Gaan terug

Menorah vir die agtste dag van Hanukkah!


Begin om op 'n nommer in die kalender boksies te kliek, vir die dag van Hanukkah waarvoor jy graag 'n kers wil aansteek. Die kers op die middel is reeds aangesteek, wat YAHUSHUA HA MASHIACH, die Lig van die wêreld, verteenwoordig.



Dag 8




Hag Sameach en Gelukkige Hanukkah! Voordat jy begin lees oor die seëninge, wil ek julle 'n vinnige verduideliking gee van hoekom ons dinge anders doen as ander Bedienings. Julle sal sien dat ons al drie seëninge opsê gedurende al 8 dae van Hanukkah. YAHUSHUA ha MASHIACH het my tydens gebed oortuig, hoekom ons net die 3de seëning opsê op die 1ste dag, en nie op al 8 dae nie. En daarom sê ons al 3 seëninge gedurende al 8 dae, terwyl ons onthou dat Maria swanger was met YAHUSHUA HA MASHIACH op die 1ste dag van Hanukkah, en gebore op die 1ste dag van Sukkot, en natuurlik die wonderwerk van die olie wat vir 8 dae gehou het.

Jy kan my hoor sing en die 3 seëninge hoor lees in Hebreeus en Arikaans, deur op my foto in die linker hoek te kliek. Die seëninge is ook neergeskryf in Hebreeus en Afrikaans, sodat julle saam met my dit kan lees en saam sing.

YAHUSHUA HA MASHIACH seën julle Hanukkah en verwag wonderwerke vanaf YAHUSHUA HA MASHIACH. Hag Sameach! In YAHUSHUA HA MASHIACH se liefde, Apostel, Profeet en Pastoor Elisheva Eliyahu.

Gebede wat gebid moet word tydens die aansteek van die Chanukkah

Mag dit U wil wees, YAHUVEH, my Skepper YAHUVEH en My Abba YAHUVEH in die Naam van YAHUSHUA dat hierdie ‘n aanvaarbare tyd voor U sal wees waartydens ons die aansteek van die Chanukkah lamp herdenk, ter herinnering van die helderste lig wat U na die wêreld ingestuur het. U eniggebore Seun ons YAHUSHUA HA MASHIACH. En ‘n herinnering hoe dat HY verwek was tydens ‘n Chanukkah (en nege maande later gebore was tydens Sukkot, die fees van Tabernakels).

Hierdie is nog ‘n rede waarom ons die fees van lig vier. Olie lampe brand uit na agt dae. YAHUSHUA,die helderste lig wat ooit na die aarde gestuur was, die ware lewende olie, sal vir EWIG aanhou. Ons vier die wonderwerk van altwee ligte. YAHUSHUA is die LEWENDE MENORAH! Die EWIGE LIG wat nooit sal uitbrand nie!

Dankie YAHUSHUA omdat U hierdie openbaring aan Elisabeth gegee het 23 November, 2005. Want dit is U YAHUVEH wat my lamp sal aansteek, in die Naam van YAHUSHUA, wat my duisternis sal verlig.

Stel U lig en Waarheid vry, want ons soek net U waarheid deur die RUACH HA KODESH (Heilige Gees) wat my sal lei om U Heilige Gewyde Name te vrees en lief te hê, om U heilige Torah te bestudeer, te onderhou en te onderrig. Die geskrewe Torah en die gesproke Torah, wat gekom het as die Woord wat vlees geword het, U enig gebore Seun, YAHUSHUA HA MASHIACH. Om met groot toewyding Eer te bring aan U geseënde, verhewe Naam YAHUVEH en U Seun YAHUSHUA.

Maak ons wys deur die lewende, leidende lig, YAHUSHUA, U lewende Torah, deur die deugsaamheid van die Chanukkah liggies. Laat hierdie vers vervul word soos dit geskryf is: ”Hierdie boekrol van die Torah mag nie uit jou mond wyk nie, of uit die mond van jou kinders of uit die mond van jou kinders se kinders van nou af tot in ewigheid” Mag my kinders en kleinkinders gehoorsaam wees aan die Torah en getroue mense wees, en versterk ons voorneme in getrouheid aan die Torah en gehoorsaamheid aan U, alles volgens U goeie wil. Laat ek dit verdien om kinders en kleinkinders te sien deelneem, in opregtheid, aan die Torah en gebooie.

Open ons oë sodat ons die wonders kan waarneem van U Heilige Torah om die waarheid te onderskei van die Torah en die verborgenheid daarvan. Reinig ons harte vir U diens, distansieeër ons van boosheid en sondige gedagtes, laat ons oë die terugkeer van U Geliefde Seun,YAHUSHUA, aanskou wat sal kom en regeer as Koning van die Konings en Here van die Here in Jerusalem.

Kers Aansteek Seëninge Al Agt Aande

Eerste seëning, nadat die Shamash aangesteek is
Ba-rucha-tah Adonai E-lo-hei-nu, Mel-ech ha-olam,
Geseënd is U, O YAHUVEH ons God, Koning van die heelal,
Asher kideshanu be-mitzvotav,
Wie ons geheilig het deur U Woord,
ve-tzivanu le-hadlik ner shel Chanukah.
En ons beveel om die Chanukkah liggies aan te steek.
Al Ha-Nissim

Geseend is U, O ABBA YAHUVEH, ons Skepper, ons HEMELSE VADER in die HEMEL, U is KONING van die Heelal, wie ons geheilig het deur U Woord, en ons beveel het om die Chanukkah liggies aan te steek en om dit ter herinnering te doen.

(OPGESê VIR ELK VAN DIE AGT AANDE)

Ha-ne-roth hal-la-lu, a-nach-nu mad-li-kin al ha-nis-sim,
Ons steek hierdie liggies ter wille van die wonderwerke aan,
v’al hat-shu-oth v’al ha-nif-la-oth she-o-see-ta la-avo-tei-nu,
Die verlossing en wonders wat U gedoen het vir ons voorvaders.
al y’de ko-ha-ne-cho, hak-k’do-shim. V’chol sh’-mo-nath y’may
deur U heilige priesters, gedurende al agt dae van
chanu-kah, han-ne-roth hal-lo-lu ko-desh; v’ain lo-nu r’shuth
Chanukah hierdie liggies is heilig, ook is ons nie toegelaat om enige misbruik daarvan te maak nie.
l’hish-ta-mesh bo-hem el-lo lir-o-tom bil-vad. K’de l’ho-doth,
maar alleenlik mag ons daarna kyk vir die doel van danksegging
L’shim-cha al ni-se-cho, v’al y’shu-o-se-te-cho, v’al nif-l’o-te-cho
tot U naam, vir U wonderwerke. U verlossings en U wonders.
Ba-ruch a-tah Adonai E-lo-hei-nu, Mel-ech ha-olam,
Geseend is U, O YAHUVEH, ons God, koning van die heelal,
she-a-sa si-sim la-a-avo-tei-nu ba-ya-mim ha-hem ba-ze-man ha-zeh
Wat wonderbaarlike dade gedoen het vir ons vaders in dae van ouds gedurende hierdie seisoen.

Tweede seëning, nadat die Shamash aangesteek is
Ba-ruch a-tah Adonai E-lo-hei-nu, Mel-ech ha-olam,
Geseënd is U, O YAHUVEH ons God, Koning van die heelal,
she-he-che-ya-nu ve-ki-ye-ma-nu ve-hi-gi-a-nu la-ze-man ha-zeh
Omdat U aan ons lewe gee, ons onderhou, en ons instaat gestel het om hierdie seisoen te bereik.

Geseend is U, O ABBA YAHUVEH, ons Skepper, ons HEMELSE VADER in die HEMEL, KONING van die Heelal, wie wonderwerke gedoen het vir ons vaders in daardie dae, en wie sal aanhou om vir ons wonderwerke te doen en verlossing sal gee van die verwerpte vyande se hande gedurende hierdie tyd van Hanukkah. Hanukkah in Hebreeus beteken toewyding. Hanukkah beteken verlossing en wonderwerke en ons het 8 dae wat ons kan juig en bly wees en wag vir die wonderwerke. Wanneer jy daardie Hanukkah olie lanterns of kerse aansteek, verwag dan wonderwerke, vra om vergifnis in YAHUSHUA HA MASHIACH se NAAM, en gaan dan na die VADER ABBA YAHUVEH toe en vra dan wat jy wil. En as dit SY wil is, ons glo in wonderwerke en dit sal dan gebeur en HY sal ons dan weer verlos van die hande van die vyande wat ons verwoesting soek.

Derde Seëning
Shehekiyanu

Ba-ruch a-tah Adonai E-lo-hei-nu, Mel-ech ha-olam,
Geseënd is U, O YAHUVEH ons God, Koning van die heelal,
she-he-che-ya-nu ve-ki-ye-ma-nu ve-hi-gi-a-nu la-ze-man ha-zeh
Omdat U aan ons lewe gee, ons onderhou, en ons instaat gestel het om hierdie seisoen te bereik.

Geseend is U, O ABBA YAHUVEH, ons Skepper, ons HEMELSE VADER in die HEMEL, U is KONING van die Heelal, wie vir ons lewe gee, en vir ons voorsien, wie vir ons die openbaring gee dat YAHUSHUA HA MASHIACH die lewende Menorah is, die lewende Torah, die Woord wat vlees geword het, terwyl ons die fees van toewyding vier op hierdie fees van ligte, terwyl ons die ewige Lig, YAHUSHUA HA MASHIACH vereer.
Die begeerte van ons hart is om 'n lig te wees sodat ons siele na YAHUSHUA HA MASHIACH kan lei. Geen vlees kan gered word nie, behalwe deur die Naam en die Bloed van YAHUSHUA HA MASHIACH. Handelinge 4:12 “Daar is redding in geen ander, en ook is daar geen ander naam onder die hemel, wat vir mense gegee is, in wie ons gered moet word nie!”
YAHUSHUA HA MASHIACH is die enigste bloed opoffering vir mense wie hulle sonde bely, berou toon en wegdraai vanaf hulle sonde.
YAHUSHUA HA MASHIACH was gekruisig en was vals beskuldig van Lastering, deurdat HY gesê het dat HY die Seun van GOD YAHUVEH is en op die derde dag vanuit die dood uit opgestaan het.

YAHUSHUA HA MASHIACH het meer wonderwerke gedoen wat enige boek kan inhou, totdat HY in die Hemel opgevaar het op die 40ste dag, voor baie getuies. Handelinge 1:3 “met baie onbetwisbare bewyse het HY getoon dat HY lewe. In die loop van veertig dae het HY by verskeie geleenthede aan hulle verskyn en met hulle oor die dinge van die koninkryk van GOD gepraat.”
Mattheus 4:17 Van toe af het YAHUSHUA begin preek en gesê: “Bekeer julle, want die koninkryk van die hemel het naby gekom.”

Hieronder is 'n herinnering van al die wyses waarop YAHUVEH ons Joodse voorvaders verlos het, soos dit in die Heilige Skrifte geskryf staan:

Hierdie liggies is aangesteek vir die wonderwerke, die verlossing, deur YAHUSHUA en SY geskenk op Golgota en vir die gevegte wat U uitgevoer het vir ons voorvaders in daardie dae gedurende hierdie seisoen deur U heilige priesters. Gedurende al agt dae van Chanukkah is hierdie liggies heilig en ons is nie toe gelaat om gewone gebruik daarvan te maak nie, maar alleenlik na hulle te kyk om dankbaarheid en lofprysing uit te druk tot U groot Naam vir U wonderwerke, Wonders en U Verlossing.

I.
O magtige vesting van ons verlossing,YAHUSHUA,
om U te loof is ‘n vreugde.
Herstel my huis van Gebed
En daar sal ons ‘n dankseggings offer bring.
Wanneer U die slagting voorberei het vir die lasterende vyand,
Dan sal ek met ‘n lofpsalm die toewyding van die altaar volbring.

II.
My siel was versadig met probleme,
my krag was uitgeput deur hartseer.
Hulle het my lewe verbitter met teespoed,
met die bande van die koningkryk-van-die-kalf.
Maar met groot krag
het HY die versteektes voortgebring,
Farao se weermag en al sy nageslagte
het soos klippe gesink.

III.
Na die heilige woning van SY Woord het HY my gebring.
Maar ook daar het ek geen rus gehad nie.
En ‘n verdrukker het gekom en my weggevoer.
Want ek het vreemdelinge gedien.
En ek het verlammende wyn gedrink.
Skaars het ek vertrek
Met die einde van Babilon het Zerubabel gekom.
Teen die einde van sewentig jaar was ek gered.

IV.
Om die hoog sipres te verbreek het die Aggagiet begeer, die seun van Hammedatha,
maar dit het [‘n vangstrik en] ‘n struikelblok geword vir hom en sy hoogmoed was beeindig.
die hoof van die Benjamiet het U verhoog
en die vyand se naam het U uitgewis.
Sy vele nageslagte – sy besittings – het U aan die galg Opgehang

V.
Grieke het teen my versamel
in Hasmoniese dae.
Hulle het die mure van my torings oorbrug
en hulle het die olie besoedel;
En van die oorblyfsels van die vlesse
was ‘n wonder bewerk vir die rose.
Manne van insig – agt dae – gevestig vir sang en gejubbel.

VI.
Ontbloot U Heilige arm, YAHUVEH,
en bespoedig die Einde vir verlossing –
Vergeld die wraak van U dienskneg se bloed
van die goddelose nasie
want die oorwinning is te lank vertraag
en daar is geen einde aan die dae van boosheid nie.
Verdryf die bose in die onderste skadu’s
en vestig die sewe herders vir ons.

Skriflesings vir Hanukkah - Agste aand

Numerie 7:54 - 8:4
Op die agtste dag die owerste van die kinders van Menasheh, Ghamliël, die seun van Pedahtsur. Sy offer was: een silwerskottel, honderd en dertig shekels in gewig; een silwerkom van sewentig shekels ooreenkomstig die shekel van die afgesonderde plek; altwee vol fynmeel met olie gemeng as voedseloffer; een rookpan van tien shekels goud, vol reukwerk; een jong bul, een ram, een jaaroud lam as brandoffer; een bokram as sondoffer; en as dankoffer: twee beeste, vyf ramme, vyf bokramme, vyf jaaroud lammers. Dit was die offer van Ghamliël, die seun van Pedahtsur.

Op die negende dag die owerste van die kinders van Benyamien, Avidan, die seun van Ghiedoni. Sy offer was: een silwerskottel, honderd en dertig shekels in gewig; een silwerkom van sewentig shekels ooreenkomstig die shekel van die afgesonderde plek; altwee vol fynmeel met olie gemeng as voedseloffer; een rookpan van tien shekels goud, vol reukwerk; een jong bul, een ram, een jaaroud lam as brandoffer; een bokram as sondoffer; en as dankoffer: twee beeste, vyf ramme, vyf bokramme, vyf jaaroud lammers. Dit was die offer van Avidan, die seun van Ghiedoni.

Op die tiende dag die owerste van die kinders van Dan, Agiézer, die seun van Ammieshaddai. Sy offer was: een silwerskottel, honderd en dertig shekels in gewig; een silwerkom van sewentig shekels ooreenkomstig die shekel van die afgesonderde plek; altwee vol fynmeel met olie gemeng as voedseloffer; een rookpan van tien shekels goud, vol reukwerk; een jong bul, een ram, een jaaroud lam as brandoffer; een bokram as sondoffer; en as dankoffer: twee beeste, vyf ramme, vyf bokramme, vyf jaaroud lammers. Dit was die offer van Agiézer, die seun van Ammieshaddai.

Op die elfde dag die owerste van die kinders van Asher, Paghiél, die seun van Ogran. Sy offer was: een silwerskottel, honderd en dertig shekels in gewig; een silwerkom van sewentig shekels ooreenkomstig die shekel van die afgesonderde plek; altwee vol fynmeel met olie gemeng as voedseloffer; een rookpan van tien shekels goud, vol reukwerk; een jong bul, een ram, een jaaroud lam as brandoffer; een bokram as sondoffer; en as dankoffer: twee beeste, vyf ramme, vyf bokramme, vyf jaaroud lammers. Dit was die offer van Paghiél, die seun van Ogran.

Op die twaalfde dag die owerste van die kinders van Naftali, Agira, die seun van Enan. Sy offer was: een silwerskottel, honderd en dertig shekels in gewig; een silwerkom van sewentig shekels ooreenkomstig die shekel van die afgesonderde plek; altwee vol fynmeel met olie gemeng as voedseloffer; %v 80% een rookpan van tien shekels goud, vol reukwerk; een jong bul, een ram, een jaaroud lam as brandoffer; een bokram as sondoffer; en as dankoffer: twee beeste, vyf ramme, vyf bokramme, vyf jaaroud lammers. Dit was die offer van Agira, die seun van Enan.

Dit was die inwydingsgawe van die altaar van die kant van Israel se owerstes op die dag toe dit gesalf is: twaalf silwerskottels, twaalf silwerkomme, twaalf goue rookpanne - elke skottel honderd en dertig shekels silwer, en elke kom sewentig; al die silwer van die goed was twee duisend vier honderd ooreenkomstig die shekel van die afgesonderde plek - twaalf goue rookpanne, vol reukwerk; elke rookpan tien shekels ooreenkomstig die shekel van die afgesonderde plek; al die goud van die rookpanne was honderd en twintig shekels. Al die beeste vir die brandoffer was twaalf bulle; die ramme twaalf, die jaaroud lammers twaalf, met hulle voedseloffer; en twaalf bokramme as sondoffer. En al die beeste vir die dankoffer was vier en twintig bulle; die ramme sestig, die bokramme sestig, die jaaroud lammers sestig. Dit is die inwydingsgawe van die altaar nadat dit gesalf is. En as Moses in die tent van byeenkoms gegaan het om met Hom te praat, het hy die stem met hom hoor praat van die versoendeksel af wat op die ark van die Getuienis is, tussen die twee gerubs uit. So het Hy dan met hom gepraat.

En YAHUVEH het met Moses gepraat en gesê Spreek met Aharon en sê vir hom: As jy die lampe opsteek, moet die sewe lampe aan die voorkant van die kandelaar lig gee. En Aharon het so gedoen: aan die voorkant van die kandelaar het hy daardie lampe opgesteek soos YAHUVEH Moses beveel het. En dit was die maaksel van die kandelaar: dryfwerk uit goud; selfs sy voetstuk en sy blomme was dryfwerk; ooreenkomstig die beeltenis wat YAHUVEH aan Moses getoon het, so het hy die kandelaar gemaak.

Jesaiah 30:26
En die lig van die maan sal wees soos die lig van die son, en die lig van die son sal sewevoudig wees, soos die lig van sewe dae, op die dag as YAHUVEH die breuk van sy volk.

Zechariah 14:6-7
en in daardie dag sal daar geen lig wees nie, die sterre sal duister wees. En dit sal 'n enige dag wees wat aan YAHUVEH bekend is - geen dag en geen nag nie; maar teen die aand sal dit lig word.

Jesaiah 60:19-20
Die son sal bedags jou lig nie meer wees nie, en as glans sal die maan vir jou geen skynsel gee nie; maar YAHUVEH sal vir jou wees 'n ewige lig, en jou Elohim sal jou sieraad wees. Jou son sal nie meer ondergaan nie, en jou maan nie kleiner word nie; want YAHUVEH sal vir jou wees 'n ewige lig, en die dae van jou treurigheid is verby.

Lukas 1:67-79
En Sagaria, sy vader, is vervul met die Afgesonderde Gees en het geprofeteer en gesê Geseënd is YAHUVEH, die Elohim van Israel, omdat Hy sy volk besoek het en vir hulle verlossing teweeggebring het, en 'n horing van verlossing vir ons opgerig het in die huis van Dawid, sy kneg - soos Hy gesê het deur die mond van sy afgesonderde profete van ouds af - redding van ons vyande en uit die hand van almal wat vir ons haat, om barmhartigheid te bewys aan ons vaders en aan sy afgesonderde verbond te dink, aan die eed wat Hy gesweer het vir Abraham, ons vader, om aan ons te gee dat ons, verlos uit die hand van ons vyande, Hom sonder vrees kan dien, in afgesonderdheid en geregtigheid voor Hom, al die dae van ons lewe. En jy, kindjie, sal 'n profeet van die Allerhoogste genoem word, want jy sal voor die aangesig van YAHUVEH uitgaan om sy weë reg te maak; om kennis van verlossing aan sy volk te gee in die vergifnis van hulle sondes, deur die innige barmhartigheid van ons Elohim waarmee die opgaande Lig uit die hoogte ons besoek het, om te skyn oor die wat in duisternis en doodskaduwee sit, om ons voete na die pad van vrede te rig.

1 Petrus 2:9
Julle, daarenteen, is 'n uitverkore volk, 'n koninklike priesterdom, 'n nasie wat vir GOD afgesonder is, die eiendomsvolk van GOD, die volk wat die verlossingsdade moet verkondig van HOM wat julle uit die duisternis geroep het na sy wonderbare lig.

1 Johannes 1:5
Dít is nou die boodskap wat ons by Hom gehoor het en aan julle verkondig: GOD is lig, en daar is geen duisternis in Hom nie.

Matteus 5:15-16
ook steek 'n mens nie 'n lamp op en sit dit onder 'n emmer nie maar op 'n lampstaander, en dit gee lig vir almal in die huis. Laat julle lig so voor die mense skyn, dat hulle julle goeie werke kan sien en julle Vader wat in die hemel is, verheerlik.”

Genesis 3:15
EK stel vyandskap tussen jou en die vrou, tussen jou nageslag en haar nageslag. Haar nageslag sal jou kop vermorsel en jy sal hom in die hakskeen byt.”

Vervulling:
1 Johannes 3:8
wie aanhou sonde doen, behoort aan die duiwel, want die duiwel hou van die begin af aan met sondig. En die Seun van GOD het juis gekom om die werk van die duiwel tot niet te maak.

Jesaja 8:14
Hý sal vir julle 'n veilige beskutting wees, maar vir die twee koninkryke Juda en Israel sal Hy 'n klip wees waarteen 'n mens jou stamp, 'n rots waaroor jy struikel. Vir die inwoners van Jerusalem sal Hy 'n vangnet en 'n strik wees.


Vervulling:
1 Petrus 2:7-8
Julle wat glo, deel in hierdie eer, maar vir dié wat nie glo nie, geld die woorde: “Die klip wat deur die bouers afgekeur is, juis hy het die belangrikste klip in die gebou geword” en: “'n klip waaroor 'n mens struikel en 'n rots waarteen jy jou stamp.” Hulle struikel omdat hulle nie aan die woord gehoorsaam is nie. So het God dit ook vir hulle bestem.


John 10:1-42
“Dít verseker Ek julle: Wie nie deur die hek in die skaapkraal ingaan nie maar van 'n ander kant af inklim, is 'n dief en 'n rower. Maar hy wat deur die hek ingaan, is die skape se herder; vir hom maak die hekwagter oop. Die skape luister na die herder se stem. Hy roep sy skape op hulle name en lei hulle uit. Wanneer hy al sy skape uitgebring het, loop hy voor hulle uit, en die skape volg hom, omdat hulle sy stem ken. Hulle sal nooit 'n vreemde volg nie maar van hom af weghardloop, omdat hulle nie die stem van vreemdes ken nie.”

Deur hierdie beeld het YAHUSHUA met hulle gepraat, maar hulle het nie verstaan wat dit was wat Hy vir hulle wou sê nie. Toe het YAHUSHUA verder gesê:

“Dít verseker Ek julle: Ek is die ingang vir die skape. Almal wat voor My gekom het, is diewe en rowers; maar die skape het nie na hulle geluister nie. Ek is die ingang; as iemand deur My ingaan, sal hy gered word. Hy sal in en uit gaan en weiding kry. 'n Dief kom net steel en slag en uitroei; Ek het gekom sodat hulle die lewe kan hê, en dit in oorvloed. “Ek is die goeie herder. Die goeie herder lê sy lewe af vir die skape. 'n Huurling is geen herder nie, en dit is nie sy eie skape nie. As hy 'n wolf sien kom, los hy die skape en hardloop weg, en die wolf vang die skape en jaag die trop uitmekaar. Hy is 'n huurling en bekommer hom nie oor die skape nie. “Ek is die goeie herder. Ek ken my skape, en my skape ken My, net soos die Vader My ken en Ek die Vader ken; en Ek lê my lewe af vir die skape. Ek het nog ander skape, wat nie van hierdie kraal is nie. Ek moet hulle ook lei. Hulle sal na my stem luister, en hulle sal een kudde wees met een herder. “Die Vader het My lief omdat Ek my lewe aflê om dit weer op te neem. Niemand neem dit van My af nie, maar Ek lê dit uit my eie af. Ek het die volmag om dit af te lê, en Ek het die volmag om dit weer op te neem. Dit is die opdrag wat Ek van my Vader ontvang het.”

Daar het toe verdeeldheid onder die Jode gekom oor hierdie woorde. Baie van hulle het gesê: “Hy is van die duiwel besete, hy is mal! Hoekom luister julle nog na hom?” Ander het gesê: “Dit is nie die woorde van 'n besetene nie. 'n Duiwel kan tog nie blindes se oë genees nie?” Die Jode is nie van sy skape nie Dit was daardie tyd die fees van die tempelwyding in Jerusalem, en dit was winter. YAHUSHUA het in die tempel in die Pilaargang van Salomo geloop. Die Jode het daar om Hom saamgedrom en vir Hom gesê: “Hoe lank gaan u ons nog in onsekerheid hou? As u die Christus is, sê dit reguit vir ons.” YAHUSHUA antwoord hulle toe:

“Ek het dit vir julle gesê, en tog glo julle nie. Die dade wat Ek in die Naam van my Vader doen, bewys wie Ek is. Maar julle glo nie, omdat julle nie van my skape is nie. My skape luister na my stem; Ek ken hulle, en hulle volg My. Ek gee hulle die ewige lewe, en hulle sal in alle ewigheid nooit verlore gaan nie. Niemand sal hulle uit my hand ruk nie. Dié wat my Vader vir My gegee het, is die belangrikste van almal, en niemand kan hulle uit die hand van die Vader ruk nie. Ek en die Vader is een.”

Die Jode het toe weer klippe opgetel om Hom te stenig, maar YAHUSHUA sê vir hulle:

“Op gesag van die Vader het Ek julle talle goeie dade laat sien. Oor watter een daarvan wil julle My stenig?”

“Dis nie oor 'n goeie daad dat ons jou wil stenig nie,” antwoord die Jode Hom, “maar oor GODslastering, omdat jy, wat 'n gewone mens is, jou as GOD voordoen." Daarop sê YAHUSHUA vir hulle:

Staan daar nie in julle wet geskrywe: ‘Ek het gesê: Julle is GODe’ nie? GOD noem hulle tot wie sy woord gekom het, dus ‘GODe’, en wat daar geskrywe staan, kan nie verander word nie. Hoe sê julle dan vir My wat deur die Vader afgesonder en na die wêreld toe gestuur is: ‘Jy praat GODslasterlik’, omdat Ek gesê het: ‘Ek is die Seun van GOD’? As Ek nie die werke van my Vader doen nie, moet julle nie in My glo nie. Maar as Ek dit wel doen en julle tog nie in My glo nie, moet julle ten minste aan die werke glo, sodat julle kan insien en weet dat die Vader in My en Ek in die Vader is.”

Hulle wou Hom toe weer gevange neem, maar Hy het hulle ontglip. Hy het teruggegaan na die plek oorkant die Jordaan waar Johannes vroeër gedoop het, en daar gebly. Baie mense het na Hom toe gekom. Hulle het gesê: “Johannes het wel geen wonderteken gedoen nie, maar alles wat Johannes oor hierdie man gesê het, is waar.” Baie mense het daar tot geloof in Hom gekom.