3
4 Dan sal die offer van Juda en Jerusalem vir YAHUVEH aangenaam wees soos in
die ou dae en soos in die jare van die voortyd.
5 En EK sal tot julle nader om strafgerig te hou, en EK sal ‘n haastige getuie
wees teen die towenaars en teen die egbrekers en teen die meinediges en teen die
wat die dagloner in sy loon, die weduwee en die wees verdruk; en teen die wat
die vreemdeling wegstoot en MY nie vrees nie, sê YAHUVEH van die Leërskare.
6 Want EK, YAHUVEH, het nie verander nie; en julle, kinders van Jakob, is nie
verteer nie.
7 Sedert die dae van julle vaders het julle van MY insettinge afgewyk en dit nie
onderhou nie. Keer terug na MY, en EK wil na julle terugkeer, sê YAHUVEH van die
Leërskare. Maar julle vra: Waarin moet ons terugkeer?
8 Mag ‘n mens ELOHIM beroof? Want julle beroof MY, en julle sê: Waarin het ons U
beroof? In die tiendes en die offergawe.
9 Met die vloek is julle belaai, en tog beroof julle MY, julle, die hele nasie!
10 Bring die hele tiende na die skathuis, sodat daar spys in MY huis kan wees;
en beproef MY tog hierin, sê YAHUVEH van die Leërskare, of EK vir julle nie die
vensters van die hemel sal oopmaak en op julle ‘n oorvloedige seën sal uitstort
nie.
11 EK sal ook die sprinkaan vir julle afweer, sodat hy die opbrings van julle
grond nie sal verwoes nie; ook die wynstok op die land sal vir julle nie
onvrugbaar wees nie, sê YAHUVEH van die Leërskare.
12 En al die nasies sal julle gelukkig prys, omdat julle die land van welbehae
sal wees, sê YAHUVEH van die Leërskare.
13 Vermetel is julle woorde teen MY, sê YAHUVEH. Maar julle vra: Wat het ons
onder mekaar teen U gespreek?
14 Julle het gesê: Dit is tevergeefs om ELOHIM te dien, en wat baat dit ons om
SY verordening te onderhou en in rouklere voor die aangesig van YAHUVEH van die
Leërskare te wandel?
15 En nou prys ons die vermeteles gelukkig; nie alleen word die wat
goddeloosheid bedrywe, gebou nie, maar hulle versoek ELOHIM en raak vry!
16 Toe het die wat YAHUVEH vrees, met mekaar gespreek; en YAHUVEH het dit
opgemerk en gehoor, en daar is ‘n Gedenkboek voor SY aangesig geskrywe vir die
wat YAHUVEH vrees en SY Naam eer.
17 En hulle sal MY tot ‘n eiendom wees, sê YAHUVEH van die Leërskare, op die dag
wat EK skep, en EK sal met hulle medelyde hê soos ‘n man medelyde het met sy
seun wat hom dien.
18 Dan sal julle weer die onderskeid sien tussen die regverdige en die goddelose,
tussen die wat ELOHIM dien en die wat HOM nie dien nie.
*~ Maleagi Hoofstuk 4 ~*
1 Want kyk, die dag kom, en dit brand soos ‘n oond. Dan sal al die vermeteles en
almal wat goddeloosheid bedrywe, ‘n stoppel wees; en die dag wat kom, sal hulle
aan die brand steek, sê YAHUVEH van die Leërskare; sodat dit vir hulle geen
wortel of tak sal oorlaat nie.
2 Maar vir julle wat MY Naam vrees, sal die Son van Geregtigheid opgaan, en daar
sal genesing onder SY vleuels wees; en julle sal uittrek en huppel soos kalwers
uit die stal.
3 En julle sal die goddelose vertrap, want hulle sal soos stof wees onder julle
voetsole op die dag wat EK skep, sê YAHUVEH van die Leërskare.
4 Dink aan die Wet van Moses, MY kneg, wat EK hom beveel het op Horeb vir die
hele Israel—insettinge en verordeninge.
5 Kyk, EK stuur julle die profeet Elía voordat die groot en vreeslike dag van
YAHUVEH aanbreek.
6 En hy sal die hart van die vaders terugbring tot die kinders, en die hart van
die kinders tot hulle vaders, sodat EK nie hoef te kom en die land met die
banvloek tref nie.
1 Korinthiërs 15:1-58
1 Broeders, ek maak julle die evangelie bekend wat ek aan julle verkondig het,
wat julle ook aangeneem het, waarin julle ook staan,
2 waardeur julle ook gered word as julle daaraan vashou op die wyse waarop ek
dit aan julle verkondig het, of julle moet tevergeefs geglo het.
3 Want in die eerste plek het ek aan julle oorgelewer wat ek ook ontvang het,
dat Christus vir ons sondes gesterf het volgens die Skrifte;
4 en dat HY begrawe is, en dat HY op die derde dag opgewek is volgens die
Skrifte;
5 en dat HY aan Céfas verskyn het; daarna aan die twaalf.
6 Daarna het HY verskyn aan oor die vyf honderd broeders tegelyk, waarvan die
meeste nou nog lewe, maar sommige al ontslaap het.
7 Daarna het HY verskyn aan Jakobus; daarna aan al die apostels;
8 en laaste van almal het HY verskyn ook aan my as die ontydig geborene.
9 Want ek is die geringste van die apostels, wat nie werd is om ‘n apostel
genoem te word nie, omdat ek die Gemeente van YAHUVEH vervolg het.
10 Maar deur die genade van ELOHIM is ek wat ek is, en SY genade aan my was nie
tevergeefs nie; maar ek het oorvloediger gearbei as hulle almal; nogtans nie ek
nie, maar die genade van ELOHIM wat met my is.
11 Of dit nou ek of hulle is, so preek ons en so het julle geglo.
12 As dit dan gepreek word dat Christus uit die dode opgewek is, hoe sê sommige
onder julle dat daar geen opstanding van die dode is nie?
13 As daar geen opstanding van die dode is nie, dan is Christus ook nie opgewek
nie.
14 En as Christus nie opgewek is nie, dan is ons prediking vergeefs en vergeefs
ook julle geloof;
15 en dan word ons valse getuies van ELOHIM bevind, omdat ons teen ELOHIM getuig
het dat HY Christus opgewek het, wat HY nie opgewek het nie, ten minste as die
dode nie opgewek word nie.
16 Want as die dode nie opgewek word nie, dan is Christus ook nie opgewek nie;
17 en as Christus nie opgewek is nie, dan is julle geloof nutteloos, dan is
julle nog in julle sondes;
18 dan is ook die wat in Christus ontslaap het, verlore.
19 As ons net vir hierdie lewe op Christus hoop, dan is ons die ellendigste van
alle mense.
20 Maar nou, Christus is opgewek uit die dode; HY het die eersteling geword van
die wat ontslaap het.
21 Want aangesien die dood deur ‘n mens is, is die opstanding van die dode ook
deur ‘n mens.
22 Want soos hulle almal in Adam sterwe, so sal hulle ook almal in Christus
lewend gemaak word;
23 maar elkeen in sy eie orde: as eersteling Christus, daarna die wat aan
Christus behoort by SY koms.
24 Daarna kom die einde, wanneer HY die koninkryk aan YAHUVEH die Vader oorgee,
as HY alle heerskappy en alle gesag en mag vernietig het.
25 Want HY moet as koning heers totdat HY al SY vyande onder SY voete gestel
het.
26 Die laaste vyand wat vernietig word, is die dood.
27 Want "HY het alles aan SY voete onderwerp", maar wanneer HY sê dat "alles
onderwerp is, is dit duidelik dat HY uitgesonder is" (Die Vader) wat alles aan
HOM onderwerp het. (Ps 8:6)
28 En wanneer alles aan HOM onderwerp is, dan sal ook die Seun Self HOM
onderwerp aan die Een (Die Vader) wat alles aan HOM onderwerp het, sodat YAHUVEH
alles in almal kan wees.
29 Anders, wat sal hulle doen wat hulle vir die dode laat doop, as die dode
geheel en al nie opgewek word nie? Waarom laat hulle hul nog vir die dode doop?
30 Waarom is ons ook elke uur in gevaar?
31 Ek sterf dag vir dag, broeders, so waar as ek op julle roem in Christus
YAHUSHUA, onse Here.
32 As ek in Éfese op menslike wyse met wilde diere geveg het, watter voordeel
was dit vir my? As die dode nie opgewek word nie, "laat ons dan eet en drink,
want môre sterf ons!"
33 Moenie dwaal nie; slegte gesprekke bederf goeie sedes.
34 Wees nugter op die regte manier, en sondig nie; want sommige het geen kennis
van YAHUVEH nie. Ek sê dit tot julle beskaming.
35 Maar iemand sal sê: Hoe word die dode opgewek, en met hoedanige liggaam kom
hulle?
36 Dwase mens! Wat jy saai, word nie lewendig as dit nie gesterf het nie.
37 En wat jy saai—jy saai nie die liggaam wat sal word nie, maar ‘n blote korrel,
byvoorbeeld van koring of van iets anders.
38 Maar ELOHIM gee dit ‘n liggaam soos HY gewil het, en aan elkeen van die
saadkorrels sy eie liggaam.
39 Alle vlees is nie dieselfde vlees nie, maar die vlees van mense is anders as
die vlees van vee, en dié van visse anders as dié van voëls.
40 En daar is hemelse liggame en aardse liggame; maar die heerlikheid van die
hemelse is anders as dié van die aardse.
41 Anders is die heerlikheid van die son en anders die heerlikheid van die maan
en anders die heerlikheid van die sterre; want die een ster verskil in
heerlikheid van die ander ster.
42 So is ook die opstanding van die dode: daar word gesaai in verganklikheid,
daar word opgewek in onverganklikheid;
43 daar word gesaai in oneer, daar word opgewek in heerlikheid; daar word gesaai
in swakheid, daar word opgewek in krag.
44 ‘n Natuurlike liggaam word gesaai, ‘n geestelike liggaam word opgewek. Daar
is ‘n natuurlike liggaam, en daar is ‘n geestelike liggaam.
45 So is daar ook geskrywe: "Die eerste mens, Adam, het ‘n lewende siel geword";
die laaste Adam ‘n lewendmakende Gees.
46 Die geestelike ewenwel is nie eerste nie, maar die natuurlike; daarna die
geestelike.
47 Die eerste mens was uit die aarde aards, die tweede mens is YAHUVEH uit die
hemel.
48 Soos die aardse mens was, so is ook die aardse mense; en soos die hemelse
Mens is, so is ook die hemelse mense.
49 En soos ons die beeld van die aardse gedra het, so sal ons ook die beeld van
die hemelse dra.
50 Maar dit verklaar ek, broeders, dat vlees en bloed die koninkryk van YAHUVEH
nie kan beërwe nie; ook beërwe die verganklikheid nie die onverganklikheid nie.
51 Kyk, ek deel julle ‘n verborgenheid mee: Ons sal wel nie almal ontslaap nie,
maar ons sal almal verander word,
52 in ‘n oomblik, in ‘n oogwink, by die laaste basuin; want die basuin sal
weerklink, en die dode sal onverganklik opgewek word; en ons sal verander word.
53 Want hierdie verganklike moet met onverganklikheid beklee word, en hierdie
sterflike moet met onsterflikheid beklee word.
54 En wanneer hierdie verganklike met onverganklikheid beklee is en hierdie
sterflike met onsterflikheid beklee is, dan sal vervul word die Woord wat
geskrywe is: "Die dood is verslind in die oorwinning".
55 "Dood, waar is jou angel? Doderyk, waar is jou oorwinning?"
56 Die angel van die dood is die sonde, en die krag van die sonde is die Wet
(Torah).
57 Maar ELOHIM sy dank, wat ons die oorwinning gee deur onse Here YAHUSHUA
Christus.
58 Daarom, my geliefde broeders, wees standvastig, onbeweeglik, altyd oorvloedig
in die werk van YAHUVEH, omdat julle weet dat julle arbeid in YAHUVEH nie
tevergeefs is nie.