Shabbat Shalom!
Mishpatim / Wette
- hierdie week se profetiese leeswerk.


Jeremia 33:25-26; Jeremia 34:8-22;

33

25 So sê YAHUVEH: As EK MY verbond met dag en nag, die insettinge van hemel en aarde, nie vasgestel het nie,
26 dan sal EK ook die nageslag van Jakob en van MY kneg Dawid verwerp, dat EK nie uit sy nageslag heersers sal neem oor die nageslag van Abraham, Isak en Jakob nie; want EK sal hulle lot verander en MY oor hulle ontferm.

*~ Jeremia Hoofstuk 34 ~*


8 Die Woord wat van YAHUVEH tot Jeremia gekom het nadat koning Sedekía ‘n verbond gesluit het met die hele volk wat in Jerusalem was, om vir hulle ‘n vrylating uit te roep,
9 dat elkeen sy slaaf en sy slavin, ‘n Hebreeuse man of Hebreeuse vrou, vry moet laat weggaan, sodat niemand ‘n Jood, sy broer, vir hom diensbaar sou maak nie.
10 En al die vorste en die hele volk wat die verbond aangegaan het, het gehoor gegee dat elkeen sy slaaf en sy slavin vry sou laat weggaan, sodat dié nie meer aan hulle diensbaar sou wees nie; ja, hulle het gehoor gegee en hulle laat weggaan.
11 Maar daarna het hulle weer die slawe en slavinne laat terugkom wat hulle vry laat weggaan het, en hulle het dié as slawe en slavinne onderdanig gemaak.
12 Toe het van YAHUVEH die Woord van YAHUVEH tot Jeremia gekom en gesê:
13 So spreek YAHUVEH, die ELOHIM van Israel: EK het ‘n verbond gesluit met julle vaders op die dag toe EK hulle uit Egipteland, uit die slawehuis, uitgelei het, met die woorde:
14 Aan die einde van sewe jaar moet julle elkeen sy broer, die Hebreër wat aan jou verkoop is en jou ses jaar lank gedien het, laat weggaan; jy moet hom as vryman van jou af laat weggaan. Maar julle vaders het na MY nie geluister en geen gehoor gegee nie.
15 En júlle het vandag tot inkeer gekom en gedoen wat reg is in MY oë, om ‘n vrylating uit te roep, elkeen vir sy naaste; en julle het ‘n verbond gesluit voor MY Aangesig, in die huis waaroor MY Naam uitgeroep is.
16 Maar julle het weer gedraai en MY Naam ontheilig, en elkeen het sy slaaf en sy slavin wat julle vry laat weggaan het volgens hulle begeerte, laat terugkom; en julle het hulle onderdanig gemaak om julle slawe en slavinne te wees.
17 Daarom, so sê YAHUVEH: Júlle het na MY nie geluister om ‘n vrylating uit te roep elkeen vir sy broer en vir sy naaste nie; kyk, EK roep ‘n vrylating uit, spreek YAHUVEH, om julle oor te gee aan die swaard, die pes en die hongersnood, en EK sal julle ‘n skrikbeeld maak vir al die koninkryke van die aarde.
18 En EK sal die manne wat MY verbond oortree het, wat die woorde van die verbond nie gehou het wat hulle voor MY Aangesig gesluit het nie, maak soos die kalf wat hulle in twee stukke gesny het en tussen die stukke waarvan hulle deurgegaan het:
19 die vorste van Juda en die vorste van Jerusalem, die hofdienaars en die priesters en die hele volk van die land wat tussen die stukke van die kalf deurgegaan het.
20 En EK sal hulle gee in die hand van hulle vyande en in die hand van die wat hulle lewe soek; en hulle lyke sal dien as voedsel vir die voëls van die hemel en die wilde diere van die aarde.
21 En Sedekía, die koning van Juda, en sy vorste sal EK oorgee in die hand van hulle vyande en in die hand van die wat hulle lewe soek, naamlik aan die leër van die koning van Babel wat van julle af opgetrek het.
22 Kyk, EK gee bevel, spreek YAHUVEH, en sal hulle na hierdie stad terugbring; en hulle sal daarteen oorlog voer en dit inneem en met vuur verbrand; en EK sal die stede van Juda ‘n wildernis maak, sonder inwoner.

Mattheus 26:20-30;

20 En toe dit aand geword het, was HY met die twaalf aan tafel.
21 En terwyl hulle eet, sê HY: Voorwaar EK sê vir julle, een van julle sal MY verraai.
22 Toe word hulle baie bedroef en begin elkeen van hulle aan HOM te sê: Is dit miskien ek, Here?
23 Toe antwoord HY en sê: Hy wat saam met MY sy hand in die skottel insteek, hy sal MY verraai.
24 Die Seun van YAHUVEH gaan wel heen soos daar van HOM geskrywe is, maar wee daardie man deur wie die Seun van YAHUVEH verraai word! Dit sou vir hom goed gewees het as daardie man nie gebore was nie.
25 En Judas, wat HOM sou verraai, antwoord en sê: Is dit miskien ek, Rabbi? HY antwoord hom: Jy het dit gesê.
26 En terwyl hulle eet, neem YAHUSHUA die brood, en nadat HY gedank het, breek HY dit en gee dit aan SY dissipels en sê: Neem, eet, dit is MY liggaam.
27 Toe neem HY die beker, en nadat HY gedank het, gee HY dit aan hulle en sê: Drink almal daaruit.
28 Want dit is MY bloed, die bloed van die nuwe testament, wat vir baie uitgestort word tot vergifnis van sondes.
29 Maar EK sê vir julle: EK sal van nou af nooit meer van hierdie vrug van die wynstok drink nie, tot op daardie dag wanneer EK dit met julle nuut sal drink in die koninkryk van MY Vader (YAHUVEH).
30 En nadat hulle die lofsang gesing het, het hulle uitgegaan na die Olyfberg.