Profesie 14
Amerika, Toon Berou, Die Bloed Is Op Julle Hande!
Profesie gegee aan Apostel Elisheva Eliyahu
10 April 1993
Hierdie kom uit Profesie 105, YAHUVEH het beveel dat dit op alle
Profesieë bygevoeg moet word van nou af:
EK het jou lank gelede gewaarsku [Elisheva] om nie hierdie Bediening na ‘n man
of ‘n vrou te vernoem nie, selfs nog voordat daar ‘n Bediening was het EK dit in
jou gees geplaas. Want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, niks hiervan
het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit die mond van YAHUVEH geboorte gegee.
Dit is uit die mond van YAHUSHUA jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die
Mond van Die RUACH HA KODESH jou IMMAYAH geboorte gegee. As dit net deur jou
hand was sou dit lankal misluk het. Dit is deur die SHKHINYAH HEERLIKHEID se
WIND wat oor hierdie aarde waai, die Heilige WIND van Herlewing, dit is nie deur
jou asem nie, anders sou dit misluk het. (Jesaiah 42:8)
In Julie 2010 het YAHUVEH GOD ook gesê om die volgende van 2 Kronieke voor elke
Profesie by te voeg:
2 Kronieke 36:16 “maar hulle het die Boodskappers van ELOHIEM uitgelag, SY
Woorde verag en met SY Profete gespot totdat die gramskap van YAHWEH teen SY
volk opgekom het, totdat daar geen genesing meer was nie.”
(Skrifaanhalings vanuit : Woord en Getuienis Bybel vertaling, behalwe wanneer
anders aangedui)
*******
Belastingbetalers, pasop, die bloed van die ongebore babas sal op alle Christene
en nie-Christene se hande wees, as Clinton daarin slaag om aborsies goed te keur
wat federatief betaal word. Almal wie ore het om te luister — hoor, al die ander
bly Doof. Julle wie nooit julle babas sou vermoor het nie, sal moordadige
aborsies pleeg as julle die regering toelaat om julle belastinggelde te gebruik
om te betaal vir hierdie afskuwelike misdaad teen YAHUVEH en die Mensdom. Julle
sal nie vir een aborsie, of een moord betaal nie, maar ontelbare miljoene babas
sal sterf, en met geld wat EK vir julle gegee het sodat julle voorspoedig kan
wees.
Hierdie onskuldige bloed sal op almal van julle se hande wees. Die toorn sal
onverdun op hierdie nasie en die wêreld val en MY Volk sal MY woedend maak as
hulle stilbly. Pasop, EK is nie net 'n GOD van liefde nie, maar EK is 'n GOD van
geweldige toorn as EK kwaad is. Begin nou protesteer. Laat julle stemme gehoor
word. Staan nou op vir wat julle weet reg is, voordat dit te laat is. Clinton
praat homoseksualisme onder die gewapende magte goed. Hy wil hê julle moet
hierdie sondige leefwyse ondersteun.
Julle MY Kinders, julle belastingbetalers sal dit vryspreek deur hulle salarisse
te betaal, en as julle dit doen sal EK nie langer vir Amerika seën nie. Amerika
sal nooit weet 'n oorlog wen nie, dit is slegs deur MY genade dat julle nog nie
hierdie land verloor het nie. Almal wie ore het om te hoor, luister, al die
ander bly doof.
Julle wie by MY NAAM geroep is (Christene) het feitlik niks gedoen om hierdie
menseslagting op die ongeborenes te stop nie. Julle bid tot julle GOD om dit te
stop, maar doen feitlik niks anders nie. Dit is die minderheid wat hulle
reputasies, vryheid, finansies en lewens neerlê. Hierdie is MY Kinders op wie EK
trots is en hulle seëninge sal groot wees in die Hemel. Sê MY Woord nie, "Groter
liefde het geen mens as hy wie sy lewe neerlê vir 'n ander nie?" Dit is hulle
wie geen aborsiebloed op hulle sal hê nie, want hulle het meer gedoen as net
praat. Hulle het aksie agter hulle protesaksie gesit.
“Geloof sonder werke is dood!” Wanneer MY Kinders huis toe kom in die Hemel, sal
julle wil hê dat al die ongebore babas na julle toe kom en vir julle vra hoekom
het julle geld vir hulle dood betaal? Hoekom het julle nie harder probeer om die
aborsies te stop nie, deur vir die regering te sê Nee? YAHUVEH se mense het meer
krag in YAHUSHUA (Jesus) as die heidene in hulle valse gode. Bewys dit deur op
te staan in MY NAAM. Laat die regering weet - genoeg is genoeg. MY Kinders, kyk
na hierdie visioen van skoon hande, kyk nou na die bloeddeurdrenkte hande, kyk
nou na die hande wat die bloed afskud.
As julle hande met die salwing van die RUACH ha KODESH (Heilige Gees) deurweek
is en julle sit aksie en finansies agter hierdie gebede en julle waarsku die
mense, protesteer teen die regering en weier om toe te laat dat julle geld vir
die teregstelling van onskuldige babas gebruik word. Dan sal julle ook nie die
bloed van die onskuldige babas op julle hande hê nie. Hoe meer julle protesteer
en bid, hoe minder sal die bloed op julle hande wees. Hulle wie ore het om te
hoor, luister, al die ander bly doof.
Laat die Withuis weet MY Kinders sal nie die bloed van onskuldige babas op hulle
hande aanvaar nie, ook sal julle nie die stank van die sondes van
homoseksualiste aanvaar nie, en julle weier om te betaal vir gewapende magte wat
homoseksualiste is en hulle lewenswyses goedpraat. Moenie die publieke skole
toelaat om hierdie vervloekte leuen te onderrig wat die jeug van hierdie nasie
sal korrup en miljoene hel toe stuur nie.
Pasop weereens, homoseksualisme is nou in die minderheid, maar dit sal nie
aanhou om so te wees as dit in die skole as 'n aanvaarbare lewenswyse onderrig
word nie. Belastingbetalers, julle betaal vir hierdie skole en hierdie sonde sal
weer op julle hande wees as julle nie nou opstaan en aksie agter julle gebede
sit nie. Amerika was aan MY Kinders gegee; vat terug wat die heidene gesteel het
voordat dit te laat is. (Genesis 19:1-28). “HY wat in julle is is groter as hy
wat in die wêreld is.”
Staan op, praat en bewys dit nou! MY Woord sê, "Gee aan die Keiser wat die
Keiser toekom", maar waarlik, EK sê dat die Keiser nie die onuitspreeklike dinge
gedoen het wat Clinton probeer doen nie. Waarlik, EK sê dat Sodom en Gomorra sou
beter af gewees het as Amerika. Hierdie nasie, Amerika, was deur MY Hand
afgesonder, sodat julle vry kon wees om julle GOD YAHUVEH te aanbid en te eer.
Hoe kan julle vir MY vra om Amerika te seën? Wanneer sal Amerika MY weer seën?
Julle MY Kinders, deur stil te bly, praat julle die daad van die heidene goed,
terwyl die regering, terwille van 'n handjie vol mense, bepaal het geen GOD in
die skole, geen Bybels, geen gebed; julle het dit toegelaat en nou wonder julle
hoekom die publieke skoolstelsel en die jeug vervloek voorkom. Hoe kan julle MY
vra om te seën wat die mense sê nie MYNE is nie. Vat die skole in MY NAAM terug
en vat julle kinders uit hierdie hole van ongeregtigheid. Want sonder MY Lig, MY
Teenwoordigheid, MY Waarheid, sal hierdie hole net donkerder word en die kinders
ook. Hulle (die publieke skole) is vinnig besig om hole vir die antchris te word
en julle stilswye en belasting dollars is besig om hulle te ondersteun.
Hulle wie ore het om te hoor, luister, hulle wie nie het nie, bly doof.
Christene was eens op 'n tyd vir die leeus gevoer, gemoor, gemartel en tog het
hulle opgestaan vir YAHUVEH! Groot is hulle beloning in die Hemel. Nou MY
Kinders, hulle wie by MY NAAM geroep is (Christene) wat weier om op te staan,
staan op en vertel vir die duiwel en die heidene om stil te bly in MY NAAM!
Hulle is bang om hulle poste te verloor, of reputasies en vergeet dit was hulle
GOD wat vir hulle daardie poste en promosies gegee het, en EK kan dit maklik
wegneem van hulle af. Christene is bang om die heidene aanstoot te gee of hulle
valse gode, en trotseer eerder 'n kwaai YAHUVEH die Vader! Ellende vir MY
opstandige kinders wanneer EK sê, "Staan op, praat, sê vir die duiwel en sy
heidense kinders om stil te bly," en MY Kinders sê, "Maar Here, ek is bang"
waarlik EK sê EK sal hulle wie EK liefhet kasty tot 'n punt van korreksie, en
daardeur vir hulle iemand gee om te vrees, EK.
Julle, MY kinders was lank genoeg die stille meerderheid. Julle het julle
Hemelse Vader se krag in julle; gebruik dit om die vyand te verslaan. Julle moet
iewers begin, teken dus petisies; neem dit oral waar julle gaan, kerke,
besigheidsentrums, werke, deur-tot-deur, daar is krag in groot getalle,
PROTESTEER, PROTESTEER, PROTESTEER! Totdat die vyande julle vrees as julle
aankom, want dit is nie deur julle mag, julle krag nie, maar deur MY Gees wat
julle sal oorwin — en alles terugneem wat die vyand gesteel het — gebruik MY Mag,
MY Krag, MY Wysheid en julle sal oorwin, laat Clinton en die heidene die brul
van die Leeu van Juda hoor en die brul van die Leeu van Juda se kinders.
Brul hard totdat Clinton en die heidene in die Withuis besef julle, MY Mense het
meer as 'n gedaante van godsaligheid, julle het godsaligheid in julle. "Duiwel,
pasop, as MY Volk oor wie MY NAAM uitgeroep is (Christene) hulleself
verootmoedig en op hul aangesigte val voor hulle Vader YAHUVEH, sal EK hulle
land genees.' Die mishoop stink nie as dit in die bure se erf is nie. Julle kyk
daarna, skud julle kop en sê, dit is my buurman se probleem, dit is aaklig, maar
dit is nie my verantwoordelikheid nie!
Maar EK sê nou vir julle, die mishoop is nou in julle erwe, in die voorerf vir
almal om te sien dat dit nou julle verantwoordelikheid is om dit skoon te maak.
Omdat julle belastingbetalers is, moet MY Kinders protesteer. Die onskuldige
ongeborenes het geen stemme of gille van protes behalwe julle s'n nie, niemand
hoor hulle gehuil behalwe EK nie. Laat Clinton en die heidene julle woedene
krete hoor. Dink julle nie as YAHUSHUA nog op die aarde gewandel het, dat hy sou
geprotesteer het nie. Waar is MY Kinders aan wie die Geeste van Jeremiah of
Johannes die Doper gegee is?
Kom na vore MY Kinders wie die Gees van die Lewende God van binne het, almal van
hulle wie weet en die krag van die RUACH ha KODESH het, kom na vore almal wie
weet dat julle meer as 'n oorwinnaar in YAHUSHUA se NAAM is. Kom na vore, julle
wie weet wat reg en wat verkeerd is. Kom na vore julle wie verstaan. Die
regering wat probeer om vrye aborsies aan die armes te gee en ook die
meerderheid wat Spaans of swart is, sal probeer om volksmoord te pleeg op hulle
want hulself nie kan red nie.
EK het alle lewe geskep. Alle lewens is kosbaar in MY oë, staan op, praat en wys
vir die heidene dat alle lewe kosbaar is in julle oë. Die armes besef nie dat
die regering volksmoord pleeg nie. Dit is goedkoper om te betaal dat 'n baba uit
die moederskoot geskeur word, onder die voorwendsel dat dit tot die moeder en
baba se voordeel is, terwyl die ware rede is dat die regering nie vir 18 jaar
vir daardie arm moeder en kind se uitgawes wil betaal nie. Die armes moet wakker
word en besef dat hulle uitgebuit word. Hoe lank voor die armes gedwing sal word
om aborsies te hê?
WORD WAKKER! Hoe lank voor die regering Christene sal dwing om aborsies te hê?
Sal dit nooit gebeur nie? Hulle het dit alreeds aan die Jode gedoen. Hitler het
byna 'n hele geslag van mense uitgeroei. Wie is volgende? Watter ras? Watter
ouderdom? Nou sê hulle 'maak dood die oues van dae, hulle het hul bruikbaarheid
uitgeleef. Die ongeborenes het nooit gelewe nie, so wat maak dit saak'? Dit maak
saak vir MY, die Groot GOD van die ganse Skepping kla julle aan, moenie langer
die stille meerderheid bly nie.
Word wakker MY Mense. Julle het lank genoeg gesluimer. Die nagmerries het maar
net begin. Die mishope is nou in julle erf, ons kan dit saam skoonmaak. Een stem
alleen is moeilik om te hoor, maar miljoene stemme in harmonie, in een Gees, in
een naam, die NAAM van YAHUSHUA ha MASHIACH, sal nie net die wêreld hoor nie
maar die ganse Hel sal ook hoor. Kom na vore MY Kinders, staan op, praat, vertel
vir die heidene en duiwels om stil te bly in YAHUSHUA se NAAM en julle het die
krag, gebruik dit met wysheid vir MY Eer en terwille van die ganse mensdom.
Daar is hulle wie hulself by MY NAAM noem wie nie van MY is nie en nooit was nie,
hulle is nie van MY RUACH ha KODESH nie, alhoewel hierdie valse profete in kerke
sit, vermom as MY Skape, julle sal hulle herken vir wat hulle is, satan se
gebroedsel, hulle sal die leuen van satan voed dat aborsie nie moord is nie, dat
homoseksualisme nie verkeerd is nie. Sien hulle vir wat hulle is, want hulle
verkondig hierdie dinge in YAHUSHUA se NAAM, tog is daar geen RUACH ha KODESH in
hulle nie. Pasop vir hulle! Hulle wie ore het om te hoor, luister, al die ander
bly doof.
* * * * * * *
So spreek YAHUVEH op 4 Oktober 1993, gegee aan hierdie gebroke erdekruik en
Magtige Soldaat in YAHUSHUA ha MASHIACH, Elisheva Eliyahu. Hulle wie ore het om
te hoor 'Luister' al die ander bly doof.
* * * * * * *
Nuwe Opdatering aangaande hierdie Profesie geskryf op 22 Desember 2015:
Hierdie Profesie was eerste aan my gegee in die jaar 1993, dit is die oudste
Profesie wat ek geplaas het tussen die hoof Profesieë hier op die webblad.
YAHUSHUA het hierdie Profesie vir my gegee selfs nog voordat ek ‘n rekenaar
gehad het! Dit was eers jare later dat HY my beveel het om dit op die webblad te
sit. YAHUSHUA het my beveel om dit Profesie 14 te noem. Op daardie tydstip het
ek nie verstaan nie, maar nou is ek geseënd om te sien dat YAHUSHUA my dit
Profesie 14 laat noem het. Dit is ‘n herinnering aan Openbaring 14 Bruid. Ek het
nie op daardie tydstip geweet nie, maar nou weet ek.
Ek was ‘n tref-en-trap Evangelis/Profeet op daardie tydstip, ek het die Naam
uitgedink om te beskryf wat ek gedoen het. Ek sou gaan waarheen JESUS my gestuur
het, dit was die enigste Naam wat ek destyds geken het, en ek sou by
verskillende kerke gaan bedien het. Indien die pastoor die waarheid kon hanteer
was ek teruggenooi. Indien nie, het ek dit tref-en-trap genoem. LOL Ja dit is
hoe ek dit gesien het, omdat ek na hulle toe gestuur was om hulle met die
waarheid te tref, en hulle weggehardloop het daarvan af!
Hierdie Profesie was vir verskeie pastore geensins ‘n seën nie, ek het dit met
die Pastoor sowel as die gemeente gedeel en was deur die meerderheid Pastore nie
teruggenooi nie. Goeiste ek wonder hoekom! LOL. Ek het nie geweet hoe om die
woord van YAH tot by die massa gehoor te kry nie daarom het ek dit in die
grootste koerant geplaas in Indiana. Dit het $500.00 gekos vir ‘n halwe bladsy
advertensie, in groot rooi letters en dit was hierdie Profesie! 1993! Nog
voordat ek ‘n rekenaar gehad het! Ek is spyt dat ek nie meer die koerant bewyse
het nie, maar ek het nooit kon droom dat ek ‘n profeet sou wees nie en soos ek
gesê het, het ek niks van die Internet geweet nie. Dit was 1995 toe ek die
eerste keer ‘n webblad gehad het met die Naam AmightyWind HOLY GHOST Fire
Church, ek het net die Naam geken van JESUS CHTISTUS op daardie tydstip, en het
toe siele na JESUS gelei in daardie naam. Ek het hierdie Profesie gedeel op
daardie tydstip.
Gedurende die tyd wat YAHUSHUA vir my hierdie Profesie gegee het, het ek die
Sabbat net geken as ‘n Sondag. Dit was nog nie tyd vir my om dit te weet nie
maar ek sou vining leer aangaande die Sabbat en die Gewyde Naam van YAHUSHUA. Ek
was oorspronklik Yeshua geleer, totdat ek ‘n Aramese Bybel letterlike vertaling
gelees het en gesien het dat dit nie die manier was waarop die Naam gespel word
nie. Ek het toe nog nie geweet dat die Naam van Yeshua die Naam van YAH verloën
nie. Ek het YAH aangespreek op die Naam van Jehovah. Die Profesieë is Remah
woorde, woorde van lewe, net soos die Bybel! Elke keer wanneer jy die Skrifte
lees sal jy ‘n nuwe openbaring kry, en dieselfde met die Profesieë, ‘n sinsnede
sal uitstaan wat nie vantevore uitgestaan het nie.
Ek het net geweet wat die Pinkster Kerke vir my geleer het. YAH het geweet dat
niemand in 1993 die Ware Gewyde Hebreeuse Name sou aanvaar nie, en ons het reeds
‘n stryd in 2015 om die mense sover te kry om die belangrikheid te verstaan om
die Hebreeuse Gewyde name te ken, en om die ware Sabbat te onderhou, die geslag
van die HEILIGE GEES. Dit het 7 jaar geneem om ‘n boek te skryf daar is nou so
baie bewyse om hierdie feit te rugsteun. Die Boek van Rigters is vol van die
bewyse. Elke keer in die KJV Bybel wanneer jy sien dat Wysheid ‘n Sy genoem
word. Maar in 1993 was daar geen bewyse of openbarings aan my gegee nie, ek was
die eerste een waarvan ek weet wat die geslag van die HEILIGE GEES onderrig het
op die Internet, ek dink so maar ek is nie seker nie.
YAH het toegelaat dat ek vir YAHUSHUA JESUS noem, en die HEILIGE GEES ‘n HY
omdat daar ‘n tyd is vir alles. Ek is dankbaar dat ABBA YAH nie meer op SY
Profete plaas as wat hulle kan hanteer nie want daar sou geen geloof gewees het
om die feite te rugsteun nie, indien HY dit in 1993 sou doen nie. Ek leer terwyl
HY spreek met elke Profetiese openbaring.