22
1 En Dawid het die woorde van hierdie lied tot YAHUVEH gespreek op die dag
toe YAHUVEH hom gered het uit die hand van al sy vyande en uit die hand van
Saul.
2 En hy het gesê: YAHUVEH is my rots en my bergvesting en my redder;
3 ELOHIM is my rots by wie ek skuil; my skild en die horing van my heil, my
rotsvesting en my toevlug, my verlosser; van geweld het U my verlos.
4 Ek roep YAHUVEH aan wat lofwaardig is, en van my vyande word ek verlos.
5 Want die golwe van die dood het my omring, strome van onheil het my oorval.
6 Bande van die doderyk het my omring, strikke van die dood het my teëgekom.
7 Toe ek benoud was, het ek YAHUVEH aangeroep, en ek het geroep tot my ELOHIM;
en uit SY paleis het HY my stem gehoor, en my hulpgeroep was in SY ore.
8 Toe het die aarde geskud en gebewe, die fondamente van die hemel het gesidder
en geskud, omdat HY toornig was.
9 Rook in SY neus het opgegaan, en ‘n vuur uit SY mond het verteer; kole uit HOM
het gebrand.
10 En HY het die hemel gebuig en neergedaal, en wolkedonkerheid was onder SY
voete.
11 En HY het op ‘n gérub gery en gevlieg; ja, HY het verskyn op die vlerke van
die wind.
12 En HY het duisternis rondom HOM as hutte gestel, versameling van waters,
diktes van wolke.
13 Uit die glans voor HOM het gloeiende kole gebrand.
14 Uit die hemel het YAHUVEH gedonder, en die Allerhoogste het SY stem laat hoor.
15 En HY het pyle uitgestuur en hulle verstrooi, bliksems en hulle verwar.
16 En die beddings van die see het sigbaar geword, die fondamente van die wêreld
is blootgelê, deur die dreiging van YAHUVEH, vanweë die geblaas van die wind van
SY neus.
17 Uit die hoogte het HY SY hand uitgestrek, HY het my gegryp, my uit groot
waters getrek.
18 HY het my verlos van my magtige vyand, van my haters, omdat hulle te sterk
was vir my.
19 Hulle het my oorval op die dag van my nood, maar YAHUVEH was my steun.
20 En HY het my uitgelei in die ruimte, HY het my gered, omdat HY behae in my
gehad het.
21 YAHUVEH het met my gehandel na my geregtigheid; na die reinheid van my hande
het HY my vergelde.
22 Want ek het die weë van YAHUVEH gehou en nie goddeloos van my ELOHIM afgewyk
nie.
23 Want al SY verordeninge was voor my, en SY insettinge—daar het ek nie van
afgewyk nie.
24 Maar ek was opreg voor HOM, en ek was op my hoede vir my ongeregtigheid.
25 So het YAHUVEH my dan vergelde na my geregtigheid, na my reinheid voor SY oë.
26 By die liefderyke betoon U Uself liefderyk, by die opregte man opreg,
27 by die reine, rein; maar by die valse betoon U Uself verkeerd.
28 En U verlos die verdrukte volk, maar U oë is teen die hoogmoediges; U
verneder hulle.
29 Want U is my lamp, o YAHUVEH! En YAHUVEH laat my duisternis opklaar.
30 Want met U loop ek ‘n bende storm, met my ELOHIM spring ek oor ‘n muur.
31 Die weg van ELOHIM is volmaak; die Woord van YAHUVEH is gelouter; HY is ‘n
skild vir almal wat by HOM skuil.
32 Want wie is ELOHIM buiten YAHUVEH, en wie ‘n rots buiten onse ELOHIM?
33 Die ELOHIM wat my sterk toevlug is, en HY het vir my ‘n weg volkomelik
uitgesoek.
34 HY maak my voete soos dié van herte en laat my staan op my hoogtes.
35 HY leer my hande om oorlog te voer, sodat my arms ‘n koperboog span.
36 En U het my die skild van U uitredding gegee, en U neerbuigende goedheid het
my groot gemaak.
37 U het my voetstap onder my ruim gemaak, en my enkels het nie gewankel nie.
38 Ek het my vyande agtervolg en hulle verdelg en nie teruggekom voordat ek
hulle vernietig het nie.
39 Ja, ek het hulle vernietig en hulle verbrysel, sodat hulle nie weer opgestaan
het nie, maar onder my voete geval het.
40 En U het my met krag omgord vir die stryd, U het my teëstanders onder my laat
buk.
41 En U het my vyande vir my laat vlug; my haters, dié het ek vernietig.
42 Hulle het rondgekyk, maar daar was geen verlosser nie; na YAHUVEH, maar HY
het hulle nie geantwoord nie.
43 Toe het ek hulle vermaal soos die stof van die aarde, soos modder van die
strate het ek hulle fyngemaal, hulle vertrap.
44 En U het my gered uit die getwis van my volk; U het my bewaar as ‘n hoof van
nasies; ‘n volk wat ek nie geken het nie, het my gedien.
45 Uitlanders het al kruipende na my gekom; sodra hulle van my gehoor het, was
hulle gehoorsaam aan my.
46 Uitlanders word kragteloos en kom met siddering uit hulle vestings.
47 YAHUVEH leef! En geloofd sy my rots, en laat verhoog wees die ELOHIM wat die
rots is van my heil! Die ELOHIM wat my die wraak gee en volke onder my neerwerp;
49 en wat my uitlei onder my vyande uit; ja, U verhef my bo my teëstanders, U
bevry my van die man van geweld.
50 Daarom wil ek U loof, o YAHUVEH, onder die nasies, en tot eer van U Naam wil
ek psalmsing;
51 HY is dit wat die verlossing van SY koning groot maak en goedertierenheid
bewys aan SY gesalfde, aan Dawid en aan sy nageslag tot in ewigheid.
Johannes 20:1-14
1 En op die eerste dag van die week kom Maria Magdaléna vroeg, terwyl dit nog
donker was, by die graf en sien dat die steen van die graf weggeneem was.
2 Sy hardloop toe en kom by Simon Petrus en by die ander dissipel vir wie
YAHUSHUA liefgehad het, en sê vir hulle: Hulle het die Here uit die graf
weggeneem, en ons weet nie waar hulle HOM neergelê het nie.
3 Toe gaan Petrus en die ander dissipel uit en kom by die graf.
4 En die twee het saam gehardloop, en die ander dissipel het vooruit gehardloop,
vinniger as Petrus, en eerste by die graf gekom.
5 En terwyl hy neerbuk, sien hy die doeke lê; maar hy het nie ingegaan nie.
6 Toe kom Simon Petrus agter hom aan en gaan in die graf en sien die doeke lê;
7 en die doek wat op SY hoof was, sien hy nie by die doeke lê nie, maar opgerol
op een plek afsonderlik.
8 Daarop het ook die ander dissipel wat eerste by die graf gekom het, ingegaan,
en hy het gesien en geglo.
9 Want hulle het nog nie die Skrif verstaan dat HY uit die dode moes opstaan nie.
10 En die dissipels het weer huis toe gegaan.
11 Maar Maria het buitekant by die graf gestaan en ween; en terwyl sy ween, buk
sy na die graf toe
12 en sien twee engele daar sit met wit klere aan, een by die hoof en een by die
voete waar die liggaam van YAHUSHUA gelê het.
13 En hulle sê vir haar: Vrou, waarom ween jy? Sy antwoord hulle: Omdat hulle my
Here weggeneem het, en ek weet nie waar hulle HOM neergelê het nie.
14 En toe sy dit gesê het, draai sy haar om agtertoe en sien YAHUSHUA staan, en
sy het nie geweet dat dit YAHUSHUA was nie.