Van Profesie 105 af, het YAHUVEH gesê hierdie moet van nou af op al die Profesieë geplaas word: Elisabeth (Elisheva) EK het jou lank gelede gewaarsku om nie hierdie Bediening na ‘n man of ‘n vrou te vernoem nie, selfs nog voordat daar ‘n Bediening was. EK het dit in jou gees geplaas want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, niks hiervan het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit die Mond van YAHUVEH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van YAHUSHUA jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van die RUACH ha KODESH jou IMMAYAH geboorte gegee. As dit net deur jou hand was sou dit lankal misluk het. Dit is deur die SHKHINYAH GLORIE se Wind wat oor hierdie aarde waai, die Heilige Wind van Herlewing, dit is nie deur jou asem nie, anders sou dit misluk het. “EK is YAHVEH, dit is MY NAAM; en MY EER sal EK aan geen ander gee, of ook MY LOF aan die gesnede beelde nie”. (Jesaja 42:8)
31 Mei, 2024
Hierdie kom uit Profesie 105, YAHUVEH het beveel dat dit op alle Profesieë
bygevoeg moet word van nou af:
Hierdie kom uit Profesie 105, YAHUVEH het beveel dat dit op alle Profesieë
bygevoeg moet word van nou af:
Redakteur se opmerkings: Ons was in gebed rakende ‘n saak ten opsigte van
YouTube. Elisheva het die woorde “anti-mashiach” (antichris) onderskei in ‘n
Heilige Taal. Sy het gewonder of hy in ‘n droom was wat sy gehad het waarin sy
dopgehou was.
EK het jou lank gelede gewaarsku [Elisheva] om nie hierdie Bediening na ‘n man
of ‘n vrou te vernoem nie selfs nog voordat daar ‘n Bediening was. EK het dit in
jou gees geplaas want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, niks hiervan
het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit die Mond van YAHUVEH geboorte gegee.
Dit is uit die Mond van YAHUSHUA jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die
Mond van die RUACH HA KODESH jou IMMAYAH geboorte gegee. As dit net deur jou
hand was sou dit lankal misluk het. Dit is deur die SHKHINYAH HEERLIKHEID se
Wind wat oor hierdie aarde waai, die Heilige Wind van Herlewing, dit is nie deur
jou asem nie anders sou dit misluk het (Jesaja 42:8)
In Julie 2010 Het YAHUVEH GOD beveel dat die volgende bygevoeg word voor elke
Profesie:
2Kronieke 36:16
“Maar hulle het die boodskappers van ELOHIEM uitgelag, SY Woorde verag en met SY
Profete gespot totdat die gramskap van YAHWEH teen SY volk opgekom het, totdat
daar geen genesing meer was nie.”
*******
(Verduideliking) Wee die wolwe in skaapsklere! Raak MY gesalfdes nie aan nie, en
doen MY Profete geen skade nie. Alhoewel hierdie profesie aan 'n ander gegee was
wat my verraai het as 'n webbestuurder, het sy haar bediening na hierdie een
vernoem. Maar daardie bediening lei ander op 'n dwaalspoor na materialisme, en
sekere vals leerstellings. Die Engle’s het hulle bediening HOLY GHOST Fire
genoem, nagedoen wat God aan my gegee het en wat Heilig is. Ek moet hierdie
profesie deel want dit is bedoel om ander leraars en bedienings te bemoedig waar
die wolwe besig is om te verslind of julle met hul slagtande te byt. Terwyl God
my beskerm is hy nie 'n aannemer van persoon nie en sal julle vyande in sewe
verskillende rigtings laat wegvlug!
Hierdie vrou wat haarself 'n pastoor noem was my webbestuurder vir een aand en
het mense na Amway gelei en nie na YAHUSHUA toe nie! Ek het geen keuse as om
haar naam daarop te laat nie want sy het nie die naam van haar bediening
verander nie. Sy het 'n wins uit hierdie PROFEET gemaak vir een aand! Wat is die
prys van 'n siel vra ek haar en al die ander wat hierdie dinge doen? Bedienaars
pasop almal wat die belastingvrystelling-status aanvaar en deur die Regering
omgekoop word om nie die mense te waarsku teen dit wat in hierdie land gedoen
word nie. Die RUACH ha KODESH het vir my gesê waarlik belastingvrystelling-status
sal julle enigste beloning wees! Binnekort sal daar geen beloning van die
Regering wees nie, wat gaan julle dan doen? Hierdie bedienaar wat in die
onderstaande profesie genoem word se naam sou ek eerder verwyder maar ek is NIE
toegelaat nie want dit is 'n woord van God en 'n waarskuwing aan al die ander
wat dieselfde doen. Onthou vir YAHUSHUA en hoe HY die geldwisselaars se tempels
uitmekaar geruk het! Hierdie profesie is slegs 'n klein voorbeeld van hoe HY
gevoel het. Ek vergewe haar en bid net dat sy sal ophou om die God van
Materialisme te dien.
Ek het hierdie profesie vir 'n lang tyd uitgehaal totdat ek gereeld versoeke
daarvoor gekry het. Ek hou nie daarvan om vloeke van God YAHUVEH uit te spreek
en nie seëninge nie. God is 'n God van Balans in alle dinge. Lees Deut 28 die
vloeke van God vir hulle wie ongehoorsaam is en Seëninge van God vir hulle wat
Gehoorsaam is! 4 Feb 1999.
* * * * * * * *
Vyande van hierdie bedienaar en bediening wat gekom het soos 'n skaap en julle
wolf-slagtande gewys het en intensies om hierdie bediening en bedienaar dood te
maak asook dit waarvoor dit staan, julle sal die dag berou (so spreek YAHUVEH,
YAHUSHUA en die RUACH ha KODESH) dat julle ooit die naam van hierdie bediening
gesteel het om die Babas, Bruid, Uitverkorenes en Noukeurig Uitgesoektes te
verwar. Julle het geen reg nie, ook het EK die Here YAHUVEH of YAHUSHUA nie vir
julle die reg gegee om jul bediening HEILIGE GEES Vuur Bediening (“HOLY CHOST
Fire Ministry”) te noem nie! Bekeer vandag Barbara Engle omdat jy gesteel het
wat Heilig was en MY toorn oor jouself opgehoop het en jou motiewe en bediening
is onheilig! Jy is die Judas teen wie EK My dogter [Elisheva Eliyahu] lank
gelede gewaarsku het. Gee sewevoudig alles terug wat jy gesteel het. Verwyder
die naam wat jy gesteel het of jy sal jou siel verloor as jy voortgaan op die
pad van vernietiging wat jy stap. Niemand wat sulke dinge doen sal oorleef nie
en die vlamme van die hel sal tot in ewigheid aan jou gesig en liggaam lek. Gee
terug. Laat vaar alles wat jy gesteel het.
Pasop EK is 'n God wat nie bespot sal word nie. EK het MY diensmaagd, My
geliefde dienskneg gebruik om jou te toets, om jou te waarsku maar jy wou nie
luister nie. Jy het die profesieë gelees en getik, MY oordele gehoor wat
uitgespreek is oor die goddelose en diegene wat beoog om 'n bediening te
vernietig wat nie deur 'n blote vrou se hande opgerig is nie. Maar deur die
hande van Almagtige God YAHUVEH, YAHUSHUA en MY RUACH ha KODESH! Jy waag dit om
die naam te steel van 'n bediening wat spreek van MY HEILIGE GEES Vuur. Deur dit
te doen as jy nie vandag bekeer en hierdie boosheid prysgee nie sal jy jou siel
verloor. Hierdie is MY laaste waarskuwing aan julle Barb en Paul. Julle sal
slegs geskik wees vir MY vernietiging, draai weg van jul bose weë. Onthou Jakob
het EK liefgehad! Esau het EK gehaat. Ikabod is jou naam.
Moenie dink dit is [Elisheva Eliyahu] wat hier praat nie want EK profeteer julle
vernietiging op alle maniere as julle nie wegdraai van jul bose weë nie. Lank
gelede het EK julle gewaarsku en EK waarsku julle nou weer. Julle hond was net
'n teken. EK die Here God gee lewe en EK die Here God neem dit weg. Hoe broos is
julle, BEKEER vandag! Haal die HEILIGE GEES Vuur Bediening (HOLY GHOST Fire
Ministry) af van die naam van 'n bediening af wat EK nie vir julle gegee het nie.
Julle noem julself droomsoeker (dreamseeker) maar EK die Here God wie julle
beweer om te dien sal julle grootste nagmerrie word as julle nie na MY Profeet
luister wat nou voortspreek nie. Gee finansieel alles sewevoudig terug wat julle
gesteel het. Gee terug vir haar die Heilige Naam van die bediening wat julle
gesteel het. Net helse vuur sal julle sien indien julle dit nie doen nie. Toets
MY en kyk of EK nie sal doen wat Ek gesê het nie. Toets MY en kyk of EK nie
vernietiging sal bring oor alles wat julle met jul eie hande opgebou het nie.
Het julle nog nie in die verlede geleer nie? Terwille daarvan dat EK nie wil hê
dat iemand verlore moet gaan nie het EK julle weer gewaarsku.
Moenie vir julle skatte op die aarde bymekaar maak nie maar vergader dit in die
hemel! So is dit gespreek, so is dit geskryf, so sal dit gebeur want hierdie is
die woorde van die een en enigste God, “EK IS”. “EK IS” sal van vandag af soos
julle eie grootste vyand wees as julle nie alles prysgee en alles sewevoudig
teruggee wat julle gesteel het nie. Moenie jou man Paul blameer, soos Eva nie,
jy het geweet wat jy besig was om te doen is verkeerd. Jy het MY droefheid in
die vorm van depressie gevoel en nogtans het jy nie bekeer nie. EK het vir jou
MY woede gewys deur jou hond se lewe aan te raak jou te wys hoe broos lewe is,
maar jy het ook gesien hoe EK kan lewe gee waar daar dood is. Siekte waar daar
gesondheid is. Armoede waar daar rykdom is. Hartseer waar daar vreugde was.
Jou moederskoot sal leeg bly en alles wat jy dink EK gesê het sal nie gebeur nie
indien jy nie alles teruggee wat jy van [Elisheva Eliyahu] gesteel het nie en
HEILIGE GEES Vuur (HOLY GHOST Fire) van die naam van jou bediening af verwyder
nie. EK het jou nie aangesê om so 'n boosheid te doen nie. Om hierdie Heilige
bediening te besoedel wat slegs staan vir Heiligheid en te bespot wat EK vir [Elisheva
Eliyahu] gegee het. As jy nie gehoorsaam nie sal al jou seëninge selfs die
kleinste in vloeke verander. Elke keer wanneer jy die naam “HEILIGE GEES Vuur
Bediening” skryf of sien wat jy gesteel het vir jou eie wins en roem. Jy sal nog
'n vloek ontvang totdat jou lot soos die van farao is. Kom uit die kerk van die
geveinstes Barbara en Paul Engle. [Elisheva Eliyahu] het nie presies geweet
waarmee julle besig was nie, maar EK het ander gewys. Terwyl julle gewerk het
het EK vir julle tekens gegee om te stop waarmee julle besig was maar julle het
hierdie tekens geïgnoreer. Weer sê EK Bekeer oor dit wat julle gedoen het. Gee
terug die naam van hierdie bediening. Vee uit julle onheiligheid met MY Seun se
gestorte Bloed; verlaat die bose leerstellings en ander wins-Gode. Julle was
vandag gewaarsku deur YAHUVEH, YAHUSHUA en die RUACH ha KODESH, hulle wie julle
voorgee om te dien.
4 Februarie 1999 2:12 NM wat is die prys van jou siel? Wees gewaarsku en pasop,
EK sal die seëninge terugneem wat EK aan jou gegee het as jy nie vandag BEKEER
nie! EK het jou na [Elisheva Eliyahu] toe gestuur om toe te laat dat jy getoets
word wetende dat sy MY woorde sou voortspreek wanneer EK hulle gespreek het. Jy
kan nie sê jy is nie gesê nie. So Spreek die Here God van die Leërskare. BEKEER
van die vals leerstelling waarin jy glo en onderrig. Jeukende ore en dwalende oë
en wellus na goud het jou weggelei van Golgota af.
* * * * * * *
Gespreek en geskryf deur MY diensmaagd, Elisheva Eliyahu
Gespreek onder die salwing van die RUACH HA KODESH Deur Apostel Elisheva Eliyahu op 4 Februarie 1999 2:12 nm.
Profesie 104 Wêreld, Pasop Vir Die Diktator Van Diktators!
EK het jou lank gelede gewaarsku [Elisheva] om nie hierdie Bediening na ‘n man
of ‘n vrou te vernoem nie selfs nog voordat daar ‘n Bediening was. EK het dit in
jou gees geplaas want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, niks hiervan
het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit die Mond van YAHUVEH geboorte gegee.
Dit is uit die Mond van YAHUSHUA jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die
Mond van die RUACH HA KODESH jou IMMAYAH geboorte gegee. As dit net deur jou
hand was sou dit lankal misluk het. Dit is deur die SHKHINYAH HEERLIKHEID se
Wind wat oor hierdie aarde waai, die Heilige Wind van Herlewing, dit is nie deur
jou asem nie anders sou dit misluk het (Jesaja 42:8)
In Julie 2010 Het YAHUVEH GOD beveel dat die volgende bygevoeg word voor elke
Profesie:
2Kronieke 36:16
“Maar hulle het die boodskappers van ELOHIEM uitgelag, SY Woorde verag en met SY
Profete gespot totdat die gramskap van YAHWEH teen SY volk opgekom het, totdat
daar geen genesing meer was nie.”
* * * * * * *
Geliefde skatte van YAHUSHUA ons MASHIACH, YAHUSHUA se demon stompers, julle wat
gekies was om hierdie Bediening se gebedsbedekking te wees.
Ek lees elkeen van julle plasings hardop met trane wat oor my wange stroom, en
somtyds skaars instaat om te praat. Ek kon julle liefde voel gekombineer met die
vele e-posse wat gestuur word deur ander van liefde en waardering vir dit
waarvoor hierdie Bediening staan en wat ons doen en toe ontvang ek die
profetiese boodskap hieronder. Die woorde van julle liefde en salwing het
geboorte gegee aan ‘n onverwagse Profesie 104. Julle is so baie spesiaal, woorde
kan nie my waardering oordra aan elkeen van julle nie.
* * * * * * *
Geliefde [Elisheva], diegene wat hierdie Bediening beskou as ‘n seën is jou
geliefde geestelike kinders, diegene wat jou naam oplig voor ABBA YAHUVEH, wat
help dra nie alleenlik aan die laste van die Bediening nie, maar help om jou
laste te dra, en die Bediening se vyande te beveg, wat YAHUVEH se vyande is.
Pasop, sommige van hierdie vyande kom as wolwe in skaapsklere soekend wie hulle
kan verslind. Die wolwe word gestuur deur die bose herder satan en hulle word
gestuur met een doel om jou te vernietig [Elisheva] en hierdie Bediening te
vernietig. Die wolwe spreek beswadderende leuens oor jou [Elisheva], hulle
vrugte is vrot en ‘n stank in MY neusgate alhoewel sommige durf om MY Here te
noem deur hulle dade bewys hulle EK is nie hulle Here nie. EK sal vir hulle sê,
gaan weg van MY jou werker van onheil want EK het jou nooit geken nie!
Onthou dit is ABBA YAHUVEH wie wraak sal neem op al MY Heilige kinders se vyande,
want hulle veg nie teen jou, ‘n blote persoon nie, maar hulle veg teen YAHUVEH.
Pasop, almal wat hierdie Heilige Bediening aanval, met elke aanval teen hierdie
Bediening, is dit soos om ‘n naald in YAHUVEH se oë te steek! Daar is niks wat
kan vergelyk met ABBA YAHUVEH se raserny en grimmigheid nie want dit hou die hel
se vuur aan die brand en dit hou die Poel van Vuur aan die brand tot in ewigheid.
Diegene wat hierdie Bediening seën, hierdies noem EK jou geestelike kinders [Elisheva]
en hulle ouderdom maak nie saak nie, want jy is soos ‘n geestelike moeder en
beraad hulle. Jy word gebruik om voort te spreek en MY gesalfde woorde te saai
in hulle gedagtes, liggaam, gees en siel. Jou geestelike familie bemin en
respekteer jou soos ‘n biologiese familie nie kan liefhê nie, tensy hulle ABBA
YAHUVEH, MY, YAHUSHUA jou MASHIACH, en die Kosbare HEILIGE GEES aanbid. Jy het
hierdie in gemeen met almal wat dit doen.
MY Gees het elkeen van julle getrek na hierdie Bediening toe vir MY goddelike
doel. Nou [Elisheva], deel EK MY aardse skatte met jou. MY heilige kinders wat
MY kosbaarste Juwele is. Hulle leef Heilig omdat hulle behaaglik wil wees vir
YAHUVEH en MY nie skande bring nie. Geliefde Kinders, hou aan vertoef in MY,
YAHUSHUA julle MASHIACH en EK sal aanhou vertoef in julle, en vir ewig in die
Hemel saam met MY sal julle woon.
Geliefdes, julle hoef nie te vrees enige iemand sal MY Bruid aanbid nie, want
die wêreld sal MY Bruid verwerp, vervolg en haat soos die heidene MY haat, soos
hulle alles haat wat Heilig is. Onthou hierdie altyd, net die vervalsing wat nie
van MY Gees is nie word aanbid! Nooit sal MY ware Bruid dit toelaat nie. Pasop
vir ‘n vervalsing wat Amerika se Verkose President is en wat niks gedoen het nie
en tog deur massa gedagtebeheer, hipnose en gedagte manipulasie met woorde
alleen, geskryf deur ander, soos ‘n Hitler, word hy nou aanbid en niemand kan
uitpluis waarom nie.
O Amerika, onthou die profetiese droom wat EK vrygestel het deur [Elisheva] oor
Hitler wat verrys, so pasop Wêreld vir die diktator van diktators, want
dieselfde gees wat vir Hitler gedryf het, is dieselfde gees wat weer Washington
D.C. sal bestuur. Julle was gewaarsku. Wanneer julle ‘n persoon sien aanbid en
vergelyk word met MY, YAHUSHUA, besef hierdie is ‘n vervalsing gestuur deur
satan om MY te bespot.
Regerings in verskeie dele van die wêreld het gedagtebeheer metodes toegepas op
die massabevolking in verskeie vorme, op verskeie maniere, en deur verskeie
metodes. Al hierdie om voor te berei vir die een genaamd Die Vals Profeet, en
die een genaamd die anti-chris. MY Heilige kinders is nie mislei nie en sal nie
die vervalsing aanbid nie, hulle sal bestraf en waarsku teen die vervalsing.
Almal van julle wat vergader hier by hierdie Bediening, was hierheen gelei om te
wei op groen weivelde as MY Skape en Lammers. Almal van julle hier, sal
geestelik groei terwyl julle die waarhede ontvang wat hier gevind word. Stel MY,
YAHUSHUA julle MASHIACH eerste in julle liefde en lewe, en wees lief vir mekaar
wie MY HEILIGE GEES in hulle het. Julle is MY kosbare Skape en Lammers en EK is
YAHUSHUA, julle GOEIE HERDER. MY skape ken MY stem en EK spreek MY boodskappe
voort uit MY Ringmaagd en dit is hoekom julle almal geroep was na hierdie
Bediening toe. Hierdie is julle groen weiveld waar julle geestelike voedsel eet
uit die Hemel, en Nuwe Wyn drink asof dit water was.
EK is YAHUSHUA julle MASHIACH en al hierdie woorde is van toepassing op almal
wat hierdie Bediening as ‘n seën beskou, en aan MY geliefdes wat hierdie
Bediening seën deur ‘n helper te wees. EK spreek ‘n woord van liefde en
waardering veral teenoor diegene wat YAHUSHUA se demon stompers genoem word, MY
voorste linie Heilige gebedsintersessors soos geen ander.
EK spreek ‘n woord van waardering en liefde aan MY vertalers wat die profesieë
en boodskappe neem en dit oorskryf in die tale van verskillende spreektale.
EK spreek ‘n woord van liefde en waardering aan diegene wat hierdie Bediening
getrou ondersteun met hulle tiendes en offergawes. Julle wat ‘n seën is vir
hierdie Bediening sal geseën word in ‘n groot mate. Terwyl julle die naam oplig
van hierdie Bediening en seëninge bid op almal wat daarin bedien en magtige
krygers is in MY Naam en veg op die voorste linies, die leuenaars bestraf wat
beswadder, en geestelike oorlogvoering doen teen die vyande van hierdie
Bediening, en alles verdedig wat Heilig is. Groot sal julle belonings wees wat
julle sal volg Hemel toe.
EK, YAHUSHUA julle MASHIACH, belowe julle EK sal julle nooit begewe of verlaat
nie, julle sal nie honger, dors, of sonder skuiling wees nie. Julle sal bedek
word soos ‘n baba kuikentjie in die palm van MY hand, weggesteek en beskud
terwyl julle voortgaan om julle vleeslike begeertes neer te lê en wandel in MY
HEILIGE GEES, in gehoorsaamheid aan MY Heilige Skrifte uit liefde en waardering,
meer as vrees.
Gegee aan hierdie Ringmaagd van YAHUSHUA ons MASHIACH,
Elisheva Eliyahu
Profesie 122 “Jy Kan Nie Die Poorte Van Die Hemel Afbreek Nie!” So sê YAHUSHUA HA MASHIACH!
* * * * * * *
Hieronder is die Profesie soos dit voortgekom het
deur Profeet Elisheva se “Heilige tale” terwyl GOD se GEES uiting gee (Hand.
2:3-4) aan hemelse of aardse tale (1 Kor. 13:1). Elisheva spreekvoort in tale
wat Profesie bring (1 Kor. 14:6)
Dit bevat die HEBREEUSE NAME van GOD:
YAH/YAHU is die HEILIGE, GEWYDE NAAM van GOD
soos in “Alleluia” of “Hallelu YAH”
Wat letterlik beteken: “Loof YAH”
YAHUVEH/YAHWEH GOD DIE VADER
YAHUSHUA/YAHSHUA GOD SE ENIG VERWEKTE SEUN
HA MASHIACH beteken “DIE MESSIAS”
ELOHIEM beteken “GOD”
Die Openbaring van “SH’KHINYAH HEERLIKHEID’ – as die PERSOONLIKE NAAM van die
RUACH HA KODESH. In Afrikaans genoem “Die Heilige Gees”- word ook hier genoem.
(HA SH’KHINAH {SHEKINAH} is Hebreeus vir; GOD SE VOORTDURENDE, GODDELIKE
TEENWOORDIGHEID)
Bykomend, ABBA YAH beteken “VADER YAH”
En IMMA YAH beteken “MOEDER YAH”
Skrifaanhalings vanuit die Woord en Getuienis bybel vertaling, behalwe wanneer
anders aangedui.
* * * * * * *
YAHUVEH se Woorde aan Elisheva wat voor elke Profesie bygevoeg moet word:
Elisheva, EK het jou lank gelede gewaarsku
om nie hierdie bediening na ‘n man of ‘n vrou te vernoem nie.
Selfs nog voordat daar ‘n bediening was het EK dit in jou gees geplaas.
Want niks hiervan het deur jou hande tot stand gekom nie.
Niks hiervan het uit jou mond voortgekom nie.
Dit is uit die Mond van YAHUVEH dat geboorte gegee was.
Dit is uit die Mond van YAHUSHUA
jou MASHIACH dat geboorte gegee was.
Dit is uit die Mond van die RUACH HA KODESH,
jou IMMAYAH dat geboorte gegee was.
As dit net deur jou hand was, sou dit lankal misluk het.
Dit is deur die SHKHINYAH HEERLIKHEID SE WIND
wat oor hierdie aarde waai, die HEILIGE WIND VAN HERLEWING.
Dit is nie deur jou asem nie, anders sou dit misluk het.
EK IS YAHWEH, dit is MY NAAM;
En MY EER sal ek aan geen ander gee,
Of ook MY LOF aan die gesnede beelde nie. (Jesaja 42:8)
(Profesie 105)
In Julie 2010 het YAHUVEH GOD ook gesê die volgende moet as waarskuwing bygevoeg
word vir diegene wat spot:
Maar hulle het die Boodskappers van ELOHIEM uitgelag en SY Woorde verag
en met SY Profete gespot, totdat die Gramskap van YAHWEH
teen SY Volk opgekom het, totdat daar geen genesing meer was nie.
– 2 Kronieke 36:16
Hierdie was opgeneem deur middel van audioband. Hier volg die oorskrywing.
Profesie 122 Begin:
21 Februarie 2012
[Elisheva], hoekom is jy so verbaas? Jy het die aandag gehad van hom [anti-messias,
antichris] vir ‘n lang tyd. Wie dink jy is agter die aanvalle?
Hierdie is MY geveg! EK gebruik AmightyWind!
EK gebruik MY spesiale Vegters, MY spesiale Bruid,
-maar almal van julle het ‘n beskerming:
almal van julle dra MY Wapenrusting -
want EK is daar reg, langs jul sy.
YouTube was asof dit 'n smeltoond was, was dit nie? Hoeveel keer het julle gesê,
“O, nee, ek weet nie hoe ek gaan oorleef nie,” - terwyl die woorde van haat
dreig om julle te verteer.
Maar elke keer het EK vir julle gegee wat dit verg om te oorkóm!
Elke keer rig EK julle weer op!
En EK praat met al diegene wat aangeval was.
Waar julle swak was, maak EK julle sterker!
Waar julle in vrees was, maak EK julle dapperder!
O, MY kleintjies! Moenie die KRAG onderskat wat vir julle gegee was om te veg
teen die vyande van jul siel nie!
MY vyande - is julle vyande!
Julle vyande - is MY vyande!
So moenie vrees nie!
Die oorlog wat teen julle gewoed het
-alhoewel dit lyk of dit kom deur mense hande -
is meer as net sterflike mens.
Solank julle doen wat EK vir julle sê om te doen,
Solank julle MY gehoorsaam, sal EK julle veilig hou.
Moenie die krag onderskat van die vyand nie. Maar moenie MY KRAG onderskat nie!
Want, EK sal hierdie vyande vernietig!
Dit sal kom op ‘n tyd wat julle nie dink nie. Moenie dom kanse vat nie. Neem
alles na MY toe in gebed. Hou daardie onsigbare kragveld gebid rondom julle.
Want weer sê EK: julle het die aandag van die anti-messias. Dis later as wat
julle dink! Tyd is korter as wat julle dink! Wees net dapper. Moenie dat die
vyande julle sien sweet nie.
Sylvester, wil jy weet [wat] die beste video was wat EK jou ooit laat opneem
het? Dis jou onlangste video. Toe die vyande gesien het, ten spyte van alles wat
hulle aan jou gedoen het, het jy sterk gestaan. En jy is geseënd met 'n geliefde
vrou aan jou sy en EK gee vir julle gelag! En hierdie gelag verafsku hulle.
Hulle weet daar’s NIKS wat hulle gedoen het om daardie seëninge weg te neem nie.
En nou weet hulle ook, waar hulle gedink het daar’s een - sien hulle nou twee.
Want die blydskap- MY blydskap, is julle sterkte!
O, MY lieflinge! Julle begin nie eens om te verstaan nie ewemin kan julle die
OMVANG snap van die siele wat julle bereik - die oortuiging wat kom oor hulle
terwyl hulle, met traanbevlekte gesigte, hulle wil en hulle lewe oorgee aan MY.
Waarom dink julle het julle die anti-messias se aandag? Want julle doen dit nie
net in een taal nie! Een taal is moelik genoeg vir die vyand om te verdra, maar
wetende dat hulle jul nie kan snoer of stilmaak nie – en om te weet, julle
begeerte is om hierdie wêreld te bereik in al die tale! Dit is hoekom EK julle
hier gesit het. En EK gebruik die vyand se eie masjien om dit te doen. O, groot,
groot, groot, groot, groot is julle seëninge!
Hou net aan om te staan.
Moet nooit dat die vyand julle sien val in neerlaag nie.
Vat net MY Hand - want MY Krag kan nie eers begin
om vergelyk te word aan enige vrou of man nie.
EK, YAHUSHUA, rig julle op.
EK, YAHUSHUA, vou MY Arms van Liefde om julle.
EK, YAHUSHUA, vee die trane van julle oë af.
En EK, YAHUSHUA, sal diegene doodmaak wat EK verag!
MY Woord lieg nie! Wat die VADER haat, haat EK!
Mense wil die Boek verdeel genaamd Die Bybel. En hulle wil reguleer en sê EK’S
net in die Nuwe Testament. Hulle vergeet dat EK IS die BOEK! EK IS DIE WOORD -
wat vlees gemaak is! Daar is GEEN verdeling nie! EK was ook in dit wat julle
noem die Ou Testament; EK was gespreek van – soos in Daniël.
Daniël het gespreek van MY.
Kyk en julle sal sien.
Hou julle net aan preek wat EK vir julle gee.
Nie alles daarvan het op dowe ore geval nie.
Diegene wat MY skape en lammers is, hulle sal hoor.
Selfs al verstaan hulle nie ALLES wat julle sê nie, herken hulle MY stem. Hulle
herken dat die goeie vrug in hierdie Bediening kom uit die Hemel daarbo. Hierdie
is die woorde wat EK wil sê vir julle - terwyl julle probeer om ‘n deur af te
hamer waarvoor EK nog nie ‘n antwoord wil gee nie.
Rus net in MY. Verfris in MY!
Laat MY toe om MY Liefde in julle te giet - Restorasie.
EK‘S nooit te vroeg nie. EK’S nooit te laat nie.
Jy sal weet wanneer dit tyd is. Jy jou werk gedoen het. Jy na MY geluister het –
selfs nou - trek MY GEES jou om te luister en gehoorsaam.
Dis al wat EK vra. Jy doen jou deel en EK doen MYNE. Wanneer EK vir jou sê om
voorsorg te tref, selfs wanneer jy sê, “O ek is nie bekommerd daaroor nie. GOD
sal beskerm….” - solank as jy MY gehoorsaam…Solank as jy MY gehoorsaam. [d.i. as
julle MY gehoorsaam, sal EK julle beskerm]
Hou aan om tot MY te nader. Vra vir MY om met julle te praat in die stilte van
die nag. Hou net aan om tot MY te nader. Want GEEN wapen wat teen julle gevorm
was is groter as EK IS nie (Jesaja 54:17).
Daar is NIKS wat ek nie kan vernietig nie.
Daar’s GEEN oë wat EK nie kan verblind nie.
Daar’s geen masjien wat EK nie kan vernietig nie.
Hê geloof in MY.
Hê geloof in die legioene van Heilige Engele
wat EK gestasioneer het oral rondom.
MY Kosbare Bruid –
Hê geloof in MY. Moenie twyfel nie.
Moenie twyfel in MY Liefde vir julle nie.
Verdoof julle ore vir die wat skree,
en sê dat julle nie behoort aan MY nie.
Julle preek MY Woord
Julle leef MY Woord.
[Elisheva] EK gee vir jou die instruksie.
Al wat jy doen - is gee hulle déúr.
Jy is nie die OPPER-BEVELVOERDER NIE—EK IS!
Jy gee net die bevele deur wat EK vir jou gee.
Jy is nie verantwoordelik vir wat die mense doen nie!
Jy is nie verantwoordelik as hulle misverstaan nie.
Húlle is verantwoordelik.
-om dit na MY toe te neem en te sê “Help my om te verstaan.”
EK IS GOD ALMAGTIG!
EK en die VADER is EEN!
EK kan in alle plekke wees —en EK IS!
Jy is een vrou—en jy kan nie.
So doen dit wat EK vir jou sê om te doen.
Almal van julle doen dit wat EK vir julle sê om te doen.
EK IS dieselfde YAHUSHUA
wat die vyeboom vervloek het want dit het geweier om vrug te produseer
en dit het verwelk en doodgegaan, voor almal se oë.
EK het nie verander nie: EK beide seën en EK vervloek.
Die vyande wil julle ore verdoof en hulle wil sê, “ ’Jesus Christus’ is net 'n
GOD VAN LIEFDE. Ek hoef nie te bekommer om die 10 gebooie te hou nie. Ek weier
om te lewe volgens daardie wette. Ek kan lewe enige manier wat ek wil en ek gaan
Hemel toe. Julle gaan hel toe - want julle dink dat julle GOD kan behaag, omdat
julle ons oordeel – sal ons julle vernietig.”
Hulle skree keer-op-keer-op-keer.
[Nou skree EK, YAHUVEH:]
Boodskap! Boodskap! Boodskap! Aan die hele wêreld nou!
Julle kan nie die Poorte van die Hemel afbreek nie!
Julle kan nie vir MY, YAHUVEH & YAHUSHUA
en die RUACH HA KODESH van ONS Trone afstamp nie!
EK lag vir julle! O, julle pieperige mans en vrouens!
Julle is maar stof —kaf, in die wind,
wat EK kan kies om weg te blaas.
O, julle vyande van AmightyWind Bediening - so baie van julle - EK skud MY kop
in walging, want julle sal daar wees - wanneer julle uitroep en julle ‘n
rotsstorting wil hê om julle te verberg van die woede van HOM WAT SIT OP DIE
TROON en die LAM VAN YAH (Openbaring 6:16). Julle dink net julle weet wat
swaarkry is. Julle begin nie eens verstaan nie. As jy 'n vyand is van hierdie
Bediening - wat alleenlik MY Woord en Heiligheid preek, wat 'n boodskap het van
Johannes die Doper, en soos Elia (Eliyahu) van Ouds- is jy 'n vyand van YAHUVEH,
van EK YAHUSHUA, & MY RUACH HA KODESH!
Jy wat sê, “ek sal hierdie Bediening vernietig.” - nee dit is EK wat jóú sal
vernietig. Net soos EK daardie vyeboom vervloek het, so ook vervloek EK die
vyande van Amightywind Bediening! Want hierdie Bediening is nie van 'n man of 'n
vrou nie! Hierdie bediening is gemaak deur MY Eie Hande. Dis nét die SALWING VAN
DIE KOSBARE RUACH HA KODESH wat manne en vroue na MY toe trek sodat hulle siele
gered kan word, maar EK gebruik hierdie Bediening ook op ‘n manier om die
verworpeling te vernietig.
So, MY dierbares wat hierdie Bediening beskou as ‘n seën - want julle kan die
wêreld deur soek en julle sal nie enige vind soos dit nie - EK gee vir julle
hierdie Woorde van Bemoediging. Diegene wat julle haat, haat MY. Diegene wat
julle probeer vernietig, probeer MY vernietig. En EK en die HEMELSE VADER, julle
ABBA YAHUVEH lag vir die beramings van hierdie pieperige mans en vrouens wat
stof is – maar [blote] stof is – in ONS Oë. En baie, baie spoedig sal die vyande
sien dit is vir julle, julle, hoeveel EK liefhet en dis hulle wat EK soveel
verag.
So julle hou aan werk in hierdie oesland. Daar is soveel meer seëninge wat EK
het wagtend op julle. Die Bruid van YAHUSHUA herken wie julle is. Die Bruid van
YAHUSHUA herken mekaar. Die Bruid van YAHUSHUA - soos n magneet – word na julle
toe getrek. Want hulle weet vir hierdie bediening was die Waarheid gegee. Julle
is ‘n uitreiking na beide Jood & Heiden. Julle is soos geen ander georganiseerde
kerk nie. Julle is soos die eerste Apostels toe hulle saam vergader het - en
tekens, wonders en wonderwerke volg, diegene wat gehoorsaam is aan MY.
So hierdie is wat EK wil doen hierdie dag.
EK wil vir julle 'n Woord gee van Troos
- wanneer julle dit die minste verwag-
EK wil diegene oprig wat so neergegooi was.
EK wil die trane afdroog in julle oë.
EK wil al diegene restoreer wat restorasie nodig het.
EK wil vir julle dapperheid gee waar julle vrees geken het.
EK wil julle herinner dat EK IS hier.
EK IS nader as julle volgende asemteug. MY GEES leef in julle
En, o, hoe lief het EK julle!
So hou net aan om styf vas te hou aan die Soom van MY Kleed. Moenie laatlos nie!
Want EK sal julle nie verlaat of versaak nie. EK weet wie se name geskryf is in
die LAM se Boek van Lewe voor die Grondlegging van hierdie Wêreld…EK weet wie se
name bly! En hierdies is diegene met wie EK praat hierdie dag. As jy hierdie
Woord ontvang as ‘n seën van MY, weet dat jou naam daar is. Dit was NIE uitgewis
nie.
As jy hierdie Woord ontvang as ‘n vervloeking - net om te spot en lag - weet dit,
EK het jou nooit geken nie! EK gee nie om hoe jy MY Woorde aanhaal nie. EK gee
nie om hoe jy skree nie. EK sê vir jou dit, as jy hierdie Woorde ontvang, as 'n
vervloeking, as jy hierdie Bediening ontvang, as ‘n vervloeking, as jy nie
bekeer en goedmaak wat jy gedoen het nie - wees verseker, EK ken jou nie.
Elisheva: Is U seker U wil hê ek moet dit sê? Ek bedek my lippe met die GESTORTE
BLOED VAN YAHUSHUA HA MASHIACH. ABBA YAHUVEH, as dit nie U is nie – as dit nie U
is nie, YAHUSHUA, moet dit dan nie laat voortkom nie.
SPREEK DIT! EK BEVEEL JOU SPREEK DIT VOORT!
EK sê hierdie hard en EK sê hierdie duidelik!
Diegene wat nie bekeer nie, diegene wat nie die bose woorde goedmaak wat hulle
gespreek het teen hierdie ALEPH & TAV, AMIGHTYWIND, RUACH HA KODESH, HEILIGE
VUUR Bediening nie - wat liefdevol genoem word “AmightyWind of AlmightyWind” -
EK sê vir jou dit - EK gaan dit herhaal weereens. Want MY Profeet, jy het
probeer om MY stil te maak en die woorde te sensor wat EK sou sê, so EK sal dit
weer herhaal – diegene wat kyk na hierdie Bediening en dit haat en die Woorde
haat wat voortkom, EK ken jou NIE eens nie!
JY IS SOOS ‘n ONEGTE KIND!!! – eisend dat, soos [asof] 'n “erfgenaam” sê, jy het
‘n reg op die erfporsie. Maar EK sê vir jou dit - diegene wat weier om te bekeer,
diegene wat weier om die gesproke bose woorde en die bose dade goed te maak,
diegene wat die Tien Gebooie gevat het en dit verpletter het teen die grond en
sê, “Ons hoef nie te gehoorsaam nie. Ons hoef nie Heilig te leef nie. Maak stil
daardie Profeet. Maak dood daardie Profeet!” - EK sê vir jou hierdie:
EK ken jou nie!
JY IS 'N ONEGTE KIND!‼!!!!
Jy sal jou erfdeel kry;
En dit sal die vlamme van die hel wees!
Jy wat sê, “daar is geen hel nie.”
Jy haat hierdie Bediening want dit preek daar is 'n hel.
Jy haat hierdie Bediening want dit waarsku dat
Deuteronomium 28 vloeke steeds staan – vir diegene wat rebelleer
en weier om te bekeer -
Jy sal jou erfdeel ontvang,
EN DIS DIE POEL VAN VUUR VIR JOU!
Net omdat jy ontken daar’s 'n hel
maak dit [jou ontkenning] nie reëel nie!
O daar’s die Hemel om te verwerf!
O daar’s 'n hel om te vermy en vrees!
O EK beide seën EN EK vervloek
net so seker as EK daardie vyeboom vervloek het!
So hierdie is wat EK te sê het: dit is jou keuse om aangeneem te word - of om
verwerp te word as 'n onegte kind! En die duiwel is daar om die onegte kinders
te eis. Dit is jou keuse.
Maar MY skape ken MY Stem. MY lammers ken MY Stem.
En hulle sal kom na geen ander Herder toe nie.
En hulle weet dat EK diegene tugtig wat EK liefhet (Spreuke 3:12)
En hulle bedank MY daarvoor.
Hierdies is MY geliefde kinders.
Hierdies is die kinders van die VADER.
Hierdies is diegene wat
gevul is met die RUACH HA KODESH, SOETE HEILIGE GEES.
EK vertroos julle met hierdie woorde. Julle is MYNE!
En EK beskerm ALLES wat MYNE is.
EK deel wat EK het met julle.
En EK bemagtig julle. En EK praat met julle.
As julle nie MY Stem kan hoor soos [Elisheva] nou hoor nie, het EK ander maniere
om met julle te praat. Nader net tot MY want EK sê vir julle die Salwings gaan
net sterker word in diegene wat MY waarlik gehoorsaam en volg - en (wie) veg vir
die standaard van Heiligheid en alles bestraf wat onheilig is.
Die salwing gaan net sterker word.
Hierdie is MY Erfdeel vir julle.
Die Heilige Engele wat wag staan en julle beskerm,
Hierdie is MY Erfdeel vir julle.
EK gee dit vir julle, want EK het julle lief.
Einde van Profesie
Elisheva: [asem in] Dis dit! [Hulle] het hier ingehardloop met die kasset
opnemer…
Gespreek onder die Salwing van die RUACH HA KODESH
aan Apostel Elisheva Eliyahu
Offensief vir meeste, en 'n seën vir ander, 'n Kind, Vegter, Bruid van
YAHUSHUA ha MASHIACH/’JESUS CHRISTUS’
Lukas 6:46
En wat noem julle MY: Meester, Meester! en doen nie wat EK sê nie?
Johannes 14:15
As julle MY liefhet, bewaar MY Gebooie.
2 Timotheus 3:5
Mense wat 'n gedaante van toewyding het, maar die KRAG daarvan verloën het. Keer
jou ook van hierdie mense af.
Markus 11:12-14
En die volgende dag, onderwyl hulle uit bet-anyah gaan, het HY honger gehad; en
toe HY op 'n afstand 'n vyeboom met blare sien, het HY daarheen gegaan in die
hoop om iets daaraan te vind; en toe HY daarby kom, vind HY niks as blare nie,
want dit was nie tyd van vye nie. En YAHUSHUA praat en sê vir hom: Laat niemand
ooit in der ewigheid van jou 'n vrug eet nie! En SY dissipels het dit gehoor.
Mattheus 25: 1-13
1 Dan sal die Koninkryk van die Hemele wees soos tien maagde wat hulle lampe
geneem en uitgegaan het om die BRUIDEGOM te ontmoet.
2 En vyf van hulle was verstandig en vyf dwaas.
3 En toe die wat dwaas was, hul lampe neem, het hulle geen olie met hulle
saamgeneem nie.
4 Maar die verstandiges het olie in hulle kanne saam met hul lampe geneem.
5 En terwyl die BRUIDEGOM talm om te kom, het hulle almal vaak geword en aan die
slaap geraak.
6 En middernag was daar 'n geroep: Kyk die BRUIDEGOM; gaan uit HOM tegemoet!
7 Toe staan al daardie maagde op en maak hulle lampe gereed.
8 En die wat dwaas was, sê aan die verstandiges: Gee vir ons van julle olie,
want ons lampe gaan uit.
9 Maar die verstandiges antwoord en sê: Miskien sal daar nie genoeg wees vir ons
en vir julle nie. Maar gaan liewer na die verkopers en koop vir julleself.
10 En onderwyl hulle gaan om te koop, het die BRUIDEGOM gekom. En die wat gereed
was, het saam met hom ingegaan na die bruilof, en die deur is gesluit.
11 Later kom toe die ander maagde ook en sê: MENEER, MENEER, maak vir ons oop!
12 Maar HY antwoord en sê: Amein EK sê vir julle, EK ken julle nie. 13 Waak dan,
omdat julle die dag en die uur nie weet nie
Deuteronomium 32:39-43
39 Aanskou nou dat dit EK IS en dat daar GEEN ELOHIEM naas MY is nie; EK maak
dood en maak lewend, EK het verbrysel en EK genees; en daar is niemand wat uit
MY Hand red nie.
40 Want EK sal MY Hand na die Hemel ophef en sê: So waar as EK ewig LEEF –
41 As EK MY glinsterende Swaard skerp gemaak het en MY Hand na die Strafmaatreël
gryp, sal EK wraak oefen op MY teëstanders en MY haters vergeld.
42 EK sal MY pyle dronk maak van bloed, en MY Swaard sal vlees eet: van die
bloed van hom wat verslaan en gevang is, van die kop van die vyand se
aanvoerders.
43 Jubel, O nasies, oor SY Volk, want HY sal die bloed van SY Knegte wreek, en
HY sal wraak oefen op SY teëstanders en versoening doen vir SY land en SY Volk.
Deut. 4:24
Want YAHWEH jou ELOHIEM is 'n Verterende Vuur, 'n Jaloerse EL.
Job 4:8-9
Ooreenkomstig ek gesien het: Die wat onreg ploeg en moeite saai, daardie een
maai dit. 9 Deur die Asem van ELOHA kom hulle om, en deur die Geblaas van SY
Toorn word hulle vernietig.