Gaan terug

Menorah vir die sewende dag van Hanukkah!


Begin om op 'n nommer in die kalender boksies te kliek, vir die dag van Hanukkah waarvoor jy graag 'n kers wil aansteek. Die kers op die middel is reeds aangesteek, wat YAHUSHUA HA MASHIACH, die Lig van die wêreld, verteenwoordig.



Dag 7




Hag Sameach en Gelukkige Hanukkah! Voordat jy begin lees oor die seëninge, wil ek julle 'n vinnige verduideliking gee van hoekom ons dinge anders doen as ander Bedienings. Julle sal sien dat ons al drie seëninge opsê gedurende al 8 dae van Hanukkah. YAHUSHUA ha MASHIACH het my tydens gebed oortuig, hoekom ons net die 3de seëning opsê op die 1ste dag, en nie op al 8 dae nie. En daarom sê ons al 3 seëninge gedurende al 8 dae, terwyl ons onthou dat Maria swanger was met YAHUSHUA HA MASHIACH op die 1ste dag van Hanukkah, en gebore op die 1ste dag van Sukkot, en natuurlik die wonderwerk van die olie wat vir 8 dae gehou het.

Jy kan my hoor sing en die 3 seëninge hoor lees in Hebreeus en Arikaans, deur op my foto in die linker hoek te kliek. Die seëninge is ook neergeskryf in Hebreeus en Afrikaans, sodat julle saam met my dit kan lees en saam sing.

YAHUSHUA HA MASHIACH seën julle Hanukkah en verwag wonderwerke vanaf YAHUSHUA HA MASHIACH. Hag Sameach! In YAHUSHUA HA MASHIACH se liefde, Apostel, Profeet en Pastoor Elisheva Eliyahu.

Gebede wat gebid moet word tydens die aansteek van die Chanukkah

Mag dit U wil wees, YAHUVEH, my Skepper YAHUVEH en My Abba YAHUVEH in die Naam van YAHUSHUA dat hierdie ‘n aanvaarbare tyd voor U sal wees waartydens ons die aansteek van die Chanukkah lamp herdenk, ter herinnering van die helderste lig wat U na die wêreld ingestuur het. U eniggebore Seun ons YAHUSHUA HA MASHIACH. En ‘n herinnering hoe dat HY verwek was tydens ‘n Chanukkah (en nege maande later gebore was tydens Sukkot, die fees van Tabernakels).

Hierdie is nog ‘n rede waarom ons die fees van lig vier. Olie lampe brand uit na agt dae. YAHUSHUA,die helderste lig wat ooit na die aarde gestuur was, die ware lewende olie, sal vir EWIG aanhou. Ons vier die wonderwerk van altwee ligte. YAHUSHUA is die LEWENDE MENORAH! Die EWIGE LIG wat nooit sal uitbrand nie!

Dankie YAHUSHUA omdat U hierdie openbaring aan Elisabeth gegee het 23 November, 2005. Want dit is U YAHUVEH wat my lamp sal aansteek, in die Naam van YAHUSHUA, wat my duisternis sal verlig.

Stel U lig en Waarheid vry, want ons soek net U waarheid deur die RUACH HA KODESH (Heilige Gees) wat my sal lei om U Heilige Gewyde Name te vrees en lief te hê, om U heilige Torah te bestudeer, te onderhou en te onderrig. Die geskrewe Torah en die gesproke Torah, wat gekom het as die Woord wat vlees geword het, U enig gebore Seun, YAHUSHUA HA MASHIACH. Om met groot toewyding Eer te bring aan U geseënde, verhewe Naam YAHUVEH en U Seun YAHUSHUA.

Maak ons wys deur die lewende, leidende lig, YAHUSHUA, U lewende Torah, deur die deugsaamheid van die Chanukkah liggies. Laat hierdie vers vervul word soos dit geskryf is: ”Hierdie boekrol van die Torah mag nie uit jou mond wyk nie, of uit die mond van jou kinders of uit die mond van jou kinders se kinders van nou af tot in ewigheid” Mag my kinders en kleinkinders gehoorsaam wees aan die Torah en getroue mense wees, en versterk ons voorneme in getrouheid aan die Torah en gehoorsaamheid aan U, alles volgens U goeie wil. Laat ek dit verdien om kinders en kleinkinders te sien deelneem, in opregtheid, aan die Torah en gebooie.

Open ons oë sodat ons die wonders kan waarneem van U Heilige Torah om die waarheid te onderskei van die Torah en die verborgenheid daarvan. Reinig ons harte vir U diens, distansieeër ons van boosheid en sondige gedagtes, laat ons oë die terugkeer van U Geliefde Seun,YAHUSHUA, aanskou wat sal kom en regeer as Koning van die Konings en Here van die Here in Jerusalem.

Kers Aansteek Seëninge Al Agt Aande

Eerste seëning, nadat die Shamash aangesteek is
Ba-rucha-tah Adonai E-lo-hei-nu, Mel-ech ha-olam,
Geseënd is U, O YAHUVEH ons God, Koning van die heelal,
Asher kideshanu be-mitzvotav,
Wie ons geheilig het deur U Woord,
ve-tzivanu le-hadlik ner shel Chanukah.
En ons beveel om die Chanukkah liggies aan te steek.
Al Ha-Nissim

Geseend is U, O ABBA YAHUVEH, ons Skepper, ons HEMELSE VADER in die HEMEL, U is KONING van die Heelal, wie ons geheilig het deur U Woord, en ons beveel het om die Chanukkah liggies aan te steek en om dit ter herinnering te doen.

(OPGESê VIR ELK VAN DIE AGT AANDE)

Ha-ne-roth hal-la-lu, a-nach-nu mad-li-kin al ha-nis-sim,
Ons steek hierdie liggies ter wille van die wonderwerke aan,
v’al hat-shu-oth v’al ha-nif-la-oth she-o-see-ta la-avo-tei-nu,
Die verlossing en wonders wat U gedoen het vir ons voorvaders.
al y’de ko-ha-ne-cho, hak-k’do-shim. V’chol sh’-mo-nath y’may
deur U heilige priesters, gedurende al agt dae van
chanu-kah, han-ne-roth hal-lo-lu ko-desh; v’ain lo-nu r’shuth
Chanukah hierdie liggies is heilig, ook is ons nie toegelaat om enige misbruik daarvan te maak nie.
l’hish-ta-mesh bo-hem el-lo lir-o-tom bil-vad. K’de l’ho-doth,
maar alleenlik mag ons daarna kyk vir die doel van danksegging
L’shim-cha al ni-se-cho, v’al y’shu-o-se-te-cho, v’al nif-l’o-te-cho
tot U naam, vir U wonderwerke. U verlossings en U wonders.
Ba-ruch a-tah Adonai E-lo-hei-nu, Mel-ech ha-olam,
Geseend is U, O YAHUVEH, ons God, koning van die heelal,
she-a-sa si-sim la-a-avo-tei-nu ba-ya-mim ha-hem ba-ze-man ha-zeh
Wat wonderbaarlike dade gedoen het vir ons vaders in dae van ouds gedurende hierdie seisoen.

Tweede seëning, nadat die Shamash aangesteek is
Ba-ruch a-tah Adonai E-lo-hei-nu, Mel-ech ha-olam,
Geseënd is U, O YAHUVEH ons God, Koning van die heelal,
she-he-che-ya-nu ve-ki-ye-ma-nu ve-hi-gi-a-nu la-ze-man ha-zeh
Omdat U aan ons lewe gee, ons onderhou, en ons instaat gestel het om hierdie seisoen te bereik.

Geseend is U, O ABBA YAHUVEH, ons Skepper, ons HEMELSE VADER in die HEMEL, KONING van die Heelal, wie wonderwerke gedoen het vir ons vaders in daardie dae, en wie sal aanhou om vir ons wonderwerke te doen en verlossing sal gee van die verwerpte vyande se hande gedurende hierdie tyd van Hanukkah. Hanukkah in Hebreeus beteken toewyding. Hanukkah beteken verlossing en wonderwerke en ons het 8 dae wat ons kan juig en bly wees en wag vir die wonderwerke. Wanneer jy daardie Hanukkah olie lanterns of kerse aansteek, verwag dan wonderwerke, vra om vergifnis in YAHUSHUA HA MASHIACH se NAAM, en gaan dan na die VADER ABBA YAHUVEH toe en vra dan wat jy wil. En as dit SY wil is, ons glo in wonderwerke en dit sal dan gebeur en HY sal ons dan weer verlos van die hande van die vyande wat ons verwoesting soek.

Derde Seëning
Shehekiyanu

Ba-ruch a-tah Adonai E-lo-hei-nu, Mel-ech ha-olam,
Geseënd is U, O YAHUVEH ons God, Koning van die heelal,
she-he-che-ya-nu ve-ki-ye-ma-nu ve-hi-gi-a-nu la-ze-man ha-zeh
Omdat U aan ons lewe gee, ons onderhou, en ons instaat gestel het om hierdie seisoen te bereik.

Geseend is U, O ABBA YAHUVEH, ons Skepper, ons HEMELSE VADER in die HEMEL, U is KONING van die Heelal, wie vir ons lewe gee, en vir ons voorsien, wie vir ons die openbaring gee dat YAHUSHUA HA MASHIACH die lewende Menorah is, die lewende Torah, die Woord wat vlees geword het, terwyl ons die fees van toewyding vier op hierdie fees van ligte, terwyl ons die ewige Lig, YAHUSHUA HA MASHIACH vereer.
Die begeerte van ons hart is om 'n lig te wees sodat ons siele na YAHUSHUA HA MASHIACH kan lei. Geen vlees kan gered word nie, behalwe deur die Naam en die Bloed van YAHUSHUA HA MASHIACH. Handelinge 4:12 “Daar is redding in geen ander, en ook is daar geen ander naam onder die hemel, wat vir mense gegee is, in wie ons gered moet word nie!”
YAHUSHUA HA MASHIACH is die enigste bloed opoffering vir mense wie hulle sonde bely, berou toon en wegdraai vanaf hulle sonde.
YAHUSHUA HA MASHIACH was gekruisig en was vals beskuldig van Lastering, deurdat HY gesê het dat HY die Seun van GOD YAHUVEH is en op die derde dag vanuit die dood uit opgestaan het.

YAHUSHUA HA MASHIACH het meer wonderwerke gedoen wat enige boek kan inhou, totdat HY in die Hemel opgevaar het op die 40ste dag, voor baie getuies. Handelinge 1:3 “met baie onbetwisbare bewyse het HY getoon dat HY lewe. In die loop van veertig dae het HY by verskeie geleenthede aan hulle verskyn en met hulle oor die dinge van die koninkryk van GOD gepraat.”
Mattheus 4:17 Van toe af het YAHUSHUA begin preek en gesê: “Bekeer julle, want die koninkryk van die hemel het naby gekom.”

Hieronder is 'n herinnering van al die wyses waarop YAHUVEH ons Joodse voorvaders verlos het, soos dit in die Heilige Skrifte geskryf staan:

Hierdie liggies is aangesteek vir die wonderwerke, die verlossing, deur YAHUSHUA en SY geskenk op Golgota en vir die gevegte wat U uitgevoer het vir ons voorvaders in daardie dae gedurende hierdie seisoen deur U heilige priesters. Gedurende al agt dae van Chanukkah is hierdie liggies heilig en ons is nie toe gelaat om gewone gebruik daarvan te maak nie, maar alleenlik na hulle te kyk om dankbaarheid en lofprysing uit te druk tot U groot Naam vir U wonderwerke, Wonders en U Verlossing.

I.
O magtige vesting van ons verlossing,YAHUSHUA,
om U te loof is ‘n vreugde.
Herstel my huis van Gebed
En daar sal ons ‘n dankseggings offer bring.
Wanneer U die slagting voorberei het vir die lasterende vyand,
Dan sal ek met ‘n lofpsalm die toewyding van die altaar volbring.

II.
My siel was versadig met probleme,
my krag was uitgeput deur hartseer.
Hulle het my lewe verbitter met teespoed,
met die bande van die koningkryk-van-die-kalf.
Maar met groot krag
het HY die versteektes voortgebring,
Farao se weermag en al sy nageslagte
het soos klippe gesink.

III.
Na die heilige woning van SY Woord het HY my gebring.
Maar ook daar het ek geen rus gehad nie.
En ‘n verdrukker het gekom en my weggevoer.
Want ek het vreemdelinge gedien.
En ek het verlammende wyn gedrink.
Skaars het ek vertrek
Met die einde van Babilon het Zerubabel gekom.
Teen die einde van sewentig jaar was ek gered.

IV.
Om die hoog sipres te verbreek het die Aggagiet begeer, die seun van Hammedatha,
maar dit het [‘n vangstrik en] ‘n struikelblok geword vir hom en sy hoogmoed was beeindig.
die hoof van die Benjamiet het U verhoog
en die vyand se naam het U uitgewis.
Sy vele nageslagte – sy besittings – het U aan die galg Opgehang

V.
Grieke het teen my versamel
in Hasmoniese dae.
Hulle het die mure van my torings oorbrug
en hulle het die olie besoedel;
En van die oorblyfsels van die vlesse
was ‘n wonder bewerk vir die rose.
Manne van insig – agt dae – gevestig vir sang en gejubbel.

VI.
Ontbloot U Heilige arm, YAHUVEH,
en bespoedig die Einde vir verlossing –
Vergeld die wraak van U dienskneg se bloed
van die goddelose nasie
want die oorwinning is te lank vertraag
en daar is geen einde aan die dae van boosheid nie.
Verdryf die bose in die onderste skadu’s
en vestig die sewe herders vir ons.

Skriflesings vir Hanukkah - Sewende aand

Numerie 7:48-53
Op die sewende dag die owerste van die kinders van Efrayiem, Elishama, die seun van Ammihud. Sy offer was: een silwerskottel, honderd en dertig shekels in gewig; een silwerkom van sewentig shekels ooreenkomstig die shekel van die afgesonderde plek; altwee vol fynmeel met olie gemeng as voedseloffer; een rookpan van tien shekels goud, vol reukwerk; een jong bul, een ram, een jaaroud lam as brandoffer; een bokram as sondoffer; en as dankoffer: twee beeste, vyf ramme, vyf bokramme, vyf jaaroud lammers. Dit was die offer van Elishama, die seun van Ammihud.

Spreuke 4:18
Terwyl die pad van die regverdiges is soos die lig van die môreglans, wat al helderder word tot die volle dag toe,

Psalms 97:11-12
Die lig is vir die regverdige gesaai en vrolikheid vir die opregtes van hart. o Regverdiges, wees bly in YAHUVEH, en loof sy afgesonderde herinneringsnaam!

Jesaiah 9:1-2
Want nie langer sal dit donker wees daar waar benoudheid is nie: in die eerste tyd het HY die land Zevulon en die land Naftali in veragting gebring, en in die laaste tyd bring HY tot eer die weg na die see, die oorkant van die Jordaan, die streek van die heidene. Die volk wat in duisternis wandel, het 'n groot lig gesien; die wat woon in die land van die doodskaduwee, oor hulle het 'n lig geskyn.

Exodus 10:23
Die een het die ander nie gesien nie, en niemand het van sy plek opgestaan nie, drie dae lank. Maar al die kinders van Israel het lig in hulle woonplekke gehad.

Jesaiah 60:1
Staan op, word verlig; want jou lig kom, en die grootheid van YAHUVEH gaan oor jou op.

Jesaiah 2:5
Kom, huis van Jokob, en laat ons wandel in die lig van YAHUVEH!

Matteus 4:12-17
En toe YAHUSHUA hoor dat Johannes in die gevangenis gesit was, het HY na Ghaliel teruggegaan. En HY het Natsaret verlaat en gaan woon in Kefar-Nagum aan die see, in die gebied van Zevulon en Naftali, sodat vervul sou word wat verklaar is deur YeshaYahu(Jesaiah), die profeet, toe hy gesê het: Die land Zevulon en die land Naftali, na die see toe, oorkant die Jordaan, Ghaliel van die heidene - die volk wat in duisternis sit, het 'n groot lig gesien, en die wat sit in die land en skaduwee van die dood, vir hulle het 'n lig opgegaan. Van toe af het YAHUSHUA begin om te preek en te sê: Bekeer julle, want die koninkryk van die hemel het naby gekom.

Eksodus 12:5
Dit moet 'n jaaroud rammetjie wees, sonder liggaamsgebrek, 'n skaap of 'n bok.

Vervulling:
Hebreeus 8:14
Hoeveel te meer sal die bloed van Christus ons gewete bevry van die las van dade wat tot die dood lei, sodat ons die lewende God kan dien! Hiervoor het Christus immers Homself as volkome offer deur die ewige Gees aan GOD geoffer.

* * * * * * * * * * * * * *

Spesiale leesstukke vir Sabbat gedurende Hanukkah.

Numerie 7:1-11
En op die dag toe Moses die tentwoning klaar opgerig en dit gesalf en afgesonder het met al sy gereedskap, en die altaar met al sy gereedskap, en hy dit gesalf en afgesonder het, het die owerstes van Yiesrael, die hoofde van hulle families, offers gebring - hulle was die owerstes van die stamme, hulle wat oor die geteldes gestaan het - hulle het hul offer voor die aangesig van YAHUVEH gebring: ses tentwaens en twaalf beeste; 'n wa vir twee owerstes en 'n bees vir elkeen; en hulle het dit voor die tentwoning gebring. En YAHUVEH het met Moses gepraat en gesê Neem dit van hulle aan, dat dit kan gebruik word om die dienswerk van die tent van byeenkoms te verrig; en jy moet dit aan die Lewiete gee, aan elkeen ooreenkomstig sy dienswerk.

Toe het Moses die waens en die beeste geneem en dit aan die Lewiete gegee: twee waens en vier beeste het hy aan die seuns van Ghershon gegee ooreenkomstig hulle dienswerk; en vier waens en agt beeste het hy aan die seuns van Merari gegee ooreenkomstig hulle dienswerk, onder leiding van Itamar, die seun van die priester Aharon. Maar aan die seuns van Kehat het hy niks gegee nie; want die diens van die afgesonderde plek het op hulle gerus: hulle moes dit op die skouers dra. En die owerstes het die inwydingsgawe van die altaar gebring op die dag toe dit gesalf is, en die owerstes het hulle offer voor die altaar gebring. En YAHUVEH het aan Moses gesê: Elke owerste moet, elkeen op 'n afsonderlike dag, sy offer bring vir die inwyding van die altaar.

Numerie 7:12-59
En hy wat op die eerste dag sy offer gebring het, was Nagshon, die seun van Amminadav, van die stam van Judah. En sy offer was: een silwerskottel, honderd en dertig shekels in gewig; een silwerkom van sewentig shekels ooreenkomstig die shekel van die afgesonderde plek; altwee vol fynmeel met olie gemeng as voedseloffer; een rookpan van tien shekels goud, vol reukwerk; een jong bul, een ram, een jaaroud lam as brandoffer; een bokram as sondoffer; en as dankoffer: twee beeste, vyf ramme, vyf bokramme, vyf jaaroud lammers. Dit was die offer van Nagshon, die seun van Amminadav.

Op die tweede dag het Netaneël, die seun van Tsuar, die owerste van Yiessasgar, aangebring - hy het sy offer gebring: een silwerskottel, honderd en dertig shekels in gewig; een silwerkom van sewentig shekels ooreenkomstig die shekel van die afgesonderde plek; altwee vol fynmeel met olie gemeng as voedseloffer; een rookpan van tien shekels goud, vol reukwerk; een jong bul, een ram, een jaaroud lam as brandoffer; een bokram as sondoffer; en as dankoffer: twee beeste, vyf ramme, vyf bokramme, vyf jaaroud lammers. Dit was die offer van Netaneël, die seun van Tsuar.

Op die derde dag die owerste van die kinders van Zevulon, Eliav, die seun van Gelon. Sy offer was: een silwerskottel, honderd en dertig shekels in gewig; een silwerkom van sewentig shekels ooreenkomstig die shekel van die afgesonderde plek; altwee vol fynmeel met olie gemeng as voedseloffer; een rookpan van tien shekels goud, vol reukwerk; een jong bul, een ram, een jaaroud lam as brandoffer; een bokram as sondoffer; en as dankoffer: twee beeste, vyf ramme, vyf bokramme, vyf jaaroud lammers. Dit was die offer van Eliav, die seun van Gelon.

Op die vierde dag die owerste van die kinders van Ruven, Elietsur, die seun van Shedeur. Sy offer was: een silwerskottel, honderd en dertig shekels in gewig; een silwerkom van sewentig shekels ooreenkomstig die shekel van die afgesonderde plek; altwee vol fynmeel met olie gemeng as voedseloffer; een rookpan van tien shekels goud, vol reukwerk; een jong bul, een ram, een jaaroud lam as brandoffer; een bokram as sondoffer; en as dankoffer: twee beeste, vyf ramme, vyf bokramme, vyf jaaroud lammers. Dit was die offer van Elietsur, die seun van Shedeúr.

Op die vyfde dag die owerste van die kinders van Shiemon, Shelumiél, die seun van Tsuri-shaddai. Sy offer was: een silwerskottel, honderd en dertig shekels in gewig; een silwerkom van sewentig shekels ooreenkomstig die shekel van die afgesonderde plek; altwee vol fynmeel met olie gemeng as voedseloffer; %v 38% een rookpan van tien shekels goud, vol reukwerk; een jong bul, een ram, een jaaroud lam as brandoffer; een bokram as sondoffer; en as dankoffer: twee beeste, vyf ramme, vyf bokramme, vyf jaaroud lammers. Dit was die offer van Shelumiél, die seun van Tsuri-shaddai.

Op die sesde dag die owerste van die kinders van Ghad, Elyasaf, die seun van Reuél. Sy offer was: een silwerskottel, honderd en dertig shekels in gewig; een silwerkom van sewentig shekels ooreenkomstig die shekel van die afgesonderde plek; altwee vol fynmeel met olie gemeng as voedseloffer; een rookpan van tien shekels goud, vol reukwerk; een jong bul, een ram, een jaaroud lam as brandoffer; een bokram as sondoffer; en as dankoffer: twee beeste, vyf ramme, vyf bokramme, vyf jaaroud lammers. Dit was die offer van Elyasaf, die seun van Reuél.

Op die sewende dag die owerste van die kinders van Efrayiem, Elishama, die seun van Ammihud. Sy offer was: een silwerskottel, honderd en dertig shekels in gewig; een silwerkom van sewentig shekels ooreenkomstig die shekel van die afgesonderde plek; altwee vol fynmeel met olie gemeng as voedseloffer; een rookpan van tien shekels goud, vol reukwerk; een jong bul, een ram, een jaaroud lam as brandoffer; een bokram as sondoffer; en as dankoffer: twee beeste, vyf ramme, vyf bokramme, vyf jaaroud lammers. Dit was die offer van Elishama, die seun van Ammihud.

Op die agtste dag die owerste van die kinders van Menasheh, Ghamliél, die seun van Pedahtsur. Sy offer was: een silwerskottel, honderd en dertig shekels in gewig; een silwerkom van sewentig shekels ooreenkomstig die shekel van die afgesonderde plek; altwee vol fynmeel met olie gemeng as voedseloffer; een rookpan van tien shekels goud, vol reukwerk; een jong bul, een ram, een jaaroud lam as brandoffer; een bokram as sondoffer; en as dankoffer: twee beeste, vyf ramme, vyf bokramme, vyf jaaroud lammers. Dit was die offer van Ghamliél, die seun van Pedahtsur.

Sagaria 2:13 - 4:7
Swyg alle vlees voor YAHUVEH! Want Hy verhef Hom uit sy afgesonderde woning. Daarna het Hy my Yahushua (Joshua), die hoë priester, laat sien, terwyl hy voor die Boodskapper van YAHUVEH staan, en die Satan aan sy regterhand staan om hom aan te kla. Toe sê YAHUVEH aan die Satan: Mag YAHUVEH jou bestraf, o Satan! Ja, mag YAHUVEH, wat Jerusalem verkies het, jou bestraf! Is hierdie een nie 'n brandhout wat uit die vuur geruk is nie? En Yahushua (Joshua) was bekleed met vuil klere, terwyl hy voor die Boodskapper staan. Daarna het Hy aangehef en gesê aan die wat voor Hom staan: Neem die vuil klere van hom weg. Toe sê Hy vir hom: Kyk, Ek het jou skuld van jou weggeneem, en Ek beklee jou met feesklere. Daarna sê ek: Laat hulle 'n rein tulband op sy hoof sit. En hulle het die rein tulband op sy hoof gesit en hom die klere aangetrek, terwyl die Boodskapper van YAHUVEH daarby staan. En die Boodskapper van YAHUVEH het Yahushua (Joshua) plegtig verseker en gesê: So sê YAHUVEH van die leërskare: As jy in my weë wandel en as jy my verordening onderhou, dan sal jy my huis bestuur sowel as my voorhowe bewaak, en Ek sal jou vrye toegang verleen onder diegene wat hier staan. Luister tog, o Yahushua (Joshua), jy wat die hoë priester is, jy en jou vriende wat voor jou sit - ja, wondertekens is hulle. Want kyk, Ek sal my Kneg, die Spruit, laat kom! Want kyk, die steen wat Ek voor Yahushua (Joshua) neergelê het - op die een steen is daar sewe oë kyk, Ek sal sy graveersel graveer, sê YAHUVEH van die leërskare, en Ek sal die skuld van hierdie land op een dag uitdelg. In daardie dag, sê YAHUVEH van die leërskare, sal julle mekaar uitnooi onder die wingerdstok en onder die vyeboom.

En die boodskapper wat met my gepraat het, het teruggekom en my gewek soos 'n man wat uit die slaap opgewek word. En hy het vir my gesê: Wat sien jy? Toe antwoord ek: Ek sien daar 'n kandelaar, volledig van goud, en sy oliekan bo-oor hom en sy sewe lampe op hom; telkens sewe aanvoerpype loop na die lampe wat bo-oor hom is. Ook twee olyfbome langs hom, een aan die regterkant van die oliekan en een aan die linkerkant daarvan. Daarna het ek begin praat en aan die boodskapper wat met my gepraat het, gesê: Wat beteken dit, my meester? En die boodskapper wat met my gepraat het, antwoord en sê vir my: Weet jy dan nie wat dit beteken nie? En ek het gesê: Nee, my meester. Toe antwoord hy en sê vir my: Dit is die woord van YAHUVEH aan Zerubbavel, naamlik: Nie deur krag of deur geweld nie, maar deur my Gees, sê YAHUVEH van die leërskare. Wie is jy, groot berg? Voor Zerubbavel sal jy tot 'n gelykte word! En hy sal die sluitsteen te voorskyn bring onder uitroepe van: Guns, guns oor hom!

Psalms 40:6-8
Here my God, U het baie wonderlike dinge gedoen; U dink altyd aan ons; daar is niemand soos U nie. Ek sou daarvan wou vertel en daaroor praat, maar dit is te veel om op te noem. Dit is nie diereoffers of graanoffers wat U wil hê nie, nie brandoffers of sondeoffers wat U vra nie; U wil gehoorsaamheid hê. Daarom het ek gesê: “Hier het ek gekom soos dit in die boekrol vir my voorgeskrywe is.

Vervulling:
Hebreërs 10:5-10
Daarom sê Christus met sy koms in die wêreld: “Dit is nie diereoffer en graanoffer wat U wou hê nie, maar die liggaam wat U My gegee het. Brandoffers en sondeoffers het U nie behaag nie! Toe het Ek gesê: Kyk, Ek het gekom, o God, om u wil te doen. In die boekrol is dit van My geskrywe.” Eers sê Hy: “Diereoffers en graanoffers, brandoffers en sondeoffers wou U nie hê nie en het U nie behaag nie,” hoewel hierdie offers deur die wet voorgeskryf word. Daarna sê Hy: “Kyk, Ek het gekom om u wil te doen.” Hy skaf dus die eerste offers af om 'n ander offer in die plek daarvan te stel. Omdat God dit so wou, is ons vir Hom afgesonder deurdat Jesus Christus sy liggaam as offer gebring het, eens en vir altyd.