45
16 Al die mense van die land moet deel hê aan hierdie offergawe vir die vors
in Israel.
17 En op die vors rus die verpligting van die brandoffers en die spysoffer en
die drankoffer op die feeste en op die nuwemane en op die sabbatte, op al die
feestye van die huis van Israel; hy moet die sondoffer en die spysoffer en die
brandoffer en die dankoffers berei, om versoening te doen vir die huis van
Israel.
18 So sê YAHUVEH HERE: In die eerste maand, op die eerste van die maand, moet jy
‘n jong bul sonder gebrek neem en die heiligdom ontsondig.
19 En die priester moet van die bloed van die sondoffer neem en dit aan die
deurposte van die huis stryk en aan die vier hoeke van die omlysting van die
altaar en aan die deurposte van die poort van die binneste voorhof.
20 So moet jy ook doen op die sewende in die maand ter wille van die wat hulle
uit swakheid of uit onwetendheid misgaan het; so moet julle dan vir die huis
versoening doen.
21 In die eerste maand, op die veertiende dag van die maand, moet vir julle die
pasga wees; op die sewedaagse fees moet ongesuurde brode geëet word.
22 En die vors moet op dié dag vir homself en vir die hele volk van die land ‘n
sondofferbul berei.
23 En die sewe dae van die fees moet hy daagliks as brandoffer aan YAHUVEH
gereedmaak sewe bulle en sewe ramme sonder gebrek, gedurende die sewe dae, en
daagliks ‘n bokram as sondoffer.
24 Ook moet hy as spysoffer berei ‘n efa vir ‘n bul en ‘n efa vir ‘n ram en ‘n
hin olie vir ‘n efa.
25 In die sewende maand, op die vyftiende dag van die maand, moet hy op die fees
dieselfde offers gereedmaak gedurende die sewe dae: dieselfde sondoffer,
dieselfde brandoffer en dieselfde spysoffer en dieselfde olie.
*~ Esegiël Hoofstuk 46 ~*
1 So sê YAHUVEH HERE: Die poort van die binneste voorhof wat na die ooste kyk,
moet gedurende die ses werkdae gesluit wees; maar op die sabbatdag moet dit
oopgemaak word; ook moet dit op die dag van die nuwemaan oopgemaak word.
2 En die vors moet deur die voorportaal van die poort van buite af ingaan en by
die deurpos van die poort gaan staan, en die priesters moet sy brandoffer en sy
dankoffers berei; en hy moet aanbid by die drumpel van die poort en dan uitgaan;
maar die poort moet nie gesluit word tot die aand toe nie.
3 Ook moet die volk van die land aanbid voor die ingang van dié poort, op die
sabbatte en op die nuwemane, voor die aangesig van YAHUVEH.
4 En die brandoffer wat die vors aan YAHUVEH moet bring op die sabbatdag, is ses
lammers sonder gebrek en ‘n ram sonder gebrek;
5 en die spysoffer: ‘n efa vir die ram; maar vir die lammers moet die spysoffer
wees wat sy hand kan gee; en ‘n hin olie vir ‘n efa.
6 Maar op die dag van die nuwemaan: ‘n jong bul sonder gebrek en ses lammers en
‘n ram—sonder gebrek moet hulle wees;
7 en as spysoffer moet hy gereedmaak: ‘n efa vir die bul en ‘n efa vir die ram,
maar vir die lammers volgens wat hy kan bekostig; en ‘n hin olie vir ‘n efa.
8 En as die vors ingaan, moet hy deur die voorportaal van die poort ingaan en
met dieselfde weg weer uitgaan.
9 Maar as die volk van die land voor die aangesig van YAHUVEH kom op die feestye,
moet hy wat deur die noordpoort ingaan om te aanbid, deur die suidpoort uitgaan;
en hy wat deur die suidpoort ingaan, moet deur die noordpoort uitgaan; hy mag
nie teruggaan deur die poort waardeur hy ingegaan het nie, maar moet reguit
vorentoe uitgaan.
10 En die vors moet tussen hulle ingaan as hulle ingaan; en as hulle uitgaan,
moet hy saam uitgaan.
11 Verder moet op die feeste en op die feestye die spysoffer wees: ‘n efa vir ‘n
bul en ‘n efa vir ‘n ram, maar vir die lammers, wat sy hand kan gee; en ‘n hin
olie vir ‘n efa.
12 En as die vors ‘n vrywillige offer gereedmaak, ‘n brandoffer of dankoffers as
vrywillige offer aan YAHUVEH, dan moet hulle vir hom die poort oopmaak wat na
die ooste kyk; en hy moet sy brandoffer en sy dankoffers berei soos hy op die
sabbatdag doen; en as hy uitgaan, moet hulle die poort sluit nadat hy uitgegaan
het.
13 Verder moet jy ‘n jaaroud lam sonder gebrek daagliks berei as brandoffer aan
YAHUVEH; elke môre moet jy dit berei.
14 En jy moet elke môre daarby as spysoffer gereedmaak: ‘n sesde van ‘n efa en
‘n derde van ‘n hin olie om die fynmeel te bevogtig, as spysoffer aan YAHUVEH—ewige
insettinge, altyddeur.
15 So moet hulle dan die lam en die spysoffer en die olie elke môre berei as ‘n
voortdurende brandoffer.
16 So sê YAHUVEH HERE: As die vors aan een van sy seuns ‘n geskenk gee van sy
erfdeel, dan moet dit vir sy seuns wees: dit is hulle besitting as erfenis.
17 Maar as hy van sy erfdeel ‘n geskenk aan een van sy dienaars gee, dan sal dit
syne wees tot by die jaar van vrylating; dan moet dit aan die vors terugval; net
vir sy seuns moet sy erfdeel wees.
18 En die vors mag niks neem van die erfdeel van die volk om hulle uit hul
besitting te verdring nie; van sy besitting moet hy aan sy seuns ‘n erfdeel gee,
sodat my volk nie verstrooi word elkeen uit sy besitting nie.
Johannes 13:1-19;
1 En voor die fees van die pasga het YAHUSHUA, omdat Hy wis dat sy uur gekom het
dat Hy uit hierdie wêreld sou oorgaan na die Vader, en omdat Hy sy eie mense in
die wêreld liefgehad het, hulle liefgehad tot die einde toe.
2 En gedurende die maaltyd—die duiwel het dit al in die hart van Judas Iskáriot,
die seun van Simon, ingegee om Hom te verraai—
3 het YAHUSHUA, omdat Hy wis dat die Vader alles in sy hande gegee het en dat Hy
van God uitgegaan het en na God heengaan,
4 van die maaltyd opgestaan en sy bo-klere uitgetrek en ‘n doek geneem en dit om
Hom vasgemaak.
5 Daarna het Hy water in ‘n bak gegooi en die voete van die dissipels begin was
en afdroog met die doek wat Hy omgehad het.
6 Hy kom toe by Simon Petrus en dié sê vir Hom: Here, gaan U my voete was?
7 YAHUSHUA antwoord en sê vir hom: Wat Ek doen, begryp jy nou nie, maar jy sal
dit hierna verstaan.
8 Petrus sê vir Hom: U sal my voete in der ewigheid nie was nie! YAHUSHUA
antwoord hom: As Ek jou nie was nie, het jy geen deel aan My nie.
9 Simon Petrus sê vir Hom: Here, nie net my voete nie, maar ook die hande en die
hoof.
10 YAHUSHUA sê vir hom: Hy wat gewas is, het niks anders nodig as om die voete
te was nie, maar is heeltemal rein; en julle is rein, maar nie almal nie.
11 Want Hy het geweet wie Hom sou verraai. Daarom het Hy gesê: Julle is nie
almal rein nie.
12 Toe Hy dan hulle voete gewas en sy bo-klere geneem het, gaan Hy weer aan
tafel en sê vir hulle: Verstaan julle wat Ek aan julle gedoen het?
13 Julle noem My Meester en Here, en julle is reg, want Ek is dit.
14 As Ek dan, YAHUVEH en die Meester, julle voete gewas het, is julle ook
verplig om mekaar se voete te was.
15 Want Ek het julle ‘n voorbeeld gegee om, net soos Ek aan julle gedoen het,
ook so te doen.
16 Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, ‘n dienskneg is nie groter as sy heer nie,
en ‘n gesant is ook nie groter as die een wat hom gestuur het nie.
17 As julle hierdie dinge weet, salig is julle as julle dit doen.
18 Ek spreek nie van julle almal nie—Ek weet wie Ek uitverkies het—maar dat die
Skrif vervul kan word: Hy wat saam met My brood eet, het sy hakskeen teen My
opgelig.
19 Van nou af sê Ek dit aan julle voordat dit gebeur, sodat wanneer dit gebeur,
julle kan glo dat dit Ek is.