Sukkot is een van die Heilige Feeste wat twee Hoog Heilige Sabbat dae het waar geen werk gedoen moet word nie. Dit is belangrik dat jy alles doen wat jy kan om hierdie twee Hoog Heilige Sabbat dae af te kry. (Numeri 29:12, Deuteronomium 16:13, Levitikus 23:40, Levitikus 23:37)
Welkom by Elisheva Eliyahu's (אלישבע אליהו) Sukkah!
Levitikus 23: 39-44
39 Maar op die vyftiende dag van die sewende maand, as julle die opbrings van
die land insamel, moet julle die fees van Yahweh sewe dae lank vier; op die
eerste dag is dit rusdag, en op die agtste dag is dit rusdag.
40 En op die eerste dag moet julle vir julle vrugte neem van sierlike bome, met
palmtakke en takke van digte bome en rivierwilgers, en sewe dae lank voor die
aangesig van Yahweh julle Elohiem vrolik wees.
41 En julle moet dit as fees van Yahweh sewe dae in die jaar vier. Dit is 'n
ewige insetting vir julle geslagte. In die sewende maand moet julle dit vier.
42 Sewe dae lank moet julle in hutte woon; almal wat in Yiesraél gebore is, moet
in hutte woon,
43 sodat julle geslagte kan weet dat Ek die kinders van Yiesraél in hutte laat
woon het toe Ek hulle uit Mietsrayiem uitgelei het. Ek is Yahweh julle Elohiem.
44 So het Mosheh dan die feestye van Yahweh aan die kinders van Yiesraél bekend
gemaak.
Die Fees van Tabernakels is ‘n weeklange (7 dae) Herfs-oes fees. Fees van die Hutte, Sukkoth of Sukkot (verskillende spelling kom voor as gevolg van die direkte oorvertalings van die Hebreeuse woord wat uitgespreek word as: “Sue-coat”) Die twee dae wat volg op hierdie fees is aparte Heilige dae. Shemini Atzeret en Simkhat Torah, maar word algemeen beskou as deel van die Fees van Tabernakels.
Die Fees van Tabernakels was die laaste en belangrikste fees van die jaar. Die belangrikheid van hierdie fees kan gesien word in die verklaring: Hierdie moet vir jou ‘n ewige instelling wees” Die Goddelike uitspreking : EK IS Die HERE jou GOD” sluit hierdie, van die Heilige Feesdae van die sewende maand, sessie af. Die Fees van Tabernakels begin 5 dae na Yom Kippur op die vyftiende van Tishri (September of Oktober) Dit is ‘n drastiese verandering van die een mees ernstige Heilige Dag in ons jaar tot een een van die vrolikste. Die woord Sukkot beteken hutte en verwys na die tydelike wonings wat die Jode beveel was om in te woon gedurende hierdie Heilige feestyd, net soos dit gedoen was deur die Jode in die wildernis. Die Fees van Tabernakels duur sewe dae en eindig op die een en twintigste dag (3×7) van die Hebreeuse maand van Tishri, wat Israel se sewende maand is.
Hierdie Heilige Dag is van dubbele belang: Geskiedkundig asook landboukundig (net soos Pasga en Pinkster) Geskiedkundig moes dit gevier word ter herinnering van die veertig jaar lange verblyf in tentwonings, in die wildernis, waartydens die kinders van Israel in die woestyn rond gedwaal het.
Dit word uiteengesit in Levitikus 23:43 “sodat julle geslagte kan weet dat Ek die kinders van Yiesraél in hutte laat woon het toe Ek hulle uit Mietsrayiem uitgelei het. Ek IS YAHWEH julle ELOHIEM.”
Wat Moes Hulle Onthou?
Kommentaar deur Matthew Henry verduidelik:
1.)Die wreedheid van hulle begin, en die diep bedrukte en verlate toestand
waaruit YAHUVEH daardie volk verhoog het. Let Wel: Diegene wat gerieflik
gevestig is behoort gereeld te dink aan hulle voormalige ongevestigde toestand,
toe hulle maar net gering was in hul eie oë.
2.) Die genade van YAHUVEH aan hulle, toe YAHUVEH, terwyl hulle in tabernakels
gewoon het, nie alleenlik vir HOMSELF ook ‘n Tabernakel tussen hulle laat oprig
het nie, maar ook met die uiterste sorg denkbaar, ‘n koepel oor hulle gehang het
, nl. die wolk wat hulle beskerm het van die son se hitte. YAHUVEH se vorige
barmhartigheid aan ons en ons vaders behoort in ewige herinnering gehou te word.
Die agtste dag was die groot dag van hierdie Heilige feestyd want dan het hulle
weer teruggekeer na hulle eie huise, en daaraan terug gedink hoe hulle, nadat
hulle vir lank in tente gewoon het in die wildernis, einde ten laaste gekom by
‘n gelukkige vesting in die beloofde land, waar hulle in goeie huise gewoon het.
En hulle sou meer bewustelik hul huise waardeer en dankbaar wees vir die gemak
en geriewe van hul eie huise nadat hulle sewe dae in hutte gewoon het. Dit is
goed vir diegene wat gemak en oorvloed het om soms te leer wat dit is om
moeilike tye deur te gaan.
Hulle moes hierdie Heilige feestyd hou met dankbaarheid aan YAHUVEH vir al die
oorvloed gedurende die jaar, maar die klem lê daarop dat Israel se lewe
aangewese was op verlossing, wat in die ware sin van die woord die vergewing van
sondes beteken het. Hierdie feit distansieer die Heilige dag van die ander
oestyd-feesvieringe van die volke rond-om hulle waarvan die oorsprong in
mitologiese aktiwiteite van die gode gegrond is. Was die eerste “Thanksgiving”
‘n Fees van Tabernakel Vieringe?
Baie Amerikaners, wat vir die eerste keer ‘n versierde Sukkah sien, merk hoeveel
die Sukkah (asook die feestyd oor die algemeen) hulle herinner aan
“Thanksgiving” Die Amerikaanse trekkers, wat die “Thanksgiving oorspronklik
begin het, was diep gelowige mense. Terwyl hulle probeer het om ‘n manier te kry
om hul dankbaarheid te toon vir hulle oorlewing en hul oeste, is dit baie
moontlik dat hulle na die Bybel gekyk het (Lev. 23:39) vir ‘n gepaste manier om
dit te vier, en hul Fees gedeeltelik gebaseer het op die Fees van Tabernakels.
Let wel: Die viering van ‘Thanksgiving” op die derde Donderdag van November, was
deur die regering bepaal en kan dalk nie ooreenstem met die trekkers se eerste
viering nie.
YAHUSHUA Vier Fees
YAHUSHUA het die Fees van Tabernakels gevier. HY het in die Tempel onderrig gedurende die Fees van Tabernakels. Alhoewel SY disippels nie verwag het dat YAHUSHUA daardie Fees sou bywoon nie, het die meerderheid reisigers van ver, wat van HOM gehoor het, die hoop gekoester dat hulle HOM in Jerusalem sou sien. Hulle was nie teleurgestel nie, want op verskeie geleenthede het HY onderrig gegee in die Poort van Salomo asook elders in die Tempel voorhowe. Hierdie leringe was amptelik die formele verklaring van YAHUSHUA se Goddelikheid aan die Jode en aan die hele wêreld. YAHUSHUA het SY lewe gewaag om na die Fees van Tabernakels te gaan, maar die blatante waagmoed van YAHUSHUA om in die openbaar te verskyn in Jerusalem, het SY vyande oorweldig: hulle was nie voorbereid op so ‘n gewaagde uitdaging nie.
Op die laaste en belangrikste dag van die Fees van Tabernakels (die dag waarop die Rabbis die water uitgegiet het) Het YAHUSHUA opgestaan (en daardeur spesiale aandag op SY boodskap gevestig) en HOMSELF verklaar as die einste Fontein van Lewende Water in Johannes 7:37-38. Geestelike Lesse van die Fees van Tabernakels.
YAHUVEH is Ons Skuiling
Hierdie Feestyd herinner ons om nie styf vas te klou aan materiële dinge nie. Ons leef in ‘n baie materiële era. Toe die Israeliete swerwers in die woestyn was, het hulle almal , ryk en arm, op dieselfde wyse in tente geleef. Materiële besittings kan ons beheer en manipuleer; hulle word gode, of afgode oor ons. Ons moet onthou dat hierdie lewe net tydelik is. Ons is ook op reis na ‘n Beloofde Land in die ewigheid. Ons moet die Koninkryk van YAHUVEH soek, nie aardse gemak nie. Terwyl ons eers die Koninkryk van YAHUVEH soek (Lukas 12:31) is YAHUVEH ons beskerming. Want U was 'n vesting vir die arme, 'n vesting vir die behoeftige toe hy benoud was; 'n skuilplek teen die stortreën, 'n skaduwee teen die hitte - want die geblaas van die tiranne is soos 'n stortreën teen 'n muur (Jesaiah 25:4).
YAHUSHUA is die Lewende Water
Ons geestelike dors kan nie geles word met enige iets minder as YAHUSHUA nie. Maar elkeen wat drink van die water wat EK hom sal gee, sal in ewigheid nooit dors kry nie, maar die water wat EK hom sal gee, sal in hom word 'n fontein van water wat opspring tot in die ewige lewe.(Joh. 4:14).
YAHUSHUA Was Ons Sondes Weg
YAHUSHUA is die ware Lewende Water wat ons skoon was deur SY Bloed. 13Want as die bloed van stiere en bokke en die as van 'n vers wat die verontreinigdes besprinkel, afgesonder maak tot reiniging van die vlees, 14 hoeveel te meer sal die bloed van YAHUSHUA, wat Homself deur die ewige Gees aan YAHUVEH sonder smet geoffer het, julle gewete reinig van dooie werke om die lewende YAHUVEH te dien. (Heb. 9:13-14).
YAHUSHUA is die Lig van die Wêreld
Die lig van die Fees van Tabernakels lampe, het die hele stad verlig. Studente meen dat YAHUSHUA na hierdie gebruik verwys het toe HY hierdie wel-bekende woorde gespreek het “EK is die Lig van die wêreld” (Joh. 8:12) sien ook John 1:1-9 en John 9:5.
YAHUSHUA Berei Ons Permanente Woning
Hierdie fisiese liggame wat ons tans bewoon is net tydelike wonings. Ons liggame is broos, en sal uiteindelik verswak. Die lewe is kort. Ons hoop is nie gevestig in dit wat die wêreld ons aanbied nie, maar in dit wat YAHUVEH reeds vir ons voorsien het vir die ewigheid. Ons ewige tuiste word vir ons voorberei in ewigheid. YAHUSHUA het gesê in Joh. 14:2-3 2 In die huis van my Vader is daar baie wonings; as dit nie so was nie, sou Ek dit vir julle gesê het. Ek gaan om vir julle plek te berei. 3 En as Ek gegaan en vir julle plek berei het, kom Ek weer en sal julle na My toe neem, sodat julle ook kan wees waar Ek is.
Net Soos die Israeliete Gevangeneskap verlaat het, verlaat ons gevangeneskap van Sonde.
YAHUVEH het die Kinders van Israel uit hulle gevangenis van Egiptiese opsieners uit gelei na vryheid. As Christene kan ons fees vier omdat YAHUVEH ons verlos het van die gevangenis van sonde en ons uit gelei het in SY vryheid in die Koninkryk van YAHUVEH.
Was Die Geboorte van YAHUSHUA gedurende die Fees van Tabernakels?
Baie studente glo dat YAHUSHUA tydens die Fees van Tabernakels gebore was. Matthew Henry skryf:
Dit word deur baie aanvaar dat ons geseënde Redder, baie moontlik gebore was
om-en-by die tyd van hierdie heilige dae: Toe het HY SY paleise van lig daarbo
verlaat om tussen ons te kom woning maak (Joh. 1:14) en HY het in hutte gewoon.
En die aanbidding van YAHUVEH, onder die nuwe Testamentiese bedeling, word
geprofeteer met die idee dat die Fees van Tabernakels gehou sal word.
Sagaria.14:16. Want, [1.] Die Evangelie van YAHUSHUA leer ons om in tente te
woon en losgemaak te wees van hierdie wêreld, soos hulle wat hier geen blywende
stad het nie, maar, deur geloof en hoop en heilige tevredenheid van die huidige
dinge, laat ons uitgaan na HOM toe buite die kamp en die toekomstige soek. Heb.
13:13, 14. [2.]Dit leer ons om te jubel voor YAHUVEH. Hulle is die besnydenis,
Israeliete in die ware sin van die woord, wat altyd roem in die Messiah
YAHUSHUA, Fil. 3:3. En hoe meer ons verwyderd is van hierdie wêreld, hoe minder
sal ons onderhewig wees aan die onderbreking van ons blydskap.
Die Bybel noem nie spesifiek die datum waarop YAHUSHUA gebore was nie. Ons weet
dat dit nie gedurende die winter maande was nie omdat die skape in die weiveld
was. (Luk.2:8) ‘n Studie van die tyd toe die verwekking van Johannes die Doper
plaasgevind het, onthul dat hy op of om-en by-die 30ste Sivan, die 11de week,
verwek was.
Toe Sagaria tempeldiens gedoen het, het hy ‘n aankondiging ontvang van YAHUVEH
van ‘n komende seuntjie. Die agtste orde van Abia, waartydens Sagaria bedien
het, was die week van 12-18 Sivan (Killian n.d.) Deur veertig weke by te voeg
vir ‘n normale swangerskap, onthul dat Johannes die Doper gebore was op, of
rond-om, Pasga (14 Nissan). Ons weet dat, ses maande na die verwekking van
Johannes, was YAHUSHUA verwek in die baarmoeder van Maria (Luk. 1:26-33) Dus sou
YAHUSHUA ses maande later (na die verwekking van Johannes) verwek gewees het in
die maand Kislev. 25 Kislev is Hanukkah. Was die “Lig van Die Wêreld” verwek
tydens die Fees van Lig?
Begin by Hanukkah, wat begin op 25 Kislev en vir agt dae aanhou, en tel regdeur
die nege maande van Maria se swangerskap, dan kom jy by die aangewese tyd vir
die geboorte van YAHUSHUA tydens die Fees van Tabernakels (vroeg-herfs seisoen
van die jaar).
Gedurende die Fees van Tabernakels, het YAHUVEH van al die manlike Jode verwag
om na Jerusalem te kom. Die vele reisigers wat na Jerusalem sou kom vir die
Fees, sou oorsypel na die omliggende dorpe (Betlehem is 5 myl van Jerusalem af
weg) Josef en Maria kon nie ‘n kamer in die herberg kry nie as gevolg van die
instroming van so groot klomp reisigers. Hulle kon dalk skuiling gekry het in ‘n
Sukkah, wat gebou was in ‘n sewe-dag periode elke jaar gepaardgaande met die
Feesvieringe van die Fees van Tabernakels. As gevolg van die moeilikhede tydens
reise, was dit algemeen vir die offisiere om belasting tyd, gedurende die Tempel
Fees, aan te kondig. (Lukas 2:1)
Ons weet, dat ons YAHUSHUA, in ‘n tydelike liggaam verskyn het toe HY na die
aarde gekom het. Is dit ook moontlik dat HY in ‘n tydelike woning gesit was? Die
velde sou gespikkel gewees het met sukkoths gedurende hierdie oestyd om sodoende
skuiling te bied vir die diere. Die Hebreeuse woord vir “stal” word “Sukkoth”
genoem (Gen. 33:17)
En sy het haar eersgebore Seun gebaar en Hom toegedraai in doeke en Hom in die
krip neergelê, omdat daar vir hulle geen plek in die herberg was nie (Lukas
2:7).
Josef en Maria het hul seun geneem en gevlug na Egipte en daar vertoef totdat
hulle verneem het dat Herodus dood was. Josef en Maria het die baba, YAHUSHUA,
in Jesrusalem ingebring veertig dae na SY geboorte vir die reiniging-seremonie
van Maria en die toewyding van die kindjie. (volgens die Torah moet dit gedoen
word binne veertig dae vanaf die geboorte van ‘n manlike kind - om dit nie te
doen nie was gereken as sonde) Dit impliseer dat Herodus gesterf het binne
dieselfde veertig dae, want so lank as wat Herodus geleef het, kon hulle nie by
die Tempel verskyn het nie. (Volgens die berekeninge van Josephus, was die dood
van Herodus gedurende die Herfs in die 4de jaar voor die Gewone era bekend as 4
B.C.E)
Later in SY lewe het YAHUSHUA SY geboorte herdenk op ‘n berg saam met drie van
SY dissipels. In teenstelling met verjaardag partytjies, soos die van Herodus,
waar mense gedood was terwille van vermaak, was YAHUSHUA s’n,‘n herdenking van
lewe. Op die Fees van Sukkot, het Moshe en Eliyahu (Elia) van eeue tevore,
verteenwoordigers van die Torah en Profete, verskyn en met YAHUSHUA gepraat. Een
disippel, Petrus, het voorgestel dat drie sukkoths gebou moes word vir YAHUSHUA,
Moshe en Eliyahu, omdat dit nodig was vir die Fees, maar hy het nie besef dat
hierdie drie die vervulling was van dit wat gesimboliseer word deur die fees nie:
hulle was binne-in hul Sukkoths (tydelike tabernakels) van vlees, wagtend op hul
ewige opstandings-tempels (Killian n.d.)
‘n Aantal Christene vier die geboorte van YAHUSHUA gedurende die Fees van
Tabernakels, kompleet met versierings en liggies op die sukkah, verjaardag koek,
en musiek wat die geboorte van YAHUSHUA herdenk.
YAHUSHUA het drie preke gelewer waarin HY HOMSELF verklaar het as die Lig van
die wêreld” En al drie sou gedurende die Fees van Lig (Hanukkah) gewees het, in
die winter van die jaar. (in Desember)
Profetiese Belang
Hierdie Herfs feeste spreek van ‘n toekomstige tyd wanneer die mens sal ‘woning’ (Tabernakel) by YAHUVEH, wanneer HY by hulle sal woon en hulle by HOM (Openbaring 21:3). Hulle praat van ‘n dag wanneer al die nasies bymekaar sal kom in Jerusalem (Sag. 8:22; 14:16). Merkwaardig dat, selfs in die komende dae, vertel Bybelse-profesie vir ons dat mense van alle wêreld-volke, sal kom om die Fees van Tabernakels te vier saam met die Jode in Jerusalem (Sagaria 14). Die dinge is besig om in plek te val en die profesieë is besig om in vervulling te gaan. Die “opgang” (aliyah, in Hebreeus) vind tans in Israel plaas met die massiewe instroming van Jode uit meer as honderde nasies. Ook Christene besoek die land in rekord getalle - die meerderheid van reisigers wat Israel besoek is Christene! Ons glo dat dit alles ter voorbereiding is vir toekomstige Skriftuurlike gebeurtenisse. Jerusalem bly steeds die fokus punt van YAHUVEH se aardse patroon en plan, want, helaas, Jerusalem is die plek waarheen die Messias terugkeer (Wagner 1996).
YAHUSHUA ha MASHIACH is die tabernakel of woning van YAHUVEH. In HOM is die volheid van YAHUVEH (Joh. 1:14, Kol. 2:9), en YAHUVEH woon in ons midde deur YAHUSHUA (Mat. 18:20). Dit kan uiteindelik so wees dat YAHUSHUA die Fees van Tabernakels vervul met SY tweede koms. Daar sal ‘n letterlike rus wees vir planeet aarde en al haar inwoners. Tot dan kan ons rus vind in ons siele.
Die Begin van die Millennium
Meeste Bybel studente is dit eens dat Tabernakels die begin van die
Millennium verteenwoordig. Ons moet vol verwagting uitsien na die Fees van
Tabernakels, net soos ons uit sien na die koms van die Messias, om SY regering
in te bring, asook SY Koninkryk en SY wette. En aan die einde van die dae sal
die berg van die huis van YAHUVEH vasstaan op die top van die berge en verhewe
wees bo die heuwels, en die volke sal daarheen toestroom. En baie nasies sal
heengaan en sê: Kom, laat ons optrek na die berg van YAHUVEH en na die huis van
die ELOHIEM van Yaákov, dat Hy ons in sy weë kan leer en ons in sy paaie kan
wandel. Want uit Tsion sal die Torah uitgaan en die woord van YAHUVEH uit
Yerushalayiem. En Hy sal oordeel tussen baie volke en regspreek vir magtige
nasies tot in die verte; en hulle sal van hul swaarde pikke smee en van hul
spiese snoeimesse; nie meer sal nasie teen nasie die swaard ophef nie, en hulle
sal nie meer leer om oorlog te voer nie. (Miga 4:1-3)
Tabernakels en Pasga is die enigste heilige dae wat genoem word in die
millennium-aanbidding (Eseg. 45:21-25; Sag. 14:16). Let op dat die aantal dae
tussen Pasga en Tishri altyd dieselfde is. As gevolg hiervan is die tyd vanaf
die eerste hoof fees (Pasga in die maand Nissan) tot by die laaste hoof fees
(die Fees van Tabernakels in die maand Tishri) altyd dieselfde. Kan dit enige
verbintenis hê tot die geboorte van YAHUSHUA en SY dood op Pasga? Pasga is in
die eerste maand op die Gewyde kalender en Tabernakels is in die eerste maand
van die burgerlike kalender. Hosea 6:3 verduidelik dat YAHUSHUA sal kom soos die
reën, as vroeë-reën en die laat-reën op die aarde. Die heilige feesdae van die
Lente is gedurende die vroeë-reën en die heilige dae van die Herfs is gedurende
die laat-reën.
Hoofstuk 14 van Sagaria, lei die Milennium era in. Hierdie hoofstuk vertel van
die bevryding van Jerusalem en hoe die Messias Koning sal wees oor die hele
aarde. Dit eindig met die dat alle nasies die Wette van die Allerhoogste sal hou.
Die Fees van Tabernakels - daardie Groot Fees wat die teenwoordigheid van
YAHUSHUA die Messias simboliseer (HY IS die einste “Tabernakel van YAHUVEH”) sal
deur alle nasies van die wêreld onderhou word. Die profeet sê aan ons dat
vreeslike strawwe en plae afgeweeg sal word vir die volke wat weier om
afgevaardigdes, vir die Fees van Tabernakels, te stuur na Jerusalem.
En in daardie dag sal daar lewende waters uit Yerushalayiem uitvloei, die een
helfte daarvan na die Oostelike en die ander helfte daarvan na die Westelike See
... En YAHUVEH sal Koning wees oor die hele aarde; in daardie dag sal YAHUVEH
een wees, en sy Naam een...En almal wat oorbly uit al die nasies wat teen
Yerushalayiem aangekom het, sal jaar na jaar optrek om te aanbid voor die Koning,
YAHUVEH van die leërskare, en om die Huttefees te vier. En wie uit die geslagte
van die aarde nie na Yerushalayiem optrek om voor die Koning, YAHUVEH van die
leërskare, te aanbid nie - hulle sal geen reën kry nie. En as die geslag van
Mietsrayiem nie optrek en nie kom nie, op wie geen reën sal val nie, dan sal tog
die plaag hulle tref waarmee YAHUVEH die nasies tref wat nie opgaan om die
Huttefees te vier nie. Dit sal die straf van Mietsrayiem wees en die straf van
al die nasies wat nie optrek om die Huttefees te vier nie (Sag. 14:8-19).
Bou ‘n Sukkoth
Die Bybel sê “Bou ‘n sukkah (of ‘n hut). Rabbies het besonderhede bygevoeg
oor die grootte, materiaal, posisie ens. Jy kan enige afval hout gebruik wat jy
beskikbaar het, of gebruik ou lakens om ‘n avontuur te skep vir jou kinders (maak
‘n tentseil aan jou afdak of swaaistellasie vas met sterk toue). Een gesin het
siek kinders gehad en ‘n skuilinkie gemaak in hulle sitkamer van ou lakens.
Maaltye was daar geëet en hulle het af-en-toe die aand daar deurgebring. Die
belangrikheid hiervan, en elke ander heilige dag, is om herinneringe te skep -
nie om vas te haak by gebruike nie.
Om ‘n sukkah te bou en te versier is ‘n genotvolle gesinsprojek. Jim Gerrish,
met Bridges for Peace in Jerusalem, beskryf die volgende plan vir die bou van ‘n
sukkah:
Eintlik is dit nie so ‘n moeilike werk nie. Alhoewel jy vroeg moet beplan, om so
gou as moontlik te kan begin met die oprigting daarvan ná Yom Kippur, die Dag
van Versoening. In Israel begin sommige toegewyde Jode reeds met die oprigting
teen sononder op Yom Kippur, vier dae voor die Fees van Tabernakels.
Aangesien die sukkah nie ‘n ingewikkelde of blywende struktuur is nie, mag die
mees bekostigbare materiaal gebruik word. Jy sal 4 stewige stutpale nodig hê
(2x4 in SA). Vir die Hoeke twee kleiner pale. En 2x2 vir die dak. Alle planke
moet ongeveer 7 of 8 (2.5m) voet in lengte wees. Om die dak toe te maak sal jy
verskeie vloerlatte of borde benodig wat instaat is om liggewig boomlatte te kan
dra. Vir die kante lyk dit of ou lakens goed werk. Ander materiaal soos seile,
bamboes matte of selfs dun lamineer hout sal ook goed wees. Jy sal genoeg
hiervan nodig hê om drie kante toe te maak, met ‘n drapering aan die voorkant.
Vir die bo-kant hoef jy net eenvoudig ‘n klompie bome in jou tuin te snoei.
En nou vir die eintlike aanmekaarsit.Die tabernakel kan net mooi enige grootte
wees, solank dit groot genoeg is om in te sit. ‘n Vierkant meter van 7 voet
(2.5m) word aanbeveel, aangesien dit genoeg ruimte sal toelaat vir gaste. (maak
‘n groter sukkah indien jy geseënd is met ‘n groot familie)
Eerstens moet jy vier gate in die grond maak vir die vier reg-op hoekpale. Of in
plaas daarvan kan jy die pale anker tussen sement bakstene, of ontwerp vir hulle
ander stewige staanders. As jy dit op die maklike manier wil doen, kan jy ‘n
bestaande gebou gebruik vir een sykant van jou sukkah. Maak nou die horisontale
stokke bo vas, aan die buitekante, sodra die reg-op stutte stewig in plek is.
Daarmee klaar, kan jy die ander kleiner planke of ander klein ondersteunings
borde bo-op die dak sit.
Die volgende stap is om die bedlinne, of ander bedekking, te drapeer rond-om die
drie kante. Vir ‘n deur aan die voorkant sal ‘n laken, op ‘n gespande draadspoor,
goed werk. Ten laaste word die boomtakke bo-op gesit, maar as jy daarvan hou om
die sterre te sien, moet jy nie die dak te dig maak nie. Die sukkah kan nou
versier word volgens jou eie smaak. ‘n Tafel en stoele is ‘n moet. Dalk voel jy
lus om die mure te versier met prente of Bybel verse. Vrugte kan van die plafon
afgehang word; papier stringe en ander versierings kan teen die mure gehang
word. Gebruik jou verbeelding, en laat vir seker die kinders toe om te help.
Dit is gebruiklik om die binnekant van die sukkah te versier met prentjies,
muurbehangsels, graan gewasse, waarvoor Israel beroemd is: koring, gars, druiwe,
vye, olywe, dadels en granate.
Al wat nou oorbly is die genietinge. Nooi jou vriende om jou meesterstuk te kom
besigtig en saam met jou te deel in die blydskap. Toets ‘n maaltyd uit in die
sukkah, of spandeer selfs ‘n nag daar. Dit sal ‘n onvergeetlike en geseënde
ondervinding wees.
Wat om te doen in ‘n Sukkah
Loof YAHUVEH deur gebed.
Loof YAHUVEH deur lofliedere te sing.
Nooi familie, vriende, bure om saam met jou fees te vier.
Wuif die Lulav (groen takke)
Eet, drink, ontspan en dut.
Lees die gedeelte oor “YAHUVEH is ons beskutting” en “YAHUSHUA berei Ons
permanente Woning Voor” uit die “Messianic Significance of Tabernackles”
Sing liedere om die geboorte van YAHUSHUA te vier. Soos bv. : "Liefde en Vrede,"
"Stille Nag," "Daar Ver In ‘n Krippie," "Herders op Die Ope Velde" "Betlehem
Ster" ens.
Die lig van die Tabernakel lampe het die hele stad verlig. Versier die sukkah
met stringe liggies. Lees Bybelverse van YAHUSHUA as ons LIG: (Joh. 1:1-9; 8:12;
9:5).
Maak ‘n uitbeeldeing van Die Geboorte Van YAHUSHUA. Lees die verhaal van die
Geboorte van YAHUSHUA in Lukas of een van die ander Evangelies. Giet water op
die grond uit en lees die verklaring van YAHUSHUA in (Joh. 7:37).
Lees die verse wat hierdie Fees verduidelik hard-op: (Lev. 23:34-43; Deut.
16:13-15, en Num. 29:12-40).
Lees Joh. 7:2-39 waar YAHUSHUA die Fees van Tabernakels gevier het.
Baie Bybelse Profesieë vertel van die Messias se regering oor al die nasies.
Lees sommige hiervan hard-op vir jou gesin. (Psalms 2, 47, 93, 95, 96, 97, 98,
99, 110, en 126).
Vertel Bybel Verhale.
Begin nou, begroot elke jaar en geniet dit. Beplan om ten minste een maaltyd in
jou sukkah te nuttig, en gebruik dit miskien vir jou alleen-tyd saam met
YAHUVEH. Jonger kinders sal wil huis-huis speel daarin, wat heeltemal
aanvaarbaar is aangesien die Israeliete ook so “gehuisves” was vir veertig jaar.
Die Bybelse Instruksies van Die Fees van Tabernakels-Sukkot
In kontras met die somber ondertoon van Rosh haShanah en Yom Kippur, is die derde Fees een van suiwer blydskap. Die tyd van selfondersoek en argwaan, maak nou plek vir die fees wat genoem word: “Die seisoen van ons jubbelinge”
Die Name Van die Fees
Die Fees van Tabernakels of Hutte: Die naam kom van die Hebreeuse – Sukkot; en beteken tabernakel, hut. Dit is afkomstig van die opdrag in (Lev 23:42-43). Die nie-blywende blaarskuilings moes die Israeliete herinner aan GOD se getouheid gedurende hulle veertig jaar van rondswerwing in die wildernis. Die tabernakels simboliseer die mens se behoefte om op YAHUVEH te vertrou vir SY voorsiening van kos,water en skuiling.
Die Fees van Insameling
Die opdrag om tabernakels te bou en daarin te woon het jaarliks plaasgevind saam met Israel se laaste oes van die seisoen, en daarom was die naam “Fees van Insameling” ook gegbruik vir die fees. Ons sien hoe dit aangewend word vir hierdie fees in Lev 23:34; Deut 16:13. Die klem is op die verwantskap van die Heilige dag tot die insameling van die gesaaides gedurende die Herfs. Oer-oue Israel se ekonomie was agraries(landbou geriënteerd). Die seisoene het die aktiwiteite van Israel gelei. Die oorvloedige oes het ‘n hernude gevoel van verligting en dankbaarheid gebring in die opsig dat hulle nie sou honger lei nie omdat YAHUVEH weereens vir SY mense voorsien het. Dit is die fees wat aan die bedevaarders die Bybelse Fondasie voorsien het vir die eerste waarneming van Danksegging.
Die Seisoen van Ons Blydskap — Simcha
Die landbou jaar het ten einde geloop, die oes was versamel in die skure. Die werk was klaar en oes verby. GOD het vir Israel 7 feesdae gegee om alle wêreldse sorge opsy te sit om HOM te dank en te loof Wie oorvloedig voorsien het. Dit was ook die bedoeling van die instelling van ons eie “thanksgiving” viering.
Die Fees
Die impak van die Heilige dag op die Israeliete was so betekenisvol dat die fees van Tabernakels bekend geword het as die “Fees van die HERE” of net eenvoudig “Die Fees” die Hebreeuse woord agter die term fees is “Hag” wat beteken om te dans of om vrolik te wees. Dit was die hoogte punt in die jaarlikse siklus- dit was dié Fees.
Die Verpligtinge tydens die Viering
Wat presies was die Jode beveel om te doen tydens die 7 dae van Sukkot? Die bou van tabernakels. Die Israeliete was beveel om bondels latte (of Lulavs) te versamel om voor YAHUVEH te wuif en om blaaragtige tabernakels te bou om in te woon vir sewe dae. Om in tabernakels te woon was ‘n herinnering, nie van die onstandvastige tyd in die wildernis nie, maar van voedsel, sorg en beskerming deur YAHUVEH in die woestyn. Die profeet Jesaiah weerspieël hierdie gesindheid in (Jes. 4:6). Die blare het die Israeliete herinner aan hulle nederige ontstaan en hoe YAHUVEH vir hulle gesorg het. Die tabernakels was ‘n herinnering hoedat YAHUVEH aan SY mense skuiling sou gee en voedsel solank as wat hulle HOM sou gehoorsaam.
Die Opdrag om Te Jubel
Ons lees in (Deut 16:13-14) dat blydskap in YAHUVEH die vernaamste oogmerk van die fees was. In teenstelling met Yom Kippur en Rosh Hashanah, was Sukkot ‘n tyd van vreugde.Die Israeliete moes jubel in die Voorsienigheid van YAH in hulle daaglikse brood en ook hul geestelike lewens.
Viering van Sukkot in Bybelse Tye
Die Jode moes nie na Jerusalem gaan vir die fees van Rosh Hashanah of Yom Kippur nie, maar dit was wel van hulle verwag tydens Sukkot. Jurusalem was gespikkel met duisende tydelike dakkies. Ons sien dat daar, tot die bou van tabernakels en vreugde vieringe voor YAHUVEH, nog twee gebruike bygevoeg was by die fees teen die tyd van YAHUSHUA.
Die Seremonie van Water Gaan Haal
Die Joodse tradisie beskryf ‘n belangrike seremonie van Sukkot, wat genoem
word “Die Seremonie van die Water Gaan Haal” in Hebreeus genoem— Nissuch Ha-Mayim,
en is gewortel in die landboukundige aard van die fees.
Reën het ‘n belangrike rol gespeel in die viering van Sukkot.
Die water-haal seremonie was ‘n vreugdevolle gebeurtenis. Die Levitiese priester
sou water optrek uit die bad van Siloam in ‘n spesiale goue vles. Hy sou
vergesel wees deur ‘n groot groep mense wat saam met hom sou terug keer na die
Tempel – deur die Waterpoort.
Terwyl die priester arriveer- sou shofars weerklink het en hy sou dan die water
uitgiet oor die groot altaar. Die seremonie, om die water te gaan haal, is van
baie groter waarde as net die betrekking daarvan op lanboukunde. Die reën
verteenwoordig die RUACH ha KODESH, en die water wat gehaal word dui op die dag
wanneer, volgens die Profeet Joël, YAHUVEH SY Gees sou laat reën op Israel (Joël
2:28).Hierdie seremonie het selfs ‘n groter betekenis gekry toe YAHUSHUA die
fees bygewoon het in (John 7:37-39) en verkondig het dat HY die dors van die
siel sal les.
Die Verligting van Die Tempel
Nog ‘n seremonie van die Fees was die Verligting van die Tempel.
Teen die einde van die eerste dag van die Fees sou die priesters en Leviete afgaan na die binnehof van die Vroue. Vier goue kandelaars was opgestel in die binnehof met vier goue bakke bo-op- en was dan aangesteek. Die lig wat uitstraal van die kandelaars was so helder dat die Mishna sê: “Daar was geen plein in Jerusalem wat nie deur die lig verlig was nie.” (Sukkah 5:3). Die bui was baie feestelik, mense sou tot diep in die nag dans terwyl hulle brandende fakkels vasgehou het en gesange van lofprysing tot YAHUVEH gesing het. Die betekenis van die lig was om die SHEKINYAH HEERLIKHEID van YAHUVEH te simboliseer, wat eens op’n tyd die Tempel gevul het. Weereens het hierdie hele seremonie ‘n groter betekenis gekry toe YAHUSHUA in die Tempel gestaan het (John 8:12) en verkondig het dat HY die Lig van die wêreld was. HY was die Lig van die wêreld want in HOM was die volheid van die Heerlikheid van YAHUVEH.(Kol.1:19) In YAHUSHUA sien ons die vervulling van die fees van Tabernakels (John 1:14). YAHUSHUA is God wat woning kom maak tussen die mense. Dit is interessant dat die woord “kom woon het” ‘n tydelike verblyf impliseer- ‘n sukkot hut.
Die Toekomstige Sukkot
Die Profeet Sagaria skryf van die viering van ‘n toekomstige Sukkot Fees. YAHUVEH ag hierdie Fees so belangrik dat selfs die Heiden nasies dit ook moet vier— (Sagaria 14:16).
Universiële onderwerpe in die Fees van Tabernakels
In Joodse bronne is die rol van Israel, t.o.v redding vir die wêreld, ‘n groot onderwerp. In die kommentaar oor (Ps 109:4) word daar gesê: “Tydens die fee
Die betekenis van die Profesie in Sagaria
Die profeet Sagaria praat van die Einde van tyd, wanneer Israel en die nasies gesamentlik die Fees van Tabernakels sal vier. Hierdie dag van herstel sal plaasvind na die tyd van Jakob se benoudheid (Jer. 30:7) of in die nuwe verbond, die Groot Verdrukking (Mat. 24:21) Israel sal herstel word,beide geestelik asook volks-gewys. Haar vyande sal verpletter word, en YAHUSHUA ha MASHIACH sal regeer, nie alleenlik oor Israel nie, maar oor al die nasies van die aarde. (Sagaria 14:9). YAH sal die getroues onder die Heidene gebied om na Israel te kom en die Fees van Tabernakels te vier. (Sagaria 14:16).
Waarom het YAHUVEH die Fees van Tabernakels gekies, om die gehoorsaamheid van die Heidene te toets, en nie een van die ander hoof Feeste nie? Sommige studente glo dat Sukkot, die Fees van Insameling, die mees toepaslike tyd is vir GOD, om die vrugte uit die mensdom in te samel vir SY Koninkryk. Uiteindelik sal die hele aarde die sukkot-hut word van YAHUVEH, en HY sal vir Ewig regeer. (Openb 21:3-4).
Elisabeth (Elisheva) se Sukkot Boodskap
23 Oktober 2005
Shalom Al My Geliefde Familie In YAHUSHUA!
Ek skryf hierdie op die aand van Sukkot van die 6de dag, na aanleiding van
die kalender wat die Sukkot begin het op die 17de dag van Oktober.
Die Bedienings Webwerf by www.amightywind.com was ingebreek in en lêers is
uitgevee. Ons het hierdie ontdek op die Sabbat. Dankie aan almal wie aan my
geskryf het en my vertel het dat daar ‘n probleem was met toegang tot die
webwerf en sekere lêers. YAHUSHUA het julle op diens gehad, omdat met die
verhuis na ‘n nuwe land, sou ek dit dalk nie so vining ontdek het nie.
Dit is die eerste keer in tien jaar op die Internet dat dit gebeur het. Dit is
‘n teken vir ons om van webwerf verskaffers te verander. YAHUVEH Se woede sal
val op die vyande wie dit gedoen het. Ek sou nie verbaas gewees het as dit
alreeds begin gebeur het nie. Julle is net geskik vir vernietiging, daarom het
YAHUVEH dit toegelaat. Dit is ook ‘n teken hoe boos die vyande is wat probeer om
hierdie bediening te vernietig en hierdie profeet stil te maak.
Ons laat die gasheer verskaffer kyk of jy jou spore gelos het en hulle sal
uitvind wie dit gedoen het, maar ek glo ek weet, en YAHUVEH het gesê HY het jou
toegelaat om dit te doen, om jou genoeg ruimte te gee om jouself te hang net so
seker as wat Judas gedoen het. YIKES! OY VAY! Jy is oppad na verdoemenis en die
hel nou vir seker! Jy is moontlik verbaas dat ons jou spore so vining ontdek het
want jy het die leë leers gelos. Hoe demonies is jy nie, want jy het selfs die
bladsye uitgevee wat wys na die Bybel sowel as die koppelings na die Profesieë.
Oy vay!
Dit is nie my woorde wat jy uitgevee het nie, dit is YAHUVEH en YAHUSHUA Se
Woorde onder die Ruach ha Kodesh (Heilige Gees) salwing.
Ek sou nie in jou skoene wou wees nie, want Oordeel sal kom oor hulle wat gewaag
het om in te kom deur in te breek in hierdie, hierdie Heilige Heiligdom op die
Internet. Jy sal die woede van YAHUVEH sien kom oor jou en almal van hulle wat
jou gehelp het om te doen wat nog nooit voorheen gedoen was in die 10 jaar wat
ek op die Internet is nie.
Hieronder is net twee van die maniere hoe daar met ons vyande gehandel word en
dit is YAHUVEH ons Skepper wie wraak neem vir hierdie bediening.
Onthou toe ek julle vertel het dat ek hoorbaar vir YAHUVEH HOOR BRUL het en die
Woorde wat HY gespreek het terwyl HY gesê het HY brul voordat HY SY vyande
verslind! Vyande, as julle enige hoop op vergifnis van YAHUVEH het en AS jou
naam gevind is in die Lam se Boek van Lewe, sal jy lees wat hieronder is en
sidder in vrees van YAHUVEH SE WOEDE, want jou naam sal ook opgaan op die
Internet wanneer YAHUVEH wraak neem op jou.
Ek het YAHUVEH hoor sê op 23 Oktober 2005, “Jou vyande sal nou val soos
dominos." Ek speel nie eers dominos nie en ek weet baie min daarvan, maar ek
weet dit kan nie ‘n goeie ding wees vir diegene wie hulle self gestel het as
vyande van hierdie Bediening en Bedienaar nie.
Tot dusver gaan twee van ons vyande wie hierdie bediening laster sowel as vir my
begin om die gevolge van hulle boosheid te ly. Een vrou wie gebruik word deur
die sataniste, wat voorgee om Christen te wees, skryf nou vir ons en sê, "Bid
vir my, ek het ‘n breingewas." Haar naam is Tari Demario, en sy was gebruik deur
Zeph, Frankie, and Richard Keltner, onder andere, om te laster en om allerhande
leuens oor my te vertel deur die Internet en oor die radiogolwe.
Ons is besig om te kyk na die proses om ‘n radiostasie te begin waar dit weer
gebruik sal word onder die salwing, alleenlik hierdie keer, sal [‘n ander een]
en ek die gashere daarvan wees. Hou asseblief hierdie in gebed. Een suster het
alreeds geld daarvoor geskenk. Dankie, Kathy, jy weet wie jy is. Ons is ‘n halwe
wêreld van mekaar af en dinge is so anders waar ons nou bly. Dit is soos ‘n
ander wêreld hier. Ek moes weer so baie dinge leer, en die manier vergeet hoe my
huis gelyk het.
Ek het geen idee gehad van hoe ver ons sou moes reis nie toe ek gedink het dat
ons na een plek toe gaan, praat YAHUVEH met my in my slaap en ons eindig op in
‘n ander plek, ‘n plek waar ek gewonder het of ek ooit daarna toe sou gaan in
hierdie leeftyd, want ek het geweet dit sou wonderwerke neem. Wel, ons het die
wonderwerke gekry, en dit was as gevolg van ‘n vrou in Finland wie oorvloedig
saad gesaai het vir hierdie wonderwerk om plaas te vind. Die vyande soos Zeph
Daniel, Frank, en Richard Kelter is woedend en vra mense om vir hulle te vertel
waar ons is. Vra jouself…wie behalwe sataniste sou aangedring het om te wou
weet?
Ek was aangesê deur YAHUSHUA om hierdie mense toe te laat om te praat soos
YAHUVEH dit bepaal het omdat HY gesê het hulle is net geskik vir die vuur van SY
vernietiging en hulle grawe ‘n graf met hulle eie tonge! Die Bewys van die begin
van hierdie is hieronder geskryf. ‘n Vrou van California genaamd Tari Demario,
wie ons weet gestuur was deur ‘n Satanistiese Kult, is vol van ‘n legioen van
demone. Ons het probeer om haar te help om bevryding te kry op Pasga.
Hier is waar die nagmerrie begin het. Sy het aan ons geskryf op 21 Oktober 2005,
gedurende Sukkot en gesê sy het pas ontdek dat sy ‘n breingewas het. Tari
Demario, jy was gewaarsku en jy het geweier om te luister. Ek skryf hierdie om
ons ander vyande te waarsku dat YAHUVEH so genadig is. HY stuur altyd SY profete
om te waarsku voor die Oordeel. Dit het begin.
Tari Demario is die mees geestelik kranksinnige persoon wat ek nog ooit ontmoet
het of probeer het om te help. Baie binnekort nou het YAHUVEH my vertel sal hy
my vrylaat om die volle storie te vertel van Tari Demario en wie haar gestuur
het om hierdie Bediening te vernietig en hoe sy dit moes doen. Ek het haar ‘n
kans gegee om te bely want YAHUVEH het my vertel dat sy nie kan sê dat ek haar
nie tyd gegee het om te bely nie. Tyd is verby Tari, baie binnekort sal die
wêreld die waarheid lees oor wie jy werklik is.
Dit was baie hard om die slae van hulle aanvalle te kry en nie te praat en terug
te veg nie, maar YAHUVEH het vir my gesê om "Stil te staan en die redding te
sien van YAHUVEH en YAHUSHUA." Gedurende Sukkot het ek bevestiging gekry dat
YAHUVEH SY woord hou en SY wraak het begin, en ek weet HY sal dieselfde doen aan
Zeph, Frank, en Richard Keltner, Hunter, Steven Hanson, wie waag om homself ‘n
profeet te noem, onder andere vyande se name. YAHUVEH ken elke heks, towenaar,
satanis, “shaman”, wat probeer om Voodoo en die okkult te gebruik en probeer om
demone te stuur om my dood te maak, en hierdie Bediening te vernietig.
Onthou hierdie Bediening is nie vernoem na ‘n vrou of man of ‘n georganiseerde
Kerk nie. Inteendeel, dit is vernoem na die Skepper YAHUVEH en die enigste
Messias YAHUSHUA. (JESUS CHRISTUS) in Grieks.
Die enigste hoop vir die vyande word genoem BEKERING, as dit nie te laat is nie.
Hulle het nodig om op hulle knieë te val voor YAHUVEH en YAHUSHUA. Miskien sal
HY genade vir julle hê en julle tyd gee om te probeer om die skade wat julle
gedoen het te vergoed.
Die vrou genaamd Tari Demario en die ander een genaamd Angie Ray maai nou wat
hulle gesaai het. Hulle sal die eerste wees om te gaan deur YAHUVEH Se eie hand
van Oordeel, en nie enigiets wat ek gedoen het of wil doen nie. YAHUVEH IS
ALMAGTIG IN LIEFDE EN ALMAGTIG IN OORLOG. HY SEëN NIE NET NIE MAAR VERVLOEK.
Lees Deuteronomium 28 as jy nie saamstem nie.
YAHUVEH neem beslis wraak op ons vyande soos HY belowe het. Vir die van julle
wie Heilig is en onregverdig aangeval is omdat julle opstaan vir Heiligheid van
YAHUVEH en YAHUVEH en YAHUSHUA Se waarhede, wees bemoedig. Dieselfde YAHUVEH wat
hierdie Bediening en vir my regverdig sal met julle vyande ook afreken.
Angie Ray van Word Network, oor wie menigte mense geskryf het en saamstem met my
is ‘n voodoo bedienaar wat voorgee om ‘n Christen Bevrydings kerk te hê, het
haar gemeente van duisende gekry om te vas en te bid vir my dood, vernietiging,
en die vernietiging van hierdie bediening. Sy het vir hulle die webwerf gegee en
hulle kom daagliks hierheen. Maar dit boomerang terug na haar toe, want wanneer
die salwing hulle tref deur die profetiese boodskappe wat aan my gegee is, word
sommige van hulle vrygemaak en hulle skryf vir my en openbaar aan my dat hulle
vrygemaak is van haar leuens en bose towerspreuke! Hulle bestraf en hardloop weg
van hierdie Goliat van ‘n Vrou. [Lees meer oor Angie Ray Hier]
Iemand het nodig om vir Word Network te skryf of hulle te bel en hulle te laat
weet. Daar was vir my ‘n email geskryf deur ‘n voormalige diaken van haar kerk
en is vertel dat sy ‘n verskillende luukse kar het vir elke dag van die week! Sy
woon in weelde en soos ook haar dogters ten koste van haar arm gemeente. Gaan
voort, Angie Ray, jy mag die rykdom van hierdie wêreld hê, maar my skatte is
gestoor in die Hemel waar mot nie kan verniel nie en diewe nie kan inbreek nie!
Al wat jy het na jou laaste asem is die hel en die poel van vuur vir alle
ewigheid omdat jy jou siel verkoop het aan satan in my opinie, en ander stem
saam.
‘n Geliefde Suster in YAHUSHUA het net vir my geskryf op 21 Oktober 2005, en my
laat weet sy is nie langer meer lid van Angie Ray se Bediening nie, trots genoem
ARM. Selfs daardie naam wys vir jou dat Angie Ray dink haar krag kom van haar
naam, want die naam van haar sogenaamde bevrydings bediening is voorletters van
haar naam! Die ARM is Angie Ray se arm!
Die enigste ARM waarop ek staatmaak om te beskerm en te salf en my te seën en
hierdie Bedienig is die ARM VAN YAHUVEH EN ARM VAN YAHUSHUA EN DIE “ARMOR” VAN
DIE RUACH HA KODESH! Daardie behoort elkeen die ware gees van Angie Ray te wys.
Word Network het of geen onderskeiding wanneer sy ter sprake kom nie of hulle is
deel van haar boosheid of hulle is onder haar voodoo towerspreuke! Watter ander
verduideliking is daar?
Hoe meer Angie Ray haar gemeente kry om teen my en hierdie bediening te bid, hoe
meer woede van YAHUVEH val op haar en op diegene wie bid teen my en hierdie
Bediening. Die groot geheim wat haar eie gemeente nie weet nie en ek vertel nou,
is dat ek vertel is deur hierdie suster wie my gewaarsku het wat Angie Ray doen,
is dat Angie Ray in die hospitaal is en niemand is veronderstel om dit te weet
nie. Want die spioene wat hierdie sal lees…as sy uit is teen die tyd wat julle
hierdie lees, waarom vind julle nie uit of hierdie waar is nie?
Wee aan enigeen wat dink hulle kan hierdie Joodse Diensmaagd vervloek met die
wettige nooiensvan van Elijah--my moeder se nooiensvan is Elias—en dink hulle
kan hierdie Bediening aanval vernoem na die Aleph en Tav, in Grieks die Alpha en
Omega, wie YAHUVEH en YAHUSHUA is…en die RUACH HA KODESH (Heilige Gees) is die
VUUR daarin!
Ek is soos ‘n Nehemiah en ek weier om af te kom van hierdie muur op die Internet
en sal aanhou om die troepe op hierdie muur te versamel, wie die Bruid van
YAHUSHUA is! Ons doen die werk en YAHUVEH en YAHUSHUA veg vir ons!
Enigeen wie hierdie Bediening aanval, val die Heilige Drie-Eenheid aan, want my
naam is nêrens in hierdie Bediening nie en ek word net gebruik as die mondstuk
vir YAHUVEH en YAHUSHUA. My vyande het hulle self opgestel as YAHUVEH en
YAHUSHUA Se vyande, want ek preek, onderrig, en leef net volgens YAHUSHUA se
weg, nie my weg nie! Angie Ray en die ander wat hierdie Bediening laster, julle
word gebruik deur satan om my aan te val, net omdat ek opstaan vir YAHUVEH Se
waarheid en Heiligheid, en as julle nie vining bekeer nie sal julle sekerlik kom
onder die swaar hand van YAHUVEH SE WOEDE EN OORDEEL en sterf vir wat julle
probeer om te doen.
In YAHUSHUA HA MASHIACH Se Naam, bid ek dat die een wie haarself Pastoor Angie
Ray noem, en die ander vyande wie hulself Christene noem, maar nie soos
Christene optree nie, sal bekeer tot YAHUVEH en vir my skryf en apologie
aanteken en vining wegdraai van hierdie boosheid, in die openbaar apologie
aanteken, want julle het julle hand gestel teen ‘n Bediening wat Heilig is en ‘n
vrou wat ‘n gesalfde erdekruik van YAHUSHUA is, gewas is in die gestorte bloed
van YAHUSHUA, wie gebruik word vir YAHUVEH en YAHUSHUA Se Glorie om ‘n mondstuk
te wees tot die nasies.
Dit is die salwing van die Ruach ha Kodesh wat die jukke en bande breek, en die
enigste rede dat ek die boodskappe van YAHUVEH en YAHUSHUA hoor is nie enigiets
van my waarop ek kan roem nie. Sonder die Naam en bloed van YAHUSHUA en die
salwing van die Ruach ha Kodesh, is ek kragteloos. Ware Profete word gebruik om
Seëninge sowel as vloeke uit te spreek. Lees jou Bybel, selfs YAHUSHUA het die
vyeboom vervloek omdat dit nie vrug gedra het nie, en dit het verwelk en
verdroog!
Ek is nie in die okkult nie, of was nog nooit nie. Ek is gered, geheilig, ingewy
en gevul met die HEILIGE GEES vir 30 jaar. Ek is gebruik om diegene te ontbloot
wie sê dat hulle Christene is en tog nie is nie. Diegene wat my beskuldig
hiervan is hulle wat in die okkult is. Hierdie mense is woedend vir my en
tog…wie sal die uitgesoektes waarsku sodat hulle nie mislei word nie as hierdie
Bediening hulle nie waarsku nie?
Wee aan julle mense wie ‘n gesalfde, Heilige Bediening en profeet aangeraak het.
Julle kry ‘n voorsmakie van my Abba YAHUVEH Se woede! Ek is ‘n weeskind in
hierdie wêreld, ek het nooit die liefde van ‘n aardse Vader, of Moeder, Suster,
of Broer geken nie, nie eers soveel as ‘n tannie of oom, of grootouers nie. Oy
Vay! Ek weet nie eers wat dit is om ‘n niggie te hê nie!
Maar ek het ‘n Hemelse Vader YAHUVEH wie my beskerm en seën. Ek het ‘n Messias
en spoedig komende Bruidegom wat my verdedig soos geen ander nie. SY naam is
YAHUSHUA HA MASHIACH! In Grieks uitgespreek JESUS. YAHUVEH sê wee aan die een
wat ‘n weeskind seermaak. YAHUVEH beskerm ons veral.
Aan al diegene wat gebruik word om hierdie Bediening en my aan te val, julle
beter bekeer tot YAHUVEH en YAHUSHUA en smeek vir genade, of verdoemenis, dood,
die Hel en die Poel van Vuur sal julle noodlot wees! Ek staan slegs op die
skrif, "Geen wapen wat teen my gerig word sal voorspoedig wees nie, elke tong
wat teen my opstaan sal veroordeel word, want dit is die erfenis van die
heiliges."
Vyande van hierdie Bediening, onthou ek is nie net ‘n geestelike Jood nie, maar
‘n biologiese Jood, en julle is soos ‘n Balaam wat vasberade was om Israel te
vervloek! YAHUVEH het hierdie vir my vertel gedurende Sukkot. My vyande is soos
‘n Jezebel, en onthou wat YAHUVEH gedoen het aan Jezebel deur te probeer om Elia
van ouds dood te maak? satan gebruk so baie van julle wat hierdie lees en julle
weet dit nie eers nie, maar julle sal binnekort wanneer Oordeel val en YAHUVEH
doof is vir julle gebede om hulp.
Bekeer vandag voordat dit te laat is. Al die ander wat hierdie lees en die
vervolging sien wat gemik is teen hierdie bediening, onthou dit ....as jy niks
doen om hierdie Bediening te help nie, sal jy steeds verantwoordelik gehou word
deur YAHUVEH en YAHUSHUA want jy is ‘n hindernis en nie ‘n hulp nie. Wanneer jy
hulp nodig het, sal daar niemand wees om jou te help in die uur van jou nood
nie. So baie word getoets terwyl hulle kante kies. Julle is weduwees van
Zarepheth en weet dit nie, want julle het tans nie enige gebrek nie.
Laat my verduidelik. Tien jaar gelede, toe ek eerste begin profeteer het oor die
Internet, kon jy nie vroue profete vind nie. Dit was ‘n man se wêreld vir die
grootste gedeelte. Ek was vervolg deur die mans wie profete was en Apostels en
selfs gedreig en vals genoem omdat vroue nie toegelaat was om te profeteer op
die Internet nie. Ek het amper opgegee op daardie stadium. Een man genaamd
Andrew Strom in besonder het dit baie moeilik vir my gemaak, hy het my op sy
email lys van honderde name geplaas en my verdoem, en gesê daar is nie so ‘n
ding soos ‘n ware 'so sê die HERE nie.' Ek was verwoes en nie baie sterk in
geestelike oorlogvoering nie, en soos ek gesê het, ek wou omdraai en hardloop.
Maar YAHUVEH het net die salwing in my vermeerder en die begeerte om SY
boodskappe voort te spreek.
YAHUVEH het vir my gesê om myself nooit ‘n profetes te noem nie, want daardie is
‘n etiket wat ‘n man wil hê ‘n vrou moet dra om geslagte te verdeel. Wanneer die
RUACH voort spreek, gee die RUACH HA KODESH nie om of jy ‘n man, vrou, seun of
dogter is nie. Oy Vay! Het die mans kwaad geword daarvoor. Selfs toe hulle moes
erken het dat ek ‘n profesie van YAHUVEH ontvang het, sou hulle skryf en sê, “Jy
is nie ‘n Profeet nie, jy is ‘n Profetes!” Ek weier om ‘n kompromie aan te gaan
en ek sal aanhou om te doen wat YAHUVEH en YAHUSHUA sê. Ek sal slegs ‘n eggenoot
van hierdie wêreld gehoorsaam, solank dit in lyn is met wat YAHUVEH en YAHUSHUA
sê! Vroue, hierdie is opdragte gegee aan my reguit uit die Hemel, en ek gee dit
vir julle aan. Indien daardie eggenoot, of hy gered is of nie gered is nie, jou
‘n opdrag gee en dit is nie in lyn met skrif nie, BESTRAF HOM en laat hom weet
jy gehoorsaam jou EERSTE LIEFDE. Alleenlik as hy jou vra om iets te doen wat in
lyn is met wat YAHUSHUA wil hê jy moet doen, sal jy gehoorsaam!
YAHUSHUA vertel vir my dat ek die amp het van ‘n Apostel en dat ek daardie titel
moet gebruik omdat dit ander vroue sal bemoedig wie ook die Apostoliese amp het
om te wandel in daardie salwing. Mans het teen my opgestaan en my vertel dat
geen vrou ‘n Apostel kan wees nie. Vertel dit vir Maria Magdalena wie die eerste
Apostel was en geliefde van YAHUSHUA. ‘n Apostel wandel in al vyf ampte wat is
1-Apostel, 2-Profeet, 3-Pastoor, 4-Evangelis, 5-Leerder. Mans probeer my in ‘n
boks plaas en vra, “Watter amp is jy in?” Ek pas nie in enige boks nie, want al
die gawes van die Ruach vloei eweveel voort. Toe het YAHUSHUA my vertel deur
bevestiging op bevestiging dat ek die amp van ‘n Apostel gehad het. Die vroue
het nodig om weer bemoedig te word. Moenie dat jou eggenoot daardie salwing in
jou blus nie. Moenie dat enige man dit doen nie, selfs al noem hy homself ‘n
Pastoor of Rabbi!
Wow! Waar het dit vandaan gekom? Iemand wat hierdie lees moes dit nodig gehad
het. Ek was slegs besig om vir Suster Joy terug te skryf, met betrekking tot
vervolgings droom, en die volgende ding wat ek weet is dat die salwing my tref
en nou het ek ook ‘n nuwe ope brief aan die Gemeente wat bymekaarkom op hierdie
AlmightyWind Internet Heiligdom Muur.
Ek was deur YAHUVEH vertel 10 jaar gelede dat HY my voortstuur na die weduwees
van Zarepeth al weet hulle dit nie, want hulle het nou pragtige huise, en
besittings, weelde van hierdie wêreld, en betrekkings. Maar HY sou my voortstuur
soos HY gedoen het met Elia van ouds, om die metaal van die mense te toets.
Wat sou gebeur het as die Weduwee van Zarepeth nie met Elia van ouds gedeel het
wat sy gedink het haar en haar seun se laaste maaltyd sou wees nie? Sy sou die
wonderwerk van voorsiening gemis het, waar sy nooit weer honger was nie, en ook
was sy nooit weer arm nie, en het sy selfs later getrou.
Sy sou haar uitnodiging van YAHUVEH deur Elia van Ouds gemis het, en nou word ek
gestuur na die wêreld terwyl YAHUVEH my SY "Elia van nuuts" noem en YAHUSHUA
noem my SY "Ring Maiden."
YAHUVEH toets almal wat nou hierdie lees…wat sal jy doen met hierdie "Elia van
nuuts" en YAHUSHUA Se "Ring Maiden"? Sal jy kies om ‘n seën te wees tot hierdie
Bediening of ‘n Vloek? Die keuse is joune. Ek is niks meer as ‘n erdekruik wat
YAHUVEH gebruik om die metaal te toets waarvan jy gemaak is nie. Sommige wat
hierdie lees sal woedend wees wanneer ek jou vertel dat YAHUVEH my gestuur het
om aan jou te openbaar dat jy getoets is en jy is ‘n Jeremiah 6:27-30.
Jeremia 6:27-30 (1953 AOV)
EK het jou onder MY volk as toetser gestel, as vesting, dat jy hulle weg kan ken
en toets. Hulle is almal die oproerigstes van die oproeriges wat omgaan met
kwaadsprekery; koper en yster is hulle; hulle handel almal verderflik. Die
blaasbalk blaas hard; wat uit die vuur gereed kom, is lood; tevergeefs hou hulle
aan met smelt, maar die slegtes word nie afgeskei nie. Hulle word genoem:
Verworpe silwer; want die HERE het hulle verwerp.
Aan al my vyande wat hulle tande kners en my wil dood hê. Ek het hierdie om vir
julle te sê.
Neem ‘n nommer en staan in die ry! My werk op hierdie aarde dat ek gesalf is
deur die Ruach ha Kodesh om te doen is nog nie klaar nie, alles vir die Glorie
van YAHUVEH en YAHUSHUA en ek sal nie teruggaan Hemel toe totdat dit klaar is
nie. Ek is vasberade om alleenlik hierdie aarde te verlaat wanneer YAHUSHUA kom
vir SY BRUID. Tot dan is ek weggesteek onder die skuiling van YAHUVEH SE ARMS
soos in Psalm 91, en geplons en weggesteek in die gestorte Bloed van YAHUSHUA HA
MASHIACH, my geliefde Messias en eerste liefde van my lewe. Ek is vasberade om
altyd vir YAHUVEH en my Messias YAHUSHUA eerste in my lewe, liefde, huwelik en
hierdie Bediening te plaas! My lewe en siel en hierdie Bediening hang daarvan
af.
O, ek bid dat YAHUSHUA kom vir SY Bruid in 2006, want dit is die volgende keer
wat Rosh Ha Shanah op ‘n Sabbat val. Ek is so vermoeid met veg met die vyande in
hierdie wêreld. Ons sal sien Geliefde lede van die Bruids party van YAHUSHUA.
Tot dan, laat ons aanhou opkyk en weet ons verlossing is waarlik besig om nader
te kom! Laat ons nie sê ons het hierdie aarde verlaat sonder om die goeie geveg
te veg in die Naam van YAHUSHUA teen satan en sy dienaars nie! Laat ons
vasberade wees om dapper te wees vir YAHUSHUA maak nie saak teen watter koste
nie! Laat ons weier om ‘n kompromie aan te gaan teen wat ons weet waar is. Die
Heilige Skrifte kan nie lieg nie! Laat ons vasberade wees om HEILIG en
gehoorsaam te wees vir die Glorie van YAHUVEH en YAHUSHUA! Uit onsself kan ons
dit nie doen nie. Maar deur die Ruach ha Kodesh kan ons alles doen deur YAHUSHUA
wie ons versterk. Die Bybel sê, "As jy MY liefhet, sal jy MY gebooie onderhou."
Hoe meer eenvoudiger kan dit word?
My vyande verdraai wat ek sê. Dit is nie ons goedheid wat ons in die Hemel kry
nie, dit is slegs deur die Naam van YAHUSHUA en deur SY Gestorte bloed wat ons
gered kan word. Alhoewel, laat ons nie die woord genade gebruik om met opset te
sondig nie en verskonings vir sonde te maak nie, want wil ons nie behaaglik
gevind word vir YAHUVEH op die manier wat Henog was nie?
Een laaste ding vir die vyande wat spot en vloeke stuur teen YAHUSHUA SE DEMON
STOMPERS. YAHUSHUA het onlangs vir my vertel dat YAHUSHUA SE DEMON STOMPERS die
BRUID VAN YAHUSHUA is! Wie is meer gesalf om daardie demone te vertrap! Vat
daardie, Tari Demario, Angie Ray, en die res van satan se kinders. Dankie
geliefdes wat genoem word YAHUSHUA SE DEMON STOMPERS ook genoem die BRUID VAN
YAHUSHUA vir al julle liefdevolle ondersteuning en bemoediging. Hoe innig het ek
elkeen van julle lief. Selfs al praat ek nie met julle almal hier op aarde nie,
sal ons bymekaarkom by mekaar se herehuise in die Hemel. Wat ‘n dag van
verblyding sal dit nie wees nie! Amen, Selah.
Beledigend vir sommige wie weier om te luister, en verligtend vir ander wie die
waarhede van YAHUVEH en YAHUSHUA omhels, gegee deur die profetiese boodskappe
gegee aan hierdie “Ring Maiden” van YAHUSHUA.
Apostel Elisabeth (Elisheva) Elijah
23/10/05
Profesieë
Profesie 75
Vir wie is julle bang om te beledig, vir MY, YAHUVEH of julle bure? Gee julle regtig om wat ander sal dink, meer as dit wat MY YAHUVEH en YAHUSHUA bly sal maak? Weet julle nie dat MY mense besonders genoem word nie, hulle loop nie na die klank van die wêreld nie, maar na die klank van die Hemel. Hoekom sal jy skaam wees hieroor, MY kleine kind. Dit sal dan eerder 'n getuienis vir MY, YAHUVEH se GLORIE wees! Bid dat julle bure notisie sal neem, sodat julle vir hulle die storie kan vertel hoekom julle 'n "Sukkot" ter herinnering van MY Woord bou. Dit sal MY bly maak, omdat Die wat dit doen, getuig van MY, voor hulle bure, nou vra EK julle om dieselfde te doen. Hoe kan julle van MY getuig en 'n voorbeeld van julle geloof wees, as julle jul "Leanto" in julle badkamers weg steek?
Die "Sukkot" moet buite wees waar julle die Opelug kan aanskou. Die Joodse mense besef nie eers hoekom die "Sukkot" 'n opening in die dak het nie. Dit is om die Skrif te vervul, wat sê, "Kyk op, julle verlossing kom nader, omdat YAHUSHUA julle MESSIAS vanuit die Ooste kom". Julle moenie bang wees vir julle vyande wat julle seer maak nie, omdat EK, YAHUVEH die wat MYNE is, sal seën en beskerm, en die wat dink hulle is wys, sal EK dronkslaan, terwyl julle die bose weë van die wêreld en die houe van die vyande ignoreer. EK sal die tart, wat jou tart in hulle tye van nood.
Profesie 91
MY HEILIGE WIND, MY GEES, die Kosbare RUACH ha KODESH, is besig om hierdie land skoon te vee! In minder as ‘n minuut het EK heen en weer geloop, en het met MY eie oë aanskou wat aangaan, op Sukkot. Dit is nie dat EK blind is nie, EK het dit ook vanuit die Hemel aanskou, maar EK wou ook op hierdie aarde loop en so het EK, YAHUVEH dit gedoen op die 27ste.
Op die dae van Sukkot is julle Jode so vol van trots. "My Sukkot is beter as jou Sukkot. My kos is beter as joune. Ek lees die Torah langer as wat julle doen." Julle almal het fokus verloor. Slegs ‘n klein oorblyfsel het hulle sukkots gebou en hulle was die nederigste en hulle het waarlik MY hart aangeraak, omdat hulle dit nie net as ‘n ritueel gedoen het nie; hulle het dit nie met trots gedoen nie. En diegene wat MY hart aangeraak het, het daardie nagte na YAHUSHUA gesoek. EK het MY Messiaanse Jode, sommiges van die einste Bruid van YAHUSHUA, is nou in Jerusalem en hulle het MY hart aangeraak. EK is nie kwaad vir diegene wat uitgekyk het vir MY Seun se koms nie, gewag het en bedroef was, omdat dit nog nie die tyd vir SY koms was nie. EK is kwaad vir die wat net hierdie Heilige Dag as ‘n ritueel beskou het.
Profesie 102
Kyk, EK was net eenmaal daardie geslagte LAM. EK het die vyand toegelaat om MY gesig te slaan. Maar dit was net eenmaal! EK het die doringkroon gedra! EK het die vernedering van hierdie wêreld verdra! Maar dit was net eenmaal..... EK het aan daardie Kruis gehang! EK was onherkenbaar geslaan! EK het gedors na julle! EK het dors gehad vir julle ongeregtighede! EK was honger vir julle! EK was gespot en EK was verag! Dit (Sukkot) is die tyd van MY geboorte op hierdie aarde! En hoe min het dit eers erken! Hulle sal 'n heidense vakansiedag vat wat toegewy is aan 'n ander heiden (Koning Nimrod) wat direk uit die put van die hel is en hulle gee vir MY daardie verjaarsdag? Maar hoe min eer MY in hierdie tyd van Sukkot? Hoe min eer die prys wat EK betaal het?...
Profesie 115
Moenie vergeet Sukkot kom nie. Doen julle bes om dit te onderhou. As julle niks anders kan doen nie, slaap op die vloer en maak ‘n tent met ‘n kombers. EK ken jou hart. Ek weet wat jy kan doen en EK sal dit eer en EK sal jou seën.
Profesie 116
Verduideliking oor hoe die Profesie na vore gekom het:
Adam en Elisabeth [Elisheva] het oor die telefoon gepraat. Hulle het begin bid vir seën vir Adam en Kathrynyah vir ʼn reis wat hulle wou onderneem om Elisabeth [Elisheva] te gaan sien tydens Sukkot.