al diegene wat MY, YAHUSHUA, toelaat om julle MASHIACH te wees, om
julle Goeie Herder te wees. EK sal diegene beskerm wat MYNE is. Aan diegene wat
na hierdie Bediening kyk as ‘n seën gedoen deur MY eie hand, die
spyker-deurboorde hande van julle YAHUSHUA, sal oorvloedige wonderwerke ontvang
van MY. As hulle die woorde geglo het wat EK voortgespreek het en hulle was nie
skaam nie en hulle bestraf enige teenwerping. Hulle bestraf die leuens. Hulle
staan ferm in wat hulle glo en hulle veg teen satan die vyand en sy diensknegte
wat gestuur word.
Enige iemand wat hierdie Bediening onheilig noem die ware gees binne-in was
ontbloot en hulle is nie van MY nie. Ja, sê EK, die Heilige Gees is nie in hulle
nie want julle kan nie dit wat Heilig is noem, dit wat net die standaard van
Heiligheid oplig, mense waarsku om te bekeer voor dit te laat is, die Name oplig
van julle ABBA YAHUVEH, MY, YAHUSHUA julle MASHIACH en die Kosbare RUACH ha
KODESH. Enige iemand wat hierdie etiketteer as boosheid sowaar sê EK vir julle
hierdie, hulle het gelaster en hulle beter bewe in vrees want elke woord wat
hulle gespreek het, hoor EK. En op die oordeelsdag sal hulle presiese woorde
weer gespreek word en hulle sal hul kop hang in skaamte en as hulle kon sou
hulle dit weer oor doen op ‘n ander manier.
Maar onthou MY Kinders, EK het nie hierdie geëtiketteer “Die Laaste Kans
Bediening” vir niks nie. Enigee iemand wat kontak het met hierdie Bediening kom
van aangesig tot aangesig met YAHUVEH en wat hulle doen aan julle word gedoen
asof aan HOM. Want geen man of vrou kry die eer vir hierdie Bediening nie, alle
Lof, Eer en Heerlikheid aan dit wat julle die Heilige Drie-eenheid noem.
So dit is op hierdie dag en dit is op 5 April die herdenking van die eerste keer
[Elisheva] wat EK vir jou gesê het, jy is MY Ringmaagd en EK gebruik die woorde
wat deur jou gespreek word om hierdie wêreld te bereik, aan diegene wat wil
luister en ja, EK sê, selfs diegene wat forseer word om te luister en aan
diegene wat gaan luister.
Op 10 April, 2009 wil EK hierdie herdenking uitgeskree hê ver en wyd, 21 soos
die mens hulle tel as jare en hierdie Bediening is steeds hier en dit is vir
YAHUVEH se Lof, Eer en Heerlikheid wat EK hierdie spreek.
Einde van Woord
Elisheva: Dankie ABBA. Dankie Geliefde YAHUSHUA. Dankie Kosbare RUACH ha KODESH.
Alles net omdat ons U weereens gevra het.
Elisheva: (Lag) Dankie. Ons dank U net ABBA YAHUVEH. Net Dankie Pappa dit is
waarlik ‘n gelukkige feesviering, ‘n gelukkige verjaardag en dit is alles tot
Lof, Eer en Heerlikheid van die Aleph en Tav, Alfa en Omega, ons ABBA YAHUVEH,
ons Geliefde YAHUSHUA ons MASHIACH en Kosbare RUACH ha KODESH.
Dankie. Dankie. Dankie. Dankie.
Amen
Gegee aan hierdie Kind, Vegter, Bruid van YAHUSHUA ons MASHIACH.