Van Profesie 105 af, het YAHUVEH gesê hierdie moet van nou af op al die Profesieë geplaas word: Elisabeth (Elisheva) EK het jou lank gelede gewaarsku om nie hierdie Bediening na ‘n man of ‘n vrou te vernoem nie, selfs nog voordat daar ‘n Bediening was. EK het dit in jou gees geplaas want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, niks hiervan het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit die Mond van YAHUVEH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van YAHUSHUA jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van die RUACH ha KODESH jou IMMAYAH geboorte gegee. As dit net deur jou hand was sou dit lankal misluk het. Dit is deur die SHKHINYAH GLORIE se Wind wat oor hierdie aarde waai, die Heilige Wind van Herlewing, dit is nie deur jou asem nie, anders sou dit misluk het. “EK is YAHVEH, dit is MY NAAM; en MY EER sal EK aan geen ander gee, of ook MY LOF aan die gesnede beelde nie”. (Jesaja 42:8)
14 Februarie, 2025
Hierdie kom uit Profesie 105, YAHUVEH het beveel dat dit op alle Profesieë
bygevoeg moet word van nou af:
Redakteur se Kommentaar:
Hierdie kom uit Profesie 105, YAHUVEH het beveel om dit op alle Profesieë by
te voeg van nou af: EK het jou lank gelede gewaarsku Elisabeth [Elisheva], om
nie hierdie Bediening na ‘n man of ‘n vrou te vernoem nie, selfs nog voordat
daar ‘n Bediening was het EK dit in jou gees geplaas want niks hiervan was deur
jou eie toedoen nie, niks hiervan het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit
die Mond van YAHUVEH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van YAHUSHUA jou
MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van die RUACH ha KODESH jou IMMAYAH
geboorte gegee. As dit net deur jou hand was sou dit lankal misluk het. Dit is
deur die SHKHINYAH HEERLIKHEID se WIND wat oor hierdie aarde waai, die Heilige
Wind van Herlewing, dit is nie deur jou asem nie, anders sou dit misluk het.
(Jes 42:8)
EK het jou lank gelede gewaarsku [Elisheva] om nie hierdie Bediening na ‘n man
of ‘n vrou te vernoem nie selfs nog voordat daar ‘n Bediening was. EK het dit in
jou gees geplaas want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, niks hiervan
het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit die Mond van YAHUVEH geboorte gegee.
Dit is uit die Mond van YAHUSHUA jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die
Mond van die RUACH HA KODESH jou IMMAYAH geboorte gegee. As dit net deur jou
hand was sou dit lankal misluk het. Dit is deur die SHKHINYAH HEERLIKHEID se
Wind wat oor hierdie aarde waai, die Heilige Wind van Herlewing, dit is nie deur
jou asem nie anders sou dit misluk het (Jesaja 42:8)
In Julie 2010 het YAHUVEH GOD ook gesê dat die volgende vanuit 2 Kronieke
bygevoeg word voor elke Profesie:
2 Kronieke 36:16
“Maar hulle het die Boodskappers van ELOHIEM uitgelag, SY Woorde verag en met SY
Profete gespot totdat die gramskap van YAHWEH teen SY volk opgekom het, totdat
daar geen genesing meer was nie.”
* * * * * * *
So spreek YAHUSHUA (Jesus Christus), so sal jy wees. Want EK sien jou hart. EK
hoor jou uitroepe tot MY. EK voel jou gebrokenheid aan wanneer 'n leier vir wie
jy vertrou het, jou mislei. Maar EK het jou geroep en georden. EK sal jou dra.
EK, YAHUSHUA en die RUACH ha K0DESH (Heilige Gees) lei jou op. EK sal jou nie
uitstuur na die voorste linies totdat jy instaat is om die teëspoed te weerstaan
en te verdra wat jy sal verduur nie. Maar jou seëninge sal baie wees.
Baie siele sal na MY toe kom, terwyl EK jou geloof versterk en jy voortgaan in
MY NAAM om groot werke in die NAAM van YAHUSHUA te doen. Almal sal weet dit is
nie jy nie, maar die RUACH ha KODESH salwing wat hierdie manifestasies van
bevryding en genesing voortbring en EK sal jou gebruik om MY Woorde te spreek en
jy sal dit dapper doen, alhoewel baie beledig sal word. Dit is MY Woorde nie
joune nie; jy word nie verantwoordelik gehou vir wat EK sê nie. Of die manier
waarop EK dink nie. Want MY weë is hoër as jou weë. Is hulle nie?
EK praat nie net met jou nie, maar EK praat weereens met al die Profete en
Apostels wie in MY NAAM bedien. Die weg is nie maklik nie en dit sal ook nie
makliker word nie. Maar hou styf vas aan die mate van geloof wat EK vir elkeen
van julle gegee het. Want dit is ver verhewe bo dit wat julle in hierdie eindtyd
sal verdra. Want jullle Bruidegrom gaan kom, ja, EK is selfs al op die horison.
Julle kan MY op hierdie oomblik voel, wees gereed.
Doen wat EK julle geroep het om te doen, slaan julle hand aan die ploeg en
moenie terugkyk nie. Maar kyk vorentoe. Hou aan om die goeie wedloop te hardloop
tot by die merk van die hoogste roeping. Moenie mislei word nie, die verdrukking
het nog nie begin nie. Bid dat julle dit gespaar sal word, want die verdrukking
is nie vir MY Bruid nie. Hoekom sal EK MY Geliefde Bruid aanrand en mishandel?
Hoekom sal EK MY Wederhelfte doodmaak, MY Bruid wat haar bruidegom inwag? MY
Bruid met al haar juwele aan en keurig versier en wie slegs vir MY aanbid, slegs
vir MY lewe. EK sal nie.
EK sê vir julle, enigeen wat sê, EK gaan julle toelaat om deur die Groot
Verdrukking te gaan, spreek nie MY Woorde nie. Hulle spreek woorde van vrees en
misleiding. EK kom vir MY Bruid om haar sagkens weg te neem en haar liefdevol te
beskerm. Sy is nie MY toorn waardig nie, want sy het MY lief en gehoorsaam MY.
Sy vertrou MY. Sy maak staat op MY om haar te red. Moenie vrees vir wat
sogenaamde deskundiges sê nie, en hulle sê, "Julle sal hier wees vir die toorn
van Almagtige GOD YAHUVEH." Dit is nie van MY nie. EK het MY Bruid lief, MY
Kinders, bo enigiets. EK het MY lewe gegee sodat julle gespaar kan word.
Soos julle MY vertrou om julle van die hel te bewaar, vertrou MY ook om julle
van die komende euwel van die groot tye van ellende te bewaar, wat oor hierdie
aarde gaan kom deur die onverdunde toorn van Almagtige YAHUVEH. MY Kinders, bid
vir MY spoedige koms want oordeel moet begin by MY eie kinders en dan sal die
heidene veroordeel word. Dit is die groot tye van ellende waarvan EK praat. Wat
EK julle ookal geroep het om te doen, doen dit nou want binnekort sal dit te
laat wees.
Hou julle oë ooswaarts gerig en weet dat MY koms naby is. Kan julle nie die
opgewondenheid aanvoel nie? Want julle Bruidgom gaan kom. Maar vir MY Bruid is
daar geen vrees nie, slegs gejuig. Vrees vir hulle wat spot, of MY misken. Vrees
vir die verlore skape. Vrees vir die goddeloses en verwerpte silwer. Soos hulle
MY verwerp het, so het EK hulle verwerp. Julle sal verwerpte silwer ken; want
julle sal weet die RUACH ha KODESH trek hulle nie. Die RUACH ha KODESH sal nie
altyd met mense wedywer nie, veral in hierdie eindtye.
Jy Daniël het na 'n woord kom soek. Jy Daniël is op hierdie dag beloon. Weereens
het EK jou gebruik om die gawes in MY Diensmaagd op te roer. Julle het albei nie
geweet dat EK 'n afspraak met julle gemaak het om aanlyn te ontmoet nie, maar EK
het. Hierdie boodskap is nie net vir jou nie Daniël, maar weereens Geliefde Seun,
het EK jou gebruik om met al MY Kinders te spreek.
Moenie vrees nie, julle Bruidegom gaan kom. Hou styf vas aan julle geloof, want
alhoewel EK stil is, toets EK hulle wat hulle liefde vir MY proklameer. Maar
deur MY Skape te voed en te waarsku, sal julle julle liefde vir MY bewys. Deur
gewillig te wees om vervolging te ly, haat, verwerping terwille van MY NAAM, sal
julle jul liefde vir MY bewys. Deur stewig vas te hou aan julle geloof, alhoewel
julle nie met julle oë die antwoord op julle gebede kan sien nie, sal julle jul
liefde vir MY bewys as julle sê, "YAHUSHUA, selfs al beantwoord U nooit weer 'n
gebed nie, aanbid EK U vir wie U is, vir wat U vir MY gedoen het op Golgota."
Dit sal julle liefde vir MY bewys, deur gewilliglik julle reputasies neer te lê
vir MY en as dit nodig is om julle lewens op te offer vir die Evangelie van
YAHUSHUA. Dit sal julle liefde vir MY bewys, deur MY te gehoorsaam, en MY
openlik te bely en te aanbid. Dit sal julle liefde vir MY bewys.
Deur die wolwe in die skaapkrale te ontbloot wat kom om die skape te verslind,
deur MY swaard van die RUACH ha KODESH op te neem en MY Skape te verdedig sal
julle jul liefde vir MY bewys. Julle sê julle het MY lief, MY Kinders? Deur dan
op te staan vir Heiligheid en vir wat reg en wat verkeerd is, deur verander te
word na MY gelykenis en nie van die wêreld nie, sal julle jul liefde vir MY
bewys. EK sluit af met een vraag, "Sal julle jul liefde vir MY bewys?"
EK waak en julle is omring deur 'n wolk van getuies. Selfs die vyand van julle
siel kyk vreesbevange. Sal julle jul liefde vir MY bewys deur mekaar lief te hê?
Julle wat dit doen, weet julle is MYNE en julle sal dit weet. Sal julle julle
liefde vir MY bewys deur skuiling te bied en hulle lief te hê en julle hande in
gebed uit te strek na hulle? Dit sal julle liefde vir MY bewys. MY Skape ken MY
stem; hulle sal na geen ander herder toe gaan nie. Het julle MY stem op hierdie
dag gehoor? Dit is dan vir wie hierdie boodskap is. EK het MY Liefde vir julle
op Golgota bewys. Sal julle nou julle liefde vir MY bewys?
Gegee aan hierdie Diensmaagd van YAHUSHUA,
Profeet Elisheva Eliyahu
* * * * * * *
JA, Ek sal MY liefde vir U bewys YAHUSHUA. Dankie dat U weereens deur hierdie
gebroke erdekruik gespreek het. Asseblief RUACH ha KODESH, salf hierdie woorde
magtiglik tot YAHUSHUA se Eer, bid ek. Help asseblief die skape om YAHUSHUA se
stem te onderskei. Asseblief, RUACH ha KODESH, help ons om ons liefde vir ons
Meester, Regeerder, Verlosser, Koning van Konings, ons spoedig komende Bruidegom
te bewys. Ons Aanbid, Prys en Bemin U, YAHUSHUA ha MASHIACH. Altyd U Diensmaagd,
Kind, Kryger, Bruid.
Gespreek onder die salwing van die RUACH HA KODESH Deur Apostel Elisheva Eliyahu op 28 Mei 1997
Profesie 79 Ek, YAHUVEH Sê, 'mense, Julle Mis Die Punt!'
Hierdie Profetiese Woord van YAHUVEH is ingesluit omdat dit ‘n geestelike
fondasie gelê het waarop verdere Profetiese Woorde gespreek was. Toe hierdie
Woord gespreek was het YAHUVEH se Skeidings Swaard neergekom tussen diegene wat
SY Ware Sabbat van Vrydag sononder tot Saterdag sononder geëer het en diegene
wat nie die mensgemaakte Sabbat van Sondag— die dag waarop die antieke Romeine
hulle songod geëer het, wou opgee nie.
Op 1 Augustus 2005 het Elisheva bly hoor, “EK YAHUVEH, sê vir jou Elisheva om
vir die mense te vertel, ‘Mense, julle mis die punt!” Op 2 Augustus 2005 terwyl
Elisheva die (ex) webbestuurder vertel het, het ‘n magtige Salwing oor haar
gekom terwyl sy begin het om in Heilige tale te bid en hierdie Profetiese Woord
het voortgekom.
* * * * * * *
Hieronder is die Profesie soos dit voortgekom het
—met Profeet Elisheva se “Heilige tale,” soos GOD SE GEES uiting gee (Handelinge
2:3-4) van Hemelse of aardse tale (1 Kor. 13:1). Elisheva spreekvoort in tale
wat Profesie bring (1 Kor. 14:6).
Dit bevat die HEBREEUSE NAME van GOD:
YAH/YAHU הי is die HEILIGE , GEWYDE NAAM van GOD soos in “Alleluia” of “Hallelu
YAH” הי וללה
Wat letterlik beteken: “Prys YAH”
YAHUVEH/YAHWEH הוהי GOD DIE VADER
YAHUSHUA/YAHSHUA
עושוהי
GOD SE ENIG VERWEKTE SEUN
HA MASHIACH תישמ beteken ‘DIE MESSIAS’
ELOHIM םיהולא beteken “GOD”
Die openbaring
van “SH’KHINYAH GLORY’ הינכש תליהת
– as die PERSOONLIKE NAAM van die RUACH HA KODESH שדקה חור
In Afrikaans genoem “Die HEILIGE GEES”- is ook op hierdie webwerf.
(Ha SH’KHINAH {SHEKINAH} הניכש
is Hebreeus vir; GOD VERTOEF, HEILIGE TEENWOORDIGHEID)
Addisioneel; ABBA YAH הי אבא beteken ‘VADER YAH”
En IMMA YAH הי אמא beteken “MOEDER YAH’
Skrifaanhalings vanuit : Woord en Getuienis bybel vertaling, behalwe wanneer
anders aangedui.
* * * * * * *
YAHUVEH SE Woorde aan Elisheva wat voor elke Profesie bygevoeg moet word:
EK het jou lank gelede gewaarsku Elisabeth [Elisheva],
om nie hierdie Bediening na ‘n man of ‘n vrou te vernoem nie,
Selfs nog voordat daar ‘n Bediening was het EK dit in jou gees geplaas.
Want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie.
Niks hiervan het uit jou mond voortgekom nie.
Dit is uit die Mond van YAHUVEH geboorte gegee.
Dit is uit die Mond van YAHUSHUA,
jou MASHIACH, geboorte gegee.
Dit is uit die Mond van die RUACH HA KODESH,
jou IMMAYAH, geboorte gegee.
As dit net deur jou hand was sou dit lankal misluk het.
Dit is deur die SHKHINYAH HEERLIKHEID SE WIND
wat oor hierdie aarde waai, die HEILIGE WIND VAN HERLEWING.
Dit is nie deur jou asem nie, anders sou dit misluk het.
“EK IS YAHUVEH: dit is MY NAAM:
En MY EER sal EK aan geen ander gee,
Of ook MY LOF aan die gesnede beelde nie.” Jesaja 42:8
(Profesie 105)
In Julie 2010 het YAHUVEH GOD ook gesê dat die volgende uit 2 Kronieke voor elke
Profesie bygevoeg moet word:
“Maar hulle het die boodskappers van ELOHIEM uitgelag, SY Woorde verag,
en met SY Profete gespot, totdat die gramskap van YAHWEH
teen SY volk opgekom het, totdat daar geen genesing meer was nie.”
—2 Kronieke 36:16
En, in Julie 2016:
Wee oor enige een wat dit waag om—hierdie twee gesalfdes te probeer seermaak. Jy
sal spyt wees oor die dag wat jy ooit gebore is. Moenie MY gesalfdes aanraak nie
en moet ook nie hierdie twee Profete seermaak nie (sien Ps. 105:15; 1 Kron.
16:22). Dit sou beter vir jou gewees het as EK, ABBA YAHUVEH, jou tong uitskeur!
(Profesie 128)
En van Profeet Ezra:
Ek waarsku julle almal—diegene wie kom teen hierdie Bediening EN HIERDIE
PROFESIEË en Elisheva en Myself, al die Bedienaars van AmightyWind Ministry—Ek
waarsku julle nou, ‘Moenie die Gesalfdes van YAH aanraak nie en doen sy Profete
geen kwaad aan nie’ (Ps. 105:15; 1 Kron. 16:22) ingeval die Wraak van die Roede
van YAH op julle neerkom. Maar vir hulle wie geseënd is en wie ‘n seën is vir
hierdie Bediening, en getrou, en wie die Profesieë ontvang, baie seëninge sal op
jul daal—alles om dit wat aan YAH behoort te beskerm in die NAAM VAN YAHUSHUA.
* * * * * * *
Profesie 79 Begin:
2 Augustus 2005
As julle MY nie nou gehoorsaam nie en as julle nou toegewings maak met die Dag
wat EK eenkant gesit het as MY Heilige SabbatDag—en as julle nie dink dit is
belangrik om ‘n ieder en ‘n elk van MY Gebooie te gehoorsaam nie—wat laat julle
dink julle sal gehoorsaam wees tydens die spoedig komende Groot Verdrukking?
Hoekom is dit gemakliker om te luister na die mens se leerstellings, wanneer
hulle MY Woorde verdraai om gelykvormig te word aan die mens se sondige beeld?
Alhoewel MY SEUN YAHUSHUA julle RUS is, is HY nie julle Dag-van-Rus nie. MY SEUN
YAHUSHUA is NIE 'n dag nie en MY 4de Gebod sê duidelik om MY Sabbat Dag van Rus,
Heilig te hou.
Watter gedeelte hiervan verstaan julle nie? Ja, rus in YAHUSHUA. Want SY juk is
sag en SY las is lig (Mat. 11:30), maar hierdie het niks te doen met die Sabbat
Dag nie. Het YAHUSHUA nie die Sabbat gehou nie?
Het EK nie MY SEUN, YAHUSHUA, gestuur om vir julle 'n voorbeeld te wees nie?
Weet julle selfs hoekom EK 'n Dag van Rus eenkant gesit het? (Gen. 2:1-3)? Weet
julle nie hierdie Sabbat Dag moet vir julle 'n seën wees en nie 'n vloek nie?
MY Vierde Gebod sê duidelik om MY Sabbat Dag van Rus Heilig te hou. Sê die Wet
nie wat EK geskryf het met MY Eie Vurige Vinger op 'n klip tablet (Eks. 31:18;
Dt 9:10) en gegee het vir Moses op berg Sinai, "Eer MY SabbatDag en hou dit
Heilig" nie (Eks.20)?
Weer vra EK julle, van wanneer af is MY SEUN, YAHUSHUA, 'n dag? Vra julself,
hoekom sou satan die dag van Sabbat verander na Sondag toe as dit nie gebruik
gaan word vir sy doel in die Groot Verdrukking nie? Moenie luister na diegene
wat anders preek nie. Hierin lê die oorwinning.
Dit is geskryf in MY Heilige Woord dat EK, YAHUVEH, nie kan lieg nie.
As julle MY gehoorsaam, is daar Seëninge en Oorwinning soos uiteengesit in
Deuteronomium 28. Daar is vervloekings vir diegene wat verontagsaam. Lees en
bestudeer wat geskryf is in Exodus 31:12-17. Die ware Sabbat sal die teken wees
tussen MY, YAHUVEH & MY mense en dit sal gebruik word om te identifiseer wie
waarlik aanbid en wie MY sal dien in die Groot Verdrukking.
Sal julle MY, YAHUVEH & YAHUSHUA aanbid op die Ware Sabbat—Vrydag Sononder tot
Saterdag Sononder? Of sal julle tydens die Groot Verdrukking die seun van satan
dien en aanbid op Sondag?
As julle nie MY Heilige SabbatDag nou onderhou nie, wat laat julle dink dat
julle dit dan sal doen, tydens die Groot Verdrukking wat net 'n asemteug ver is?
Dit is hoekom EK nou spreek deur hierdie “Ringmaiden” van MY —wie georden is om
'n Profeet te wees vir [baie]—sodat hierdie waarskuwing regoor hierdie wêreld
sal weerklink. Weet julle nie diegene wat onderrig dat dit onmoontlik is om
gehoorsaam te wees en Heilig te wees vir MY maak verskonings vir hulle eie
sondes nie?
EK, YAHUVEH sê, "Mense, julle mis die punt!"
Hierdie is nie oop vir debatvoering nie. Julle sal óf doen wat EK, YAHUVEH sê,
of in die Groot Verdrukking sal julle met julle siele betaal. Diegene wat in
opstand gekom en gesê het, "Ek sal Elisabeth [Elisheva] se regter wees, ek sal
Elisabeth [Elisheva] se jurie wees” bekeer nou of julle sal My in die oë kyk. En
EK sal sê, "Gaan weg van MY, jou werker van onheil" (Matt. 7:23; Luk. 13:27),
want EK IS YAHUVEH en EK neem nie deel aan enige debat nie. EK ALLEEN IS REGTER,
EK ALLEEN IS JURIE, EK ALLEEN IS SKEIDSREGTER.
Hierdie is NIE Elisabeth [Elisheva] se woorde nie.
Julle predikers en vals profete van wetteloosheid val haar aan. Julle beswadder
haar vir die Torah wat EK geskryf het met MY Eie vinger. Julle leer MY skape en
MY lammers dat Ek sonde oorsien. Bekeer vandag! Want EK IS nie 'n GOD YAHUVEH
wat verander het op enige manier nie. Jy wie haar oordeel, haal die balk uit jou
eie oog— voor jy probeer om die splinter uit iemand anders se oog uit te haal.
Jy is smerig in sonde. Jy is smerig in rebellie. Jy is smerig in
ongehoorsaamheid. En jy is smerig in trots.
Val op julle aangesigte voor MY, want EK IS YAHUVEH julle SKEPPER, die EWIGE
EEN. Julle waag dit om MY SEUN YAHUSHUA, te blameer as jul verskoning om te
sondig! Julle waag dit om SY BLOED te vertrap onder julle voete, verskonings te
maak vir julle sonde! Val op julle aangesigte voor MY voordat dit te ver gaan en
daar geen weg terug na MY toe is nie (Hebr. 6:4-6)! MOENIE MY RUACH HA KODESH
[HEILIGE GEES] bedroef NIE!
MY SEUN YAHUSHUA het nie gekom om MY Wette te kanselleer nie.
MY SEUN YAHUSHUA het gekom om MY Wette te vervul (Mat.5:17).
Wees dankbaar dat EK julle nie nou meer langer aanspreeklik hou vir 613 wette
nie. EK hou julle aanspreeklik vir Tien Wette en julle gooi julle hande in die
lug en sê, "Dis te veel vir my!"
Julle verkies om te luister na die mens wat MY Wette herskryf. Hulle vertel
julle om onskuldige babas in die baarmoeder te vermoor is nie 'n sonde nie.
Hulle wettig aborsie.
Die predikers onderrig in julle kerke, "Moenie praat teen hierdie wet nie." Die
georganiseerde kerke wat vergader op Sondae het die omkoopgeld geneem van die
regerings van hierdie wêreld. Hulle het die gees van vrees gevat en dit gedra
soos klere.
Waar is MY Heilige Bedienaars wat nie toegegee het nie en steeds spreek teen
sonde? Julle mensgemaakte wette wettig dit wat EK gesê het is ‘n gruwel —hulle
noem dit "selfdegeslag-huwelike". Nie eers in die dae van Sodom & Gomorra was
daar sulke “selfdegeslag-huwelike” nie. Nie eers in die dae van Sodom en Gomorra
was daar sulke sondes nie alhoewel die gruwels van homoseksualiteit oorvloedig
was. Maar, hulle het dit nie gewaag om dit 'n huwelik te noem nie!
Moenie die leuens glo wat leer, "Eenkeer gered, altyd gered" (Eseg. 33:12) nie.
MOENIE glo dat, omdat YAHUSHUA die prys betaal het by Golgota— dit nou nie meer
saak maak nie—dat jy kan sondig, dat jy kan oorleun so naby aan die afgrond van
die hel so ver as wat jy wil omdat jy 'n reddings gebed gesê het nie (Matt.
7:21-23).
Julle dink julle hoef nie enige werk daaragter te sit nie en julle steeds die
versekering het om die Hemel se poorte binne te gaan. Gaan weg van MY julle
werkers van wetteloosheid! EK wil nie meer enige van julle verskonings hoor nie.
Óf julle sal Heilig wees, of EK sal vir julle sê, "Werkers van ongeregtigheid,
EK het julle nooit geken nie."
EK, YAHUVEH, sê, "Mense, julle mis die punt!"
Julle luister na hierdie manne nou en julle sit in julle kerke gelowig aan die
leuens dat Sondag die Sabbat is of dit maak nie saak watter dag die Sabbat is
nie. Julle glo die leuens wat beide predikers en sommige rabbies onderrig dat
daar geen groter Salwings Krag is in die Hebreeuse HEILIGE NAME van YAHUVEH &
YAHUSHUA en die RUACH HA KODESH nie, dat enige naam sal doen.
Die predikers leer julle dat dit nie belangrik is om die Joodsheid van die
MESSIAS te leer nie. Hulle sê dat as jy nie 'n Jood is nie is dit nie van
toepassing nie. Hierdie wettelose predikers leer jou dat jy 'n heiden is en
julle nie die wette hoef te gehoorsaam wat gegee is aan die Kinders van Israel
nie. Het julle vergeet dat toe julle MY SEUN, YAHUSHUA, aanvaar het as MESSIAS
het julle een geword met HOM (Rom. 11:16-21)?
Julle wonder, "Waar is die Salwings Krag van die Eerste Kerk met tekens, wonders
en wonderwerke?" Julle roep uit, "Waar is die manifestasie van die wonderwerke,
soos in die Dae van Ouds?"
Gaan terug en doen wat die Eerste Kerk gedoen het en julle sal hierdie
wonderwerke weereens sien. Vir diegene wat nie van beter weet nie, sê EK julle
word aanspreeklik gehou alleenlik vir dit wat julle geweet het. Nou word julle
aanspreeklik gehou, sowel as om ander hierdie Waarhede te leer. Maar vir diegene
wat reg ken en verkeerd doen, julle sal betaal met julle siel.
EK, YAHUVEH sê, "Mense, julle mis die punt!"
Julle gehoorsaam hierdie bose geestelike leiers nou wat verskonings maak vir
sonde. Wat laat julle dink in die Groot Verdrukking sal julle nie dieselfde doen
nie—met die seun van satan?
EK het julle vertel deur die Profesieë wat EK vrygestel het deur Elisabeth [Elisheva],
dat MY SEUN YAHUSHUA terugkom vir SY Bruid op 'n Rosh Hashanah en dit sal op 'n
Shabbat [Sabbat] wees. As julle nie geleer word hoe om MY Shabbat & MY Heilige
Dae waar te neem nie, en om ONS HEILIGE NAME te leer en MY TORAH te gehoorsaam
nie, hoe sal julle weet om MY & MY SEUN, YAHUSHUA te eer, soos EK bepaal het?
Hoe sal julle weet watter dag—sonder om te ondersoek en julleself waardig te
bewys—het EK, YAHUVEH, eenkant gesit om MY Shabbat te wees? Hoe kan julle gereed
wees wanneer YAHUSHUA weer kom?
EK, YAHUVEH sê, "Mense, julle mis die punt!"
As julle nie MY Heilige Feeste eer en waarneem nie, hoe sal julle weet wat Rosh
HaShanah is en wanneer dit is? Dan, wanneer julle agtergelaat word sal julle vra,
"Hoekom?" So EK spreekvoort uit MY “Ringmaiden” en sê vir julle voor die tyd dat
EK, YAHUVEH, profeteer deur hierdie “Ringmaiden” wie deel is van MY SEUN
YAHUSHUA se Bruid.
Die Bruid van YAHUSHUA sal nie net verander word in hul verheerlikte liggame nie—en
gevul met so 'n SALWING ASOF YAHUSHUA HOMSELF WANDEL DEUR HULLE & SAAM MET HULLE
nie—HY sal hulle vul met so 'n SALWING dat NIKS onmoontlik sal wees vir hulle
nie!
En vir 40 dae sal MY SEUN YAHUSHUA se Bruid waarsku, "Moenie die merk van die
dier neem nie". Hulle sal gaan na diegene wat EK die Gaste noem en diegene wie
se name geskryf is in die LAM SE Boek van Lewe en hulle sal vir hulle sê, "Moenie
ongehoorsaam wees nie. Moenie toewings maak nie, alhoewel dit jou aardse lewe
mag beteken."
Julle sien, EK gebruik hierdie “Ringmaiden” nou, selfs sonder haar verheerlikte
liggaam, as 'n stem wat die waarskuwing uitroep voor die tyd. Want EK het haar
geroep om 'n Profeet te wees [almal]. Moenie die Merk van die dier neem nie!
Sondag aanbidding en die Merk van die dier is verbind.
Pasop jy sal jou siel verloor as jy die Sondag Aanbidding-Wet onderhou tydens
die Groot Verdrukking. EK sal moet om verskoning vra vir Sodom en Gomorra, wat
EK met vuur en swael vernietig het, as EK hierdie aardse gruwels toelaat om nog
veel langer aan te hou soos dit is. EK sal nie om verskoning vra vir Sodom en
Gomorra nie! EK sal verdelg en ‘n einde maak aan alles wat EK, YAHUVEH verafsku.
Hierdie vals predikers maak verskoning om te sondig en julle het na hulle
geluister. Julle kom na hierdie Bediening toe vir julle Geestelike Voedsel: om
die Salwing te proe, om die Geestelike Melk te drink en om die Geestelike Vleis
te eet. Dan maak hoeveel van julle toegewings en gaan na die Sondag kerke? Julle
val by julle pastoor se voete in getrouheid. En dit is daar waar julle jul
tiendes en offerandes gee. Julle kan dit nie albei maniere hê nie.
Julle moet vasstel watter dag is die dag wat EK bepaal het as die Shabbat. Want
soos EK bepaal het watter dag is die Sabbat, wat die Dag is waarop julle MY moet
eer en rus en nader moet kom aan MY—
EK, YAHUVEH sê, "Mense, julle mis die punt!"
—en so sal die seun van satan diegene wat toegewings gemaak het beveel om hom te
aanbid op die dag wat hy bepaal.
EK, YAHUVEH sê, "Mense, julle mis die punt!"
Soos MY SEUN, YAHUSHUA, gespreek het en HY gesê het, ‘ neem deel aan hierdie wyn
en hierdie brood ter nagedagtenis aan my’ (1 Kor. 11:23-26) —in die spoedig
komende Groot Verdrukking, weet julle nie dat die seun van satan sal sê aan
almal wat sy merk aanvaar, ‘Doen hierdie ter nagedagtenis aan my’ nie? Hulle sal
die bloed drink van die martelaars uit die bekers. Dit sal gevul wees met bloed
en soos vampiere, sal hulle daardie bloed drink.
En net so seker as wat 'n Nagmaalbord aangestuur word—net so seker—sal hulle die
bord aanstuur en die seun van satan sal sê, "Doen dit ter nagedagtenis aan my."
Geroosterde vlees van die martelaars sal hulle eet. Hulle sal spot met MY
Nagmaal & YAHUSHUA se Bruid. Hulle sal waarlik YAHUSHUA se Bruid verafsku want
hulle weet die gebede van die regverdiges het die seun van satan teruggehou
totdat dit tyd was om YAHUSHUA se Bruid uit te roep. Die gebede van die
regverdiges vermag baie (Jak. 5:16).
EK, YAHUVEH, waarsku julle. Dit het alreeds begin.
Daar sal seksuele orgies wees in die Sondag kerke tydens die Groot Verdrukking.
Dit sal op hierdie manier wees wat die seun van satan, YAHUSHUA se Bruid bespot.
Want YAHUSHUA & SY Bruid is een, en AL diegene wat YAHUSHUA aanbid, wat MY SEUN
gehoorsaam is een—want dit is 'n Geestelike verbintenis liggaam, verstand, gees
en siel—die seun van satan sal spot tydens die Groot Verdrukking: hy sal
seksuele orgies hou in die Sondag kerke.
Die begin van die groot misleiding is die homoseksuele kerke. Weer sê EK, die
sonde het alreeds begin.
EK, YAHUVEH sê, "Mense, julle mis die punt!"
Hierdie is die manier hoe EK hierdie Bediening gebruik, die skape skei van die
bokke, die koring skei van die wieke [onkruid]. Diegene wie se name geskryf is
in die LAM SE Boek van Lewe voor die Grondlegging van hierdie Aarde, hierdies is
diegene wie se name sal bly in die LAM se Boek van Lewe. Hulle sal nie die seun
van satan aanbid nie en hulle sal die merk van die dier weier, selfs as julle
hierdie nou hoor of lees en julle aanhou om toegewings nou te maak, sal julle
tydens die Groot Verdrukking die ware Sabbat onderhou en eer wat Vrydag Sononder
tot Saterdag Sononder is al mag dit julle lewe beteken en julle sal gemartel
word.
Al julle name is alreeds neergeskryf want EK het reeds geweet voor julle gebore
was op hierdie aarde wat julle sou doen. As julle nie nou luister nie, sal julle
luister dan.
Diegene wat hierdie Boodskap lees en hoor en julle tande kners van woede vir MY
“Ringmaiden”, so ook, sal julle jul tande kners van woede en julle vuis bal vir
MY, YAHUVEH julle SKEPPER tydens die Groot Verdrukking, terwyl plae en vloeke
oor julle kom een na die ander en tog sal julle nie bekeer van julle sondes nie.
Want op daardie dag, as jou naam in die LAM SE Boek van die Lewe is, sal EK jou
naam uitklad [Openb. 3:5].
So ook, almal van julle wat wonder hoekom Elisabeth [Elisheva] dit oor haarself
sou bring, dit is omdat EK hierdie Bediening gebruik om die koring te skei—van
die onkruid— terwyl julle dit hoor, sal julle weet of julle koring of ‘n onkruid
is. Is julle ‘n onkruid om net verteer te word deur MY WOEDE, MY VERTERENDE
VUUR?—alhoewel EK haar [ook] nou gebruik om uit te roep na die Bruid, soos 'n
stem sal uitroep na die Vyf Wyse Maagde: “Moenie toegewings maak nie. Wees
gereed. Want julle BRUIDEGOM kom vir SY Bruid op 'n Rosh HaShanah en 'n Sabbat.”
YAHUSHUA se Bruid, wees op julle knieë voor MY. Bly Heilig en bly nederig. Bid
dat julle waardig sal bly om MY SEUN YAHUSHUA SE Bruid te wees wat gesimboliseer
word as die Vyf Wyse Maagde, wat die eerste wegvoering is, algemeen genoem die
Wegraping.
Gaste bid dat julle deel sal wees van die Tweede Wegvoering sodat julle die
Gaste sal wees by die Bruilofsmaal van die LAM (Openbaring 19:9). Die Gaste word
gesimboliseer as die Vyf Dwase Maagde wat vertel word dat die BRUIDEGOM sou kom
nadat die Bruid van YAHUSHUA weggevoer is.
So bly waaksaam want julle ken nie die dag of uur nie. (Mattheus 25:1-13) Teen
die tyd wat MY SEUN YAHUSHUA kom om die Vyf Dwase Maagde weg te voer—sal hulle
wys wees.
EK, YAHUVEH sê, "Mense, julle mis die punt!"
Wil julle weet wat julle uitsonder om die Bruid van YAHUSHUA te wees, of 'n Gas?
EK vertel julle nou. Dit is hoeveel jy dit begeer, hoeveel jy dit bewys deur
Heiligheid, liefde en gehoorsaamheid. Hoeveel is jy bereid om op te offer om
YAHUSHUA se Bruid te wees, dinge op SY manier te doen en nie joune nie, HOM te
verheerlik in alles wat jy doen?
Die Bruid weet sy moet MY Heilige Dae hou. Die Bruid weet sy kan nie toegewings
maak met dit wat sy weet om waar te wees nie. Sy is dapper in die voortspreking
van die Waarheid. Dit is wat haar uitsonder.
Nagmaal is ook 'n herinnering van die Huweliksverbond met YAHUSHUA. YAHUSHUA SE
Bruid gebruik ONS HEILIGE GEWYDE NAME van YAHUVEH & YAHUSHUA. Dit maak nie saak
oor die spelling nie want EK ken julle harte en hulle kry nie skaam nie.
Hoe baie begeer julle om YAHUSHUA se Bruid te wees? Hoeveel passie het julle vir
YAHUSHUA? Hoe bewys jy dat EK, YAHUVEH & YAHUSHUA eerste is in jou liefde en
lewe en in alles wat jy doen? Dit is wat julle uitsonder as YAHUSHUA SE Bruid,
want EK vertel julle hierdie Geheim: die passie en die diepte van jou liefde vir
YAHUSHUA is 'n bewys vir almal om te sien. Dit is die merk van YAHUSHUA SE Bruid.
Hulle voel hulle kan nie genoeg doen vir MY nie.
Nou ken julle die Geheime. Julle sien MY lieflinge. Hierdie is niks wat julle
kan wegsteek nie. Want EK weet wie waarlik, waarlik begeer om die prys te betaal
om YAHUSHUA se Bruid te wees. Want EK sal niemand YAHUSHUA se Bruid noem as
hulle nie hierdie begeerte het nie. Elke dag bid YAHUSHUA se Bruid, "Maak my
Heiliger vir U". YAHUSHUA se Bruid is nederig en Heilig voor MY.
EK, YAHUVEH sê, "Mense, julle mis die punt!"
Bly getrou aan MY nou. Moenie net hoorders wees van MY WOORD nie maar wees
daders van die HEILIGE WOORD (Jak 1:22). Wees Heilig net soos EK Heilig is want
al is julle in hierdie wêreld, moet julle nie optree soos hierdie wêreld nie.
Laat die predikers van wetteloosheid nie MY skape en lammers op ‘n dwaalspoor
lei nie, want elkeen moet “sy eie redding uitwerk met vrees en bewing” (Filip.
2:12). Want “geloof sonder werke is dood” (Jak. 2:20).
MY SEUN YAHUSHUA het SY deel gedoen by Golgota. Nou sê EK, YAHUVEH, vir julle, "Doen
julle deel". Strewe om te gehoorsaam. Moenie sonde vooraf bedink nie. Moenie
verskonings maak vir sonde nie. Moenie die woorde van die predikers ontvang wat
wetteloosheid preek nie.
Want EK, YAHUVEH, sê vir julle, "Hoekom noem julle MY SEUN, YAHUSHUA, HERE, en
gehoorsaam HOM nie?" (Luk. 6:46).
EK, YAHUVEH sê, as julle nie bekeer vir die maniere waarop julle ongehoorsaam is
nie, "Gaan weg van MY, jou werker van ongeregtigheid", (Matt. 7:23; Luk. 13:27)
[sal julle hoor] op Oordeels Dag want EK sal nie staan vir julle om YAHUSHUA SE
HEILIGE BLOED te bespot nie. Julle wat julleself “predikers” noem wat
verskonings maak vir MY mense om te sondig, BEKEER vandag omdat julle MY skape
en MY lammers op ‘n dwaalspoor lei of die VUUR VAN MY VERTERENDE ASEM sal julle
soos kaf in 'N MAGTIGE WIND wegwaai.
EK, YAHUVEH, sê as julle nie hou van hierdie Woorde wat voortgespreek is deur MY
“Ringmaiden” Elisabeth [Elisheva] nie, dan sal julle die gevolge daarvan maai.
Want EK weier om te debatteer.
Daar is maar EEN REGTER. Daar is maar EEN JURIE.
En EK—YAHUVEH—IS die ENIGSTE SKEIDSREGTER.
As julle nie van hierdie Profetiese Boodskap hou nie, moet dit nie na Elisabeth
[Elisheva] toe neem nie, maar neem dit na MY, YAHUVEH toe. Sy is net MY Gesalfde
Boodskapper.
Einde van Profesie
So was dit gespreek, so was dit geskryf op 2 Augustus 2005 om 04:00 vm. deur
hierdie “Ringmaiden” van YAHUVEH & YAHUSHUA vir HULLE Lof, Eer en Heerlikheid.
EK bly 'n nederige diensmaagd,
Apostel Elisabeth Elijah
(Elisheva Eliyahu)
Profesie 87 Hoor O Israel, Jerusalem En Die Res Van Die Wêreld, Wat Ek, Yahuveh, Wil Sê!
In Julie 2010 het YAHUVEH GOD ook beveel om hierdie gedeelte, uit 2 Kronieke, by
te voeg voor elke Profesie:
2 Kronieke 36:16
“maar hulle het die Boodskappers van ELOHIEM uitgelag, SY Woorde verag en met SY
Profete gespot totdat die gramskap van YAHWEH teen SY volk opgekom het, totdat
daar geen genesing meer was nie.”
*******
"Sh'ma Yisrael" Deut. 6:4
"Hoor, Yisrael, YAHUVEH is ons ELOHIEM,YAHUVEH is een”
Geseënd is SY Glansryke Koninkryk vir altyd en ewig.
Profesie BEGIN
Hoor o Geliefde Israel, Jerusalem en die res van die wêreld. Kan julle nie jul
Skepper hoor huil en wroeg oor hoe ver julle van MY Heiligheid afgedwaal het
nie? Julle kan nie sê julle weet nie wat is reg en wat is verkeerd nie want o
Israel en Jerusalem het EK nie MY Torah op julle harte geskryf nie en het EK
julle nie beveel om die Torah wette vir julle kinders te leer nie? Is julle nie
die saad van Abraham, Isak en Jakob nie? Het julle nie enige iets geleer van
julle Koning Dawid en van Josua nie? So wat is julle verskoning?
Watter verweer het julle om die gruwels toe te laat soos homoseksuele propaganda
gemik op julle jeug om hulle te verdorwe. Hoekom verwelkom julle wat EK 'n
gruwel noem en 'n bespotting van die huwelik? Maak julle aanspraak op onkunde
teenoor MY Tanakh? Verstaan julle nie hoe julle 'n skande bring oor alles wat
Heilig is deur hierdie verdorwenheid toe te laat om in te kom in dit wat eens op
'n tyd die Heilige Stad genoem was nie?
Vir die van julle in Israel en Jerusalem wat wel huil en weeklaag vir die
boosheid wat gebring was na Israel toe en julle het jul bes gedoen om te
protesteer, weet dat EK julle sal beloon in die mate wat julle protesteer teen
die homoseksuele gees en die bose gees van Molech genoem aborsie. Hoekom o
Israel vermoor julle eie vroulike soldate die onskuldige babatjies terwyl
binne-in hulle baarmoeders in plaas daarvan om eerbaar te bly? Verstaan julle
nie EK sal julle nie seën nie totdat julle gehoorsaam en bekeer en wegdraai van
jul bose weë en Heilig is vir MY, YAHUVEH?
O Israel en Jerusalem, waar is die vrees, gehoorsaamheid, eerbied, Heilige
ontsag wat julle voorvaders Moses, Abraham, Isak, Jakob, Josef, Dawid en Josua
gehad het? Is dit nodig dat EK aangaan? O manne van Israel, hoekom dink julle
jul militêre krag maak van julle dapper helde? Verstaan julle nie dit is julle
geregtigheid deur MY SEUN YAHUSHUA wat sal maak dat EK jul oorloë sal veg en dat
julle sal oorwin nie?
O Vroue van Israel en Jerusalem, waar is die Heilige werktuie wat MY, YAHUVEH
vrees, meer as wat julle vees wat mans sê? Waar is die vroue van Israel met die
Heiligheid en gehoorsaamheid en geloof soos ‘n Sarah, Deborah, Rut, Ester of
Miriam? Hoekom word die Delila's en die gees van Jezebel toegelaat om te besmet
wat veronderstel is om Heilig te wees? Weet julle nie dat een van MY Twee
Getuies 'n gees sal hê soos Deborah s'n nie wie 'n Regter was oor die hele
Israel.
Hoe kan julle waag om MY te vra om Israel en Jerusalem te seën totdat julle
staan vir Heiligheid? Kan julle nie sien EK is redelik in alle weë nie; EK is
Almagtig in liefde en in oorlog. EK seën diegene wat gehoorsaam is aan MY,
YAHUVEH, en EK vervloek diegene wat verontagsaam. Kan julle nie sien dit is in
julle eie Torah en Tanakh geskryf nie daar is heilge salwings krag in MY NAAM,
wat YAHUVEH is? Sê MY Woord nie in Psalm 91 "EK sal hom verhef, omdat hy MY naam
ken nie"? Hoekom ondersoek julle dit nie self en tel hoeveel keer EK seëninge
uitgespreek het oor diegene wat MY HEILIGE, HEBREEUSE NAAM ken en gebruik nie?
Hoekom het julle die “Rabbi's” toegelaat om hierdie seën te steel by julle? Dit
is nie hoe dit altyd was nie. Watter liefdevolle Vader steek sy naam weg vir sy
kind?
MY Naam is YAHUVEH en dit maak nie vir MY saak hoe julle dit spel of uitspreek
nie, solank julle erken MY Naam het "YAH" daarin en so ook het MY SEUN die
enigste MESSIAS SY Naam is YAHUSHUA dit maak nie saak hoe julle dit spel nie
solank julle MY Naam "YAH" daarin hou. ONS Naam is nie net 'n titel soos HaShem
of Here of Adonai nie. MY Naam is bo alle name en dit is YAHUVEH. Neem terug wat
die “Rabbi's” van julle gesteel het. Julle gebruik MY Naam ydelik wanneer julle
dit spel as G-D of dit afkort as YHVH of YHWH want hoe word daardie uitgespreek?
Jy het 'n naam, wat laat jou dink dat EK jou Skepper nie 'n naam het nie?
Wanneer jy bid noem MY op MY Naam, YAHUVEH. Diegene met geestelike ore sal hoor
alle ander sal doof bly.
O Israel, hoekom gehoorsaam julle nie die wette wat vir julle neergelê was op
die Berg Sinai nie. Het EK julle nie apart gestel vir MY heerlikheid nie? Het EK
julle nie liefdevol beskerm teen die plae en vloeke wat oor julle vyande gekom
het nie? Het EK julle nie veilig oor die Rooisee gebring, deur dit te skei en
julle vyande, die Egiptenaars te laat verdrink nie? Is julle ooit gepla om te
tel hoeveel wonderwerke EK ter wille van julle gedoen het? O Israel en
Jerusalem, dink julle EK hou daarvan om julle te slaan om julle aandag te kry?
Daar is niemand soos julle nasie op die aangesig van hierdie aarde nie. EK het
julle soveel geseën, maar hoe het julle jul Skepper geseën en gehoorsaam? Keer
terug na MY toe o Israel sodat EK julle oorvloedig kan seën. EK kan nie enige
iemand seën wat in rebellie is nie. Kies julle vandag watter ELOHIM julle sal
dien!
O Israel, hoe bedroef is MY hart EK is YAHUVEH, EK is die ELOHIM van Israel al
was julle soos 'n uitdagende rebelse vrou. Julle doen die teenoorgestelde van
wat EK julle voorvaders, Moses, Abraham, Isak, Jakob, Dawid en Josua beveel het
wat MY Wil eerste gestel het om die gebooie te gehoorsaam gegee aan Moses op die
Berg Sinai. Julle Koning Dawid het oorwinning gehad in die gevegte, so ook het
Josua want hulle het geweet dit was nie deur hulle mag nie, ook nie deur die
getalle en krag van hulle vegters en wapens nie. Die oorwinning het gekom omdat
hulle MY, YAHUVEH, se Wil eerste gestel het. Hulle het na MY toe gekom met
berouvolle harte, vas, gesalfde gebed, aanbidding en lofprysing. Hulle het
geweet die vyande was oorgelewer in MY hande. Hulle het geweet hulle was gebruik
om te veg in die gevegte maar dit was EK, YAHUVEH, wat die oorloë gewen het vir
MY Lof, Eer en Heerlikheid alleen!
O Israel, julle het alle reg om julself te verdedig maar tot julle skande, maak
julle nie meer staat op MY wapens van oorlog nie. Julle sal omring word aan alle
kante want julle maak staat op 'n Judas genaamd Amerika vir julle Wapens. Julle
moet verstaan, EK is YAHUVEH, en EK sal nie gespot word selfs deur Israel nie.
Ja, EK het 'n verbond met Abraham gesluit om Israel te beskerm en te seën maar
eerstens moet julle 'n seën wees vir MY. Julle moet julle deel doen en MY
gehoorsaam voor julle in MY seëninge kan wandel van Deut. 28.
EK, YAHUVEH, seën diegene wat 'n seën is vir MY, YAHUVEH en YAHUSHUA. EK kan nie
die opstandiges seën nie. EK moet diegene tug wat EK liefhet anders kan EK nie
sê dat EK julle liefhet nie. EK rou oor dit wat EK moet doen want net 'n
oorblyfsel van Israel sal gered word. O Israel, julle straf julle vyande veel
meer as wat EK bestem het, want julle vergeet dat Abraham voor MY aangesig is en
herinner MY dat julle vyande ook die saad van Abraham is deur Ismael. Julle
verloën MY SEUN YAHUSHUA se Heilige Reddende Bloed wat Jerusalem se grond
deurweek, net soos hulle doen.
Selfs duisende jare later bedek een druppel van YAHUSHUA se Reddende Bloed die
wêreld, maar julle weier om die geskenk te aanvaar wat EK vir julle gegee het as
julle Bloed Offer, groter as enige dierebloed offer. EK het nie net toegelaat
dat MY geliefde SEUN YAHUSHUA gekruisig word vir die sondes van hierdie wêreld
en om te sterf en begrawe te word in ‘n graf nie. EK het YAHUSHUA uit die dood
opgewek, as 'n teken vir Israel, nie alleenlik is daar lewe na die dood nie maar
EK, YAHUVEH, het Jerusalem gekies vir YAHUSHUA om te sterf en begrawe te word op
julle grond en weer op te staan. O Jerusalem, die tyd is op hande wanneer die
wêreld sal sê, "Julle gaan sekerlik sterf en nie weer opstaan nie", maar wanneer
Israel BEKEER en gehoorsaam, sal EK Israel weer opwek.
Hoor o Israel, Jerusalem en die res van die Wêreld. EK, YAHUVEH, het dit gedoen
vir meer as een rede. YAHUSHUA simboliseer julle wonderbaarlike geboorte as 'n
nasie soos YAHUSHUA apart gestel is vir MY heerlikheid. Israel is julle ook
bedoel om apart te wees om vir MY, YAHUVEH Heerlikheid te bring veral in hierdie
eind tye. EK het Lewende Water deur julle klaagmuur laat vloei gesimboliseer
deur YAHUSHUA se trane toe HY in die Tuin van Getsemane was. HY het gehuil vir
Jerusalem en Israel, soos EK, YAHUVEH, nou doen.
Hoor o Israel, EK berei MY Twee Getuies voor wat nou op hierdie aarde leef en
wie binnekort weggevoer sal word Hemel toe en weer sal terugkeer toegerus met
nuwe salwings Kragte uit die Hemel en 'n Verheerlikte Liggaam, nie langer
onderhewig aan die gebondenheid van 'n fisiese liggaam nie. MY Twee Getuies sal
weer na julle toe kom met tekens, wonders en wonderwerke, MY, YAHUVEH se Naam en
Heerlikheid verkondig en die Naam van die enigste Prins van Vrede wie die
enigste MESSIAS is, YAHUSHUA MY SEUN. MY Twee Getuies sal weer kom om julle te
bestraf o Israel en julle waarsku om te bekeer.
Hoor o Israel en Jerusalem, omdat julle YAHUSHUA se bloed geweier het by Golgota
om julle sondes weg te was, sal julle bloed hê duidelik tot bo by die perde se
stange en dit sal deur julle land vloei. (Openbaring 14:20).
Hoor o Israel en Jerusalem, Jakob het geworstel met MY, YAHUVEH, en hieroor was
hy kreupel en het mank geloop. (Genesis 32:24-26). Julle het met MY geworstel o
Israel en julle sal kreupel word, nooit ware vrede ken nie totdat julle uitroep
GESEËND IS HY WAT KOM IN DIE NAAM YAHUSHUA ha MASHIACH! Dan sal julle geseën
wees op maniere oorvloedig meer as wat julle durf droom of voor vra.
YAHUSHUA het die oë van blindes geopen en die skille het van hul oë afgeval en
hulle het YAHUSHUA geloof vir hul sig tot Lof en Eer vir MY, YAHUVEH. Maar julle
o Israel en Jerusalem, julle het ontken dat hierdie wonderwerke van die Hemel
was en so is julle nou blind en het skille op jul oë en dit is hoekom julle
mislei sal word deur die seun van satan wie sommige die anti-messias noem vir 3
½ jaar sal julle mislei word en sy vals vrede glo.
YAHUSHUA ha MASHIACH het bewys Hy is MY, YAHUVEH se SEUN, terwyl HY tekens
wonders en wonderwerke gedoen het regoor Jerusalem en Israel. Tog het julle HOM
vervolg hiervoor en het die wonderwerke, werke van die duiwel genoem. In die
Groot Verdrukking sal satan se seun (anti-messias) na julle toe kom en julle
mislei met vals tekens, wonders en wonderwerke en hulle sal kragte van satan
wees omdat julle die waaragtige verwerp het sal julle verkul word met die vals
tekens, wonders en wonderwerke. (Openbaring 13:11)
MY Twee Getuies sal weer bedien soos YAHUSHUA gedoen het. MY Twee Getuies se
skaduwees sal genees, herstel en bevry en selfs die Heilige gemartelde dooies
sal opstaan. Kos sal 'n duisendvoudig vermenigvuldig word soos die broodjies en
die visse was toe YAHUSHUA gebid het. Wat eens gedoen was sal weer gedoen word
in Jerusalem en na wie ookal of waarheen ookal MY Twee Getuies gestuur word en
ontvang en geglo word sal hierdie wonderwerke weer gedoen word in YAHUSHUA se
Naam. Hulle sal bedien soos YAHUSHUA gedoen het en oordeel uitroep oor die
Fariseërs. Soos YAHUSHUA geoffer was, sal MY Twee Getuies hulself offer en
doodgemaak word maar 3 ½ dae later opstaan uit die dood as 'n teken dat YAHUSHUA
LEEF en HEERS en REGEER uit die Hemel en HY waarlik die SEUN is van MY, YAHUVEH.
(Openbaring 11:3-13).
Hoor o Israel, Jerusalem en die res van die Wêreld, soos YAHUSHUA gevrees was
deur die heidene, beskimp, gespot, gehaat, vervolg was en mislukte pogings op SY
lewe gemaak was so sal MY Twee Getuies ook dieselfde lot ondergaan. Soos
YAHUSHUA die onvrugbare vyeboom vervloek het en dit verwelk en doodgegaan het
omdat dit nie vrug gedra het nie, so sal MY Twee Getuies ook die onvrugbare
werke en sonde vervloek van die mensdom. (Mattheus 21:18-20). Die vrugtelose
vyeboom wat die heidense mensdom simboliseer sal ook verwelk en doodgaan terwyl
Woorde van Vuur voortkom uit MY Twee Getuies se monde. Die vyande haat vir
YAHUSHUA, Heiligheid en MY Twee Getuies en dit sal wees soos in die tye van Elia
van Ouds (In Hebreeus, Eliyahu) en MY vyande sal verteer word met vuur.
Hoor o Israel, Jerusalem en die res van die Wêreld, soos YAHUSHUA die vrou by 'n
put ontmoet het in Samaria en vir haar die Lewende Water gegee het by die put en
sy die waarheid ontvang en teruggegaan het na haar stad en die goeie nuus en die
Lewende Water van waarheid met ander gedeel het. (Joh 4). Terwyl YAHUSHUA vir
die vrou by die put gesê het gaan en drink van hierdie Lewende Water en jy sal
nooit weer dors ly nie. Is MY SEUN YAHUSHUA die Fontein van Lewe, YAHUSHUA is
die Put van Lewende Water niemand kan na MY, YAHUVEH toe kom sonder om te drink
van SY Fontein van Lewe en sonder om SY Bloed Offer by Golgota te aanvaar nie.
Hoor o Israel, Jerusalem en die res van die Wêreld, EK stuur keer-op-keer vir
julle die Lewende Water deur MY gesalfde werktuie maar julle het die Lewende
Water teruggegooi in hulle gesigte. Julle het MY Profete vervolg, geslaan,
verban, opgesluit en doodgemaak. Om hierdie rede sal EK MY Twee Getuies na
Jerusalem toe stuur en hulle sal profeteer teen die boosheid wat julle o Israel
gedoen het, besig is om te doen en nog gaan doen. MY Twee Getuies sal die hemel
seël en geen reën sal val nie want julle weier en verwerp die Lewende Water van
YAHUSHUA. MY Twee Getuies sal al die vloeke loslaat van Deut 28 op diegene wat
ongehoorsaam is en diegene wat die godheid van MY Geliefde SEUN YAHUSHUA
verloën. MY Woede sal op almal val wat YAHUSHUA se NAAM vervloek. MY onverdunde
woede sal almal verteer wat die merk van die dier dra en die dier aanbid.
(Openbaring 13:16-18).
Hoor o Israel, Jerusalem, en die res van die Wêreld, omdat julle weier om te
luister na MY Heilige gesalfde profete wie se enigste begeerte is om gehoorsaam
te wees en MY, YAHUVEH te dien, sal EK MY Twee Getuies stuur wat die salwing sal
hê soos Moses en Elia van Ouds [in Hebreeus, Eliyahu]. Hulle sal gestuur word om
die een wat die anti-messias genoem word wat die seun van satan is, die vals
profeet en al sy dienaars wat die merk van die dier sal dra te teister, net soos
Moses gebruik was om die bose Farao te teister, so sal ek ook MY Twee Getuies
gebruik.
Soos Moses vloeke en oordele oor die Egiptenaars uitgespreek het as bewys van
MY, YAHUVEH se krag, so sal dit ook weer wees, net soos Moses die Rooisee
verdeel het sodat die Israeliete kon deurgaan hul vyande te ontvlug, so sal dit
ook weer wees. Net 'n getroue oorblyfsel sal gered word in Israel en net omdat
hulle teruggekeer het na Heiligheid die eerste wette onderhou wat EK, YAHUVEH
geskryf het gegraveer het met MY eie vinger van outoriteit en dat hulle MY SEUN
YAHUSHUA aanvaar en aanbid as hulle MESSIAS, en bekeer van hulle sondes.
EK sal alleenlik diegene beskerm wat die Naam van YAHUSHUA seën. HY was gebore
op hierdie aarde uit 'n Hebreeuse maagdelike vrou sonder die saad van 'n man.
Bewysend dat YAHUSHUA MY, YAHUVEH se enig Verwekte SEUN is wie gestuur was na
hierdie aarde toe met MY Woorde en outoriteit. YAHUSHUA is die Lewende Torah en
julle het HOM verloën o Israel, Jerusalem en die meerderheid van die wêreld,
wanneer julle HOM ontken, ontken julle MY, YAHUVEH. EK het YAHUSHUA eerste na
die Jode toe gestuur en toe na die Heidene om MY Outoriteit en Heerlikheid te
demonstreer.
EK sal MY Twee Getuies uitstuur een man en een vrou, om MY, YAHUVEH se
outoriteit te demonstreer en om MY, YAHUVEH se oordele en vervloekings neer te
roep en om gesalfde woorde voort te spreek en die Krag te wys in die Heilige
Gewyde Name van MY, YAHUVEH, en YAHUSHUA. Luister waarlik en hoor o Israel en
Jerusalem, EK sal Israel nie seën nie totdat julle die NamE van YAHUVEH en
YAHUSHUA seën en totdat julle die Heiliges seën wat kom en bedien in ONS NamE.
Hoor o Israel, Jerusalem en die mense van die aarde, daar is net een weg terug
Hemel toe en dit is deur die Heilige Offer gegee aan hierdie planeet aarde wat
die sondes van die mense bedek en dit is deur die Naam en Bloed van YAHUSHUA.
Julle moet HOM aanvaar as MY, YAHUVEH se enig Verwekte SEUN en julle sondes sal
vergewe en weggewas word deur die enigste reddende Bloed van YAHUSHUA maar dan
moet julle bekeer en wegdraai van julle sondes en gehoorsaam wees. (Johannes
14:6)
Hoor o Israel, hierdie is die boodskap wat MY Twee Getuies sal voortspreek.
Enige vyand van YAHUSHUA is 'n vyand van MY, YAHUVEH en as hulle nie bekeer nie
is daar geen vergewing vir daardie sonde nie. Die Hel sal hulle volgende tuiste
wees.
Hoor o Israel, Jerusalem en die res van die Wêreld, daar is geen koninklike
bloed op hierdie aarde nie behalwe deur die gestorte Bloed van YAHUSHUA ha
MASHIACH. Alleenlik diegene wie se name reeds geskryf is in die Lam se Boek van
Lewe (Openbaring 17:8) voor die grondlegging van hierdie aarde kan die
koninklike bloedlyn eis deur die koninklike bloed van die KONING van die HEELAL,
die KONING van KONINGS, HERE van die HERE, YAHUSHUA ha MASHIACH, KONING van die
Jode! Alle ander wat hulself as mense van 'n koninklike, aardse bloedlyn noem is
bedrieërs en daar is niks koninklik in hulle nie. Net MY Mense wat ingeënt is
deur die bloedlyn van YAHUSHUA ha MASHIACH is Koninklik in MY oë. Net YAHUSHUA
se Bruid sal gekroon word in die Hemel.
MY Twee Getuies is deel van YAHUSHUA se Eersteling Bruid van Openbaring 14. Die
liggaam wat hulle sal ontvang sal 'n Verheerlikte Liggaam wees. Net soos
YAHUSHUA onsigbaar geloop het deur 'n skare toe die vyand HOM wou doodmaak so
sal ook MY Twee Getuies dieselfde doen. (Lukas 4:28-30)
Hoor o Israel, Jerusalem en die res van die Wêreld, net soos satan nie vir
YAHUSHUA kon dood hou nie en YAHUSHUA weer op die 3de dag opgestaan het, so ook
ongeag wat satan, die vals profeet en satan se seun, die anti-messias doen, sal
hulle nie kan verhoed dat MY Twee Getuies uit die dood opstaan 3 ½ dae na hul
dood nie. Satan kan nie verhoed dat mense regoor die wêreld dit gaan sien en
daarvan hoor nie en hul lewens en hulle siele oorgee en YAHUSHUA aanvaar as die
enigste ware Messias die SEUN van MY, YAHUVEH nie.
Hoor o Israel, Jerusalem en die res van die Wêreld, net soos YAHUSHUA opgevaar
het na die Hemel voor getuies so sal ook MY Twee Getuies opvaar na die Hemel
voor getuies van hierdie wêreld. Op julle luggolwe wêreldwyd, sal hierdie gesien
word. Soos dit geskryf is sal die wat ontslaap het in (Christus) YAHUSHUA
MESSIAS eerste opstaan, hierdie was 'n geheim en was reeds deur hierdie profeet
vrygestel. MY Twee Getuies saam met MY ander Heilige kinders wat gemartel word
op dieselfde tyd hierdies sal die dooies wees wat eerste opstaan demonstrerend
van die gesalfde krag wat YAHUSHUA opgewek het deur MY hand. EK, YAHUVEH, sal
dit weer doen vir die wêreld om te sien.
Soos dit geskryf is, "Hulle wat oorbly in die lewe, sal weggevoer word om
YAHUSHUA in die lug te ontmoet", hierdies sal die Openbaring 7 Bruid insluit.
Die tyd van getuienis is 3 ½ jaar gesimboliseer deur 3 ½ dae en MY Twee Getuies
se liggame sal dood lê alhoewel hulle Geeste in die Hemel sal wees. 3 ½ dae
later sal hul Geeste teruggeroep word in hulle liggame in soos YAHUSHUA en
opstaan uit die dood en menigtes sal neerbuig, bekeer en YAHUSHUA aanbid as MY
SEUN en die ware MESSIAS. (Openbaring 11)
Hoor o Israel, Jerusalem en die res van die Wêreld, soos dit geskryf is, die een
wie julle Johannes die Doper noem, het die weg vir MY SEUN YAHUSHUA voorberei so
sal dit weer wees terwyl MY Nuwe Elia [in Hebreeus, Eliyahu] die weg voorberei
vir YAHUSHUA wat sal terugkeer om te heers en regeer op aarde soos HY in die
Hemel gedoen het.
Hoor o Israel, Jerusalem en die res van die Wêreld, MY Twee Getuies kom nie net
met die salwing en die Gees soos die van Moses nie maar kom ook met die Gees en
salwing soos die van Elia [in Hebreeus, Eliyahu]. Geen wapen sal hulle stop nie
hetsy geestelik, mensgemaak, biologies of chemies. In plaas daarvan, watter
wapen ookal teen hulle gebruik word daardie wapen sal terug boemerang op die
vyande. Geen leed sal oor hulle kom nie tot die einde van 3 ½ jaar van getuienis
en net wanneer EK hulle toelaat om doodgemaak te word vir MY Eer om te bewys EK
sal hulle weer opwek in 3 ½ dae.
Hoor o Israel, Jerusalem en die res van die Wêreld, net soos EK, YAHUVEH, vir
Elia van Ouds [in Hebreeus, Eliyahu] die salwing gegee het om sy vyande met vuur
te verteer so sal ook MY Twee Getuies dieselfde doen. Net soos YAHUSHUA beheer
en outoriteit gehad oor die wind en die golwe, so sal ook MY Twee Getuies
dieselfde doen. EK, YAHUVEH, sal MY Twee Getuies die krag gee om te vertaal
enige plek in die wêreld. EK, YAHUVEH, sal hulle die gesag gee om MY Heilige
Skape en Lammers, die Openbaring 7 Bruid, te beskerm en om die Gaste van die
Bruilofsmaal van die Lam te bemoedig wie op aarde is gedurende hierdie tyd.
Hoor o Israel, Jerusalem en die res van die Wêreld, hoe julle jul tande sal
kners van woede o vyande wat YAHUSHUA verloën as die Ware Messias. Weet dit, MY
Twee Getuies sal julle nie uit julle Sinagoges, Tempels en Kerke kan uithou nie
net soos julle nie vir YAHUSHUA kon uithou uit julle Sinagoges in die tye van
ouds nie. MY Twee Getuies sal aan die vyande van YAHUSHUA verskyn, MY, YAHUVEH,
se woede ten toon stel. MY Twee Getuies sal selfs in die anti-messias se
slaapkamer instap hom teister in sy eie huis en die vals profeet se huis en ook
hy sal die teistering van MY Twee Getuies nie vryspring nie.
MY Twee Getuies sal gaan na wie ookal of waarheen ookal so dikwels as wat EK
hulle stuur. Geen vyand sal instaat wees om hulle uit te hou nie of hulle te
keer om die seun van satan en die vals profeet te teister en uit te tart nie tot
die 3 ½ jaar van getuienis verby is. EK sal hulle direk in hulle slaapkamers
instuur terwyl hulle slaap en probeer rus en eet. EK, YAHUVEH, sal die vyande
vervolg soos Moses gedoen het en niks sal hulle stop nie, geen alarms, geen
wagte en geen wapens sal voorspoedig wees teen MY Twee Getuies nie tot 3 ½ jaar
van getuienis verby is en dit is wanneer hulle werk klaar is. Die vyand kon nie
vir YAHUSHUA keer om te bedien nie mense om die waarhede te aanvaar nie en
niemand sal instaat wees om ook MY Twee Getuies te keer nie.
Hoor o Israel, Jerusalem en die res van die Wêreld, julle kon nie die mond van
Johannes die Doper stil kry nie totdat EK, YAHUVEH, dit toegelaat het en
alleenlik omdat sy werk op aarde van getuienis klaar was. Net soos julle nie die
monde van MY Twee Getuies kan stil kry nie wat sal aanhou praat met die salwing
soos Johannes die Doper. MY Twee Getuies sal MY oordeel Profeteer; vloeke
neerroep soos hulle wil en praat oor dit wat gaan kom. Hulle sal bestraf met
boodskappe gevul met oortuiging en bekering en met 'n salwing selfs groter as
die van Johannes die Doper.
MY SEUN kan nie kom as die Prins van Vrede na Israel toe nie alvorens baie
afgryslikhede plaasvind tot na die vervalsing kom. Wanneer julle bid vir die
Prins van Vrede om na Israel toe te kom nou, ken julle nie die afgryse wat eers
moet plaasvind nie, maar dit sal gebeur. Dit het begin om te gebeur. Want 'n
trein is op loop gesit wat nie gestop sal word nie.
(Elisabeth (Elisheva) word ‘n visioen gewys: Ek sien twee treine kom en hulle
besef dit nie, maar hulle gaan bots want hulle is op dieselfde spoor!)
EK tug vir Israel omdat Ek Israel liefhet maar die treine sal bots want albei
van hulle is op die verkeerde spoor. Die Bruid van YAHUSHUA voel wat gebeur in
fisiese Israel. Want die Bruid van YAHUSHUA is geestelike Israel. Fisiese Israel
julle sal geseën word met die seëninge van Deut. 28 wanneer julle terugkeer na
Heiligheid en gehoorsaam is aan MY, YAHUVEH, en die enigste manier hoe dit
gedoen word is wanneer julle YAHUSHUA as julle MESSIAS aanvaar en erken dat HY
julle enigste Bloed Offer is wat by Golgota gegee was. Die seëninge wat EK
gereserveer het is vir Geestelike Israel en vir al diegene wat MY liefhet, MY
gehoorsaam en MY eerste stel in hulle liefde en hulle lewe, diegene wat MY Torah
gehoorsaam, diegene wat die Gewydheid van MY Heilige Naam respekteer en diegene
wat YAHUSHUA as MESSIAS ontvang.
Dit is hoekom julle bedroef is terwyl julle sien en julle voel wat gebeur in
Israel. Abraham is voortdurend voor my aangesig en sê: “Wat gaan U doen met die
kinders van Ismael, het U nie die saad van my ander seun lief nie? Stuur u
boodskapper na my saad toe en gee hulle 'n kans om te glo.” Dit is hoekom julle
huil vir Lebanon want is hulle nie die saad van Abraham nie? EK het geestelike
Israel wat in Lebanon sit wat YAHUSHUA aanvaar het as MESSIAS.
EK het MY Bruid van YAHUSHUA in Lebanon. EK het MY Bruid in Irak en Iran. EK het
MY Bruid in Sirië. Onthou om te bid vir die Bruid van YAHUSHUA ongeag waar sy
verstrooi is reg oor hierdie wêreld. EK het MY Bruid van YAHUSHUA in China, EK
het MY Bruid van YAHUSHUA in Rusland, Ek het MY Bruid van YAHUSHUA in Hong Kong,
EK het MY Bruid van YAHUSHUA in Australië, EK het MY Bruid in Amerika, Kanada,
Duitsland, Frankryk en Europa, EK het hulle verstrooi regdeur die wêreld. EK het
MY Bruid van YAHUSHUA in Indië, Indonesië, Afrika, Suid Amerika en regoor die
wêreld.
Net omdat julle lande 'n ander nasie as die vyand bestempel, moet dit nie julle
vyand maak nie, want die regerings van hierdie wêreld is nie van MY nie. Hulle
praat nie namens MY nie, hulle respekteer MY nie en hulle wil geen deel van MY
hê nie. Julle vyande is diegene wat EK verklaar is julle vyande. Die saad van
satan is julle vyand. Wie is die saad van satan dit is almal wie se name NIE
gevind word in die Lam se Boek van Lewe nie. Hulle was nooit MYNE toe hulle op
hierdie aarde gebore was nie.
(Bid hardop in Engels Heilig, Heilig, Heilig)
O Israel, o Jerusalem, EK huil en EK weeklaag oor julle. Julle het 'n vorm van
Godsdiens maar waar is die Goddelikheid van binne? Julle wil hê die wêreld moet
julle genadig wees, maar waar is julle genade o Israel? Julle het die reg om
julself te verdedig maar julle het die lyn oorgesteek toe julle die wapens
opgeneem het van biologiese en chemiese oorlogvoering. EK is nêrens in hierdie
gevegte nie, julle roep nie uit na MY, YAHUVEH, vir hulp nie, julle probeer dit
doen met julle eie hand gebruik die wapens van 'n ander land. Wanneer julle
biologiese en chemiese oorlogvoering gebruik straf julle jul vyande veel meer as
wat EK ooit toegelaat het. Pasop want julle sal die warrelwind van MY, YAHUVEH,
se woede maai terwyl dit wat julle stuur terugkom in jul gesig. Die nasies wat
hierdie wapens aan julle gee sal dieselfde lot maai.
Wanneer EK MY Twee Getuies uitstuur, stuur EK hulle na beide saad van Abraham.
EK stuur hulle nie net uit na die Stam van Juda nie maar al die Israeliete,
Arabiere en Heiden nasies sal hoor. Wat hulle spreek in Israel sal uitgesaai
word oor die luggolwe en koerante reg oor die wêreld. EK het hierdie tyd gekies
met sy tegnologie, want MY woorde sal gehoor word regoor die wêreld want daar is
geen tyd soos hierdie nie.
Satan het hierdie tegnologie gebruik om sy agenda te bevorder maar EK gebruik
die tegnologie om MY agenda te bespoedig. O, waar is die klaagliedere? Waar is
die gehuil en weeklaag? Hoekom skud mense net hul koppe en sê, "is dit nou nie
te jammer nie"? Hoekom staan die geestelike Israel nie op nie? Hoekom bid hulle
nie want Ek het 'n oorblyfsel saad in Lebanon. Wat as dit julle Babas was? Wat
as dit julle vrouens was, julle mans, julle geliefdes, julle families en julle
bure? Wat as dit julle huise was? Waansin het sy sitplek ingeneem in die
Regerings.
O Israel, o Jerusalem, julle mense huil en weeklaag, hulle hardloop in
verwarring, EK huil oor almal. Dit sal net wees wanneer EK, YAHUSHUA, kom dat
daar vrede sal wees tussen die Broers, die vrede op Abraham se saad. Tot en met
daardie tyd soos dit nog altyd was sal julle albei probeer om mekaar van die
aangesig van die aarde af te vee. Wanneer die vals vrede kom sal die woede en
die haat nog steeds daar wees. Daar is geen vrede nie tot die PRINS VAN VREDE
KOM (Jes 9:6), en dit is EK, YAHUSHUA ha MASHIACH!
*******
So is dit gespreek, so is dit geskryf gegee aan hierdie Kind van YAHUSHUA
Apostel Elisabeth Elijah (Elisheva Eliyahu) 27/8/06
Daar was 'n persoonlike krisis wat in my lewe ingekom het terwyl die vyand my
familie op 'n ander manier getref het. Dit was om my te verhoed om hierdie
profesie vry te stel. Hierdie profesie het in 2 dele na my toe gekom maar ek
moet die tweede deel nog nie vrystel nie, YAHUVEH sê daar is soveel geestelike
vleis hier om te verteer wat openbarings uit die Hemel is. EK het geen idee
hoekom hierdie woord aan my vrygestel is nie, met 'n werks-opdrag beskrywing vir
die Twee Getuies.
Daar is 'n prys om te betaal vir 'n profeet om hierdie soort openbarings uit die
Hemel te ontvang, en die geestelike aanvalle was baie intens gedurende hierdie
tyd, maar ons het die OORWINNING in die Naam van YAHUSHUA.
* * * * * * *