Wat is die merk van die dier?
Dit is die woorde van YAHUVEH, YAHUSHUA en die RUACH ha KODESH. Hierdie woorde is wat hulle gesê het oor die merk van die dier. Hierdie profetiese woorde bestaan uit die profesieë wat deur Apostel Elisabeth (Elisheva) Elia gepraat en geskryf is. Hierdie is slegs uittreksels uit Profesieë wat die merk van die dier noem. Klik asseblief op die profesie nommer en titel om Profesie in sy geheel te lees. Ons bid dat u die stem van YAHUVEH, YAHUSHUA en die RUACH ha KODESH sal hoor en u sal die Sondagkerkte van Babilon vlug.

Hier is die profesieë wat die merk van die dier noem.

Profesie 21
Is Julle Gereed Vir ‘n Skok?

Augustus 7, 1998

En die verstandiges sal glinster soos die glans van die uitspansel, en die wat baie tot regverdigheid lei, soos die sterre vir ewig en altoos. EK vertel dit nou vir julle sodat wanneer julle hierdie dinge sien gebeur, julle nie sy troepe ZOMBIES sal vrees wat deur die KRAG VAN DIE KRUIS VAN YAHUSHUA ha MASHIACH doogemaak sal word nie. Onthou, slaan hulle met 'n plank of hout wat die KRUIS verteenwoordig. Die dooies in YAHUSHUA (Christus) wat sal loop en tot MY Eer sal getuig, sal net soos in die ou tyd loop en getuig van die Hemel, om nie die MERK van die DIER te aanvaar nie! Hulle sal bewys dat daar lewe na die dood is. Julle sal MY Heiliges in Verheerlike Liggame, wat NIE DOODGEMAAK KAN WORD NIE, hoor en sien. satan sal sê dat dit nie net die Christene is wat opgestaan het uit hulle grafte nie, maar hulle wat nie 'n Christen is nie en hy sal dit bewys deur te veroorsaak dat groot vrees oor almal kom wat nie vandag MY Woorde hoor nie. Hulle sal na sy bose vleisetende demone kyk wat saam met die heidense aardse liggame in die grafte verenig het en uit die bodemlose pit kom om chaos te veroorsaak sodat hierdie wonderwerk ongesiens verbygaan, maar satan se weermag van die dooies is nie regtig die Moeders, Vaders, Susters, Broers, Mans of Vrouens van die heidene nie, maar demone wat sal byt en hierdie demone sal verander in lewendiges, maar weereens sal slegs die heidene hierdeur geaffekteer kan word.

DIT IS NOU MY TYDSBEREKENING! Nou vir nog 'n Skok, is julle gereed? Ja, julle sal opgeneem word om MY in die lug te ontmoet. Julle sal waarlik weggeraap word saam met julle Verlosser in MY arms. Maar eerstens moet EK julle herinner, het EK nie vir 40 dae in MY Verheerlikte Liggaam op die aarde gewandel na MY opstanding nie? Julle is die liggaam van YAHUSHUA ha MASHIACH en daarom sal julle weer dieselfde doen en vir MY getuig en die heidene waarsku om nie die Merk van die Dier aan te neem nie. En bewys dat die Hemel 'n werklikheid is. YAHUSHUA ha MASHIACH is eg. Die dood is nie die einde nie maar die begin van òf verlossing òf verdoemenis.

Profesie 24 deel 1
Pasop, Die Ark Se Deur En Boek Van Die Heidene Maak Toe!

November 15, 1998

EK waarsku julle, julle sal in daardie tyd meer as in enige ander tyd in die geskiedenis, in geloof wandel en nie in aanskouing nie. Niemand wat louwarm in geloof is, sal MY toorn oorleef nie. As julle dit nou moeilik vind om geloof te hê, hoeveel moeiliker sal julle kan glo dat EK julle sal red, en tog sal die meerderheid met geloof sterf en hulle sal gewillig hulle lewens as 'n martelaar gee, en verkies om voort te gaan om in geloof alleen te lewe. Hulle sal onthoof word vir hulle geloof en die dood bo lyding verkies. Tog sal almal wat die Merk van die Dier in die Verdrukking weier, gered word.

Profesie 24 deel 2
Pasop Vir Die Suurdeeg Van Die Fariseërs!

November 15, 1998

Satan kom om julle geloof, dat EK hulle sal beskerm wat MYNE is en 'n uitweg aan MY Bruid sal voorsien, te steel. Glo net dat die heidene se ellendes nie MY Kinders se ellendes is nie. Glo net dat EK 'n GOD is wat hulle beloon wie ywerig na MY soek. MY belonings is by MY. Net soos in die Dae van Noag, sal julle die vernietiging aanskou, van bo MY toorn. Dit was te laat nadat die Ark se deur gesluit het en hoe hard die heidene ookal teen die deur geslaan het, kon hulle nie ingaan nie. Wanneer EK MY Bruid huistoe neem, sal almal wat agterbly, gedwing word om deur die Verdrukkingstyd te gaan. Óf hulle sal sterf òf in staat sal wees om die Merk van die Dier te ontvlug, hang af van die mate van geloof waarmee hulle MY aanroep om hulle te red. Slegs deur MY stem te hoor en MY te gehoorsaam, sal dit bepaal.

Profesie 25
Amerika, Jy Is 'n Stank Vir My Neusgate!

Desember 2, 1998

Maak gereed vir die komende oorlog, julle wie sê dat julle bestem is om agter te bly en MY toorn moet verduur. EK kom om MY Bruid weg te neem. Sy is MY maagd en sy het haar lamppit getooi, en sy het olie in haar lamp, asook nog ekstra olie. Want hulle wie daarop aandring om die komende boosheid te beleef, sal in geloof wandel en nie deur aanskouing nie. Menigte sal doodgemaak word en baie sal nie die Merk van die Dier aanvaar nie. Hulle sal op die harde manier moet leer, omdat hulle weier om nou te luister. Diegene wat nie in geloof wandel nie, sal sterf. Moenie vrees nie, want daar sal dié wees wat nie aan MY sal twyfel as daar nie kos of water sal wees nie. Het julle die geloof om vir 'n rots te bid en glo dat daar water sal wees? Het julle geloof om te glo dat modder brood is?


Profesie 27
YAHUSHUA Sal Op ‘n Sabbat Terugkeer!
Herrys Vroue Apostels en Profete!

Januarie 4, 1999

DIT IS DIE DAG WANNEER EK WEER GAAN KOM! Ja, EK sê, "Onderhou die Sabbat van hierdie dag af, julle wie voorgee om MY Bruid te wees". Wees gereed vir julle Bruidegom wat kom en op 'n Sabbat gaan arriveer. Julle weet nie watter een nie. Maar hulle wie MY nie op die SABBAT verwag nie, sal MY MIS. Ja, EK sê weer, soos MY terugkoms aarde toe nader kom, laat EK op hierdie dag in julle gedagtes, woorde en dade wees. Geniet hierdie dag saam met MY. Kan julle nie vir een dag in die week julle wêreldse plesiere opsy sit ter wille van MY nie? Beoefen dit nou, die tyd kom wanneer die bose kennis sal neem wie waarlik MYNE is en wie nie waarlik MYNE is nie. Hulle sal deur die MERK weet of julle MY Wette onderhou en nakom. Hulle sal julle belet om op die Sabbat te vergader of te erken dat hierdie dag die Sabbat is. Onthou Vrydag Sononder tot Saterdag Sononder is die Sabbat. Hou dit HEILIG as 'n dag vir julle en MY om te koester en mekaar te leer ken. Julle is MY Geliefdes. Diegene wie dit doen sal seëninge ervaar soos wat julle nooit tevore geken het nie.


Profesie 34
Die Mure Van Jerigo Sal Weer Val!

Mei 7, 1999

Leser, neem kennis, as dit nog nie na julle kerke oorgespoel het om julle te versoek nie, dit sal kom want satan beoog om hulle wie aan hom behoort, af te sonder en te MERK, sonder dat hulle weet hulle is alreeds besig om GEMERK te word! Nie die MERK wat na enige verlossing lei nie, maar dit is die begin van die misleiding wat na die MERK van die DIER lei! Die Merk van die Dier sal net so geredelik aanvaar word soos hierdie goue MERK nou aanvaar word. (Goue tandstopsels of goue tande of goue stof). Wanneer die Merk van die Dier kom, sal mense dink dit is 'n seën, wanneer hulle in der waarheid hulle eie siele verdoem tot ewige vuur en swael. Omdat MY Nuwe Elia MY Woorde uitspreek, word sy vermy en belaster deur ander wie net MY seëninge wil hoor wat oplig en nie wil nie hoor wat MY vloeke is vir hulle wie weier om te luister na die woorde wat EK spreek nie.

Profesie 49
Wees Versigtig, Julle Is Soos Skape Wat Na Die Slagpale Gelei Word!

October 1, 2001

Sommiges wil MY toets en saam met hulle ongeredde geliefdes bly. Julle moet geloof hê vir die wonderwerke wat nodig is, om te probeer om hulle te waarsku sodat hulle nie die Merk van die Dier sal aanvaar nie. Ander sal weet dat hulle Glorieryke Liggame gaan kry, en dit is hoekom daar nou skeiding is, omdat albei groepe reg is. EK het dit al lankal in julle gees geplaas of julle MYNE is, of julle gemartel sal word, of julle sal moet doodgaan in die MESSIAS, waar julle dan weer eerste sal doodgaan en opstaan. Julle sal ook weet of julle opgeneem sal word om MY in die lug te ontmoet, terwyl julle lewendig is.

Profesie 66
Blaas die trompet en waarsku,
YAHUSHUA kom nie vir die Kerk nie, maar vir SY BRUID!

Desember 8, 2002

Die gaste is lief vir die BRUIDEGOM, maar nie genoeg om die heidense weë en vakansie seisoene te verlaat nie, insluitend die Kerke van Babilon en die mensgemaakte geestelike wette. Die gaste weet wie JESUS is, maar hulle het geweier om meer te leer oor wie, YAHUSHUA is, die KONING van die JODE, julle JOODSE HOOF PRIESTER, wie gehoorsaam was, en die JOODSE HOË HEILIGE DAE en FEESTE gehou het. Die gaste het daarop aangedring om gemaklik te bly en deel te neem aan ‘n samekoms wat hulle slegs broodkrummels gevoer het, in plaas daarvan dat hulle manna, direk vanaf die Hemel kon kry. Die Bruid van YAHUSHUA sal die gaste voorberei vir die bruilofs onthaal, net soos hulle dit nou doen in hulle sterflike liggame, sal hulle ook aanhou help om die gaste voor te berei, nadat hulle in hulle VERHEERLIKTE LIGGAME verander het. Hulle sal ook die gaste waarsku om nie die merk van die dier te neem nie, en hulle sal ook help om die gaste in die fisiese en geestelike koningkryk te beskerm!

Profesie 71
Wat Verseël Was, Word Nou Bekend Gemaak!

November 1, 2003

Elkeen wat hierdie nou lees, hoor dit, EK, YAHUVEH beveel julle om dit te deel met al die mense wat julle ken, om hulle te verseker dat nie een persoon wie se naam in die LAM SE BOEK VAN DIE LEWE geskryf is, die dier sal aanbid of die merk van die Dier sal aanvaar nie! (Openbaring 13:15-17). EK, YAHUVEH sal nie een persoon verloor aan satan en sy koningkryk nie! Nie een wie lojaal was teenoor MY, YAHUVEH en MY Seun YAHUSHUA, in daardie groot oorlog voor die grondlegging van die Aarde, sal na die hel of na die poel van vuur gaan nie! Net soos EK, YAHUVEH MY SEUN YAHUSHUA gestuur het om MY geliefde kinders te red van die sonde wat voortgebring is deur Adam en Eva, net so sal EK, YAHUVEH weer MY Geliefde Seun YAHUSHUA stuur om MY lojale, heilige Kinders te red. KYK OP KINDERS! Alhoewel die wêreld tart en koggel, KOM JULLE REDDING WAARLIK NADER! (Lukas 21:28).

Profesie 79
EK, YAHUVEH, SE “Mense, Julle Mis die Punt!”

Augustus 2, 2005

Die Bruid van YAHUSHUA sal nie net verander word in hul glorieryke liggame nie—en gevul word met so 'n SALWING ASOF YAHUSHUA HOMSELF DEUR HULLE & SAAM MET HULLE LOOP—HY sal hulle vul met so 'n SALWING dat NIKS onmoontlik sal wees vir hulle nie! En vir 40 dae sal MY SEUN YAHUSHUA se Bruid waarsku, "Moenie die merk van die dier neem nie". Hulle sal gaan na die wie EK die Gaste noem en die wie se name geskryf is in die LAM SE Boek van die Lewe en hulle sal vir hulle sê, "Moenie ongehoorsaam wees nie. Moenie ‘n kompromie aangaan nie, al beteken dit jou aardse lewe."

Julle sien, EK gebruik hierdie “Ringmaiden” nou, selfs sonder haar glorieryke liggaam, as 'n stem wat die waarkuwing vroeg voor die tyd uitroep. Want EK het haar geroep om 'n Profeet te wees vir baie. Moenie die Merk van die Dier neem nie! Sondag aanbidding en die Merk van die Dier is verbind. Wees versigtig! Jy sal jou siel verloor as jy die Sondag Aanbidding Wet aanvaar tydens die Groot Verdrukking. EK sal moet jammer sê vir Sodom en Gomorra, wat EK met vuur en swael vernietig het, indien EK toelaat dat hierdie aardse verafskuwings nog langer aanhou, soos dit nou doen. EK sal nie jammer sê vir Sodom en Gomorra nie! EK sal alles vernietig en beeïndig wat EK, YAHUVEH minag.

Hierdie valse predikers maak verskoning om te sondig en julle het na hulle geluister. Julle kom na hierdie Bediening vir julle Geestelike Voedsel: om die Salwing te proe, om die Geestelike Melk te drink en om die Geestelike Vleis te eet. Hoeveel van julle gaan dan ‘n kompromie aan en gaan na die Sondag kerke? Julle val in getrouheid by julle pastoor se voete neer. En dit is daar waar julle jul tiendes en offerandes gee. Julle kan nie julle brood albei kante gebotter hê nie. Julle moet bepaal watter dag is die dag wat EK besluit het is die Sabbat. Want soos EK uitgevaardig het watter dag die Sabbat is, watter die Dag is waarop julle MY moet eer en rus en nader moet kom aan MY

EK, YAHUVEH sê, "MENSE, JULLE MIS DIE PUNT!"

En so sal die seun van satan dié beveel wat ‘n kompromie aangegaan het om hom te aanbid op die dag wat hy besluit.

EK, YAHUVEH sê, "MENSE, JULLE MIS DIE PUNT!"

Soos MY SEUN, YAHUSHUA, gespreek het en HY het gesê, "Neem hierdie wyn en hierdie brood in herinnering van MY" (1 Kor. 11:23-26) — tydens die vining komende Groot Verdrukking, weet julle nie dat die seun van satan aan almal wie sy merk aanvaar, sal sê, ‘Doen dit ter herinnering aan my’? Hulle sal die bloed drink van die martelare, vanuit die drinkglase. Dit sal met bloed gevul wees en soos vampiere, sal hulle daardie bloed drink. En net so seker soos 'n Nagmaal bord verby gestuur is—net so seker—sal hulle die bord verby stuur en die seun van satan sal sê, "Doen dit ter herinnering aan my." Geroosterde vlees van die martelare sal hulle eet. Hulle sal MY Nagmaal & YAHUSHUA se Bruid tart. Hulle sal waarlik YAHUSHUA se Bruid minag, want hulle weet dat die gebede van die regverdiges die seun van satan teruggehou het, totdat dit tyd was om YAHUSHUA se Bruid uit te roep.

Die gebede van die regverdiges het groot krag. Daar sal seksuele orgies wees in die Sondag kerke tydens die Groot Verdrukking. Dit sal die manier wees waarop die seun van satan, YAHUSHUA se Bruid sal tart. Want YAHUSHUA & SY Bruid is een, en ALMAL wat YAHUSHUA aanbid, wie MY SEUN gehoorsaam, is een—omdat dit 'n Geestelike konneksie is – liggaam, verstand, gees en siel—die seun van satan sal tart tydens die Groot Verdrukking: hy sal seksuele orgies in die Sondag kerke hou. Die begin van die groot misleiding is die homoseksuele kerke. Weer sê EK, die sonde het alreeds begin.

EK, YAHUVEH sê, "MENSE, JULLE MIS DIE PUNT!"

Dit is die manier hoe EK hierdie Bediening gebruik, die skape van die bokke te skei, die koring van die kaf [onkruid] te skei. Die wie se name in die LAM SE Boek van die Lewe geskryf was voor die Grondlegging van hierdie Aarde, hulle is die wie se name in die LAM SE Boek van die Lewe sal bly. Hulle sal nie die seun van satan aanbid nie en hulle sal die merk van die dier weier, selfs as julle hierdie, nou hoor of lees en julle nou aanhou om 'n kompromie aan te gaan, sal julle tydens die Groot Verdrukking die ware Sabbat waarneem en eer, wat Vrydag Sononder tot Saterdag Sononder is, al mag dit julle lewe beteken en dat julle gemartel sal word.

Profesie 80
Bruid Van Yahushua, Bid Dat Ek, Yahuveh, Julle Vyande
Na Die Parskuip Van My Woede Sal Stuur

Januarie 18, 2006


EK, YAHUVEH, stuur MY Seun YAHUSHUA met MY Gees, om siele na die Hemel te lei, en satan stuur sy gees om almal te mislei, diegene wat na die gees van rebelsheid teen alles wat Heilig is, sal luister en volg, waar hulle na die Hel toe gelei word en 'n merk aan hulle gegee word. Net soos YAHUSHUA, die gemerk het wat waarlik aan HOM behoort, die wie se name geskryf is in die Lam se boek van die lewe, voor die fondasie van die wêreld, net so het satan die gemerk wat aan hom behoort, en sal hulle weer fisies merk, om te bewys dat die wat hom volg, se name is in die boek van die vervloektes of die boek van die wat uitgeklad is. Niemand wat satan se merk neem, sal in die Koningkryk van die Hemel ingaan nie. Yisrael sal nooit ware vrede ken, totdat sy sê, "Geseënd is HY wat kom in die naam van YAHUSHUA die MESSIAS!" EK het die BRUID VAN YAHUSHUA nou gestuur om tussenbeide te tree en te bid vir Yisrael en vir mekaar. EK YAHUVEH wil julle vertel van hierdie weelde van 'n bruid, terwyl EK deur die handgemaakte maagd praat van 'n Nuwe salwing wat deur YAHUSHUA aan SY Bruid gegee sal word, as hulle net kan glo en vertrou.

EK, YAHUVEH, het besluit dat daar oorlog op die planeet aarde sal wees, waar onheiligheid volop is. EK, YAHUVEH, gee nou hierdie nuwe volmag. Wanneer daar vir MY in MY Seun JAHSUA SE NAAM gebid word, kom dapper voor MY en vra dat Yisrael se vyande in die parskuip van MY Woede gegooi sal word! Die tyd is so min en kom so vinnig nader, so EK waarsku die Bruid van YAHUSHUA en Gaste van die Bruilofsmaal nou, deur hierdie Diensmaagd van YAHUSHUA. Satan sal sy valse vrede stuur, om eerstens die ware Prins van Vrede te terg, en om die wêreld te probeer mislei en te merk met sy merk. Satan het selfs 'n dag van die week gestel, wanneer hierdie merk gegee gaan word. Die met ore wat kan hoor en luister, Wees versigtig vir die mensgemaakte Sabbat. EK het MY profete gestuur om te waarsku dat die tyd gaan kom, wanneer almal moet kies watter GOD hulle gaan dien. Binnekort gaan daar 'n seun van verdoemenis kom, wat meer as net julle ergste diktators gaan doodmaak. Die Seun van verdoemenis sal in 'n vorm kom wat julle nie gedink het nie. Die Seun van verdoemenis sal kom met 'n haat vir enige een wat 'n ander Messias erken. Die seun van verdoemenis het 'n haat vir almal wat waarlik Heilig is, en wie YAHUSHUA as hulle Messias aanvaar het.


1 Johannes 2:18
Kinders, dit is die laaste uur; en soos julle gehoor het dat die Antichris kom, bestaan daar ook nou baie antichriste, waaruit ons weet dat dit die laaste uur is.
1 Johannes 2:22
Wie is die leuenaar, behalwe hy wat ontken dat YAHUSHUA die MESSIAS is? Dit is die Antichris wat die Vader en die Seun loën.
1 Johannes 4:3
en elke gees wat nie bely dat YAHUSHUA in die vlees gekom het nie, is nie uit YAHUVEH nie; en dit is die gees van die Antichris waarvan julle gehoor het dat hy kom, en hy is nou al in die wêreld.
2 Johannes 1:7
Want baie verleiers het in die wêreld ingekom: die wat nie bely dat YAHUSHUA in die vlees gekom het nie. Dit is die verleier en die Antichris.

MY Heiliges sal nie MY, YAHUVEH, of YAHUSHUA die MESSIAS verraai nie. Net die met die gees van 'n Judas sal die Merk ontvang, asook die beloning wat deur satan gegee is, wat van korte duur sal wees. Yisrael sal altyd staan. Niemand sal haar ooit van die kaart afvee nie, omdat MY SEUN YAHUSHUA SY voete sal plant op die Olyfberg en sal heers en aan bewind wees vanuit Jerusalem. EK het 'n eed afgelê en Yisrael sal nooit heeltemal verwoes word nie. O, hoe anders is dit vir die wat 'n komplot teen Yisrael het, soos 'n Judas, wie gesê het dat hulle Yisrael van die kaart gaan afvee! EK, YAHUVEH, is die enigste een wat die reg het om Yisrael te straf soos 'n eiesinnige kind. Die met die gees van 'n Judas en Haman (Ester 3:1-6) -- moderne dag se Hamas -- sal enige skade wat hulle aan Yisrael doen, self oes (Ester 8:7).

Profesie 83
EK, YAHUVEH, Sê, “Maak Gereed Die Einde Is Naby!”

Maart 15, 2006

In die Groot Verdrukking, sal die seun van satan sy eie dag hê, om eenkant gesit te word, om aanbid te word, en dit sal Sondag wees. Wanneer Sondag aanbidding verpligtend sal word en julle almal regoor die wêreld beveel gaan word om na julle naaste Sondag kerk te gaan, pasop! MOENIE GAAN NIE.

Dit is 'n strik van die seun van satan. Want elkeen wat 'n Sondag kerk besoek gedurende die Groot Verdrukking - hulle sal die deur binnegaan, betower, gevange gehou met die geeste van illusie en geheue manipulasie en afgodery en rebelsheid, tussen baie ander kragtige demoniese geeste. Waarsku hulle nou! Hulle sal die “merk van die dier” geneem het en 'n kerk van besoedeling binnegegaan het en gekies het om die “dier” te aanbid en sy fisieke asook geestelike merk aanvaar. Waarsku mense nou, voordat dit te laat is. Dit beteken nie dat alle Sondag kerke nou boos is nie, maar julle is nou so naby. Die Einde is naby. Julle moet die mense waarsku waar die pastore misluk om dit te doen. Julle moet die waarheid leer van die Hebreeuse Gewyde Name van MY, YAHUVEH en MY SEUN YAHUSHUA, DIE ENIGSTE MESSIAS. DIE ENIGSTE BLOED WAT VERGIET IS VIR DIE MENSDOM vir die belydenis van sondes. EK sal geen ander bloed opoffering aanvaar nie. En geen ander tussenganger kan intree vir jou nie! En dit sluit in geen sogenaamde dooie heiliges nie. Nie eens YAHUSHUA se EIE moeder, Miriam, ook Maria genoem, nie. Want selfs sy het YAHUSHUA nodig gehad as haar MESSIAS.

Dit is die enigste rede hoekom enige van YAHUSHUA se Bruid na ‘n Sondag kerk moet gaan, om die Skape en Lammers die waarheid te leer waar die pastore geweier het. Selfs al is dit een persoon op 'n slag! Hier is die goeie nuus: Net soos MY Geliefde Kinders, wie se name in die LAM se Boek van Lewe geskryf is, en vooraf gekies is - net so is satan se boek van die verdoemenis.

YAHUSHUA SAL NIE EEN SIEL VERLOOR WIE SE NAME GESKRYF WAS IN DIE LAM SE BOEK VAN LEWE VOOR DIE GRONDLEGGING VAN DIE WÊRELD NIE! Julle kan nie per ongeluk kies om die “merk van die Dier” te aanvaar nie. Julle sal weet om dit nie te doen nie, en sal eerder doodgaan voordat julle dit doen.

Profesie 85
Skree Dit Vanaf Die Huise Se Dakke! Skree Dit Vir Die Wêreld!
Internasionale Bruid Van YAHUSHUA, Kom Vorentoe!

Mei 5, 2006

Amerikaners en Kanadese, hardloop, vlug terwyl julle kan, as julle weet dat julle weet dat EK julle so vertel het. Wees gehoorsaam. Onthou, EK het julle vertel dat die lande wat derde wêrelds genoem word, alhoewel hulle armer is, die veiligste sal wees van die korrupte, ryk regerings wat die antichris as deurwagter sal aanneem, en tog noem EK, YAHUVEH, hom die seun van satan, die seun van verdoemenis, wie die Merk van die Dier bring. Moenie enige regering vertrou om julle te beskerm in die komende dae van donkerte nie, want EK stuur "Amightywind" om gebruik te word as 'n standaard teen die bose in hierdie wêreld en die boosheid wat na hierdie wêreld kom. Memoriseer die skrifte wat julle sal bemoedig terwyl julle dit steeds vrylik kan lees. Die tyd gaan kom wanneer die woord weggesteek moet word op 'n ander manier.

Profesie 87
Israel, O Israel, Hoor O Israel, Jerusalem
En Die Res Van Die Wêreld
Wat EK, YAHUVEH, Wil Sê!

Augustus 27, 2006

Hoor, O Israel, Jerusalem en die res van die wêreld, EK het weer en weer die Lewende Water aan julle gestuur, deur MY gesalfde vaartuie, maar tog het julle die Lewende Water terug in hulle gesigte gegooi. Julle het MY Profete vervolg, geslaan, verban, in die tronke gegooi en doodgemaak. Dit is die rede hoekom EK MY 2 Getuies na Jerusalem sal stuur, hulle sal profeseer teen die boosheid wat julle, O Israel gedoen het, besig is om te doen en nog gaan doen. MY 2 Getuies sal die Hemelruim seël en geen reën sal val nie, omdat julle die Lewende Water van YAHUSHUA geweier en verwerp het. MY 2 Getuies sal die vervloekings van Deut 28 loslaat op diegene wie ongehoorsaam is en die godheid van MY geliefde SEUN YAHUSHUA ontken. MY Woede sal val op almal wie YAHUSHUA se NAAM vervloek. MY onverdunde woede sal almal wie die Merk van die Dier dra, of die Dier aanbid, verdelg. (Openbaring 13:16-18).

Hoor, O Israel, Jerusalem, en die res van die wêreld, omdat julle geweier het om te luister na MY Heilige gesalfde profete, wie se enigste begeerte is om gehoorsaam te wees en MY, YAHUVEH te dien, gaan EK MY 2 Getuies stuur, wat 'n salwing sal hê soos wat Moses en Elia(Elijah) van Ouds [in Hebreeus, Eliyahu] gehad het. Hulle sal gestuur word om die een wat die anti-messias genoem word, die seun van satan, die valse profeet en al sy dienaars wat die Merk van die Dier dra, te tormenteer. Net soos Moses gebruik was om die bose Farao te tormenteer, net so sal ek MY 2 Getuies gebruik.

Profesie 89
Geheime van die RUACH ha KODESH

Januarie 27, 2007

O, maar in die Groot Verdrukking, gaan diegene wat nou gered is en Heilig voor MY lewe, in wie MY Gees is, wat gered was in die Naam van “JESUS”, nogsteeds op daardie naam na HOM roep (tydens die Groot Verdrukking). Moenie MY verkeerd verstaan nie, daar is Krag, Hemelse Krag in daardie Naam, (voor die Groot Verdrukking) a.g.v. die Genade van julle ABBA YAHUVEH. Maar tydens die Groot Verdrukking gaan so baie doodgaan (wat roep op daardie naam), alhoewel hulle nou gered is. So baie sal wonder hoekom hulle gebede nie geantwoord word nie. Dit is nie omdat ONS hulle nie liefhet nie. (En EK praat nie nou van die wat na die Sondag kerke sal gaan en die merk (van die dier, Openb 13:16; 14:9) sal kry nie! EK praat met diegene, wat “in die Naam van “JESUS”,” sal uitroep, wat weet dat HY die EEN was wat gekruisig was en wat op die 3de dag uit die dood opgestaan het.

Profesie 90
Wat is die NAAM van die HEILIGE GEES?

Februarie 27, 2007

Die seun van satan, wat die antichris genoem word, sal verkondig dat hy ‘Jesus Christus’ is. Hy sal daarop aandring dat almal hom aanbid en hom eer en Sondag kerke bywoon en bymekaarkom en sy “merk” aanvaar (Openb. 13:16-18) – om sodoende hul lojaliteit te bewys. Die antichris, wat in werklikheid die enige gebore seun van satan is – sal weereens met ‘n gees van Judas en Hitler kom – die Skrifte noem hom die “seun van vernietiging” of die “seun van die hel.” Die seun van satan sal tekens, wonders en valse wonderwerke in satan se krag doen, tot eer van satan.

EK het hierdie Bediening gebruik om te waarsku. Wanneer julle sien die verpligte Sondag kerk wet word uitgevaardig, moet dan NIE die Sondag kerke betree nie anders SAL JY JOU SIEL VERLOOR! EK het gewaarsku dat daar nou geleer moet word wanneer die Ware Sabbat-Dag van Rus is [Vrydag sononder tot Saterdag sononder]. Hierdie is ‘n baie moeilike Boodskap vir Elisabeth [Elisheva] om te gee, omdat die Christen Kerke dit nie wil hoor nie. Maar die van julle wat getrou was en hierdie Waarhede voortgespreek het, julle weet dat jul die mandaat gegee is van Esegiël 3:17-21.

Profesie 92
Wees Vrolik, EK YAHUSHUA HA MASHIACH,
IS die Enigste GOEIE HERDER en EK Slaan die Wolwe Weg!

October 27, 2007

Tydens die Groot Verdrukking sal die naam van ‘Jesus’ weereens gebruik word deur die vals een, en dit sal die een wees wat die antichris genoem word, wat die enigste verwekte seun van satan is. In hierdie historiese tyd, is daar nog sommige Sondag kerke wat steeds gebruik word vir MY Heerlikheid, maar tydens die Groot Verdrukking sal alleSondag Kerke gebruik word vir satan se heerlikheid en die merk van die “dier” (Openb. 13:16-18), sal op daardie stadium, in Sondag kerke wees. Julle is gewaarsku.

Verstaan julle nie die belangrikheid om hierdie waarskuwing NOU te ontvang nie? En om MY HEBREEUSE NAAM NOU te leer nie ? En om in die gewoonte te kom om NOU MY HEBREEUSE NAAM te gebruik - wat MY aardse Hebreeuse moeder vir MY gegee het, toe EK gebore was? EK stuur altyd MY ware Profete om te waarsku, voordat die oordeel kom. Leer ander NOU hierdie waarhede, sodat hulle nie tydens die Groot Verdrukking na Sondag kerke sal gaan nie. Want wanneer jy ‘n Sondag kerk binne gaan, tydens die Groot Verdrukking, sal jy die “merk van die dier” ontvang. Daardie laaste optrede van rebelsheid, sal die mense hulle siele kos

Profesie 113
So Spreek YAHUSHUA ha MASHIACH,
Sal Jy MY Toelaat Om te Skei Wat MY Hand Nie Saamgebind Het nie?

Ontvangen Julie 30, 2009
Vrygestel op 21 September 2009 op Rosh Hashanah

Wanneer die tyd kom en die merk van die dier verpligtend word, sal julle sien wat gebeur met die ongelyk gebonde huishoudings wie weier om MY toe te laat om van ongelyk gebonde slawernye en verhoudings vrygemaak te word! (Matt 24:9-10, 25).

Profesie 117
EK, YAHUVEH SÊ, “Oordeel is Vasgestel!”

Ontvangen Junie 6, 2008
Vrygestel op 3 Februarie 2010

Baie van die vyande wat jou nou en in die toekoms aanval, sal net soos Judas, hulle siel vir die 30 stukke silwer verkoop en die merk van die dier ontvang vir almal om te sien (Matt. 26:14-16, Open 14:9-11). Waarsku hulle nou dat dit ʼn onvergeeflike sonde is. Siele van verworpenes, wie alles wat Heilig is bespot en haat, sal Jeremia 6:27-30 dra en MY wraak sal hulle volkome toemaak. Dit is geen ongeluk wie hierdie Bediening vind nie, sommige sal die Bruid van YAHUSHUA HA MASHIACH wees, sommige sal die Gaste by die Bruilofsmaal van die Lam wees, sommige sal die vyande van jou siel wees, want hulle is MY vyande want almal sal getoets word!