Menorah vir die tweede dag van Hanukkah!


Begin om op 'n nommer in die kalender boksies te kliek, vir die dag van Hanukkah waarvoor jy graag 'n kers wil aansteek. Die kers op die middel is reeds aangesteek, wat YAHUSHUA HA MASHIACH, die Lig van die wêreld, verteenwoordig.



Dag 2




Hag Sameach en Gelukkige Hanukkah! Voordat jy begin lees oor die seëninge, wil ek julle 'n vinnige verduideliking gee van hoekom ons dinge anders doen as ander Bedienings. Julle sal sien dat ons al drie seëninge opsê gedurende al 8 dae van Hanukkah. YAHUSHUA ha MASHIACH het my tydens gebed oortuig, hoekom ons net die 3de seëning opsê op die 1ste dag, en nie op al 8 dae nie. En daarom sê ons al 3 seëninge gedurende al 8 dae, terwyl ons onthou dat Maria swanger was met YAHUSHUA HA MASHIACH op die 1ste dag van Hanukkah, en gebore op die 1ste dag van Sukkot, en natuurlik die wonderwerk van die olie wat vir 8 dae gehou het.

Jy kan my hoor sing en die 3 seëninge hoor lees in Hebreeus en Arikaans, deur op my foto in die linker hoek te kliek. Die seëninge is ook neergeskryf in Hebreeus en Afrikaans, sodat julle saam met my dit kan lees en saam sing.

YAHUSHUA HA MASHIACH seën julle Hanukkah en verwag wonderwerke vanaf YAHUSHUA HA MASHIACH. Hag Sameach! In YAHUSHUA HA MASHIACH se liefde, Apostel, Profeet en Pastoor Elisheva Eliyahu.

Gebede wat gebid moet word tydens die aansteek van die Chanukkah

Mag dit U wil wees, YAHUVEH, my Skepper YAHUVEH en My Abba YAHUVEH in die Naam van YAHUSHUA dat hierdie ‘n aanvaarbare tyd voor U sal wees waartydens ons die aansteek van die Chanukkah lamp herdenk, ter herinnering van die helderste lig wat U na die wêreld ingestuur het. U eniggebore Seun ons YAHUSHUA HA MASHIACH. En ‘n herinnering hoe dat HY verwek was tydens ‘n Chanukkah (en nege maande later gebore was tydens Sukkot, die fees van Tabernakels).

Hierdie is nog ‘n rede waarom ons die fees van lig vier. Olie lampe brand uit na agt dae. YAHUSHUA,die helderste lig wat ooit na die aarde gestuur was, die ware lewende olie, sal vir EWIG aanhou. Ons vier die wonderwerk van altwee ligte. YAHUSHUA is die LEWENDE MENORAH! Die EWIGE LIG wat nooit sal uitbrand nie!

Dankie YAHUSHUA omdat U hierdie openbaring aan Elisabeth gegee het 23 November, 2005. Want dit is U YAHUVEH wat my lamp sal aansteek, in die Naam van YAHUSHUA, wat my duisternis sal verlig.

Stel U lig en Waarheid vry, want ons soek net U waarheid deur die RUACH HA KODESH (Heilige Gees) wat my sal lei om U Heilige Gewyde Name te vrees en lief te hê, om U heilige Torah te bestudeer, te onderhou en te onderrig. Die geskrewe Torah en die gesproke Torah, wat gekom het as die Woord wat vlees geword het, U enig gebore Seun, YAHUSHUA HA MASHIACH. Om met groot toewyding Eer te bring aan U geseënde, verhewe Naam YAHUVEH en U Seun YAHUSHUA.

Maak ons wys deur die lewende, leidende lig, YAHUSHUA, U lewende Torah, deur die deugsaamheid van die Chanukkah liggies. Laat hierdie vers vervul word soos dit geskryf is: ”Hierdie boekrol van die Torah mag nie uit jou mond wyk nie, of uit die mond van jou kinders of uit die mond van jou kinders se kinders van nou af tot in ewigheid” Mag my kinders en kleinkinders gehoorsaam wees aan die Torah en getroue mense wees, en versterk ons voorneme in getrouheid aan die Torah en gehoorsaamheid aan U, alles volgens U goeie wil. Laat ek dit verdien om kinders en kleinkinders te sien deelneem, in opregtheid, aan die Torah en gebooie.

Open ons oë sodat ons die wonders kan waarneem van U Heilige Torah om die waarheid te onderskei van die Torah en die verborgenheid daarvan. Reinig ons harte vir U diens, distansieeër ons van boosheid en sondige gedagtes, laat ons oë die terugkeer van U Geliefde Seun,YAHUSHUA, aanskou wat sal kom en regeer as Koning van die Konings en Here van die Here in Jerusalem.

Kers Aansteek Seëninge Al Agt Aande

Eerste seëning, nadat die Shamash aangesteek is
Ba-rucha-tah Adonai E-lo-hei-nu, Mel-ech ha-olam,
Geseënd is U, O YAHUVEH ons God, Koning van die heelal,
Asher kideshanu be-mitzvotav,
Wie ons geheilig het deur U Woord,
ve-tzivanu le-hadlik ner shel Chanukah.
En ons beveel om die Chanukkah liggies aan te steek.
Al Ha-Nissim

Geseend is U, O ABBA YAHUVEH, ons Skepper, ons HEMELSE VADER in die HEMEL, U is KONING van die Heelal, wie ons geheilig het deur U Woord, en ons beveel het om die Chanukkah liggies aan te steek en om dit ter herinnering te doen.

(OPGESê VIR ELK VAN DIE AGT AANDE)

Ha-ne-roth hal-la-lu, a-nach-nu mad-li-kin al ha-nis-sim,
Ons steek hierdie liggies ter wille van die wonderwerke aan,
v’al hat-shu-oth v’al ha-nif-la-oth she-o-see-ta la-avo-tei-nu,
Die verlossing en wonders wat U gedoen het vir ons voorvaders.
al y’de ko-ha-ne-cho, hak-k’do-shim. V’chol sh’-mo-nath y’may
deur U heilige priesters, gedurende al agt dae van
chanu-kah, han-ne-roth hal-lo-lu ko-desh; v’ain lo-nu r’shuth
Chanukah hierdie liggies is heilig, ook is ons nie toegelaat om enige misbruik daarvan te maak nie.
l’hish-ta-mesh bo-hem el-lo lir-o-tom bil-vad. K’de l’ho-doth,
maar alleenlik mag ons daarna kyk vir die doel van danksegging
L’shim-cha al ni-se-cho, v’al y’shu-o-se-te-cho, v’al nif-l’o-te-cho
tot U naam, vir U wonderwerke. U verlossings en U wonders.
Ba-ruch a-tah Adonai E-lo-hei-nu, Mel-ech ha-olam,
Geseend is U, O YAHUVEH, ons God, koning van die heelal,
she-a-sa si-sim la-a-avo-tei-nu ba-ya-mim ha-hem ba-ze-man ha-zeh
Wat wonderbaarlike dade gedoen het vir ons vaders in dae van ouds gedurende hierdie seisoen.

Tweede seëning, nadat die Shamash aangesteek is
Ba-ruch a-tah Adonai E-lo-hei-nu, Mel-ech ha-olam,
Geseënd is U, O YAHUVEH ons God, Koning van die heelal,
she-he-che-ya-nu ve-ki-ye-ma-nu ve-hi-gi-a-nu la-ze-man ha-zeh
Omdat U aan ons lewe gee, ons onderhou, en ons instaat gestel het om hierdie seisoen te bereik.

Blessed are YOU, ABBA YAHUVEH our CREATOR, our HEAVENLY FATHER, KING of the universe, who performed miracles for our forefathers in those days and who will continue to give us miracles and deliverance from the reprobate enemies’ hands at this time of Hanukkah. Hanukkah in Hebrew means dedication. Hanukkah means deliverance and miracles and we have 8 days that we can rejoice and wait. When you’re lighting those Hanukkah oil lanterns or Hanukkah candles, just expect miracles, ask forgiveness in YAHUSHUA HA MASHIACH'S NAME then you go to the FATHER ABBA YAHUVEH and you ask what you will. And if its HIS will, we believe in miracles and it will happen and HE will deliver us once again from the hands of the enemies who seek our destruction

Derde Seëning
Shehekiyanu

Ba-ruch a-tah Adonai E-lo-hei-nu, Mel-ech ha-olam,
Geseënd is U, O YAHUVEH ons God, Koning van die heelal,
she-he-che-ya-nu ve-ki-ye-ma-nu ve-hi-gi-a-nu la-ze-man ha-zeh
Omdat U aan ons lewe gee, ons onderhou, en ons instaat gestel het om hierdie seisoen te bereik.

Geseend is U, O ABBA YAHUVEH, ons Skepper, ons HEMELSE VADER in die HEMEL, U is KONING van die Heelal, wie vir ons lewe gee, en vir ons voorsien, wie vir ons die openbaring gee dat YAHUSHUA HA MASHIACH die lewende Menorah is, die lewende Torah, die Woord wat vlees geword het, terwyl ons die fees van toewyding vier op hierdie fees van ligte, terwyl ons die ewige Lig, YAHUSHUA HA MASHIACH vereer.
Die begeerte van ons hart is om 'n lig te wees sodat ons siele na YAHUSHUA HA MASHIACH kan lei. Geen vlees kan gered word nie, behalwe deur die Naam en die Bloed van YAHUSHUA HA MASHIACH. Handelinge 4:12 “Daar is redding in geen ander, en ook is daar geen ander naam onder die hemel, wat vir mense gegee is, in wie ons gered moet word nie!”
YAHUSHUA HA MASHIACH is die enigste bloed opoffering vir mense wie hulle sonde bely, berou toon en wegdraai vanaf hulle sonde.
YAHUSHUA HA MASHIACH was gekruisig en was vals beskuldig van Lastering, deurdat HY gesê het dat HY die Seun van GOD YAHUVEH is en op die derde dag vanuit die dood uit opgestaan het.

YAHUSHUA HA MASHIACH het meer wonderwerke gedoen wat enige boek kan inhou, totdat HY in die Hemel opgevaar het op die 40ste dag, voor baie getuies. Handelinge 1:3 “met baie onbetwisbare bewyse het HY getoon dat HY lewe. In die loop van veertig dae het HY by verskeie geleenthede aan hulle verskyn en met hulle oor die dinge van die koninkryk van GOD gepraat.”
Mattheus 4:17 Van toe af het YAHUSHUA begin preek en gesê: “Bekeer julle, want die koninkryk van die hemel het naby gekom.”

Hieronder is 'n herinnering van al die wyses waarop YAHUVEH ons Joodse voorvaders verlos het, soos dit in die Heilige Skrifte geskryf staan:

Hierdie liggies is aangesteek vir die wonderwerke, die verlossing, deur YAHUSHUA en SY geskenk op Golgota en vir die gevegte wat U uitgevoer het vir ons voorvaders in daardie dae gedurende hierdie seisoen deur U heilige priesters. Gedurende al agt dae van Chanukkah is hierdie liggies heilig en ons is nie toe gelaat om gewone gebruik daarvan te maak nie, maar alleenlik na hulle te kyk om dankbaarheid en lofprysing uit te druk tot U groot Naam vir U wonderwerke, Wonders en U Verlossing.

I.
O magtige vesting van ons verlossing,YAHUSHUA,
om U te loof is ‘n vreugde.
Herstel my huis van Gebed
En daar sal ons ‘n dankseggings offer bring.
Wanneer U die slagting voorberei het vir die lasterende vyand,
Dan sal ek met ‘n lofpsalm die toewyding van die altaar volbring.

II.
My siel was versadig met probleme,
my krag was uitgeput deur hartseer.
Hulle het my lewe verbitter met teespoed,
met die bande van die koningkryk-van-die-kalf.
Maar met groot krag
het HY die versteektes voortgebring,
Farao se weermag en al sy nageslagte
het soos klippe gesink.

III.
Na die heilige woning van SY Woord het HY my gebring.
Maar ook daar het ek geen rus gehad nie.
En ‘n verdrukker het gekom en my weggevoer.
Want ek het vreemdelinge gedien.
En ek het verlammende wyn gedrink.
Skaars het ek vertrek
Met die einde van Babilon het Zerubabel gekom.
Teen die einde van sewentig jaar was ek gered.

IV.
Om die hoog sipres te verbreek het die Aggagiet begeer, die seun van Hammedatha,
maar dit het [‘n vangstrik en] ‘n struikelblok geword vir hom en sy hoogmoed was beeindig.
die hoof van die Benjamiet het U verhoog
en die vyand se naam het U uitgewis.
Sy vele nageslagte – sy besittings – het U aan die galg Opgehang

V.
Grieke het teen my versamel
in Hasmoniese dae.
Hulle het die mure van my torings oorbrug
en hulle het die olie besoedel;
En van die oorblyfsels van die vlesse
was ‘n wonder bewerk vir die rose.
Manne van insig – agt dae – gevestig vir sang en gejubbel.

VI.
Ontbloot U Heilige arm, YAHUVEH,
en bespoedig die Einde vir verlossing –
Vergeld die wraak van U dienskneg se bloed
van die goddelose nasie
want die oorwinning is te lank vertraag
en daar is geen einde aan die dae van boosheid nie.
Verdryf die bose in die onderste skadu’s
en vestig die sewe herders vir ons.

Skriflesings vir Hanukkah - Tweede aand

Numerie 7:18-23
Op die tweede dag het Netaneél, die seun van Tsuár, die owerste van Issasgar, aangebring - hy het sy offer gebring: een silwerskottel, honderd en dertig shekels in gewig; een silwerkom van sewentig shekels ooreenkomstig die shekel van die afgesonderde plek; altwee vol fynmeel met olie gemeng as voedseloffer; een rookpan van tien shekels goud, vol reukwerk; een jong bul, een ram, een jaaroud lam as brandoffer; een bokram as sondoffer; en as dankoffer: twee beeste, vyf ramme, vyf bokramme, vyf jaaroud lammers. Dit was die offer van lammers. Dit was die offer van Netaneél, die seun van Tsuár.

Jesaja 5:20-24
Wee hulle wat sleg goed noem en goed sleg, wat die duisternis lig maak en die lig duisternis, wat bitter soet maak en soet bitter. Wee hulle wat in eie oë wys en na eie oordeel verstandig is. Wee hulle wat helde is om wyn te drink en wakker manne om sterk drank te meng; wat vir 'n omkoopgeskenk die skuldige regverdig verklaar en die reg van die regverdige hom ontneem. Daarom, soos die vuurtong stoppels verteer en droë gras in die vlam inmekaarsak, so sal hulle wortel soos poeier word en hulle uitspruitsel soos stof opstuiwe; omdat hulle die Torah van YAHUVEH van die leërskare verwerp het en die woord van die Afgesonderde van Israel verag

Jesaja 7:14
Die Here sal daarom self vir julle 'n teken gee: 'n Jong vrou sal swanger word en 'n seun in die wêreld bring en sy sal hom Immanuel noem.


Vervulling:
Lukas 1:35
Die engel antwoord haar: “Die Heilige Gees sal oor jou kom, en die krag van die Allerhoogste sal die lewe in jou wek. Daarom sal die een wat gebore word, heilig genoem word, die Seun van GOD.

Matteus 6:22-23
Die lamp van die liggaam is die oog. As jou oog dan reg is, sal jou hele liggaam verlig wees. Maar as jou oog verkeerd is, sal jou hele liggaam donker wees. As dan die lig in jou donkerheid is, hoe groot is die donkerheid nie!

Johannes 8:12 1
Op 'n ander keer het YAHUSHUA vir die mense gesê: “EK is die lig vir die wêreld. Wie MY volg, sal nooit in die duisternis lewe nie, maar sal die lig hê wat lewe gee.”

Johannes 1:7

Hy het gekom om te getuig; hy moes getuig van die lig, sodat almal deur hom tot geloof kon kom.