Van Profesie 105 af, het YAHUVEH gesê hierdie moet van nou af op al die Profesieë geplaas word: Elisabeth (Elisheva) EK het jou lank gelede gewaarsku om nie hierdie Bediening na ‘n man of ‘n vrou te vernoem nie, selfs nog voordat daar ‘n Bediening was. EK het dit in jou gees geplaas want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, niks hiervan het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit die Mond van YAHUVEH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van YAHUSHUA jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van die RUACH ha KODESH jou IMMAYAH geboorte gegee. As dit net deur jou hand was sou dit lankal misluk het. Dit is deur die SHKHINYAH GLORIE se Wind wat oor hierdie aarde waai, die Heilige Wind van Herlewing, dit is nie deur jou asem nie, anders sou dit misluk het. “EK is YAHVEH, dit is MY NAAM; en MY EER sal EK aan geen ander gee, of ook MY LOF aan die gesnede beelde nie”. (Jesaja 42:8)
24 Januarie, 2025
>Hierdie kom uit Profesie 105, YAHUVEH het beveel dat dit op alle Profesieë
bygevoeg moet word van nou af:
Hierdie kom uit Profesie 105, YAHUVEH het beveel dat dit op alle Profesieë
bygevoeg moet word van nou af:
Hierdie kom uit Profesie 105, YAHUVEH het beveel dat dit op alle Profesieë
bygevoeg moet word van nou af:
EK het jou lank gelede gewaarsku [Elisheva] om nie hierdie Bediening na ‘n man
of ‘n vrou te vernoem nie selfs nog voordat daar ‘n Bediening was. EK het dit in
jou gees geplaas want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, niks hiervan
het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit die Mond van YAHUVEH geboorte gegee.
Dit is uit die Mond van YAHUSHUA jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die
Mond van Die RUACH HA KODESH jou IMMAYAH geboorte gegee. As dit net deur jou
hand was sou dit lankal misluk het. Dit is deur die SHKHINYAH HEERLIKHEID se
Wind wat oor hierdie aarde waai, die Heilige Wind van Herlewing, dit is nie deur
jou asem nie anders sou dit misluk het.
(Jes 42:8)
In Julie 2010 Het YAHUVEH GOD ook gesê dat die volgende uit 2 Kronieke bygevoeg
word voor elke Profesie:
2Kronieke 36:16 “Maar hulle het die Boodskappers van ELOHIEM uitgelag, SY Woorde
verag en met SY Profete gespot totdat die gramskap van YAHWEH teen SY volk
opgekom het, totdat daar geen genesing meer was nie.”
(skrifaanhalings vanuit: Woord en Getuienis Bybel vertaling, behalwe wanneer
anders aangedui)
* * * * * * *
Kommentaar op hierdie Profesie
YAHUSHUA het met my gepraat soos ek nou dieselfde woorde tot almal van julle
spreek.
Niks sal HY meer toelaat in ons lewens wat dit sal beskaam waarvoor HY ons almal
geroep het om te doen en te bereik in SY Naam nie. YAHUSHUA homself sal nie net
die Lam wees nie maar die Leeu van Juda sal die skandelike ding of persoon direk
uit ons lewens uitruk om ons heilig en aanvaarbaar voor Hom te hou. Want hoeveel
bedieninge val vir skande en ongelyke-jukking het infiltreer en so sal nog vele!
Ek het nie enige iets verloor nie. Julle het nie enige iets verloor nie want om
mee te begin het ons dit nooit gehad nie. Dit was 'n leuen van satan. As ons
ongelyk gejuk is met ongelowiges en hulle name word nie gevind in die Lam se
Boek van Lewe nie en julle het jul lewens vir YAHUSHUA ha MASHIACH gegee en
julle dien Hom en stel Hom eerste en praat as SY mondstuk, wees verseker dat
dieselfde God wat julle dien 'n jaloerse God is en HY sal ons op geen manier
gedaante of vorm met satan deel nie. Pappa YAHUVEH homself sal julle vir jul eie
beswil skei van dít wat onheilig en onaanvaarbaar is voor die RUACH ha KODESH!
Hy sal dit nou gou doen want Terrah jy het die salwing binne my aangewakker deur
jou profesie en die wonde wat ek opgedoen het het my weereens sterker gemaak
soos vir almal van ons. In ons vlees voel ons platgeslaan en vertrap en gespoeg,
maar ons moet aanhou opstaan in die Naam van YAHUSHUA en nie ons vlees wat
opstaan nie maar die Gees binne-in ons, dan sal dit satan wees wat platgeslaan
word en onder ons voete vertrap word in die Naam van YAHUSHUA!
* * * * * * *
So spreek YAHUVEH; In vergange tye het EK MY kinders hanteer wat ongelyk gejuk
was, MY diensknegte, diegene wat by MY Naam geroep is wat hulself gejuk het met
kinders van satan deur ongelyk gejukte huwelike, vriendskappe, vennootskappe,
instansies, kerke en alle ander vorme. Terwille van julle het EK julle hanteer
met geduld en met lankmoedigheid. EK het vir MY Kinders gewag om te besef waar
MY RUACH ha KODESH nie gerespekteer, of bemin of verwelkom word nie hetsy dit
huwelike, familie, vriende, instansies of enigiets anders is wat nie van MY af
is nie, julle is nie waarlik deel van hulle nie en hulle was nooit eensgesind
met julle nie.
So baie het verkeerde keuses gemaak en dan word EK blameer. Vir wanneer hulle
gewond is en na Pappa toe kom en sê, "Vader kyk na MY bloeiende wonde, kyk wat
het diegene wat ek liefhet aan my gedoen, hulle wat ek vertrou het, hulle met
wie ek myself gejuk het. Pappa, hoekom het U toegelaat dat dit gebeur? Gee U nie
om nie?" O MY Kleintjies, ja, ja EK sê weer vir julle EK gee om en EK sal dit
weer sê terwyl EK MY arms vir julle oopmaak om daarin te hardloop en julle op
julle Pappa God YAHUVEH se skoot klim en EK julle toevou met MY arms, julle
toelaat om bitter trane te huil. Want julle het hulle opgegaar vir ‘n geruime
tyd en wanneer hulle losgelaat word, wanneer julle uiteindelik besef EK is nie
die een wat julle gejuk het nie, wat julle verbind het met goddeloosheid nie.
Dit is julle self wat gejuk het met die sonde van hierdie wêreld want julle het
een geword met sonde toe julle gekies het om te trou sonder om vir MY te vra of
dit die regte eggenoot vir julle was. Of dit die een was wat EK vir julle bestem
het voor die grondlegging van die aarde? Toe julle julself met die sonde gejuk
het, toe julle leiers geword het oor die heidene wat gekies het om heidene te
bly het julle jul oë gesluit sodat julle Pappa YAHUVEH julle oë moes oopruk om
julle te dwing om te sien wat julle nie voorheen gesien het nie.
Julle het julself met satan gejuk want wanneer julle sien hoe jul kinders
afdwaal en hulle MY verloën en ‘wanneer hulle opgevoed was in die weg wat hulle
moet gaan’ het EK gesê, "Wanneer hulle ouer word sal hulle nie daarvan afwyk nie"
maar tog sien julle jul kinders wat julle goddelik opgevoed het en julle wonder
wat gaan aan? Dit is omdat julle jul kinders toelaat het om gejuk te word met
die goddelose deur die TV waarna hulle kyk, die musiek waarna hulle luister, die
speletjies wat hulle speel, die vriende wat hulle tydsgenote noem en die skole
wat hulle bywoon.
Julle laat die heidene toe om julle kinders te onderrig in ruil vir 'n gratis
wêreldse opvoeding, dan kom julle na MY toe en haal hierdie skrif aan, "Voed 'n
kind op in die weg wat hy moet wandel en wanneer hulle oud is sal hulle daar nie
van afwyk nie," en tog toe julle bogenoemde toegelaat het het julle in die
opvoeding gefaal. Toe julle die Bybelstudie gestop het en hulle vertrou het om
hul eie gebede op te sê, as julle trou en nie beraadslaging doen oor wie die
Vader of Moeder van julle kinders moes wees wat jy gejuk het om oor jouself te
laat kom nie.
Wanneer jy MY stem hoor sê, "Skei", was MY genade teruggegooi in MY gesig en dan
moet jy skei van dit wat jou siel wil steel! As dit nie vrywillig gedoen word as
'n standpunt vir Heiligheid nie dan sal EK doen wat EK hier gedemonstreer het en
op baie ander maniere, dit sal YAHUVEH se hand wees wat julle uitruk uit die
vyand se ongelyk-gejukte slawernye. EK sal MY Dienaars, Kinders en MY Bruid nie
langer met satan deel nie! Want as julle MY stem gehoor het wat sê, "Gee pad van
hierdie werker van onheil af" en julle verhard julle harte en sê, "Maar dit is
my vriend, dit is my man, dit is my vrou, dit is my kind, dit is my kerk, dit is
my werk," en as julle nie gehoorsaam nie rou EK oor dit wat EK moet doen.
Hierdie is die land wat sê dat aborsie wettig is en nou word die mense tot die
dood toe uitgehonger aangesien dit al duurder word om vir die siekes te sorg en
genadedood sal meer algemeen voorkom as ooit vantevore. Baie binnekort sal wette
uitgevaardig word wat dokters beveel om te moor anders sal hulle reg om te
praktiseer weggeneem word. Dokters, dit is baie beter vir julle om te weier as
dat MY toorn neerkom oor julle omdat julle 'n lewe beëindig wat julle geen reg
gehad het om te beëindig nie. EK alleen het daardie reg want EK profeteer nou
vir julle, op die oomblik is dit die terminale siekes of die ernstig gestremdes
of die bejaardes maar deur hierdie werktuig sê EK dit gaan binnekort diegene
wees wat hulle sê is verstandelik gestremd of geestelik siek wat doodgemaak sal
word.
Dr Kevorkian is nie 'n mens nie, hy lyk net soos 'n mens maar hulle wat oë het
om te sien en ore om te hoor kan die demoon sien wat deur sy oë spot en die vorm
van sy kop lyk selfs soos 'n skedel. Hy word werklikwaar Dr. Death genoem en hy
het hierdie gees van moord en selfmoord na die V.S.A. en na die wêreld gebring
en diegene wat EK gesalf het om lewens te red deur die hande van dokters en
hulle wat die kennis het om lewens te red sal gedwing word om lewens te neem.
Niemand het die reg om 'n lewe te neem behalwe die een wat lewe gee nie en EK,
YAHUVEH, is die enigste een wat lewe gee en het die outoriteit om lewe te
beëindig. Tensy MY wette dit bepaal, moet hierdie sonde nie op julleself neem
nie, want dit is nie net 'n liggaam wat dood is nie maar 'n siel wat Hemel toe
of hel toe gestuur word. Vir hulle wat sê, "Ag wel, ten minste is hulle Hemel
toe" maar het hulle dit voltooi waarvoor EK hulle geskape het? Was hulle sending
op aarde voltooi, hoe sal julle weet?
Die babatjies, MY kosbare babatjies is daar enigiets kosbaarder as 'n baba, of
dit 'n mens of 'n dier is? EK het die tyd geneem om skoonheid en onskuld in
babas te giet en nogtans word hulle vermoor. MY kosbare babatjies word vermoor
terwyl hulle veilig in hul mammas se baarmoeders genestel was. As 'n vreemdeling
dit nou doen, snak die wêreld in afgryse na hul asems wanneer moorde gepleeg
word en ‘n baba uit die ma se baarmoeder gesny word in dade van satanisme en tog
word MY babatjies nie vermoor deur satanistiese vreemdelinge nie, nee, iets veel
erger selfs. MY babatjies word deur hul eie moeders vermoor.
Diegene waarmee EK tyd spandeer het om melk in hul borste te sit sodat hulle die
jongelinge kan voed en versorg. Diegene in wie EK 'n moeder se liefde geplaas
het om haar ongeborene te beskerm en tog hoeveel van hierdie wat die onskuldige
baba Mamma sou noem word verraai deur die einstes wat EK beveel het “wees
vrugbaar en vermenigvuldig.” Niemand dwing hierdie moeders om hul jongelinge te
vermoor nie; hulle doen dit met arglistigheid en met voorbedagte rade. Hulle
doen dit ten spyte van die feit dat EK MY krygers voor die aborsieklinieke
geplaas het, getuigend van MY liefde en dat daar 'n ander manier is. Hulle doen
dit in ‘n daad van rebellie teen die God van die ganse Skepping en EK gee
weereens 'n sidderende profesie deur die een waardeur EK voortspreek. Die wêreld
sal haar 'n dwaas noem totdat dit wat EK gespreek het gebeur en dit sal julle
wees wat MY babatjies vermoor in julle aborsie-meule, julle wat hulle
geaborteerde liggaamsdele verkoop en skoonheidsmiddels maak en hulle gebruik vir
ander gemene voornemens.
Julle moeders wat toelaat dat die babas se liggaampies nie begrawe word nie maar
in die vullis gegooi word. Julle wat die straat oorsteek of wegkruip vir MY
Kinders, wat MY woorde spreek en julle soebat om nie hierdie gemene daad te
pleeg nie. satan vrees die krag van gebed so erg dat hy sy eie mense as 'n offer
gebruik om die klinieke op te blaas en die dokters te vermoor sodat wette
uitgevaardig kan word wat sê dat MY dienaars nie toegelaat word naby diegene wat
gereed is om hierdie daad van moord op babas te pleeg nie wat hulle moeders
vertrou het en wat MY vertrou om hulle teen hierdie boosheid te beskerm.
Ag hoeveel keer het EK dit berou om julle 'n vrye keuse te gee, maar dan het EK
geweet wat sou gebeur want die God wat julle dien is algehele kennis, is EK nie?
EK profeteer dit nou deur hierdie diensmaagd [Elisheva Eliyahu], daar sal
massiewe sinkgate oopgaan onder elke aborsiekliniek op die aarde en wanneer dit
gebeur sal julle weet dit is die God van die Skepping en nie die hand van 'n
mens wat dit gedoen het nie.
Alle mense in die klinieke wat deelneem aan hierdie bose vrug van moord sal
sterf en die aarde sal oopgaan en 'n groot aardbewing sal dreun en die
aborsieklinieke sal binne-in die aarde val diep binne-in die aarde in en dan sal
die aarde bo-oor hulle toemaak. Almal in die kliniek sal afdaal in die ingewande
van die hel in op 'n manier wat EK nie gedoen het sedert tye van ouds nie. Die
wêreld sal hul kop skud want hulle sal erken dat dit nie 'n aardse bom was nie
maar 'n bom uit die Hemel en die God van die ganse Skepping, die Groot God,
YAHUVEH sal hierdie dinge doen en nog meer want hierdie is 'n land vol boosheid
en julle pornografie en julle hoerery en alle vorme van boosheid.
EK sal tekens en wonders doen om MY toorn ten toon te stel aan enigeen wat durf
om hierdie gees van Sodom en Gomorra voor MY gesig te pronk! TV stasies wat 'n
wins gemaak het uit pornografie en alle vorme van bespotting teenoor MY en
radiostasies pasop want julle het 'n toring van Babel gebou en julle dink dat
niemand dit kan afbreek nie maar EK sal. Die God van die ganse Skepping sal wys
hoe pieperig julle torings en opvangtoestelle is.
Homoseksualiteit wat eens in die minderheid was sien julle nou pronkend voor MY
Heilige kinders en hulle kinders en selfs die heidene se kinders terwyl hul sê,
"Dit is net 'n ander lewenswyse solank dit liefde is, wie maak ons seer?" EK sal
julle vertel vir wie julle seergemaak het, julle het MY toorn opgehoop oor julle,
die God wat die Tien Gebooie uitgevaardig het en aan Moses gegee het en sulke
dinge verbied het en selfs beveel het dat 'n vrou wat by 'n ander vrou lê, of 'n
man wat by 'n ander man lê, DOODGEMAAK moet word sodat hierdie gruwel nie
versprei kon word nie.
Diegene wat seksuele omgang met diere het moes DOODGEMAAK word! Ag maar nou
pronk hierdie bose land alles wat onheilig is in MY gesig. Doen wat jy kan doen
solank dit goed voel is hulle leuse. Pornografie, homoseksualisme, owerspel is
'n vangstrik van satan want dit het 'n onversadigbare aptyt na meer
losbandigheid en hoerery en probeer om die vorige daad te oortref. satan wil 'n
mens telkemaal meer deur hierdie geeste besoedel. satan het NIEMAND lief nie,
selfs nie eens diegene wat hom aanbid nie. Hy verlei hulle deur hierdie sondes
en ja beloon hulle selfs met sondige plesier, maar op die ou einde sal dit julle
jul siele kos as dit onbekeerd bly en as julle nie wegdraai van hierdie sondes
nie, sal dit eindig in verdoemenis vir ewig en julle was gewaarsku!
Nou profeteer EK weer deur MY diensmaagd. Dit sal julle goed doen om te bid vir
ore om MY stem te hoor en oë om te sien wat baie binnekort gaan kom. Julle sal
'n nuwe kwaal en siekte sien wat baie erger as VIGS sal wees want EK het dit
voorheen gespreek maar nie hard genoeg nie. Nou, moet julle almal ook waarsku
wat hierdie boodskap hoor vir diegene wat ‘n silwerlepel het en MY Kinders met
'n lepel voer en sê dat daar niks verkeerd is met die dinge wat hierbo genoem
word nie. Daar is ‘n nuwe plaag wat kom wat nie enige iemand sal aanraak wat
heilig is nie en hierdie dinge nie doen nie, daarom hoef julle nie te vrees nie.
Dit sal 'n seksueel oordraagbare plaag wees en hierdie sondige wêreld het die
aas gevat wat EK uitgesit het.
Bekend met die boosheid van hulle seksuele aptyte wat nie versadig kan word nie
daarom het die God van die ganse Skepping, EK, YAHUVEH, toegelaat dat hierdie
dwelm uitgevind word. Hierdie nuwe seks dwelm waarvoor die mens enige prys sal
betaal en hulle sal die seksuele-dryfkrag hê om meer seksmaats te verower. Die
wellus wat hulle vir ander sal hê ongeag of dit dieselfde geslag is of nie
ongeag of hulle getroud is of nie, ongeag of hierdie pil of inspuiting hulle 'n
week se salaris sal kos, want nou begin dit met een prys maar soos hulle meer
verslaaf raak en hulle nie langer seksueel kan funksioneer nie terwyl hierdie
verslawing gevoed word, sal hulle hul hele salaris betaal vir hierdie pil.
Want satan sal en het so 'n wellus in hierdie manne opgewek dat dit soos die
vuur van die hel is. Dit is onversadigbaar. Hulle sal nie instaat wees om genoeg
van seksuele plesier te kry nie. Mans sal hulle vrouens verlaat, vrouens sal
hulle mans verlaat en kinders sal hul dan daartoe wend, veral die tieners. As
julle dink die kinders is nou rebels, wag tot die volle boosheid van dit wat as
'n wonderdwelm opgehemel was bewys word as 'n vloek van satan, wat EK toegelaat
het om oor hierdie bose nasie en ja, die wêreld te kom. Groot skuld sal kom,
want selfs die kredietkaarte sal die verslawing aan hierdie dwelm wys.
Wanneer die dwelm om een of ander rede gestaak word sal daar 'n begeerte na
seksuele plesier wees en daar sal geen manier wees om daarsonder te funksioneer
nie, daarom sal groot misdade gepleeg word terwille van hierdie dwelm sodat
mense dit kan koop. Nou weereens het MY Kinders niks te vrees nie, want EK
beveel julle nou, moet geensins deel hê hieraan nie. EK het bepaal seks is
heilig wanneer dit met iemand is wat in 'n gelyke juk is met jou in 'n huwelik
is dit waar jou seëninge is. Maar vlug van die versoeking want daar sal
handelsflitse wees wat vir julle vertel hoe veilig hierdie dwelm is, EK het
reeds geprofeteer wat hierdie verslawing behels, hoe huise verlore sal gaan,
huwelike geruïneer en ja sommige van MY eie kinders MY sal verlaat vir die gees
van hoerery in hierdie dwelm. Maar weet EK dan nie wie MY Skape regtig is nie?
Ja EK weet, maar waarsku en spreek uit, daar is nog tyd.
Hierdie diensmaagd is die eerste een wat EK gekies het om met vrymoedigheid
voort te spreek en sonder vrees van gevolge. [Elisheva Eliyahu] het geen kennis
van hierdie dwelm buiten dit wat EK nou hier spreek nie. EK het toegelaat dat
hierdie euwel kom sodat MY Kinders weereens sal sien dat EK nie 'n God is wat
maklik gespot kan word nie. EK sal hierdie sondige wêreld die keuse gee om te
kies maar dit kom teen 'n prys. Nou sal daar nog een vloek oor hierdie wonder
seksdwelm kom, die nuwe god van hierdie sondige wêreld. Want daar sal 'n tekort
kom aan hierdie dwelm so sal hulle sê en uiteindelik sal dit moeiliker bekombaar
wees, dan sal julle moorde sien oor hierdie seksdwelm. Maar die laaste en
grootste vloek van alles is terwyl dit in die hande van die homoseksuele en bi-seksuele
val en hulle betrokke raak in bi-seksuele ontmoetings. EK profeteer aan julle
nou 'n nuwe plaag waarvan EK vroeër gepraat het wat simptomaties baie erger sal
wees as VIGS, baie dodeliker en pynliker en NIEMAND wat hierdie dwelm na MY
waarskuwing gebruik sal gespaar word nie.
SWART KOKENDE BLOED PLAAG!
Want daar sal 'n vloek rus op die bloed en verwoede koors, verhongering en
onvermoë om te eet. Bloed gietende uit die mond en dit sal wees asof die bloed
swart geword het en sal uitbloed uit oop dele van die liggaam. Mans en vrouens
sal dit kry van EEN seksuele ontmoeting met enige iemand wat dit het, EK sê weer,
as hierdie MY profeet is wat voortspreek en julle gees sou teen die tyd alreeds
hierdie feit getuig het, EEN, hoor julle MY, EEN, EK herhaal weer seksuele
ontmoeting is al wat nodig is en hierdie plaag sal op dieselfde manier oor hulle
kom as wat hierdie wonder seksdwelm onverwags en inderhaas oor die wêreld gekom
het en daar sal GEEN GENEESMIDDEL wees nie EK herhaal selfs nadat hulle bekeer
het op hul sterfbeddens.
EK het VIGS genees want selfs die onskuldiges het die bloedvoorraad besoedel
gehad en EK het sommige van hulle genees, alhoewel hierdie siekte ontstaan het
deur seksuele sonde met diere, ape. Die mens wat spot met dit wat EK bedoel het
om heilig te wees, deur seksuele omgang met ape. Is dit enige wonder waarom man
wat seks het met man, nog 'n perverse daad, 'n gruwel in MY oë dit oorgedra het
deur homoseksualiteit? Maar dan beweeg hierdie siekte in die bloed. So sal
hierdie nuwe plaag want die Bloed van YAHUSHUA ha MASHIACH was geweier en daar
is Verlossing in daardie Bloed, waarom sou EK dus nie die bloed vervloek van
diegene wat MY bespot nie aangesien EK MY Seun YAHUSHUA gegee het om hulle
Bloedoffer te wees, wetende hoe min sou dankbaar wees.
EK het VIGS genees, maar hierdie eindtydplaag, niemand sal genees word nie. Al
bekeer hulle en aanvaar die reddende Bloed van YAHUSHUA sal hulle gered word
maar sal nogtans sterf want hulle sal maai wat hulle gesaai het. Alhoewel die
liggaam sterf, sal die siel Hemel toe gaan as hulle waarlik weggedraai het van
sonde, en YAHUSHUA liefhet en dien, wetende dat HY die prys vir hulle sondes
betaal het en hulle skoon gewas het met SY Reddende Bloed.
Diegene wat dit doen sal sterf weereens maar hulle siele sal gered word en om te
weet of hulle waarlik jammer is sal julle sien dat diegene met hierdie Swart
Kokende Bloed Plaag van MY getuig en waarsku om weg te draai van seksuele sonde
en onheilige leefstyl. Maar niemand EK herhaal en dit is ook nuut want EK
herhaal MYSELF nie gewoonlik in profesië soos die nie maar gee aandag wanneer EK
dit doen, want hierdie is ook 'n nuwe manier waarop EK profeteer op hierdie dag.
NIEMAND SAL GENEES WORD NIE! Hierdie is die eindtyd plaag waarvan julle gehoor
het. Dit is wanneer mans en vrouens sal wil sterf en selfs probeer om hulself
dood te maak.
Genadedood sal normaal wees en die begraafplase sal nie die liggame wil begrawe
nie. In plaas daarvan sal verassing beveel word. Die vloek van hierdie
verdoemenis word in hul bloed gedra. Want aangesien hulle heiligheid geweier het
en gedraai het na onheiligheid, wette uitvaardig dat dieselfde-geslag-seks
wettig is, dit wat in die minderheid was bevorder en nou woed 'n gees van
homoseksualisme onbeheersd.
Hierdie siekte sal geen agting hê vir die heiden nie hetsy hulle ryk of arm is,
selfs die Withuis sal deur hierdie plaag geraak word. Wanneer julle hierdie
simptome sien onthou dat dit op hierdie dag, 4-5-89 (4 Mei 1998) geprofeteer was
en wee enige van MY Kinders wat dink hulle kan hierdie seksmiddel gebruik en dat
EK sal verstaan. NEE, julle sal maai wat julle gesaai het want hierdie is nie 'n
seën wat na hierdie wêreld gestuur is nie maar 'n vloek. Spreek nou voort wat EK
gesê het.
Hulle wat spot sal dit eerste kry. Hulle wat teen MY diensmaagd uitvaar omdat sy
MY Boodskappe spreek en waarsku sal dit eerste kry. Hulle wat teen MY rebelleer
en sê 'n liefdevolle God sal dit nie doen nie sal dit eerste kry want EK het
beveel dat seks Heilig moet wees. Bedienings en bedienaars wat eens op 'n tyd MY
Woorde gespreek het val en het geval en sal aanhou val. Seks is slegs vir hulle
wat saamgebind is in Heilige huwelik want die twee Geeste het een geword. EK sal
dit wat EK saamvoeg seën.
Die van julle wat in huwelike is wat nie heilig is nie en vir wie EK nog nie 'n
uitweg gegee het nie en julle word gedwing om vir een of ander rede steeds in
hierdie huwelike te bly vir nog ‘n seisoen toe EK vir julle gesê dat julle teen
hierdie plaag beskerm sal word, is dit wat EK bedoel het. Want satan sal wil hê
dat julle jul vroulike of manlike pligte moet nakom as gevolg van die maat by
wie julle is, EK julle nog nie fisies ontjuk het nie, sal hy probeer om hierdie
plaag op julle te laat kom want EK het gesê dat daar geen genesing is nie en dat
dit net een keer verg, en hoe weet julle of julle maat hierdie seksdwelm gebruik?
Maar EK praat nou met julle in huwelike saam met heidene; moenie julle bekommer
nie want EK sal julle beskerm. Dit is die enigste uitsondering op bogemelde
vloeke wat uiteengesit is want het EK nie gesê dat EK dit wat MYNE is sal
beskerm nie en julle het geen kontrole oor wat julle heiden man of vrou doen nie?
Of, as julle verkrag word deur iemand onder hierdie vloek, sal EK julle beskerm;
hierdie plaag sal nie naby julle kom nie. Want lees MY Woord, staan daarop en
weet ook hoe baie lief EK julle het, hierdie vloek is nie vir MY Kinders bedoel
nie.
Seks sal die heidene se god word en het alreeds, maar nie julle s'n nie. En weet
dit; julle sal nie veel langer in hierdie huwelike wees nie. EK sal 'n weg van
ontvlugting voorsien, baie sal weduwees word en 'n man sal sy vrou voor sy oë
sien sterf. Egskeiding plaas net MY Kinders in groter gebondenheid, maar as
hulle kies om te skei, laat hulle gaan, EK sal vir julle voorsien op maniere wat
julle nie ken nie. As EK dit so verkies, sal EK vir julle 'n Godvresende maat
bring afhangende van wat MY wil vir jou lewe is, elkeen verskil. Want die tyd is
so kort. Om mee af te sluit, weet dit en onthou dat hierdie plaag nie bedoel is
vir MY Kinders nie. Julle sal beskerm word solank julle aan MY sy loop. Moet MY
nie verlaat vir die god van hierdie wêreld nie.
Moenie aan hierdie sogenaamde wonder seksdwelm raak nie! Dit sal 'n wonderwerk
wees, maar die wonderwerk sal in die vorm van 'n liefdevolle Verlosser kom wat
almal sal beskerm wat MYNE is terwyl hierdie plaag en verslawing die wêreld
oorrompel. 'n Plaag is 'n straf vir ongehoorsaamheid. Lev. 26:25, Numeri 14:12,
Deut. 28:21, Jer. 14:12, Jer. 27:13, Eseg. 5:12, Eseg 6:11, Eseg. 7:15, Mat.
24:7, Lukas 21:11
Lees hierdie: Die GOD van Verlossing, YAHUSHUA ha MASHIACH, julle MESSIAS, het
op hierdie dag voortgespreek deur hierdie diensmaagd, nie haar woorde nie, want
haar woorde sonder MY Naam en salwing van die RUACH ha KODESH, kan nie eers 'n
hond skrikmaak nie. Maar MY Woorde wat hierdie wêreld in wording gespreek het en
dieselfde Almagtige God YAHUVEH wat met diegene praat wat MY stem hoor, het op
hierdie dag voortgespreek. In toorn roep EK hierdie vloeke voort. Daar is
seëninge vir diegene wat gehoorsaam en vloeke op hulle wat verontagsaam. Waarsku
hulle MY Profete. Praat hard sodat hulle nie kan sê EK het hulle nie gewaarsku
nie!
Lukas 21; 25-36, Lukas 21:26. Weet dat MY Woord nie leeg na MY sal terugkeer nie.
Lees hierdie skrifgedeeltes en mediteer op almal. Die laaste een wat EK MY
dienaar vir julle in herinnering laat roep is dat die mense se harte sal beswyk
weens vrees en verwagting oor die dinge wat oor die wêreld gaan kom, want die
kragte van die Hemele sal geskud word; Lukas 21:27 En hulle sal die Seun van die
Mensdom sien kom in 'n wolk van groot Heerlikheid. En wanneer hierdie dinge
begin gebeur, kyk, en hef julle hoofde op, omdat julle verlossing nader kom.
(Jer 14:10-18) So sê YAHUVEH aan hierdie volk: Hulle het daarvan gehou om te
swerwe. Hulle het hul voete nie teruggehou nie; daarom het YAHUVEH geen behae in
hulle nie. Nou sal HY aan hulle ongeregtigheid dink en hulle sondes besoek.
Moenie meer vir MY vra om hierdie volk te seën nie, EK sal hulle nie aanvaar nie.
As hulle vas, sal EK nie aandag gee nie. As hulle brandoffer en spysoffer bring,
sal EK dit nie aanvaar nie. Wat ek vir hulle sal gee in ruil daarvoor is oorlog,
hongersnood en siektes. Toe sê ek: Ag, Almagtige God YAHUVEH, kyk, die Profete,
sê vir hulle: julle sal geen swaard sien en geen hongersnood hê nie; maar EK sal
julle duursame vrede gee in hierdie plek. Toe het YAHUVEH vir my gesê: "Die
Profete profeteer leuens in MY NAAM; EK het hulle nie gestuur en hulle geen
bevel gegee en met hulle nie gespreek nie."
Daarom, sê YAHUVEH, aangaande die Profete wat hierdie dinge in MY NAAM profeteer,
wie sê dat daar geen oorlog of honger sal kom nie, deur oorlog en hongersnood
sal hulle self sterf en die mense vir wie hulle geprofeteer het sal uitgewerp
word op die strate van Jerusalem, slagoffers van hongersnood en oorlog. Daar sal
niemand wees om hulle te begrawe nie, mans, vrouens seuns, dogters almal sal weg
wees want EK sal vreeslike straf oor hulle sondes uitgiet."
Daarom vertel dit vir hulle nag en dag. My oë sal oorstroom word deur trane. EK
kan nie ophou huil nie want MY Volk is deurboor met ‘n swaard en lê dodelik
gewond op ‘n grond. As EK uitgaan in die lande, lê hulle liggame daar wat deur
die swaard gedood is. En as EK uitgaan in die strate, lê hulle liggame dood
weens uithongering en siektes. En nogtans maak beide die Profete en priesters
dit hulle besigheid om deur die hele land te reis en elkeen te verseker dat
alles reg is, en hulle praat van dinge waarvan hulle niks weet nie.”)
So spreek YAHUVEH, hierdie is MY Woorde wat nie leeg na MY toe kan terugkeer nie.
Hulle sal die feit volbring dat EK nie net 'n GOD van genade en liefde is nie
maar ook 'n God van almagtige toorn en wraak. Wraak is MYNE sê YAHUVEH, want EK
is Almagtig in heiligheid en EK het 'n weg van ontsnapping voorsien deur MY Seun
YAHUSHUA, maar HY word verag en gespot en SY Naam word verdoem en vervloek of HY
word verloën. Slegs SY Bloed kan sondes wegwas.
Hoe min het hierdie Bloed aanvaar en selfs diegene wat dit aanvaar, hoeveel
vertrap dit en gooi dit op die grond, spottende en sê nou kan ek enigiets doen
wat ek wil. Ek kan met een voet in die Hemel lewe deur ‘n gebed te sê en een
voet in die hel deur deel te neem aan die sondes van hierdie wêreld. EK sê vir
julle bedienaars wat dink julle kan onheilig leef agter geslote deure en geslote
bankrekeninge. Diegene wat EK bevorder raak EK ook ontslae van en EK sal ander
oprig en aan hulle die seëninge gee wat in julle naam gereserveer was. Want
julle het 'n vorm van goddelikheid en geen goddelikheid van binne nie. Die tyd
kom tot 'n einde. Want julle lewens sal nie gespaar word nie en mense sal julle
geheime ontdek wat julle verberg het, die geraamtes in julle kaste wat julle
daagliks laat herlewe.
Julle wat julself bedienaars vir MY noem, maar nie ‘n bedienaar is vir MY nie.
Want EK gee nie om aan watter leerstellinge julle vashou of by watter Bybelskool
julle gegradueer het of wie julle respekteer nie. As julle nie opstaan vir
heiligheid nie bedien julle nie vir MY nie. Julle is nie deur YAHUSHUA ha
MASHIACH georden nie. Julle is georden deur en hang die leerstellings aan van
satan en julle praat nie oor dinge wat kan aanstoot gee nie, daarom praat julle
nie teen sondige leefwyses, of homoseksualisme, of pornografie, of aborsie nie?
(julle praat nie oor) die reinheid van die huwelik en die waarskuwings teen
seksuele losbandigheid nie.
Julle praat nie van heilig lewe nie. Dit is net 'n 'voel goed godsdiens' en
julle het MY glad nie beïndruk nie. Die hel sal julle enigste beloning wees
asook die applous wat julle hier op aarde ontvang. Julle sal die hel se ewige
marteling ly, want julle leuens het nie net julself mislei nie, maar ook ander
hel toe gelei saam met julle.
(Jer 15:1-3 Toe het YAHUVEH vir my gesê: selfs al staan Moses en Samuel voor MY
aangesig en pleit vir hierdie volk, sal EK hulle nie help nie. Weg met hulle!
Neem hulle weg voor MY aangesig. Maar, as hulle jou vra: waar moet ons heengaan?
sê dan vir hulle: So spreek YAHUVEH: Wie vir die dood bestem is, na die dood;
hulle wie deur die swaard moet sterf, na die swaard; hulle wie verdoem is tot
verhongering, na hongersnood; en hulle wie vir gevangeneskap bestem is, na
gevangenskap). Want hulle wat vir siekte is sal weens hulle siektes sterf en
wanneer hierdie dinge gebeur sal almal weet dat 'n ware profeet van MY gespreek
het, as hierdie dinge tot niks kom, sal julle weet dat sy vals geprofeteer het.
Maar EK sê dit vir julle die dinge waarvan sy praat sal gebeur en julle sal bly
lewe om hierdie afgryse te sien gebeur. Maar hulle wat MYNE is, wat MY nie
verloën nie, wat opstaan vir heiligheid, ongeag hoe ongewild dit mag wees, of
watter prys julle sal moet betaal, EK sê vir julle, "Glo 'n Profeet en julle sal
voorspoedig wees," en nou sê EK weer vir julle, "Glo hierdie diensmaagd van MY
en glo dat dit MY RUACH ha KODESH is wat aan haar hierdie woorde gee om te hoor
wat EK spreek en omdat julle dit geglo het, sal julle gespaar bly van die
komende afgryse".
EK het diegene lief wat geroep is by MY Naam, wat MY gebooie nakom, heilig lewe
omdat EK heilig is, gewas in MY Geliefde Seun se reddende Bloed, wat help om die
profesieë wyd en syd te versprei, en diesulkes wat hierdie dinge uitspreek,
diegene wat hierdie dinge voortspreek ondersteun met julle finansies en ook
julle gebede. Want hulle kan nie werk soos die wêreld werk nie, want hulle moet
tyd met MY spandeer om MY stem te hoor, hulle werk is om te doen wat hierdie
diensmaagd en so baie ander doen. Die wêreld sal nie dink dat hulle geskik is
vir 'n wêreldse beroep nie, ook sal hulle nie die tyd hê vir een nie, daarom rig
EK ander op wat instaat sal wees om te werk en hulle tiendes en offergawes te
gee om te verseker dat MY Profete gevoed en beskut is en die nodige finansies
sal hê om te reis en hierdie boodskappe persoonlik te bring onder MY salwing,
want die tyd is so kort.
Julle sien EK het vir julle gesê, julle is een minuut tot middernag deur hierdie
profeet maar wat julle nie verstaan nie, wat gebeur by 59 sekondes, 58, die
aftelling die vure van vervolging sal hewiger word. Julle het mekaar nodig. EK
sê weer, geen alleenlopers meer nie. Maar so baie van julle dink julle het nie
'n ander mens nodig om julle agterhoede te dek wanneer julle satan se gebiede
betree wat hy vir sy eie geëis het nie. Versamel julself bymekaar veral in
hierdie eindtye.
Want EK sê dit vir julle, julle weet nie watter middernag uur EK kom nie, sal
dit werklik 12:00 wees of sal dit 01:00 wees en daar is baie ure voor dagbreek,
so watter uur sal EK kom? Wees waaksaam en biddend en laat EK julle die werk
sien doen van julle Hemelse Vader, besig om heilig te leef aangesien julle God
heilig is, anders kom EK en betrap julle aan die slaap by die werk. Mits EK kom
en julle wat nie wil hê dat EK te gou moet terugkom nie, julle eie planne en
agendas het. Moenie bekommed wees nie; EK sal nie terugkom vir julle nie!
EK het hierdie waarskuwing gegee want EK sê weer die middernaguur kom nader.
Laat EK nie soos 'n dief in die nag kom en julle onverhoeds betrap nie. Die bose
sal net boser word, die Goddelikes Goddeliker. EK skei nou diegene wat bestem is
vir die Hemel en hulle wat bestem is vir die hel. Van nou af is daar 'n
skeidingswaard en julle sal sien hoe EK verhoudings skei wat EK voorheen
toegelaat het. Maar nie meer nie! So, moenie dit vreemd vind wanneer hierdie
dinge gebeur nie.
Omdat EK julle liefhet, het EK julle gewaarsku, het EK julle bemoedig en ja op
hierdie dag die salwing op almal wat hierdie glo en ontvang as julle Hemelse
Vader wat spreek deur hierdie diensmaagd sal die salwing voel van MY RUACH ha
KODESH wat binne-in julle aangewakker word en julle sal sterker en luider
profeteer en met groter vrymoedigheid as voorheen. Want diegene wat hierdie lees
en sê, "Waarlik, hierdie vrou is 'n dwaas, niks hiervan sal gebeur nie." Julle
sal die eerstes wees om die gloed en bevestiging van MY toorn en wraak te ervaar!
Gespreek deur die RUACH ha KODESH salwing aan hierdie werktuig van klei, [Elisheva
Eliyahu] vir geen ander doel nie buiten om te bewys dat EK MY Profete uitstuur
met woorde van bekering en draai weg van boosheid ingeval Almagtige YAHUVEH se
toorn julle verteer.
Gespreek onder die salwing van die RUACH HA KODESH Deur Apostel Elisheva Eliyahu op 25 Mei 1998
Profesie 68 “Tart MY (YAHUVEH) As Jy Durf!"
EK het jou lank gelede gewaarsku [Elisheva] om nie hierdie Bediening na ‘n man
of ‘n vrou te vernoem nie selfs nog voordat daar ‘n Bediening was. EK het dit in
jou gees geplaas want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, niks hiervan
het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit die Mond van YAHUVEH geboorte gegee.
Dit is uit die Mond van YAHUSHUA jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die
Mond van die RUACH HA KODESH jou IMMAYAH geboorte gegee. As dit net deur jou
hand was sou dit lankal misluk het. Dit is deur die SHKHINYAH HEERLIKHEID se
Wind wat oor hierdie aarde waai, die Heilige Wind van Herlewing, dit is nie deur
jou asem nie anders sou dit misluk het (Jesaja 42:8)
In Julie 2010 Het YAHUVEH GOD beveel dat die volgende bygevoeg word voor elke
Profesie:
2Kronieke 36:16
“Maar hulle het die boodskappers van ELOHIEM uitgelag, SY Woorde verag en met SY
Profete gespot totdat die gramskap van YAHWEH teen SY volk opgekom het, totdat
daar geen genesing meer was nie.”
*******
My geliefde Kinders, EK is nie kwaad vir julle nie. EK is bedroef oor die pyn
wat hierdie wêreld MY veroorsaak. Eers word EK stil en EK raak bedroef, dan gaan
julle MY toorn sien losgelaat word.
‘n Woord van waarskuwing vir MY vyande, so julle waag dit om MY (YAHUVEH) te
bespot, so julle waag om die 2de koms te bespot van YAHUSHUA? Gaan voort en spot
en julle sal MY toorn sien neerkom op so manier dat dit soos ‘n stortvloed sal
wees, ‘n storm, ‘n windvlaag en waarlik sal dit die kaf wegvee. EK sal golwe
voortbring soos die golwe van goddeloosheid die Hemel bereik het, die golwe van
die oseaan en seë sal brul, die storms uit die Hemel ongelyk aan enige iets wat
enige iemand gesien het. Hael en swael sal weereens val net soos EK vir jou
gewys het in jou droom, want wanneer die meteoriete begin val, sal hulle uitbars
in vuur. Net soos in die droom wat EK vir jou gegee het hierdie nag, sal hael
kom soos nooit vantevore gesien nie gekombineer met winde. Dit sal vensters in
skerwe laat spat. Die ysigheid wat hulle gewys het teen MY die Skepper teen MY
Seun YAHUSHUA EK sal daardie selfde ys terug-giet bo-op hulle.
Ys sal uit die Hemel val. Vuur sal uit die Hemel val. Die aarde sal sidder en
skud. Blindheid sal die mens tref soos hulle geestelik verblind was, soos hulle
verblind was vir die waarheid en dit geweier het, soos hulle verblind was vir
Heiligheid. Net soos in die dae van Sodom en Gemorra weereens sal swael en hael
en blindheid oor hulle kom. So gaan voort, EK daag julle uit om te spot. EK
praat met MY vyande nou; julle grawe net tot by julle eie vlak, na die put van
die vuur hel toe wat vir julle wag, na die vlak tot waarin julle sal afdaal. Met
elke woord wat voortgaan uit julle mond wat spot en tart, wat MY genade en MY
liefde verwerp wat MY Seun YAHUSHUA verwerp. Gaan voort en spot, julle vyande
van MY wat MY Shabbat besmet. Julle wat die Shabbat bespot, julle wat die Joodse
volk spot, julle wat Israel haat, diegene wat Israel verraai, diegene wat MY eie
Uitverkorenes verraai, My Babatjies, Bruid en noukeurig Uitgesoektes. Gaan voort
en spot.
Dit is EK, YAHUVEH, EK sal laaste lag. Julle het MY gramskap laat opvlam, julle
het MY woede laat opvlam. Julle sê ek sal God-speel met die kennis wat EK julle
gegee het. Julle skep die mens in die mens se eie beeld, wanneer MY Woord sê dat
julle geskep was in MY beeld. Julle speel julle speletjies met die weer. Nou sal
Ek vir julle die Skepper van daardie weer wys. Julle eie klone sal draai teen
julle. Julle eie uitvindings sal draai teen julle. Enige wapen wat julle probeer
en gebruik teen MY Kinders sal boemerang terug bo-op julle. Want EK oordeel
Sodom en Gemorra weer, EK kyk oor die aangesig van hierdie wêreld. EK weet
watter MY Engele verseël het en hierdie dinge sal hulle nie oorkom nie.
Wee die res van julle. Julle beter op julle knieë val nou en bekeer terwyl daar
nog tyd is. Roep die naam aan van YAHUSHUA MY Geliefde Seun, roep uit om genade
vir die boosheid wat julle gedoen het. O maar julle geharde generasie, julle
verworpelinge, julle wat dink julle is so ryk en julle is so vol praalvertoon,
roem en glorie. Julle verheerlik julself in julle eie beeld. Net in die spieël
aanskou julle jul eie skoonheid. EK sal julle skoonheid wegneem. EK sal julle
roem en rykdom wegneem. EK is die enigste een wat promoveer en EK is die enigste
Een wat ontslae raak. EK is YAHUVEH en EK is die begin en die einde. EK het geen
begin nie en EK het geen einde nie.
Maar met MY vyande spreek EK, EK ken julle begin en EK ken jul einde. So gaan
voort en waag dit om aanstoot te gee. Bal julle vuiste vir MY en vaar-uit. EK
sal lag in jul gesigte. Dit is alleenlik as gevolg van die genade en die liefde
wat EK gewys het deur MY Seun YAHUSHUA dat EK nie die ganse mensdom uitwis nie.
Maar Ek het diegene wat EK MY Kinders noem, hulle wat ween voor MY, hulle wat
intree in gebed voor MY, diegene wat hul bes probeer om gehoorsaam te wees aan
MY, en MY eer. Dit is vir diegene wat EK nie die ganse mensdom uitwis nie. MY
Seun kom weer! Julle hoef nie net staat te maak op die getuienis van mense nie,
lees MY Woord, bestudeer MY Woorde. Diegene wat MY waarlik liefhet, het MY Seun
YAHUSHUA lief. Diegene wat MY werklik begeer, diegene begeer MY YAHUSHUA,
waarlik. Hierdies MY geliefde kinders is julle susters en julle broers.
Dit het julle in gemeen, en hierdie is die rede dat julle liefde vir mekaar
behoort te hê. Dit is nie belangrik wat jou naam op die aarde genoem word nie.
Julle sal mekaar herken aan die salwing van die Gees, julle sal die liefde van
YAHUSHUA aanskou in mekaar se oë en julle sal die Salwing van die RUACH ha
KODESH herken binne-in. EK skei die skape van die bokke en EK ruk die maskers
van die bokke af, aangesien hulle gemasketeer het as ‘n skaap of ‘n lam, hierdie
is deel daarvan om die kaf te skei van die koring, want die kaf is net geskik om
verbrand te word!
Einde van Profesie.
So is dit gespreek, so is dit geskryf
26 Desember 2002 deur Apostel Elisheva Eliyahu
********
(Hieronder is ‘n persoonlike Profesie wat YAHUVEH ook terselfdertyd gespreek
het, en die droom waarna YAHUVEH verwys in die Profesie is ook geplaas hieronder.
Beide het gekom op dieselfde dag, op dieselfde tyd en omstandighede wat hierdie
Profesie voortgekom het. Hierdie Profesie was teruggehou soos beveel was en sal
geplaas word op 31 Desember 2002. YAHUVEH het ook vir ons ‘n verrassing openbaar
terwyl HY vir ons die nuwe mandaat gegee het om hierdie Bediening met die RV
(recreational vehicle or bus) na die mense te neem en te vra of hulle sal deel
wees van hierdie finansiële wonderwerk sodat ons vryer kan reis en meer mense
een-op-een kan aanraak. (Diegene wat ons help sal geseënd wees)
Persoonlike Profesie.
Hierdie boodskap is nog nie gereed om vrygestel te word nie. (26/12/02) want EK
het meer om te sê. MY Geliefde Dogter jy sal weet wanneer om hierdie Boodskap
vry te stel, EK sal dit bevestig wanneer jy bid. Vandag omdat jy gesmeek het en
MY stem wou hoor, het Ek MY stilte verbreek en EK het gespreek.
En EK is so welbehaag met julle [Bruid van YAHUSHUA], moet nooit dink dat julle
nie die beste is in MY oë nie. Wanneer julle praat en MY Dogter beskerm op ‘n
manier wat EK julle gesalf het, het die duiwel geen keuse as om te hardloop nie.
EK sal ‘n boodskap voortspreek en dit sal weereens kom uit MY Diensmaagd maar
daar is ‘n tyd en daar is ‘n seisoen.
EK spreek deur [Elisheva], hou haar gefokus op die vraag wat sy gevra het
hierdie dag.
(Ek het ‘n antwoord gesoek waarom Dr. Richard gesterf het voordat hy weggeraap
was, want ek het geglo en hy het geglo dat hy sou leef om die wegraping te sien
want YAHUSHUA het dit vir hom gesê voor hy teruggestuur was na die aarde toe hy
die eerste keer gesterf het en weer opgewek was. Ek het gesmeek vir ‘n antwoord
omdat ek, soos ander geglo het dat Dr. Eby sou gebruik word as ‘n teken van die
spoedig komende wegvoering genoem die wegraping.)
Moenie dink dat jy so baie weke agter is om dinge gedoen te kry nie. Want
wanneer EK dit op jou hart lê, dan weet jy dat jy dit moet doen wat EK jou
beveel om te doen. Wanneer EK dit op MY Dogter se hart lê om vandag in te tree
met gebede en nie vandag die Torah te bestudeer nie, weet dan dit is EK wat
spreek deur haar, spreek tot haar, want EK het baie om te sê. Julle vra hierdie
vraag oor MY seun, Dr. Eby, soos hierdie wêreld sy naam geken het. EK sal meer
onthul en EK sal dit baie eenvoudig maak. Julle moet vergader met ander wat
gesalf is, praat met hulle vandag telefonies en kry gebeds-bemiddeling aan die
gang sodat die salwing aangewakker sal word en dit bevestig sal word in meer as
net een. In die mond van twee of drie getuies sal dit vasgestel word.
EK gaan vir julle ‘n Tempel gee MY Kinders, en dit sal‘n Tempel wees op wiele.
Julle sal instaat wees om vryer te reis en te gaan na plekke waarheen EK julle
roep om te gaan. Maar EK het werklik julle RV woning uitgekies en dit sal nie
net funksioneel wees nie maar ook pragtig sodat julle vir ander kan sê; aanskou
die wonderwerke wat YAHUVEH gedoen het. Moet MY nie in ‘n boks sit nie, moenie
sê wat EK kan doen en wat EK nie kan nie. Dit is net soos [Elisheva] om die
dollers te tel wat hierdie huurmotor gekos het. Op een dag het EK dit op ‘n
ander seun (Matt C) se hart gelê om daardie $60.00 te stuur. So julle sien MY
Kinders, omdat julle so getrou is aan MY, omdat julle MY gehoorsaam, omdat [Elisheva]
julle MY stem hoor, gesamentlik MY Kinders, sal julle dit nie mis nie. Julle sal
eenstemmig wees. So luister na MY stem, wanneer EK jou beveel om ‘n (foon)
oproep te maak dan maak jy ‘n oproep. Moenie bekommer oor watter dag dit is nie
(Shabbat) Maak jy net seker dat jy gehoorsaam.
[Elisheva] jy moet intree en aanhou bid. Jy moet aanhou om MY aangesig te soek.
Jy moet luister en gehoorsaam want jy ken nie die wapens wat afgevuur en gerig
is op jou liggaam van vlees nie, so dit is waarom EK jou beveel MY Kind om te
rus. Spaar jou energie MY Dogter om in te tree want vandag het jy weereens in
die gaping gestaan en MY herrinner waarom, terwyl MY ander kinders ook uitroep
tot genade vir hierdie mensdom. Dit is waarom EK nie elke mens uitgewis het van
die aangesig van hierdie aarde af nie, want EK het steeds MY oorblyfsel en EK
sal altyd MY oorblyfsel hê, diegene wat MY werklik liefhet en dien en MY eerste
stel, diegene wat uitroep in YAHUSHUA se Naam, hierdies is diegene wat EK
weereens verhoor. So die nuutste Boodskap MY Dogter sal genoem word: “TART MY AS
JULLE DURF!” Maar dit is nog nie die tyd om hierdie vry te stel nie want Ek het
nog baie meer om te sê terwyl julle intree en MY soek wanneer julle bid.
(Gelag van my want my hande word lam van die swaar salwing aangesien ek hande
geklem het terwyl hierdie Profetiese boodskap voortgekom het. Ek is gesê om
alles te deel en nie te sensor nie omdat dit ander moontlik kan help om te besef
dat ek geensins anders as enige iemand is nie)
Hierdie was 26 Desember 2002, ek het gesê ek gaan aan die Hemel se deur hamer
totdat ek ‘n antwoord kry oor die rede waarom Dr. Eby gesterf het aangesien ek
hom dopgehou het en ek is reeds 27 jaar lank gered. Toe ek die eerste keer die
naam van Dr. Eby gehoor het, het ek werklik geglo dat hy nie sou sterf nie en hy
opgeneem sou word in die wegraping. Ek sou ook daar gewees het. So toe hy op
hierdie dag sterf, het ek soos ander, ons Hemelse Vader uitgevra oor die rede?
Ek het gesê ek sou hamer aan die Hemel se deur op daardie dag en intree en bid
totdat ek ‘n antwoord kry. My e-pos was reeds besig om vol te raak en ek weet
dat die RUACH vir my gesê het dat nog meer e-pos sou kom. Hulle sou van my
verwag om vir hulle die antwoord te gee en ek het nie die antwoord vir myself
gehad nie. Maar YAHUVEH het nie vir my die antwoord gegee op 26 Desember 2002
nie. In plaas daarvan het YAHUVEH vir my gesê om te wag en in te tree en dat HY
vir my die antwoord sou gee.
Hieronder is die droom wat ek gehad het oor Hael en Blindheid. Hierdie droom het
ook gekom op 26 Desember en YAHUVEH noem dit in hierdie profesie 68. Vyf
profesieë het voortgekom in die maand Desember en 2 profetiese
waarskuwings-drome. Hierdie het begin op die 1ste dag van Desember Hanukkah, en
nou is die laaste een op die laaste dag van die jaar. 31 Desember. Ek het vandag
‘n nuwe een ontvang. Ek voeg nou by tot 26 Desember se notas en julle kan dit
appart lees.
Vele het reeds gewonder hoe Profesie 70 sal wees. Net tyd sal leer of ek die eer
gegun sal word om weer ‘n boodskap te hoor.
*******
26 Desember 2002
Ek het ‘n droom gehad waar ek in ‘n hoë wolkekrabber gebou was. Mans was oral
gewees, ek onthou nie of vroue in die vertrek was nie. Oral was uitroepe terwyl
een-na-die-ander van die mans blind geword het. Gille van “Help my ek is blind!”
was oral. Niks kon gedoen word nie. Ek was nie bang nie want ek was nie blind
nie. Toe het die droom geflits na ‘n toneel waar ek hael gesien het in alle
groottes wat teen vensters dawer en groot ysballe wat uit die lug val met winde
van ongeveer 100 myl per uur saam met die hael. Nog nooit was hael gesien soos
hierdie nie want dit was nie klein golfbal-groote hael nie en daar was so baie
dat dit gelyk het of ys rotse uit die lug val soos ‘n stortvloed. Ek het probeer
om deur hierdie storm te ry op ‘n pad wat skaars enige ander karre daarop gehad
het. Die wind was so sterk dat dit karre buite beheer in die rondte sou tol
binne-in die aankomende verkeer in indien daar enige was. Die hael sou
windskerms gebreek het en gebars het deur die dakke van karre. Ek het aan die
regterkant van die pad gery en die wind het my kar in ‘n sirkel getol, daar was
‘n aankomende kar wat ook buite beheer getol het in die linkerbaan, my kar het
buite beheer getol maar ons het mekaar nie getref nie, of die kar wat voor my
was het ons nie getref nie, want ek het geskree “Jesus help!” (Ek erken toe ek
voorheen in motor ongelukke was, het ek nie YAHUSHUA geroep nie omdat dit net te
veel lettergrepe het en ek val terug na die plek waar ek eerste gered was en
roep Jesus help.) Die kar het opgehou tol en ek was veilig.
Nadat ek wakker geword het het ek vir YAHUSHUA gesoek oor die betekenis van
hierdie droom. HY het vir my gesê dat YAHUVEH weer volke en lande sal oordeel
met vuur en swael en hael en blindheid. Net soos HY gedoen het met Sodom en
Gemorra sou YAHUVEH dit weer doen. Alleenlik diegene wat uitroep tot YAHUSHUA
sal gespaar word. Blindheid het na die homoseksuele toe gekom wat daarop
aangedring het om seksuele omgang te hê met die 2 engele in Sodom en Gemorra
volgens die Bybel. Ek weet nie wie anders die blinde manne simboliseer nie, dit
kon ook geestelik beteken sowel as fisies. Die georganiseerde kerke is
grotendeels blind. Die waarskuwings-droom op 19 Desember was oor meteoriete wat
neergekom het soos ‘n stortreën en in vlamme uitgebars het.Vuur het uit die lug
geval, en nou is die droom Hael wat ys is, en die misiel-droom jy sit dit alles
bymekaar en jy het Die toorn van YAHUVEH vir die goddelose en ongehoorsames.
Ek het hierdie droom neergeskryf na die beste van dit wat ek onthou.
Apostel Elisheva Eliyahu
Profesie 73 OORDEEL! OORDEEL! OORDEEL!
EK het jou lank gelede gewaarsku [Elisheva] om nie hierdie Bediening na ‘n man
of ‘n vrou te vernoem nie selfs nog voordat daar ‘n Bediening was. EK het dit in
jou gees geplaas want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, niks hiervan
het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit die Mond van YAHUVEH geboorte gegee.
Dit is uit die Mond van YAHUSHUA jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die
Mond van die RUACH HA KODESH jou IMMAYAH geboorte gegee. As dit net deur jou
hand was sou dit lankal misluk het. Dit is deur die SHKHINYAH HEERLIKHEID se
Wind wat oor hierdie aarde waai, die Heilige Wind van Herlewing, dit is nie deur
jou asem nie anders sou dit misluk het (Jesaja 42:8)
In Julie 2010 Het YAHUVEH GOD beveel dat die volgende bygevoeg word voor elke
Profesie:
2 Kronieke 36:16
“Maar hulle het die boodskappers van ELOHIEM uitgelag, SY Woorde verag en met SY
Profete gespot totdat die gramskap van YAHWEH teen SY volk opgekom het, totdat
daar geen genesing meer was nie.”
*******
Geliefde familie in YAHUSHUA,
Hierdie profetiese waarskuwing het gekom, toe ek gebid het nadat ek die Bill O'
Reilly nuuskommentaar gekyk het. Selfs hy het die vrees vir God vir dit wat
gebeur met die Christelike simbole wat verwyder word van die "Los Angeles County
Seal" af. Hierdie nuutste profesie sal vir hom gestuur word en ons vra ander om
dit ook na hom toe te stuur met oornag pos sodra dit geplaas word. Miskien sal
hy YAHUSHUA en SY beskerming aanvaar terwyl hy dit lees. Bid asseblief dat hy
sal. As sy naam geskryf is in die Lam se Boek van Lewe voor die grondlegging van
die wêreld, dan sal hy dit doen. Dalk sal hy selfs hierdie profetiese
waarskuwing lees oor die lug.
Mense kan my maar soveel spot as wat hulle wil solank ek weet dat ek die mense
gewaarsku het. Soos Esegiël 3:17-21 sê, sal hulle bloed nie op my hande wees nie.
Vader YAHUVEH is so kwaad toe hierdie boodskap gelewer was dat daar
verduidelikings moet wees in byna elke sin. Totdat die audio-band nie vrygestel
word nie is daar geen manier om die stemtoon oor te dra wat VADER YAHUVEH deur
my gespreek het nie 'n stem van woede vir SY vyande en liefde vir SY geliefde
Kinders. Ek moet byvoeg, ek het aanhoudend 'n visioen gesien van 'n mond wat
wyd-oop geforseer word met 'n groot tregter binne-in gesit en 'n groot hand het
bloed in die keel afgegooi. Ek is net ‘n boodskapper. Moet asseblief nie die
boodskapper stenig nie.
*******
OORDEEL! OORDEEL! OORDEEL!
OORDEEL! OORDEEL! OORDEEL! Julle wat nie die gestorte bloed van YAHUSHUA ha
MASHIACH wil aanvaar nie. EK praat met al diegene wat MY spot. EK praat met al
diegene wat MY laster. EK praat met al diegene wat MY SEUN YAHUSHUA verwerp,
julle wat nie die gestorte bloed wil ontvang wat vir julle gestort was nie, dan
sal EK bloed afgiet in julle kele. EK sal julle swelg met julle eie bloed. EK
sal julle swelg vir die sondes wat julle gedoen het in Amerika alleen!
Dink nie die ander nasies van hierdie wêreld het MY nie mishaag nie. Want
hierdie profeet is van Amerika, so EK sê, EK spreek die oordele voort wat sal
kom na Amerika toe. As sy van Duitsland was, sou EK die Oordeel op Duitsland
voortgespreek het. As sy van Australië was, sou EK die Oordeel voortgespreek het
gereserveer vir Australië. As sy van Kanada was, sou EK die Oordeel
voortgespreek het gereserveer vir Kanada want daar is nie een nasie op die
aangesig van hierdie aarde waarvoor EK nie Oordeel gereserveer het nie.
Bloed sal in julle strate vloei. Bloed sal tot by julle eie kuslyne kom. Kwale,
siektes en krankhede dit, wat julle nog nooit vantevore eers van gehoor het nie,
sal oor MY vyande kom, diegene wat verklaar het hulle is MY vyande. So julle wil
MY simbole vat van enige iets Heiligs buite jul sig, af van die seëls af, uit
die ede, af van die vlae af. Julle wil MY uitsit uit julle nasies, EK sal julle
wys, EK sal julle swelg met julle eie bloed.
Omdat julle dink daar is niks verkeerd daarmee om 'n baba te vermoor terwyl
hulle nog in die ma se baarmoeder is nie sal EK julle eie babas doodmaak, EK sal
hulle slag voor julle. Deur die hand van Almagtige Lewende YAHUVEH, EK sal julle
wys EK is 'n God wat nie gespot word nie. Omdat julle MY gespot het vir MY
genade, sal julle nou baie spoedig sien daar is geen genade meer nie. EK sal nie
om verskoning vra vir Sodom en Gomora en die ander stede rond-om nie. EK sal nie
om verskoning vra vir Ninevé nie, want julle sondes is selfs groter nog as almal
van hulle s'n saam! Die stank van julle sondes bereik MY neusgate. Hoe min
verootmoedig hulself en val op hulle aangesig. O, as dit nie was vir die Bloed
van YAHUSHUA ha MASHIACH nie, sou EK julle almal uitwis uit die mensdom.
O maar EK het 'n klein klompie, o so baie min, wie EK MY Kinders en MY skat noem,
wat huil en ween voor MY, wat sê, "Laat hierdie sonde nie teen ons gereken word
nie" En net so seker soos EK Noag en sy familie gespaar het, net so seker soos
EK Lot en sy familie gespaar het behalwe een, net so seker sal EK 'n manier van
ontvlugting voorsien, 'n manier om te seën, 'n manier om MY geliefdes weg te
steek. Gaan en versteek julself, MY Kinders. Julle beter inkruip onder die
beskutting van MY Vlerke; julle beter seker maak die gestorte Bloed van YAHUSHUA
bedek elke sonde. Want MY woede is magtig, so magtig soos MY Naam en die Groot
Verdrukking wat gaan kom is nie so baie ver weg nie.
Julle wil oorloë begin teen diegene wat nie oorloë aangehits het nie. Julle wil
hulle vertrap onder-voet net omdat julle kan. EK het die wapens gesien van die
mens maar hulle kan nie vergelyk met die wapens van die Hemel nie. Julle spot
oor ‘n film genaamd, "Passion of the Christ", nou spot julle ook nog 'n ander
film, (The Day After Tomorrow), wat julle vooruit vertel, want EK het dit in die
gedagte van 'n heiden gesit om vir julle die Oordeel te wys wat gaan kom. En
julle politici verrys en sê, "Moenie luister nie, hierdie is belaglik, hierdie
sal nie gebeur nie!", maar wie is hulle om te sê? Hoe weet hulle waar EK die
reën wegbêre? Hoe weet hulle waar EK die winde wegbêre?
O, hulle het hul mensgemaakte masjien wat hulle sê die weer kan beheer, maar EK
is EK en EK alleen sal wys wat EK doen met daardie masjien! EK sal die einste
snare breek van hulle HAARP! EK sal diegene beskaam wat hulself wys ag. Want is
EK nie die outeur van alle wysheid nie en julle het niks geskape nie, dit is EK
wat die uitvinder is. EK alleen is die Skepper en EK sal julle wys wat EK doen
aan die wapens van massa vernietiging, want julle sal verwoesting sien uit die
Hemel net so seker as wat Sodom en Gomora en die sewe stede het.
So julle wil MY bespot? Nou sal EK julle wys wat gebeur wanneer EK die Skepper
julle spot. Die instelling van die huwelik was geskep sodat ons een sou wees.
Dit was vir seker nooit geskep vir dieselfde geslagte om een te wees nie. Julle
bespot selfs die instelling van die huwelik. Orkane sal kom wat onproporsioneel
is, soos nog nooit gesien vantevore nie. Tsunami golwe sal oor die kuslyne spoel,
hulle sal MY trane wees. Die aarde sal skud in golwe regoor die wêreld
terselfdertyd. Terwyl julle oë op die hemelruim vasgenael is, sal julle
verskrikking sien terwyl satan kom in vermomming. Want julle is op ‘n
botsings-koers en julle sal MY woede maai want EK is die God YAHUVEH Almagtig
daar is maar een.
As gevolg van die genade van MY Seun het EK MY raserny teruggehou. Wanneer julle
sien een nasie onder God, gaan die laaste van die seëls, sal julle waarlik selfs
die woord, die generiese woord God uit julle nasie uitgegooi het. Julle laat toe
dat 'n eksklusiewe klompie, hand-geselekteer deur satan die een vryheid na die
ander wegneem. Julle bly stil en tog kom julle na MY toe en bid? Die vyand bly
nie stil nie, die vyand brul en maak dit self bekend terwyl satan rondgaan soos
'n brullende leeu soekend wie hy kan verslind. So vir diegene wat nie hul sondes
weggewas het in die gestorte Bloed van YAHUSHUA nie, vir diegene wat nie MY en
MY Seun, eerste gemaak het in hulle lewe en liefde nie, julle sal hierdie
onheile sien kom.
O julle sê dat EK knipoog vir hierdie sonde of daardie sonde oorsien, sekerlik
gee God nie om nie. As jy van beter weet en jy hou aan verskonings te maak,
nikswerd woorde te sê wat EK nie eers hoor nie, sal EK jou wys EK is 'n jaloerse
God. Enige iets wat jy voor MY stel het jy n God gemaak.
OORDEEL, OORDEEL, OORDEEL selfs die einste woord Oordeel sal julle sien julle
hooggeregs-hof van Amerika, sit daar bo-op 'n heuwel so vroom maar EK alleen is
die Regter en een-vir-een sal hulle afgehaal word, want hulle het hul vuiste
gebal vir die Almagtige Lewende YAHUVEH met geen vrees. Ek sê vir julle dit MY
Kinders, die agenda van satan het hier begin. Die antichris-sisteem is opgestel
net wagtend vir die regte tyd en seisoen vir hom om te verskyn. Julle was
gewaarksu, MY Kinders. Kruipweg vir 'n klein rukkie. Wanneer EK vir julle sê om
te beweeg, moenie bevraagteken hoekom nie. Moenie uitstel nie anders sal julle
nie veilig gehou word nie en dan sal julle na MY toe kom en MY vra hoekom.
Amerika EK het die laaste oordeel gereserveer vir jou. Jy kyk rond-om hierdie
wêreld terwyl jy een nasie na die ander vat maar MY oog is op jou. EK sien jou
hart, die harte van jou politici, die bloedgeld wat verwissel word, die dood van
die soldate, die vrouens en die mans hulle sterf tevergeefs, hulle ly tevergeefs,
want hulle het trou gesweer aan 'n Land wat MY nie verteenwoordig nie. O, julle
ander nasies wat luister na hierdie woord, dink julle is nie beter af nie, want
weer sê EK EK reserveer MY Oordele, en julle eie profete praat, want julle is
niks beter nie, dit is net omdat Amerika meer astrant is in hul goddeloosheid.
Want hulle het hul vrees verloor vir hul Skepper, die een wat hulle apart gestel
het.
EK spreek nie hierdie waarskuwing tot MY Kinders nie; EK dreig nie MY Kinders
nie, diegene wat MY geliefdes is, diegene wat MY Babas, Bruid, Uitverkorenes en
noukeurig Uitgesoektes is nie. Julle hoef nie bang te wees vir die woede van
julle Vader nie solank julle doen wat EK vir julle sê om te doen. EK sal julle
veilig hou, EK sal julle weggesteek hou onder die beskutting van MY vlerke, dit
is in daardie salwing wat julle binne-gaan.
Die Stad van sonde is die eerste grimmigheid om binne te kom, om 'n klein
kruisie weg te neem van die seël af. Dit wys jou die mag van die kerke in
daardie Staat. Hulle het 'n vorm van Goddelikheid, geen begeerte vir
Goddelikheid nie, geen Goddelikheid van binne nie. Diegene wat in daardie Kerke
is waar die pastore stilgebly en toegekyk het, het nie eens 'n gebed geoffer nie,
het nie die gemeente aangesê om te vas en te protesteer nie. Julle is hoere,
julle is hoere voor MY aangesig, julle het julself verkoop aan die hoogste prys
wat sal julle nie doen vir daardie belastingvrystelling-status nie, wat EK reeds
geprofeteer het weggestroop sal word. O, maar julle verlang net na die dag wat
julle kan voortgaan om dit te doen op julle manier. EK het die mense aangesê om
te vlug uit hierdie Kerke van Babilon. Maar steeds hou hulle aan om die Kerke te
ondersteun, pamperlang hierdie pastore, maak seker te maak hulle het die rykdom
gereserveer vir die goddeloses. Hulle is niks meer as kerkbank-verwarmers nie en
EK sal hulle aanspreeklik hou, want hulle het nie gevlug nie, in plaas daarvan
hou hulle aan om die werke te ondersteun van satan wat 'n vervalsing is voor MY.
So Amerika, EK profeteer deur hierdie diensmaagd want sy is van Amerika, maak
jou mond wyd oop want diegene wat nie die gestorte Bloed van YAHUSHUA ha
MASHIACH aanvaar nie, met julle eie bloed sal EK julle verswelg! En daar is nie
een persoon wat nie instaat sal wees om te sê, wanneer die verwoesting kom in
golwe "Dat ek hierdie of daardie een ken wat gesterf het" nie. EK het jou
gewaarsku Amerika, jou profete het jou gewaarsku. EK het waarskuwing op
waarskuwing voortgespreek uit hierdie diensmaagd baie jare tevore. Regoor die
wêreld bid hulle, "Wat het hierdie profeet om te sê?" Hoeveel keer moet EK
MYSELF herhaal want julle ore is bot, hulle is vol was, julle is hardhorend.
Julle het nie eens gehoorsaam wat EK gesê het nie nie en tog roep julle uit,
"Gee vir my nuwes!" Hierdie is net ‘n klein voorbeeld.
Nou gee EK 'n nuwe waarskuwing vir julle. Vir die wat glo in die wederkoms van
YAHUSHUA, julle gebruik die woord wegraping, die wegvoering van MY getroue Vroue
en Mans en Kinders. EK waarsku julle nou, PASOP MY KINDERS vir ‘n VERVALSTE
WEGRAPING bedink deur diegene wat julle vertrou. Wanneer hulle sê, "Jesus is
hier", wanneer hulle sê, "Jesus is daar, kom en ontmoet ons daar". (Mattheus
24:23-24). Pasop MY Kinders vir die HOLOGRAM in die lug, wat satan sal wees wat
kom in vermomming. Want nuwe wapens sal julle afmaai. Want diegene wat nie
luister nie, want hulle wat nie weet nie, hulle sal verdamp word, hulle sal niks
meer as rook wees nie. Want julle hoef nêrens heen te gaan vir YAHUSHUA om te
kom nie, MY Seun sal kom waar jy is.
Pasop MY Kinders vir die BLOU STRAAL WEGRAPING "BLUE BEAM RAPTURE", wat geen
wegraping is nie, want dit is boosheid om weggeneem te word, wanneer hulle
gedink het hulle kom om die aangesig te aanskou van Jesus. EK het hulle
toegelaat om mislei te word, want as jy waarlik van MY gehoor het, sou jy jou
woord ken, jy sou weet selfs die einste uitgesoektes sou mislei word. Hierdie is
die plan, hierdie is die komplot van die vyand, net om vir julle te wys wat
boosheid is. Nie almal wat vergader sal boos wees nie, sommiges het nog net nie
die waarskuwings gehoor nie, sommiges weet nie hoe om MY stem te hoor nie, so EK
sê vir julle om hulle te waarsku. Want MY SEUN kom maar die duiwel probeer
vooruit gaan, so waarsku hulle. Toets die Gees wat praat.
Ja, dit is waar dat die dooies in die MESSIAS sal opstaan, en julle wat oorbly
sal weggevoer word die lug in om MY Seun te ontmoet maar die duiwel gaan vooruit.
Wees gewaarsku diegene met ore, luister, die met geestelike oë, sien, sodat
julle nie geflous sal word wanneer hierdie vervalsing probeer verskyn voor julle
nie. Wanneer julle eie politici regoor die wêreld opkyk na die lug en sê, "Daar
is 'n groter God wat kom as ek." sal hulle verskynsels sien; ja hulle sal sê
hulle sien ruimteskepe. Dit sal julle nuus haal. 'n Alien sal ‘n onderhoud selfs
met 'n ruimtewesen (alien) gevoer word. Onthou MY Kinders wanneer hierdie kom,
satan gaan MY Seun vooruit.
satan bespot MY op alle maniere, die grootste bespotting is om te probeer om MY
ware Babas, Bruid, Uitverkorenes en noukeurig Uitgesoektes weg te steel. Hel
oorstoom en die tekens sal voortkom uit die lawa wat sal voorspuug in verskeie
dele van hierdie wêreld. Die aarde sidder en bewe vir MY woede, met die
naderkoms van MY ware Seun want MY Bruid weet die Bruidegom kom. So satan spot
en probeer MY Seun vooruit gaan en om alles en enige iets wat Heilig is weg te
stroop buite sig van die mense sodat hulle die prys sal vergeet wat MY Seun
betaal het. Want YAHUSHUA ha MASHIACH is julle enigste MESSIAS julle enigste
leidende Lig.
EK het julle gewaarsku in die lug, EK het julle hierdie jaar teken op teken
gegee. EK het vir julle wonders en verwondering gegee terwyl komete gekom het in
verskillende groottes. Hoeveel het opgekyk en besef dat die verlossing naderkom.
Maar vir MY vyande, oordeel, oordeel, oordeel is al wat julle sal ken. Oordeel
op hulle wat mensgemaakte hongersnode gemaak het. Oordeel op hulle wat die kwale,
siektes en krankhede gemaak het, oordeel op hulle wat die lug besoedel het met
kwale, oordeel op hulle wat gif in die kos en water gesit het.
OORDEEL, OORDEEL, OORDEEL want EK alleen is die Hoof Regter, en julle sal sien
EK is nie ‘n God wat gespot moet word nie. Julle sal sien wat EK doen aan die
vyande, diegene wat so ryk en luisterryk sit en die armes in die stof inskop.
OORDEEL, OORDEEL, OORDEEL terwyl EK julle mond oop forseer, om MY woede in te
giet. Diegene wat skree, "ek is homoseksueel, ek is gay en ek is trots." Siektes
sal oor julle kom, plae sal oor julle kom, mense sal beangs weghardloop vir
julle en julle sal wegkruip en julle sal ineenkrimp en julle sal skree, "Maak my
dood want hierdie pyn kan ek nie langer verdra nie."
OORDEEL, OORDEEL, OORDEEL nie net in Amerika nie maar in elke nasie wat MY
uitgedaag het, in elke Stad, in elke Staat EK gee nie om hoe klein julle is nie,
van die Stad, tot die Platteland tot die Voorstede, EK weet waar julle is. EK
sal julle daar kry.
OORDEEL, OORDEEL, OORDEEL! Vir julle wat geregverdig is in MY Seun se Naam, die
oordeel sal nie naby julle kom nie. Julle sal kyk en julle sal aanskou in
afgryse, julle sal diegene sien wat julle ken MY oordele maai hetsy hulle
familie, vriend of vyand is. Net soos EK in staat was om die Kinders van Israel
te beskerm teen die plae van die Egiptenaars so sal EK dit weer doen. Want EK is
die Almagtige Lewende Regter, EK is die Almagtige Lewende Skepper en ek sal
Oordeel maai, want MY vyande sal hulle dra soos klere, soos 'n tweede vel.
Eers huil EK en dan is EK kwaad en nou MY Kinders verberg julself vir ‘n klein
rukkie langer want julle ABBA is baie kwaad. Maar nie vir julle nie MY
kleintjies, nie hulle wat MY Seun aanroep nie, nie hulle wat hul uiterste bes
probeer om 'n glimlag te bring op MY gesig en MY Seun nie. Nie hulle wat sê, "O,
ons is so skaam dat ons deel is van hierdie mensdom wat soveel skande bring vir
ons Hemelse Vader” nie. EK streel jul hoofde, EK soen julle oogbanke, EK sê, "Versteek
julself MY Kinders vir nog net 'n klein rukkie langer." terwyl Oordeel kom oor
MY vyande. Rond-om hierdie wêreld, see tot see, sal Oordeel kom oor MY vyande.
* * * * * * *
Gespreek onder die salwing van die RUACH HA KODESH Deur Apostel Elisheva Eliyahu op 2 Junie 2004