Kom en sien die mooiste webwerf op die Internet, wat al aanlyn is vanaf 1994! Hierdie Hebreeuse wortels, wat op die Bybel gebasseer is, met evangeliese leerstellings, en geseënde leerstellings kan nie met enige ander vergelyk word nie! Kom en sien wat julle kerke nie vir julle wil leer nie, wat niemand anders julle wil vertel nie, behalwe Elisheva Eliyahu!



Welkom by AmightyWind met Apostel, Profeet Elisheva Eliyahu!

Dit is die ALEF & TAV AMIGHTYWIND RUACH HA KODESH VUUR BEDIENING (ALEF & TAV AMIGHTYWIND RUACH HA KODESH FIRE MINISTRY), 'n Messiaanse Joodse, Pinkster (Handelinge 2) en NUWE BLOED VERBOND internasionale bediening, wat uitreik na beide Jode and nie-Jode. Hierdie Bediening is gesalf deur die RUACH HA KODESH, wat Hebreeus is vir HEILIGE GEES, (IMMAYAH), om almal in Amerika, Jerusalem, Israel, Midde-Ooste en regoor die wêreld te bereik. Maak nie saak watter geloof jy beoefen nie-Katoliek (volging van die Pous), Islam, Boeddhis, Mormone, Jehovah Getuies (Wagtoring samelewing), Hinduisme-ons bring die boodskap van redding, die enigste weg na die Ewige Lewe, aan almal. Sonder YAHUSHUA HA MASHIACH is daar geen redding nie. Sien die dringende reddings gebed en die olie skildery wat net prysloos is, genaamd, "Een Minuut voor Middernag." Gee jou lewe aan YAHUSHUA vandag.

Goeie tydings in die GEWYDE NAME VAN ONS SKEPPER, ALMAGTIGE YAHUVEH & SY SEUN, ONS REDDER, YAHUSHUA HA MASHIACH (aan die meeste bekend as JESUS CHRISTUS). Ons praat die waarheid oor die gruwels van aborsie, kloning, goudstofkoors (gold dust fever), en die realiteit van gevalle engele, satan, die hel, en die nood vir meer as ooit tevore vir die geheime van die RUACH HA KODESH, IMMAYAH, met bewyse van die Profesieë.


Kyk bietjie rond hier, indien jy wil leer van Engele, besoeke van Engele, (Elisheva het aan die vlerke van 'n engel geraak), en besoeke van YAHUSHUA HOMSELF. Bybelse waarhede; Bybelse bewyse dat ruimte wesens (aliens) in der waarheid gevalle engele is, die Sabbat Dag, WIE is die RUACH HA KODESH (IMMAYAH) en Profetiese openbarings, geheime van die 2 getuies en die geheimsinnige blou straal wegraping (blue beam rapture). Leer die HEBREEUSE NAAM van Jesus Christus, dit is YAHUSHUA, nie Yeshua nie, voor die Groot Verdrukking, sodat jou gebede beantwoord sal word gedurende die tydperk wanneer die antichris gaan regeer. Leer van die belangrikheid van die GEWYDE NAAM VAN YAHUSHUA; leer wie die 144,000 is, wat is sonde en die realiteit van wesens wat van gedaante kan verander (shapeshifters). Besoek die "verdoemdes se muur van skaamte" (reprobates wall of shame), waar kaballah blootgestel word, mense is nie gode nie! Besoek ons YAHStube, die alternatief van Youtube en kyk die videos by YAHSladyinred vir die waarheid.

Die vyand het die kerk geïnfiltreer, en baie evangeliste en predikers op die TV leer mense nou valse doktrine. Wolwe soos Angie Ray (het gesterf), Benny Hinn, Oprah Winfrey, Juanita Bynum. Asook baie wat beweer dat hulle Christene is, maar is in der waarheid baie baie boos, verdoemde sataniste of valse profete...Linda Newkirk, Tari DeMario, Zeph Daniel, Frank Kime, Jr., en die prediker Moon (Rev. Moon). Hulle is voorlopers van die antichris (anti-messias) wie nou verwag word, veral deur hulle wat die Kabala , of Cabala of Kaballah beoefen.

Dankie dat U ons besoek.

Kyk op! Diegene wie liefhet en in gehoorsaamheid die gebooie en wette van YAHUVEH onderhou, julle verlossing kom nader!


Verklaring van Geloof

Ons Glo..

deur YAHUSHUA as MESSIAS te aanvaar en aan YAHUVEH en YAHUSHUA ons sondes te bely, weg te draai van daardie sondes en om ons bes te doen om te gehoorsaam, lief te hê, te aanbid, te dien en om in al ons weë ons geliefde VADER YAHUVEH en YAHUSHUA HA MASHIACH wat beteken (die Messias), eerste te stel, dat HY ons siele sal red en ons Hemel toe sal neem wanneer ons sterf of weggeraap word.

Ons Glo..

wanneer ons dit doen, kom die RUACH HA KODESH, ook genoem die Heilige Gees in ons liggame wat dan die Tempel van die RUACH HA KODESH word. Ons glo ons moet die duiwel en sy werke haat soveel as wat ons, ons YAHUVEH en YAHUSHUA en die RUACH HA KODESH Liefhet. Ons moet alles wat Heilig is verdedig en alles wat onheilig is bestraf en ontken. Ons moet Heilig leef teenoor ons Messias en SY voorbeelde van Heiligheid volg.

Ons Glo..

ons is nie perfek nie, want alleenlik YAHUSHUA is perfek, maar wanneer ons sondig deur woord of daad kan ons uitroep in YAHUSHUA se naam en YAHUVEH vra om ons te vergewe, deur die gestorte bloed van YAHUSHUA oor ons sondes te pleit en vra dat hulle vergewe word, en dan hard te probeer om verblydend tot YAHUVEH en YAHUSHUA te bly.

Ons Glo..

alleenlik YAHUSHUA is ons bemiddelaar, nie sy Moeder Maria nie, en tog respekteer en eer en het ons haar lief omdat sy YAHUSHUA se moeder is. Maar, op geen manier aanbid of bid ons tot haar nie, want YAHUSHUA, alhoewel haar aardse seun, is ook haar Messias, want sy het hom ook HERE genoem. As Maria sondeloos was dan sou sy waardig gewees het om die sonde bloed offer by Golgota te wees. Die fout van die Katolieke Kerk is om haar gelyk te stel met YAHUSHUA. Daar is slegs een drie-enigheid en dit is die Vader YAHUVEH, SY Seun YAHUSHUA en die RUACH HA KODESH. Nie een van ons sou gered gewees het as die RUACH ha KODESH ons nie getrek het om YAHUSHUA lief te he en as MESSIAS te aanvaar nie.

Ons Glo..

dat ons nodig het om die Joodsheid van ons Messias te leer en te bestudeer, wie ook genoem word Koning van die Jode. Hierdie Bediening glo ook dat ons die Heilige Feeste moet eer soos YAHUSHUA dit onderhou het en YAHUVEH dit beveel het en dit sluit in eer die Sabbat Dag en hou dit Heilig, wat die 7de dag is – Vrydag sononder tot Saterdag sononder. Hierdie Bediening het die mandaat van Jesaja 61. Hierdie Bediening glo daar is ‘n Hemel om te verkry en ‘n Hel om te verwerp en elkeen wat lewe maak hulle eie besprekings vir Hemel of Hel, afhangende van wat hulle met YAHUSHUA doen. Het hulle HOM hulle GOD en MESSIAS gemaak, ook genoem Redder?

Ons Glo..

alleenlik die Bybel is die geinspireerde en onfeilbare Woord van YAHUVEH in die oorspronklike skrywes. Ons glo dat die Woord van YAHUVEH, die Bybel en Torah nie kan lieg nie. Dat YAHUVEH die enigste Hemelse Vader is, Skepper van ALLES.

Read our full statement of faith


~ SplinterNuwe PROFESIE 154 ~
“Waarskuwing! Totalitêre Diktatorskap Bewys”

Gelukkige Geseënde Gesalfde Hanukkah Geliefde Amightywind Gemeente!

Loof ABBA YAHUVEH, YAHUSHUA HA MASHIACH, en die Kosbare RUACH HA KODESH vir hierdie Feestelike tyd van Wonderwerke, seëninge en oorwinnings en vir die konsepsie van ons geliefde MESSIAS en REDDER YAHUSHUA HA MASHIACH!!

Ons Loof die HEILIGE DRIE EENHEID, want nou is ons instaat om vandag aan te kondig dat Profesie 154 nou aanlyn is en vrygestel is vir julle om te lees en daarna te luister. Daar is krag in die gesproke woord en dit is die salwing van die RUACH HA KODESH wat alle jukke en bindings breek. Wees asseblief geseën terwyl julle luister daarna en die SLINTERNUWE PROFESIE 154 lees wat gespreek en ontvang is op hierdie datum drie jaar gelede op die 7de Desember 2020 ‘n paar dae voor Hanukkah, en nou vrygestel is op dieselfde datum 3 jaar later 7de Desember 2023 op die dag wat die eerste nag van Hanukkah begin. HALLELUYAH!! Ons kon nie hierdie profesie vrystel totdat ABBA YAHUVEH vir ons gesê het dit was tyd, en nou is daardie tyd.

Ons bid julle Hanukkah is ‘n geseënde een en dat julle sal ag slaan op al ABBA YAHUVEH Se waarskuwings in hierdie Profesie, immers, om vooraf gewaarsku te wees is om voorbewapen te wees vir so ‘n tyd soos hierdie. Vertrou op ons Geseënde HOOP en REDDER YAHUSHUA HA MASHIACH en onthou solank as wat julle alles gehoorsaam wat YAHUVEH ons beveel het en ons geleer het deur SY HEILIGE Woorde in die Bybel en in hierdie Eind Tyd Profesieë, het julle nie nodig om te vrees nie. Onthou om Psalm 91 toe te eien en te bid altyd vir beskerming, om te wandel en te leef in heiligheid en geregtigheid, en watter wonderwerke julle ookal nodig het, bid ons dat ABBA YAHUVEH hulle sal gee volgens SY wil in die Hemel. Mag YAHUSHUA HA MASHIACH julle almal seën.

Met Baie Liefde en Shalom in YAHUSHUA HA MASHIACH, beledig sommige en seën baie, Apostel Profeet Elisheva Eliyahu.


Klik hier om die Profesie te lees

Klik hieronder om na profesie-klank te luister

  



Kommentaar of vrae?

KLIK HIER om Apostel Profeet Elisheva Eliyahu te kontak! Contact Prophet Elisheva Eliyahu

Voel asseblief vry om te skenk

Skenk as hierdie bediening vir jou 'n seën is. Donate if this ministry is a blessing unto you

Teken ons gasteboek

Lees of skryf 'n seën in ons Gasteboek, dit sal in die Hemel opgeteken word!
Read or write a blessing in our Guestbook, it will be recorded in Heaven!





OOR HIERDIE BEDIENING




~ ISRAEL, U IS MY VOLK ~



Amightywind Video-kanale

YAHUSHUA SE OPSTANDINGS DAG! ONS VIER ONS REDDING ELKE DAG!



YAHUSHUA HA MASHIACH (JESUS CHRISTUS) is die enigste perfekte Bloed versoening vir ons sondes. HY was gekruisig en het gesterf en het weer opgestaan op die derde dag, voor getuies, terwyl HY al SY Bloed uit gestort het, sodat ons vergewe kan word.


"En die saligheid is in niemand anders nie, want daar is ook geen ander naam onder die hemel wat onder die mense gegee is, waardeur ons gered moet word nie." - Handelinge 4:12


YAHUSHUA HA MASHIACH (MESSIAS) is die enigste WEG, WAARHEID, en LEWE. Niemand kan na DIE HEMELSE VADER YAHUVEH gaan, behalwe deur die SEUN YAHUSHUA HA MASHIACH. Ons vier SY opstandings dag nou, en tot in alle ewigheid.


Hierbo in die animasie is 'n voorstelling van die rots wat vooraan die graf geplaas. Toe YAHUSHUA se liggaam vanuit die dood gerys het, het daardie rots ook weggerol.


Ek sien daarna uit om jou in die Hemel te ontmoet. Liefde, Apostel Profeet Elisheva Eliyahu


Pasop vir die Totalitêre Diktatorskap Wat Kom na Amerika & Wêreld!





Obama destyds en dis Biden nou. Hierdie Profesie was gegee 30 September 2009 en vrygestel 12 Oktober 2009. Nou kan almal sien dit het in vervulling gegaan in die jaar van 2020.

Moet nooit vergeet dat hierdie video verban sou gewees het op YouTube, so daarom is ek dankbaar om ‘n Rumble rekening te hê met geen sensorskap waar ons ‘n plek het om ons liefde en waardering te wys vir Trump op sosiale media. Almal, bid asseblief vir Rumble & ook Telegram, die enigste ander sosiale media wat ons op hierdie tydstip het.

Alhoewel die hele Profesie ‘n maand later gekom het, op 5 September 2009 het YAHUVEH in my slaap met my gepraat en HY het gesê— Totalitêre diktatorskap. Totalitêre diktatorskap. Totalitêre diktatorskap. Elisheva waarsku hulle. Die een wie homself "President van die Verenigde State" [2009] noem wil hê Amerika moet regeer word deur ‘n totalitêre diktatorskap. Die beste gesondheid sorg, [soos byvoorbeeld onder "Obama care"], sal slegs vir die rykes wees. Daar sal slegs twee klasse mense wees: die welgesteldes en daardie wie nou gesien word as die middelklas. Die middelklas sal die welgesteldes dien. En die armes sal stadig doodgemaak word deur geforseerde inentings, geforseerde aborsies en weiering van mediese hulp.

Die regering sal alles beheer. En hulle sal besluit wie sal lewe en wie sal sterf.


YAH Se Kleintjies - Julle Hoef Nie Te Vrees Nie - Aangesig tot Aangesig met Elisheva Eliyah



Profesie 151 - YAHUSHUA Sê, EK is die MESSIAS! MOENIE VREES NIE! VERTROU MY!



Psalm 91 GEHOORSAAM & wees GELOOFS WATER LOPERS - AANGESIG TOT AANGESIG GESPREK - Apostel Elisheva Eliyahu




Profesie 152 - Luister en wees vry van die demoon van Vrees.



Luister en wees vry van die demoon van vrees! Profesie 52, ontvang op 2 Nov 2001, weer gespreek op 20 Maart 2020. YAH praat weer onder 'n sterker salwing wat vrymaak en jou geloof weer opbou. Glo! Ontvang! Lees alle Profesieë wat jou geloof opbou! Hierdie Bediening is gebou op geloof, nie vrees nie! Ons geloof in YAHUSHUA ha MASHIACH word nou getoets!

Wanneer jy met vrees aangeval word, neem dit saggies in gebed. YAHUSHUA verstaan, moet net nie vrees hardop uitspreek nie! Herinner satan "YAH, YAHUSHUA ha MASHIACH, RUACH ha KODESH HEILIGE GEES het nie vir my 'n gees van vrees gegee nie, maar van krag, liefde en 'n gesonde verstand". Weg van my satan in YAHUSHUA ha MASHIACH se Naam en Bloed, bestraf ek jou! Gaan nou weg van my af!

Kliek op die audio banier wanneer vrees en paniek jou aanval! Lees Psalm 91, glo & memoriseer dit!


  



Psalm 91 – skryf dit neer


Hierdie is die Skrif wat jy moet neerskryf – en vir diegene van julle wat in ‘n plek is waar jy dit nie openlik kan doen nie, kry ‘n manier om dit te kan doen, vra YAH, om dit vir jou moontlik te maak om dit te kan doen. Een manier is om die Skrif in Hebreeuse taal te plaas. Dit is selfs meer kragtige in Hebreeus.

Psalm 91

(1) Hy wat in die Skuilplek van die ALLERHOOGSTE sit, sal vernag in die skaduwee van die ALMAGTIGE YAHUVEH. (En dit sluit YAHUSHUA HA MASHIACH in)
(2) Ek sal tot YAHUVEH sê: HY is my TOEVLUG en my BERGVESTING, my GOD, in HOM sal ek vertrou.
(3) Want vir seker sal HY my red uit die net van die voëlvanger, van die verderflike pes.
(4) HY sal my bedek met SY vlerke, en onder SY vleuels sal ek vertrou; SY Waarheid sal my Skild en Pantser wees.
(5) Ek sal nie bevrees wees vir die skrik van die nag, ook nie vir die pyl wat bedags vlieg nie,
(6) Ook nie vir die pes wat in die donker wandel, ook nie vir die siekte wat op die middag verwoes nie!
(7) ‘n Duisend sal aan my sy val en tien duisend aan my regterhand—maar dit gaan nie naby my kom nie.
(8) Net met my oë sal ek dit aanskou en die vergelding van die goddelose sien.
(9) Want U, o YAHUVEH ADONAI, ELOHIM, EL SHADDAI, ABBA YAH, YAHUSHUA, U wat “HERE” genoem word, U is my toevlug, selfs die ALLERHOOGSTE, my Beskutting;
(10) En daarom sal geen onheil sal jou tref nie, ook sal geen plaag naby my blyplek (jou huis, jou woonstel) kom nie;
(11) want HY sal SY Engele aangaande my bevel gee om my te bewaar op al my weë.
(12) Die Engele sal my op die hande dra, sodat ek nie my voet teen geen klip stamp nie.
(13) Ek sal op die leeu en die adder trap, die jong leeu en die slang sal ek onder my voete vertrap.
(14) Omdat HY SY liefde teenoor my gestel het, daarom het HY belowe om my te red. HY het gesê, HY sal ons red; HY sal ons beskerm, omdat ons SY Naam ken.
(15) Hy sal MY aanroep – hierdie is ‘n belofte van YAH, YAHUVEH sê – Hy sal MY aanroep, en EK sal hom antwoord, en vir haar; EK sal met hom en met haar in nood wees; EK sal hom en haar uitred en eer aan hulle gee.
(16) En met ‘n lang lewe sal EK hom en haar versadig, en EK sal hulle MY REDDING laat sien.

* * * * * * * * * * *

91 תְּהִלִּים

א יֹשֵׁב, בְּסֵתֶר עֶלְיוֹן; בְּצֵל שַׁדַּי, יִתְלוֹנָן.
ב אֹמַר--לַיהוָה, מַחְסִי וּמְצוּדָתִי; אֱלֹהַי, אֶבְטַח-בּוֹ.
ג כִּי הוּא יַצִּילְךָ, מִפַּח יָקוּשׁ; מִדֶּבֶר הַוּוֹת.
ד בְּאֶבְרָתוֹ, יָסֶךְ לָךְ--וְתַחַת-כְּנָפָיו תֶּחְסֶה; צִנָּה וְסֹחֵרָה אֲמִתּוֹ.
ה לֹא-תִירָא, מִפַּחַד לָיְלָה; מֵחֵץ, יָעוּף יוֹמָם.
ו מִדֶּבֶר, בָּאֹפֶל יַהֲלֹךְ; מִקֶּטֶב, יָשׁוּד צָהֳרָיִם.
ז יִפֹּל מִצִּדְּךָ, אֶלֶף--וּרְבָבָה מִימִינֶךָ: אֵלֶיךָ, לֹא יִגָּשׁ.
ח רַק, בְּעֵינֶיךָ תַבִּיט; וְשִׁלֻּמַת רְשָׁעִים תִּרְאֶה.
ט כִּי-אַתָּה יְהוָה מַחְסִי; עֶלְיוֹן, שַׂמְתָּ מְעוֹנֶךָ.
י לֹא-תְאֻנֶּה אֵלֶיךָ רָעָה; וְנֶגַע, לֹא-יִקְרַב בְּאָהֳלֶךָ.
יא כִּי מַלְאָכָיו, יְצַוֶּה-לָּךְ; לִשְׁמָרְךָ, בְּכָל-דְּרָכֶיךָ.
יב עַל-כַּפַּיִם יִשָּׂאוּנְךָ: פֶּן-תִּגֹּף בָּאֶבֶן רַגְלֶךָ.
יג עַל-שַׁחַל וָפֶתֶן, תִּדְרֹךְ; תִּרְמֹס כְּפִיר וְתַנִּין.
יד כִּי בִי חָשַׁק, וַאֲפַלְּטֵהוּ; אֲשַׂגְּבֵהוּ, כִּי-יָדַע שְׁמִי.
טו יִקְרָאֵנִי, וְאֶעֱנֵהוּ--עִמּוֹ-אָנֹכִי בְצָרָה; אֲחַלְּצֵהוּ, וַאֲכַבְּדֵהוּ.
טז אֹרֶךְ יָמִים, אַשְׂבִּיעֵהוּ; וְאַרְאֵהוּ, בִּישׁוּעָתִי.

En wie is jou REDDING? Daar is net EEN, wie die WAARHEID en die WEG en die LEWE is, wie se Naam REDDING is, wie se Naam YAHUSHUA HA MASHIACH is, en YAHUSHUA in Hebreeus beteken “YAH RED”. Leer daardie Naam.

Shalom.