Menorah vir die eerste dag van Hanukkah!
Begin om op 'n nommer in die kalender boksies te kliek, vir die dag van Hanukkah waarvoor jy graag 'n kers wil aansteek. Die kers op die middel is reeds aangesteek, wat YAHUSHUA HA MASHIACH, die Lig van die wêreld, verteenwoordig.
Dag 1

Hag Sameach en Gelukkige Hanukkah! Voordat jy begin lees oor die seëninge,
wil ek julle 'n vinnige verduideliking gee van hoekom ons dinge anders doen as
ander Bedienings. Julle sal sien dat ons al drie seëninge opsê gedurende al 8
dae van Hanukkah. YAHUSHUA ha MASHIACH het my tydens gebed oortuig, hoekom ons
net die 3de seëning opsê op die 1ste dag, en nie op al 8 dae nie. En daarom sê
ons al 3 seëninge gedurende al 8 dae, terwyl ons onthou dat Maria swanger was
met YAHUSHUA HA MASHIACH op die 1ste dag van Hanukkah, en gebore op die 1ste dag
van Sukkot, en natuurlik die wonderwerk van die olie wat vir 8 dae gehou het.
Jy kan my hoor sing en die 3 seëninge hoor lees in Hebreeus en Arikaans, deur op
my foto in die linker hoek te kliek. Die seëninge is ook neergeskryf in Hebreeus
en Afrikaans, sodat julle saam met my dit kan lees en saam sing.
YAHUSHUA HA MASHIACH seën julle Hanukkah en verwag wonderwerke vanaf YAHUSHUA HA
MASHIACH. Hag Sameach! In YAHUSHUA HA MASHIACH se liefde, Apostel, Profeet en
Pastoor Elisheva Eliyahu.
Gebede wat gebid moet word tydens die aansteek van die Chanukkah
Mag dit U wil wees, YAHUVEH, my Skepper YAHUVEH en My Abba YAHUVEH in die
Naam van YAHUSHUA dat hierdie ‘n aanvaarbare tyd voor U sal wees waartydens ons
die aansteek van die Chanukkah lamp herdenk, ter herinnering van die helderste
lig wat U na die wêreld ingestuur het. U eniggebore Seun ons YAHUSHUA HA
MASHIACH. En ‘n herinnering hoe dat HY verwek was tydens ‘n Chanukkah (en nege
maande later gebore was tydens Sukkot, die fees van Tabernakels).
Hierdie is nog ‘n rede waarom ons die fees van lig vier. Olie lampe brand uit na
agt dae. YAHUSHUA,die helderste lig wat ooit na die aarde gestuur was, die ware
lewende olie, sal vir EWIG aanhou. Ons vier die wonderwerk van altwee ligte.
YAHUSHUA is die LEWENDE MENORAH! Die EWIGE LIG wat nooit sal uitbrand nie!
Dankie YAHUSHUA omdat U hierdie openbaring aan Elisabeth gegee het 23 November,
2005. Want dit is U YAHUVEH wat my lamp sal aansteek, in die Naam van YAHUSHUA,
wat my duisternis sal verlig.
Stel U lig en Waarheid vry, want ons soek net U waarheid deur die RUACH HA
KODESH (Heilige Gees) wat my sal lei om U Heilige Gewyde Name te vrees en lief
te hê, om U heilige Torah te bestudeer, te onderhou en te onderrig. Die geskrewe
Torah en die gesproke Torah, wat gekom het as die Woord wat vlees geword het, U
enig gebore Seun, YAHUSHUA HA MASHIACH. Om met groot toewyding Eer te bring aan
U geseënde, verhewe Naam YAHUVEH en U Seun YAHUSHUA.
Maak ons wys deur die lewende, leidende lig, YAHUSHUA, U lewende Torah, deur die
deugsaamheid van die Chanukkah liggies. Laat hierdie vers vervul word soos dit
geskryf is: ”Hierdie boekrol van die Torah mag nie uit jou mond wyk nie, of uit
die mond van jou kinders of uit die mond van jou kinders se kinders van nou af
tot in ewigheid” Mag my kinders en kleinkinders gehoorsaam wees aan die Torah en
getroue mense wees, en versterk ons voorneme in getrouheid aan die Torah en
gehoorsaamheid aan U, alles volgens U goeie wil. Laat ek dit verdien om kinders
en kleinkinders te sien deelneem, in opregtheid, aan die Torah en gebooie.
Open ons oë sodat ons die wonders kan waarneem van U Heilige Torah om die
waarheid te onderskei van die Torah en die verborgenheid daarvan. Reinig ons
harte vir U diens, distansieeër ons van boosheid en sondige gedagtes, laat ons
oë die terugkeer van U Geliefde Seun,YAHUSHUA, aanskou wat sal kom en regeer as
Koning van die Konings en Here van die Here in Jerusalem.
Kers Aansteek Seëninge Al Agt Aande
Eerste seëning, nadat die Shamash aangesteek is
Ba-rucha-tah Adonai E-lo-hei-nu, Mel-ech ha-olam,
Geseënd is U, O YAHUVEH ons God, Koning van die heelal,
Asher kideshanu be-mitzvotav,
Wie ons geheilig het deur U Woord,
ve-tzivanu le-hadlik ner shel Chanukah.
En ons beveel om die Chanukkah liggies aan te steek.
Al Ha-Nissim
Geseend is U, O ABBA YAHUVEH, ons Skepper, ons HEMELSE VADER in die HEMEL, U is KONING van die Heelal, wie ons geheilig het deur U Woord, en ons beveel het om die Chanukkah liggies aan te steek en om dit ter herinnering te doen.
(OPGESê VIR ELK VAN DIE AGT AANDE)
Ha-ne-roth hal-la-lu, a-nach-nu mad-li-kin al ha-nis-sim,
Ons steek hierdie liggies ter wille van die wonderwerke aan,
v’al hat-shu-oth v’al ha-nif-la-oth she-o-see-ta la-avo-tei-nu,
Die verlossing en wonders wat U gedoen het vir ons voorvaders.
al y’de ko-ha-ne-cho, hak-k’do-shim. V’chol sh’-mo-nath y’may
deur U heilige priesters, gedurende al agt dae van
chanu-kah, han-ne-roth hal-lo-lu ko-desh; v’ain lo-nu r’shuth
Chanukah hierdie liggies is heilig, ook is ons nie toegelaat om enige misbruik daarvan te maak nie.
l’hish-ta-mesh bo-hem el-lo lir-o-tom bil-vad. K’de l’ho-doth,
maar alleenlik mag ons daarna kyk vir die doel van danksegging
L’shim-cha al ni-se-cho, v’al y’shu-o-se-te-cho, v’al nif-l’o-te-cho
tot U naam, vir U wonderwerke. U verlossings en U wonders.
Ba-ruch a-tah Adonai E-lo-hei-nu, Mel-ech ha-olam,
Geseend is U, O YAHUVEH, ons God, koning van die heelal,
she-a-sa si-sim la-a-avo-tei-nu ba-ya-mim ha-hem ba-ze-man ha-zeh
Wat wonderbaarlike dade gedoen het vir ons vaders in dae van ouds gedurende hierdie seisoen.
Tweede seëning, nadat die Shamash aangesteek is
Ba-ruch a-tah Adonai E-lo-hei-nu, Mel-ech ha-olam,
Geseënd is U, O YAHUVEH ons God, Koning van die heelal,
she-he-che-ya-nu ve-ki-ye-ma-nu ve-hi-gi-a-nu la-ze-man ha-zeh
Omdat U aan ons lewe gee, ons onderhou, en ons instaat gestel het om hierdie seisoen te bereik.
Blessed are YOU, ABBA YAHUVEH our CREATOR, our HEAVENLY FATHER, KING of the universe, who performed miracles for our forefathers in those days and who will continue to give us miracles and deliverance from the reprobate enemies’ hands at this time of Hanukkah. Hanukkah in Hebrew means dedication. Hanukkah means deliverance and miracles and we have 8 days that we can rejoice and wait. When you’re lighting those Hanukkah oil lanterns or Hanukkah candles, just expect miracles, ask forgiveness in YAHUSHUA HA MASHIACH'S NAME then you go to the FATHER ABBA YAHUVEH and you ask what you will. And if its HIS will, we believe in miracles and it will happen and HE will deliver us once again from the hands of the enemies who seek our destruction
Derde Seëning
Shehekiyanu
Ba-ruch a-tah Adonai E-lo-hei-nu, Mel-ech ha-olam,
Geseënd is U, O YAHUVEH ons God, Koning van die heelal,
she-he-che-ya-nu ve-ki-ye-ma-nu ve-hi-gi-a-nu la-ze-man ha-zeh
Omdat U aan ons lewe gee, ons onderhou, en ons instaat gestel het om hierdie seisoen te bereik.
Geseend is U, O ABBA YAHUVEH, ons Skepper, ons HEMELSE VADER in die HEMEL, U
is KONING van die Heelal, wie vir ons lewe gee, en vir ons voorsien, wie vir ons
die openbaring gee dat YAHUSHUA HA MASHIACH die lewende Menorah is, die lewende
Torah, die Woord wat vlees geword het, terwyl ons die fees van toewyding vier op
hierdie fees van ligte, terwyl ons die ewige Lig, YAHUSHUA HA MASHIACH vereer.
Die begeerte van ons hart is om 'n lig te wees sodat ons siele na YAHUSHUA HA
MASHIACH kan lei. Geen vlees kan gered word nie, behalwe deur die Naam en die
Bloed van YAHUSHUA HA MASHIACH. Handelinge 4:12 “Daar is redding in geen ander,
en ook is daar geen ander naam onder die hemel, wat vir mense gegee is, in wie
ons gered moet word nie!”
YAHUSHUA HA MASHIACH is die enigste bloed opoffering vir mense wie hulle sonde
bely, berou toon en wegdraai vanaf hulle sonde.
YAHUSHUA HA MASHIACH was gekruisig en was vals beskuldig van Lastering, deurdat
HY gesê het dat HY die Seun van GOD YAHUVEH is en op die derde dag vanuit die
dood uit opgestaan het.
YAHUSHUA HA MASHIACH het meer wonderwerke gedoen wat enige boek kan inhou,
totdat HY in die Hemel opgevaar het op die 40ste dag, voor baie getuies.
Handelinge 1:3 “met baie onbetwisbare bewyse het HY getoon dat HY lewe. In die
loop van veertig dae het HY by verskeie geleenthede aan hulle verskyn en met
hulle oor die dinge van die koninkryk van GOD gepraat.”
Mattheus 4:17 Van toe af het YAHUSHUA begin preek en gesê: “Bekeer julle, want
die koninkryk van die hemel het naby gekom.”
Hieronder is 'n herinnering van al die wyses waarop
YAHUVEH ons Joodse voorvaders verlos het, soos dit in die Heilige Skrifte
geskryf staan:
Hierdie liggies is aangesteek vir die wonderwerke, die verlossing, deur YAHUSHUA
en SY geskenk op Golgota en vir die gevegte wat U uitgevoer het vir ons
voorvaders in daardie dae gedurende hierdie seisoen deur U heilige priesters.
Gedurende al agt dae van Chanukkah is hierdie liggies heilig en ons is nie toe
gelaat om gewone gebruik daarvan te maak nie, maar alleenlik na hulle te kyk om
dankbaarheid en lofprysing uit te druk tot U groot Naam vir U wonderwerke,
Wonders en U Verlossing.
I.
O magtige vesting van ons verlossing,YAHUSHUA,
om U te loof is ‘n vreugde.
Herstel my huis van Gebed
En daar sal ons ‘n dankseggings offer bring.
Wanneer U die slagting voorberei het vir die lasterende vyand,
Dan sal ek met ‘n lofpsalm die toewyding van die altaar volbring.
II.
My siel was versadig met probleme,
my krag was uitgeput deur hartseer.
Hulle het my lewe verbitter met teespoed,
met die bande van die koningkryk-van-die-kalf.
Maar met groot krag
het HY die versteektes voortgebring,
Farao se weermag en al sy nageslagte
het soos klippe gesink.
III.
Na die heilige woning van SY Woord het HY my gebring.
Maar ook daar het ek geen rus gehad nie.
En ‘n verdrukker het gekom en my weggevoer.
Want ek het vreemdelinge gedien.
En ek het verlammende wyn gedrink.
Skaars het ek vertrek
Met die einde van Babilon het Zerubabel gekom.
Teen die einde van sewentig jaar was ek gered.
IV.
Om die hoog sipres te verbreek het die Aggagiet begeer, die seun van Hammedatha,
maar dit het [‘n vangstrik en] ‘n struikelblok geword vir hom en sy hoogmoed was beeindig.
die hoof van die Benjamiet het U verhoog
en die vyand se naam het U uitgewis.
Sy vele nageslagte – sy besittings – het U aan die galg Opgehang
V.
Grieke het teen my versamel
in Hasmoniese dae.
Hulle het die mure van my torings oorbrug
en hulle het die olie besoedel;
En van die oorblyfsels van die vlesse
was ‘n wonder bewerk vir die rose.
Manne van insig – agt dae – gevestig vir sang en gejubbel.
VI.
Ontbloot U Heilige arm, YAHUVEH,
en bespoedig die Einde vir verlossing –
Vergeld die wraak van U dienskneg se bloed
van die goddelose nasie
want die oorwinning is te lank vertraag
en daar is geen einde aan die dae van boosheid nie.
Verdryf die bose in die onderste skadu’s
en vestig die sewe herders vir ons.
Skriflesings vir Hanukkah - Eerste Aand
Numerie 7:1-17
En op die dag toe Moses die tentwoning klaar opgerig en dit gesalf en afgesonder het met al sy gereedskap, en die altaar met al sy gereedskap, en hy dit gesalf en afgesonder het, het die owerstes van Israel, die hoofde van hulle families, offers gebring - hulle was die owerstes van die stamme, hulle wat oor die geteldes gestaan het - hulle het hul offer voor die aangesig van YAHUVEH gebring: ses tentwaens en twaalf beeste; 'n wa vir twee owerstes en 'n bees vir elkeen; en hulle het dit voor die tentwoning gebring. En YAHUVEH het met Moses gepraat en gesê: Neem dit van hulle aan, dat dit kan gebruik word om die dienswerk van die tent van byeenkoms te verrig; en jy moet dit aan die Lewiete gee, aan elkeen ooreenkomstig sy dienswerk. Toe het Moses die waens en die beeste geneem en dit aan die Lewiete gegee: twee waens en vier beeste het hy aan die seuns van Ghershon gegee ooreenkomstig hulle dienswerk; en vier waens en agt beeste het hy aan die seuns van Merari gegee ooreenkomstig hulle dienswerk, onder leiding van Itamar, die seun van die priester Aharon. Maar aan die seuns van Kehat het hy niks gegee nie; want die diens van die afgesonderde plek het op hulle gerus: hulle moes dit op die skouers dra. En die owerstes het die inwydingsgawe van die altaar gebring op die dag toe dit gesalf is, en die owerstes het hulle offer voor die altaar gebring. En YAHUVEH het aan Moses gesê: Elke owerste moet, elkeen op 'n afsonderlike dag, sy offer bring vir die inwyding van die altaar. En hy wat op die eerste dag sy offer gebring het, was Nagshon, die seun van Amminadav, van die stam van Judah. En sy offer was: een silwerskottel, honderd en dertig shekels in gewig; een silwerkom van sewentig shekels ooreenkomstig die shekel van die afgesonderde plek; altwee vol fynmeel met olie gemeng as voedseloffer; een rookpan van tien shekels goud, vol reukwerk; een jong bul, een ram, een jaaroud lam as brandoffer; een bokram as sondoffer; en as dankoffer: twee beeste, vyf ramme, vyf bokramme, vyf jaaroud lammers. Dit was die offer van lammers. Dit was die offer van Nagshon, die seun van Amminadav.
Genesis 1:2-5
In die begin het Elohim die hemel en die aarde geskape. En die aarde was woes en leeg, en duisternis was oor die oppervlakte van die bruisende diepte, en die Gees van Elohim het gesweef oor die oppervlakte van die waters. En Elohim het gesê: Laat daar lig wees! En daar was lig. Toe sien Elohim dat die lig goed was. En Elohim het skeiding gemaak tussen die lig en die duisternis; en Elohim het die lig dag genoem, en die duisternis het HY nag genoem. En dit was aand en dit was môre, die eerste dag.
Genesis 1:14-18
En Elohim het gesê: Laat daar ligte wees aan die lugruimte van die hemel, om skeiding te maak tussen die dag en die nag; en laat hulle dien as tekens sowel vir vasgestelde tye, asook vir dae sowel as jare. Laat hulle ook dien as ligte aan die lugruimte van die hemel om lig te gee op die aarde. En dit was so. Elohim het toe die twee groot ligte gemaak: die groot lig om te heers oor die dag en die klein lig om te heers oor die nag; ook die sterre. En Elohim het hulle aan die lugruimte van die hemel gestel om lig te gee op die aarde en om te heers oor die dag en oor die nag en om skeiding te maak tussen die lig en die duisternis. Toe sien Elohim dat dit goed was.
Johannes 1:1-13
In die begin was die woord, en die woord was by Elohim, en magtig was die woord. Die woord was in die begin by Elohim. Alle dinge het daardeur ontstaan, en sonder die woord het nie een ding ontstaan wat ontstaan het nie. In die woord was lewe, en die lewe was die lig van die mense. En die lig skyn in die duisternis, en die duisternis het dit nie oorweldig nie. Daar was 'n man van Elohim gestuur, wie se naam Johannes was. Hy het tot 'n getuienis gekom om van die lig te getuig, sodat almal deur hom sou glo. Hy was nie die lig nie, maar hy moes van die lig getuig. Die waaragtige lig wat elke mens verlig, was aan kom na die wêreld. Die lig was in die wêreld, en die wêreld het deur hom ontstaan, en die wêreld het hom nie geken nie. Hy het na sy eiendom gekom, en sy eie mense het Hom nie aangeneem nie. Maar almal wat Hom aangeneem het, aan hulle het Hy mag gegee om kinders van Elohim te word, aan hulle wat in sy Naam glo; wat nie uit die bloed of uit die wil van die vlees of uit die wil van 'n man nie, maar uit Elohim gebore is
Johannes 10:22-40
Dit was daardie tyd die fees van die tempelwyding in Jerusalem, en dit was winter. Jesus het in die tempel in die Pilaargang van Salomo geloop. Die Jode het daar om Hom saamgedrom en vir Hom gesê: “Hoe lank gaan u ons nog in onsekerheid hou? As u die Christus is, sê dit reguit vir ons.” Jesus antwoord hulle toe: “Ek het dit vir julle gesê, en tog glo julle nie. Die dade wat Ek in die Naam van my Vader doen, bewys wie Ek is. Maar julle glo nie, omdat julle nie van my skape is nie.
My skape luister na my stem; Ek ken hulle, en hulle volg My. Ek gee hulle die ewige lewe, en hulle sal in alle ewigheid nooit verlore gaan nie. Niemand sal hulle uit my hand ruk nie. Dié wat my Vader vir My gegee het, is die belangrikste van almal, en niemand kan hulle uit die hand van die Vader ruk nie. Ek en die Vader is een.” Die Jode het toe weer klippe opgetel om Hom te stenig, maar Jesus sê vir hulle: “Op gesag van die Vader het Ek julle talle goeie dade laat sien. Oor watter een daarvan wil julle My stenig?” “Dis nie oor 'n goeie daad dat ons jou wil stenig nie,” antwoord die Jode Hom, “maar oor godslastering, omdat jy, wat 'n gewone mens is, jou as God voordoen.”
Daarop sê Jesus vir hulle: “Staan daar nie in julle wet geskrywe: ‘Ek het gesê: Julle is gode’ nie? God noem hulle tot wie sy woord gekom het, dus ‘gode’, en wat daar geskrywe staan, kan nie verander word nie. Hoe sê julle dan vir My wat deur die Vader afgesonder en na die wêreld toe gestuur is: ‘Jy praat godslasterlik’, omdat Ek gesê het: ‘Ek is die Seun van God’? As Ek nie die werke van my Vader doen nie, moet julle nie in My glo nie. Maar as Ek dit wel doen en julle tog nie in My glo nie, moet julle ten minste aan die werke glo, sodat julle kan insien en weet dat die Vader in My en Ek in die Vader is.” Hulle wou Hom toe weer gevange neem, maar Hy het hulle ontglip. 40Hy het teruggegaan na die plek oorkant die Jordaan waar Johannes vroeër gedoop het, en daar gebly.