GESKRYF EN GESPREEK ONDER DIE SALWING VAN DIE RUACH HA KODESH (HEILIGE GEES) DEUR PROFEET GRACE ONTVANG: 5 FEBRUARIE 2025 – VRYGESTEL 1 MAART 2025
YAHUVEH se Waarskuwing Voor die Profesieë uit Profesie 105:
EK het jou lank gelede gewaarsku Elisheva, om nie hierdie Bediening na ‘n man
of ‘n vrou te vernoem nie, selfs nog voordat daar ‘n Bediening was. EK het dit
in jou gees geplaas want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, niks hiervan
het uit jou mond voortgekom nie.
Dit is uit die mond van YAHUVEH dat geboorte gegee was! Dit is uit die mond van
YAHUSHUA jou MASHIACH dat geboorte gegee was! Dit is deur die mond van die RUACH
HA KODESH jou IMMAYAH dat geboorte gegee was!
As dit net deur jou hand was sou dit lankal misluk het.
Dit is deur die SH’KHINYAH HEERLIKHEID se WIND wat oor hierdie aarde waai, die
Heilige wind van herlewing, dit is nie deur jou asem nie anders sou dit misluk
het.
EK IS YAHUVEH, dit is MY NAAM; en MY EER sal EK aan geen ander gee, of ook MY
LOF aan die gesnede beelde nie. (Jes.42:8).
(Profesie 105)
In Julie 2010 het YAHUVEH GOD gesê voeg die volgende by vir diegene wat spot:
“Maar hulle het die Boodskappers van ELOHIEM uitgelag, SY Woorde verag
en met SY Profete gespot totdat die Gramskap van YAHUVEH
teen SY Volk opgekom het, totdat daar geen genesing meer was nie.” 2 Kronieke
36:16
+ + + + + + + Hieronder is die Profesie soos dit voortgekom het
met Profeet Grace se "Heilige tale" soos GOD SE GEES uiting gee. (Hand.2:3-4)
van Hemelse of aardse tale (1 Kor.13:1). Grace spreekvoort in tale wat Profesie
laat voortkom (1 Kor.14:6) Hierdie Profesie bevat die HEBREEUSE NAME van GOD:
YAH/YAHU is die HEILIGE , GEWYDE NAAM van GOD soos in “Alleluia” of “Hallelu
YAH” Wat letterlik beteken: “Loof YAH”: YAHUVEH/YAHWEH is GOD DIE VADER;
YAHUSHUA/YAHSHUA is GOD SE ENIG VERWEKTE SEUN (HA MASHIACH beteken “DIE
MESSIAS”; ELOHIM beteken “GOD”)
Die Openbaring van “SH’KHINYAH HEERLIKHEID” – as die PERSOONLIKE NAAM van die
RUACH HA KODESH (In Afrikaans genoem “Die HEILIGE GEES”), is ook op hierdie
webwerf. (HA SH’KHINAH {SHEKINAH} is Hebreeus vir; GOD VERTOEF, HEILIGE
TEENWOORDIGHEID)
In Hebreeus is Die GEES VAN GOD vroulik, verwys na “HAAR” dit is so gereflekteer
in die Profesie en Skriftuurlike aanhalings onderaan.
Skrifaanhalings vanuit Woord en Getuienis Bybel vertaling behalwe wanneer anders
aangedui.
+ + + + + + + Verduideliking vir voor Profesie 155.
Hierdie nuwe Profesie 155 het voortgekom toe ons gebid het oor 'n belangrike
Bediening saak en ABBA YAHUVEH gevra het vir wysheid, leiding en instruksies.
Die hele dag deur kon ek hierdie droefheid in my gees voel en tog terselfdertyd
'n vuur wat gereed was om te bars. Toe ons eens bymekaar gekom en begin bid het
oor hierdie Bediening saak, het hierdie woord voortgekom.
Ons kosbare redding wat ons het moet nie ligtelik opgeneem word nie en is geheel
en al die moeite werd om te beskerm. Redding is nie 'n speletjie nie en geen
iemand of ding is dit werd om jou redding oor te verloor nie. YAHUSHUA gee om
vir jou, HY is lief vir jou. HY jubel oor jou oorwinnings, en HY vertroos jou
deur jou verliese en mislukkings bemoedig jou om op te staan en weer te probeer.
Dit is deur HOM en HOM alleen wat ons direk kan praat met die VADER, dit is deur
HOM en HOM alleen wat ons gered en vergewe kan word. Ek moedig jou aan om HOM
eerste te stel in jou lewe en liefde, jou hart oor te gee aan HOM terwyl daar
nog tyd is om dit te doen want HY is lief vir jou.
Net soos ek geleer het deur al hierdie jare van Apostel, Profeet, Onderwyser,
Berader, Pastoor en meeste van alles die persoon wat ek en baie ander lief is om
Mamma Elisheva te noem, sal hierdie Profesie sommige aanstoot gee en sal ander
bemoedig en verlig. Ek is net 'n Boodskapper en doen my bes om die HEMEL te
gehoorsaam. Aan ABBA YAHUVEH, YAHUSHUA HA MASHIACH en MAMMA IMMAYAH kom toe al
die Heerlikheid, Eer en Lof!!!
Baie Liefde en Shalom in YAHUSHUA HA MASHIACH ons HERE en KOSBARE REDDER,
Grace
Grace bid in Heilige Tale.
Audio Begin:
Grace: Het julle die opnemer?
Kathrynyah: Dis aan.
Grace: ok Profesie Begin:
Baie is geroep en min is uitverkies.
Maar Redding Is Nie 'N Speletjie Nie! Julle speel nie speletjies met julle
redding nie! (Moet dit nie ligtelik hanteer nie.) (Trane word gehoor in YAHUSHUA
Se stem.) En voordat hulle julle skade aandoen, doen hulle MY skade aan terwyl
julle MY droefheid voel en tog voel julle YAHUVEH Se toorn! SY vuur in julle
maag!
JULLE SPEEL NIE SPELETJIES MET JULLE REDDING NIE! Niemand is dit werd om julle
siel oor te verloor nie!
Maar weer sê EK, vertrou dit aan MY! Vertrou dit aan MY! Vertrou dit aan MY! Al
wat julle nodig het om te doen is gehoorsaam en vertrou dit aan MY! Ongeag die
uitkoms, ongeag die situasie, ongeag die beproewing, ongeag hoe hoog die berg,
vertrou dit aan MY en gehoorsaam! Wag vir MY tydsberekening.
Dit is wat EK na soek! EK soek na 'n Passievolle! Passievolle! Passievolle Bruid!
(trane word gehoor van YAHUSHUA) 'n Bruid wat MY liefhet, MY eerste stel in
hulle lewe en liefde, wat te bang is om selfs 'n besluit te maak voordat hulle
MY selfs vra. Wat nie hunker na hierdie wêreld nie maar verlang na die Hemel!
Almal word getoets! Almal word beproef! Almal wat sê dat hulle MY liefhet, julle
liefde sal getoets word.
En nou het julle iemand wat beweer om Asa Mikiyah te wees, beweer om een van die
Twee Getuies te wees, maar is hierdie enigsins nuut? Julle kry altyd mense wat
beweer om een van die Twee Getuies te wees. Daar sal altyd mense wees daarbuite
wat beweer om profete, apostels, dissipels, pastore te wees, selfs diegene wat
beweer om EK, YAHUSHUA julle MASHIACH te wees!
Maar wat sê MY Woord? “As iemand sê, kyk! Ek sien HOM! HY's hierdie kant.” Of
iemand anders gaan, “Kyk HY’s hier in die woestyn, ek het YAHUSHUA gesien! Ek
het Jesus Christus gesien, HY’s hier.” Wat sê MY Woord? (Mt 24:26, Lk 17:23) “Moenie
gaan nie.”
O MY kinders. Ek praat met al MY Kinders. Moenie mislei word nie! Moenie mislei
word nie! Die tegnologie van hierdie dae waarin julle leef is so hoë-teg, hulle
sal hologramme so werklik laat lyk, so werklik laat voel! MOENIE MISLEI WORD
NIE! MOENIE MISLEI WORD NIE!
ROEP UIT IN MY NAAM! MY NAAM IS YAHUSHUA HA MASHIACH! JULLE REDDER! EK HET
GESTERF OP DAARDIE KRUIS! EK HET DIE PRYS BETAAL!
EK sal nie antwoord op “Jesus Christus” nie (in die Groot Verdrukking) ! Leer MY
Naam! Leer MY Naam! Leer ander om dieselfde te doen!
O, hoe treur EK! Diegene wat beweer om MY lief te hê maar nogtans weier om MY
Naam aan te roep. Hulle reken, “Omdat ek gered is in Jesus Christus se naam, dis
genoeg vir my! Ek het 'n kaartjie Hemel toe!”
Hulle dink dat deur redding te eis, MY te ontvang en sê hulle glo in MY, is 'n “skuldvrye
kaart,” dat hulle hul lewens kan leef doen wat hulle ookal behaag om te doen,
sonde en al, en hulle sal dit steeds maak Hemel toe!
Moenie op MY Bloed trap nie! Moenie mislei word nie! Moenie mislei word nie!
Leer MY Naam! Leer MY Naam! Want daar is net een naam waardeur julle gered kan
word! Daardie naam is YAHUSHUA HA MASHIACH!
Julle wolwe vermom in skaapsklere, EK sal julle uit slaan! EK sal julle af slaan
met MY Stok en MY Staf! Julle dink julle het julle self weggesteek en julle self
so goed vermom maar 'n wolf kan nie sy hart vermom nie. EK sien julle en EK laat
julle met rus totdat dit tyd is om julle uit te trek. En julle sal uitgetrek
word en julle word gebruik om MY kinders te toets, want almal word 'n keuse
gegee.
Diegene wat MY ken sal MY stem herken want MY skape ken MY stem! Hulle sal hoor
en gehoorsaam. Hulle sal nie aarsel nie! Hulle sal nie kompromitteer nie! Hulle
sal boosheid weerstaan! Hulle sal versoeking weerstaan en weghardloop daarvan
soos die plaag!
MY kinders wat MY stem ken sal weier om enigiets in gemeen te hê met
goddeloosheid, sal geen vrede hê wanneer hulle nie bekeer nie en sal gou maak,
gou maak, gou maak om reg te maak met MY! Hierdies is MY skape! Hierdies is MY
kinders! Hulle ken MY stem! Hulle sal nie MY stem bevraagteken nie! Hulle sal MY
hoor en sê, “Hierdie is MY YAHUSHUA! Hierdie is MY REDDER! Ek moet! Ek moet! Ek
moet reg maak! Ek moet! Ek moet! Ek moet Heilig leef! Ek hoor HOM roep na my! Ek
moet huis toe hardloop na die liefdevolle arms van MY REDDER, MY MASHIACH!”
Hierdies is MY kinders! Hierdies is MY skape! En almal word getoets! Almal word
beproef! Almal word deur die vuur gesit en almal het 'n verlange na die Hemel.
Almal het 'n verlange om te wees saam met hulle MASHIACH! Almal weet dat hierdie
wêreld nie hulle woning is nie, hulle beweeg net deur.
EK het MY lewe neergelê vir julle! Is dit so moeilik om julle te vra om MY
eerste te stel? Is dit so moeilik om julle te vra om julle lewe te leef vir MY
Nadat EK MY lewe neergelê het vir julle en dit gewilliglik weer sou doen om
julle te red? Is dit so moeilik om julle te vra om julle lewe toe te wy? Om tyd
te spandeer saam met MY?
En julle hoor MY. Julle voel die oortuiging wanneer julle nie julle Bybel lees
nie, wanneer julle nie julle gebede bid nie, wanneer julle nie met MY
kommunikeer nie en in plaas daarvan plaas julle MY op die “prutplaat” (stel uit
om aandag te gee), en julle sê, “Ek’s te besig. Ek het 'n lys van dinge om te
doen.”
Is dit te veel gevra om ingenooi te word in julle dag in? In julle aktiwiteite
in? Is dit te veel gevra?
Waarom kom julle net na MY wanneer julle probleme het? Waarom kom julle net na
MY wanneer julle iets nodig het van MY? Wanneer julle iets wil hê? Wanneer julle
'n antwoord nodig het op gebed? Alleenlik dan onthou julle vir YAHUSHUA, julle
MASHIACH! En as julle eens gegee is wat julle gevra het, weer word EK geplaas op
daardie “prutplaat”.
Weer sê EK, MY kinders ken MY stem! MY Skape ken MY stem! En elke dag strewe en
strewe hulle om die Hemel te behaag, om Heilig te leef, om regverdig te leef, om
te gehoorsaam. Hierdies is MY kinders! Hierdies is MY Skape!
Moenie daardie “Reddings Kaart” speel wanneer dit gerieflik is vir julle nie.
(Grace het 'n visioen gehad van iets soortgelyks as die “Kom Uit die Tronk
Gratis” kaart in die spel Monopoly, om redding te gebruik as 'n manier om
voordeel te trek in 'n situasie, om goed te lyk, om ander te beindruk.)
EK sê vir julle en EK waarsku julle, die dae vorentoe wat kom, die nabye toekoms
gaan moeiliker wees. En die van julle wat MY geplaas het op die prutplaat, daar
sal 'n tyd kom wanneer julle gewens het dat julle julle dag begin het en julle
dag geëindig het met MY, want ALLEENLIK DIEGENE WAT MY STEM KEN, SAL IN STAAT
WEES OM DIE MISLEIDING TE WEERSTAAN, DIE GROOT MISLEIDING WAT KOM! (Mt 24:24)
EK sê vir julle, almal word beproef en almal word getoets. Almal se liefde word
getoets. Nou is nie die tyd om op die draad te sit nie (besluiteloos wees). Nou
is nie die tyd om louwarm te wees nie. (Openb 3:16) Maak julle keuse. Is julle
warm of koud? Wil julle Hemel toe gaan of hel toe? Dis 'n eenvoudige keuse. Maar
die keuse is julle s'n om te maak. Einde van Profesie Profeet Grace: Ek loof U! Ek loof U! Ek loof U
YAHUSHUA HA MASHIACH vir hierdie Woorde wat U gespreek het! Ek verheerlik U
Heilige Naam! Dank U dat U Waarheid spreek! Dank U dat U met ons deel waarna ons
kan uitsien in die toekoms en waarteen om te bid! Ek dank U YAHUSHUA en ek bid
dat diegene wat beweer om U lief te hê dit sal bewys deur hulle aksies. Ons is
lief vir U ABBA VADER! Ons is lief vir U YAHUSHUA HA MASHIACH! Ons is lief vir U
MAMMA IMMAYAH! En ek bid dat elke dag wat ons leef dat ons voortdurend bewys dat
U eerste is in ons lewe en liefde, dat ons sal aanhou om Heilig te leef vir U en
U alleen! Ek aanbid U en ek loof U! Dank U, dank U ABBA YAHUVEH! Dank U
YAHUSHUA! Amen! Amen! Amen! Amen! Amen! Amen! Amen!
Ons almal loof en dank ABBA YAHUVEH! REDDER YAHUSHUA HA MASHIACH en IMMAYAH!
Einde van Profesie
Skrifgedeeltes:
Mattheus 24:26
“As hulle dan vir julle sê: Kyk, HY is in die woestyn - moenie uitgaan nie; kyk,
HY is in die binnekamer - moet dit nie glo nie.”
Lukas 17:23
“En hulle sal vir julle sê: Kyk hier! of: Kyk daar! Moenie gaan nie en moenie
agterna loop nie.” Mattheus 24:24
“Want daar sal valse messiasse en valse profete opstaan, en hulle sal groot
tekens en wonders doen om, as dit moontlik was, ook die uitverkorenes te mislei.” Openbaring 3:16
“Maar nou, omdat jy lou is en nie koud of warm nie, sal EK jou uit MY mond spuug.”