~ My Getuienis
~ Ek het YAHUSHUA Gesien, Van Aangesig tot Aangesig
~ Oë met See Golwe van Liefde




My Getuienis

My lewe was nie maklik nie, maar die HERE YAHUSHUA het aan my 'n woord gegee wat sê "moenie skaam wees oor jou verlede nie maar gebruik dit tot Eer van YAHUSHUA om 'n getuie vir HOM te wees om siele na YAHUSHUA te bring." Ek het nooit 'n moeder of vader se liefde geken nie, of van 'n suster of broer, tante of oom, neef/niggie, of ouma en oupa nie.

Ek het baie gely onder eensaamheid in my lewe, maar ek het geweet daar is 'n GOD en YAHUSHUA...dat HY iemand was wat 2 000 jaar gelede gesterf het op Golgota. Niemand het ooit vir my vertel dat HY my beste vriend kon wees en SY HEILIGE GEES in my kon woon of dat ek nie volmaak hoef te wees sodat YAHUSHUA my kon liefhê nie. Ek was geoordeel omdat ek niemand in hierdie wêreld was nie, geen familie nie en 'n moeder wat tronk toe gestuur was vir kindermishandeling en kinderverwaarlosing en poging tot moord op my.

Ek was van een pleeghuis na 'n ander gegooi, bang om ongehoorsaam te wees en probeer om alles te wees wat almal wou hê ek moes wees, maar het altyd gevoel dat ek nêrens hoort nie. So gou soos die nuwigheid afgewater begin raak het in die kinderhuise, was ek weggegooi soos die vullis op Vrydag, en weer opgetel deur 'n welsynswerker. My ma het altyd gesê ek was nie werd dat iemand my moet liefhê of versorg nie.

Ek was die vrot appel wat die res bedorwe het. Ek was seksueel aangerand, gemolesteer, verkrag as 'n kind deur my ma se eks-mans, mansvriende, stiefbroers en natuurlik deur haar. Sy het my gehaat en sover ek kan onthou nooit eers soveel as haar arms om my gesit nie. Ek het van jongs af geleer om niemand te vertrou nie. Ek het van jongs af geleer dat ek myself en die lewe gehaat het. Ek het baie maal selfmoord probeer toe ek nog 'n jong kind was, deur voor bewegende motors in te loop en 'n oordosis pille te neem op die ouderdom van 8 jaar.

Baie skade is aan my gedoen en op die ouderdom van 10 het my ma se mansvriend 'n nefie van hom aan my voorgestel, my eks-man, wie baie beherend, koud, afsydig en baie ouer as ek was. My ma wou ontslae raak van my want hoe ouer ek geword het, hoe meer was ek 'n aanmaning vir haar dat sy besig is om ouer te word.

Ek was weggeneem van haar af en het onder die sorg van die hof gekom en omdat hulle nie geweet het wat om met my te maak nie, het ek op 'n baie jong ouderdom getrou. My eks-man het my vader geword en as gevolg van die ouderdomsverskil het hy my totaal gedomineer op elke gebied, maar ek was slegs 'n besitting wat nie liefde geken het nie, slegs mishandeling in 'n erge graad, beide geestelik en liggaamlik en seksueel.

Ek sal nie op al die besonderhede ingaan nie maar die eerste week na ons troue, het ek selfmoord probeer pleeg omdat hy owerspel gepleeg het. Na dit (tussen miskrame, selfmoordpogings en ineenstortings), was dit my lewe vir 6 jaar, totdat ek virYAHUSHUA gevind het... of ek moet eerder sê, YAHUSHUA my gevind het.

Met die laaste selfmoordpoging het ek 'n bottel Seconal (100mg) geneem nadat my eks-man my weereens verkul het en gesê het hy gaan nie terugkom nie. Ek het die naaste aan doodgaan gekom as ooit tevore... het selfs 'n ervaring buite my liggaam gehad. Ek sal nie daarop ingaan nie, maar ek wil net sê ek het gebid terwyl ek besig was om dood te gaan en het gesê : "YAHUSHUA, sê net vir my hoekom het U my nie liefgehad nie voordat U my in die Hel gooi?

Stuur net asseblief iemand om my hand vas te hou terwyl ek sterf." Ek sal nooit daardie gebed vergeet nie, want ek het daar gelê van die middag twaalf tot middernag, drie dae voor my verjaarsdag, tussen bewustheid en bewusteloosheid, en het slegs lank genoeg bygekom om op te gooi en in my eie braaksel te lê terwyl ek weer my bewussyn verloor het.

Hoe iemand my gevind het verstaan NIEMAND tot vandag toe nie! Dit was 'n wonderwerk maar die polisie het die deur afgebreek en YAHUSHUA was die hele tyd daar en het my gebed beantwoord en my hand vasgehou alhoewel ek dit nie geweet het nie. Ek was vir 72 uur dag en nag in intensiewe sorg geplaas maar niemand was daar om my dop te hou behalwe die verpleegsters nie.

Geen besoekers nie; selfs my eks-man was kwaad en het geweier om my te besoek, en het gesê hy moet werk om die hospitaalrekening te betaal wat ek veroorsaak het. Ek het nie 'n selfmoordbrief gelos nie, so my eks-man het die hospitaal verplig om my in sy sorg vry te laat. Ek was nog minderjarig. Toe ek tuis kom, was dit my verjaarsdag 4 April, die dag waarop ek begrawe moes word. Dit was ook Paastyd.

Ek was so hartseer, niemand het omgegee dat dit my verjaarsdag was nie. Die dag toe ek uit die hospitaal ontslaan is, het ek probeer om my eie lewe te neem, maar my eks-man het die geweer weggeneem. Ek het 'n dokter in Noodgevalle gehad wat gesê het die volgende keer wat ek myself wou doodmaak, moet ek dit reg doen en voor 'n trein inloop waar niemand in staat sou wees om die stukke op te tel nie. Ek is oortuig dat satan daardie dokter na my toe gestuur het. 'n Jaar later het ek daardie dokter se woorde onthou en dit was wat ek van plan was om te doen, omdat ons op die platteland by die treinspore gebly het. Maar in plaas daarvan het YAHUSHUA ander planne gehad.

'n Vriendin van my eks-man ('n dame wat hy geken en saam mee opgegroei het en later mee owerspel gepleeg het terwyl sy voorgegee het om hom na die HERE te lei) het my per telefoon gekontak die aand toe ek beplan het om myself dood te maak en het my na my eerste Pinksterkerk genooi. Ek het gegaan om totsiens te sê aan GOD, want ek het gereken, miskien sou HY daar wees. Instede daarvan, het die prediker 'n woord van wysheid gebring en gepraat van iemand wie beplan het om selfmoord te pleeg en het vir daardie persoon gesê, "YAHUSHUA sê moenie dit doen nie!", Hy het daardie persoon lief en wou hom/haar gebruik tot SY Eer.

Hy het gevra wie daardie persoon was en om vorentoe te kom en hul lewe vir YAHUSHUA te gee. EK HET! Hy het toe gevra wie nie die doping met die HEILIGE GEES het en die spreek van tale as bewys nie, om hulle hand op te steek. Ek het my hand opgesteek en gesê, "Ek weet nie wat dit is nie, maar as dit van YAHUSHUA is, dan wil ek dit hê!" Man, het ek dit ontvang!. YAHUSHUA het vir my 'n lig in my oë gewys en gesê dat ek myself nooit weer kon haat nie want as ek dit doen, ek HOM ook sou haat, want SY GEES was in my.

Vir die eerste keer in my lewe het ek gedink ek was mooi. Daar was nooit weer selfmoordpogings nie, ek het 'n doel gehad en dit was om mense Lief te hê op 'n manier wat ek nooit geken het nie en om seker te maak dat mense weet hoeveel YAHUSHUA hulle liefhet en hoe om hulle lewens vir YAHUSHUA te gee en gered, geheilig en gevul te word met die HEILIGE GEES.

Dit was amper 30 jaar gelede en die vuur in my beendere het net vuriger geword, my ywer vir my HERE YAHUSHUA ken geen perke nie. Ek het YAHUSHUA lief en HY is my EEN en ENIGSTE WARE LIEFDE BO ENIGIETS ANDERS. My grootste begeerte is om HOM al die dae van my lewe te dien .. om mense op enige manier te help waar ek kan, op maniere wat niemand my ooit gehelp het nie.

Om daar te wees en die gebroke mishandelde liggaam van YAHUSHUA te troos en hulle te laat besef dit is die duiwel wat hulle slaan, NIE YAHUSHUA Ha MASHIACH nie. Baie kere het GOD my gebruik om mans en vrouens te keer om hulleself dood te maak, soos wat ek my getuienis gedeel het. Hulle is aan die einde gered en selfs my selfmoordpogings (voordat ek YAHUSHUA geken het) het 'n doel gedien.

Ek is geroep om die evangelie van YAHUSHUA Ha MASHIACH te verkondig deur die salwende krag van die HEILIGE GEES. My doel is om miljoene gered, geheilig en gevul met die HEILIGE GEES se manifesterende krag, te sien. Ek strewe daarna om YAHUSHUA te gehoorsaam en stel HOM op elke gebied eerste in my lewe.

Ek het HOM lief en aanbid HOM en stel HOM eerste in my privaat lewe en bediening, en doen alles wat ek kan om die mishandelde, gekneusde, verlate en onbeminde, verwerpte liggaam van YAHUSHUA te bereik ... om te bewys YAHUSHUA Ha MASHIACH het hulle regtig lief en het gesterf en op die derde dag opgestaan en dat HY dieselfde sou gedoen het as dit slegs EEN persoon is wat HOM aangeneem het. Ek wil hê hulle moet weet dat die Woord van YAHUVEH nie kan lieg nie, en hulle leer en saam met hulle bid en meeste van alles, hulle lief hê.

Ek het hard probeer om altyd die soete HEILIGE GEES se stem te hoor en voel bevoorreg wanneer SY hierdie gebroke kleipot gebruik om die verlorenes na YAHUSHUA toe te bring en hulle wonde te verbind, en vir hulle te wys dat YAHUSHUA lewe en nogsteeds regeer en HY is Lief vir Ons en gee om vir enigiets waaroor ons omgee.

Ek wil gebruik word om aan YAHUSHUA Ha MASHIACH lof, eer en heerlikheid te bring wanneer ons siele gered, verlos, en genees sien deur die NAAM, Woord en BLOED van YAHUSHUA Ha MASHIACH, wat bewys dat GOD waarlik alles kan doen deur YAHUSHUA Ha MASHIACH wat my versterk. Wanneer ek bedien verwag ek wonderwerke, en ek ontvang dit tot YAHUSHUA se Eer. My lewe het baie verander in hierdie amper 30 jaar, maar die roeping nie.

Miskien sou ek nie die deernis gehad het wanneer ek bedien, as my lewe nie was soos dit was nie en daar is min skoene wat ek NIE in geloop het nie, so ek kan met hulle pyn identifiseer. YAHUSHUA Ha MASHIACH is my HEER en VERLOSSER en ek wil ander leer wat GOD my geleer het, sodat hulle weer vir ander die ontsagwekkende wonder van die GOD wat ons dien, kan leer.

Die roeping wat GOD op my lewe geplaas het is dié van evangelis, wat ek al vir baie baie jare is, en wat my lewe iets van waarde maak, en ek gebruik dit om die verlorenes na YAHUSHUA te bring. Ek was ook vir baie jare 'n leke-pastoor (lay pastor) waar die HERE my gebruik het om te bedien. Ek is nou 'n internasionale leraar en geordineerde pastoor, met die amp van profeet en bruid van YAHUSHUA Ha MASHIACH.

'n Visser van mans en vrouens en onderrig die woord en gee raad deur gebruik te maak van die gawes van die HEILIGE GEES. Ek is ook geseën met profetiese gawes. En tekens, wonders en wonderwerke het hierdie bediening gevolg tot eer van YAHUSHUA, want ek is niks sonder YAHUSHUA nie. Dit is SY HEILIGE GEES se salwing wat die boeie, jukke en slawerny van SY mense breek.

Ek is 'n vrou en ek was geoordeel oor my blonde hare, grimering, langbroeke ... uiterlike voorkoms.

Sommige leraars het selfs gesê ek word nie toegelaat om in hulle kerke te bedien nie, totdat ek geen grimering aanhet nie! Ek is dankbaar dat die HERE my gewys het dit is nie die skoonheid van 'n vrou se vel (of sy grimering en maskara aan het) nie, maar die skoonheid van haar HART! My hart was amper 30 jaar gelede skoongewas en is nogsteeds skoongewas met die Reinigende Bloed van YAHUSHUA Ha MASHIACH.

Ek het gevind dat die ergste belediging en gebrek aan liefde van agter die kansels kom, jaloesie oor die sterk salwing, en gawes....afguns; en baie pastore glo nie dat GOD deur vroue profete spreek of in 'n vrouebediening nie, veral nie as 'n pastoor nie.

Maar ek hou aan om te doen waarvoor ek geroep was en HY hou aan om my tot eer van YAHUSHUA te gebruik. Ek is na die mense gestuur en NIE na die Pastore nie. Die mense ontvang my altyd in liefde en ek probeer om nie seergemaak te word nie en vergewe die pastore wie my so aaklig behandel het.

Ek sal laat GOD hulle regter wees en hulle toelaat om deur hulle foute te leer. Instede daarvan, weier ek om mense op hulle uiterlike voorkoms, kleur of vel te oordeel want swart pastore het my kwalik geneem omdat ek so wit is. Ek dink dit is GOD se sin vir humor, deur my te maak wat satan die meeste vrees ... 'n HEILIGE GEES vervulde Pastoor! Ook 'n evangeliese liedjieskrywer en sanger.

satan het so hard probeer om my te vernietig, maar dit het slegs gekneusde druiwe geproduseer wat NUWE WYN voortgebring het in die vorm van geseënde liedjies. Sien? Alle dinge werk waarlik ten goede mee vir hulle wie GOD liefhet en wie geroep is volgens SY WIL. YAHUSHUA het geweet dat HY uiteindelik sou wen, en bewys daardeur dat ek meer as 'n oorwinnaar is deur YAHUSHUA Ha MASHIACH my HERE!

Ek glo dat die enigste doel in my lewe was om te wees wat ek nou is. 'n Geseënde dienskneg, dissipel en kind van die KONING van Konings en HERE van die Here! YAHUSHUA Ha MASHIACH. Is daar enige hoër roeping as dit? Ek dink nie so nie!

'n Gebroke kleipot maar 'n magtige soldaat vir YAHUSHUA Ha MASHIACH. Ek is geroep om die Evangelie aan die vier uithoeke van die aarde te verkondig; aan alle rasse geslagte en tale. GOD het my gewys dat die kleur van die vel nie belangrik is nie. Wanneer ek na mense kyk, sien ek net of hulle ROOI is, bedek in die gestorte Bloed van YAHUSHUA Ha MASHIACH! ONS YAHUSHUA MESSIAS!. Ek is uitverkies om 'n pastoor oor baie kerke te wees.

Bid asseblief vir my dat ek altyd die stem van ONS HERE en VERLOSSER YAHUSHUA Ha MASHIACH sal hoor en SY volmaakte wil doen en te volbring waarvoor HY my geskape het. Ek was aangesê dat ek nooit hierdie bediening sal kan neerlê nie want dit is my identiteit, wie ek is, 'n gebroke erdekruik van GOD YAHUVEH maar 'n magtige soldaat vir YAHUSHUA Ha MASHIACH (YAHUSHUA MESSIAS) Apostel Elisheva Sherrie Elijah (Eliyahu). revholyfire@hotmail.com

Hoekom noem ek myself
Eerw. Elisheva Sherrie Elijah (Eliyahu)
(want dit is my NAAM!)

Hierdie is vrae en antwoorde vir hulle wie wou weet en te bang is om te vra. Ek pos dit op die webwerf. Iemand het inderdaad vir my geskryf en AL hierdie vrae gevra, hy wou nie die profesieë pos totdat hy die antwoorde gekry het nie. Die HEILIGE GEES het hom oortuig. Hy het dit later in elkgeval afgehaal.

Hy het gesê ek was nie veronderstel om op die internet te wees nie, net een tot een met die mense. Maar ek doen op dit ALBEI maniere soos die GOEIE HEER my beveel het. Hy sal voor die HERE verantwoordelik gehou word vir sy liefdelose houding, net soos wat ek verantwoordelik gehou word om hom te vergewe, dit is hoekom ek sy naam uitgewis het om dit te bewys.

Prys YAHUSHUA! Ten minste 3 mense het daardie dag, groot webwerf bedienings, aan my geskryf en gesê die Heilige Gees het gesê hulle moet die profesieë aan die mense pos! Wat die vyand ten KWADE wou gebruik, het YAHUSHUA omgeswaai ten GOEDE!

Selfs hierdie vrae wat my seergemaak het, het ek nou 'n doel voor om te beantwoord. YAHUSHUA mors niks of niemand nie! Geseënd is die NAAM van die HERE!

Sy eerste vraag was oor my van. Is dit regtig Elijah deur geboorte of deur 'n huwelik, of is dit selgs 'n van wat ek gevat het? Dit is my aardse vader se van! (Nooiensvan).

2. Die tweede vraag is oor trots. Is jy besoedel deur die gees van trots in jou lewe? Het die vyand jou mislei om na meer te smag as wat die Here jou geroep het om te doen? Word jy op hierdie oomblik deur SY HEILIGE GEES gelei wat vir jou sê wat om te doen? Sal hulle sê dat dit van die HERE af kom of van jou?

AS jy my getuienis gelees het, sou jy gesien het dat ek GEEN trots het nie. Ek is minder as NIKS en die enigste waarde wat ek het is die HEILIGE GEES wat hierdie kleipot tot Eer van YAHUSHUA Ha MASHIACH gebruik. Ek het so baie gely en ly nogsteeds, want GOD het gesê as die lyding nie GROOT was nie, sou hierdie bediening NIE GROOT wees nie!

Hy gebruik hierdie kleipot met so baie wonde en krake, wat die wêreld uitgegooi en geëtiketteer het as GEMORS! Maar YAHUSHUA het hierdie kruik geneem toe daar so baie was wat beter lyk, hoër geleerd, meer gekwalifiseerd was en GEBRUIK nogtans hierdie kruik om sy salwing op die mense uit te stort en NIE 'n druppel te mors nie! Tot Eer van YAHUSHUA Ha MASHIACH alleen!.

Die salwing kom voort uit die kruik en nooit uit die krake nie maar uit die mond van die een kruik, want die Een wat die salwing in my stort, is instaat om die kruik te beheer en instaat om dit uit te stort vanuit hierdie kruik, want HY IS GOD ALMAGTIG en in my swakheid word SY krag bewys.

Mense, besef dit is NIE van my, wat hierdie gawes na vore kom nie, maar van die HEILIGE GEES. Soos YAH my gebruik, bewys HY dat HY ENIGEEN kan gebruik wat hulself oorgee om tot Eer van YAHUSHUA GEBRUIK te word! YAHUSHUA gebruik my en praat voort deur my, omdat HY so verkies, Geen ander rede nie. Ek is SY kind, gered deur SY BLOED net soos enigiemand anders.

Daar is 'n hoë prys om te betaal vir die salwing. Hoe groter die salwing hoe groter die prys. Die dienskneg is NIE groter as SY of HAAR meester YAHUSHUA Ha MASHIACH nie.

Hierdie getuienis is mak in vergelyking met wat nie uitgespreek is nie en wat eendag tot YAHUSHUA se eer neergeskryf sal word sodat ander sal sien dat ek in baie mense se skoene loop waarin baie min pastore geloop het. Ek sou nie my lewe vir my grootste vyand toewens nie, behalwe vir verlossing en om deur GOD gebruik te word om die menigtes te bedien, was dit nie 'n Gelukkige lewe nie. (Min weet dit).

Dit is geprofeteer dat die BESTE NOG moet kom! Waar ek die ergste deur 'n eks-man beleef het, sal ek die BESTE ken!

Ook vir daardie vrae, “Het die vyand jou gelei om na meer te strewe as wat die HERE jou geroep het om te doen? Weereens, word jy op hierdie oomblik deur SY HEILIGE GEES gelei wat vir jou sê wat om te doen? Sal hulle sê dat dit van die HERE af is, of van jou? Dit was geprofeteer dat ek net begin het om te doen wat die HEILIGE GEES bevestig het, wat ek georden was om te doen. Ek is dankbaar dat dit selde is dat iemand my daarvan beskuldig dat ek hierdie woorde uit die VLEES spreek, want ek weet dat ek nie sulke woorde kan spreek nie.

Hulle het die salwing van die HEILIGE GEES op hulle en die mense herken dit. Ek herken dit en ek is nederig gemaak om so gebruik te word. Baie jare gelede het ek gespreek en dit was geprofeteer deur geloof dat die Profesieë in baie verskillende tale vertaal sou word. Dit het gebeur! Hulle is vertaal in 15 verskillende tale! HALLELUYAH!!!

Weereens, ek het geen idee hoekom HY my gekies het nie. Hierdie Kerk Webwerf sal in alle tale sal wees, sou die HERE vertoef om te terug te kom. Dit is bevestig, en as jy wil, kan ek die e-pos van andere stuur wat die gawes van die HEILIGE GEES het, dat ek 'n Hoë roeping op my lewe het as 'n Apostel, en ook 'n profeet. Ja ek weet die wêreld noem my 'n profetes, maar die HEILIGE GEES sien nie geslag nie, net wie gewillig is om tot Eer van YAHUHUSA Ha MASHIACH gebruik te word!

Ek voel nederig dat ek gekies was vir hierdie taak as GOD ALMAGTIG se Mondstuk. Menigte getuienisse van mense wat die stem van die HERE deur hierdie Profesieë hoor, NIE my woorde nie. Net soos jy ook.

Ek laat my motiewe aan die HERE YAHUSHUA oor om my te regverdig want HY weet dat ek SLEGS soek om HOM te dien en HOM te Aanbid en ander na die Enigste GOD van Verlossing te lei! YAHUSHUA Ha MASHIACH van Golgota! My grootste doel in die lewe is om te hoor : “welgedaan goeie en getroue dienskneg, kom nou in en rus!”. Prys YAHUSHUA! Nogtans het ek 'n werk om te doen en sal nie kan huis toe gaan voordat ek klaargemaak het waarvoor PAPPA GOD my georden en bepaal het om te voltooi nie tot Eer van YAHUSHUA Ha MASHIACH alleen.

Party ander vrae is, “Is jy 'n ware Eerwaarde? Of is hierdie titel iets wat jy vir jouself geneem het? Is die titel Eerwaarde geskik vir 'n kind van die KONING? Ek moet die antwoord hierop weet tesame met jou verduideliking oor die gebruik van die Woord en hoekom dit op jou van toepassing is. Eerwaarde beteken Hooggeag, is dit wat jy probeer om te wees? Sal dit jou van God se kinders skei of jou in eenheid met hulle hou?

JA ek is 'n geordineerde leraar. Internasionale prediker wat beteken dat ek gelisensieerd is om die evangelie aan die wêreld te verkondig ... kommunistiese lande te vermy natuurlik, tensy YAHUSHUA my anders aansê.

Ek sê dit alles onder die getuienis van die GOD wat ek dien en aanbid. YAHUSHUA Ha MASHIACH van Golgota en Nasaret. Ek het 'n nie-kerklike lisensie geneem omdat denominasies slegs die mens skei ... gaan lees weer die getuienis, dit sal jou vrae beantwoord. Ek neem nie eers die belastingvrystellingstatus nie, want GOD sal my nie toelaat nie! Die Regering wil, maar die GOD wat ek dien, sal nie!

Ek maak staat op Jehovah Jireh om my HEER en voorsiener te wees en HY ALLEEN is die een. Ek werk deur liefdesoffers, wat yl gesaai is. Enigeen wat aan hierdie bediening gee, word deur GOD ALMAGTIG self beloon!. Nie deur die Regering nie!

Die HERE het weliswaar gesê dat as ek daardie belastingvrystellingstatus aanneem, sal dit my enigste finansiële beloning wees. Deur dit nie te aanvaar nie, bly ek getrou aan wat die HEILIGE GEES in Profesieë deur my spreek.

Dit is NIE soos wat ek dinge doen nie, maar dan, dit is ook NIE my manier nie, maar YAHUSHUA Ha MASHIACH se manier alleen waarop dit gedoen moet word. Wanneer die belastingvrystellingstatus weggeneem word, hoef ek nie paniekerig te raak en leer hoe om 'n bediening te bestuur nie. Ek het dit nog altyd sonder dit gedoen! Ek vertrou op my PAPPA GOD om in al my behoeftes te voorsien ooreenkomstig SY rykdom in die Hemel.

Elke Profesie wat aan my gegee is, verstom my meer as wat dit ALMAL van julle verstom. Dit is aan my gesê en dit is bevestig dat ek die troepe op die muur bymekaar moet maak. Dit is 500,000 Gideon Soldate vir YAHUSHUA Ha MASHIACH! Dit is die soldate reg rondom die wêreld.

Ek het twee drome kort na mekaar gehad, (21 Jan 1997) en toe 'n ander een. Baie bevestiging. Hulle sal deur middel van hierdie Kerk Webwerf bymekaar gemaak word en uit baie verskillende dele van die Wêreld. Wat hulle moet volbring. En die droom sal ingesluit word na hoekom ek myself 'n Eerwaarde noem. Weereens, wat ek ookal vir jou stuur, voel vry om dit te pos as jy so verkies.

My lewe moet Heilig en aanvaarbaar voor die GOD wees wat ek dien. Daar kan GEEN skande in hierdie bediening wees nie, want ek word verantwoordelik gehou vir die Hoë roeping wat HY my gegee het. Ek het NIE hiervoor gevra nie, ek vra vir GOD, “hoekom ek”?

Dan word ek daaraan herinner dat HY die POTTEBAKKER is en ek maar net die KLEI, HY vorm my soos HY wil en ek het GEEN sê meer in hoe dit gedoen word nie. OK, lees 'Hoekom noem ek myself Eerw' hieronder want ek het hierdie antwoorde gekry terwyl ek gebid en gevra het of ek nogsteeds moet voortgaan om Eerw. voor my naam te sit. Ek wonder of jy sou omgegee het om hierdie vraag te vra as ek 'n man was en NIE 'n vrou nie.

My nooiensvan is Elijah, maar enigeen kan daardie naam dra, kyk na Cher se seun (sanger, aktrise) sy het 'n seun genaamd Elijah Blue! So, dit is NIE die naam nie maar die GEES agter die NAAM! Ek kies om my naam te GEBRUIK om lof, eer en glorie aan YAHUSHUA Ha MASHIACH alleen te bring! Om HOM te dien! En aanbid en plaas HOM eerste in alles wat ek doen! Ek gaan onder die naam wat my aardse vader aan my gegee het, maar weereens, dit is hoe ek daardie naam gebruik wat meer belangrik is, bring ek Eer aan YAHUSHUA of beskaam ek HOM?

Ek glo my lewe Eer en lig die NAAM bo ALLE name YAHUSHUA Ha MASHIACH van Golgota en Nasaret op! Nou, vir wat jou vraag wie my 'n profeet gemaak het? lees die bybel, veral HANDELINGE en jy sal sien ek is deur die HEILIGE GEES gesalf! Dit is NIE iets wat 'n mens doen nie! Maar VADER GOD YAHUVEH doen! Die HEILIGE GEES het my die salwing van vyfvoud-bediening gegee, die apostel se gawes.

Wat betref wie my Eerw. noem, dit is op my bedieningslisensie en ek het ook ongemaklik gevoel om Eerwaarde genoem te word, totdat ek en YAHUSHUA 'n openhartige gesprek gehad het, dit is wat die woord Eerw. beteken wanneer ek dit hoor of dit GEBRUIK. Ek gee nie om wat ander se opinies is nie, net wat die HERE YAHUSHUA en ek weet wat dit beteken.

DIT IS Persoonlik en baie Heilig vir my, want dit herinner my aan my Hoë roeping. Ek is NIE die eintlike Eerwaarde nie! Dit is die HERE YAHUSHUA Ha MASHIACH van GOLGOTA en Nasaret alleen wat ek Eerbiedig, Aanbid, dien, gehoorsaam, liefhet, My HERE, VERLOSSER en MEESTER! EK EERBIEDIG SY HEILIGE WOORD, SY VOLLE WOORD! Ek kompromitteer dit nie.

Ek eerbiedig SY REDDENDE, VERLOSSENDE, GENESENDE, GESALFDE BLOED WAT VIR MY OP GOLGOTA GESTORT IS! SY SALWING, SY SOETE HEILIGE GEES MY TROOSTER EN LEERMEESTER. EK EERBIEDIG VADER GOD YAHUVEH! WIE SY ENIGGEBORE SEUN GEGEE HET SODAT EK GERED KON WORD!

Die woord Eerw. herinner my hieraan elke keer as ek dit skryf of sien! Die HEILIGE GEES het vir my gesê ek moet hierdie woord gebruik en die rede daarvoor verduidelik in hierdie konteks. Miskien begin jy nou verstaan. Baie ander pastore het aan my geskryf en dankie gesê! Ek het die e-pos om dit te bewys. Want hulle het gemaklik gevoel om Eerw. te gebruik en nie verstaan hoekom nie, nou het hulle geweet hoekom.

EK EERBIEDIG YAHUSHUA Ha MASHIACH VAN GOLGOTA EN NASARET WIE IN DIE VLEES GEKOM HET EN IN DIE VORM VAN 'N BABA UIT 'N MAAGD MET DIE NAAM MARIA GEBORE IS! Die ENIGSTE bemiddelaar voor die VADER GOD YAHUVEH! Die ENIGSTE WAARHEID, DIE LEWE, DIE WEG NA DIE HEMEL! Dit is wat dit vir my beteken! 'n herinnering aan Wie ek EERBIEDIG! As ander nie verstaan nie, is dit hulle probleem want alles is wel met my siel en motiewe.

Die naam Eerw. is op my predikerslisensie, maar hoekom hulle gekies het om dit daar as 'n titel te plaas weet ek nie, ek weet net hoekom ek dit aanvaar het! Die HEILIGE GEES het my aangesê om dit aan te neem vir al hierdie redes. SY skryf dit nou deur my. DIE MENS kan my predikerslisensie vat! Maar my titel Eerwaarde sal dieselfde bly want weereens, my GOD het aan my gesê wat hierdie naam vir my moet beteken! NIE 'n mens nie.

Die woord Eerw. voor my naam is 'n ONTSAGWEKKENDE! NEDERIGE verantwoordelikheid om ander sover te kry om dieselfde HERE en VERLOSSER te EERBIEDIG wie ek dien! 'n HERINNERING aan WIE EK DIEN EN EERBIEDIG EN GEHOORSAAM! Ek neem nie die taak om 'n pastoor te wees of dra die naam Eerw. Elisheva Sherrie Elijah (Eliyahu), ligtelik op nie. Heilige Gees het gesê “ek is deur 'n mens gelisensieër! deur GOD bevestig! YAHUSHUA Ha MASHIACH! VADER GOD YAHUVEH, en die HEILIGE GEES!”

Elke keer wat ek die woord EERW. sien word ek daaraan herinner dat ek bevestig en geroep is en vertrou word deur VADER GOD ALMAGTIG HOMSELF, en hoe ek nie vir YAHUSHUA of sy mense in die steek moet laat nie.

Dat ek beveel en bevestig was om die verlorenes na YAHUSHUA te bring, om SY mondstuk te wees, en die Evangelie van YAHUSHUA Ha MASHIACH te verkondig, met ander woorde bevestig om Jesaja 61 te doen en SY SKAPE te Voed. Om Eerw. te wees beteken om 'n vinger te wees wat die weg na die ENIGSTE een aandui wie Eerbiedig moet word YAHUSHUA Ha MASHIACH VAN GOLGOTA EN NASARET!

As die persoon wie my bevestig het van my verskil, kan hulle my lisensie vat, dit is slegs 'n stukkie papier. Maar ek het 'n hoër roeping en ek is deur VADER GOD YAHUVEH en YAHUSHUA georden en deur die HEILIGE GEES gesalf. Die naam Eerw. beteken WIE ek eerbiedig NIE wie ek is nie! Wat meer is, ek het 'n GOD wie op my staat maak om te doen wat ek bevestig en geskape was om te doen. Hierdie naam herinnner my konstant aan die Heilige roeping om 'n Pastoor vir SY mense te wees, om hulle te troos en lief te hê, hulle te onderrig en 'n seën vir SY Mense te wees.

Ek kan die woord Pastoor noem, maar ek is nie 'n Pastoor vir enigeen nie, slegs hulle na wie GOD my toe stuur ... maar Eerw. Elisheva Sherrie Elijah (Eliyahu) staan vir iets baie meer. Dit herinner my aan die ontsagwekkende verantwoordelikheid wat aan my gegee is, 'n Heilige een en ek mag NIE die EEN en ENIGSTE een wie ek EERBIEDIG, in die steek laat nie! Die HEILIGE DRIE-EENHEID my YAHUSHUA Ha MASHIACH van GOLGOTA en NASARET!

Ek is niemand, maar 'n sondaar gered deur genade en die BLOED van die EEN wie ek EERBIEDIG! Ander mag aanstoot neem oor die titel, maar ek doen wat die HEILIGE GEES my aangesê het om te doen. Dit is hulle probleem, nie myne nie. Myne is OM TE GEHOORSAAM en ek word verantwoordelik gehou vir wat ek weet.

Nou, laat die HEILIGE GEES dit in jou bevestig of hierdie slegs woorde is of die waarheid. Ek sal dat GOD toelaat om my in jou oë te regverdig, as HY so verkies. Ek sal nogsteeds Eerw. Elisheva Sherrie Elijah (Eliyahu) bly. Laat weet my wat jy besluit.

Lees asb weer die profesieë en vergeet dat 'n vrou dit vir jou gegee het, en instede daarvan hoor die Gees van die HERE deur die woorde spreek. Ek is slegs die gehoorstuk wat SY stem hoor praat deur die HEILIGE GEES se mondstuk, hoor wat GOD in my gees spreek en die internet is die telefoonverbinding wat dit na die mense toe neem!

Ek loof YAHUSHUA dat ek toegelaat is om gebruik te word om die eindtydoes in te samel! want ek weet hoe baie ek HOM aanbid, hoe baie ek begeer om SY diensmaagd te wees, SY Helper op enige manier wat ek kan.

Ek bid dat hierdie sommige van jou vrae beantwoord het. Enigiemand wat enige vrae het en ek voel gelei deur die Krag van die HEILIGE GEES om dit te antwoord, sal ek. Joël 2 sê in die eindtyd sal Hy Sy Gees oor alle vlees uitstort en Sy diensmaagde sal profeteer. Ek is slegs een van daardie diensmaagde. Geseënd is die naam van ons Soete, liefdevolle Here YAHUSHUA Ha Mashiach! Aan HOM alleen kom toe al die Lof, Eer en Heerlikheid.

Asseblief YAHUSHUA, gebruik hierdie om vrede aan die mense te bring wie omring word deur bose wolwe in skaapsklere, valse profete en bose herders! Gee aan hulle vrede terwyl hulle hierdie lees en laat hulle deur U HEILIGE GEES besef dat ek NIE soos hierdie wolwe in skaapsklere is wat net kom om die lammers te verslind nie! Ek is NIE die GOEIE HERDER nie! Daar is MAAR NET EEN! Ek dui slegs die weg aan na die ENIGSTE GOEIE HERDER, en dit is U YAHUSHUA Ha MASHIACH van Golgota en Nasaret! maar ek vra dat U sal toelaat dat U GEES in my skyn sodat die mense nie vir my sal sien nie, maar laat hulle die lig van YAHUSHUA Ha MASHIACH in my sien.

Ek is NIE 'n klein GODJIE nie! Ek sal nie laster deur so 'n ding te sê soos so baie nou op die kansels sê nie! Ek is slegs 'n sondaar gered deur genade, NIE deur my werke nie sodat geen mens daarop kan roem nie! dit is deur 'n regte verhouding met U alleen, YAHUSHUA, dat ek, of enige van ONS die Hemel sal sien! Help my om alles te doen waarvoor ek geskape en bevestig was om te doen vir U LOF, EER en Glorie alleen YAHUSHUA! Ek vra dit in U Naam YAHUSHUA!

Laaste opgradering:

Bid asseblief dat die HERE ander borge sal oprig in hierdie bediening en ander vennote.

Bid asseblief dat die Ware Bruid van YAHUSHUA ha MASHIACH na vore kom.

Bid asseblief dat die vyande van heiligheid, sal bely, maar as hulle dit nie doen nie, dat hulle vir ewig sal stilgemaak word.

Liefde van 'n kleipot maar 'n Magtige soldaat van YAHUSHUA Ha MASHIACH! Want ek staan NIE in my krag of mag nie maar deur die krag van die HEILIGE GEES! In die naam van YAHUSHUA MESSIAS, Die Bloed van YAHUSHUA MESSIAS is teen jou satan!

Apostel en Profeet Elisheva Eliyahu


Ek het YAHUSHUA (JESUS CHRISTUS) Gesien, Van Aangesig tot Aangesig!

Op 24 Desember 1987 – Geskryf 24 Desember 2015

Hierdie dag, meer jare gelede as wat ek kon tel, het ek YAHUSHUA gesien (Hebreeus vir JESUS) net soos die apostels van ouds gedoen het!

Ek word ook ‘n apostel genoem, gestuur om die evangelie te neem na die eindes van die aarde—eerste na die Jood en dan die Heiden. Want dit is die krag van REDDING vir diegene wat glo! Die lof is nie myne nie. Alle lof, eer en heerlikheid aan YAHUSHUA!



Ek het besoeke gehad van YAHUSHUA en twee maal, het ek HOM eintlik gesien; HY het aan my verskyn. Alhoewel dit reeds baie jare is, was hierdie die tweede en mees onlangse: Op 24/25 Desember 1987 het YAHUSHUA, WIE ek genoem het “JESUS CHRISTUS” voor my gekom in ‘n Aangesig-tot-Aangesig ontmoeting.

Ek is Joods deur geboorte, maar is nie grootgemaak in ‘n oplettende (of enige vorm van godsdienstige) huishouding nie. In daardie dae, het ek dit net geken as die Kersfees seisoen, wat ek nie langer erken as die geboorte van YAHUSHUA nie sedert ek die waarheid geleer het oor Kersfees. In hierdie baie jare, het ek geleer om Sukkot & Hanukkah te vier (die tye van SY regte geboorte en konsepsie) in plaas daarvan—om heiden weë te vermy en terug te keer na my Joodse wortels, na YAHUSHUA Se weë.

Ek is dankbaar dit het HOM nie aanstoot gegee dat ek Kersfees gevier het op daardie tydstip nie en geglo het dit was die tyd van die jaar wat SY geboorte was. Ek is dankbaar dat HY steeds na my toe gekom het alhoewel ek nooit gehoor het van SY HEBREEUSE NAAM nie. Ons word net verantwoordelik gehou vir wat ons geleer was. Natuurlik, tye verander en kennis word meer.

Vanaand, sal die volmaan van Desember 2015 helder skyn in ons lug en dit gebeur dat dit val op hierdie herdenking van wanneer ek vir YAHUSHUA gesien het van Aangesig tot Aangesig. YAH is die EEN WIE die maan geskep het en die siklusse. Net omdat bose besluit om die maan te gebruik vir boosheid, vir okkultisme, beteken nie ons moet fokus op die negatiewe of okkultiese praktyke nie, maar ons kan na die Bybel kyk in plaas daarvan.

In der waarheid was die Heilige dae in Bybelse tye getel deur die waarneming van die nuwe maan! En Pasga, Sukkot & Purim, drie Bybelse feeste vol van BLYDSKAP, kom op die tyd van die volmaan!

Ek glo in geloof dat ABBA YAHUVEH gee ons ook hierdie rare maan op hierdie datum wat so spesiaal is vir my en op die koudste en donkerste tyd van die jaar, as ‘n teken van seëninge wat kom—aan SY Kinders wat aanbid en streef om HOM te gehoorsaam. YAHUSHUA sal ons beskerm teen die werkers van ongeregtigheid!

Moenie net stilstaan by die negatiewe nie, wat die bose probeer stuur nie, maar juig YAH het die maan geskep en sy siklusse. Ek verwag wonderwerke gedurende hierdie tyd van hierdie rare maan! Dit is ook die eerste volmaan na Asarah B’Tevet, toe ons ons laaste gemeentelike vas gedoen het.

Net gedurende hierdie afgelope Hanukkah 2015, het YAHUSHUA tot my gees gespreek om die datums na te gaan van Hanukkah 1987, en ek is verheug! Daardie jaar op die tradisionele kalender was die eerste dag van Hanukkah 15de/16de Desember. En volgens die sekel nuwe maan, sou dit begin het 16de/17de Desember.

Dit beteken toe HY eintlik na my toe gekom het agt dae later, was dit op die einde van Hanukkah 1987, 24ste Desember!

Ek kon IMMAYAH, die RUACH HA KODESH (Hebreeus vir HEILIGE GEES) SE sprong van vreugde voel toe ek dit geleer het, en terwyl YAHUSHUA nou vir my sê, “EK het na jou toe gekom op Hanukkah.” Ek jubel steeds met hierdie nuwe kennis want ek het my eie Van Aangesig tot Aangesig gehad met die EWIGE MENORAH LIG, ons YAHUSHUA!

Dit was my 1ste Hanukkah wonderwerk! Dit was ‘n tyd van genesing en wonderwerke. En ek het nie eers die woord “Hanukkah” geken op daardie tydstip nie! Ek onthou ek het gaan slaap depressief en bekommerd as gevolg van die dreigemente op my lewe en bespotting van my X man en skoonma, wat nou gemartel word en brand in die hel! (Haar naam was Mary Gomez en die oordeel wat haar getref het, sal ek op ‘n ander tyd vertel! En JA, dit is ‘n waarskuwing aan alle vyande en een in besonder.)

Toe YAHUSHUA my besoek het en my wakker gemaak het, het HY gesit op die rand van die gepoleerde leer-reling van die bed. En toe my, nou ex, wat my mishandel het, die bed uitmekaar gemaak het jare later, was daar ‘n groot merk, asof dit gebrand is deur ‘n vuur! Dit was bruin aan my kant van die bed waar YAHUSHUA gesit het! Ek het dit gesien. My ex het dit ook gesien.

Nou dink ek by myself, “Iets so Heilig….waarom het ek nie ‘n foto daarvan geneem nie?” LOL!

Hierdie getuienis het nie net betrekking op Hanukkah nie, maar hierdie was ‘n traumatiese tyd en dis ook deel van my lewe se getuienis, wat nie opgedateer was in baie jare nie. So baie het gebeur sedert daardie tyd, maar dit was geprofeteer deur ander dat daar ‘n outobiografie van my lewe sou wees, wat uiteindelik sal gebeur in YAH Se perfekte tydsberekening.

Alhoewel Hanukkah 2015 verby is, is vandag die herdenking op die sekulêre kalender, 24ste Desember 2015 en hierdie is ‘n tyd hoog in selfmoord en depressie. “Nou is die tyd om hierdie te deel,” sê YAHUSHUA, “Dit sal ander se geloof versterk.” En wanneer jy ookal hierdie lees, sal dit die geloof versterk van enige iemand wat deur donker tye gaan.

Ek wil ook my geloof versterk hê, so die afgelope tyd het ek tot HOM gebid om weer na my toe te kom op hierdie manier, om my weer hierdie eer toe te laat! Ek vra almal van julle wat staan in ooreenstemming met AmightyWind Bedieninge, asseblief staan in ooreenstemming met hierdie gebed vir my. As dit SY wil is, sal HY. Indien nie, sal ek sê, “U wil geskied ABBA YAH & YAHUSHUA, nie myne nie!”

Ek het geen idee gehad waarom ek gelei was om dit alles nou te skryf nie, maar nou het ek…

Gewoonlik is ek so privaat, en hierdie besoek van YAHUSHUA is ‘n baie heilige ondervinding vir my. Ek het dit nog nie eers geplaas op die webwerf voorheen nie en dit was net onlangs gepubliseer in ‘n boek, “Secrets of the HOLY SPIRIT” (RUACH HA KODESH). Hierdie uittreksel is die derde van drie besoeke wat daar ingesluit is, in “YAHUSHUA HA MASHIACH Verskyn aan My (& Aanslae op My Lewe)”.

Oë met See Golwe van Liefde

Op 24 Desember 1987, tien dae na my jongste seun gebore was, was ek weer besoek en het YAHUSHUA gesien! HY het gesit op die rand van my bed. Nadat my jongste gebore was, het wonderwerk na wonderwerk gebeur in ons lewens.

Toe my jongste seun 9 dae oud was het ek na die winkel toe gery wat net ‘n paar blokke ver was. My tweelingseuns, wat 5 jaar oud was, het saam met my gegaan. Dit was die eerste keer wat ek uit die huis was sedert ek teruggekom het huis toe van die hospitaal af. Ek het regtig nodig gehad om weg te kom want my bose ex-man se ma het daar gekuier en gehelp sorg vir my jongste. Wanneer sy sou kuier was dit soos om twee vyande teen my keel te hê. Niks wat ek kon doen was reg nie en al wat hulle gedoen het was om GOD te spot en dit wat ek geglo het.

Terwyl ek na die winkel toe gaan, het ‘n vreemde ding gebeur. In plaas van om ‘n paar blokke ver te gaan, het ek geëindig 50 myl ver in ‘n ghetto van Gary, Indiana. Hoe ek daar gekom het weet ek nie. Dit het geblyk die volgende ding wat ek geweet het, was dat ek Afro-Amerikaners sien en ek het besef ek was nie meer in ons tuisdorp nie. Tot vandag toe het ek geen idee hoe ek daar gekom het nie! My tweelingseuns het ook nie geweet nie. Net YAHUSHUA weet wat gebeur het daardie dag.

[Al wat ek weet is ek het gebel en hom gevra om te kom en ons te kry want ek het geen idee gehad hoe ek daar gekom het nie. Ek sou nooit soontoe gery het nie en ek het nie eers geweet hoe om daar te kom nie! Ek het die middestad gevrees van Gary, Indiana.

My ex het gekom en my gekry. Natuurlik al wat ek gehoor het op pad terug was dat ek “nie geskik is om ‘n ma te wees nie—jy beter na die dokter toe gaan omdat jy sal doodgaan as jy nie gaan nie…” Die leuens van satan was lank en uitgerek.

Hy en my skoonma het my gespot, het my vervloek en gesê, “Die babas sou beter af gewees het in elk geval sonder ‘n ma soos jy! Jy sal doodgaan!”

Ons het ‘n konings grootte waterbed gehad met leer-relings daaraan. Ek het geslaap op my kant van die bed, so ver weg van my ex as wat ek kon. Ek het biddende aan die slaap geraak.

Ek was wakker gemaak met IEMAND wat na my staar met sulke liefde soos wat ek nooit tevore gevoel het nie. Ek moes wakker word om te sien WIE was in die kamer, WIE SE liefde was so sterk vir my dat dit my wakker gemaak het! Ek het geweet dit was nie liefde van my ex nie. WIE was dit? Ek het my oë oopgemaak en daar, op die reling van my waterbed, was my HERE & REDDER, YAHUSHUA HA MASHIACH, WIE ek genoem het JESUS CHRISTUS op die tydstip.

HY was stralend, gloeiend! HY het gelyk soos die foto’s wat ek gesien het van HOM. SY Hare het skaars SY Skouer geraak en daar was so baie lig oral rondom SY Kop dit het SY Hare lig in kleur laat lyk! SY Oë was gevul met so baie lig en liefde—dit was soos see golwe wat oor my spoel. SY Oë het gelyk soos ‘n kleurskakering van blou. Ek kan nie sê watter kleur HY gedra het nie want die lig was so helder oral rondom HOM. HY het baie naby aan my gesit op die reling van die waterbed.

YAHUSHUA het nooit SY Mond oopgemaak toe HY met my gepraat het nie. In plaas daarvan het HY op een of ander manier telepaties met my gedagtes gepraat. Ek kon HOM duidelik hoor. SY presiese woorde was, “EK is so jammer jy moes ly soos dit.”

Toe het ek vir HOM gesê, “As enige iemand in die wêreld rug-aan-rug sou staan rondom die wêreld en my vertel dat JESUS (die EEN WIE ek nou YAHUSHUA noem) my nie liefhet nie, ek sou geweet het hulle lieg!” Ek het SY Liefde gesien vir my. Ek het SY liefde gevoel. Nie net vir my nie maar vir enige iemand wat HOM eerste stel in hulle lewe en liefde en hulle bes doen om HOM te gehoorsaam.

Die volgende ding wat ek geweet het HY het verdwyn en ek het weer aan die slaap geraak. Toe ek wakker geword het, het ek sonder twyfel geweet.

Toe ek my tweeling vertel het die volgende dag, selfs op die ouderdom van 5, het hulle my geglo toe ek gesê het, “‘JESUS het gekom en gesit op my bed.” My bose ex het my gespot. Tog weet ek dit was werklik.

Ek het ook bewys gehad. Waar YAHUSHUA gesit het op die reling van die bed, was daar ‘n groot brandmerk in die vorm van drie vlamme van vuur wat saam gevoeg is. Dit was onbetwiste bewys vir my dat die HERE YAHUSHUA fisies teenwoordig was en gesit het op my bed. Ek het selfs die brandmerk gewys aan my ex en hy het erken dat hy geen verduideliking gehad het daarvoor nie. Ek vind dit ironies hoeveel kere in daardie waterbed hy probeer het om my dood te maak terwyl ek geslaap het of gepoog het om my te wurg en dit was hier, op daardie waterbed, dat YAHUSHUA ons MASHIACH, gekom het om my te besoek op daardie nag van 24 Desember 1987.